Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Miskien het jy vir my gebid; miskien het jy net stil gesit. Miskien het jy terwyl jy werk gehoop ek word weer sterk. Maar altyd is jy iewers daar waar jy vir my 'n tydjie spaar. Met groot verstaan en woorde min bly jy maar my GOUDVRIENDIN.
DIE BOEK: REVOLUSIE EN CHRISTENDOM
DIE VOORTSLEPENDE WÊRELDREVOLUSIE
Dr Danie Theron
"Tog is dit interessant dat baie van hierdie goeie Afrikaners reeds met lof van die Grondwet praat, hartlik saamsing as die "nasionale lied" gespeel word en selfs die nuwe vlag aankoop. Dit is, of hulle dit besef het of nie, aanduidend van 'n nuwe identiteit wat aangeneem word en ten koste van hulle eie unieke identiteit. En dit sal uiteindelik 'n vervreemding tussen Afrikaners veroorsaak wat onoorbrugbaar gaan wees."
Inleiding
Die mens se opstand teen orde (en by implikasie, God se verordeninge) is so oud soos die mensdom self. Niks het verander sedert Eva in die tuin van Eden deur Satan verlei is om in opstand te kom teen God se verordeninge nie. Vandag ongeveer 6000 jaar later is die Satansmagte steeds ywerig aan die werk om die mensdom te laat rebelleer teen dissipline en orde. Maar wie is hulle en wat is hulle doel?
Ontstaan en grondslag
Die opstand is gesetel in 'n sameswering - een wat sy ontstaan reeds in die Ou Testament gehad het.
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (8)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
DIE ESSENERS EN DIE GNOSTISISME
Al meer opvallend word ook die feit dat die geheime beweging met sy geheime leer gemik was teen die Christendom. Onder voorwendel van 'n soort "verligte godsdiens", so hoog en edel dat slegs sekere "ingewydes" daarin toegelaat is, ondermyn die geheime beweging van nou af aan al meer die sedes en die tradisionele Christelike beginsels. Ons let eers op twee van hulle:
I. Die geheime beweging van die Esseners
Die Esseners het teen ongeveer 150 v.C. ontstaan,1 en hulle was een van die bekende sektes gedurende Jesus se omwandeling op aarde. Ons vind by hulle inwerkinge van Kabbalistiese,3 Griekse4 en Persiese5 misterieë. Hulle stem ooreen met die Vrymesselary in die volgende opsigte:
HOE LYK U EERSTE LIEFDE?
Hannes Ollewagen
Openbaring 2:1-7
“Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.”
Dit is seker nou maar eenmaal die mens se natuur om met verloop van tyd belangstelling te verloor wat tot gevolg het dat die liefde ook deur tydsverloop weggekalwe word. Dink maar aan u eie lewe. Wanneer jy jou eerste skooldag aandurf, is dit gewoonlik met ‘n onblusbare geesdrif. Wanneer jy begin studeer of begin werk, is die opgewondenheid groot. Dalk is u een van daardie mense wat sal kan getuig hoeveel opgewondenheid daar in u huwelik was net nadat u pas getroud is, maar vandag leef u en u lewensmaat maar elk jul eie lewe terwyl julle tog steeds getroud is. U huwelik het dalk, soos soveel ander dinge, maar net ‘n gewoonte geraak terwyl die voorreg daarvan in die vergetelheid verdwyn het.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (8)
TEMA 2: GRUWELS
DIE LEUEN OOR:
SAAMBLYERY
Saamblyery is ʼn euwel wat onrusbarend toeneem. In 1990 is die getal mense wat in Suid-Afrika saambly op 10% bereken. Dis tans 43% en styg steeds! Saamblyery is ’n verhouding wat nooit as ’n amptelike huwelik voltrek word nie, maar nogtans al die wesenlike kenmerke van ’n huwelik dra. In 1970 het die NG Kerk so sterk teen hierdie sonde gevoel, dat sy die regering gevra het om alle saamblyverhoudings buite die huwelik strafbaar te maak.
SOEK GOD MET NUWE ERNS!
Ds André van den Berg
“ ..... soek My, dan sal julle lewe” - Amos 5:4
Omdat godsdiens vir Israel baie belangrik was, was hul kerkgang onbesproke. Ons lees dat selfs Jesus die gewoonte gehad het om op die Sabbat na die sinagoge te gaan. Ongelukkig was Israel se godsdiens so met hul volksgevoel verbind, dat dit kwalik daarvan onderskei kon word. Op die oor af klink dit goed, maar dit was nie. Godsdiens kan die beste wapenrusting ter wêreld wees, maar ook die slegste oorkleed. Israel se optrede het boekdele hiervan gespreek!
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (21)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling
Ek het en wou Charles More se storie net nie vir die waarheid aanvaar nie alhoewel ek geweet het dat sy kontakte in die veiligheids- en inligtingsapparaat van die staat uitermate goed was. Twee weke later is Charles More onverwags oorlede...
WAARMEE IS ONS BESIG. . .
... EN WAAROM IS ONS HIERMEE BESIG?
Hannes Ollewagen
Ps. 30:1-13
“Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?” (:10)
“sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.” (:13).
Dit is nodig om in ons gejaagde lewe van vandag gereeld “halt” te roep. Dit is onontbeerlik om op ‘n gereelde grondslag aan myself die vraag te stel oor wat ek hier op aarde doen. Waarmee is ek besig en meer belangrik, waarom is ek hiermee besig? Ek dink dit is nodig dat ons veral sal let op laasgenoemde, nl. WAAROM is ek besig met dit waarmee ek besig is?
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (20)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
Wat van The Citizen? – vervolg
Op 4 Desember 1975 het die beslissende vergadering in Les de Villiers se huis huis in Waterkloof plaasgevind. Hierdie keer was dr. Mulder teenwoordig, aangesien hy die finale groen lig moes gee vir die projek om voort te gaan,asook Louis Luyt, Les de Villiers en Luyt se ouditeur, mnr. Fourie du Preez, generaal van den Bergh was ook daar. Ek het hom spesiaal uitgenooi omdat ek gevoel het hy moes weet hoe ons beplan om die saak verder te voer.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (7)
TEMA 2: GRUWELS
DIE LEUEN OOR:
HOMOSEKSUELE HUWELIKE
Homoseksualisme en VIGS neem wêreldwyd toe. In 2000 is die Pienk Loerie fees vir die eerste keer in Suid-Afrika gehou. Dit was die eerste homoseksuele fees op Afrika-bodem en is sedertdien jaarliks herhaal. Hierdie skande-fees word deur duisende volwassenes asook kinders bygewoon.
’n Onlangse opname oor die aanvaarding van homoseksualiteit het skokkende statistiek aan die lig gebring.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (19)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
Wat van The Citizen?
Ek glo vandag nog dat die stigting van The Citizen of ten minste die motiewe daarvoor gesond was en in die nasionale belang aangepak is. Die redaksionele handves het The Citizen net so onafhanklik soos To The Point gemaak en baie meer onafhanklik van en krities teenoor die Regering as bv. Beeld, Die Transvaler, die SAUK-TV, S.A. Panorama, of S.A. Digest, laasgenoemde, beide 100 persent regerings gefinansierde tydskrifte.
MOENIE WEGDRYF NIE!
>
>>>
Ds Andrè van den Berg
“Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdryf nie” - Heb.2:1
Ons weet nie wie Hebreërs geskryf het nie. Wat ons wel weet, is dat hy ʼn gelowige was wat besorgd was oor die verkeerde verloop van sake in die vroeë kerk. Daarom rig hy sy brief aan die Joodse leiers van die kerk (die Hebreërs). Dis ʼn brief aan die kerk deur die eeue.
Die skrywer herinner die kerk aan die twee groot redes vir haar bestaan:
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Lidmaat raak aan die slaap gedurende die woelige predikant se preek een Sondagoggend.´Sal almal wat hemel toe wil gaan, opstaan,´ sê die predikant. Die hele gemeente staan op behalwe vir die eensame slapende lidmaat. Die predikant vra hulle om te gaan sit en ewe dramaties sê hy toe:
`Nou, sal almal wat hel toe wil gaan, asseblief opstaan.´ Net toe skrik die slapende man vervaard wakker, spring regop, kyk verleë om hom rond na die giggelende mense, en sê.´Wel, Dominee, ek nie weet waaroor ons stem nie, maar dit lyk my dis net ek en jy wat ten gunste is...´
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (18)
>
>>
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
DIE WÊRELD VAN DIE PERS (Vervolg)
Drie projekte waaraan die opposisie-pers in Suid-Afrika bale geld, tyd en moeite spandeer het om te ontrafel was, To The Point, The Citizen en The Washington Star. Die uiteinde van die saak was dat terwyl die regering probeer het om die opposisie-pers tevrede te stel, hulle een van Suid-Afrika se beste en invloedrykste vriende in die media in Europa oorboord gegooi het en in die proses meer as R10 miljoen wat aan To The Point bestee was effektief tot niet gemaak het. Alles onnodig.
'N VROU SOOS... (1)
... EVA
Deur haar en ander vroue in die Bybel sal jy ontdek dat God die hedendaagse vrou oproep om 'n betekenisvolle rol in die gemeenskap, huis en kerk te vertolk. Ons kan ook deur die Bybelse vroue se foute leer en ontdek hoe God se seëninge oorvloedig werk wanneer ons op Hom vertrou.
In God se plan is vroue belangrik. Dit klink dalk na 'n oorbodige stelling en tog word hierdie belangrike boodskap dikwels uitgedoof deur ons kultuur. Daar is selfs mense in die liggaam van Christus wat so 'n ongebalanseerde siening van onderwerping propageer dat hulle min ruimte laat vir vroue om enigiets in God se diens te doen behalwe kinders grootmaak. Nietemin maak God dit duidelik dat vroue vir Hom belangrik is.
HET U LEWE SIN?
Hannes Ollewagen
1 Kor. 2:1-16
“Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.” (:16).
Daar is seker min mense wat hulself nog nie die vraag afgevra het wat dan eintlik hul doel hier op aarde is nie. Daar is diegene wat reken dat hul doel is om die hoogste moontlike prestasies in die lewe te bereik en dan ook diegene wat dink dat hul doel maar is om soveel rykdom as moontlik in ‘n leeftyd bymekaar te maak. Ons kry ook te doen met diegene wat dink dat die beste ding hier op aarde is om soveel moontlik pret te hê omdat jy mos net eenmaal leef. Daar is dan ook diegene wat nie enige spesiale doel vir die mens hier op aarde insien nie en ook nie die moeite doen om hierdie saak verder na te speur nie. Dit is diegene wat maar net doelloos deur die lewe dobber.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (17)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SUIDELIKE AFRIKA (VERVOLG)
"Wat ’n prys om op die ouderdom van 66 jaar te betaal vir jou gewilligheid om Suid-Afrika te dien!
Wat ’n prys om vir getrouheid aan John Vorster en die Nasionale Party te betaal!"
Een van die mees ambisieuse en duurste projekte in die Regering se vyf-jaar program was die stigting van ’n Swart rolprentnywerheid, nie slegs vir die produksie van films nie, maar ook vir die verspreiding daarvan.
Wat die Regering in gedagte gehad het, was om die algemene mening van die Swart mense op dieselfde wyse te beïnvloed as wat Hollywood gedurende die oorlogstyd gebruik was om Amerika se saak te propageer.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (6)
TEMA 2: GRUWELS
DIE LEUEN OOR:
GESLAGSVERANDERING
Homoseksuele persone is biologies normaal, maar nie sielkundig nie. Hulle glo dat hulle lede van die teenoorgestelde geslag is en per ongeluk in ’n verkeerde liggaam gebore is. Die meeste van hulle bly hul lewe lank so. Enkeles ondergaan ’n geslagsverandering-operasie. Is dit sonde? Wat sê die Bybel?
Die Bybel spreek dit nie direk aan nie omdat geslagsverandering destyds ondenkbaar was. Dit beteken egter nie dat mense vandag self daaroor kan besluit nie. Die gebruik van hormone en kosmetiese snykunde om geslagtelike eienskappe te verander, is ’n gruwelike sonde wat deesdae oorhand toeneem.
HANG JOU SPIEËL?
Ds Andrè van den Berg
“Want as iemand ʼn hoorder van die Woord is en nie ʼn dader nie, dié is soos ʼn man wat sy natuurlike gesig in ʼn spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het” Jak.1:23,24
Om in die hemel te kom, moet jy jou tot Jesus Christus bekeer. Daar is geen ander manier nie. Bekering is die toegangskaartjie. Jesus sê: “... Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6). Om hemel toe te gaan, moet jy in ʼn persoonlike verhouding met Jesus verkeer as jy jou laaste asem uitblaas.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (16)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SUIDELIKE AFRIKA (VERVOLG)
“Wat ons werklik wil doen is om skinderpraatjies te elimineer” - die Erasmus Kommissie.
The Foreign Affairs Association (FAA) was een van die mees suksesvolle frontorganisasies wat die Departement daar gestel het. Tot en met Junie 1978 het die Departement sowat R700 000 in die FAA belê en as gelde wat aan konferensies en besoekers spandeer is bygereken word, is die syfer moontlik na aan R900 000. Dit was geld wat goed bestee is.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (15)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SUIDELIKE AFRIKA (VERVOLG)
Behalwe IPSA het twee ander, in die geheim gefinansierde organisasies in Suid-Afrika, ’n vername rol in die samestelling van publikasies vir verspreiding aan akademici, sakelui en politici gespeel nl., The Southern African Freedom Foundation (SAFF) en Valiant Publications.