Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het u al gesien hoe mense in hierdie moderne tyd van spanning en angstigheid altyd 'n luide lawaai om hulle verkies om hulle gemakliker te probeer maak? Baie mense ervaar stilte nie as 'n volheid en weelde nie maar as 'n leegheid, nutteloosheid of selfs 'n bedreiging. Stilte is vir hulle soos 'n gapende afgrond waarin hulle dreig om te val. As ons verhouding met God reg is, sal ons nie die angstigheid van stilte ervaar nie maar dit sien as 'n tyd waarin ware wysheid tot ons kom, wanneer jy groei tot 'n rype mens, daar waar ons God goed hoor. Maak vir jou elke dag stiltyd waarin jy leer om werklik te luister.
DIE WIT HORISON (13)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
Winter: siektes onder Honde en Mense
Op 31 Mei is Uniedag vir die vyftigste (en laaste) keer in ons land gevier en vir die eerste keer in Antarktika. Vroeg die oggend het ons ’n radiosein in Afrikaans van die Britse span by Halleybaai ontvang: "Beste wense met julle groot nasionale dag”. Ons het hulle gelukgewens op hulle Empiredag.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (34)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
DIE STAATSGREEP VAN SEPTEMBER 1978
Die oomblik nadat generaal Van den Bergh aan my vertel het dat mnr. Vorster besluit het om homself vir die Presidentskap beskikbaar te stel het ek dr. Connie Mulder gewaarsku om vir die verkiesing van ’n nuwe leier van die Nasionale Party, en sodoende ’n nuwe Eerste Minister, voor te berei.
STREEF NA WARE VRYHEID!
Hannes Ollewagen
2 Kor. 3:1-18
“Die HERE is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” (:17).
VRYHEID!!! As daar nou een woord is wat die Afrikaner ken, is dit die woord vryheid. Ewenwel wonder ek of ons tog die betekenis hiervan verstaan? Ek bedoel nie om afkrakend te wees in my laaste opmerking nie, maar wanneer ek sien hoedat die meerderheid van ons mense alewig in massas agter die verkeerde leiding (eerder verleiding) aanploeter in hul vryheidstrewe, dink ek tog dat my stelling geregverdig is.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (17)
TEMA 5: MISTASTINGS
Lees reeks by Waarheidstryders
U word vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit gerus aan die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
GENADEDOOD
Genadedood is ʼn misleidende benaming. Dit moet eerder selfdood of lewensbeëindiging genoem word. Ongelukkig het mense gewoond geraak aan lelike dinge wat in mooi papier toegedraai is soos regstellende aksie en swart bemagtiging. Vir die doel van dié onderwerp volstaan ek egter by genadedood omdat dit die meer bekende benaming is.
HARTSTOG VIR DIE WAARHEID EN ONVERGEEFLIKE SONDE
Ds Andrè van den Berg
Die Bybel is vol ernstige waarskuwings. Een wat egter bo al die ander waarskuwings uitstaan, is die onvergeeflike sonde. Maar wat is dit presies? In Mt.12 sê Christus dat dit lastering teen die Heilige Gees is. Markus en Lukas skryf ook daarvan in onderskeidelik 3:28-30 en 12:10.
Mattheus en Markus se uitsprake hieroor moet egter in ʼn ander verband as Lukas s’n gesien word. In Matteus en Markus gaan dit oor die Joodse kerklui wat Jesus daarvan beskuldig het dat Hy al sy wonders deur die mag van die Satan verrig het. In Lukas gaan dit egter oor die openlike verloëning van Christus tydens vervolging.
Die sonde teen die Heilige Gees gaan dus nie bloot daaroor om Jesus se werk aan Satan toe te dig nie. In al drie die Skrifgedeeltes is dit sonde wat teen Jesus self gerig is. Nogtans noem Christus dit lastering teen die Heilige Gees.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (33)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SWART VRYDAG (2)
Nadat ek die Departement in Julie 1978 verlaat het, het ek vir ’n tydjie oorsee gegaan om saam met Stuart Pegg en sy familie in die Straat van Tiran, naby Sharm-el-Sheilagri ook by Ras-Muhammed, waar die Rooi See by die Golf van Suez aansluit, te gaan duik. By my terugkeer na Suid-Afrika het generaal Van den Bergh na my gekom en gesê dat die geheime projekte van die Departement so omvangryk was en die dokumentasie so geweldig dat dit hom van twee tot drie jaar sou neem om ’n volle waardebepaling en opsomming van die doeltreffendheid van die verskeie operasies te maak.
I REQUIEM MEAM DOLEAT!
Kriewelkop
Kan enige regdenkende verduidelik hoe 'n man wat weet dat die ANC-regime die uitwissing van die Blankes openlik aanhits, wat weet dat die ANC 'n terreurveldtog reeds voor 1994 teen die Blankes in Suid-Afrika gevoer het en nou eskalerend daarmee voortgaan, wat weet dat die ANC die geestelike, kulturele en fisiese vernietiging van die Blankes najaag, wat weet dat die ANC se vyandigheid teenoor Blankes sal toeneem totdat dit vanself ‘n plofpunt bereik, wat weet dat ons kosbare land onwettig deur verraaiers soos De Klerk en Pik Botha aan die ANC-regime oorhandig is en laasgenoemde dus geen reg het om dit te probeer regeer nie, vir dieselfde onwettige swart regime 'n klein stukkie grond terugvra waarin die Blankes 'tog assebliefie maar op genade kan gaan woon'! ?
Hoeveel logika is daar by 'n man wat met sowat 34,000 geregistreerde kiesers 'n stukkie grond wil beding by 'n regime wat geen wettige sê daaroor het nie, 'n kommunistiese "regering" wat dit in alle geval duidelik gemaak het dat hulle nie met die witman daaroor sal onderhandel nie?
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (32)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SWART VRYDAG
(Die volgende mening is slegs Rhoodie s'n en word hier ingesluit as deel van sy boek, soos alle ander van sy liberale sieninge, slegs om die geheelprent van die toestand in die destydse regering in perspektief te bring. Wat tragies is, is dat hy geglo het sy liberale siening ivm Kleurlinge en Blankes se samehorigheid die rede was dat Vorster teen hom gedraai het, min wetende dat Vorster reeds die hele SA aan die Geldmag help uitverkoop het kort voor die moord op dr Verwoerd waaroor Vorster ingelig was wanneer dit sou plaasvind).
Ek het altyd baie verligte sienswyses aangaande die Kleurling- en Indiërkwessies in Suid-Afrika gehad. Ek het in Kaapstad grootgeword en het later baie Kleurlinge geken.
DIE WIT HORISON (12)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
VOOR DIE WINTER – SNEEUSTORMS – LAASTE SON
Marten se gesels oor die lug het nie net gehelp om nuwe groentesousies te kry nie, maar ook om vergelykings te tref tussen die jongste weerstoestande in die Transvaal en by ons. Teen die middel van April het ’n radio-amateur van Ermelo gekla dat die temperatuur op die Transvaalse Hoëveld tot plus 15 sentigrade gedaal het en dit bitter koud was.
"By ons is hy nou so tussen minus 20 en minus 30. Ons kla nie. Ons is gewoond daaraan,” het Marten geantwoord, en Ermelo se radio-amateur het sommer warmer gevoel.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (16)
TEMA 4: ROOMSE MISLEIDING
Lees reeks by Waarheidstryders
U word vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit gerus aan die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
MARIA-AANBIDDING
Die Christendom het nooit ʼn probleem met Maria gehad totdat die Roomse Kerk haar as hemelkoningin gekroon het nie. Die NT sê weinig oor haar. Haar laaste aangetekende woorde is aan die begin van Christus se amptelike bediening toe sy by ʼn bruilof vir diensknegte sê: “Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Joh.2:5).
Nêrens in die Bybel word sy tot dieselfde vlak as Christus verhef en aanbid nie. Maria was slegs geseënd omdat sy die Jesuskind gebaar het. Niks verder nie. Daarom het die vroeë Christen kerk nie Maria-verering geken nie. Die kerk sou dit beslis as afgodery verwerp het! Die 21 Apostoliese briewe verwys ook nêrens na Maria nie omdat sy geen deel aan die uitbreiding van die kerk gehad het nie.
AAN DIE GELOFTEVOLK VAN SUID-AFRIKA
Flip Swanepoel
Geloftevolk Koördineringskomitee
Mens wonder waarom die EFF 6 April gekies het as teikendatum om eiendom van veral blankes te beset? Is die dag waarop Jan van Riebeeck die Westerse beskawing aan die Kaap gevestig het, en as’t ware die Kaap beset het, nie dalk die dryfveer agter hul grondbesetting/revolusie, nie?
Mens kan ook die vraag vra of die nie-nakoming van die Van Riebeeck Gelofte, nie dalk bydra tot die EFF se datum-voorkeur nie? Ons hemelse Vader eis die nakoming van Geloftes en sal by versuim die werke van ons hande verwoes. Verder versuim ons as volk ook om die werklike Gelofte van Bloedrivier na te kom, wat vir ons weg gesteek is. Dieselfde geld vir die Paardekraal Gelofte van 13 Des.1880 asook die Gelofte van Totius van 9 Sept. 1939, toe tussen 70,000 en 80,000 volksgenote dit by Monumentkoppie gesluit het. Wie van u weet hiervan? Indien nie, waarom nie? Daar moet iemand wees wat daarop uit is om ons as volk te vernietig, deur ons Gelofteverpligtinge weg te steek sodat God ons sal straf vir ons onkunde, soos wat Hosea profeteer – Hos 4:6“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp,...”
Is mens nie geneig om inligting te verwerp wat nie strook met dit wat jy weet nie?
DIE DRUMPEL VAN GROOT VERANDERINGE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“….Luister na my, Leviete! Heilig julle nou en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders en bring die onreinheid uit die heiligdom uit. En die priesters het binne-in die huis van die Here ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van die HERE gevind het, uitgebring ….” - 2 Kron.29:5&16
Goeie ouers het soms slegte kinders, maar slegte ouers het selde goeie kinders. Met Agas was dit wel die geval. Hy was Juda se slegste koning en sy seun, Hiskia, een van die bestes.
Agas was ’n afgodsdienaar: ”En Agas het die gereedskap van die huis van God stukkend geslaan en die deure van die huis van die HERE toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem. Ook het hy in elke stad van Juda hoogtes opgerig om vir ander gode offerrook te laat opgaan en die HERE, die God van sy vaders, geterg” (2 Kron.28:24,25).
DIE WIT HORISON (11)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
DAGRIT OP DIE SNEEU - INTROSPEK
Kort voor twaalf het ons met die muskeg vertrek - ek, Hannes en Vic. Vir die soveelste keer was ons op pad na die opslagplek by die ysbankfront. Ons moes woel om alles by die basis te kry voor die lang winternag alle aktiwiteite buite verbied.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (31)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SWART VRYDAG (1)
Aan die begin van 1978 het verdere inligting oor sommige van ons geheime projekte aan die pers uitgelek. Die inhoud van verslae wat in die pers gepubliseer is, het duidelik aangetoon dat slegs hoogs geheime inligting die weg na die pers gevind het, by voorbeeld oor Thor Communications, die Departement se finansiële pypleiding na verskeie organisasies in Suid-Afrika en in die buiteland.
HY HET DIEGENE LIEF WAT GEREGTIGHEID NAJAAG
Hannes Ollewagen
Spreuke 15:1-33
“Die wandel van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.” (:9)
Is dit waar dat God alle mense ewe liefhet en dat almal voor Hom heeltemal gelyk is? Alhoewel dit tog baie regverdig en vroom mag klink, is die antwoord op hierdie vraag ‘n besliste – NEE! Diegene wat sulke kettery verkondig, is besig om ‘n leuen te bevorder eerder as om die koninkryk van God te dien.
DIE WIT HORISON (10)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
Die leser sal met verdrag ook lees van ander Suid-Afrikaners wat slegs as waarnemers die volle reis meegemaak het asook van 'n hele aantal Noorweërs teenwoordig.
NESSKOP – VREEMDE TONELE
Ek, Theo en George het met Suikerbossie gery. Ons het die kiste met mediese voorrade op die voorste slee en die kos en sakke klere op die tweede slee gelaai. Theo het op die voorste gaan sit en George het vir hom lêplek op die sakke klere geskop. Ten spyte van die hobbelrigheid deur die sastrugi (ysriwwe) veroorsaak, het George gou aan die slaap geraak. ’n Mens raak gou gewoond om, met die rug na die wind en jagsneeu, op enigiets te slaap. Lewenswaardes verander vinnig en jy pas jou ongemerk by die eise van die omgewing en sy growwe behandeling aan.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (15)
TEMA 4: ROOMSE MISLEIDING
Lees reeks by Waarheidstryders
U word vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit gerus aan die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
OORLEWERINGS EN DIE ROOMSE TRADISIE
’n Rots staan baie vas. Daarom verwys die OT dikwels na God as ’n rots: “Want wie is God buiten die HERE en wie is ’n rots behalwe onse God?” (Ps.18:32). Die NT skets Jesus as die rots waarop die kerk gebou is. So vertel Jesus van ’n wyse man wat sy huis op ’n rots gebou het (Mt.7:24-29).
DIE ANTICHRIS IS OPPAD!
Lees reeks by Die Antichris is oppad
Deel 1
Die eerste nabootser
1. Teenstanders
Gelowiges verskil dikwels oor geloofsake van mekaar. Een ding waaroor almal egter saamstem, is dat Jesus weer aarde toe kom. Dis ʼn belofte uit sy eie mond: “En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:3). Die twee engele by sy hemelvaart herhaal dieselfde belofte: “.... Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand.1:11).
Voordat Jesus weer kom, gaan sekere onaangename dinge op die aarde gebeur. Een daarvan is die koms en optrede van die Antichris. Die woord Antichris kom as sulks nie in Openbaring of enige ander Skrifgedeelte wat oor die eindtyd handel, voor nie; slegs in 1 en 2 Johannes. Die Skrif het egter talle ander benamings vir hom. Hy gaan net voor die wederkoms van Christus die sigbare gestalte van die Satan op die aarde wees en Jesus naboots.
SIENER – 'N BIETJIE PERSPEKTIEF
Na die mildelike reën wat nou in Februarie/Maart geval het, kan daar nie anders as om weer Siener se visioene in herinnering te bring nie.
Met hierdie artikel word gepoog om meer perspektief te gee op die chronologiese volgorde van die gebeure wat deur Siener van Rensburg in sy visioene gesien is ten opsigte van Suid-Afrika se huidige politieke probleme. Dit word op grond van sy visioene asook gebeure sedert die tagtigerjare geskoei.
TYD VAN VERSKRIKKING – STRYD TEEN SWART OORMAG
Die Parlement sit as ons moeilikheid hier begin, en daar is droogte in ons land, 'n verskriklike droogte. Ek sien 'n droogte en mielie-misoeste kom soos wat die land nog nie geken het nie.
Die geelperskereën (Februarie-Maart) val en daar is 'n groot dam wat vol water is. Dit reën en al die uitlope is oop en die dam loop leeg. Op die wal is 'n geelperskeboom en die perskes lê onder die boom op die grond.
DIE WIT HORISON (9)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
Die leser sal met verdrag ook lees van ander Suid-Afrikaners wat slegs as waarnemers die volle reis meegemaak het asook van 'n hele aantal Noorweërs teenwoordig.
EERSTE SLEE-RIT; BASIS; POLARBJORN
Die agt Nore het aan boord gekom. Hul leier, Sigurd Helle, het voor geloop. Hy was ’n kort, stewige man met ’n blink pankop.