Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Volk met ‘n gelowige leier is baie geseënd. Sy gees is te edel om die volksvyand te bevoordeel en sy liefde vir sy volk te groot om hulle leed aan te doen. So ‘n leier sterf in werklikheid nooit nie, maar bly vir altyd in die gees van sy volk voortleef.
AFBREKER
Deur Bernard Fielies
Afbreker, jy bokspring en huppel soos 'n held,
maar stadig verdrink jy in jou eie geweld...
Jy gaan te kere met knopkierie, knuppel en klip
en laat die land se trane aanhoudende drup.
Jy maak dit duidelik: "Hierdie is mý land",
maar breek dit af en steek dit aan die brand!
Tussen al die vlamme en borrellende rook
word jou toekoms gesluit... met betogings bestook.
Jy toyi-toyi en baklei met bitter en bloed;
jou geplunder maak die paradys kapoet.
In 'n bloeiende land is jou dade barbaars
en 'n gesonde verstand is by jou skaars...
Jy verdruk ons vryheid; wil hiet en gebied.
soos 'n parasiet soek jy alles verniet!
Met jou selfsugtigheid word ons son gestroop
en hyg ons in die duisternis sonder hoop.
Die gekneusde land se veld lyk leeg en dor;
uiter in dorsheid, swaarkry en seer skor.
Die lug is so grys en groenigheid verkleur,
en die mooi in more gewaar ons nie meer...
Afbreker, kermkous...niks sal jou bevry,
want met jou boosheid sal jy in boeie bly.
Verwoesting saai jy in jou skrillende koor
en op die einde bly daar tog niks meer oor...
DIE GROOT VERVAL (3)
Ds Andrè van den Berg
LEES REEKS BY DIE GROOT VERVAL
GEESTELIKE OORLOGVOERING
7.1 Bose ywer
Valse leraars werk tans harder as ooit tevore. Jesus waarsku: “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken...” (Mt.7:15,16). Skape is die simbool van opregtheid, onskuld en skadeloosheid. Hulle word deur valse leraars op ʼn hoop gejaag en spreekwoordelik soos deur wolwe opgevreet.
Sulke wolwe maak op goddelike begeestering aanspraak en lei baie mense om die bos. Paulus waarsku dat hulle vyande van die geloof is: “Want ek weet dit, dat na my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie” (Hand.20:29). Wie nie waak nie, word maklik prooi!
MAAR SY EIENDOM HET HOM NIE GEKEN NIE
Hannes Ollewagen
Joh. 3:1-21
“En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.” (:19-20).
Hoe tragies is dit nie? Die Skepper van die heelal openbaar Homself aan die wêreld, maar tog herken die wêreld Hom nie. God het Homself deur sy Eniggebore Seun, Jesus Christus, aan die mensdom geopenbaar.
“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.” (Joh. 1:1-4). Omdat sy openbaring nie aan die mense van die tyd se verwagtinge voldoen het nie, het hulle Hom egter nie herken of erken nie. Jesus kom na sy Skepping, wat deur sy Hande berei is, en ons sou verwag dat Hy die hoogste agting en eer sou geniet vir die grootheid van sy Skepping, maar Hy word eerder met agterdog, veragting en die dood aan ‘n vloekhout hier op aarde begroet.
FW DE KLERK-TOESPRAAK 8 SEPTEMBER 1965
'n Paar uittreksels daaruit:
"Eers wil ek daarop wys dat die Regering al geruime tyd in die verleentheid geplaas word deur sinspelings dat Maori’s op die volgende toer deur Suid-Afrika sal aanvaar word”.
"Vanselfsprekend kon die Regering nie toelaat dat so ’n valse indruk oor sy beleid en optrede propageer word nie”.
"Die Regering is gekies om die verskillende vorms van integrasie, insluitende maatskaplike integrasie, teen te gaan. Hy moet sorg dat landsbeleid eerbiedig word, op sportgebied soos op alle ander terreine”.
"Die Kabinet het vroeër, en nou weer, eenparig teen die ontvangs van gemengde spanne besluit. Die Eerste Minister het dus sy hele Kabinet se beleid en besluite weergegee, en nie bloot sy eie mening nie”.
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (6)
Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk
President De Klerk
• U het die beginsel van een mens, een stem aanvaar;
• U gee medeseggenskap aan die ANC en die Kommuniste by samesprekings en onderhandelings, terwyl hulle stakings en onluste reël;
• U gaan onderhandel met die ANC en die SA Kommunistiese Party oor “die herverdeling van rykdom”, dit wil sê hoe die Blankes se rykdom aan Swartes uitgedeel moet word.
Hoe gaan Suid-Afrika lyk nadat u met hom klaar is, meneer De Klerk?
DIE PAD NA “DIE NUWE SUID-AFRIKA”
DIE GROOT VERVAL (2)
Ds Andrè van den Berg
LEES REEKS BY DIE GROOT VERVAL
3. Valse profete in kerklike ampte
3.1 Soos jakkalse
ʼn Leraar moet volstrek betroubaar wees. Paulus skryf: “En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word” (1 Kor.4:2). Valse leraars is ontrou. Sommige van hulle is bedrieërs en ander misleiers. Bedrieërs weet dat hulle leuenaars is, maar bedrieg mense ter wille van stoflike gewin. Misleiers daarenteen is weer oortuig dat hulle reg is, maar dwaal weens gebrekkige Skrifkennis. God het hulle nooit tot sy diens geroep nie, nogtans matig hulself die reg aan om namens Hom te praat.
Esegiël noem hulle jakkalse: “Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope” (Eseg. 13:4). Esegiël het twee basiese opdragte van God ontvang. Hy moes Juda eerstens daarop wys dat hulle deur hul eie toedoen gestraf word. Tweedens moes hy ook God se oordeel oor die valse profete in hul midde aankondig wat mense mislei het.
DIE GROOT VERVAL (1)
Ds Andrè van den Berg
LEES REEKS BY DIE GROOT VERVAL
Inleiding
Dwaalleer is skadeliker as verraad. Verraaiers kom gewoonlik aan die lig en verdwyn daarna van die toneel. Nie valse leraars nie. Hulle bly die waarheid skaad sonder om aan die pen te ry.
Aan die begin van die Christen-era het die Satan Jode en Romeine gebruik om die kerk te probeer vernietig. Toe dit nie slaag nie het hy sy strategie verander en met dwaalleer in die boesem van die kerk opgeduik en baie sukses behaal. Dit gaan weer gebeur; hierdie keer net andersom - eers ʼn godsdiensverval en daarna fisiese vervolging:
“Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie ..... asof die dag van Christus al daar is. Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word (2 Thess.2:1-3).
Hierdie afval sal aan ʼn weersin in die waarheid gekenmerk word. Satan haat die waarheid en gebruik selfs kerke om gruwels soos homoseksualisme te ontsondig, homoseksuele mense tot kerklike ampte toe te laat en mense van dieselfde geslag in die huwelik te bevestig. Dis alles lynreg in stryd met die waarheid.
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (5)
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (5)
Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk
"Seretse Choabi van die ANC/SAKP het aan prof. Piet de Lange van die Broederbond gesê: 'Die Wit debat is nie ter sake nie. Al wat ons sal doen, is om julle te skiet' ”.
"Genl. Johan Coetzee, voormalige Kommissaris van Polisie, het gesê. 'Die uiteindelike doel is om die georganiseerde arbeid, ná ’n mobiliserings- en opswepingsfase tot georganiseerde en landwye stakings te laat oorgaan, om in die proses die ekonomie so nadelig aan te tas dat werklike revolusie en kapitulasie van die bestaande bestel noodwendig sal word” (Beeld, 2 Oktober 1984). Hierdie strategie is klaarblyklik besig om toegepas te word in Suid- Afrika. Naas die arbeidsonlus waarvan genl. Coetzee gewag maak, het daar die massa-demonstrasies en die plakkery bygekom, wat die handhawing van wet en orde baie moeiliker maak. Namate toestande al hoe meer onhanteerbaar word, sal die Kommunistiese kreet al luider word: 'Bevryding nou' en daarmee saam 'Ontwapen die Blankes'."
Betekenis van Kommunistiese regering
Om te besluit hoe belangrik dit is om die logiese eindresultaat van die De Klerk-beleid van “hervorming” en “onderhandeling” te verhoed, moet baie deeglik besin word oor wat die betekenis van ’n Kommunistiese regering in Suid-Afrika sal wees.
Daar is enkele werklikhede wat beslissend sal wees by die optrede van ’n Kommunistiese regering in Suid-Afrika:
WEES NIE BEVREES NIE...
... MAAR VERTROU OP DIE HERE
Hannes Ollewagen
Jesaja 54:14 ”Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.”
Die angstigheid en vrees in mense se lewens is besig om kenmerkend van ons tyd te word. Hierdie is ‘n sigbare teken van die afwesigheid van God se Gees in die hedendaagse mens se hart, want ‘n hart gevul met vreesagtigheid is nie van die Here nie. “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” 2 Tim. 1:7.
“Ja, maar ons leef in onsekere tye”, sal u seker met reg kan aanvoer. Daar was seker al meer standvastige lewensomstandighede in die lewe as vandag, maar daar was ook al veel erger tye van groot oorloë en verskriklike swaarkry. God was in al hierdie tye nie afwesig as Beskermer van sy knegte nie. Ons dink aan die volk Israel wat deur die verskrikking van die Rooi See moes gaan, maar tog deur God se Hand op droë grond daar kon deurtrek. Hierdie volk is vir veertig jaar lank in die woestyn deur God se Hand onderhou en versorg, maar ons moenie vergeet dat hulle die straf van ‘n veertigjarige swerftog oor hulself gebring het deur hul ongeloof en vrees nie.
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (4)
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (4)
Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk
"Die NP-leiers het hulle keuse klaar gemaak: hulle veg nie meer teen die vyand nie, maar teen dié wat die vyand wil beveg en wil stuit. Hulle, nie die vyand, sal toenemend deur die NP voorgestel en behandel word as “die ekstremiste” en moeilikheidmakers, omdat hulle weier om onderwerp te word aan ’n Kommunisties beheerde ANC-regering... Die gebruik van Art. 29 van die Wet op Binnelandse Veiligheid om persone aan die regterkant aan te hou sonder verhoor, is die begin van ’n proses wat aangeskakel is deur die Kommuniste se druk op die Regering".
Geheime agenda
In die openbare pers is al minstens drie maal geskryf oor die Regering se geheime agenda.
• In The Sunday Times van 20 April 1975, is in ’n prominente groot berig op bladsy 3 geskryf:
“Die Regering het deur aanvaarding van die hoogs geheime (‘top secret’) Kollektiewe Aksieprogram teen Inflasie homself verbind tot ’n reeks voorstelle wat die ekonomiese en sosiale aangesig van Suid-Afrika kan verander”.
Enige denkende persoon sal homself afvra: Waarom ’n hoogs geheime program teen inflasie? Waarom moet dit geheim wees? Maar belangriker: Waarom ’n program teen inflasie wat Suid-Afrika se ekonomiese en sosiale aangesig moet verander?!
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (3)
Lees reeks byAfrikaners praat met De Klerk
" En dit het ons daartoe gebring om op ’n demokratiese manier ons beleid te verander tot een van magsdeling — nie magsoorgawe nie, magsdeling..."
“Afrikaners en Blankes se regte nie beskerm”
Belangrike gesigspunte en feite het tydens die gesprek tussen verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe en De Klerk aan die lig gekom.
Ek het hom verwys na die uitlating van ’n regter McNally in Zimbabwe volgens The Star van 22 Junie vanjaar, naamlik “dat as ’n regering die grondwet wil ondermyn (“subvert”) en die regte van mense wil wegneem, hy ’n manier sal vind om dit te doen”.
Ek het hom ook verwys na sy eie standpunt in die NP se publikasie Skietgoed van 1977, wat ek aan hom voorgelees het, en wat soos volg lui:
“Wanneer magshebbers onbillik teenoor ’n minderheid wil optree, dan is daar geen handves wat hulle sal keer nie”.
Hy het my betoog in daardie stadium onderbreek deur te sê: “Ek staan nog daarby, maar ek het verwys na ’n handves”. Ek het dadelik gesê: “Wei, as u sê dat u verwys het na ’n handves, wat is dan ’n ander middel waardeur u sulke regte wil beskerm? Dan moet u dit aan ons sê”. En tydens die hele gesprek het hy dit nie weer aangeroer nie.>
‘n LEWENDE MONUMENT VIR DR. VERWOERD
MEDIAVRYSTELLING
Die eerste tien dae van September dra swaar aan die herinneringe aan Dr Verwoerd. Hy is gebore op 8 September 1901, het Eerste Minister van Suid-Afrika geword op 2 September 1958, is vermoor op 6 September 1966 en begrawe op 10 September 1966. Al hierdie gebeure is aan die begin van September tydens verskillende geleenthede in Pretoria weer in herinnering geroep.
Op Dinsdag 6 September is ‘n seminaar oor Dr Verwoerd in die SAOU-ouditorium in Garsfontein gehou. Dit is aangebied deur die Verwoerd Navorsingstrust. Dr Wilhelm Verwoerd, oudste seun van Dr Verwoerd, Prof Grietjie Verhoef van die Universiteit van Johannesburg en Prof Pieter Duvenhage van die Universiteit van die Vrystaat het by dié geleentheid opgetreë.
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (2)
Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk
Om die voorwaardes te skep vir die golf van plakkery, was sekere stappe van regeringskant nodig. Die belangrikste was die opheffing van beheer oor toestroming, die staking van die registrasie van dienskontrakte en die daarmee gepaardgaande herroeping van die Paswette. Dit is onbegryplik dat die regering nie sou ingesien het waartoe dit sou lei nie. En dat die verantwoordelike Minister — destyds Chris Heunis — kon sê dat toestromingsbeheer opgehef is om plek te maak vir “ordelike verstedeliking”, is seker een van die mees bytende politieke ironieë van hierdie eeu!
Hierdie stappe van die Regering het plaasgevind in die wyer raam van die sosio-ekonomiese beleid van finansiële bevoordeling van die groot monopolies, verarming van boere, agteruitgang van plattelandse dorpe, met die gevolglike noodwendige trek na die stede, en die bewuste regeringsbeleid om al meer te bestee aan onderwys, behuising en gesondheid vir die Swartes by die stede, terwyl besteding hieraan vir Blankes vasgepen is.
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (1)
Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk
TERWYL die flitse van groeiende gevaar om die Blankes van Suid-Afrika uitslaan, vanweë die vrye beweging wat aan die SA Kommunistiese Party en die ANC gegee is; die talle toegewings wat aan die buiteland gemaak is ten einde druk af te koop; die toenemende ontwrigting van die samelewing deur Kommunisties geïnspireerde stakings, en die stygende bewustheid dat daar vir die waardes en belange van die Afrikanervolk en sy patriotiese landgenote geen beskerming sal wees nie, het verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe mnr. FW de Klerk, toe hy nog Staatspresident was, op 26 Junie 1990 ontmoet vir ’n gesprek oor sy pad na “die Nuwe Suid-Afrika”
Afrikanervolk uitgedaag
Swig, vlug of veg
LOOF GOD VIR ALLES OP ONS LEWENSPAD
Ds Andrè van den Berg
“ ... Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe” - Hab.2:4
“Moenie ʼn vraag vra as jy nie die antwoord wil weet nie” lui die gesegde. En dis presies wat Habakuk gedoen het toe hy God se beplande optrede teen Juda bevraagteken het. Habakuk kla by God oor die onreg, swaarkry, ontwrigting, geweld en binnegevegte wat Juda so lank teister en vra God waarom Hy niks daaraan doen nie?
“Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! — maar U help nie? Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin” (1:2,3).
Habakuk het geweet dat God Juda vir die verbreking van verbondooreenkoms gaan straf.
OPGRADERING VAN GELOFTELAND
Gelofteland is in die proses van opgradering en daar het 'n paar artikels weggeval wat ons binnekort weer sal terugplaas. Daar is ook 'n paar klein dingetjies wat probleme lewer maar dit sal binnekort reggestel word.
KOESTER ONS TAAL !
Ds Andrè van den Berg
“Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry” (Fil.3:7,8).
Daar is onlangs ʼn woordeboek van handgebare vrygestel vir mense wat in ʼn wêreld sonder taal leef - dié van dowes en stommes. Wat ʼn voorreg het ons nie om die Bybel ons eie taal te besit en te hoor nie! Taal is ʼn gawe van God. Dink aan die woorde van die pelgrims wat op Pinksterdag in die tempel was toe die Heilige Gees uitgestort is: ”... en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? “ (Hand.2:7,8).
Taal is ʼn gawe van God wat Hy vir elke volk op aarde beskik. Daarom het niemand die reg om ʼn ander een se taal te probeer vernietig nie. Die huidige aanvalle op ons eie taal is nie net deel van die volksvyand se lae intensiteit oorlogvoering teen gelowiges se beskaafde waardes aan die suidpunt van Afrika nie; maar, in die lig van die Skrif gesien, is dit ook ʼn vergryp teen God se wil!
BEOEFEN GETROUHEID
Hannes Ollewagen
Ps. 37:1-40:
”Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,” (:3).
Beoefen getrouheid. Hierdie is ‘n opdrag vir elke kind van God. Ons word nie geleer om getrouheid te beoog, te oordink of te bewonder nie, maar om dit uit te voer, om dit toe te pas – ja, om dit te doen.
Mense raak so maklik opgewonde wanneer daar byvoorbeeld ‘n dierspesie soos die renoster uitgeroei word of wanneer ‘n taal of kultuur onderdruk word en die dood in die gesig staar. Daar word dan meestal allerhande fondse en organisasies gestig tot redding van die bepaalde saak. Daar word derduisende rande ingesamel en mense poog om hierdie probleme met geld te herstel soos wat menige medici poog om al wat ‘n siekte is met allerhande verskillende medikasie te laat “verdwyn”. In baie gevalle is hierdie oënskynlike oplossings die onderdrukking van simptome veel eerder as wat dit ware genesing of oplossing tot gevolg het omdat die oorsaak van die probleem onaangeroer gelaat word.
DE LA REY (15) (SLOT)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
VREDE
DIE Driejarige Oorlog het ten einde gesnel. Uit ’n gedugte weermag het die Republieke nou ’n handjievol bittereinders oorgehou wat met onversetlike vasberadenheid geveg het.
“Ons sal nie oorgee nie,” het Schalk van der Westhuizen aan Rudolf gesê, “ons sal hulle beveg, hier tussen die meerkatgate van Wes-Transvaal, tussen die bosrante van die laeveld, in die berge ... waar hulle ook al is. Ons sal aanhou totdat hulle moeg word. En dan sal ons ons land terugkry.”
Baie burgers het hierdie houding aangeneem. Honderde van hulle het alles in die stryd verloor waaraan hulle waarde geheg het: Vroue en kinders het hul lewens in die konsentrasiekampe verloor; hul eiendomme is verwoes en as hulle nog hul vryheid moes verloor, sou die stryd geen betekenis hê nie.
“Bowendien,” het baie van hulle gesê, “dis ’n gevaarlike lewe hierdie. Die gevaar is gedurig daar dat ons gevang of geskiet kan word; maar dit is tog ’n lekker lewe; vol afwisseling en vol avontuur. Ons het niks nodig nie, want Haar Majesteit sorg vir ons. As ons kos opraak, doen ons ’n bietjie verkenningswerk totdat ons ’n Engelse voorraadopslagplek kry;
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die vrou is besig om haar klere in te pak.
Die man: "Waar gaan jy heen?"
Die vrou: "Ek gaan na my ma toe!"
Die man begin toe ook sy klere inpak.
Vrou: "En jy, waarheen gaan jy?"
Man: "Ek gaan ook na my ma toe!"
Vrou: "En wat van die kinders?"
Man: "As jy na jou ma toe gaan, en ek na my ma toe... Dan gaan hulle seker na hulle ma toe."
Klere word weer uitgepak.