NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In plaas daarvan dat ons God vra watter planne en werk ons moet doen sodat Hy dit in alle geval sou seën, vra ons nou sy seën op ons planne wat ons self gemaak het en ons alleen-gekose werk. Geen wonder dit gaan so sleg met so baie Christene nie.

BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (9)

As die regering 'n wetsoortreder word, kweek dit minagting vir die wet; dit nooi elke mens uit om 'n wet vir homself te word; dit nooi anargie uit. - Regter Louis Brandeis

Nie net het die ANC-regering 'n wetsoortreder geword nie, dit het net so boefagtig opgetree soos dit nog altyd gedoen het. Heel openlik so. Ons presidensiële verkiesings het niks meer as 'n kriminele opvolgparade geword nie. Die wet is nie bloot oortree nie, nee, dit is verdraai tot die punt waar moord, chaos en die slagting van onskuldiges gevier word. Die dronk massas neem deel aan die pantomime van verkiesings om 'n vernis van wettigheid aan die anargie binne ons poorte te gee.

Betree die regverdige man, die man van God, die man wat net uitgelaat wou word. Hy het op die rand van hierdie waansin gestaan, en dit lyk asof hy 'n diaspora diep binne homself geneem het, maar moenie mislei word nie. Hy lyk asof hy hom net sy eie sake bemoei, maar hy kyk van buite na binne, bereken, analiseer, geduldig kurweballe van kwaadwilligheid afweer. Hy is die man in die donker hoek, die man wat nie daar was nie. Maar moenie deur voorkoms mislei word nie. Selfs wanneer hy loop, gee die voël die indruk van vlug. Dieselfde geld vir die oënskynlik kalm man. Onder die oppervlak skuil 'n barbaarse man, nie gedryf deur haat nie, maar deur sy liefde vir God, familie en vriendelikheid. Wanneer die barbaar uit die dieptes opstyg, sal die kalm, gehoorsame man sterf, om vervang te word deur 'n man van geen genade nie, 'n man wat sy gewelddadige self sal omhels en doof sal wees vir pleidooie om genade. Die uur kom, die man kom. Die dronk dwase sal verstom staan oor sy dade en as hulle geluk oorleef, sal hulle ewig geteister word deur die dade van die eens kalm man, wat met groot terughoudendheid gewag en gekyk het.

Ek sal nie gehoor gee nie, ek sal nie buig voor die vervloekte verskaffers van dood en vernietiging nie, want ek weet wie hulle vader is. Tussen my saad en hulle saad sal daar vyandigheid wees soos deur my God bepaal.

Ek is die man wat net in vrede wou leef.

*

Wanneer bose mense kwaad word, kan dit slegte gevolge afgee. Hulle word nie teruggehou deur hulle gewete, hulle oordeel en dikwels die vrees vir vervolging nie, want indien hulle uitgevang word, gee hulle nie werklik om vir skade aan hulle reputasie nie, indien daar ooit so iets sou wees.

In die meeste gevalle laat die gewone man hulle maar begaan, bloot omdat hulle nie betrokke wil raak by iets vuil nie. Indien die owerhede sulke mense vervolg, is dit baie goed. Indien nie, sal daar vir ‘n ruk lank iets soos woede wees, ‘n klomp irritasie met die mense wat die orde en veiligheid moet oppas, maar dit waai gou weer verby.

Indien onbeperk, sal boosheid van sleg tot erger gaan. Dit is die wese daarvan. Dit slurp alles wat goed en mooi is op sy pas weerskante toe en op. Wanneer boosheid van bo af kom, wentel dit baie vinnig na onder en dit kom soms voor asof dit onstuitbaar is.

Wetsgehoorsame burgers verstaan dikwels nie die pad van boosheid nie. Hulle kan hulleself nie daarmee versoen nie en staan eerder op ‘n afstand en beskryf die probleem objektief. Dis onverstaanbaar by hulle dat daar so iets kan wees as ‘n afwesigheid van gewete. Die ongehoorsame het geen probleem daarmee nie.

Tog, ten spyte hiervan, is die vermoë van die bose beperk, nie omdat dit sekere perke nie wil oorskry nie, maar weens die blote feit dat boosheid die uitvloeisel van korruptheid is en hierdie vrot maak dit uiteindelik beperkend. Vrot val uiteindelik uitmekaar.

Die teenoorgestelde is waar van gehoorsame, vredeliewende mense, wat hard werk om van die samelewing ‘n beter plek te maak. Dit is die kantoorwerkers wat soggens skeer, skoon aantrek, betyds die kinders by die skool besorg en betyds op kantoor is. Die baas hoef in werklikheid nie oor hulle skouer te loer nie, want saam met behoorlikheid kom werksetiek.

Dit is die onderwyser wat tot laat nag boeke, toetse en eksamens merk, wat behoorlik voorberei en probeer om die kinders in hulle sorg as ewe ordentlike medemense op te voed.

Dit is die plaasboere wat van voor dagbreek werk, wat die trekker kan heelmaak, die stalle skoonhou, die koeie melk en die hekke en heinings sterk hou. Dit is hulle wat soggens die dag begin met gebed en Skriflees, omdat hulle besef hul boerdery is afhanklik van die guns en genade van die Here.

Daar is die eerlike polisiemanne, waarvan daar steeds is, wat trots is op hulle uniform, wat langer ure werk as wat verwag word, wat misdadigers en klaers met ewe veel menslikheid behandel. Wat weet wanneer om te laat gaan en wanneer om aan te keer.

Daar is ook die fabriekswerker wat lang ure voor ‘n draaibank of freesmasjien staan, al pyn sy of haar voete vir die laaste paar ure van die skof.

Dieselfde met die kleinsake-eienaar wat elke dag kliënte met vriendelikheid begroet, ten spyte van norsheid en onnodige klagtes. Wat elke die dag se verkope nagaan en soms vir ure wakker lê omdat besigheid nie goed is nie.

Wanneer hierdie mense egter hulle vredeliewenheidsbaadjie uittrek, is daar rede vir bekommernis.

Die kantoorwerker sal, omdat hy bloot mens is, nadat hy vir die soveelste maal oor die hoof gesien is, net omdat sy velkleur verkeerd is, hy misbruik word omdat hy bekwaam is, nie sy bonus kry nie, omdat sy medewerkers nie hulle kant gebring het nie, die direkteure slegte besluite neem en geld mors, op ‘n oggend net te veel hooi op sy rug hê en die laaste strooitjie, sy kind word geboelie by die skool omdat hy of sy dieselfde waardes as hulle pa het. Dan word muis kat en kloue komuit.

Die onderwyser wat die swak dissipline van die ongepoetste kinders opvreet, dag na dag, wat sien wat hy gedroom het, ‘n nagmerrie word, sal een oggend deur ‘n skoolseun gestamp word en hy gaan terugstamp. Dissiplinêre stappe sal volg en gedurende die tyd van sy skorsing vat hy sy .22 en gaan skiet skyf, net om sy frustrasies uit te leef. Maar wanneer hy by die huis kom, maak hy ook sy jaggeweer skoon.

Die plaasboer wat vroegoggend geroep word, en gaan kyk hoe sy stoetkoeie in ‘n sloot lê, nadat die veestropers hulle bloot keel-af gesny het, die keurigste snitte uitgesny het en die res van die karkas net daar in die veld gelaat het. Hy sal selfs spoorsny en die skuldiges uitken, net om te sien hulle word “weens gebrek aan bewyse” – al is die vleis by hulle gekry en die polisiemanne dit eerder opgeëet het as om te gebruik in die vervolging – besluit om volgende keer reg in eie hande te neem. En weer, sal dit gebeur.

Die polisieman sal sien dat sy juniors, wat hy self opgelei het, senior offisiere word binne ‘n paar kort maande en hy bly in sy onderoffiesiersrang. Op ‘n dag gebeur dit dat een van hierdie onbekwame, maar senior-rang offisiere op hom skreeu en ‘n druppel spoeg land op sy wang...

Die fabriekswerker word oor die hoof gesien vir bevordering en sy kind val, breek haar been, maar die fabriek het nooit sy mediesefonds-bydrae oorbetaal nie. Die kind word oorgeskuif na ‘n wanfunksionerende hospitaal, waar sy weens sepsis sterf. Sy baas weet nie hy is ‘n opgeleide skerpskutter nie.

Die besigheidseienaar se winkel of werkswinkel gaan onder omdat hy nie “beskerming” wil betaal aan die dorpsboelies nie. Hy omskep sy kruiptrekker in ‘n pantservoertuig.

Dis die gesinsman wat hard werk tydens die week, om naweke met sy mense te wees, wat sy kinders behoorlik opvoed, hulle Sondae kerk en Sondagskool toe vat, en een maal ‘n jaar vir twee weke die karavaan agter sy bakkie haak. Almal het al vergeet dat hy destyds ‘n spes-magte of taakspan-lid was en die geweld verruil het vir vrede, wie se gesin een aand aangeval word in hulle beddens. Nie almal in die gesin oorleef nie, maar hy wel.

Ja, wanneer die bose mense geweld en misdaad aanhits, kan hulle gekeer word deur goeie mense wat hulleself, familie en eiendom moet beskerm, soos in Julie 2021 gebeur het in Natal. Maar wanneer die vredeliewende, Godvresende, goeie man die einde van sy tou bereik het, is dit iets vreesaanjaend.

*

Dit gaan makliker terug deur die vlei, wanneer hulle in hulle eie spore ry en dit bied nie probleme nie. Siende dat hulle reeds op grondpaaie beweeg en daar baie min verkeer is, nie karre, bakkies of mense wat loop nie, besluit hulle om sover moontlik daarop te bly. Wanneer die rigting vaag word, sal Darius stilhou en die ander vra wat hulle dink. Die Nissan het ‘n ingeboude kompas bokant sy windskerm en hulle hou sover moontlik in ‘n suid-westelike rigting.

Robyn ontspan algaande en sy glimlag selfs wanneer Darius een van sy droë opmerkings maak of een van sy meer donker grappe vertel. Elke aand maak hy versigtig die wond skoon en is verbaas oor hoe vinnig sy herstel. Die sny het ‘n kors gevorm, later ‘n roof en daar is geen teken van ontsteking nie. Na daardie eerste traumatiese dag en aand, slaap hulle langs mekaar, maar elkeen in sy eie beddegoed.

Die res van die geselskap sien iets is besig om te ontvou, en wanneer een van die meer nuwe lede ‘n terloopse opmerking maak oor die ouderdomsverskil, vat beide Arno en Maya hom vinnig, doeltreffend, maar saggies vas.

Uiteindelik, na baie swaaie en draaie, wat beteken dat hulle hier en daar hulleself vasgeloop het en moes omdraai, bereik hulle, half onverwags, die dorp langs die Oranjerivier, Upington. Hier kan hulle, tot elkeen se verligting, kos en brandstof aanvul. Daar is vir hulle plek in ‘n gastehuis en dis baie aangenaam om weer in ‘n bed te slaap. Hulle klere word gewas en die voertuie word nagegaan.

Twee dae later kan hulle weer in die pad val. Skeermes, Mya en Arno het nie lank gelede nie, ook hiervandaan na die Noord-Kaap gereis en hulle weet waar om heen te gaan. Die pad deur die woestyn was weereens ‘n belewenis.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3009 gaste aanlyn