Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoop is soos ‘n spier wat met oefening al hoe sterker word. Gee dit gereeld oefening totdat dit ‘n gewoonte word en jy ‘n permanente, gelukkige gees ontwikkel.
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (2)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
2. Vernuwing
2.1 ʼn Nuwe keuse
Die NAH is baie sterk op vernuwing ingestel. Hulle verkondig dat daar ʼn tyd was toe godsdienstige mense tussen Roomse Katolisisme en Protestantisme moes kies. Vandag moet daar weer gekies word. Hierdie keer tussen ʼn tradisionele godsdiens of ʼn nuwe vorm van Protestantisme wat glo nuwe lewe in kerke gaan blaas.
Die vernuwing waarna gestreef word, draai om die as van die herinstelling van die apostel-amp wat as die hoogste vorm van kerkleierskap beskou word. Daar word toegegee dat die praktiese uitvoering van hierdie leierskapsmodel nie altyd Bybels geregverdig kan word nie, maar dat die doel nogtans die middel heilig. Die Hervorming het wel die grondliggende geloof in Christus herstel, maar klaaglik in gebreke gebly om die bedieningspraktyke ook te hervorm.
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (1)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
Inleiding
Christus gee aan gelowiges die opdrag om sout van die aarde en lig van die wêreld te wees (Mt.5:13-16). Dit geld ook vir kerke. Ongelukkig het talle teologies naïewe hoofstroomkerke die Bybelse waarheid al so versaak, dat hulle soutloos en laf geword het. En waar dit gebeur, word ruimte vir skadelike leerstellings geskep en die heilige akker besmet.
Die Bybel waarsku telkens teen godsdienspraktyke wat op die oog af goed lyk, maar dodelik vir die siel is. Soos wat die verbode vrug vir Eva goed gelyk en sy oortree het, eksperimenteer mense vandag nog steeds met booshede in godsdienstige verpakkings.
VOLKSVRYHEID
Volksvryheid is 'n strategiese doelwit waarna 'n verowerde volk graadsgewys beweeg deur tallose en intermediêre stappe binne 'n gegewe politieke situasie, soos dié wat aan die Afrikanervolk opgedwing is deur bedrog en verraad, en wat hom 'n derde maal in die geskiedenis 'n onderworpe volk maak. Die omstandighede waarin hy sy vryheid verloor het aan 'n onbeholpe terroristebende het sy selfvertroue en selfrespek ten ergste aangetas.
In 'n hernieude vryheidstryd is die primêre vereiste die aansporing van 'n gesindheid van verset teen die onreg wat die Afrikanervolk aangedoen is.
ABBA, VADER!
Hannes Ollewagen
Rom. 8:1-17
“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!” (:14&15).
Daar is in ons milieu seker weinig oortredings wat so opgeblaas word as die sogenaamde oortreding van diskriminasie. My woordeboek definieer “diskrimineer” as volg: “Met onderskeid behandel.” Dit is daarom geen wonder dat die ware Christelike geloof in ons samelewing aktief beveg word nie. Dit is dan ‘n geloof wat “diskrimineer” omdat dit onderskeid tref tussen gelowiges en ongelowiges.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (8)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Vreemde weë
Baie van die persone wie se name in die afgelope jare hoog op die protokollys van belangrike mense in Suid-Afrika gepryk het, is ongetwyfeld baie verskuldig aan die Broederbond. ’n Mens wonder onwillekeurig watter posisies sommige van hierdie mense in die samelewing sou ingeneem het as hulle pad nie in een of ander stadium van hulle lewe deur die Broederbond geloop het nie.
IN DIE KOL, JANNIE!
KORSIES VAN PASTEI
Die juffrou spandeer die hele periode om die werking van magnete in die natuurwetenskapklas te verduidelik. Sy wys hoe magnete spykers optel en wat dit doen met ystervylsels. Toe dit uiteindelik vraetyd is, sê sy:
"My naam begin met 'n 'M' en ek tel allerhande goed op. Wat is ek?"
Sonder om te aarsel sê klein Jannie: "Juffrou is 'n Ma!"
KORSIES VAN PASTEI
Toe 'n klant sy selfoon in my winkel vergeet, het ek net deur sy lys van kontakte gegaan en 'Ma' gebel. Sy ma antwoord toe en ek sê haar wat gebeur het.
"Moenie bekommerd wees nie" sê sy, "Ek sal dit gou-gou oplos."
'n Paar sekondes later lui die selfoon. Dis van 'Ma'.
"Martin!" sê sy, "Jy het jou selfoon in die winkel vergeet!"
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (7)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Piet Meyer en Nic Diederichs (2)
Algaande het ’n beter verhouding tussen Meyer en Vorster ontwikkel en presies ’n maand voor die stigting van die HNP, nadat mede-broers reeds uit die NP geskop is, lei Meyer ’n afvaardiging van UR-lede na Libertas. In ’n AB-omsendbrief daarna staan dit soos volg aangeteken: “Die UR het na die verdaging van die Parlement gereël om ’n informele besoek by vriend John Vorster af te lê. Dit het op 25 September in Libertas, Pretoria, plaasgevind. By hierdie geleentheid het die Voorsitter van die UR vriend Vorster namens ons organisasie seën, wysheid en sterkte na drie jaar se veeleisende premierskap toegewens en aan hom ’n AB-wapentjie as simbool van ons saambindende Broerskap oorhandig.”
SONDE EIS DIE HEL
Sonde vereis dat daar ‘n hel moet wees
Skrif: Rom.1:18-32
Ds Andrè vd Berg
“Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid....aan skandelike hartstogte....” (Rom1:24,26).
Sonde maak God kwaad. Dit word toorn genoem, ‘n Hollandse woord wat in ons taal gevestig geraak het - wrath of God in Engels. Dis ‘n baie ernstige saak wat, elkeen wat God se redding in Christus verwerp, se ewige eindbestemming raak. “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (6)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Piet Meyer en Nic Diederichs
Piet Meyer was in die veertigerjare in diens van die OB en het ook gelyktydig die pos van hulpsekretaris van die Broederbond beklee. Nic Diederichs was op daardie tydstip ’n lid van die UR en hoofamptenaar van die Reddingsdaadbond. Hulle en ander lede van die UR was egter in soveel skemas en aksies betrokke dat botsings noodwendig van tyd tot tyd moes volg. Daarby was hulle en die ander UR-lede in verskillende politieke kampe, wat die moontlikheid van botsings verder verhoog het. Soms het geldelike oorweginge ook nog bygedra om die warboel te vergroot.
GEVANGENIS- BEDIENING
Ds Andrè vd Berg
Mt.25:31-46
“En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen”(Mt.25:39,40).
Wat is jou motor werd? Daar is ʼn boekie wat motorwaardes aangee en ʼn bedrag bepaal kan word.
Wat is jou huis werd? Benewens die munisipale waardasie kan ʼn eiendomswaardeerder dit ook vir versekeringdoeleindes vasstel. So het alles wat ons besit waarde. Dit kan nagevors en bepaal word.
Wat is jou vryheid vir jou werd? Jy weet nie, totdat jy dit verloor het! Dis soos gesondheid - jy weet nie wat dit vir jou werd is alvorens jy dit eenmaal verloor en dit baie meer waardeer nie. Ja, wanneer die put droog is, besef ’n mens eers die waarde van water. Dis dieselfde met vryheid.
DIE BITTER NASMAAK
Hannes Ollewagen
Spreuke 1:20-33
“Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie, van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het, daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne. Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;” (:29-32).
As jy die Rand Daily Mail op 30 Julie 1966 sou oopslaan, sou jy bes moontlik die volgende daarin raakgelees het. “The nation is suffering from a surfeit of prosperity...” “He can claim that South Africa is a shining example of peace in a troubled continent, ...” En is dit nie presies wat die Woord van God ons leer hoe dit met ‘n land sal gaan onder ‘n heerser wat in die vrees van God wandel nie?
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (5)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Joodse alliansie
Dit is enersyds verbasend en andersyds tog ook nie dat Hertzog in die dertiger- en veertigerjare sterk aangetrokke tot die Jode gevoel het. Hy het inderwaarheid in 'n deel van hulle 'n bondgenootskap vir die Afrikaner en die Nasionale Party gesien en het Strijdom dit erg verkwalik dat hy so onversetlik was om nie toe te laat dat Jode lede van die Party in Transvaal kon word nie. Die grondwet van die HNP in Transvaal het destyds Jode van lidmaatskap uitgesluit, hoewel die HNP in Kaapland nie so 'n verbodsbepaling in sy grondwet gehad het nie. Eric Louw se sterk standpunt teen die Jode en sy ondersteuning van Strijdom in die verband het hom ook nie in die kring van Hertzog-vriende geplaas nie. Waarvandaan Hertzog se toegeneentheid jeens die Jode gespruit het, is nie so maklik te verklaar nie. Miskien was dit die atmosfeer waarin hy in sy ouerhuis groot geword het en die vriendskappe wat hy uit die huis en daarna met sy studies oorsee opgebou het, wat hom na die vreemdes aangetrek het.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (4)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Hertzog se filosofieë
Hertzog het so kort soos 'n jaar voor die algemene verkiesing van 26 Mei 1948 geglo dat dit nooit weer vir die Afrikaner moontlik sou wees om in Suid-Afrika te regeer nie. En toe die HNP in die 1948-verkiesing die oorwinning behaal het, het hy geglo dat dit net 'n frats was en dat die Afrikaner gou weer die mag sou verloor. Hy het daarom gesoek na middele om die Afrikaner se politieke mag vir altyd te vestig. Een van die middele wat hy as redding vir die Afrikaner gesien het, was die sosialisme. 'n Ander middel was samewerking met 'n sekere deel van die Jode.
BLOED LANK REEDS IN STRATE!
Het die Afrikanervolk nog waardes?
Sedert 1994 het die Afrikaner so "aanpasbaar" geword by veranderde omstandighede dat daar na 23 jaar met reg gevra kan word: Het die Afrikaner nog (minimum)-waardes?
Pas het ons gesien hoe 'n wêreldse hof die grondwet téén die Christelike godsdiens uitgelê het. Het ons dan enigiets anders verwag? Het ons dan nie geweet dat dit 'n anti-Christelike grondwet is nie? 'n Grondwet wat die mens eerder as God as uitgangspunt neem en alles wat vir die Christen en regte-Afrikaner kosbaar en ononderhandelbaar is, ten gronde rig nie?
HOE LYK DIE SAAILAND VAN U LEWE?
Hannes Ollewagen
Markus 4:1-20
“Die saaier saai die woord. En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is – hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.” (:14&20).
Daar is ‘n wanopvatting rakende die ware Evangelie wat algemeen voorkom. Dit is wanneer ‘n persoon tot geloof in Jesus Christus gekom en dit bely het, sy geestelike verantwoordelikheid eensklaps afgehandel is. Ek glo mos nou en is nou gered en kan nou aangaan met my lewe.
Die ware bekering en geloof in God Drie-enig is allermins iets wat net gou-gou “afgehandel” moet word. Hierdie geloof is ‘n lewenslange verbintenis aan Hom met die hoogtepunt daarvan aan die einde van u lewe – wanneer u Hom van aangesig tot Aangesig sal sien.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (3)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Verdeeldheid en botsings
Dit is ’n oordrewe aanspraak dat die Broederbond deur die jare ’n saambindende faktor in die Afrikanerlewe geword het en dat dit oor partygrense heen Afrikaner aan Afrikaner gebind het. Vandag is die Afrikanerdom meer verdeeld as ooit tevore en die Broederbond is magteloos om iets daaraan te doen. Trouens, hy het ’n groot aandeel aan die verdeeldheid wat vandag bestaan deurdat hy die instrument van sekere politieke leiers en hulle liberale beleid geword het. As die Uitvoerende Raad gedink het dat hy eenheid sou bevorder toe hy aan die begin van die sewentigs die AB van andersdenkendes op politieke gebied gesuiwer het, moet die toestand tans binne die organisasie vir hom ’n bittere ontnugtering wees. Die faktore wat Afrikaners vandag in die politiek verdeel en verdeeld hou, is ook die faktore wat groot verdeeldheid in die Broederbond veroorsaak. En die stryd om heerskappy wat in die Nasionale Party woed, vind jy ook in die Broederbond.
RUT...
...wie die Verlosser gevolg het
Die verhaal van Rut is die ware verhaal van ‘n vrou wat gekies het om die Here God van Israel te volg en gevind het dat Hy vol medelye en getrou is, vol genade en liefde. Sy het gesien dat Hy betrokke is by die oënskynlike klein gebeurtenisse van ‘n mens se lewe sowel as by die epogmakende gebeure van volke. Sy het ontdek dat hierdie Here die magtige en soewereine Here oor alle nasies is sowel as die sorgsame Verlosser van haar lewe.
IN DIE KRYT MET JAN GAPS
Hannes Ollewagen
(Hierdie volg op die artikel OPPAS VIR JAN GAPS )
Indien u ‘n belastingpligtige binne die (huidige kleptokratiese) Republiek van Suid-Afrika is, sal u uself dalk met die inligting in hierdie artikel wil vergewis. Dit behoort aan u die basiese kennis te bied oor wat u te doen staan in die geval waar u met ‘n onaangename (foutiewe) belastingaanslag verras word, hetsy in u persoonlike hoedanigheid of as die eienaar van ‘n sakeonderneming.
BOEREMAG WORD APPÈL ONTSÊ
Boervin Mediaverklaring
21 Junie 2017
Boerevolk Politieke Gevangenes nader Grondwethof weens onwettige aanhouding
So vroeg as reeds April 2002 is van die Boeremagbeskuldigdes gearresteer. Op 19 Mei 2002 het die rekord-hofsaak begin, wat vir die volgende meer as elf jaar sou voortduur in die Hooggeregshof te Pretoria. Die hoofaanklag waarvan 24 manne beskuldig was, is hoogverraad. Terwyl sommiges borg gekry het, onder uitermatig streng borgvoorwaardes, het elf van die aangeklaagdes vir 11 jaar lank in aanhouding gebly en is borg eenvoudig geweier. Almal (behalwe twee wat oorlede is in die tyd van die maraton-hofsaak) is skuldig bevind aan hoogverraad en is verskeie vonnisse opgelê op 28 Oktober 2013. Die opmerking van regter Eben Jordaan dat hy die 11 jaar wat hulle in aanhouding as deel van hulle vonnisse in berekening gebring het, het bloot lippediens geblyk, nadat hy sommige van die veroordeeldes tot nóg 25 jaar effektiewe tronkstraf opgelê het. Die uitermatige streng borgvoorwaardes waaronder sommiges gebuk gegaan het, blyk ook nie deur Jordaan in berekening gebring te wees, as deel van hul vonnisse, nie.