NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Martin Luther het by geleentheid gesê dit is die allerbeste teken wanneer as antwoord op ons gebede, skynbaar die teenoorgestelde gebeur. Net soos dit ook geen goeie teken is as in antwoord op ons gebede alles na wense verloop nie. Daarom gaan God teen ons gedagtes in sodat dit lyk of Hy ná ons gebede nog meer toornig op ons is as voor ons gebede. Dit doen Hy alles slegs omdat dit in sy aard is om eers tot niet te maak wat in ons is voordat Hy ons sy gawes skenk.

MODDER, BLOED, EN BAIE MOED

15 JULIE – 100-JARIGE HERDENKING VAN DELVILLEBOS

Die herdenking van die Slag van Delvillebos, presies 100 jaar gelede, het 'n paar dae gelede plaasgevind met 'n somber, waardige plegtigheid by die militêre monument buite die dorpie Longueval in die noorde van Frankryk. 

Waarvoor het die 2 536 Suid-Afrikaners in Delvillebos gesterf?

Gelofteland het die afgelope tyd heelwat aandag geskenk aan die Rebellie van 1914-15 toe genl. Jan Smuts en Louis Botha slegs 11 jaar ná die Tweede Vryheidsoorlog groot verdeeldheid in Afrikanergeledere gebring het.  Ons land was steeds in armoede gedompel na die Drie-jarige oorlog en was nie gereed vir nog so 'n verwoesting nie.  Nog het Smuts, 'n vertroude Sionistiese ondersteuner,  en Botha nie toegegee aan die weerstand wat daar onder Afrikaners was om nie aan die Engelse se oorlog teen die Duitsers mee te doen nie.  Genl De Wet, Beyers, Maritz en De la Rey het groot weerstand daarteen gebied maar Smuts en Botha was ongenaakbaar in hul hebsug na eer komende van Brittanje. Hulle was eerder bereid om met bedrog en vuilspel dapper Afrikanerleiers om die lewe te bring, vir hoogverraad aan te kla en in tronke aan te hou as wat hulle hul meesters in Brittanje teleur sou stel. Die besluit om saam met Engeland teen Duitsland te veg is op Afrikanerseuns en –manne afforseer; daarom het nog 2 536 in Delvillebos gesterf.

Die historikus, dr Leopold Scholtz, vertel meer daaroor:

Delvillebos. Dié naam is ingegrif in die bewussyn van byna elkeen wat al ooit ’n Suid-Afrikaanse militêre uniform gedra het.

Die brigade wat Delvillebos op die oggend van 15 Julie 1916 binnegegaan het, was sowat 3 000 man sterk. Toe hulle vyf dae later deur vars troepe afgelos word, was slegs 3 offisiere en 140 man nog – na liggaam, maar ongetwyfeld nie na gees nie – ongeskonde.

Maar hulle het gedoen wat hulle gevra was, ondanks die verskriklikste aanslae wat die Duitsers teen hulle geslinger het.

Dat hulle dapper was, kan niemand betwis nie. Dat hulle hulself met eer oorlaai het, kan niemand ontken nie. Ook nie dat hulle op persoonlike vlak ’n voorbeeld was vir elke Suid-Afrikaanse soldaat wat daarna in bloedige gevegte betrokke was nie.

Maar was hul opoffering sinvol? Die antwoord hierop kan slegs gegee word as ons die volledige konteks skilder van die breër verloop van die oorlog en veldtog, waarvan die Slag van Delvillebos eintlik maar ’n klein, relatief onbelangrike onderdeel was.

Teen Julie 1916 was die Eerste Wêreldoorlog al byna twee jaar aan die gang. Wat begin het as ’n vinnige bewegingsoorlog, het egter binne enkele maande ontaard in ’n statiese stellingoorlog, met lang loopgraaflinies teenoor mekaar.

Dit het albei kante beweeg tot dom, massale frontaanvalle op goed voorbereide verdedigingslinies, sonder enige poging om intelligent te maneuvreer, sonder om die vyand onkant te vang of om hom op sy swak plekke aan te durf. Vroeër in 1916 het die Duitsers die Franse by Verdun aangeval, swaar verliese gely, en feitlik geen vordering gemaak nie.

Deels om die druk op Verdun te verlig, het die Britte besluit om ’n offensief verder wes by die Somme teen die Duitsers te begin. Dit het op 1 Julie 1916 met ongelooflike bloedvergieting begin soos die aanvallers in hul duisende deur die Duitse masjiengewere in rye afgemaai is. Op dié dag alleen het die Britte ’n skrikwekkende 57 470 man dood en gewond verloor, van wie 19 240 gesneuwel het.

In die Britse gevegsorde was ook ’n Suid-Afrikaanse infanteriebrigade (met drie bataljons) onder die leiding van brig.genl. Tim Lukin as deel van 9 Skotse Divisie, laasgenoemde onder die bevel van genl.maj. W.T. Furse.

Die Suid-Afrikaanse brigade in Frankryk was daar op aandrang van die land se eerste minister, genl. Louis Botha, kragtig gesteun deur genl. Jan Smuts.

Smuts was die groot dryfkrag agter Suid-Afrika se deelname aan die oorlog aan Brittanje se kant.

Dit maak die verliese van Julie 1916 dubbel wrang. Maar laat ons die mense vir hul dapperheid onthou.

Sy oorkoepelende doel, sterk vereenvoudig, was om die nuwe Unie van Suid-Afrika (wat pas in 1910 tot stand gekom het) op die wêreldkaart te plaas as ’n belangrike Afrika-moondheid wat nie geïgnoreer kan word nie.

Dít was die basiese rede waarom die pas opgerigte Unie-Verdedigingsmag Duits-Suidwes-Afrika (vandag Namibië) binnegeval en beset het, en waarom Suid-Afrikaanse troepe ook die hoofrol in die veldtog in Duits-Oos-Afrika (deesdae Tanzanië) gespeel het.

Maar dié teaters was in die oorlog se breër verband van sekondêre belang. Die belangrikste slagvelde was in Frankryk, en ter wille van Suid-Afrika se internasionale politieke geloofwaardigheid het Botha en Smuts geoordeel dat die land ook daar militêr aanwesig moes wees.

Die rampspoedige aanval van 1 Julie 1916 het net op die Britse regterflank beperkte sukses gehad. Dit het die Britse bevelhebber, genl. Douglas Haig, laat besluit om dit uit te buit.

Dus het hy sy reserwes, waaronder 9 Skotse Divisie (en dus ook 1 SA Infanteriebrigade) in die stryd geslinger om die dorpie Longueval en Delvillebos te beset.

Die Slag van Delvillebos het om dagbreek op 14 Julie begin toe die ander twee brigades in die divisie die Duitse verdedigingslinies aangeval het. Hulle het die Duitsers verras en die voorste linies is gou ingeneem.

Maar, taai soos die Duitsers is, het hulle vinnig herstel, en ’n titaniese geveg was die gevolg. Net ná middagete het genl. maj. Furse die Suid-Afrikaners ingestuur. Hul opdrag: Verower Delvillebos!

Onder die regstreekse bevel van lt.kol. William Tanner het die drie Suid-Afrikaanse bataljons vroeg die oggend van 15 Julie op die Duitsers afgestorm. Die gevolg was ’n uitgerekte geveg waartydens die Suid-Afrikaners met bloed vir elke tree terreinwins moes betaal.

Herhaalde aanvalle en Duitse teenaanvalle het daarop uitgeloop dat die Suid-Afrikaners die grootste deel van die bos beset het, maar ’n deel het in Duitse hande gebly.

Maar die Suid-Afrikaners se posisie was wanhopig en takties uiters wankelrig. Hul linies het soos ’n yslike ballon in Duits-besette gebied ingedring.

Hulle is dus van drie kante deur die Duitsers omsingel, met slegs ’n relatief smal korridor wat hulle met Geallieerde grondgebied verbind het.

’n Slegter posisie kan ’n mens jou amper nie indink nie, want die Duitsers kon hulle van drie kante bestook. Bowendien was die afvoer van gewondes en die aanvoer van voorraad feitlik onmoontlik.

Maar die soldate het opdrag gekry om die bos teen elke prys te behou. Hulle mog geen millimeter wyk nie.

In die dae wat hierop gevolg het, is die Suid-Afrikaners onderwerp aan ’n ongelooflike reeks artillerie-bombardemente en infanterie-aanvalle. Sonder noemenswaardige versterking het die Suid-Afrikaanse kragte steeds verder afgeneem namate soldate gesneuwel of gewond is.

Volgens die Suid-Afrikaanse krygshistorikus Ian Uys, wat die veldslag uitvoerig beskryf het, het lt.kol E.F. Thackeray, bevelvoerder van een van die bataljons, op 20 Julie ’n desperate nota aan Lukin gestuur:

“Urgent. My men are on their last legs. I cannot keep some of them awake. They drop with their rifles in hand asleep in spite of heavy shelling. We are expecting an attack. Even that cannot keep some of them from dropping down. Food and water has not reached us for two days – though we have managed on rations of those killed . . . but must have water . . . Please relieve these men today with-out fail as I fear they have come to the end of their endurance.”

Later dié dag het versterkings uiteindelik opgedaag om die Suid-Afrikaners af te los. Net ’n fraksie van dié wat die geveg begin het, kon nog op hul voete staan. Maar hulle het die hel oorleef en gehou.

Die Suid-Afrikaners het die bos nooit heeltemal verower nie. Ook die Duitse weerstand was dapper en uiters hardnekkig. Die laaste Duitsers is eers op 25 Augustus uit Delvillebos verdryf.

Die Slag van Delvillebos, die ondenkbare swaarkry van die soldate en die vasberadenheid en moed wat hulle aan die dag gelê het, het ’n ware legende in die Suid-Afrikaanse krygsgeskiedenis geword. Selfs teenstanders van die Suid-Afrikaanse deelname aan die oorlog in die nuut gestigte Nasionale Party is, sy dit enigsins onwillig, hulde aan die soldate gebring.

Volgens die historikus Ian van der Waag het Delvillebos baie gedoen om die diep verdeelde wit Suid-Afrikaanse bevolking te wys dat ’n gesamentlike oorkoepelende identiteit moontlik was.

Ná die oorlog het die Suid-Afrikaanse politikus sir Percy Fitzpatrick Delvillebos vir een frank van die Franse staat gekoop en aan sy eie land se regering geskenk. In 1921 is begin met die beplanning van ’n monument daar om die gesneuweldes te gedenk.

Die monument is in Oktober 1926 deur die destydse premier, genl. J.B.M. Hertzog, onthul en is deur die bekende argitek sir Herbert Baker ontwerp. Baker self,  Fitzpatrick, genl. Haig, en die weduwees van genls. Louis Botha en Tim Lukin was ook teenwoordig. ’n Replika staan voor die Uniegebou in Pretoria en in die Kompanjiestuin in Kaapstad.

Op die boog van die monument staan dié inskripsie (dis ook in Engels): “Aan die onsterflike Suid-Afrikaners wat op die slagvelde van Afrika, Asië en Europa en op see die Groot Offer op die Altaar van Plig gelê het, is hierdie Gedenkteken deur hul landgenote in trotse dankbaarheid en herinnering gewy.”

In die sentrum, bo-oor die boë, staan: “Vir ons is hul ideaal ’n erfenis/ hul offer ’n besieling”. Dáárbo is die Franse woorde
“Aux Morts” (“Aan die dooies”).

Op die koepel is ’n beeldhouwerk van die antieke mitiese figure Castor en Pollux wat mekaar met hande van vriendskap bo-oor ’n perd se rug groet. Hulle simboliseer die eenheid van Afrikaners en Engelse Suid-Afrikaners.

Ná die veldslag het slegs één boom nog gestaan. Die bos is intussen herplant en dien in sy geheel as oorlogsmonument.

Waarvoor het die 2 536 Suid-Afrikaners in Delvillebos gesterf?

Aan die een kant was hul offer vergeefs. Uys haal ’n verslag aan van Thackeray ná die geveg:

“It is virtually the unanimous opinion of military authorities that the losses incurred by the South African Infantry Brigade at Delville Wood were indeed in vain. The most costly defence of the Wood served no strategic purpose whatsoever. Ultimately, the most fitting epitaph to the struggle of Delville Wood is contained in the words of John Buchan, who stated that ‘It was an epoch of terror and glory scarcely equalled in the campaign’.”

Dit maak die verliese van Julie 1916 dubbel wrang. Maar terwyl ’n mens dit, as jy eerlik is, moet erken, is ’n ander waarneming ewe geldig: Laat ons die mense vir hul dapperheid onthou.

Saluut!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1809 gaste aanlyn