Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar sál weer 'n Nuwe-nuwe Suid-Afrika met 'n Christen-regering kom; hou vas aan hierdie belofte: "Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder dié wat val; in die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE" – Jeremia 8:12.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (7)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Dis baie moeilik om spore te verberg, en nog moeiliker as dit deur ‘n hele aantal voertuie gemaak is. Thomas Mans en sy manne het die groep s’n maklik opgespoor, al het hulle dit met takkies probeer doodvee. Hulle wag tot dit amper dagbreek is, en jaag dan die bult op.
Die vier wagte het hulle betyds gesien aankom en die hoofgroep probeer waarsku, maar dit was te laat. Die vier van hulle, dit is die wagte, het vanuit hulle skuilings begin skiet sodra hulle besef het dat Thomas se spul onvriendelik is, maar dit was te laat en te min. Hulle is binne minute uitgehaal en die aanvallers het deurgejaag. Fred en Vaatjie Muller was al op, want die natuur wag nie vir ‘n man bo vyftig nie en hulle het, soos Vaatjie altyd sê:
“Gaan kyk of daardie boom nog groei.”
Hy het skaars sy gulp opgetrek of die skote klap hoog teen die bult uit. Ses bakkies kom verby die wagte gejaag en soos hulle ry, begin hulle van ver af skiet. Vaatjie is nog besig om sy geweer oor te haal, of Fred kniel langs hom, met sy Sako 270.
So vinnig as wat hulle die slotte kan werk, en teikens binne die teleskope kan kry, so vinnig trek hulle los. Dis nie nodig onder sulke omstandighede om alarm te maak nie; elke man, vrou en kind is ingestel op veiligheid en paraatheid. Elkeen weet wat van hom of haar verwag word in sulke omstandighede en binne ‘n minuut is almal op hulle poste, agter skuilings en die klein kindertjies saam met ouer mense weg van die kamp af, hoër op in die koppie, agter rotse en digte struike.
Abel het vanuit ‘n diep, droomlose slaap wakker geskrik toe die eerste skote klap. Hy neem nie eens tyd om skoene aan te trek nie en is met net sy kortbroek en R1 uit die tent. Die eerste voertuig, ‘n Toyota Hi-Lux dubbelkajuit is nie meer as vier honderd meter van hulle af nie, as hy die ding in sy visier kry.
Aanvanklik lyk dit vir hom asof die voertuig koeëlbestand is, maar skielik trek dit skielik na links soos ‘n voorband ‘n skoot kry, bars en van die velling afklim. Die Hi-lux draai vinnig van die pad af, steek vas en rol dan twee maal om; die stofwolke, stoom en enjinolie bars na alle kante toe uit.
Die ander voertuie verminder nie snelheid nie, maar jaag net voort, verby die bakkie en die manne wat verstrooid daar rondom lê en kruip. Miskien sal hulle later kom help of kyk. Miskien.
Die oorblywende vyf bakkies jaag aan en ontplooi met ‘n redelike goed-geoefende beweging; al die manne spring af en soos hulle grond tref begin hul skiet. Die kampeerders is onkant gevang en begin eers met hulle verdediging as hulle al byna oorrompel is. Die een na die ander, man, vrou en hier en daar ‘n kind, sneuwel.
Uiteindelik is daar ‘n dubbele handvol mense wat in ‘n stywe kringetjie om hulle kom kniel, staan, sit en verbete terugveg. Miskien was die aanval té onverwags, miskien die snelheid waarmee die voertuie aangekom het te groot, wat ookal die rede, hulle het nie ‘n kans gestaan teen die aanvallers se blitzkrieg nie.
Die derde voertuig in die konvooi, ‘n ouerige Nissan P300 se windskerm, enjinkap en verkoeler loop deur met tientalle koeëls wat hom tref. Die drywer sterf agter die stuurwiel en die kar rol om en om.
Abel, wat nader aan die groep verdedigers hardloop, is in die pad daarvan en die bakkie tref hom ‘n skramshou met die agterkant, slinger hom deur die lug vir etlike meters en hy val half in ‘n rosyntjiebos, bo-op sy geweer. Hy is bewusteloos en vir enigiemand wat hom sou sien, klaarblyklik leweloos.
Nala skrik wakker as Abel opspring en sy hoor terselfdetyd die frenetiese geklap van die geweerskote. Sy trek inderhaas haar langbroek en baadjie aan oor haar sweetpak, waarmee sy gelaap het, en gryp haar pistool en druk die mes onder haar gordel in. Sy is net betyds om die voertuie te sien naderstorm en die kampmense wat op hulle skiet. Haar wapen is nie geskik vir die lang afstande nie, en sy weerstaan die versoeking om sommer net skote in die algemene rigting van die bakkies af te trek.
Die voertuie is nou al baie nader en uiteindelik kan sy ook begin skiet. Dis die eerste maal dat sy self onder vuur kom en die instinktiewe – intuïtiewe - gedagte is om plat te val en te kruip na skuiling. Sy sien vir Abel skuins voor haar en begin na hom te hardloop, ten spyte van die koeëls wat nou oral langs haar klap. Asof in stadige aksie sien sy die Nissan bakkie aankom, omrol en Abel wat probeer om uit sy pad te kom.
“Abel!” skreeu sy as die bakkie hom tref en hy deur die lug trek. Sy hardloop nader, kniel by hom, maar dan is daar mense rondom haar, hulle pluk aan haar hare, haar skouers, klere en arms. Sy swaai om om na hulle te skiet, maar ‘n vuishou tref haar skrams teen die kop – nie hard genoeg om haar uit te slaan nie, maar steeds met genoeg mening om haar te laat val, die pistool uit haar hand te klap. Sy hoor die skor stemme van die moordlustige klomp om haar, sy ruk los en probeer nader aan Abel kruip.
Nog steeds gryp die wellustige hande na haar, pluk en skeur haar klere, druk haar teen die grond vas. Weereens ruk sy los, gryp na haar mes, gee ‘n wilde steek na een van die grynslaggende gesigte en tref ‘n swart wang. Nog ‘n paar wilde swaaie maak dat sy gelos word, maar die manne het nou ‘n kringetjie om haar gemaak, wat haar tart en koggel, net buite bereik van haar mes.
Sy draai om en om op haar knieë, maar sy is te laat om weer om te swaai as iemand haar tussen die blaaie trap en die mes spat ook uit haar hand. Frustrasie, gemeng met vrees en woede, terwyl sy angstig is oor Abel, maak dat sy skreeu, gil en huil met een asem. Sy kom weer half regop op haar knieë, net om agteroor gepluk te word. Vuil, smerige hande skeur haar hemp van haar lyf af. Een van die manne maak sy broek los terwyl hy met sy heupe obsene bewegings maak. Nala knyp haar oë toe en gee haarself oor aan die onvermydelike. Sy weet dat sy nie sonder geweldige pyn en lewendig hier sal opstaan nie.
Die meeste skote het nou opgehou en net hier en daar skiet iemand nog ‘n laaste paar, wanneer hulle van die een na die ander beseerde en gewonde verdediger gaan en hulle in die agterkop skiet, of hulle lê of staan. Selfs die ouer vroue en kinders word tussen die rotse, waar hulle skuilgehou het, uitgepluk en doodgeskiet.
Skielik klap drie skote by Nala en sy wonder of sy ook uit haar lyding gehaal word.
Dan is daar die stem van ‘n witman:
“Los haar! Los, sê ek! Leave her, she is mine, I’m claiming her as my property!”
Nala maak haar oë oop en sien die skraal, sterkgeboude man met ‘n pistool in sy hand. Die groep wat haar vashou, beweeg effens agteruit en hulle laat gaan haar, behalwe vir die een wat sy broek losgemaak het.
“Eh, white rubbish! Why is she yours? In fact, who put you in charge in the first place?”
Die ou het nou opgestaan en hy gaan staan naby die wit man, uitdagend en seker van homself. Die drange en drifte het nou die versigtigheid en vrees vir Thomas verdryf. Terwyl Nala kyk, lyk dit asof sy kop oopbars, hy val agteroor en van die bloed en grysstof spat druppeltjies oor haar. In die blanke man se hand is steeds die pistool, waarmee hy die waarskuwingskote geskiet het.
“Anybody else?” sê hy en Nala sien in sy ligblou oë dat hy nie heeltemal normaal is nie. Die ander manne staan verskrik weg.
“Kom jy! Kyk hoe lyk jy – het jy geen skaamte nie?” vra hy en wys na haar geskeurde hemp, wat net hier en daar iets van haar bleek bolyf toemaak.
“Dis jou gespuis wat dit geskeur het!” sis sy nou met ‘n brawade at sy nie werklik voel nie.
“Waar is jou ander klere?”
“Daar in die tent, as jou spul dit nie reeds gevat het nie,” sê sy en wys na die tweeman-tentjie wat eenkant staan.
“Fielies, gaan haal die nonnie se klere en bring dit hier.”
“Wat gaan jy met my maak?” Sy lê klem op die “jy” en nie “julle” nie.
“Net wat ek wil; jy behoort nou aan my.”
“Ek behoort aan niemand nie!”
“Ons sal sien.”
En dan praat hy met sy handlanger, ‘n gelerige man met hare wat weggeskeer is aan die kante van sy kop. Aan die manier waarop hy loop en sy stem as hy antwoord, sy houdinkies en gebare, lei Nala af dat hy homoseksueel is. Hy lei haar ferm, maar terselfdertyd ook kalm, na die een dubbelkajuit bakkie toe. Wanneer hulle buite hoorafstand is, sê hy sag:
“My naam is Vernon. Die baas s’n is Thomas. Gedra jou en jy sal dalk net lewendig hieruit kom. Vir nou is ek jou beste bet.”
“Ek dink nie ek wil lewendig wees nie. Skiet my nou, asseblief, Vernon, ek smeekjou!”
“As ek dit doen, sal die baas my stadig doodmaak, glo my”.
Fielies kom aan met haar sakkie klere en sy soek ‘n skoon, sterk hemp uit, een wat duidelik deel was van ‘n ou bruindraguniform. Dis te groot vir haar, maar sy is bly dat dit die vorm van haar figuur effens verberg. Sy draai haar rug op die twee manne en trek dit aan. Wanneer sy omdraai is die ander nou naby; hulle klim elkeen op hulle voertuie. Die buit wat hulle gegryp het, kos, drinkgoed, wapens en juweliersware, horlosies en dies meer, gooi hulle tussen hulle voete op die laaibakke van die bakkies.
“Kyk hier, miesies!” roep een en hy gee smalend en sarkasties klem aan die woord “miesies”. Hy haal ‘n trouring van ‘n vinger af, wat hy duidelik aan die wonde afgebyt het, gooi die vrou se vinger eenkant toe, suig die ring skoon van die bloed en sit dit aan sy pinkie.