Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet jy waarom jy soms aan 'onverklaarbare' angs ly? Gaan soek die rede by die moontlikheid dat jy jou hoop op dinge vestig wat nie noodwendig binne God se wil gesentreer is nie.
GROOT VERANDERINGE WAG
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“….Luister na my, Leviete! Heilig julle nou en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders en bring die onreinheid uit die heiligdom uit. En die priesters het binne-in die huis van die Here ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van die HERE gevind het, uitgebring ….” - 2 Kron.29:5&16
Goeie ouers het soms slegte kinders, maar slegte ouers het selde goeie kinders. Met Agas was dit wel die geval. Hy was Juda se slegste koning en sy seun, Hiskia, een van die bestes.
Agas was ’n afgodsdienaar: ”En Agas het die gereedskap van die huis van God stukkend geslaan en die deure van die huis van die HERE toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem. Ook het hy in elke stad van Juda hoogtes opgerig om vir ander gode offerrook te laat opgaan en die HERE, die God van sy vaders, geterg” (2 Kron.28:24,25).
DIE NUWE SUID-AFRIKA (16)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Regskommissie se konsep-menseregte
Winnie Mandela het in Junie 1990 in die VSA gesê sy sal terug gaan bos toe “om die blankes te beveg”. Wanneer Swartes die politieke mag bekom het, neem die meerderheidsgroep oor en plaas die ander onder dwang.
(Kommentaar voorgelê aan die Suid-Afrikaanse Regskommissie oor sy Werkstuk 25 in verband met ’n Menseregte-Akte).
DIE feit dat die Suid-Afrikaanse Regskommissie volgens ’n wet van die politieke owerheid ’n ondersoek gedoen het na en ’n verslag uitgebring het oor die kwessie van ’n Menseregte-akte, verander weinig aan die feit dat die verslag en ’n groot deel van die voorgestelde menseregte-akte neerkom op’n bloudruk vir ’n ingrypend veranderde politieke orde in Suid-Afrika.
Die essensie van die saak is dat die eerste en die laaste tien klousules van die voorgestelde akte (met enkele kwalifikasies) feitlik net as ’n bevestiging van die bestaande regsposisie in Suid-Afrika beskou kan word, en daarom as’t ware oorbodig is. Maar van klousule 11 tot 21 (ook met enkele kwalifikasies) word die grondslae gelê vir ’n rasgemengde bestel wat die gevestigde sosiale en politieke orde moet vervang — inderdaad ’n politieke beleid ingeklee in kwasi-juridiese terme.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (15)
Ope brief aan Akademie-voorsitter oor Afrikaanse kultuur
GEAGTE dr. Arndt, ek verwys na u gesprek met Elsa Kruger van Beeld wat op 11 Julie 1987 verskyn het.
Omdat u dit oor die Afrikaner en sy taal en kultuur het en omdat u in die betrokke onderhoud sê: “Met gesprekvoering op sigself is nie fout te vind nie”, sal u my dit nie verkwalik dat ek met u in gesprek tree oor sommige van u standpunte nie. Ek hoop dat u die gesprek dan verder sal voer.
Daar is ’n stuk of ses hoofde waaronder u uitsprake nader beskouing verdien. Hieronder is in u eie woorde die betrokke beskouings.
DIE GROOT ONTNUGTERING
Die lot van dwaalgeeste
Ds. Andre van den Berg
“Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”(Mt.7:21-23)
1. Wees gewaarsku
Jesus waarsku in die Bergrede sy volgelinge om nie deur dwaalleraars se voorkoms en optredes geflous te word nie: “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is” (Mt.7:15).Hulle is Satansagente wat keer dat siele gered word.
VERTROU GOD SE LEIDING
Hannes Ollewagen
Jes. 48:1-22
“So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.” (:17)
Ons bely maklik met ons mond die almag en grootheid van die Here. Ons is ook vinnig om te praat oor die grootheid van sy wysheid en raad. Maar waarom verkies ons dan dikwels om eerder ons eie gedagtes as sy raad te volg? Die getuienis van ons mond en ons optrede strook mos nie wanneer ons só handel nie.
Ons is vinnig om die vinger te wys na die volk Israel wat telkens in die nood beland het doodeenvoudig omdat hulle nie na die HERE se raad geluister het nie en aan Hom ongehoorsaam was. Dit is vir ons maklik om in retrospek te sien dat God se plan van die volk Israel se planne verskil het en dat sy leiding telkens uitkoms gebied het.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (14)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
NG Kerk en Apartheid
DIE besluit van die NG Sinode dat ras as onderskeidingsfaktor by lidmaatskap in die ban gedoen word en tegelyk verklaar dat daar, anders as wat vroeër geïmpliseer is, geen Bybelse gronde vir apartheid bestaan nie, het ’n reaksie ontlok wat klaarblyklik nie verwag is nie. Wat die reaksie veral verhewig, is die Sinode se afleiding dat die NG Kerk vroeër die sake nie reg begryp het nie en daarom nou skuld moet bely.
Kerkleiers wat by die besluite ’n leidende rol gespeel het, wil graag te kenne gee dat die saak suiwer teologies oorweeg is en dat alleen onreg veroordeel is waar apartheid ter sprake was. Die standpunt is ’n ontwyking van die werklikheid — ’n werklikheid waarin die politieke betekenis van hierdie Sinodebesluite groot figureer.
KERSBOODSKAP ...
... ONS CHRISTUSFEES
Ds Andrè van den Berg
“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” - Jes.61:1
Dit is môre weer Kersfees – of soos ons eerder sê: Christusfees !
Hierdie fees is anders as die res van die Christelike feesdae omdat dit net van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar hierdie fees is louter vreugde. Vergeef maar as mens dit soms steeds Kersfees noem aangesien die meeste mense uit gewoonte daarin vrede vind. ’n Mens sou graag van die Kersfeesgees in flesse wou opvang en elke maand een daarvan oopmaak. Dit sou ons van neerslagtigheid bevry.
OUKERSAAND
Ds Andrè vd Berg
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” (Joh.14:27).
In die 1800’s is ʼn skilderfees met groot pryse in ʼn Europese stad gehou wat baie mense gelok het. Die deelnemers is nie vooraf van die tema verwittig nie en eers by die aanvang aangekondig. Die tema was vrede.
Dit het die deelnemers onkant gevang want hoe skilder ʼn mens iets abstrak soos vrede? Die meeste het rustige natuurtonele, berge, valleie en rivieroewers geskilder, met net een uitsondering; die wenner. Hy het ʼn vreesaanjaende waterval geskilder wat etlike meters na benede in ʼn kokende watermassa stort. Oor die rand het ʼn boomtak uitgesteek wat enige oomblik meegesleur kon word en op die punt daarvan ʼn voëltjie op haar nessie sonder vrees in haar oë.
HOE LANK GAAN RAMAPHOSA HOU?
Dr Danie Theron
Die geldmagte se euforie oor die verkiesing van Cyril Ramaphosa gaan gouer tot 'n einde kom as wat selfs hulle kon droom. Daar is immers sekere realiteite wat die liberale droom telkens baie gou in 'n nagmerrie verander.
Maar wie is Cyril Ramphosa?
Ramaphosa was voor 1994 die groot vegter vir die belange van die swart mynwerker. Hy was dus die groot sosialis wat hom volledig geskaar het by die ideologie van die ANC-SAKP. Met die aanvaarding van die nuwe bedeling is hy deur die Anglo-Amerikaanse magte omgekoop en skatryk gemaak. Hy het dus 'n metamorfose ondergaan en skielik het hy geen probleem daarmee gehad om homself in die kapitaliste se kamp ("wit monopolie kapitaal") te bevind teen wie hy voorheen so hard geveg het nie. Marikana was die finale bewys van hierdie gedaanteverwisseling toe werklik gesien is wie Ramaphosa is; die slagter van mynwerkers wat gedurf het om 'n myn waarin hy belange het, op sy knieë te wil bring!
SEWE EIENSKAPPE VAN DWAALLERAARS
soos deur die apostel Petrus beskryf
Ds. Andre van den Berg
Satan verwek van meet af aan dwaalleraars om mense van die waarheid te vervreem. Jesus waarsku in sy Profetiese Rede dat dit teen die einde van die tyd so sal toeneem, dat min mense staande gaan bly. Die apostel Petrus het eersterangse kennis van hulle skadelike optredes in die vroeë kerk gehad en ken in sy tweede Sendbriefsewe eienskappe aan hulle toe.
1. Dwaalleraars gebruik ʼn ander kenbron as die Skrif: “Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit” (2 Pet.1:16).
Met hierdie verdigsels trek hulle die aandag op hulself: “...en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie” (2 Pet.2:3).
DIE NUWE SUID-AFRIKA (13)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Nasionalis en Liberalis in TV-debat
Dr Wimpie de Klerk het ’n SAUK TV-program Om die waarheid te sê, ’n tyd lank behartig; en in November 1985 het hy my uitgenooi om met hom in die program ’n gesprek te voer.
Dit was die eerste en enigste geleentheid van hierdie aard wat die HNP deur die SAUK gegun is sedert die instelling van televisie in Suid-Afrika, tien jaar tevore, hoewel die HNP in die 1979-tussenverkiesings NP-meerderhede met van 3 000 tot 5 000 stemme laat daal het, en in die 1981-algemene verkiesing byvoorbeeld in Transvaal gemiddeld 33% van die stemme gekry het, waar die NP en die HNP teen mekaar gebots het.
De Klerk het in die gesprek uit die staanspoor ’n aggressiewe trant aangeslaan, soos reeds blyk uit sy eerste opmerking.
De Klerk: Die beskuldiging word gemaak dat u aan die dooie hand van die verlede vasklou; dat die stemme van Malan, Strijdom en Verwoerd amper goddelike stemme is en dat u nie rekening hou met veranderde omstandighede, met ontwikkeling nie. Wat is u antwoord daarop?
ONS MOET IN KENNIS TOENEEM
Hannes Ollewagen
2 Petrus 3:1-18
“Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid.” (:18).
Kan ons ooit genoeg Bybel lees? Gelowiges voel dalk soms asof hulle nou al die Woord van God so baie deurgelees het dat hulle mooi weet wat daarin staan en dus is dit onnodig om op ‘n daaglikse grondslag daaruit te lees. Hulle voel dalk dat hulle doodeenvoudig net niks meer uit die Bybel kan leer as wat hulle alreeds weet nie.
Petrus stel dit egter in verse 1&2 van die gelese gedeelte duidelik dat ons gedurig herinner moet word aan dit wat in die Woord staan. En in die laaste vers word ons nie vermaan om kennis van die Here op te doen nie, maar ons word beveel dat ons kennis van die Here moet toeneem, m.a.w. dit moet verbreed.
RAMAPHOSA, HELD VAN DIE GELDMAGTE...
... EN DIE TOEKOMS VAN DIE AFRIKANER
Dr Danie Theron
Die Anglo-Amerikaanse geldmagte is verheug oor die verkiesing van Cyril Ramaphosa tot leier van die ANC. Hy is immers 'n pion van hulle en deur hulle oornag supperryk gemaak. Ja, hy het oornag (vanuit niks!) een van die rykstes in Suid-Afrika geword. Hy is dus diep in die skuld by hulle. "It's payback time", soos hulle op Engels sal sê!
Maar wat beteken sy verkiesing vir die Afrikaner se vryheidstryd?
Wel, eerstens moet besef word dat alles in werking gestel is om die BRICKS-greep op Suid-Afrika te verbreek. Jacob Zuma en sy volgelinge se groot misstap was nie soseer staatskaping nie, maar staatskaping deur die verkeerde magte. Deur sy rug op die Anglo-Amerikaanse geldmagte te keer en vir hulp by China, Indië en Rusland aan te klop, was verseker die grootste rede waarom Zuma deur die geldmagte se media (met Netwerk24 aan die spits) meedoënloos geteiken is. Dit wil voorkom of hulle in hulle doel geslaag het. Ramaphosa en sy luitenante sal nou alles in werking stel om die VSA en Brittanje se greep op die Suid-Afrikaanse ekonomie te "herstel". Dat dit op dieselfde neerkom (naamlik staatskaping) skeel hierdie magte min, solank húlle net die beheer kan kry.
HOMOSEKS-KERKE
Oordeel of aanvaar?
Ds. Andre van den Berg
Al hoe meer mense verwerp God se oordeel oor homoseksualisme en sien dit eerder as alternatiewe erotiek. Dit het selfs tot afsonderlike kerkvorming gelei. Hulle glo dat omdat homoseksualisme nie spesifiek in die Tien Gebooie genoem word nie, God dit nie veroordeel nie. Dis ʼn leuen! Die Bybel sê baie duidelik in beide OT en NT dat homoseksualisme ʼn gruwel in God se oog is.
Wie sy oordeel nie aanvaar nie, kan net sowel ophou om die Bybel te lees. Want as iets wat so duidelik in die Bybel staan anders verstaan moet word, kom die ganse geloofslewe op losse skroewe te staan en is die Bybel vir enige ander vertolking oop!
DIE WITMAN IN SUID-AFRIKA...
...HET NIE GROND GESTEEL NIE !
Dr Pieter Möller
"Alhoewel die swart volke wel hul ontstaan in Afrika gehad het, het hulle nie binne die grense van die huidige Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom nie. As dus van die Blankes in Suid-Afrika as "Settlers" gepraat word, is die Swartes hier ewe so "Settlers" en as Blankes volgens hulle uitsprake na Europa moet terugkeer, moet hulle eweneens na Sentraal-Afrika terugkeer."
Daar word gereeld deur onkundige en kwaadwillige Swartes met groot stelligheid uitsprake gemaak dat die Blankes in Suid-Afrika "Settlers" is en dat as hulle nie tevrede met hulle omstandighede in die land is nie, hulle na Europa, vanwaar hulle voorsate kom, moet terugkeer.
By hierdie aansprake en grondeise van die Swartes sluit selfs sommige blanke liberaliste aan. Afgesien van vervalsings is sodanige uitsprake onsinnig, absurd en onwaar en hou hoegenaamd nie met die werklikheid tred nie.
DOOD VAN DIE OU VISSERMAN
AE vd Berg
Kleisteenhuisie witgekalk
rietdaktuiste greinhoutbalk.
Ou omie sit op die stoep
hoor hoe die seevoël na jou roep.
Droom van dae lank verby
en nette vol vis met die hooggety.
Op sy pos lewensgetrou
hande nou inmekaar gevou.
En as die gordyn van die lewe skeur
roep die seevoël ʼn laaste keer.
En buite sig of kim
spoel ʼn siel die ewigheid in.
PEPERDUUR
Die prysetiket van verraad
AE vd Berg
Verraaiers kan nooit vertrou word nie. Voor die Kommunistiese oorname van Hongarye in 1957 het Rusland ʼn klompie Hongare met die belofte van ruim vergoeding gewerf om die regering tot ʼn val te help bring. Toe hulle die nuwe owerheid daarna om die vergoeding nader, is hulle met die woorde “As julle jul eie volk kon verraai, hoe kan ons julle ooit vertrou?”summier doodgeskiet.
ʼn Volk kan miskien nog dwase politici verdra, maar nie verraaiers nie. Hulle beweeg ongesiens tussen hul eie mense, lyk soos hulle, praat dieselfde taal as hulle ens. Agteraf werk hulle in die geheim. En dit maak hulle gevaarliker as moordenaars wat merendeels enkelinge is. Verraaiers daarenteen is ʼn netwerk van booswigte en word dikwels tereggestel.
DIE KLIP WAT ROL
Ds Andrè van den Berg
“Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan”(Dan.2:44).
Nebukadneser het rede gehad om een nag toe die slaap gewyk het, oor die toekoms te wonder. Babel het toe alreeds ʼn geskiedenis van bykans 5000 jaar gehad en een ryk na die ander sien kom en gaan. Wat sou die toekoms vir Babel inhou? Toe antwoord God hom met ʼn antwoord wat ons aandag verdien; ʼn antwoord wat van die oorwinning van God se koninkryk oor Satan s’n vertel.
“Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan”.
DRAAI VANDAG NOG OM!
Ds Andrè van den Berg
"Ons staan vandag by ons eie Ebenhaeser stil - Bloedrivier. Baie volksgenote het dit vergeet. Ander het dit tot ’n versoeningsdag met die heidene afgeskaal. Die Boerevolk is net soos oud-Israel aan heidene onderworpe. Baie van ons volksgenote, selfs familielede, lek soos tjankende honde die hande van hul kastyders. Wat het met ons volk gebeur dat ons so veragter het? ...Tydens die volksvergadering by Mispa het Samuel drie dinge vir sy volk gesê wat ook vir die Boerevolk vandag op 16 Desember waar is (i) '….As julle met jul hele hart julle tot die Here bekeer…' Ons aanbid nie ’n ander God as Israel nie. Wat Hy vir Israel gedoen het, wil Hy ook vir die Boerevolk doen."
1 Sam.7:12
“Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen en dit Ebenhaeser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp”
DIE NUWE SUID-AFRIKA (12)
>
>>>
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Vrae oor die sluipmoord op dr. HF Verwoerd
DIE sluipmoord op dr. HF Verwoerd op 6 September 1966 was in die Afrikanergeskiedenis net so ’n aardskokkende gebeurtenis as die Engelse Oorlog van 1899-1902.
In terugblik na twee-en-twintig jaar is daar baie onbeantwoorde vrae oor die ramp wat Suid-Afrika getref het; en sekere verwikkelings na dr. Verwoerd se dood val in ’n patroon wat nie anders kan as om agterdog te verdiep oor wat agter die moord was nie.
Was daar ’n beplanning dat dr. Verwoerd vermoor moes word om die Nasionale Party van sy beginsels af te kry, die party daardeur te laat skeur en die lewensmag wat tussen die Afrikanervolk en sy vyande gestaan het, te laat disintegreer?