Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons sê dikwels ons het nie tyd gehad nie; jammer, ek kon dit of dat nie ook nog inpas nie. God het ons AL die tyd van ons lewe gegee, ure, dae, jare, alles om tot ons beskikking te vul. Bring jou tyd na Hom toe, en Hy sal sorg dat jy dit reg gebruik.
DIE WAPENSKOUE
ONS BOEREVOLK DESTYDS
(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds)
Die seuns van elf of twaalf jaar het al met die geweer kon omgaan.
Hulle het nie eers geleer skiet as hulle sestien of agtien jaar oud was nie. Die meeste seuns het al op die leeftyd van elf of twaalf jaar hulle eerste wildsvleis huistoe gedra. Soms het hulle die kruit en lood in die hande gekry sonder dat die pa geweet het hoe hulle daaraan kom, maar hulle het dit gekry en geleer skiet onderwyl hulle baie jonk was.
Die pa’s wat wou hê dat hulle seuns eersteklas skuts word, het vir hulle ‘n klein geweertjie gekoop Hierdie klein geweertjie was nog swaarder as ons Lee-Metfords of Mausers, want hierdie geweertjie het met koeëls geskiet wat twaalf op ‘n pond geweeg het.
NIEU-SEELAND - WANNEER SA?
AARDSKUDDINGS OOR DIE WÊRELD NEEM SPORADIES TOE
Jeanette Koekemoer
"Ons moet in gedagte hou dat die kragtige Hirosjimabom maar 'n lesing van 6 op die Richterskaal gemeet het, dus was die 6,3 aardbewing in Ceres in die Kaap in 1969 nog kragtiger."
Maar gistermiddag het daar weer 'n aardskudding van 6,3 plaasgevind, dus ,3 kragtiger as die destydse Hirosjimabom, minstens 65 mense gedood en honderde vasgekeer in die puin van geboue in Christchurch, 'n Nieu-Seelandse stad. Die aardbewing was slegs 5 km ondergronds en die Christchurch Cathedral in die middestad het heeltemal in die slag gebly, asook talle ander groot geboue wat inmekaargestort het. Naskokke bemoeilik tans die reddingswerk.
Aardbewings is sporadies besig om dwarsoor die wêreld toe te neem. Daar heers ook toenemende kommer uit verskeie oorde oor die moontlikheid dat 'n hewige aardbewing Suid-Afrika kan tref.
Geen mens is egter by magte om 'n datum aan so 'n Godsbeheerde gebeure te heg nie. Tekens word wel aan die mens gegee en ons behoort ons daaraan steur, met spesifieke verwysing na ons geestesingesteldheid.HOE WIL TLU-SA DIE SAPD STAMP?
MEDIAVERKLARING - TLU SA
Polisie by Openbare Klagtedirektoraat en Openbare Beskermer aangegee
“Gebreekte beloftes, gebrekkige of geen terugvoer en oënskynlike voeteslepery om Ministers te beskerm, laat TLU SA nou geen ander uitweg as om so hard moontlik op te tree teen die SA Polisiediens nie.”
So sê mnr. Louis Meintjes, Adjunk-President van TLU SA en ook voorsitter van die Nasionale Waterforum (NWF) oor die feit dat daar nog hoegenaamd geen tasbare vordering gemaak is met die strafregtelike klagtes wat in Mei verlede jaar teen drie Ministers gemaak is oor hulle versuim om op te tree ten einde te verhoed dat skoon water besoedel word en sodoende onbruikbaar word vir onder andere landbou-doeleindes.
“Dit bly net ’n gedurige stryd om net basiese en ordentlike terugvoer te kry van die SAPD oor waar die ondersoek staan en wat die vordering is,” sê mnr. Meintjes.
DIE BELEG VAN MAFEKING
Dr JP Botha
"By sy aankoms te Mafeking kon Cronjé die plan wat generaal De la Rey aan die hand gedoen het, naamlik om die dorp sonder versuim te bestorm en in te neem, deurgevoer het, of hy kon die dorpie met sy onbeduidende Britse garnisoen eenvoudig geïgnoreer het..."
In die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog het daar 'n gebeurtenis plaasgevind waaroor daar nog steeds na 'n volle eeu 'n groot mate van onkunde of misverstand bestaan. Dit gaan oor wat werklik gebeur het tydens die beleg van die dorpie Mafeking vanaf 16 Oktober 1899 tot 16 Mei 1900. Reeds meer as 'n honderd jaar lank glo almal - met uitsonderings - dat hierdie onbeduidende dorpie tydens die eerste sewe maande van die Oorlog deur 'n uiters bekwame en dapper Britse aanvoerder met sukses verdedig is teen 'n geweldige groot burgermag, wat verbete, maar tevergeefs alles in die stryd gewerp het om die Engelse garnisoen in die dorp te oorrompel en tot oorgawe te dwing. Vir hierdie misverstand was die optrede van kolonel RSS Baden-Powell, Britse bevelhebber van die troepe, en generaal PA Cronjé, aanvoerder van die Boerekommando's in Wes-Transvaal, en later generaal JP Snyman, wat Cronjé by Mafeking opgevolg het, hoofsaaklik verantwoordelik.
KINDERS BEHOORT NIE AAN DIE STAAT
Leonard van der Dussen
Aan wie behoort ons kinders: aan die staat, of aan die ouers (die gesin)? Die antwoord uit christelike huise is dadelik: “Aan die ouers!”; en tog tree ons Afrikanergemeenskappe met hulle keuses oor onderwys op soos mense wat bereid is om kinders aan die staat te gee in staatskole.
In Suid-Afrika is die rede hiervoor eenvoudig dat – veral vir Afrikanerkinders – staatskool, kerklike lewe en gemeenskapslewe vir baie dekades in die 20ste eeu ‘n eenheid gevorm het. Dit is nou tyd dat daar opgelet word dat hierdie eenheid verskeur is, en dat veral die staatskool “transformasie”-doelwitte nastreef, ideologie bevorder en in die proses onderwys ondergeskik maak aan die kommuniste se humanistiese gelykheidsbeskouings. Die matriekeksamen - in die vorm van die “Nasionale Senior Sertifikaat” (NSS) - is reeds deur hierdie gelykmakingsdoelwitte tot ‘n nuttelose oefening wat sertifikate uitdeel maar nie waarde het nie, afgebreek; en dis nie net die matriekeksamen self nie, maar ook die proses en inhoud wat daartoe opbou wat ernstig onder verdenking is.
KOMMUNISME EIS SY 'TOL'
BERIGTE VAN AKTUELE BELANG
Ons weet reeds dat die duur nuwe tolstelsel tussen Pretoria en Johannesburg aan die Oostenrykse firma, Kapsch TrafficCom AG behoort, wat bereken het dat die onkoste van die stelsel binne agt jaar klaar betaal moet wees. Daarna is dit lag-lag al die pad bank toe met miljarde rande wins in hulle sakke terwyl die Suid-Afrikaner krepeer om die belastings te betaal – want by sy werk móét hy kom! – hierdie saak is fyn bereken... Die omstrede Suid-Afrikaanse firma, GijimaAST, is ook deel van hierdie konsortium. Dis duidelik dat die tolhekstelsel ontwerp is om die publiek te melk en die belange van die internasionale geldmag en Suid-Afrika se kommunistiese regime en sekere korporatiewe onder SEB te dien.
Terwyl padverbruikers reeds nagenoeg R2,47 per liter vir petrol betaal - en volgende week 'n baie groter skok met die prysverhoging gaan kry - vir verskeie vorm van belasting, is R1,67 per liter petrol – wat tans R8,84 per liter vir 93 oktaan kos – aan die brandstofheffing afgestaan. Hierdie heffing is oorspronklik bedoel om onder meer die paaie en netwerke in stand te hou. Maar duidelik is dit nie waarvoor die geld gebruik word nie.
DIE BYBEL IS KÁNON
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Daar is so baie inligting oor die samestelling van die Bybel en die betekenis daarvan wat toegewyde Christene vandag eintlik niks meer van weet nie, dat ons graag in hierdie rubriek die geleentheid wil skep om daaroor te praat en sodoende ons kennis van die Woord van God te vermeerder, want dan sal ons ook die almagtige God wie se Woord dit is , beter ken en liefhê.
Ons Protestantse Christene se Bybel bestaan uit die Ou Testament (39 boeke) en die Nuwe Testament. (27 boeke). Hierdie 66 boeke is kánon, dit wil sê hulle is die norm, die maatstaf van die Woord, die egte, die betroubare. Ons noem hierdie 66 boeke die kanonieke boeke van die Bybel. Daar is nog ander boeke wat in die Bybelse tyd geskryf is wat ons Apokriewe boeke noem. Die Rooms-Katolieke het nog 13 sulke boeke in hulle Bybel opgeneem en noem dit Deuterokanonieke boeke. Ons Protestante sien nie hierdie boeke as deel van die onfeilbare Bybel nie, maar keur ook nie die lees daarvan af nie.
WIE'S JY NOU WEER?
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Annatjie het jare gelede ‘n kêrel gehad. Hy was ‘n polisieman. Hulle het altwee in Kaapstad gewoon. Op ‘n dag moes hy Pretoria toe vir ‘n ses maande lange kursus. Alle kursusse is daardie dae net in Pretoia aangebied. Jy kon nog nie so maklik telefonies skakel nie, en dit was nog die tyd voor elektroniese pos.
Hulle het hul vryery met briefwisseling voortgesit, byna elke dag ‘n brief heen en weer. Maar toe word die spreekwoord waar van vér van jou goed is naby jou skade. Die briewe het al hoe minder geword, veral van sy kant af.
Daar in Pretoria het hy toe ‘n ander meisie ontmoet.
LOUWRENS JACOBUS WEPENER
DIE ONVERSKROKKE BOEREHELD
Pieter Grobbelaar
Dis die Basoeto’s wat hom eerste die Swartmaanhaar genoem het, hierdie onverskrokke man, fyn beskaafd, wat deur die omstandighede van die tyd gedwing is om veldheer te word en sy lewe vir sy land te gee op die 15e dag van Augustus 1865. Toe die gedurige wrywing oor die grondkwessie eindelik op oorlog tussen die Republiek Oranje-Vrystaat en Basoetoland uitloop, het Louw Wepener as waarnemende kommandant op kommando gegaan. Maar spoedig was hy aanvoerder van al die suidelike magte wat die vyandelike gebied seëvierend van onder af binnegedring het. Dis toe dat hy sy nuwe naam gekry het – hy wat vroeg voordag op sy prooi spring nog voor die grysbok haar lam laat drink.
Toe die son in die ooste uitkruip, skud Louw Wepener sy kop. Dis nou te laat. Van die begin af loop sake verkeerd met die Vrystaatse aanval.
KINDERS DOEN DAN ALLES!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Klein Kosie kyk erg bekommerd na die juffrou wat met klasopening die oggend soos elke oggend vir die standerd een klassie uit die Bybel lees. Hy kan dit naderhand nie meer hou nie en bly sy handjie opsteek. Sy kyk hom telkens streng aan en gaan dan aan met lees. Toe sy ná gebed 'amen' sê, toe kan hy dit nie meer hou nie en spring met 'n dringende stemmetjie op:
"Juffrou, juffrou! Ek wil iets vra!"
Die juffrou glimlag en vra" Wat wil jy vra Kosie?"
Klein Kosie besluit om die hele dilemma so stukkie vir stukkie te probeer uitklaar en hy vra:
"Juffrou, daar is iets wat ek nie verstaan nie. Volgens die Bybel het die kinders van Israel die Rooi See deurgetrek, nê juffrou?"
POLITIEKE SLUIPMOORDE IN SUID-AFRIKA (4)
Lees reeks by Politieke sluipmoorde in SA
BOSS-SPIOEN MOES LIEWER SAAMGEWERK HET...
"Laat my weet wat die lykskouingsverslag sê," het Van den Bergh gesê. "Ek is seker die bevinding sal wees dat sy dood 'n ongeluk was. Sulke goed gebeur wanneer 'n mens nie versigtig is nie."
Op 11 November 1969 het 'n dapper politikus, dr Albert Hertzog, in 'n koerantonderhoud geen doekies omgedraai oor wat hy van die nuwe intelligensie-instelling dink nie:
"Dit is een van die gevaarlikste stukke wetgewing nog in die wetboek," het hy gesê. "Die gewone publiek word ernstig bedreig met 'n organisasie so stil en so magtig soos BOSS wat in die agtergrond skuilhou." Hy het geen twyfel gelaat in die gemoed van Suid-Afrika nie: Hendrik van den Bergh het effektief beheer verkry oor alle insameling van intelligensie in die land en sy posisie het 'n stempel van wettigheid op alle spioenasiebedrywighede geplaas. Gevra om kommentaar, het Van den Bergh gesê BOSS is met een doel voor oë gestig en dit is om die staat en sy burgers te beskerm. Hy was bereid om enigiets te doen om daardie doel te bereik. En verder: "Ons is nie net bereid om te waag ter wille van Suid-Afrika se belange nie, maar... dis vir ons natuurlik om gevaarlik te lewe... wanneer die belange van die land op die spel is."
Die ontstaan van BOSS was Van den Bergh se breinkind wat in samewerking met Vorster en PW Botha dié organisasie die lig laat sien het.
HOE NABY DIE INEENSTORTING?
KRIEWELKOP
Dan wonder die media nog waarom die ANC hulle tonge wil uitsny met 'n wet om hulle monde te snoer. Nou is dit weer Atletiek Suid-Afrika (ASA) wat bankrot is. Bankrotskap is mos 'n skande al is korrupsie nie verkeerd nie, en die buitewêreld moet tog nie hoor hoe die ANC 'n Eerstewêreldland in sy maai in besteel (ek wou sê 'bestuur' maar daarvan is geen sprake) het nie. Kyk, dit was nog nooit vir dié Swart nasie 'n skande om te steel nie maar die uitvang was nog altyd 'n probleem – nie oor daar gesteel is nie maar oor hy nie goed genoeg was om daarmee weg te kom nie. Ongelukkig vir hom is die uitvang gewoonlik deel van die proses want vooruitbeplanning soos ook sy dimensionele vermoë was nog nooit sy sterkpunt nie. Maar dan is daar ook die ontkenning, dis al wat hy hoef te doen as hy uitgevang word, doodeenvoudig nê. Daarom weet die gewone landsburger nie hoe ernstig die toestand reeds is nie, alles word ontken. En tiperend van 'n goedgelowige beskaafde ras, glo ons eerder die positiewe as die slegte.
WATTER KERK IS DIE REGTE KERK?
AKTUELE VRAE
(Lees reeks by Aktuele vrae )
Word mense wat nie aan die “regte kerk” behoort nie, ook salig, al verskil hulle leer radikaal van die “regte” kerk s’n?
Voordat ons hierdie vrae kan antwoord, moet ons eers bepaal wat ons bedoel as ons van ‘n kerk praat. In Grieks praat ons van ‘n kuriakon, dit wil sê iets wat aan die Here behoort. As ons na die Latynse woordeboek gaan, kry ons te doen met ’n woord wat afgelei is van die stam circ, dit is ‘n begrensde ruimte, of nog beter, ‘n sirkel. As ons dan van ‘n kerk praat, verwys ons daarmee na “’n sirkel waarvan die inhoud aan die Here behoort.”
17 FEBRUARIE 1838 - BLAAWKRANTZ
THERESE VIGLIONE
UIT DIE DAGBOEK VAN EERWAARDE ERASMUS SMIT
Die man sit en skryf in sy tent terwyl die vrou buite deur die laer stap. Sy is nog in die gloed van haar jare met hare en oë soos die nag, maar vir die man het dit reeds winter geword en skemer dit al witter in sy baard. Albei het uit die verre Europa hier na Afrika gekom: hy uit die koue Lae Lande by die see, sy uit die warm Italiaanse suide. Hulle is deur geen band aanmekaar gevind nie, en hul weë sal net eenmaal kruis. Die man se pad loop onder 'n ster, al is sy liggie ook maar flou, en sy aangenome volk sal hom nie vergeet nie; maar Therese, die vrou, verskyn soos 'n komeet en verdwyn.
Op hierdie middag toe die man daarbinne sit en die vrou buite stap, weet hy nog niks van haar nie. Hy is eerwaarde Erasmus Smit wat as sendeling na Suider-Afrika gekom en later onderwyser geword het, maar toe die groot landsverhuising begin, het hy saam met sy swaer Gerrit Maritz, die Voortrekker-leier, die onbekende aangedurf.
REGSPLEGING IN TRANSVAAL
(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds)
"Die landdros sê aan die bandiete wat laat buite gewerk het: 'Julle moet oppas. Ek sal dié keer nog vir julle die tronkdeur oopmaak, maar as julle weer so laat kom, sal ek julle buite uitsluit. ' ”
Die veldkornet
In die dae van die Groot Trek en die eerste tyd wat daarop gevolg het, moes wat regspleging betref, van gesonde verstand gebruik gemaak word. Gelukkig was daar nog nie groot kwaaddoeners nie. Maar die Trekkers het dag na dag met die groot naturellebevolking in aanraking gekom. Om hulle afkeurenswaardige dade in toom te hou, was straf die enigste middel om die reg te handhaaf.
Die gewone regter oor die swartes was die veldkornet.
BOERE SE EIE SLAGVELD
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by Korsies van Pastei)
JAN STEYN
'n Kommando-storie uit die Tweede Vryheidsoorlog net na die Slag van Bakenlaagte in Transvaal. Saam met my kommando'tjie aan die trek na Machadodorp kon ek sien die wêreld was kaalgestroop en verniel en kos was skaars en dit was dae waarin ons meesal niks te ete gehad het nie.
Op een besondere dag het ons ver gery en heeltemal niks gehad om te eet nie. Kort-kort moes ons van koers verander om uit die pad van sterk Kakiemagte te bly. Maar so teen twee-uur die middag was ons redelik veilig en kon toe begin soek na iets om te eet.
My manne was al so erg honger dat toe hulle Swartes se strooise gewaar sommer reguit soontoe ry. Maar dit was dadelik duidelik dat dié spul hulle vyandig gesind is en toe verklap die hoofman die rede met dié woorde: "Die Engelsman het gesê ons moenie die Boer kosgee nie."
DIE WINDPOMPE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Een middag laat kry ek ‘n oproep van my ou vriend Klaas van doer duskant die Kalahari. Die ou plaaslyn is nie te waffers nie, maar ons verstaan mekaar darem so ampertjies. Hy verneem of ek nie weet van iemand wat ‘n spul windpompe soek nie, want hy sit met ‘n hele klomp waarvan hy ontslae wil raak. Versigtig verneem ek wat hy wil hê vir die spul windpompe. Hy sê: “Vir jou, pasella! Kom ry die goed net onder my oë weg.”
So ‘n aanbod het ek lanklaas gehad.
BOBBEJAAN EN DIE EINA-PERE
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Bobbejaan is lief om Hasie te tempteer. Wanneer Hasie 'n bietjie in boer se slaai-akkertjie gaan wei, sit Bobbejaan hoog in die vyeboom en skree: "Boer! Maak gou! Haas is in die groentetuin."
Dan kom boer met sy honde en geweer, en hy is so kwaad dat hy skoon van Bobbejaan en die vye vergeet.
So hou dit nou 'n week lank aan. Hasie het al by Bobbejaan gekla, en hy het mooigepraat, en elke slag beloof Bobbejaan beter maniere. Maar hy is nie 'n man van sy woord nie.
"Nou goed," sê Hasie by homself. "Party diere hoor net wat hulle voel." En hy hou sy oë oop tot hy sien wat hy soek, en hy draf na Bobbejaan toe.
"Ja, wat is dit Hasie?" vra Bobbejaan, en hy lag in sy kies. "Het jy al weer 'n klagte?"
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (3)
JESUS LEI DEUR SY VOORBEELD
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Ons almal het leiding nodig in groot en klein sake. In hierdie proses is die wyse waarop Jesus leiding aan sy dissipels gegee het van die grootste belang. Hy was vir hulle die Voorbeeld in woord en in daad. Sommer met die aanvang van sy bediening het die mense besef dat sy leiding heel anders as die leiding van die Fariseërs en die wetgeleerdes was. Hulle kon Jesus se uitnodiging in Matt 11:29 heelhartig beaam:
"Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed."
Die Switserse teoloog Eduard Schweizer het die leiding van Jesus voorgestel met 'n besondere beeld. In die Europese winters is dit dikwels moeilik vir mense om na 'n swaar sneeuval by hulle voordeure uit te kom.
MAJUBADAG IS VOOR DIE DEUR
Deur Flip Swanepoel
Ons het in Desember die groot gebeurtenis wat ons Voortrekker-voorsate te beurt geval het in herinnering geroep. Volksgenote oor die lengte en breedte van ons land en selfs oor die wêreld, het Geloftedag eervol deurgebring en ons hemelse Vader gedank vir die aanvaarding van daardie Gelofte wat ons voorsate met Hom in gebed aangegaan het. Dit is hoe dit hoort. Volgens Deut. 23:21-23 en Prediker 5:3-5 is dit van uiterste belang dat ons as volk sal betaal wat ons beloof het. Met “ons” word bedoel wat ons voorsate namens ons beloof het en waaraan ons as nageslag verbind is. Dit is ‘n geweldige groot voorreg om as mens, en as volk aan die Almagtige, die Skepper van alle sienlike en onsienlike dinge deur ‘n gelofte verbonde te mag wees.
Op die 16e Desember moet daar egter meer as een gelofte in herinnering geroep word. Op daardie datum het daar nog ‘n baie belangrike gebeurtenis plaasgevind wat ons as volk ten nouste raak, veral met betrekking tot die instandhouding van ons geloftes. Die Gelofte van Paardekraal moet ook op daardie dag in herinnering geroep en betaal word.