Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God se seën en vaderlike guns glinster ook oor die voedsel wat Hy ons skenk. Hoewel sondevergifnis vir ons liggaam baie belangriker as voedsel is sluit Hy die seën op die gebruik van ons daaglikse brood in by sy genade.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (13)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
SAAM OP DIE LANG PAD
Fred Barnard
"Met my diensaanvaarding as privaat-sekretaris in 1952, is daar baie duidelik deur die Minister aan my uitgespel dat sy private uitgawes alles op sy private rekening geplaas moes word en nie op die staat se rekening nie. Wanneer fondse benodig word, sou die Minister dit uit sy eie sak voorsien." – 'n les vir regerings van vandag...
Mnr. J.F. Barnard was vir dertien jaar, van 1952 tot 1965, privaat sekretaris van dr. Verwoerd. Hierdie tydperk het hy ter boek gestaaf en kan gelees word by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd . Daarna was hy nege jaar lank ondersekretaris (Industriële Afdeling) van die Departement Beplanning. Hy het later as nywerheidskonsultant en eiendomsontwikkelaar opgetree. Sedert 1976 het hy sakeondernemings in Nelspruit bedryf en woon tans in Pretoria.
Ek het dramatiese tye saam met dr. Verwoerd beleef; naamlik die eerste aanslag op sy lewe en die Statebondskonferensie van 1961, maar wanneer ek vandag - na vyf en dertig jaar - terugdink aan daardie dertien onvergeetlike jare wat dit my voorreg was om hom as privaat sekretaris te dien, is dit veral die klein dingetjies wat vir my bo alles uittroon.
BRIEWE AAN CHARLES (11)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Die 1971-toer deur Australië
Beste Charles,
Ek wil nog vertel van die toer na Australië. Met ons aankoms in Perth vroegmôre, nadat baie ure met die tydsverskil êrens verlore geraak het, was ons almal baie moeg. Die oormaat wyn wat ons op die lang vlug geniet het, het sekerlik bygedra tot ons moegheid en ek was nie baie lus vir probleme nie.
In die ontvangsaal op die lughawe het 'n klomp manne met lang hare gestaan. Ek het weer beelde van ons aankoms in Engeland die vorige seisoen gesien. Oom Flappie Lochner, die bestuurder van die span, en Hannes Marais het nog mooi gepraat toe staan ek al voor die manne en wou net skoorsoek toe hulle bladsteek met die woorde: “Welcome to Australia." Dit was rugbymanne en hier het ek besef dat hare nie die man maak nie. Agter my het ek die lag van twee Springbokke saam met wie ek in Engeland was, gehoor: die giggel van Hannes Marais en die skaterlag van Frik du Preez.
AS 'N ENGEL VERVEER (15) (SLOT)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
DAWID SE LAASTE DAE
"Ek is bekommerd oor ons heer se gesondheid. Hy gaan merkbaar agteruit" sê Ammisaddai, die dokter wat na Dawid omsien.
"Ek is net so bekommerd. Hy is nie meer wat hy was nie. 'n Mens kan sien dat die ouderdom hom inhaal" stem Helon met die ou geneesheer saam.
"Toe hy vyf jaar gelede Jerusalem ná die beëindiging van die opstand binnegery het, was hy nog regop en vier. Kyk hom nou!" sê Ammisaddai en sug hoorbaar.
"Sal ek dit ooit vergeet!" beaam Helon.
"Hy kla gedurig dat sy voete koud bly. My geneesmiddels help nie meer nie" sê Ammisaddai mismoedig.
"Ek bid dat die Here hom nie van ons wegneem nie. Israel het hom nog so nodig" sê Helon bewoë.
"Ja, ek kan Israel nie sonder hom indink nie. Dawid is Israel en Israel is Dawid" sê Ammisaddai gedemp.
"Miskien moet ek 'n verpleegster kry om hom te versorg en ons op hoogte van sake hou" stel Helon voor.
KINDERS IN DIE BYBEL (14)
JOAS
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
JOAS het eintlik as ’n weeskind opgegroei. Sy vader Ahasia, koning van Juda, was ’n goddelose mens maar Joas was nog baie jonk toe hy gesterf het en daarom kon hy nie sy verderwende invloed ondervind nie. Toe sy vader sterf, het sy ouma, Atalia, besluit om die regeermag oor te neem. Om dit te kon doen, moes sy eers al haar kleinkinders doodmaak. Sy was ’n wrede ouma. Lees maar die geskiedenis in II Kronieke 22-24.
Maar die Here beskik dit so dat Joas gespaar bly omdat sy tante Josabat, hom geneem en weggesteek het. Dit klink nogal baie na die geskiedenis van Moses. Hierdie tante van hom was die vrou van die priester Jojada.
Hoewel Joas nie ’n moeder gehad het wat hom kon grootmaak nie, moes hy in die huis van sy oom en tante ’n goeie opvoeding kry.
KOM NA HOM TOE
Hannes Ollewagen
Matt. 11:25-30
Vers 30: “…want my juk is sag en my las is lig.”
In ‘n wêreld waarin dit soms moeilik voel om reg te doen, klink bogenoemde versie nie heeltemal van toepassing in die tydsbestek waarin ons leef nie. Wanneer ons heeltyd mense probeer behaag, sal dit nie vir ons na die waarheid voel nie. Wanneer ek egter aan God gehoorsaam is omdat ek Hom liefhet en te behaag, ongeag mense se reaksie en opinie, verander die situasie handomkeer.
In vers 25 praat Jesus eintlik namens elkeen van ons wat die Evangelie ontvang het. Ons moet saam met Christus vir God dank dat Hy die Evangelie aan ons, eenvoudige mense, gegee het. Hy het dit gedoen nie omdat daar enige verdienste van ons kant af is nie, maar bloot omdat dit sy welbehae was. Hoe maklik kon ek nie ingesluit gewees het by die groep mense vir wie hierdie dinge verborge is nie?
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (12)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
'N TERUGBLIK OP DR. VERWOERD
" 'Dr. Verwoerd het eerlikwaar gevrees dat die witman swartes sou uitbuit in gebiede soos Transkei... Dr. Verwoerd het absoluut nee gesê vir deelname...' (In die vorige aflewering is dr Verwoerd se redes hiervoor so verwoord: 'Ek het dit nie soseer teen Rupert se planne nie, maar as ek die Rembrandtgroep daar toelaat, watter morele reg het ek om ander soos Anglo American daar uit te hou? Veral die mynbougroepe het nie sulke edele motiewe nie en sal die tuislande se bates stroop. Dit kan baie maklik in neokolonialisme ontaard.' (Dr Verwoerd het geweet dat die geldmagbase niemand sou ontsien om hulself verder te verryk nie.)"
Prof. W.A. Kleynhans het bekendheid verwerf as politieke wetenskaplike. Hy was van 1950 tot 1986 by die Universiteit van Suid-Afrika dosent in staatsleer en publieke administrasie met besondere aandag aan politieke dinamika (politieke partye, algemene- en tussenverkiesings, verkiesingsuitslae en politieke gedrag). Tussen 1940 en 1955 was hy ook 'n aktiewe ingeskrewe lid van die Nasionale Party (NP) en bestuurslid van die Transvaalse Nasionale Party se jeugbeweging, die Nasionale Jeugbond (NJB) waar hy met baie van die NP se leiersfigure in aanraking gekom het.
Prof Kleynhans vertel:
AS 'N ENGEL VERVEER (14)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
BURGEROORLOG
Dawid was vir Batseba baie lief, so ook die vrug van haar skoot. Hierop was sy ander seuns baie jaloers en het geen geleentheid laat verbygaan om die klein Salomo af te knou nie. Dan het hy na sy pa gehardloop wat hom op sy skoot getel en liefderyk vertroos het.
Soos Salomo groter geword het, het die band tussen hom en sy vader al hegter geword. Hy het van jongs af in regspleging en landsake belanggestel en geniet om met buitelanders te gesels. Hulle kon oor die jong seun se sprankelende persoonlikheid en buitengewone intellek nie uitgepraat raak nie. Salomo het geen gelyke gehad nie.
Van die onderdane het later begin bespiegel dat Salomo sy vader as koning van Israel sou opvolg. Ander het dit weer as wensdenkery afgemaak en geglo dat dié eer Absalom, die oudste seun, sou toekom.
BRIEWE AAN CHARLES (10)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Dis nie krieket nie!
"Die kleedkamerbesoeke was vir my 'n wonderlike ondervinding. Peter en ek het groot vriende geword en dit was ook hy wat aan my die bynaam 'Spiekeries' gegee het. Ek is op heel sonderlinge wyse deur hom so gedoop. Wanneer ek begroet is met hulle bekende 'How are you?' het ek altyd geantwoord: 'Spiekeries, thank you. ' Op die derde dag van die toer het ons mekaar in die gang raakgeloop. Na die groetery vra hy so ewe vir my: 'What’s this SPEAK ENGLISH?' Ek beduie ek sê 'SPIEKERIES'. 'Now what the hell does that mean?' wou hy weet. "
Beste Charles,
Jy was ook maar soms ’n baie moedswillige ou duiwel, Charles. Ek het so lekker na jou geluister toe jy in die 63/64-seisoen die skittervertoning van Trevor Goddard se span in Australie beskryf het. Ek het die indruk gekry dat jy soms die ding ’n bietjie oordryf. Maar op die 2de Oktober 1964 het ek met my eie oe op die Wanderers in Johannesburg gesien hoekom jy so in vervoering oor die span geraak het.
Eers oor jou moedswilligheid. Die Afrikaanse Diens van Radio Suid-Afrika het nie ’n kommentator in Australië gehad nie.
SPREEK IN TALE...
...EG OF SELFBEDROG?
Ds AE van den Berg
1 Kor.12:12-31; 14:25
"Die spreek in tale staan nie toevallig laaste op die lys van gawes nie (1 Kor.12). Dit was die minste werd omdat dit slegs ʼn teken vir ongelowiges was. 'Die tale is dus nie ʼn teken vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges' (1 Kor.14:22). "
Die Charismatiese beweging lê sterk klem op die spreek in tale; die geestelike vermoë om in ʼn verrukking van sinne in ʼn nie-verstaanbare taal te kan praat. Dis vir hulle ʼn klinkklare bewys van die doop met die Heilige Gees, wat dit nie is nie. Dit het niks met die Heilige Gees te doen nie, maar is in werklikheid selfbedrog. Brabbeltaal is ʼn kenmerk van alle heidense misterie-godsdienste waardeur Satan ʼn vatkans kry (Efes.4:27).
Vir Charismate is die spreek in tale ʼn verruklike ervaring wat, so leer hulle, beleef moet word om te kan waardeer. Gevolglik plaas hulle ervaring bo die Skrif; een van die gevaarlikste dwalings wat begaan kan word! Gereformeerdes daarenteen plaas altyd die Skrif eerste. Alle ervarings word daaraan onderwerp. Indien ʼn ervaring nie met die Skrif ooreenstem nie, word dit daar gelaat.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (11)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
SO ONTHOU EK HOM
James Howell
"'Kyk,' het hy vir my gesê, 'ek het dit nie soseer teen Rupert se planne nie, maar as ek die Rembrandtgroep daar toelaat, watter morele reg het ek om ander soos Anglo American daar uit te hou? Veral die mynbougroepe het nie sulke edele motiewe nie en sal die tuislande se bates stroop. Dit kan baie maklik in neokolonialisme ontaard.' "
Dr. James Howell was dr. en mev. Verwoerd se tandarts vanaf 1953.
Hy het eers twee jaar onderwys gegee en daarna sy B.Ch.D.-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf (1952). Van 1964 tot 1973 het hy op die SA Geneeskundige en Tandheelkundige Raad gedien. Van 1984 tot 1991 was hy Voorsitter van die Raad van UR. In 1991 is 'n eredoktorsgraad en die Raadsmedalje deur sy alma mater aan hom toegeken. Hy het gedien op die direksies van Saambou, Perskor en Dagbreek Trust.
Dr Howell aan die woord:
IN DESEMBER 1964 het ek en my gesin 'n genoeglike vakansie op Bettysbaai deurgebring as gaste van doktor en mevrou Verwoerd in hulle strandhuis Blaas-'n-bietjie.
AS 'N ENGEL VERVEER (13)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
DAWID SE PLAN MISLUK
“Uria is hier soos wat u gevra het, my heer" sê Beganan en buig eerbiedig.
"Dankie, stuur hom in" sê Dawid opgewonde. .
Sy plan moet net werk!
"Ek is bly dat jy gekom het" groet Dawid vriendelik.
"Ek is tot u diens, my heer" sê Uria en buig eerbiedig.
"Jy wonder seker waarom ek jou paleis toe laat kom het?" vra Dawid.
Die Hetiet is middeljarig, blas en onaansienlik. Wat sou Batseba in hom gesien het? wonder Dawid.
"Ja, ek wonder, my heer" antwoord die Hetiet.
"Ek wil eersterangse inligting hê oor hoe dit op die slagveld gaan. My raadgewers sê vir my dat jy 'n dapper man is en lanklaas by jou huis was. As jy my klaar ingelig het, kan jy vir 'n paar dae huistoe gaan" sê Dawid.
NIE MEER SABOTASIE, MAAR OORLOG!
Die Johannesburgse stasiebom
Bram Fisher (Slot)
Lees reeks by BRAM FISCHER...
"In afsienbare tyd sal Suid-Afrika weer die kruheid en wreedaardige dade van die Kommunisme en sy terroristiese barbaarsheid beleef wat weer sal begin met gevegte onder sogenaamde 'comrades', waarvan die gevolge elkeen in die land ernstig sal raak."
Die onmenslike gebeure rondom die stasiebom kan beskou word as 'n intermezzo in die hoofdrama waarin die Kommunisme met Bram Fischer en sy 'comrades' die botoon gevoer het.
Tydens die Rivonia-verhoor waarin Mandela en sy mede-terroriste verhoor is, is 'n opdrag uit die binnekring van die ANC/SAKP-alliansie na buite gestuur met die strekking dat tot tyd en wyl die verhoor afgehandel sou wees, geen sabotasiedade gepleeg moes word nie, klaarblyklik omdat gemeen is dat sodanige dade die beskuldigdes se saak sou benadeel. Hierdie opdrag is nagekom, want terwyl die verhoor aan die gang was, was daar relatiewe stilte op die veiligheidsterrein. Hierdie stilte sou egter nie lank duur nadat die verhoor op 12 Julie 1964 ten einde geloop het nie.
Op Vrydag 24 Julie 1964 het daar 'n karnavalatmosfeer in Johannesburg geheers — 'n atmosfeer wat net deur 'n rugbytoets geskep kon word. Die Springbokke sou die volgende dag op Springs teen die Franse Hane speel en die Goudstad het gewemel van mense van oral in die land. In daardie jare is daar op groot skaal van spoorwegvervoer gebruik gemaak en veral die Johannesburgse stasie was besonder bedrywig.
AS 'N ENGEL VERVEER (12)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
BATSEBA
"Ek het 'n harde dag agter die rug en gaan 'n bietjie op die dak asem skep" sê Dawid vir Malag.
"Ek sal sorg dat my heer nie gesteur word nie" sê die paleissekretaris simpatiek.
Nadat Kotemas tydens die bewind van Isboset van verraad aangekla en sonder verhoor terreggestel is, het sy seun Malag na Hebron gevlug en hom by die huis van Dawid aangesluit. Dawid kon vir geen beter administratiewe amptenaar gevra het nie. Malag het geen gelyke gehad nie.
Wanneer Dawid op die paleisdak staan, gaan die son net onder. Hy tuur oor die Kedronvallei voor hom. Die olyfpers is stil en die heuwel in skaduwee gehul. Die vreedsaamheid van die toneel is salf vir sy onrustige gemoed. Hy is geestelik redelik uitgeput.
Dan trek iets sy aandag. Nie ver vandaar is 'n jong vrou besig om in haar agterplaas te bad, onbewus daarvan dat iemand haar kan sien.
Haar nakende lyf vervul Dawid met wellus.
“Ek wonder wie is sy?” dink hy by homself. “Ek moet net weet!"
BRAM FISCHER... (4)
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Lees reeks by BRAM FISCHER...
Fischer se finale verhoor
In Clingman se werk word Fischer geprojekteer as 'n beteuterde, gefrustreerde, platsakmannetjie wat deur sy kamerade wat knus in Londen weggekruip het, versaak is en wat, versteek agter 'n mombakkies, en met hoofsaaklik die bystand van 'n groepie bang vrouens (teen die einde het hy dit selfs oorweeg om sy dogter, Ilse, deeglik bewus van die gevare wat dit vir haar sou inhou, te betrek as lid van die Sentrale Komitee van die party), probeer het om die Kommunistiese Party weer in Suid-Afrika op dreef te kry. 'n Patetiese prentjie, om die minste daarvan te sê.
Volgens Pike se boek, daarenteen, is Fischer deur die polisie, wat tot op die datum van sy herarrestasie bykans 'n volle jaar regdeur die land na hom gesoek het, steeds beskou as die gevaarlike Kommunis wat die vermoë gehad het om die regering met wapengeweld te laat oorneem.
KINDERS IN DIE BYBEL (13)
ABSALOM
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
ABSALOM se vader het nie baie tyd tot sy beskikking gehad om aandag aan sy opvoeding te bestee nie.
Sy vader Dawid was ’n baie besige man. Net so besig soos party van die besigheidsmense vandag wat gedurig van die huis weg is met vergaderings en byeenkomste. Dawid het baie hooi op sy vurk gehad want hy moes baie oorloë voer. Partykeer was hyself die aanvoerder en soms sy kommandant-generaal Joab. Want hy moes sy ryk versterk en verstewig teen die aanvalle van buite. Veral die Filistyne, Israel se aartsvyande, moes op hulle plek gesit word.
In daardie tyd het elke man ook nie maar net een vrou gehad nie. Dawid self het ’n hele klomp gehad.
GELOOFS- GENESING
Ds AE van den Berg
" Charismate leer dat pyn en lyding uit die bose is en dat God gelowiges gesond wil hê. Dis nie wat die Skrif leer nie! Gelowiges is ook aan die gevolge van sonde onderworpe. Geloofsgenesing was geensins bedoel om gelowiges gesond te hou nie, maar om ongelowiges van die goddelike waarheid van die Evangelie te oortuig. Daar is geen Bybelse grond om te glo dat God elke gelowige gesond wil maak nie. Ons kan slegs tot Hom bid. Charismate beskuldig siekes wat nie gesond word nie dikwels van sonde wat nog nie bely is nie."
1. Absurd
Charismate heg groot waarde aan sg. geloofsgenesing. In Amerika is daar selfs charismatiese bewegings wat mense ontmoedig om van die mediese wetenskap gebruik te maak. Hulle beskou dit as ʼn voortsetting van heksery en duiwelskuns. Wie dus ʼn dokter te besoek, stel homself aan demoniese invloede bloot.
Alhoewel baie Charismate nie hierdie siening huldig nie, is baie van hulle skepties oor die mediese wetenskap en vertrou eerder geloofsgenesers.
Talle Charismate is al oorlede omdat hulle nie mediese sorg verkry het nie, selfs geloofsgenesers soos William Branham, Kathryn Kuhlman en Hobart Freeman. So ook Ruth Stapleton, ‘n suster van oud-president Jimmy Carter.
Charismate sê dat God alle siekes wil genees. Dit staan nêrens in die Bybel nie. Hulle verbind siekte verkeerdelik met sonde.
GOD SE BELOFTES
Hannes Ollewagen
Jes. 62:1-12
Vers 6&7: “…O Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes – moenie rus nie en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ‘n lof op aarde!”
Om moedeloos te raak, is menslik. Dit is egter bitter belangrik om te waak daarteen dat moedeloosheid nie lei tot ongeloof nie, want laasgenoemde is sonde! In Hebreërs lees ons dat dit onmoontlik is om God te behaag sonder geloof.
Geloof is veronderstel om die anker van elke gereformeerde Boere-Afrikaner mens se lewe te wees. Dit laat ons hoop op ‘n toekoms terwyl die hede rondom ons stikdonker is. Dit laat ons vashou aan God se beloftes in tye van nood en beproewing. Dit is egter nie genoeg om net daaraan vas te hou en daarvan bewus te wees nie. Ons lees in hierdie gedeelte dat ons ook aktief moet wees en God moet herinner aan sy beloftes.
BRAM FISCHER... (3)
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Lees reeks by BRAM FISCHER...
Fischer se verdere lotgevalle
Fischer se besluit om tydens sy verhoor te verdwyn en ondergronds te gaan, was nog 'n bewys van die ongelooflike mate van fanatisme wat die Kommunistiese ideologie by sommige Kommuniste gewek het. Fischer se kamerade was op daardie tydstip of in die tronk, sommige in die buiteland waarheen hulle gevlug en in veiligheid weggekruip het. Bowendien het die veiligheidspolisie en die ander instrumente wat deur die staat ontwikkel is om ondermyners op te spoor so formidabel geword dat dit bykans onmoontlik geraak het vir Kommuniste in Suid-Afrika om die regering omver te werp. Niemand met Fischer se verstand en insig sou dan ook in hierdie omstandighede gereken het dat hy daarin sou slaag om die SAKP spoedig weer lewensvatbaar te maak nie. Tog het Fischer gemeen hy kon dit doen — en dit kan net toegeskryf word aan die onverklaarbare houvas wat Kommunisme op party van sy aanhangers gehad het.
Fischer het met die samewerking van sy ondersteuners sy verdwyning deeglik beplan. Sy heel eerste mikpunt was om sy voorkoms so te laat verander dat mense hom nie sou herken nie.
AS 'N ENGEL VERVEER (11)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
DAWID WORD KONING
Ná die dood van Saul het die stam van Juda vir Dawid koning gemaak en hom in Hebron laat woon. Ten spyte van talle pogings om die res van Israel onder hom saam te snoer, het Saul se ondersteuners Isboset, een van sy seuns, koning oor die res van Israel gemaak. Burgeroorlog was onafwendbaar en sou sewe jaar duur en duisende lewens eis.
Isboset se koningskap was vir sy onderdane 'n groot verleentheid. Sy skaamtelose, lafhartige optrede het mense dwars in die krop gesteek. Daarby het hy niks van landsbestuur geweet of na goeie raad geluister nie. Isboset het sy eie kop gevolg waarna baie van Saul se eertydse ondersteuners Dawid in die geheim begin ondersteun het.
Namate die huis van Israel verval het, het die huis van Dawid weer van krag tot krag gegaan.
INTEGRITEIT WORD INGEBORE
Almal is al amper tot vervelens toe ingelig oor Zuma, die ANC-president en sy kabinet se spandering aan persoonlike bevoordeling waaronder Nkandla, sy persoonlike woning in Natal waaraan miljoene rand onregmatig bestee is.
Natuurlik het dit alles met integriteit te make, 'n begrip wat net in sekere volke se gene sigbaar is. Dit is ook 'n begrip wat in die hande van invloedryke persone met groot verantwoordelikheid tot uitvoer gebring moet word om skandes en skades te voorkom.
Hiervan is daar 'n pragtige voorbeeld in die tyd toe dr HF Verwoerd Eerste Minister van Suid-Afrika was, en 'n onbevlekte aanduiding van waarom hy die land in so 'n kort tydjie tot een van die mees vooruitstrewende lande ter wêreld kon ontwikkel.
Dr Verwoerd was streng wat staatsfinansies betref het. Hy sou sy eie en kabinetslede se gerief op die agtergrond plaas wanneer dit by spandering van belastingbetalersfondse gekom het. So 'n voorbeeld is die keer toe die Groote Schuur-woning waarin hy gewoon het, se dak gelek het.