Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy verdrukking van die arme, en berowing van reg en geregtigheid sien in die land – verwonder jou nie oor die saak nie, want 'n hoër een loer op die hoë, en die hoëres weer op hulle. Maar 'n voordeel vir 'n land onder alles is dit: 'n koning wat aan die landbou diensbaar word – Prediker 5:7,8
DIE NUWE SUID-AFRIKA (4)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Onderhandeling in plaas van oorwinning
(Hierdie artikel het in DIE AFRIKANER van 13 Maart 1985 verskyn. Daarin is voorspel dat Mandela vrygelaat sou word en dat die Regering nie die terroriste-oorlog sou wil wen nie).
In hoë regeringskringe word daar gerasionaliseer waarom daar met die ANC onderhandel moet word. En die rasionalisasie, uit ’n regstreekse mededeling, lui soos volg:
“Dit is waar, soos DIE AFRIKANER geskryf het, dat Mandela ’n gewelddadige omverwerping van die orde in Suid-Afrika beoog. Maar wat is die oplossing?”
SAL ONS HOM VOLG?
Hannes Ollewagen
Matt. 4:12-25
“En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (:19).
Hierdie was alles behalwe maar net nog ‘n gewone dag in die lewe van hierdie Galilese vissermanne. Hulle was dalk maar net besig met die normale verloop van hul lewens en om hul dagtaak uit te voer totdat Christus by hulle verbygegaan en tot diens geroep het. En hoe merkwaardig het hierdie vier manne sonder versuim of sonder huiwering op sy roepstem gereageer !
Hierdie gehoorsaamheid van die dissipels is vir ons nogal inspirerend en weliswaar tot voorbeeld. Maar dink ons werklik aan die omvang van hulle bereidwilligheid?
DIE NUWE SUID-AFRIKA (3)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Wie het Rhodesië doodgemaak?
’n Vroeë waarskuwing aan Suid-Afrika
OP 2 Maart 1978 is aangekondig dat mnr. Ian Smith van Rhodesië ’n traktaat geteken het om afstand te doen van die regering van sy land en dit te oorhandig aan Swartes wat Rhodesië die afgelope tien jaar met terroristegeweld probeer verower het.
Hierdie ondertekening is dus die vernederende erkenning dat die Witman van Rhodesië die oorlog om behoud van sy land verloor het.
Rhodesië is deel van Suid-Afrika
Daar sal geen moontlikheid vir hierdie Blankes van Rhodesië wees om, soos die Boeremagte van Transvaal en OVS, met andere middele te veg om hulle land terug te kry nie. Wanneer Swart terroristeleiers oorneem, sal die Blankes weinig of geen beskerming hê nie. As hulle nie die Swart terroristeleiers se reëls eerbiedig nie, sal hulle die land uitgegooi of as rebelle ingehok of doodgeskiet word.
BOEREVOLK, REINIG JUL TEMPEL...
...SODAT JULLE GESOND KAN WORD
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Ons staan op die drumpel van ’n groot hervorming. God het dit ook vir Siener van Rensburg laat sien. Hierdie hervorming moet soos in Juda, by die huis van God begin."
“….Luister na my, Leviete! Heilig julle nou en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders en bring die onreinheid uit die heiligdom uit. En die priesters het binne-in die huis van die Here ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van die HERE gevind het, uitgebring ….” - 2 Kron.29:5&16
Goeie ouers het soms slegte kinders, maar slegte ouers het selde goeie kinders. Met Agas was dit wel die geval. Hy was Juda se slegste koning en sy seun, Hiskia, een van die bestes.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (2)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika
Woord en Weerwoord
OP 25 Junie 1990 het verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe mnr. FW de Klerk gespreek. Enkele van die argumente wat geopper en bewerings wat gemaak is, is van aktuele belang en word hierna in samewerking met ds. JH Breytenbach nader betrag onder verskillende opskrifte. Hy was betrokke by die gesprek.
“Internasionalisering” van Suid-Afrika, soos Suidwes-Afrika
DIE Staatspresident se bewering dat, anders as in die geval van Suidwes-Afrika (Namibië), Suid-Afrika se posisie nie geïnternasionaliseer is nie, is klaarblyklik ongegrond.
BLANKE UITWISSING IN SA
Francois het aan Gelofteland geskryf en met reg sy bekommernis uitgespreek oor die behoud van ons blanke ras in Suid-Afrika. Hy skryf dat hierdie aanslag op ons volk 'n stil, koelbloedige Volksmoord is wat net elke dag feller deur die Boervolk se vyande toegepas word. Hieruit word dit duidelik dat meer blanke Afrikaners die waarde van vooruitskouinge deur politici en ander ingeligtes begin aanhaal en sien dat daardie perspektiewe korrek was. Die blanke in Suid-Afrika staan op die punt van uitwissing as gevolg van ekonomiese redes sowel as die nasionale volksmoord wat lankal nie meer ‘n lae intensiteit-oorlog is nie; ons moet dit net besef.
Lees wat vroeër jare gesê is oor hierdie onderwerp asook ander aktuele aanhalings hieronder:
“Suid-Afrika se blanketal het reeds gedaal tot onder 2 miljoen.”
CIA - 2014
“By gebrek aan korrekte statistiek is dit meer waarskynlik dat Suid-Afrika tans ‘n bevolking van oor die honderd miljoen het in ag genome die miljoene onwettige immigrante van ander swart Afrikastate.”
Mike Schusler, SA Ekonoom.
“Wit mense maak op die oomblik ’n beraamde 8% van die totale bevolking uit. Wanneer voortgesette wit veroudering en toenemende vlakke van emigrasie in aanmerking geneem word, kan dié persentasie teen 2040 tot tussen 1% en 3% daal. Die implikasies vir die ekonomie en beleide van SEB en grondhervorming sal ingrypend wees.”
Dr Frans Cronjè, Uitvoerende bestuurder van die SA Instituut vir Rasseverhoudings.
ONS GEBREK AAN KENNIS
LAAT ONS DIT NAJAAG OM DIE HERE TE KEN
Hannes Ollewagen
Hoséa 6:1-11
“... laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.” (:3).
Die ellendige toestand waarin die Afrikanervolk verkeer, is duidelik sigbaar. Dit blyk dat selfs diegene wat waarskuwings en vermanings ‘n paar jaar gelede met ongeërgdheid afgemaak het nie meer die werklikheid ontken nie omdat dit doodeenvoudig te groot en duidelik is om mis te kyk.
Hierdie besef van ons toestand wat by mense insink, bring natuurlik ‘n tipe van histerie mee. Wanneer die skokkende werklikheid ewe skielik intree, wend ‘n mens mos desperate pogings aan om die dreigende gevaar te ontkom. Die besef dring deur dat ons besig is om ten gronde te gaan en nou moet daar ewe skielik desperate pogings tot oorlewing gemaak word. Feit is ongelukkig dat mense wat desperate besluite neem selde die regte besluite neem.
BASTERS
Binne of buite God se genade?
Ds Andrè van den Berg
In die OT het die woord baster grootliks ʼn ongunstige betekenis. Moses skryf:
“Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie” (Deut.23:2).
Wie was hierdie basters en waarom was hulle in onguns?
Dit het niks met rassevermenging te doen nie.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (1)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika
Suid-Afrika 1990
WAT teen Julie 1990 in Suid-Afrika aanskou is, is ’n gevorderde fase van ’n onvoorwaardelike oorgawe van die Regering aan ’n vyand wat die oorlog nie kon wen nie.
Die ANC sou in 1990 die terroriste-oorlog met moeite kon voortsit na die ineenstorting van Kommunistiese regerings in Oos-Europa en die ekonomiese verval in sogenaamde Frontliniestate in Afrika. Die logiese verloop van die terroriste-oorlog in Suider-Afrika moes gewees het dat van Suid-Afrika se kant die stryd teen die terroriste op alle fronte verhewig sou word om die oorlog beslissend te wen. Dog, die teendeel is deur die Suid-Afrikaanse Regering gedoen. Die stryd is gewonne gegee, en nog voor die vredesonderhandelings begin, het die Regering ’n reeks toegewings gemaak aan die ANC-eise—vrylating van Nelson Mandela en ander langtermyngevangenes, ontbanning van die ANC en die SAKP, herroeping van wette waarop die ANC en die SAKP aangedring het, en aanvaarding van die beginsel van een mens, een stem. Dit terwyl van die ANC-kant geen gebaar van toegewing gemaak is nie, presies soos ’n oorwinnaar teen ’n oorwonnene optree.
OM TE PRAAT...
...OF NIE TE PRAAT NIE?
Teregwysing, vermaning en oordeel
Ds Andrè van den Berg
Inleiding
Mense se beheptheid met menseregte en verdraagsaamheid met sonde, maak hul onverdraagsaam teenoor Christelike beginsels. Die groeiende weerstand teen die Bybelse leer word op feitlik alle lewensterreine waargeneem en deur dwaalgeeste gebruik om hul leuens te bevorder.
Valse verdraagsaamheid maak dat mense teregwysings haat en ʼn eie begrip van die waarheid ontwerp wat nie met die Bybel ooreenstem nie. Mense wil bv. niks daarvan weet dat onverskillige mense op pad hel toe is of dat dwaalleraars leuens verkondig nie.
DIE ALTERNATIEF (10) (SLOT)
T. M. Hart
'n STRATEGIE vir OORLEWING
‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.
G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar
Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4
Lees reeks by Die Alternatief
Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan hulle in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige hierby baat.
10. Die BUITELYNE van 'n STRATEGIE
Om te probeer om tot die werklike sosio-politieke kernprobleme van Suid- maar ook Suidelike Afrika deur te dring, is nie so eenvoudig nie. Die huidige reeds grootliks gedwonge, hoewel slegs indirek afgedwingde saamwees in die gesamentlike politieke bestel, in die nuwe Suid-Afrika, begin egter reeds duidelik negatiewe tendense toon. As grootliks afgeskeepte minderheid, hoewel nog ruim bydraers tot die staatskas en die begrotings van plaaslike besture, voel veral blanke Afrikane hulself toenemend op 'n syspoor gerangeer.
DIE CHAOS VAN MAGTE IS OP ONS !
STRYD IS LEWE!
AAN ONS KINDERS, KLEINKINDERS, HULLE KINDERS EN LATERE NAKOMELINGE
Ons wou so graag aan julle ‘n Christelike Blanke Suid-Afrika nalaat. Miskien gebeur dit nog deur die Here se genade. Maar ons volk het op 2 November 1983 ‘n besluit geneem wat menslik gesproke op iets anders afstuur. En nou wil ons aan julle die wete nalaat dat ons ter wille van julle probeer keer het. Ons het NEE gestem!
NEE vir magsdeling tussen Christendom en nie-Christendom.
NEE vir die verloëning van Christus op staatkundige terrein.
NEE vir ‘n regering wat nie meer spesifiek Christelik sal kan regeer nie.
NEE vir medewerking aan die ondergang van die Christendom.
NEE vir rassevermenging op politieke gebied wat sal deurwerk na al die aspekte van ons lewe.
NEE vir ‘n daad wat probeer om ‘n streep te trek deur ons geskiedenis.
NEE vir ‘n daad wat die gees van die Gelofte van 16 Desember 1838 weerspreek.
NEE vir ‘n pad wat ons eie ras en nasie na ondergang moet voer.
STERF BINNE OF TREE BUITE EN VEG!
Wat kan ons doen?
As daar een ding is waarvoor die beeldradio gebruik kan word, dan is dit as ons die geskikte videomateriaal vir ons mense beskikbaar kan stel. Ons moet ook televisielose aande hê — een maal 'n week geen televisie nie. Die oomblik as mense eers tot daardie punt oorgaan dat hulle 'n aand sonder televisie kan klaarkom, dan word dit 'n hele nuwe manier om te leef in jou eie huis.
Ons sal ons kontak met ons stamlande weer moet herbevestig om los te kom uit die Engelstalige wêreld se greep op ons. Engels is 'n voertuig van die liberalisme en tussen liberalisme en nasionalisme is daar geen versoening nie. Hoe meer ons ons van die Engelse media vervreem, hoe meer verskans ons ons teen die liberalisme.
DIE BOODSKAP VAN KLEREDRAG
Hannes Ollewagen
1 Pet. 3:1-7
“Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.” (:3&4).
Die gelese gedeelte vestig ons aandag opnuut daarop dat ons verhouding met God veel dieper as net ‘n opsigtelike en oppervlakkige vertoon moet wees. Dit beklemtoon opnuut die feit dat God die Kenner van ons harte is en dat ons gesindheid vir Hom aanneemlik is, maar dat ‘n ydele vertoon van weinig nut is.
Nou kan ons vra of dit dan enigsins belangrik is dat ons netjies aantrek wanneer ons na ‘n erediens gaan? Kleredrag maak mos nie eintlik saak nie, of hoe?
DIE ALTERNATIEF (9)
T. M. Hart
'n STRATEGIE vir OORLEWING
‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.
G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar
Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4
Lees reeks by Die Alternatief
Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan hulle in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige hierby baat.
9. KULTUURGOEDERE van 'n VOLK
Miskien effens vreemd op die oog en oor kan 'n mens nie anders as om hier te begin met 'n stelling van Piet Cillié nie. In Baanbrekers van Vryheid wat reeds vroeër genoem is, het hy dit op p 99 oor die begrip etnisiteit en veral wat hy noem 'die wêreldprobleem van etnisiteit'.
HERVORMING - ANTICHRIS, GOD SE NA-APER
Andrè van den Berg
“.... En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan” - Openb.13:3
In 1948 skryf George Orwill ʼn boek wat baie reaksie uitgelok het – '1984'. In hierdie boek gaan dit om die stryd en nederlaag teen ʼn karakter wat hy Big Brother noem. Hierdie karakter tree nooit self in die lig nie, nogtans weet almal dat hy daar is. Hy sien alles, hoor alles en weet van alle mense se doen en late. Mense wat nie na sy pype wil dans nie, laat hy martel en/of doodmaak. Dit maak hulle bang vir hom! Baie wat teen hom in verset kom, maar vir hom iets kan beteken laat hy in rehabilitasiesentrums breinspoel totdat hulle aan hom onderdanig word en saam met die stroom van sy aanhangers swem.
MOORDE ONDER ANC 1994-2015: 328 244
Mediaverklaring
HNP-kongres: Plaasmoorde is reeds ‘n noodtoestand
Die Herstigte Nasionale Party het vandag by sy 48ste jaarkongres die voortdurende moorde op ons boere en ook ander volksgenote indringend bespreek.
Die kongres het kennis geneem dat tydens die Engelse Oorlog in die tydperk 1899 tot 1902 daar ongeveer 100 000 sterftes aangeteken is.
Tydens die 42 jaar van die sogenaamde apartheidsera vanaf 1948 tot 1990 word geraam dat daar in Suid-Afrika ongeveer 21 000 moorde plaasgevind het, terwyl daar in die 21 jaar (die helfte in jare) van die ANC-bewind (1994 tot 2015), daar 328 244 moorde plaasgevind het.
Die kongres het dit duidelik gestel dat die Witman in ‘n oorlogsituasie in Suid-Afrika verkeer. Statistiek toon verder dat slegs 20% van misdadigers vervolg word.
KULTUSSE
>
Vanghokke van die Satan
Ds Andrè vd Berg
Inleiding
Met kultusse keer Satan miljoene mense ter voorbereiding van die koms en regering van die Antichris in die hok van gesamentlikheid vas. Dit begin by ʼn afwyking van die grondliggende leer van die Christendom waarna Skrifgetroue kerke vir vreemde leer verlaat word.
Kultusleiers bied hulself as moderne profete aan en verkondig dat hulle die enigste kanaal is waardeur die Godswaarheid na die mensdom vloei. Dis ʼn leuen! Hulle verwring in werklikheid die sentrale Bybelse boodskap deur van randsteensake hoofpad-geloofsake te maak. Hulle ag hul geroepe om spesiale boodskappe oor te dra, al het dit geen Bybelse begronding nie.
Kultusse het ʼn bose invloed op volgelinge en dwing deur wettiese voorskrifte en bedekte vervolgingsdreigemente gesag by hul af. Dit bepaal lede se gedrag, denke, inligting, emosies, taal en metode van Skrifverklaring.
GODSDIENS- VRYHEID SE DAE GETEL
Ons het verneem dat die Staat die wet op die vryheid van kerke in hierdie maand gaan hersien met die doel om die kerk onderhewig aan staatsbeheer te maak. Hierdie maand, Oktober, word ook in die Protestantse Kerke as die maand van die Kerkhervorming beskou, en jaarliks word dit op die Sondag die naaste aan 31 Oktober herdenk. Die datum is dié waarop Maarten Luther 95 stellinge aan die deur van die slotkerk in Wittenberg aangebring het. Nou wil dit lyk of Protestantse Kerke in Suid-Afrika ook in hierdie maand die begin van ‘n verbod op godsdiensvryheid gaan beleef en ons weer die geveg wat Maarten Luther geveg het, sal moet deurgaan. Sover het talle van ons Christen-Afrikaners reeds van vóór 1994 die padda-in-warm-water-reaksie getoon - waar die padda in koel water wat gelydelik tot kookpunt verhit word, heerlik rondplas tot hy skielik doodbrand. Sal ons hierdie keer dieselfde doen, of sal ons besef dat die laaste bastion die moeitewerd is om voor te veg en die moed daarvoor aan die dag lê?
WAT DOEN Ú HIER OP AARDE?
Hannes Ollewagen
Gén. 2:4-25
“Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.” (:15).
Wanneer ‘n mens die vraag aan ‘n gelowige stel wat sy doel hier op aarde is, sal die antwoord waarskynlik as volg wees: “Om God te verheerlik.” En dit is natuurlik die regte antwoord, maar die vraag is: “Tot watter mate doen ons juis dit wat weet ons veronderstel is om te doen?”