Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is 'n egte manier om jou rykdom te meet: moet dit nie meet aan wat jy besit nie maar meet dit aan dié dinge wat jy nooit vir geld sal verruil nie.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (14)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, spreek van veragtelike motiewe en handeling.
SUIDELIKE AFRIKA
Dit is moeilik om binne perke van een hoofstuk al die geheime projekte in Suider-Afrika te behandel, daarom is sekere belangrike projekte aangaande Suidwes-Afrika en Rhodesië elders behandel, sommige in die hoofstuk wat op hierdie een volg terwyl ander reeds elders genoem is.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
UITSTAANDE PERSPEKTIEF
Die feit dat ons op die oppervlaktekors van 'n gasbedekte planeet met 'n vurige kern leef, 'n planeet wat tol om 'n reusagtige kernaangedrewe vuurbal 90 miljoen myl weg, en nie eens paniekerig is nie, is 'n aanduiding van hoe verwronge ons perspektief kan wees. - Douglas Adams
DIE HERE HET OOK HIERDIE JAAR GEMAAK
Hannes Ollewagen
Ps. 118:1-29
“Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”
Die dag wat God geskape het waarop Jesus Christus in die vlees as mens gebore is, is sekerlik een van die grootste dae in die geskiedenis waaroor daar gejuig kan word en waaroor ons ons kan verbly. Ons Leidsman het in die vlees na ons neergedaal om ons met God die Vader te versoen. Hy het gekom om vir ons deur sy Gees ‘n ewige Herder en Leidsman te word.
Dit is egter belangrik dat ons daaraan herrinner word dat elke nuwe dag wat geskep word ook ‘n dag is wat deur die Here vir ons gemaak is. Hy skenk aan elkeen van ons wat die voorreg het om die lig van ‘n nuwe dag te aanskou daardie dag heeltemal gratis. Tog is daar mense wat sê dat niks in die lewe verniet is nie?
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (13)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
"Maar wanneer ’n mens van aanvaarbaarheid praat... ...dan sou dit sosio-politieke rekonstruksie van Suid-Afrika kos op ’n skaal wat vir die Blanke bevolking geheel-en-al onaanvaarbaar sou wees, met ander woorde, ’n Swart meerderheidsregering in ’n eenheidstaat. Daarvoor was ons nie te vinde nie."
Frankryk was ook die bymekaarkomplek met verskeie ander betaalde agente wat in die Seychelles, Nigerië, Madagaskar, Egipte, Senegal, ens., werksaam was, of wat invloedryk in die Ivoorkus, Morokko en ander Afrikastate was. Een van die medewerkers was so goedgeplaas dat hy vir ons afskrifte van diplomatieke kabels kon bekom wat verskeie Afrika regerings aan hulle Ambassades in Parys vir voorlegging aan die Franse Sekretaris van Buitelandse Sake gestuur het.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (5)
TEMA 2: GRUWELS
DIE LEUEN OOR:
HOMOSEKSUALISME
In Lev.18:22 en 20:13 verbied God homoseksuele dade en skryf selfs die gepaste straf vir oortreders voor – die doodstraf! “En as ʼn man met ʼn manspersoon gemeenskap het, soos ʼn mens met ʼn vrou het, het hulle al twee iets gruwelik gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word” Die woord sekerlik beteken sonder enige uitsondering.
Die ontsondiging van homoseksualisme is ʼn skandvlek op ʼn volk. "Geregtigheid verhoog ʼn volk, maar die sonde is ʼn skandvlek vir die nasies” (Spr.14:34). Waar dit in die verlede uit die openbare oog gehou is, word dit vandag skaamteloos op die voorgrond gedryf. Homoseksuele saamtrekke en huwelike het alledaags geword. Selfs die Britse koningin het dit ʼn paar jaar gelede goedgekeur.
GOD IS MET ONS – OOK IN 2017
>
>>>
Ds Andrè van den Berg
“Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE! So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word. En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ’n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is” - Eseg.37:4-6 .
Dis die jaar 597 v.C. Die Babiloniërs het Palestina binnegeval en die eerste van drie groepe mense te voet in ballingskap na Babel (800 km) weggevoer. Onder hulle was ’n jongman van ongeveer 25 jaar oud - Esegiël. Dit beteken: die Here versterk. Die ballinge het ʼn spoedige vrywording verwag en geglo dat hulle binnekort na Juda sou terugkeer. Dit het nie gebeur nie. En so het die jare aangeskuif sonder enige teken van nasionale vrywording.
VOORSPOEDIGE NUWE JAAR AAN AL ONS LESERS
Namens al ons skrywers en personeel van Gelofteland wens ons elke leser 'n waarlik voorspoedige 2017 toe. Mag die God van ons volk ons in hierdie nuwe jaar verlos van die hiel van 'n ateïstiese regering, ons herstel in die pragtige land wat Hy ons gegee het om in te woon, en Self hierdie land kom regeer! Laat ons daarvoor biddend die nuwe jaar tegemoet gaan.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (12)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Gedurende die sewentiger-jare het ons ook groot probleme in Brittanje gehad met besware van oor die algemeen goedgesinde ondersteuners oor die regstelsel in Suid-Afrika en die inperking van sogenaamde politieke gevangenes. Daar was groot besorgdheid oor lewensverlies van persone in afsonderlike opsluiting. Met goeie rede. Kritiek op onderskeid in vonnisse wat aan Swart en Wit vir dieselfde oortreding opgelê is, het op alle vlakke in gesprekke opgeduik. Die kritiek het nie van die linksgesindes, wat Suid-Afrika voortdurend as ’n polisiestaat afgemaak het gekom nie, maar van vriende van Suid-Afrika, uit konserwatiewe politieke kringe en van die normaalweg, swygende Britse meerderheid.
IN U LIG
Hannes Ollewagen
Ps. 36:1-13
“Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” (:10).
Waarom moet ons gedurig hoor dat die toekoms van die Afrikaner duister lyk? Dit is dalk omdat ons die Lig van die lewe uit die oog (en hart) verloor het! Dit is dalk omdat die groter deel van die Afrikanervolk sy toekoms begin bou het op wankelrige dinge van benede in plaas daarvan om hul lewensfondasie op die vaste Rots te lê. Nou woed daar ewe skielik verskeie lewenstorme onder ons en ons sien hoedat die een na die ander huis ten gronde gaan.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (11)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
GEHEIME PROJEKTE IN EUROPA
Die Regering se geheime Inligtingsprogram in Europa was grootliks op Brittanje, Wes-Duitsland, Frankryk en Nederland toegespits. Hierdie lande was Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote, die belangrikste beleggers in Suid-Afrika se industrieë, was verskaffers van tegnologie en het onder die geledere van die gematigdes getel.
Nederland was om ’n spesifieke politieke rede belangrik. Die meeste westerse nuusmedia en hul regerings kon nooit, of wou nooit, die aard van ’n aparte Blanke Suid-Afrikaanse identiteit wat op eie bodem wortel geskiet het verstaan nie. Hulle kon nie verstaan dat Afrikaans ’n produk van Blanke nasionalisme was nie en dat die Blanke bevolking, veral die Afrikaners, ’n aparte volk was, in dieselfde sin as wat die Nederlanders gedink het hulle van die Duitsers, die Engelse of die Franse verskil het.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (4)
TEMA: ONREGSKEPPING
DIE LEUEN OOR
KORRUPSIE
Misdaadstatistieke toon dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste lande ter wêreld is. Jare gelede was dit een van die veiligste en beleggingvriendelikste lande in die wêreld. Wat het hierdie verval veroorsaak? Dwase politieke besluite en grootskaalse korrupsie.
Korrupsie is een van die grootste, vernietigende magte want alles wat daardeur aangeraak word, verval onvermydelik. As korrupsie by ʼn land se voordeur inkom, loop voorspoed by die agterdeur uit. Die geskiedenis van Afrika is ʼn eindelose tablo van die tragiese gevolge van korrupsie. Laasgenoemde en onafhanklikheid is ʼn resep vir die dood!
Naas moord is korrupsie die tweede ergste misdaad in Afrika.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (10)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
" Die lelike waarheid is dat etlike verklarings wat Pik Botha aan die pers gemaak het, eenvoudig onwaar was. Die belangrikste was dat hierdie geskrewe kontrak maar net ’n voorsetting van ’n “bestaande ooreenkoms” was. Pik Botha se belaglike draai-gooiery was bloot net om weg te kom van die embarrasserende feit dat hy met dié soort van geheime projekte voortgegaan het wat hy die vorige jaar so rondborstig veroordeel het."
Alhoewel ons grootendeels deur middel van organisasies en verenigings gewerk het, was ons tog van tyd tot tyd gelukkig om die gewillige samewerking van twee groot Suid-Afrikaners te verkry - Gary Player en dr. Chris Barnard.
In die Verenigde State was Gary Player aan bykans elke tweede persoon vanweë sy beroemde oorwinnings in die VSA-Ope en in ander professionele gholf kampioenskappe bekend.
KORSIES VAN PASTEI
'N WARE WOLHAARSTORIE
"Ons bure se teefhond het glo 'n hele baal wol opgevreet."
"En toe?"
"Nee, die bure vertel dat al haar klein hondjies toe met truitjies aan gebore is."
"Klink vir my maar na ´n wolhaarstorie."
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (9)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Sydney Baron se rol op die politieke gebied in die Verenigde State is een ding waaroor ek emstige bedenkings gehad het. Dit het suspisies by my oor die man en sy werk wakker gemaak alhoewel nog ek, nog mnr. Vorster of enige realis in Suid-Afrika kon kla dat die eindresultaat, wat Baron beweer sy werk was, iets was om oor te huil. Toe Baron in 1976 na die Republiek gekom het, het ons baie tyd aan ’n netelige saak gespandeer: die buitengewone invloed wat sommige politici, by uitstek Senatore, gehad het om die Amerikaanse beleid teenoor Suid- en Suidelike Afrika beïnvloed.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
WANNEER DAN?
Koos kuier by 'n Engelssprekende meisie. Hy is maar dikvellig en kom nie agter dat sy vryerige pogings die meisie ontstel nie.
Toe die meisie dit nie meer kan uithou nie sê sy: 'No!!'.
Koos vra hoopvol: 'Issit Engels of Afrikaans?'
IS U GEREED OM REKENSKAP TE GEE?
Hannes Ollewagen
Openbaring 20:11-15
“En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.” (:12).
Daar is mos diegene wat glo dat alle mense na die hemel gaan. Volgens hierdie mense is God ‘n God van liefde en sal Hy nie enige mens tot die ewige hel verdoem nie. Hierdie is dalk ‘n teorie wat die oor goed geval, maar dit is van alle waarheid ontbloot. In vers 15 van ons gelese gedeelte word dit pertinent gestel dat daar diegene is wat in die poel van vuur gewerp sal word en so is die res van die boek Openbaring ook nie hieroor onduidelik nie. “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (8)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Omdat Shannon en Vennote reeds ’n geruime tyd in Washington gevestig was, het De Kieffer Washington en die Amerikaanse politiek deur-en-deur geken. Hy was met ’n Japannese meisie getroud wie se vader die Hoofregter in Hawaii was. Hulle was ’n vriendelike, welopgevoed en fatsoenlike paartjie.
Vroeg in 1973 het ons De Kieffer en sy vrou na Suid-Afrika gebring sodat hulle kon besluit of hulle met die soort gemeenskap kan saamleef wat hulle moes teenwoordig. De Kieffer het aanvaar en in 1973 is sy maatskappy by die Departement van Justisie as ’n agentskap van ’n buitelandse instansie geregistreer soos deur die Wet op Registrasie van Vreemde Agente in die V.S.A. vereis word.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (3)
TEMA: ONREGSKEPPING
DIE LEUEN OOR
REGSTELLENDE AKSIE
Booswigte kruip dikwels agter eerbare maskers weg en gebruik selfs mooi woorde om lelike dinge mee te verberg. Een hiervan is regstellende aksie - een van die heel grootste onregte wat ons land ooit aangedoen is. Desondanks word dit as ’n regstelling van sogenaamde onregte van die verlede voorgehou. Dis ʼn leuen. Dit stel niks reg nie, maar skep eerder onreg in die hede!
Regstellende aksie verwoes volksgenote se toekoms. Nagenoeg twee en 'n half miljoen blankes het sedert dit van stapel gestuur is, alreeds Suid-Afrika verlaat. Handelsondernemings word genoodsaak om hierdie onreg toe te pas uit vrees vir dwangmaatreëls wat hulle op die kantlyn kan laat beland. Dit vervang die Bybelse maatstaf van verdienste met ʼn gekamoefleerde onreg wat geen morele of Bybelse verdienste het nie.
HET GOD ALMAL LIEF?
Ds Andrè van den Berg
“Want God het sy Seun in die wêreld gestuur, nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kon word” Joh.3:17
Die Bybel sê dat daar eendag baie meer mense in die hel as in die hemel gaan wees. Christus sê in die Bergpredikasie: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:14,14).
In teenstelling hiermee glo baie mense dat ʼn liefdevolle God nooit iemand hel toe sal stuur nie, maar dat alle mense hemel toe gaan.
GELOFTEDAG: GEEN VERSOENING MET HEIDENE !
Ds Andrè van den Berg
“En Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: Here, niemand kan help soos U tussen die magtige en kragtelose nie; help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie”
2 Kron.14:11
Jesaja het 750 jaar voor Jesus se geboorte sy menswording voorspel. Hy sien in Jes.9 Jesus as ʼn Vredevors kom – Jesus bring vrede, ʼn eienskap waaraan sy volgelinge ook geken sou word. Gelowiges is vredemakers. Jesus sê: “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie” (Joh.14:27).
Die Bybel eis van gelowiges om in vrede met mekaar te leef. Dit onderskei hulle van ongelowiges wat graag onmin veroorsaak en in onvrede leef. Onmin het lelike letsels in die vroeë kerk gelaat: “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? (Jak.4:1).
Christus is die Vors van vrede. Die Satan is dié van onvrede. En dit veroorsaak ʼn gedurige stryd tussen lig en duisternis. Gelowiges word soms genoodsaak om oorlog te voer. En dis nie altyd verkeerd nie. Solank dit gevoer word om dit wat jou eie is te beskerm.