Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In my jeug was ek doodseker van alles; later jare ná duisende foute, was ek glad nie meer so seker van die meeste dinge nie; op die oomblik is ek slegs hiervan baie seker: die dinge wat God aan my openbaar.
HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !
WAAR KOM DIE SWART RAS VANDAAN?
Medewerker
Inleiding
Vir mense wat die waarheid haat, sal die waarheid altyd na haatspraak klink. Dis met rasseverskille die geval; ʼn werklikheid wat al soveel politieke plofkrag verkry het, dat mense eerder daaroor swyg. Swye los egter nie probleme op nie maar vererger dit selfs.
Rasseprobleme kan slegs opgelos word deur die oorsprong daarvan vas te stel, veral die swart ras met wie alle ander rasse geen gelykmaking vind nie. Daar is mense wat glo dat hulle Satan se nabootsing van God se menseskepping is. Ander, soos die Israel Visie-groepe, glo weer dat swartes nie mense is nie, maar die diere – die sg. ongekroonde dier.
Beide stellings gaan mank aan Skrifbewys en wetenskaplikheid. Satan beskik nie oor skeppingsmag nie, slegs God.
DE LA REY (14)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
TWEEBOSCH
DIE republikeinse hoofstede het byna twee jaar tevore al geval en alle strategies belangrike dorpe en plekke is lankal deur die vyand beset.
Die oorlog was dus al die tyd al “verby." Altans, dit was die amptelike houding van die Britse Ryk.
Maar die oorlog was nie verby nie, want die Vrystaatse vlaktes het nog gewemel van vyandelike troepe. Die logge, swaarbewegende Engelse kolonnes het daar “meesterlike” omsingelingsbewegings uitgevoer en fynuitgewerkte krygsplanne toegepas om De Wet en sy kommando vas te trek; maar De Wet en sy kommando was so glad soos seep. Die een oomblik was hulle in die vyand se hande; die volgende oomblik het hulle hom in sy rug aangeval. En De Wet se spoor was altyd duidelik. Waar sy kommando gegaan het, het die wrakke gelê van die verwoeste Engelse afdelings waarmee hy slaags geraak het.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (14 - SLOT)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Televisie en die aanslag op afsonderlike ontwikkeling
Dat die SAUK se Kommentaar bedoel is om ’n klimaat te skep waarin die regering se hervormings wortel moet skiet, is nie te betwyfel nie. Om dit egter in die regte perspektief te sien, moet die rol wat die SAUK-TV in hierdie proses speel ook kortliks uitgewys word.
Televisie is ’n veel magtiger medium as die radio. Dit is maklik om dit te verstaan, want dit wat ’n mens sien onthou jy langer en in meer besonderhede as dit wat jy hoor. Oor die unieke vermoëns van televisie is dit miskien gepas om self die SAUK aan die woord te stel. By wyse van Kommentaar het die Korporasie homself op 4 November 1985 so daaroor uitgelaat: “Televisie is dan ook al bestempel as die ideale propagandamedium, vanweë sy unieke vermoë om die leuen vir die waarheid te verkoop . . . ’n vermoë wat, soos Suid-Afrika tot sy nadeel uitgevind het, gewetenloos vir politieke oogmerke uitgebuit kan word.’’ Hierdie waarheid geld natuurlik vir die SAUK-TV self ook.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (13)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Die 1981-verkiesing en die 1983-referendum
Die uitslag van die algemene verkiesing wat op 29 April 1981 plaasgevind het, het ongetwyfeld ’n skokgolf deur die blanke politiek gestuur. Afgesien van die feit dat die Nasionale Party ’n goeie oorwinning behaal het, het die Herstigte Nasionale Party 14 % van die totale uitgebragte stemme op hom verenig. Alhoewel die party nie een setel kon verower nie, was baie NP-setels nie meer veilig nie. Daar was ’n duidelike swaai weg van die Botha-regering se binnelandse beleid en spanning was aan die oplaai binne die kabinet. Die vernaamste uitdaging waarvoor die regering nou te staan gekom het, was die ontwerp van ’n nuwe grondwet vir die Republiek en die inwerkstelling daarvan. Dit het die tafel vir ’n reeks interessante gebeure gedek.
Ná die verkiesing het die argument oral uitgeslaan dat die Nasionale Party stemme verloor het omdat die Regering nie die kieserskorps met hom saamgeneem het op sy pad nie. Dit het mnr Botha klaarblyklik min geskeel en hy het eenvoudig net voortgegaan en die een toegewing na die ander gemaak.
DR HF VERWOERD: DIE BLANKE SE HISTORIESE ERFENIS
Dr SH Gregan
Apartheid is deurgaans skerp veroordeel as sou dit 'n miskenning wees van die reg op selfbeskikking. Dit was gedoen ten spyte van uitsprake van vroeëre regerings van Suid-Afrika dat apartheid juis uitdrukking gee aan die reg op selfbeskikking van volkere. In 1976 nog het die Minister van Buitelandse Sake, Hilgard Muller, soos volg verklaar:
Our objective is self-determination for all the peoples in Southern Africa. The majority of every nation or population group should be enabled to elect their own Government....
Verenigde Nasies
Die tuislande (“bantustans” - soos internasionaal daarna verwys is) wat kragtens wetgewing onafhanklik geword het, is deur vroeëre Suid-Afrikaanse regerings beskou as die verwesenliking van die inwoners (volke) van daardie tuislande van hulle reg op selfbeskikking. Die Verenigde Nasies het egter state aangemoedig om nie die sogenaamde TBVC-state te erken nie, ‘n stap wat buitengewoon was.
DIE GRIMERING VAN BLYDSKAP
Ds Andrè van den Berg
“Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here – dit is julle beskutting” - Neh.8:11
In die Ou Afrikaanse Vertaling lees ons dikwels die woord salig. Al die Saligsprekinge begin met “Salig is die ….” Salig beteken gelukkig; ’n woord wat so alledaags geword het, dat dit min betekenis dra. Dit het meer met ’n sensasie as met diepgewortelde blydskap te doen. Paulus noem God in 1 Tim.1:11 die salige God – die Een wat blydskap in harte bring, een van God se eienskappe wat aandag verdien.
Gelowiges moet blydskap hê: “Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemel…” (Mt.5:12). Daarvoor moet ons in die blydskap in die Here ingaan soos wat ’n mens by ’n deur ingaan. God is nie net die bron van liefde, waarheid en genade nie, maar ook van blydskap. Dit bewaar ons teen die negatiewe dinge van die lewe wat ons swartgallig wil maak. “Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here – dit is julle beskutting” (teks).
Nadat Kores die Pers, die Babiloniërs verslaan en die nuwe wêreld-heerser geword het, het hy Israel en Juda uit ballingskap laat terugkeer. Hulle het die verwoeste mure van Jerusalem geesdriftig begin opbou. Alles het goed gegaan totdat hulle teenstand van die Samaritane en van hul eie mense begin kry het. Dit het hul geesdrif gedemp en swartgallig gemaak.
BITTER-SOET
E. van Nantes
Die minister van finansies het aangekondig dat daar planne gemaak word om ‘n suikerbelasting op versoete drankies met ingang vanaf 1 April 2017 in te stel, in ‘n poging om landsburgers te “help om hul uitermatige suikerinname te beperk.”[1]
Die artikel verduidelik verder dat ‘n hoë suikerinname verband hou met oorgewig en diabetes en volgens 'n voorspelling van Priceless-SA, sal die totale gesondheidssorg-uitgawes met betrekking tot diabetes in volwassenes, die land in 2030 tussen $1 en $2 biljoen uit die sak jaag. Volgens die Mail & Guardian sal ‘n 20% belasting op hierdie drankies die regering verseker van ‘n soete ekstra R7 biljoen per jaar. Die tesourie huldig verder die mening dat “fiskale inmenging soos belastings toenemend erken word as hulpmiddels ten einde die epidemie aan te pak”.
IN DIE SPORE VAN GEREGTIGHEID . . .
. . . OM SY NAAM ONTWIL
Hannes Ollewagen
Psalm 23:1-6
“...Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.” (:3)
Sommige sal sê – “Jesus het reeds vir ons sondes gesterf en daarom kan ek leef soos wat ek wil en steeds die saligheid beërwe”. Die Woord van God leer ons egter anders. ‘n Persoon wat die dood van Jesus Christus probeer gebruik om sy gewete te sus eerder as om vrygemaak te word van die mag van sonde, sal die saligheid misloop. Die saligheid is ‘n genadegawe van God aan Sy kinders wat die sondige lewe afgesterf het om in Jesus weergebore te word tot ‘n lewe van geregtigheid. “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” (Joh. 3:3). “...Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?” (Rom. 6:2).
Waarom leef ek ‘n vroom en opregte lewe? Is dit om mense te behaag en sosiaal-aanvaarbaar te wees of is dit dalk om daardeur te probeer om verdienstelik voor God te wees? Die antwoord is veronderstel om te wees dat dit juis is omdat ek God se onderverdienstelike guns aan my besef en opregte dankbaarheid daarvoor het.
DE LA REY (13)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
DIE GEHEIM VAN DIE VELBROEK
Die stilte van die oggendure word skielik onderbreek deur geklap van perdepote. Twee ruiters kom uit 'n bosbegroeide lopie te voorskyn en ry op ’n vinnige stap die bultjieuit.
Dis oom Giel van Zyl en Flip Roets wat weer vanoggend op verkenning uit is. Hulle ry stilswyend die bultrag oor en die vlakker veld verderaan in.
Die twee verkenners blik onrustig na die ooste waar die son reeds die gesigseinder begin rooi kleur.
Onwillekeurig druk hulle hul perde vinniger aan in die rigting van die bosryke landskap op die agtergrond, want hulle weet uit dure ondervinding dat die bosveldson baie vroeg ondraaglik warm hier op die kaal vlaktes kan word.
“Waar het julle die De la Rey-kommando gister raakgeloop, Flip?” vra oom Giel aan Flip Roets nadat hulle ’n hele end stilswyend op ’n vinnige drafstap aangery het.
DE LA REY (12)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
YSTERSPRUIT
Hoewel die vyand die hele land reeds oor was en die integriteit van die republikeinse magte verbrokkel was, het die kanonne nog gedurig op die Wes-Transvaalse vlaktes gebulder, want hier het die Boere verset gebied onder bevel van hul generaal, De la Rey, die man van die onverskrokke aanval, die oorwinnaar van talle slae ...
Na ’n tydperk van betreklike rus het De la Rey weer eendag skielik die Engelse gamisoen in Lichtenburg aangeval—’n paar dae daarna was hy weer met Babington naby Geduld aanmekaar en hoewel die Boere in albei gevalle genoodsaak was om terug te val, het hulle die Engelse harde slae toegedien.
Hierna het De la Rey met sy kommando weer noordwaarts getrek, en ’n tyd lank was alles stil...
DIE WARE VERWOERD
Leer hom ken by www.hfverwoerd.net.
Frikkie Strauss
Gedurende die leeftyd van Dr Verwoerd, maar veral na sy dood, is daar baie oor hom geskryf. Dit het bestaan uit toesprake van hom soos opgeteken in die notules van die Volksraad, ander toesprake wat opgeteken is in boeke, tydskrifte en koerante en uit baie boeke en artikels oor hom wat na sy dood verskyn het. Dit is te betwyfel of daar oor enige Suid-Afrikaanse staatsman soveel literatuur beskikbaar is. Alles lê ongelukkig in biblioteke, argiewe, museums en ander plekke van bewaring waar dit baie moeilik toeganklik is. Sover ons kennis strek, is daar tans net een boek oor Dr Verwoerd in die handel beskikbaar.
Ten einde inligting oor Dr Verwoerd vir die breë publiek toeganklik te maak, is ‘n webtuiste oor hom geopen. Soos die titel Die ware Verwoerd aandui, wil ons graag daarmee die ware Dr Verwoerd aan sy nageslag bekendstel. Op die webtuiste sal u inligting vind oor die lewe, werk en dood van Dr Verwoerd, inligting waaroor die meeste 21ste eeuse Afrikaners óf nog nooit beskik het nie óf vergeet het.
'N LEWE VAN GEREGTIGHEID UIT GELOOF
Hannes Ollewagen
Rom. 9:6-33
“En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het. Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is; terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.” (:29-32).
As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, voorwaar soos Sodom sou ons geword het. Wanneer ons as gelowiges rondom ons kyk en die chaos en sedelose verval rondom ons aanskou, kan dit vir ons voel asof ons midde in Sodom woonagtig is.
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK
Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk
TERWYL die flitse van groeiende gevaar om die Blankes van Suid-Afrika uitslaan, vanweë die vrye beweging wat aan die SA Kommunistiese Party en die ANC gegee is; die talle toegewings wat aan die buiteland gemaak is ten einde druk af te koop; die toenemende ontwrigting van die samelewing deur Kommunisties geïnspireerde stakings, en die stygende bewustheid dat daar vir die waardes en belange van die Afrikanervolk en sy patriotiese landgenote geen beskerming sal wees nie, het verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe mnr. FW de Klerk, toe hy nog Staatspresident was, op 26 Junie 1990 ontmoet vir ’n gesprek oor sy pad na “die Nuwe Suid-Afrika”
AfrikanervoIk uitgedaag
Swig, vlug of veg
Tydens die ontmoeling tussen die Staatspresident en verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe op 26 Junie 1990 het hy ter inleiding gesê:
GOD STRAF OOK DMV AARDBEWINGS
LEEF JY ONDER GOD SE WOEDE, OF SY SEËN?
Ds Andrè van den Berg
“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense ...” - Rom.1:18
Ek verplaas u vanoggend in die gees na Pompeii, ʼn baie ou stad met 11,000 inwoners aan die voet van Vesuvius, ʼn vulkaan 9 km. oos van Napels. Die datum: 24 Augustus 79nC; ʼn dag na die sedebederwende feesviering van die Romeinse afgod van vuur.
Kinders speel in die strate, diensknegte bedien hul werkgewers en prostitute sien na hul kliënte om. Alles in die 600 jaar oue stad verloop normaal. Maar diep onder die aarde, buite menslike sig en gedagtes is ʼn onderaardse krag aan die opbou. Dan skud die aarde en ʼn rivier van gesmelte rots bars uit die vulkaan en rol op die stad af.
PERSPEKTIEF OP DR VERWOERD: 50 JAAR
PROGRAMVERLOOP
- Die drie inleiers kry geleentheid om hul perspektief te deel, waarna die paneel ‘n oop gesprek voer. Die paneellede lewer kommentaar op die insette wat gemaak is. Dit word as ‘n rondetafel-gesprek hanteer – sonder insette vanuit die gehoor.
- Dit word opgevolg met ‘n oop gesprek waaraan die gehoor deelneem. Kommentaar word gelewer en/of vrae word aan enige van die sprekers of die paneellede gerig.
TER WILLE VAN 'N NAGESLAG...
...PRAAT AFRIKAANS!
Jeanette Koekemoer
Augustus is taalmaand vir Afrikaans want baie dinge met betrekking tot Afrikaans het in Augustusmaand gebeur. Daarom kan ons dit nie nalaat om in hierdie maand 'n pleidooi vir ons mooi taal te lewer nie.
Van die belangrike gebeure is die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners vir Afrikaans op 14 Augustus 1875, die stigting van die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging op 19 Augustus 1930, asook die uitdeel van die eerste Afrikaanse Bybel op Sondag 27 Augustus 1933 toe die Bybel deur die hele land feestelik in ontvangs geneem is. ’n Sentrale fees daarvoor is in Bloemfontein gehou en die volgende feeslied is gesing:
"Engels ! Engels ! Alles Engels !
Engels wat jy sien en hoor;
in ons skole, in ons kerke,
word ons moedertaal vermoor . . ."
En dit is presies wat vandag weer besig is om te gebeur. Ons hoor elke dag hoe ons mooi taal verwring en verniel word. Elke sin is vol Engelse en verdraaide Afrikaanse woorde – deur oud en jonk, almal Afrikaners!
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (12)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Verkiesings 1974 en 1977
In reaksie op die woelinge in opposisie-geledere ná die verkiesing het die SAUK byvoorbeeld opgemerk: “ ’n Hergroepering en reoriëntering kan plaasvind wat ’n duideliker verdelingslyn tussen liberale en konserwatiewe politieke groepering in Suid-Afrika tot gevolg kan hê. Die verkiesing van 1974 kan 'n waterskeiding in die Suid-Afrikaanse politiek wees.”
Die verkiesing was inderdaad ’n waterskeiding, maar in dié sin dat die Nasionale Party duideliker weggebreek het van afsonderlike ontwikkeling. Op 25 Julie 1974 het die SAUK dit benadruk dat die regering hom verbind het tot "evolusionêre verandering", die nou bekende strydkreet van die Botha-regering. In Oktober 1974 het mnr Pik Botha se bekende ‘‘wegbeweeg-van- diskriminasie-toespraak" in die WO gevolg. Daarmee het hy eintlik die land se vyande gelyk gegegee dat afsonderlike ontwikkeling diskriminerend is en dat die regering sal wegbeweeg daarvan. Daar is dan ook begin om "klein irritasies" — soos die SAUK dit gestel het — uit die weg te ruim. Dit het enersyds die publiek se vertroue in afsonderlike ontwikkeling ondermyn en tweedens die vals beeld geskep dat apartheid hervormbaar is.
SO HET HULLE SA UITVERKOOP
Jeanette Koekemoer
Terwyl Vorster vroeg in die sewentigerjare besig was om Suid-Afrika se binnelandse beleid te verander na 'n toestand waar ras en kleur nie meer bepalend sou wees nie, het daar in die buiteland 'n toestand geheers wat met opset van die Suid-Afrikaner weerhou is. Engeland en Amerika was, soos altyd, die twee lande wat druk op Suid-Afrika toegepas het om sy binnelandse beleid van afsonderlike ontwikkeling te laat vaar. Wat egter in daardie tyd dáár afgespeel het was juis die ideale klimaat om hul druk op Suid-Afrika in die wind te strooi, maar nóg het Vorster voortgestoomroller om etniese grense te verwyder, ongeag hoe kunsmatig dit deurforseer sou word.
Om te verstaan hoe maklik dit sou wees om die internasionale geldbase uit ons binnelandse beleid te hou moet ons na die binnelandse toestand van Brittanje en Amerika in daardie tyd kyk.
In die ná-oorlogse jare is Brittanje letterlik oorstroom deur swart en bruin immigrante uit die Statebond. Reeds teen die einde van die sewentigerjare was ongeveer 4 % van die Britse bevolking Nie-blankes.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (11)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Binnelandse beleid
Toe dr Verwoerd op 6 September 1966 vermoor is, het Suid-Afrika ’n duidelik omskrewe binnelandse beleid gehad. Hierdie beleid was gebou op die suiwer nasionale beginselbasis. Dit was die spil waarom beleidvoering in die breë gewentel het.
Dit het die ruimte afgebaken waarbinne alle ekonomiese subjekte vry kon beweeg. Dit het ongekende ekonomiese voorspoed oor die ganse Suider-Afrika gebring. Inderwaarheid was afsonderlike ontwikkeling nog in wording.
Alhoewel hierdie beleid Suid-Afrika die gramskap van sy vyande op die hals gehaal het, het Suid-Afrika onaantasbaar in die internasionale gemeenskap gestaan. Dit kon nie anders nie, aangesien die land een stel standaarde vir binne- en buitelandse beleid gehandhaaf het, spruitende vanuit die nasionale beginselbasis.