Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om te sien is nie geloof nie, en om te hoor of te voel is ook nie geloof nie. Om te glo wanneer ons nie kan sien, hoor of voel nie – dit is geloof. As ons God deur ons geloof wil behaag, moet ons glo voordat ons voel, en meer dikwels ten spyte van ons gevoelens glo dat Hy in beheer is.
EGSKEIDING EN WEER TROU
In hierdie moderne tyd dink ons dat die Bybel se betekenis soos al die ander dinge verander het, maar dit is die een saak wat so vas soos 'n rots staan: die Bybel het vandag nog presies dieselfde betekenis as al die eeue. Met betrekking tot egskeiding sê Jesus vir sy dissipels: "Wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie". Ook dat die man en die vrou egbreuk pleeg wanneer hulle weer met iemand anders trou – lees Markus 10: 6 ...van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.
7 Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
8 en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
9 Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
10 En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.
11 En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ’n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
12 en as ’n vrou van haar man skei en met ’n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
Die uitsondering waar God ‘n tweede huwelik toelaat is wanneer een huweliksmaat gesterf het; iets heeltemal buite die beheer van die mens. Nog dink mense niks daarvan om te skei en te trou nie. Daar word gesê dat drie uit vier huwelike deesdae in die skeihof land. Dit beteken driekwart van ons mense pleeg die sonde waaroor God ons in Markus 10 waarsku! Wie dínk ons ís ons om hierdie woorde van Jesus in die wind te strooi asof dit nie meer vandag op ons van toepassing is nie – wat maak óns geslagte so besonders dat óns los en vas mag trou en skei!
IS SPOKE ‘N WERKLIKHEID?
Ds A.E. van den Berg
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Ef.6:12).
Is daar so ’n iets soos spoke? Dit hang af van wat presies met spoke bedoel word. As dit geestelike wesens sonder ʼn liggaam is, ja. Indien dit die geeste van afgestorwenes is, nee. Die Bybel sê baie duidelik dat daar so ʼn iets soos geestelike wesens is, goeies en slegtes. Dit wys egter die idee van die geeste van ontslape mense wie se gees op die aarde agterbly onomwonde af.
Sodra ʼn mens sterf, volg daar ʼn voorlopige oordeel. Jesus sê vir die misdadiger aan die kruis: “…Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk.23:43). Die paradys is die wagkamer na die hemel. Wie hul daarin bevind, ervaar groot vreugde omdat hulle ná die laaste oordeel saam met Jesus na die nuwe hemel en nuwe aarde (Nuwe Jerusalem) vertrek.
ONS BRON VAN KRAG
Hannes Ollewagen
Fil. 4:10-23
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (:13).
Ons het gedurende die afgelope paar dekades menigmaal die waarskuwingskrete teen die humanisme vanuit behoudende, Christelike oorde gehoor. Die verkeerdheid en gevaar van hierdie skewe lewensbeskouïng is van verskillende kante uitgewys. En dit is aanhoudend en herhalend gedoen juis om die erns hiervan te probeer beklemtoon. Ons is immers as gelowiges die verantwoordelikheid van waarskuwing en vermaning opgelê. “Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.” (Heb. 3:13).
Wanneer ons vandag sien hoe dinge in die samelewing gaan, bevestig dit vir ons dat hierdie vermaninge en waarskuwingskrete nie vir een oomblik ongegrond was nie. En dat dit nie vir een oomblik oordrewe was nie. Die absolute selfsug en selfgesentreerdheid wat só ’n groot deel van die samelewing in ’n wurggreep het, is die logiese gevolg van so ’n skewe lewensbeskouïng waarin die mens sentraal en absoluut verhewe geplaas word.
STAAN DAN OP!
As ons wonder hoe die' Nuwe Suid-Afrika' met sy Afrikatyd onder die ANC gaan eindig? Die BYBEL maak sulke situasies duidelik: "Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande vou om te rus; dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man." – Spreuke 33-34. Die rugbystadions gaan nog propvol Afrikaners sit wanneer ons “armoede” nie aangeloop kom nie, maar op ons neerdonder soos ‘n bliksemstraal!
VERRAAIERS SE TYD WORD KORT...
Seker een van die heel grootste redes waarom ons volk en land in hierdie vervalle toestand is, word reeds in die Ou Testament van die Bybel genoem. Die Here waarsku daar teen die vals profete wat leuens verkondig en hoe kwaad dit die volk doen. Was dit nie vir al die leuens vanaf preekstoele nie, het die Afrikanervolk (wat hulle ore al te vinnig uitleen vir die leuen) heel moontlik vandag nie onder 'n korrupte en onvermoënde swart regime gekwyn nie. U weet, wanneer 'n mens sy bekende vyand sien, weet hy dis sy vyand en handel hy daarvolgens. Maar wanneer sy eie volksgenote sy vyand word, wil hy dit nie glo nie; dit lyk dan nie soos 'n vyand nie – daarby het die Afrikaner 'n vernietigende verdraagsaamheid wat besig is om sy ondergang te bewerkstellig.
Lees wat die Here in Jeremia sê: " ... Ek het dit teen die profete wat my woorde steel... wat leuenagtige drome profeteer, dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en grootpratery terwyl Ek hulle nie gestuur het nie... en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie..." – Jeremia 23.
Laat ons ophou om agter die meerderheid te skuil; word 'n denker, iemand wat 'n saak deeglik deursoek na die waarheid, iemand wat nie huiwer om die leuen en veral die leuenaar aan te spreek en selfs te vernietig nie! Ons durf geen verdraagsaamheid teen die verraaiers in ons volk toon nie. Ons werklike vyande is in volgorde: Satan, volksverraaiers, en heel laaste die onnosele regime. Hulle sou nie vandag daar gewees het as dit nie was dat ons uitverkoop is deur mense wat ons kleur is, ons taal praat en ons belieg het nie.
Bid dat God ons sal vergewe omdat ons hierdie pragtige land sonder 'n druppel bloed weggegee het. Pleit dat Hy ons nog een kans sal gee om te bewys dat ons hierdie land waardig is; dat ons dit met Hom alleen aan die stuur vanaf ons knieë kan rein hou, en dat ons bereid is om wanneer Hy ons land kom reinig van al die afgode, dit weer op te bou tot die christenland wat dit eens was – alles daarvan tot eer van sy heilige Naam!
MENSGEMAAKTE NATUURRAMPE
Op 8 September 2023 het 'n verwoestende aardbewing van 6.8 (richter) Marokko getref, hoofsaaklik die Atlas-streek waar meer as 3 000 mense gesterf het en 100 000 kinders geraak is. Duisende mense word steeds vermis onder die hope eindelose puin. Geoloë sê dié aardbewing was die grootste wat die hart van Marokko in meer as 120 jaar getref het.
Verskeie persone het weerlig sien verskyn voor die aardbewing Marokko getref het – blou ligte gevolg deur die verwoestende aardbewing. Die Daily Mail praat ook van geheimsinnige ligte net 'n paar sekondes voor die bewing plaasgevind het. Bespiegelings oor die oorsprong van die ligte is tans wyd verspreid.
Vreemd, niemand van die "amptelike" hoofstroommedia vergelyk dit met die Turkye/Sirië seismiese gebeurtenis op 6 Februarie 2023 (7,8) nie, waarvan 'n groot aantal seismoloë en wetenskaplikes sterk vermoed en dit hardop uitgespreek het dat dit 'n mensgemaakte – HAARP-tegnologie – verskynsel was. (HAARP staan vir High-frekwensie Active Auroral Research Program wat aan die Amerikaanse lugmag gekoppel is.) Die dodetal van die aardbewing in Turkye/Sirië beloop meer as 60 000, met meer as 'n halfmiljoen beseerdes en 'n gebied van sowat 350 000 km2 beskadig – omtrent so groot soos Duitsland. Die HAARP-voorloper en analogie met Turkye kan relevant wees vir die aardbewing in Marokko.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (9)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Lêer 98070/65
Die verhaal van die moord op dr. Verwoerd is ook die verhaal van Lêer 98070/65. Dit is die verhaal van ’n staatsdienslêer wat266 dae lank tussen verskillende staatsdepartemente rondgeswerf het. Dit is die lêer wat tussen die veiligheid van Suid-Afrika se Eerste Minister en sy sluipmoordenaar, Demitrios Tsafendas, gestaan het.
In daardie lêer was ’n aanbeveling dat Demitrios Tsafendas, alias Tsafendakis, as ’n ongewenste persoon uit Suid-Afrika gedeporteer moes word.
SO N VOLK WAS ONS:
‘n Volk met ‘n gelowige leier is baie geseënd. So 'n volk was ons tot 1966. So 'n leier se gees is te edel om die volksvyand te bevoordeel en sy liefde vir sy volk te groot om hulle leed aan te doen. So ‘n leier sterf in werklikheid nooit nie, maar bly vir altyd in die gees van sy volk voortleef.
En waar daar 'n Godlose regime aan bewind is, kan geen volk rustig en in vrede saamleef nie, sal hulle voortdurend rusie met mekaar soek, mekaar verraai, verneder en vernietig. Daar is net een grondslag waar dit verkeerd geloop het: Jesus het die wetgeleerde op sy vraag wat die "groot gebod in die wet is" só geantwoord: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel en met jou hele verstand. En die tweede watgelyk hieraan staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Ons verskeurde ou volkie weet nie meer wat naasteliefde beteken nie. En as ons die tweede gebod nie eers kan onderhou nie moet ons onsself nie bluf en dink dat ons God so liefhet as wat Hy ons beveel nie. En dan wil ons nog aanspraak maak op die voorregte van 'n volk van God!
OM NABY HOM TE LEEF
Hannes Ollewagen
Ps. 24:1-10
“Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil.” (:3-5).
Ons word in hierdie gelese gedeelte aan ’n baie belangrike waarheid herinner. En dit is dat ons nie kan verwag om naby aan God te leef, om in ’n gesonde verhouding met Hom te staan sonder om met erns op ons lewenswyse te fokus en heiligmaking na te streef nie. Ons kan nie verwag om ’n lewe van sondigheid te lei en terselfdertyd verwag dat die verhouding tussen ons en God gesond sal wees nie. En dit beteken nie dat ons sondeloos moet wees om in ’n verhouding met Hom te staan nie, want geen mens wat leef is sonder sonde nie. Maar dit beteken wel dat ons nie met gerustheid in sonde moet leef nie. Ons moet die verkeerde dinge in ons lewe bestry en die heiligmaking najaag. “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;” (Heb. 12:14). Ons moet daarna streef om in ons handel en wandel rein en heilig te wees. “Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die Here julle God.” (Lev. 20:7).
SPYT OF BEROU?
Ds A.E. van den Berg
“ʼn Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd. En hy antwoord en sê: ‘Ek wil nie’; maar later het hy berou gekry en gegaan” (Mt.21:28,29).
Spyt en berou is nie dieselfde ding nie. Spyt het met selfbejammering te doen. Jy sê vir jouself: As ek maar net nie dit of dat gedoen het nie, was dinge nou beter. Daarenteen het berou niks met myself of my eie voordeel te doen nie, maar met God en medemens wat ek met woorde en/of dade te na gekom het.
Dit maak van berou feitlik ʼn Bybelse begrip want dit het niks met eie voordeel te doen nie; maar met dié van ander mense. God is die sprekende voorbeeld hiervan. Hy het Hom in Jesus nie as ʼn mens gebore laat word om tot eie voordeel aan ʼn kruis te sterf nie, maar tot ons voordeel (verlossing) gedoen.
Daarom bring die evangelie van verlossing koersveranderings in sondaars se lewens. Dit laat jou weg van jouself kyk en ander mense raaksien. Ware berou is om jammer te wees dat jou verkeerde optrede ander benadeel het. En dis hoe hierdie gelykenis verstaan moet word – ʼn skynbaar eenvoudige verhaal maar waarvan die betekenis nie maklik verstaan word nie.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (8)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Was daar medepligtiges?
Op 20 April 1972 het daar ’n kort maar betekenisvolle berig in Die Vaderland middagblad van Johannesburg, verskyn. Dit was afkomstig van Port Elizabeth en die inleidende paragraaf daarvan het gelui: “Demitrios Tsafendas het wyle dr. H.F. Verwoerd onder die dwang van intensiewe breinspoeling en sterk na-hipnotiese suggesties vermoor. So glo mnr. Willie Visser, studente-voorligter aan die Universiteit van Port Elizabeth.”
Die mnr. Visser na wie die blad hier verwys, is ’n seun van wyle A.G. Visser, die bekende Afrikaanse digter. Hy is ’n opgeleide sielkundige wat sedertdien sy doktorsgraad verwerf het.
Post-hipnotiese suggestie, het dr. Visser verduidelik, is die verskynsel dat ’n persoon gedwonge is om ’n sterk opdrag wat onder hipnose aan hom gegee is, uit te voer nadat hy weer wakker gemaak is. Hierdie aspek van hipnose kan gevaarlik wees en vorm die laaste fase van breinspoeling. Hoewel ’n persoon normaalweg onder hipnose of daarna nie iets sal doen wat teen sy opvattings of beginsels indruis nie, kan sy gedrag deur intensiewe hipnotiese suggestie in ’n sekere rigting gekondisioneer word met subtiele en gesofistikeerde suggesties. So ’n kondisioneringsproses of breinspoelingsproses kan maande duur totdat ’n persoon dan uiteindelik die slaaf word van die suggesties - ook die post-hipnotiese suggesties, aldus dr. Visser.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (7)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die Eleni in Kaapstad
In Julie1966 - die presiese datum het nooit aan die lig gekom nie - het ’n Griekse vragskip, die Eleni, Tafelbaai binnegevaar vir herstelwerk. Niemand het kennis geneem waarvandaan hy gekom het nie en niemand het belang gehad waarheen hy onderweg was nie. Die Eleni was maar nog net een van die talle skepe wat feitlik daagliks Kaapstad aandoen. Dit was eers in die dae onmiddellik na 6 September 1966 dat hierdie onbekende Griekse vragskip ’n prominente plek begin inneem het terwyl die verhaal van die sluipmoord op dr Verwoerd besig was om broksgewys te ontvou.
Tsafendas, die sluipmoordenaar, was bewus van die aankoms van die Eleni in Tafelbaai. Hy het daarvan in ’n koerant gelees, het hy gesê. Terwyl die skip meer as veertig dae in die hawe gelê het, was hy 'n gereelde besoeker daar. Hy het bevriend geraak met die oorwegend Griekse bemanningslede. Hulle het saam die beleid van die Verwoerd-regering veroordeel omdat Kleurlingvrouens nie toegelaat is om aan boord van die skip te gaan nie. Hulle het uitgevaar teen die Ontugwet. Op die Eleni het Tsafendas navraag gedoen na ‘n pistool en ’n mes.
SWART HAAT EN BLANKE VERRAAD
Ramaphosa die swyger
Terwyl die anargie in die land toeneem, het die leier van die EFF by ’n reuse saamtrek in die FNBstadion in Soweto sy oproep vir plaasmoorde in ’n arrogante toespraak herhaal. ”Kill the Farmer, Kill the Boer” het uit duisende keel opgeklink en bevestig dat dit groot byval vind. Terwyl die Menseregte-kommissie tandeloos toegekyk het, het die staatshoof van Suid-Afrika, president Cyril Ramaphosa geswyg soos die graf. Waar hy in Amerika ’n tyd gelede ontken het dat daar iets soos plaasmoorde in Suid-Afrika is, was dit ook te wagte dat hy niks oor Malema se oproep sou sê nie. Die EFF word ook in die vlerke van die ANC getroetel as ’n moontlike bondgenoot om beheer in die parlement te behou. Oor die uitgesproke haatspraak van Malema is dit genoeg dat leiers swyg om eintlik aandadig te wees daaraan. Ons neem ook kennis daarvan dat Ramaphosa ’n maand gelede by die kongres van ANCYL (die ANC se jeugbeweging) ’n beroep op die ANC-jeug gedoen het om weer so radikaal en aggressief te raak soos hulle in die 1980’s was. Dit pas alles in die patroon van Ramaphosa se aggressiewe uitsprake die afgelope tyd; en verklaar ook waarom hy swyg oor die EFF se oproep dat boere op plase vermoor moet word.
DIE BYBEL WAARSKU OOR DOBBEL
Christene in Suid-Afrika: Hoor wat die Bybel oor dobbelpraktyke sê!
Anita Joubert
Die Here het onlangs vir my die opdrag gegee om hierdie boodskap uit te stuur. Ek wou egter eers seker maak dat ek die regte doen, en daarom het ek vir ʼn bevestiging gevra. Meer helder en duidelik as wat Hy dit vir my gegee het, kon ek nie voor vra nie.
Hierdie boodskap is bedoel vir elkeen in hierdie land wat homself ʼn volgeling van die Here Jesus Christus noem, en dink dat daar niks mee verkeerd is om so ʼn bietjie te dobbel of om die Lotto te speel nie. Dit is só – en dit is baie hartseer – dat mense dikwels dinge uit onkunde doen. Die Here sê in Hosea 4:6 dat sy volk te gronde gaan weens ʼn gebrek aan kennis. Dit is die 1953-Afrikaanse Vertaling. Die 1983-Vertaling stel dit so: “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie.” As ons toegewyd aan die Here lewe, dan lees ons die Bybel en weet en glo wat daarin staan.
Hoor vandag wat die lewende God van dobbel sê: “Maar julle wat die Here verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat ʼn tafel dek vir die geluksgodin en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot, Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal buig om geslag te word . . .” Die 1983-Vertaling gebruik die name van die twee afgode, Gad en Meni. In vers 12 sê die Here: “Ek, die Here, gaan julle straf met die dood, julle sal almal inmekaar sak en doodgesteek word, omdat julle nie geluister het toe Ek geroep het nie.”
ONDER SY KONINGSKAP
Hannes Ollewagen
Luk. 1:26-38
“En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.” (:31-35).
En Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. Ek het al baie oor hierdie woorde gewonder. Wanneer ons rondom ons kyk, lyk dit nie asof die koninkryk van die HERE in hierdie wêreld uitgebrei word nie. Inteendeel, dit lyk asof daar soveel aanslae en verleiding van wêreldse dinge is dat die aantal mense wat met die dinge van die HERE bemoeienis maak al minder word. In ons menslikheid raak ons seker met tye benoud dat die koninkryk van onse HERE tot niet sal gaan.
22e HERDENKING VAN 9/11
Gister was dit die 22e herdenking van die aanval op die World Trade Centre en Pentagon bekend as 9/11. ’n Generasie 22-jariges het ná 9/11 grootgeword, en die gebeurtenis beteken waarskynlik niks vir hulle nie. Hulle leer dat dit 'n aanval op Amerika was soos die Japannese aanval op Pearl Harbor, en 9/11 verdwyn in die geskiedenis.
Dit is ook onwaarskynlik dat iemand onder 40 baie bekommerd is oor 9/11. 'n 40-jarige sou in 2001 18jr oud gewees het en sou waarskynlik 9/11-vraagstukke as samesweringsteorie afmaak. Vandag se jeug is meer geneig om te marsjeer ter ondersteuning van "verskeie alomteenwoordige sosiale kwessies" as om te wonder oor die bron en doel van die 9/11-aanval.
DIE WINTER VAN ONTEVREDENHEID
Juliemaand vanjaar, en die eerste week van Augustus, het ons sterk herinner aan die wekelange geweld in Natal in Julie 2021. Die patroon van algehele anargie wat weke lank duur, kom al meer voor, en dit dui telkens op ’n disfunksionele staat en ’n disfunksionele samelewing.
Die een geval wat sterk in die nuus was, was die skadelike staking van werkers in die Tshwane-munisipaliteit. Regoor Pretoria is dienslewering ontwrig, betogings gehou en paaie versper. Dit het gepaard gegaan met aanvalle op werkspanne wat elektriese herstelwerk moes doen. Selfs gesondheidswerkers is aangeval waar hulle opgedaag het om noodhulp te verskaf.
Die tweede ontstellende geval van geweld was natuurlik die ontwrigtende taxi-staking in die Wes-Kaap, waar 10 busse aan die brand gesteek is, paaie versper is met brandende bande, winkels geplunder en geboue aan die brand gesteek is. Die aanvalle op busdienste duur nou al vir etlike maande, waar bendes verbonde aan taxi-vakbonde op busse vol passasiers skiet, veral op die roete tussen die Kaap en die voormalige Transkei (die Oos-Kaap Provinsie).
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (6)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Eerste dreigement
Hoewel sluipmoord as ’n politieke wapen in sekere wêrelddele feitlik ’n alledaagse verskynsel geword het, was dit tot met die aanslae op die lewe van dr. Verwoerd in die sestigerjare iets heeltemal vreemds aan Suid-Afrika. Dit was iets waarvan periodiek in die koerante gelees is, maar op die meeste mense in Suid-Afrika het dit geen indruk gemaak nie. Dit is iets wat tot die Piesang-republieke, die Verre Ooste en die Arabiese lande behoort. Dit kan nie hier by ons gebeur nie, het die mense geglo.
KERK EN LEUENS
Ds A.E. van den Berg
“En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, stellig nie! Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord...?”(Luk.20:16,17).
In die tyd van Jesus was die kerklui skynheilig, vals en eiegeregtig. Ongelukkig het mense eerbied vir hulle gehad het. Hulle was as’t ware die gewete van die volk en immers God se verteenwoordigers op aarde, of hoe? Alles behalwe! Hulle was net op eie belang ingestel en egopoetsers.
Niemand draai God ʼn rat voor die oë nie. Jesus het as God almagtig dwarsdeur hulle kunsmatige godsdienstige vertoon gesien en hul telkens sterk aangespreek: “Wee julle, Skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid “ (Mt.23:27,28).
NABETRAGTING VAN BRICS-KONFERENSIE IN SA
Met dank aan die INSTITUUT VIR KULTUUR EN GESKIEDENIS
Die BRICS-konferensie het gekom en gegaan. Pres Vladimir Poetin is toe nie in Suid-Afrika gearresteer soos die anti-Russiese koalisie van Amerika, Brittanje en NAVO dit wou hê nie. In die proses moes SA se Ramaphosa aansienlike toegewings maak. Een daarvan was om die deelname van Rusland aan BRICS te verswyg en dit as van minder belang af te maak. Dit het die gevolg dat die ware rede vir SA se lidmaatskap van BRICS duidelik geword het, naamlik die baie noue verhouding tussen die ANC-bewind en kommunistiese Sjina. Dié verhouding dateer al sedert die ANC se terreurstryd in die vorige eeu, en veral ook na 1994 in die “transformasie” van die RSA se buitelandse beleid. Onder Jacob Zuma is die bande tussen die ANC-regime en Sjina grootliks versterk, en dit was duidelik uit die onlangse formele staatsbesoek van Sjina dat dit die hoof-platform is waarop die ANC graag wil staan, en nie noodwendig by Rusland nie. Ramaphosa was as adjunk-president onder Jacob Zuma ook dikwels na Sjina gestuur; en dan het ons nou die afgelope drie jaar met sy staatsrede telkens gehoor van die groot nuwe stad wat in die gebied tussen Johannesburg en Pretoria opgerig sou word, met behulp van Sjina. Sjina het reeds miljarde Rand geskenk om ESKOM in sy nood by te staan, en sodoende ’n voet in die deur gekry op die terrein van energieverskaffing ̶ sigbaar op die patroon wat die Sjinese elders in Afrika volg.