Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die liefde is nie opgeblase nie...
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (15)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Noem dit moedersinstink, ‘n onbewuste neiging om die ongewone te verwag, niemand weet nie, ook nie Francesca nie. Iewers na middernag skrik sy wakker en lê en luister. Wat het haar wakker gemaak? Is dit die moontlikheid dat iemand anders in die huis kan wees? Wat hoor sy? Onwillekeurig steek sy die lantern aan en kyk na waar Emma slaap, in haar bedjie, pas langsaan Franci se bed. Die kindjie hyg effens en as Franci oor haar buk, is die baba vuurwarm van die koors. Franci gooi die kombers van haar af en tel haar op, druk haar teen die bors en wieg haar, soos ‘n ma maar maak.
“Toemaar, my baba, toemaar. Alles is reg – wat is fout met jou lyfie?”
Sy spons die kindjie af, maar die koors wil nie breek nie. Radeloos en met net ‘n kamerjas oor haar nagklere aangetrek, hardloop sy met Emma in haar arms buitentoe, na Tant Ralie se huis, net die ent af in die straat. Sy klop hard, en slaan dan met haar handpalm op die deur.
“Tant, Ralie, asseblief, maak oop!”
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (2)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die laaste oomblikke
Dr. Verwoerd sou op 8 September 1966, twee dae na die sluipmoord, verjaar het. Hy sou dan vyf-en-sestig jaar word, en het reeds agt jaar lank die pos van Eerste Minister beklee. Teen die einde van die week voordat hy vermoor is, het hy uit Kaapstad, waar die Parlement in sitting was, na Pretoria vertrek vir ’n ontmoeting met hoofman Leabua Jonathan van die latere Lesotho. Die ontmoeting was gereël vir Vrydagoggend, 2 September 1966. Die volgende Dinsdag het hy ’n belangrike afspraak in die Volksraad gehad. Dan sou die debat oor sy pos as Eerste Minister begin.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (14)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
2. Slag van Laiingsnek
28 Januarie 1881
Op die heuwelrug van Laiingsnek, Oos van Majuba, het sowat 1500 Boere hulle deeglik ingegrawe onder bevel van kommandant-generaal Piet Joubert. Op 28 Januarie 1881 het generaal Colley met meer as 1000 man en 6 veldkanonne hulle aangeval maar is verpletterend verslaan. 83 Britte en 14 Boere het gesneuwel en 111 Britte en 27 Boere is gewond.
*
Dis nie baie ver na Laingsnek nie, sowat een honderd en negentig myl en dit neem die burgers vyf dae om daarheen te ry. Naby die pas kom Boetie aangery.
“Het ek nie gesê jy moet by die waens bly nie!?”
“Ja, Oom, maar ek het gedink julle het my dalk net nodig.”
MPOX-PLANDEMIE VOOR ONS DEUR
Terwyl ons daagliks om ons mense sien sterf as gevolg van die Covid-19-gifinspuiting, is Bill Gates besig om 'n apepokke-pandemie op die wêreld los te laat deur middel van 'n laboratorium-geskepte weergawe van hierdie biowapen en dan 'n entstof vir die virus vry te stel wat selfs dodeliker as die siekte self is.
’n Fluitjieblaser van die Bill en Melinda Gates-stigting het reeds die wêreld gewaarsku dat Gates die apepokke-virus in groot stede in die VSA deur middel van “chemtrails” saai. Nou waarsku die fluitjieblaser dat die Mpox-plandemie slegs fase een van die meesterplan is. Fase twee behels die entstowwe wat tans in ontwikkeling is en MIV-antigene bevat, die proteïene wat deur die MIV geproduseer word wat 'n immuunrespons in die liggaam ontketen en tot volwaardige VIGS lei.
Verlede jaar het Bill Gates 'n bedreiging vir die wêreld uitgespreek oor hoe 'n "bio-terroris" pokke na 10 lughawens kan neem en die wêreld totaal kan inneem. Die globalistiese miljardêr moes op sy woord geneem gewees het want bewyse van die fluitjieblaser se aansprake speel reeds voor ons oë af.
Pokkevirus-entstowwe wat deur Gates gefinansier word en gereed is vir wêreldwye verspreiding, is deel van sy ontvolkingsagenda.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (13)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
1. Slag van Bronkhorstspruit 20 Desember 1880
Desember 1880 is Luitenant–kolonel PR Anstruther met sy 94ste regiment op mars vanaf Lydenburg. Sy opdrag is om aan te sluit by die Britse magte in Pretoria.
Die opdrag uit Heidelberg aan die Transvaalse Boere is om die Britse magte te verhoed om aan te sluit by magte in Pretoria. Hulle wag die aankomende Britte in naby Bronkhorstspruit onder bevel van Kommandant Frans Joubert.
SEPTEMBER - VERWOERDMAAND
Johan Dorfling
Waarom word September as Verwoerdmaand beskryf? Dit verg deeglike naleeswerk en naslaanwerk om by die geldigheid van die benaming uit te kom.
Word verder gekyk, het groot dinge rondom dr Verwoerd in September plaasgevind. Hy is op 8 September 1901 gebore.
Hy is vanaf 1 Oktober 1937 as redakteur van die nuutgestigde koerant, Die Transvaler, aangestel, maar het Septembermaand gebruik om by 'n ander partykoerant ondervinding op te doen sodat hy deeglik voorbereid kon wees. 'n Kenmerk van groot leiers.
Die Voortrekkerpers-gebou is in September 1941 nie-amptelik deur soldate-gepeupel aangeval. Dr Verwoerd was min opgewonde oor die aanval. Na alles tot ruste gekom en die aanval afgeslaan was, het hy kalm en rustig na sy motor toe uitgestap.
In 'n toespraak in die senaat op 3 September 1948 het hy die betekenis van apartheid duidelik en ondubbelsinnig uitgespel. Teenstanders van die beleid was stomgeslaan oor die helder gedagtegang en toekomsvisie.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (1)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Vooraf
Politieke sluipmoorde is vandag nie juis meer iets seldsaam nie. Baie nasies leef trouens feitlik elke dag saam met die moontlikheid dat ’n sluipmoordenaar hom teen hulle effektiewe regeringshoof sal rig. Maar tog word sluipmoorde gepleeg waarvan die betekenis en gevolge vir nasies groter is as soortgelyke dade vir lande waar dit feitlik al ’n algemene verskynsel geword het. Dit is dan ook vanselfsprekend dat in sulke gevalle die sluipmoorde baie groter weerklank dwarsdeur die wêreld sal vind.
In November 1963 is die Amerikaanse volk geruk deur die sluipmoord op pres. John F. Kennedy. Minder as drie jaar later, op 6 September 1966, het Suid-Afrika verdwaas gestaan toe ook sy regeringshoof deur ’n sluipmoordenaar neergevel is.
Hierdie twee sluipmoorde was ongetwyfeld die belangrikste van die afgelope twee dekades.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (12)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Vyf sjielings, miesta Verwey.”
“Vyf sjielings? Dis nogal baie vir elke patroon.”
“Nee, Miesta Jan, vyf sjielings per geweer. Die patrone – hoeveel is daar?”
“Omtrent vyf duisend.”
“Ek sal die patrone van jou hande afhaal vir vyf Engelse pond.”
“En vir die twee honderd en tagtig nuwe Martini-Henri’s vyf sjielings elk? Dit is, laat ek nou mooi dink – omtrent sewentig pond? Plus vyf pond vir die ammunisie?”
Ephraim Epstein trek ‘n stuk papier en ‘n potlood nader. Hy maak vinnig twee sommetjies. Die een wat Jan Verwey behels en die ander een vir wat hy vir die wapens en ammunisie kan kry as hy dit aan die Boere verkoop. Ja, hy kan ‘n mooi winsie maak!
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (11)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Op 17 Januarie 1852 is die Sandrivierkonvensie tussen die Transvaalse Republiek en Brittanje onderteken. Op 12 April 1877 verbreek Brittanje die konvensie eensydig en Theophilus Shepstone annekseer Transvaal as 'n Britse kolonie.
Dié oorlog sou uiteindelik oor vier veldslae strek: by Bronkhorstspruit, Laingsnek, Ingogo/Skuinshoogte en Majuba. Ná Majuba op 27 Februarie 1881 het die Engelse egter gou vredesonderhandelinge begin aanknoop.
Dit was egter die aanloop tot die Eerste Vryheidsoorlog op 11 NOVEMBER 1880 op Potchefstroom wat wys hoe die finale strooi die rug van 'n kameel kan laat breek:
Die burgers van Transvaal het beswaard gevoel oor die belasting wat hulle aan die "vreemde regering" van Brittanje moet betaal. Op 7 Oktober 1880 het genl PA Cronje en 130 burgers van Schoonspruit beswaar gemaak by die landdros van Potchefstroom teen die belasting. Een van die Boere, Piet Bezuidenhout, het volstrek geweier om belasting aan die Britse Owerheid te betaal, en die balju van Potchefstroom het beslag gelê op sy wa om dit op 'n veiling te verkoop.
TATOEËRING IS SONDE
Wat sê die Bybel oor tatoeëring?
“Julle mag ook ter wille van ʼn dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here” (Lev.19:28).
Niks vernietig ʼn volk se gees soos bose, volksvreemde gebruike wat posvat nie. Baie mense, veral sportlui en verhoogkunstenaars, laat hulle tatoeëer; mense wat as rolmodelle beskou word.
Tatoeëring is ʼn bewustelike ontering van die mens se liggaam as tempel van God. Dis ʼn baie ou heidense gebruik. Daar is selfs mummies met tatoeëermerke gevind.
In die OT was sulke merke ʼn teken van afgodsdiens. Afgodedienaars het hulle graag laat tatoeëer en daarmee aangedui dat hulle aan ʼn sekere afgod behoort. Keiser Konstantyn het in die vierde eeu nC alle tatoeëermerke in die gesig verbied sodat die gesig die onbesoedelde beeld van God kon weerkaats. In 767 nC het pous Adrianus alle tatoeëermerke verban, ook op die lyf.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (10)
VRYBURGER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
‘n Man is ‘n onafhanklike wese. Hy hou daarvan om vry te wees en elke mens het ‘n ander idee van wat “vryheid” werklik beteken. Vir die ou veeboere, later bekend as “Vryburgers”, aan die Kaap het dit beteken om weg van die Kasteel en die owerheid te beweeg, na waar daar genoeg weiding in die binneland sou wees. Die Voortrekkers het hulle Vryheid gesoek op ‘n plek waar daar nie Engelse oorheersing was nie. Daarna het hulle verder Noord gegaan, met sommige wat in die Transvaal gaan woon het, maar ander selfs ookant die Limpopo.
Jan Verwey het gemeen hy is ‘n vry man. Die gereg het geen belang in hom nie, nie in die Kaap, Natal, Vrystaat of Transvaal nie. Sy ouers is oorlede, sy broers op hulle eie en sy suster is by Ouboet Gert. Al wat Jan het, is ‘n paar pond, twee waens en vryheid om te kom en gaan soos hy wil. Hy hou van die langpad, die slaap in die veld, die reuk van die osse, Goliat se rug, die reuk van die veld as dit pas gereën het, koffie in die vroegmôre, vleis oor die kole en so af en dan om in die dorp te kom, wat maar min is en die plekke verveel hom gou. Hy kan dan nie wag om weer te begin met die transportry nie.
DIE GESAG VAN GOD SE WOORD
Hannes Ollewagen
Luk. 16:19-31
“Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.” (:29-31).
Daar het onlangs nog ‘n “vertaling” van die Bybel die lig gesien. Nogeens kon mense nie die begeerte in hul onderdruk om aan die Woord van God te torring nie. En dan wonder ek ook telkens of hierdie mense nie op enige stadium met aandag na Open. 22:18&19 luister nie. “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.”
Ek kyk toe ook vir interessantheid na laasgenoemde gedeelte in die “2023 Kontemporêre Afrikaanse Vertaling”. Dit lui as volg – “En as iemand die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge wat in hierdie boek geskrywe is.” Die weglating van die woord “iets” verleen aan hierdie vers ’n geheel ander betekenis.
GOD HET ONS NIE VERGEET NIE
Elkeen van ons het al op een of ander stadium iets belangriks vergeet. Miskien ʼn verjaarsdag, huweliksherdenking of wat ook. Ons het dit vergeet. Een ding durf ons nooit vergeet nie; ons afhanklikheid van God. Dit het met ernstige gevolge met Israel in die tyd van Jeremia gebeur. Afhanklikheid van God is soos die naelstring van ʼn ongebore baba aan sy moeder. Jesus sê in sy eerste saligspreking: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” (Mt.5:3). Vergeet alles, maar net nie jou afhanklikheid van God nie.
God het vir Jeremia ʼn onaangename opdrag gegee – hy moes God se oordeel oor sy eie volk gaan aankondig. En dis nie so maklik nie! Dis makliker om oordeel oor vyande aan te kondig, maar om dit oor jou eie volk aan te kondig, is ʼn perd van ʼn ander kleur! Daarom was Jeremia aanvanklik onwillig en het ʼn verskoning uitgedink: hy was heeltemal te jonk vir so ʼn gewigtige taak. God het egter beloof om met hom te wees – geen verskoning nie!
1918: DR DF MALAN SE BEROEMDE TOESPRAAK
KULTUURDAGBOEK 31 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag spreek dr DF Malan 'n vergadering op Malmesbury toe en bepleit vir die eerste keer onafhanklikheid vir Suid-Afrika. Dr Malan het die onderwerp sterk aangeroer, hoewel sy partyleier, genl JBM Hertzog, en die Nasionale Party self gesê het dat die tyd nog nie daarvoor ryp is nie – maar met die duidelike verstandhouding dat daar ook "aan die ander kant geen anti-republikeinse propaganda gemaak sou word nie". "Aan die ander kant" het egter nie aan dié verstandhouding voldoen nie, en dr Malan het sy openbare onafhanklikheidspleidooie daarna as "geheel onvermydelik" bestempel:
KULTUUR- DAGBOEK 31 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1918: Lees in hoofartikel waaroor dr DF Malan se onafhanklikheidstoespraak hoofsaaklik gehandel het.
2. 1871: Basoetoeland se administrasie word met dié van die Kaapkolonie verenig.
3. 1929: Die spoorlyn tussen Messina en Beitbrug, die grenspos tussen SA en Zimbabwe, toe nog Rhodesië, geopen.
4. 1977: Die administrasie van Walvisbaai in SWA word na Kaapprovinsie verplaas.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (9)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Jan word vroeg wakker en lê vir ‘n minuut en kyk na die seil bokant hom. Dit het deur die nag gestuifreën en hy het die karos styf om hom vasgevou teen die koue van die vroegoggend. Daar is ‘n tevrede gevoel wat hom beetkry en hy kan dit vir eers nie behoorlik vasvat nie, maar besef na ‘n wyle dis oor die meisie. Oor Francesca dat hy so anders voel. En tog… hy is soveel ouer as sy en sy sal sekerlik, as hulle terug in die dorp is, iemand van haar portuur soek, iemand so oud soos sy of nie meer as vyf jaar haar senior nie.
Dis die verloop van die natuur, dat selfs die taaiste ou leeus mettertyd plek moet maak vir die jonger mannetjies en hy verwese en vernederd die aftog moet blaas – dis nou as hy die geveg oorleef. Die ou olifantbul sal nie lank standhou voor ‘n jong bul nie, al is sy tande langer en swaarder as die jongeling s’n. Dit help nie dat hy wat Jan Verwey is, nou van homself ‘n gek maak oor ‘n meisiekind wat letterlik jonger is as wat sy eie sou wees as hy op sê maar twintig of selfs vyf en twintig getrou het.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (8)
VRYBURGER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die reën het die aarde nie net natgemaak nie, maar ook hier en daar sagte modder gelos, waardeur die swaargelaaide waens moeisaam beweeg as die dun wiele wegsak in die kleiagtige grond.
Jan kom agter dat Franci al meer saam met die wa loop en nie meer op die wakis saamry nie. Die afgelope tyd se sonlig, wind en skoon lug het ‘n gesonde blos op haar wange gebring. Sy het vir haar ‘n sonkappie geprakseer uit een van die rolle lapmateriaal wat Jan saamry, om uiteraard aan die boere se vroue te verkoop. Dis ook blou, soos haar rok, maar ‘n paar skakerings donkerder.
Met ietwat teësin het Jan haar toegelaat om Goliat te ry en sy geniet dit terdeë. Daar is min dinge so lekker as om op ‘n sterkgespierde, vinnige en kragtige perd te ry, om die magtige dier die rigting te laat inslaan waarheen jy wil hê dit moet gaan, bloot deur die teuels te genruik, of ‘n drukking van jou voet teen sy ribbes.
NAPOLEON EN GIDEON
Dr Gustav Norval
(Hier volg ‘n kosbare dog minder bekende uittreksel uit die lewens van bogenoemde helde - Red)
Napoleon het bekendheid verwerf met die oorlog teen die Oostenrykers gedurende 1796 en teen die Turke en Egipte tydens 1798. Gedurende November 1799 het hy die Franse revolusionêre regime omver gewerp en hoof van die land geword. 1800 Het hy Oostenryk aangeval en 1804 het hy homself as emperator van Frankryk gekroon. Gedurende 1806 het hy Europese lande ingeval en Europa aan hom onderwerp. Hy het die Britte, Duitsers en Russe verslaan en Spanje tydens 1808 ingeval. Die volgende jaar het hy Oostenryk weer aangeval en 1810 was Rusland ingeval, maar die Russiese winter het sy weermag uit die land verdryf.
Gedurende 1813 het gekombineerde magte van Pruise, Oostenrykers en Russe vir Napoleon aangeval en hy het hulle by Leipzig verslaan. Die volgende jaar het dieselfde alliansie hom opnuut aangeval. Hy het onder druk van die Europese koningshuise geswig en was toe na die eiland Elba verban. Februarie 1815 het hy van Elba ontsnap en daarna die Franse regering met geweld onttroon, maar die Britte, Oostenrykers en Duitsers het Napoleon opnuut rondom Junie 1815 aangeval en by Waterloo verslaan. Daarna was hy deur die Britte vir die res van sy lewe na die eiland St. Helena verban, waar hy onder toesig van Lt.genl. Hudson Lowe geplaas was.
Napoleon se medikus en ‘n paar van sy weermag-offisiere was ook saam met hom verban. Napoleon het gely aan erge periodieke maagkrampe en verlamming van sy bene, alles simptome wat eers baie later deur ‘n Sweedse tandarts as arseen-vergiftiging herken was. Napoleon het op 51 jarige leeftyd op 5 Mei 1821 ‘n baie pynlike dood gesterf.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (7)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Dis baie vroeg as Jan vir Goliat opsaal. Hy het lank oor die saak gedink, maar uiteindelik die Snider .577 verruil het vir een van die nuwer Martini-Henri’s. Hy is nie seker of die visiere ingestel is nie en moet maar daarop staatmaak dat die vervaardigers dit gedoen het. Die feit dat die Engelse so mis skiet, troos hom nie baie nie, en hy hoop maar vir die beste.
Sie en Sa is al besig om die waens in te span as die vrou uit die wa kom. Sy het lekker geslaap en is dankbaar vir die feit dat Jan sy slaapplek vir haar opgeoffer het.
Natuurlik het sy niks saamgebring nie, maar met Jan se ma se haarborsel en die water wat Sie vir haar wa toe aangedra het, kon sy weereens was en haar hare borsel. Daar is koffie en roosterkoek vir ontbyt en sy is baie dankbaar daarvoor.
“Môresê, Nonnie!” groet Sie en Sa feitlik tegelyk.
“Môre julle twee,” groet sy terug. “Waar is Jan?”
“Daar ry hy al, Nonnie. Hy gaan kyk of hy nie vars vleis vir ons gaan kry nie.”
Sy kyk op na waar Jan reeds meer as ‘n honderd tree van die laer af is. Al is hy nie so groot gebou nie, merk sy op dat hy breë skouers het en dat hy baie regop in die saal sit. Daar is iets sterk en indrukwekkend aan die man en sy kyk totdat hy oor die eerste bult verdwyn.
“Gaan hy lank wegbly?”
DENKBEELDIGE EN WARE MISDADE – TRUMP, RFK & JFK
MIKE KING
Die New York Times het bevestig dat vyf van die geheime diens se agente wat by die Trump-saamtrek waar daar ‘n mislukte moordaanslag op sy lewe plaasgevind het, weer in hulle poste aangestel is. Die agente sal op die agentskap se betaalstaat bly terwyl ondersoeke voortgaan.
Soos 'n mens sou verwag in hierdie era van uurlikse nuussiklusse, het alle simpatie wat verkry is deur die VERVALSTE "sluipmoordpoging" op bevelvoerder Trump, reeds verdwyn. Anders as die VALSE "sluipmoordpoging" op kandidaat Theodore Roosevelt in 1912 – wat net drie weke voor 'n verkiesing plaasgevind het waarin die voormalige president net genoeg Republikeinse stemme kon wegsteel om Demonrat Deep Stater Woodrow Wilson verkies te kry. Die 13 Julie "sluipmoordpoging" op Trump het te vroeg in die wedstryd gekom. Die tydsberekening laat dus die vraag ontstaan: Waarom het die White Hat Productions nie tot die herfs gewag en dit as 'n dramatiese "Oktober-verrassing" opgevoer nie?
Antwoord: Die motief agter die opvoering van die VALSE skietery was glad nie om Trump se verkiesingskanse te verhoog nie (sy "terugkeer is reeds onvermydelik"). Dit was iets anders; en die feit dat die "ondersoek" na die saak – soos bewys uit hierdie Sondagverhaal in die White Hat Times - voortgaan, bewys dit.