Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dankie Almagtige Vader, dat ek nie my brandstof van mense hoef te kry nie maar dit direk by U deur u liefde ontvang. U liefde dra my, maak my kragtig, soveel so dat ek dit ook aan my medemens kan uitdeel.
DIE FONDAMENT IS GELê...
...MAAR ONS MOET VOORTBOU!
Hannes Ollewagen
1 Kor. 3:9-23
“WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle. Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester op die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.” (:9-11).
In 1838 het ons voorouers ‘n gelofte aan God afgelê dat hulle tot sy eer ‘n huis sal oprig en aan hul nageslag sal sê om met hulle daarin te deel. Dink u dat die Geloftekerk wat in Pietermaritzburg opgerig is hierdie onderneming van ons voorouers ten einde gebring het? Dink u dat die God wat nie in tempels woon wat met hande gemaak is nie met die oprigting van ‘n gebou uit klip sou berus, of sal u saam met my stem dat ons hier met ‘n veel groter huis te make het?
DIE WAARHEID AGTER TRALIES
E. van Nantes
Die anti-islamistiese Nederlandse politikus Geert Wilders, is sopas ín Nederland, déúr ‘n paneel van Nederlandse regters, skuldig bevind aan haatspraak. Kort voor uitspraak gelewer is, het Wilders die volgende stelling gemaak : “Whatever the verdict, I will continue to speak the truth about the Moroccan problem, and no judge, politician or terrorist will stop me.” [1]
Dit lyk asof daar eersdaags dan ook hier, in Suid-Zimbabwe, sodanige wetgewing die lig gaan sien ten einde haatspraak te bekamp. Maar wat presies is haatspraak dan nou eintlik?
ONS IS KONINGSKINDERS!
Hannes Ollewagen
2 Samuel 7:1-29
“Ek sal vir hom ‘n vader wees, en hy sal vir My ‘n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met ‘n menslike roede en met slae van mensekinders.” (:14).
Hierdie voorreg, om God ons Vader te mag noem, is nie alleen tot die troonopvolger van Dawid beperk nie. Die versoening wat Jesus Christus vir gelowiges met God die Vader bewerk het, het Hom die Eersteling onder ons (ware gelowiges in Jesus Christus) gemaak as God se kinders. “KYK wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word!...” (1 Joh. 3:1).
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (7)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
GEHEIME PROJEKTE IN DIE AMERIKAS
In die lig van die Verenigde State se belangrikheid as die leier van die Vrye Wêreld, het ons vanselfsprekend ’n groot deel van ons tyd, geld en kragte daar spandeer in ’n poging om Suid-Afrika se beeld onder die meningsvormers en besluitnemers te verbeter.
Suid-Amerika was ook ’n doelwit, maar in ’n veel mindere mate as die Verenigde State wat Les de Villiers en ek so goed geken het. Beide van ons het meer as ses jaar daar deurgebring.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (2)
DIE LEUEN OOR
MENSEREGTE
Wetgewers, owerhede en teoloë praat dikwels op nasionale en internasionale vlak oor menseregte. Dit het as’t ware die taal van die internasionale gemeenskap geword, ’n taal wat almal verstaan, selfs oor godsdiensgrense heen. Christen, Boeddhis en Moslem praat almal van menseregte.
Vir baie het dit as’t ware ’n nuwe godsdiens geword. Dit word aanvaar dat almal vandag regte het, selfs mense wat gruwels soos homoseksualisme bedryf. Dit laat gelowiges ongemaklik met menseregte voel. Het mense regte?
JULLE MOET GLO!
Hannes Ollewagen
Markus 11:12-26
“Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.” (:22).
Dit is nie alleen die jeug nie, maar die samelewing van vandag wat uiters verward is. Die satan is natuurlik baie lief vir chaos en verwarring aangesien dit hartseer en ellende veroorsaak. Die ware en lewende God daarenteen is ‘n God van orde en bestendigheid.
Wanneer ons mooi oplet rondom ons, sien ons hoedat mense van die een “waarheid” na die volgende “waarheid”soek en hulle weet nie wat om te glo nie. Hierdie een sê dat die sabbat eintlik op Saterdag moet wees en nie op Sondag nie.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (1)
TEMA: ONREGSKEPPING (1)
DIE LEUEN:
POLITIEKE KORREKTHEID
Die waarheid het talle karikature. Politieke korrektheid is een van die skadelikste. Dis ʼn sosiale euwel wat veld begin wen het toe Kommunisme in Oos Europa ineen begin stort het. Politieke korrektheid breek stabiele volke se trotse geskiedenis as ʼn vergoeding vir sogenaamde onregte van die verlede af. Ironies genoeg het dit nog nêrens ter wêreld enige gewaande onreg herstel nie, maar dit eerder aangevuur!
Politieke korrektheid het in 1923 in die Frankfurt Skool van Denke (Duitsland) as ʼn nuwe denkpatroon ontstaan.
VEILIG IN DIE VRESE VAN DIE HERE
Ds Andrè van den Berg
“DIE vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug. My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; want dit is ’n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals” - Spr.1:7-9
Spreuke begin met die woorde: “Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel” (Spr.1:1). Salomo was ʼn groot koning en die seun van ʼn besondere koning. Salomo was magtig in sy optrede sodat mense voor hom gebuig en sy opdragte gehoorsaam het.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (6)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
In die vroeë sewentigerjare was die prognose een van 'n ware verskerpte sielkundige- en propaganda-oorlog en dit het binne 'n paar jaar werklikheid geword. Suid-Afrika was feitlik onvoorbereid. Baie het daaroor gepraat, maar min het probeer om iets daaraan te doen. Die Inligtingsdepartement het 'n tekort aan personeel gehad. Hulle het baie min geld vir grootskaalse aktiwiteite beskikbaar gehad. Na ses jaar van Gerald Barrie se rentmeesterskap, het die Departement in selftevredenheid verswelg.
UITNODIGING: WAARHEID- STRYDERS
Die Waarheid bevry
Liewe Volksgenoot,
Die datalys van ons waarheidstryders groei steeds mooi, en ons sal hierdie uitnodiging nog vir 'n ruk lank aan u bly rig want ons beoog om 'n groot aantal lesers bewus te maak van ons nie-amptelike 'klub', die Waarheidstryders, vir wie daar weekliks 'n memorandum gestuur sal word om die leuens wat soos wolke om ons vorm, met die waarheid te belig. Dit beloof om 'n baie insiggewende en belangrike deel van Gelofteland te word en ons sal die memorandums op die eerste Maandag in Desember begin uitstuur; daarna elke Maandagoggend vroeg.
Ons volk word al vir baie jare vanaf politieke podiums en kansels met leuens mislei. Leuens wat herhaal word, word maklik as waarhede aanvaar. Hiervoor is daar een teenmiddel – die waarheid. DIE Waarheidstryders wil vir volksgenote 'n reguit stok (waarheid) langs die krom een (leuen) neersit om die verskil te sien.
As u Christus as u persoonlike Verlosser ken en oor ons volk se misleiding besorg is, nooi ons u uit om deel van die span Waarheidstryders te word. Dit kos u niks. Al wat ons vra is ons te help om baie getrou die inligting elektronies te versprei.
U sal weekliks 'n waarheidsmemorandum ontvang indien u u e-posadres verskaf. Die memorandum sal ook op Gelofteland verskyn waarvandaan u dit kan verlig, haal en plak in u eie dokument, of u kan die e-pos-opsie by die betrokke artikel gebruik en dit stuur na wie u wil, of die druk-opsie gebruik om dit uit te druk vir handverspreiding. Ons wil egter graag weet hoeveel stryders daar is wat erns met die saak maak, daarom, laat ons asb weet of u deel daarvan wil wees. Ons benodig nie u regte naam nie, u kan dit gee as u wil of u kan 'n skuilnaam gebruik. Ons benodig net u e-posadres vir die aanstuur van die inligting. U kan eenhonderd persent verseker wees dat u e-pos vir geen ander doeleindes aangewend sal word nie - ons is nie 'n bemarkingsagent nie, ons wil net hierdie waarheidsmemorandums versprei, iets wat u baie interessant en waardevol sal vind.
U kan ons ook weekliks laat weet wat u eie mening oor daardie week se onderwerp is – stuur dit gerus na die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Dan vra ons ook dat u dit aan al u ander vriende stuur met die versoek dat hulle dit ook elkeen aan hulle vriende sal stuur. Sodoende bereik ons etlike honderdduisende volksgenote met die waarheid as antwoord op die leuen.
Kom ons staan saam en beveg die leuens wat op alle gebiede besig is om ons volk te laat ondergaan. Stuur asb die memorandums getrou na u vriende sodat ons 'n sterk, ingeligte kern in ons volk kan word.
Vir Christus en ons volk!
Geloftelander.
KYK IN JOU SPIEËL
Ds Andrè van den Berg
“Want as iemand ʼn hoorder van die Woord is en nie ʼn dader nie, dié is soos ʼn man wat sy natuurlike gesig in ʼn spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het” - Jak.1:23,24
Om in die hemel te kom, moet jy jou tot Jesus Christus bekeer. Daar is geen ander manier nie. Bekering is die toegangskaartjie. Jesus sê: “... Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6). Om hemel toe te gaan, moet jy in ʼn persoonlike verhouding met Jesus verkeer as jy jou laaste asem uitblaas.
DIE WARE INLIGTINGSKANDAAL (5)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
" `n Tydjie gelede het sekere seksies van die Suid-Afrikaanse pers aangedui dat dit 'n vermorsing is om geld op inligtingsdienste te spandeer, dat dit gebruik kan word om die salarisse van swart onderwysers, professore, ens te verbeter. Maar, tensy ons daarin kan slaag om die Weste te oortuig dat die verandering van ons bestaande struktuur, al is dit ook vol swakplekke, sisteem van een-man, een-stem die ondergang van beide swart en wit sal beteken, sal die verhoging van swart onderwysers en professore se salarisse, selfs sodat dit dié van blankes oorskrei, van geen nut wees nie."
In 1973 het Buitelandse Sake, onder druk van mnr. Vorster en dr. Hilgard Muller begin besef dat Suid-Afrika wel 'n saak het en dat dit net 'n kwessie van bemarking van die saak was.
DIE REGERING HET GELD NODIG...
... EN SOMMER BAIE DAARVAN
E. van Nantes
Die minister van finansies het aangekondig dat hy in die nuwe finansiële jaar, belastings met R13 biljoen gaan verhoog…. dit is nou bo-en behalwe die R15 biljoen verhoging wat hy alreeds in Februarie vanjaar aangekondig het![1]
Die redes deur hom aangevoer vir hierdie verhogings is tweeledig van aard naamlik, dat
(a) persoonlike belastings tot op hede ingevorder, baie minder is as wat oorspronklik verwag is en dat
(b) die BTW tot op hede ingevorder nie aan die verwagtinge voldoen nie aangesien “die vraag na plaaslik vervaardigde- sowel as ingevoerde goedere kleiner is.”
DIE OES IS WEL GROOT...
... MAAR DIE ARBEIDERS IS MIN
Hannes Ollewagen
Matt. 9:35-38
“Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.” (:37).
Ons lees in hierdie gedeelte van Jesus se simpatie met die skare wat voor Hom is. Hy het vir hulle jammer gevoel om so rigtingloos en verwaarloos deur die lewe te sukkel. Die lelike gevolge van die sondeval en ongehoorsaamheid aan God was vir Hom ‘n ellendige gesig.
Dit is ongeveer 2 000 jaar later en steeds is daar soveel mense wat rigtingloos en verwaarloos, verniel en stukkend deur die lewe probeer worstel.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (4)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die situasie het in die sestiger-jare geensins verbeter nie.
By my aankoms in die Verenigde State, in Washington, het ek gevind dat die Ambassadeur met'n Kanadese meisie getroud is wat geen Afrikaans geken het nie. Sy was 'n verfynde dame, maar dit was nie vir my ter sake nie. In Nederland het ek 'n Ambassadeur gevind, getroud met'n Sweedse meisie en ten spyte van 25 jaar saam met haar man in die diens van Suid-Afrika, ook geen duidelike sin in Afrikaans kon kwytraak nie. Wanneer sy Hollandse gaste onthaal het, het sy gewoonlik gesê: "Nou, in Swede maak ons Swede ..." wat daarop mag volg).
Hierdie was die "lae-profiel" mense.
HUIS, PALEIS, EN DAN?
Ds Andrè van den Berg
“En Daniël was daar tot die eerste jaar van koning Kores” - Dan.1:21
Toe ek student was, het ek aan die Valsbaaikus gehengel. Naby Gordonsbaai is ʼn rots ʼn entjie die see-in. Telkens as ʼn brander dit tref, was dit net wit skuim en het ek gedink dat dit die rots se einde was. Maar as die water teruggetrek het, was die rots nog daar omdat dit deel van ʼn baie groter onderwater-rots was wat die geweld van die water buite sig gebreek het.
KRUISPAD...
... MAAK SEKER VAN JOU KEUSE
Hannes Ollewagen
Génesis 13:1-18
“Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.” (:10).
Ons sien in hierdie gedeelte hoe twee manne voor verskeie keuses te staan kom. Daar is dan ook tussen hierdie twee manne ‘n duidelike onderskeid in die beweegrede van die keuses wat hulle uiteindelik maak.
Abram maak die eerste keuse, nl. dat hy en Lot ter wille van vrede hul huishoudings en besittings van mekaar moet skei. Abram is sonder enige twyfel die ouer man en die “meerdere” in hierdie situasie en beklemtoon verder sy groter karakter deur vir Lot die geleentheid te bied om sy keuse van die land eerste uit te oefen.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (3)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
"Anthony Hamilton, wat deur Generaal Smuts uit die Britse Inligtingsdiens gewerf is, het onder Eric Louw en later onder dr. Hilgard Muller ver gevorder en het uiteindelik Ambassadeur vir Suid-Afrika in verskeie ander belangrike lande geword. (Smuts se betrokkenheid verklaar die hele situasie – so ver het sy aandeel gestrek tov die ondergang van Suid-Afrika)."
Aan die einde van die sestigerjare het Suid-Afrika maar net een-vyfde bestee van wat Italië en een-sesde van wat Japan per kapita aan hulle wêreldwye Inligtingsdienste gespandeer het!
In die Verenigde State, die een land waaraan Suid-Afrika se voorspoed gekoppel is, hetsy goed of sleg, en die een land wat Suid-Afrika kon maak of breek, het die Vorster-regering maar net .002 per kapita aan inligtingsdienste bestee. Gedurende daardie jare het blanke Suid-Afrikaners minder per kapita aan ons land se wêreldwye inligtingsdiens as die prys van 'n pakkie van 20 sigarette, of een bioskoopkaartjie, uitgegee. Van die regeringsbegroting was net 0,16 persent aan inligtingsdienste toegesê!
GOD HAAT OMKOPERY!
Ds Andrè van den Berg
“Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges” (Ex.23:8)
Omkopery en knoeiery rig ʼn land groter skade as oorlog aan. Ons land is geen uitsondering nie. Sommige mense kan soos voëls in die lug vlieg of soos visse onder die water swem. Ander kan selfs soos molle ondergronds beweeg. Tog sukkel baie mense om eerbaar bo-op die aarde te leef.
Oral hoor jy van mense wat skielik ryk word of poste beklee waarvoor hulle nie opgewasse is nie.
NET DIE WAARHEID
Geloftelander
DIE WAARHEIDSTRYDERS wil jou help om aan die hand van kort memorandums die waarheid van die leuen te onderskei. Wie die waarheid saai, oes sielerus.
Ons volk word al vir baie jare vanaf politieke podiums en kansels met leuens mislei. Leuens wat herhaal word, word maklik as waarhede aanvaar. Hiervoor is daar een teenmiddel – die waarheid. Gelowiges word aan ʼn liefde vir die waarheid gekenmerk.