Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons nie van die ongelowiges verskil, het ons niks om vir hulle om te sê nie. Sonder ’n getuienis is ons vir die koninkryk van God net so min werd as ’n stelskopper met net een been!
DIE WESTE SAL ONTHOU WORD...
...VIR HULLE ROL IN DIE VOLKSMOORD OP PALESTINA
The Economist, ‘n Britse tydskrif, het 'n artikel gepubliseer waarin hulle voorgee wat die rede is waarom meer as die helfte van die Palestyne wat vermoor word, kinders is. Die skrywers probeer ‘n vergelyking tref met wat in die Oekraïne gebeur waar minder as 550 van die ongeveer 9 800 burgerlike sterftes sover kinders is. Hulle is van mening dat die enorme dodetal van kinders die Gasa se “besonder jeugdige demografie weerspieël”. Die waarheid word egter nie genoem dat soveel kinders sterf as gevolg van die aanhoudende aanvalle, een oorlogsmisdaad na die ander, teen die burgerlikes wat geen skuiling het nie. Dit word gedoen in die nastrewing van 'n strategie van kollektiewe straf wat neerkom op volksmoord en etniese suiwering, met die volle ondersteuning en hulp van die VSA.
Khaled Elgindy, direkteur van die Midde-Ooste Instituut se Program oor Palestina en Palestyns-Israeliese Aangeleenthede, het in Newsweek verduidelik dat die verontmenslike retoriek die idee aan die leser oordra dat “die lewens, lyding en menslikheid van Palestyne minder werd is as die lewens, lyding en mensdom van Israeli’s.” Die Palestyne word uitgeskel vir “diere” en “wilde karikature”. En soos die volksmoord- en Holocaust-kenner Raz Segal bevind het, is die Israeliese oorlog op Palestina 'n "handboeksaak" volgens die kriteria van die 1948 VN-volksmoordkonvensie.
HOE OM DEUR DIE LEUENS TE SIEN
Die afgelope paar jaar het ons deeglik kennis gemaak met infame leuens en die wêreldwye verspreiding daarvan. Die Wêreldgeldmag het met satan, vader van die leuen, daarin geslaag om met nogal deursigtige leuens oor die korona-virus, toe die oorlog tussen die Oekraïene en Rusland, en nou die oorlog tussen Israel (VSA) en die Palestyne, die hele wêreldbevolking op hol te jaag. En hulle is nog nie klaar daarmee nie want die suksesse sover sal hulle noop om dit baie verder te vat. Hulle sataniese smagting na mag en geld kan net nie ophou nie en dit sal maak dat hulle ook eendag die woorde sal hoor: “Voorwaar Ek sê vir julle, Ek ken julle nie”. Met die woorde “Here, Here ....” in Mt.7:21 erken die dwaalleraars Jesus se heerskappy en herhaal dit selfs. Desondanks vra hulle Hom om Hom van hul voortreflike optredes te vergewis omdat hulle in sy Naam geprofeteer, bose geeste uitgedryf en wonders gedoen het.
Die Antichris gaan ook wonders doen ten einde mense te mislei: “...hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen” (2 Thess.2:9). En wanneer dit gebeur – die tyd is naby – gaan diegene wat nie deur die leuens van die Antichris en sy bende kan sien nie, ewig heltoe. Maar dit is nie nodig om so deur die leuen mislei te word nie. Daar is een vaste bron waarop ons kan staatmaak om ons oë vir die waarheid oop te maak. Om die waarheid van die leuen te onderskei, is ʼn deeglike kennis van die bron van die waarheid (Bybel) nodig.
DIE JODE EN DIE OU TESTAMENT
Dr Danie Theron
Matt 15:3 Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?
In ‘n vorige artikel is daarop gewys dat die Jode met die geloof bekend as die Judaïsme-aanhang, nie die Ou Testament as gesagsbron het nie, maar wel die Babiloniese Talmoed. Hierdie feit is nie alombekend in die Christendom nie.
Baie Christene (indien nie die meeste nie) dink dat dié Jode net oortuig moet word van Jesus; dat Hy die beloofde Messias is. Gevolglik is hulle van mening dat ons en hierdie Jode eintlik baie naby aan mekaar is en dat hulle ons “bure” is; ons “broers”.
Wel, dit is baie ver van die waarheid. Indien die Talmoed van nader bekyk word, sal mense geskok wees oor wat die inhoud behels.
Hoe het die Talmoed ontstaan? Die Fariseërs en skrifgeleerdes het reeds voor die koms van Jesus talle reëls neergelê wat die Jode moes gehoorsaam. Jesus was dus ook talle kere daarmee gekonfronteer dat Hy die “oorlewering van die ou mense” oortree het. Dit was reëls wat sogenaamd afgelei was van die wet (die Tien Gebooie).
GEHOORSAAMHEID AAN HOM
Hannes Ollewagen
Gén. 26:1-35
“En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.” (:4&5).
Geliefdes, hierdie gedeelte laat my aan ’n algemene verskynsel in die lewe dink. Ons sien ouers wat in hul lewens hard werk en goeie besluite neem en aan hul kinders die goeie gevolge daarvan nalaat – ’n lewe makliker as hul eie. En dan sien ons ongelukkig ook meer gereeld die teendeel – mense wat swak en verkeerde besluite maak en daardeur nie alleen die lewe vir hul nageslag geensins makliker maak nie, maar ook menigmaal die goeie besluite en harde werk van vorige geslagte uitwis. Ons sien uit Spreuke 13:22 dat die wyse Salomo ook hierop gelet het. “'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.”
DIE JODE VAN ISRAEL
Dr Danie Theron
Meeste Afrikaners verkeer onder die indruk dat die “Jode” wat in Israel woon, afstammelinge is van die Jode van die Bybelse tyd. Niks kan egter verder van die waarheid wees nie.
Die Jode van die Bybelse tyd was afstammelinge van een van die twaalf stamme, naamlik Juda. Hulle is Jode genoem. Paulus self was ‘n Jood en het diwels melding daarvan gemaak. Hy is ‘n Jood wat nadruk op sy nasionalitieit en afkoms gelê het, ‘n Israelse verwysing na die verbondsvolk en ‘n Hebreër, met verwysing na sy taal en tradisie. Sien bv Rom 12:1.
So weet ons dan nou reeds dat die Judaïsme as godsdiens juis ontstaan het uit die leerstellings van die Fariseërs – wat Jesus verwerp het – dit wil sê ‘n godsdiens wat ook ‘n streep getrek het deur die Ou Testamentiese godsdiens van die Jode.
Omdat die Jode Jesus verwerp het is aan vleeslike Israel die naam Jood ontsê:
"Want nie hy is n Jood wat dit in die openbaar is nie, ... maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is... – Romeine 2:28,29."
KERK VERVOLG DIE KERK
Ds A.E. van den Berg
“Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? (1 Pet.4:17)
Aan die einde van die NT is daar ʼn paar Sendbriewe wat aan gelowiges gerig is wat weens geloofsvervolging moes vlug. Hierdie tydperk is die verstrooiing genoem. Om hierdie gelowiges te bemoedig, het van die dissipels skrywes ter bemoediging aan hulle gestuur om gesirkuleer te word en is met die ontstaan van die Bybel daarin opgeneem.
Een van die hooftemas van die skrywes is geloofsvervolging wat niks vreemd vir gelowiges moet wees nie. Jesus sê vir sy dissipels: Paulus skryf aan Timoteus wat ook vervolging in die gesig gestaar het: “En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word” (2 Tim.3:12).
Die punt is: Gelowiges moet vervolging verwag. Dis eie aan geloofslewe. Sulke vervolging word nie net van buite die kerk geloods nie, maar ook van binne. Die Roomse Kerk het bv. miljoene mense wat nie met haar afgodiese leer saamgestem het nie, laat vermoor.
STILTE BRING WYSHEID
HERE, leer my die stilte van nederigheid, die stilte van wysheid, die stilte van konsentrasie, dit stilte wat praat sonder woorde, die stilte van geloof, maar veral om my hart stil te maak sodat ek die influistering van u Gees kan hoor.
DIE NAAM VAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Joh. 17:1-26
“Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.” (:6&8).
“Die pen is magtiger as die swaard” lui die bekende spreekwoord. En hierin is baie waarheid. Die rede hiervoor is natuurlik dat met die mond, of dan die pen, kan ’n persoon se karakter, ’n persoon se naam, baie skade berokken word. Mense wil nie met iemand wat ’n slegte naam het, assosieer nie. En die teenoorgestelde is ook waar dat mense graag met iemand met ’n goeie naam wil assosieer. Hierdie waarheid word vir ons só raak in Spreuke 22:1 beskryf. “’N NAAM is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.”
DIE DEUGNIETE IN JOU LAND IS JOU ONDERGANG
Speel jy die lotto? Of doen jy besigheid op Sondae? Of dalk bly jy sommer saam met iemand sonder om God se seën in 'n huwelik te verkry het; of glo jy dat homoseksuele geregverdig voor ons HERE staan? Dalk dink jy dat aborsie nie verkeerd is nie? Die 'deugniete' in jou land wat al hierdie sondes gewettig het en wat jou hierdie afgode laat aanbid moet met die swaard doodgeslaan word, sê God, sodat jy weer sy Gebooie sal hou en Hom dien en Hy sy toorn van jou en jou volk sal wil afwend – Deut 13.
PALESTYNSE VOLKSMOORD
Meer as 8 000 Palestyne is die afgelope drie weke in Gasa dood.
Elke dag van hierdie gruwelike en steeds groeiende Israeliese aanslag sal ten minste 'n 1 000 meer vermoor word.
Skole en hospitale word geteiken. Die onuitgesproke dog doelbewuste doelwit is om Palestynse kinders dood te maak. Meer as 40% van die slagoffers is kinders. ‘n Verslag van die Palestynse Gesondheidsowerhede, berig dat minstens 3 360 kinders tot dusver vermoor is.
Moskees, kerke, woongebiede, bakkerye, kommunikasie-infrastruktuur word geteiken. Water, elektrisiteit en brandstof is na Gasa afgesny en meer as 200 000 wooneenhede is vernietig.
Honderde beleërde Palestyne, meestal kinders, skryf hul name op arms, bene, ingeval hulle die lewe in aanhoudende Israeliese bomaanvalle verloor wat op 7 Oktober begin het.
Ignoreer die afskuwelike oorlogsbevele van die Europese Unie en van Washington en bid dat hierdie volksmoord sal stop en dat die mense van Gasa genesingshulp en voeding sal ontvang .
VSA SE TESTOSTEROON- TEKORT OORSAAK VAN ISRAELOORLOG
Daar is geen verskoning vir Israel se onoordeelkundige bombardement op Gasa nie. Die Gasa-gruwel kan nie geregverdig word nie – Poetin
In die VSA sien ons hoe die mans in die politiek almal 'n lot papbroeke is. Die hele spul is met geld omgekoop. En die kussings is so sag...
‘n Tyd gelede het 'n vrou in die Amerikaanse kongres opgestaan teen Israel. Nie eenmaal nie, maar reeds drie maal.
1. Eers het sy gesê "Israel hypnotized the world".
2. Toe stel sy dat die hele kongres pro-Israel is want die Jode het hulle omgekoop.
3. En haar laaste aanklag is dat die lede trou sweer aan Israel en nie aan hulle eie land nie.
Ilhan Omar is afkomstig van Somalië en was toe lid van die Demokratiese Party. Sy het sowaar moed aan die dag gelê om in die Joodsbeheerde politiek van Amerika sulke waarhede te verkondig. Die mans se reaksie? Hulle het soos een papbroek opgestaan en haar uitlatings verwerp.
GROOTSTE KLUG TER WÊRELD
Hervormingsdag
Ds. A.E. van den Berg
“....en op haar voorhoof was ʼn naam geskrywe: Verborgenheid... En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus...” (Openb.17:5,6).
Van al die gawes waarmee God die mensdom geseën het, is Evangeliebediening een van die grootstes. Satan haat hierdie verkondiging en probeer om dit sedert die ontstaan van die kerk met verskillende strategieë te vernietig. Hy het die kerk eers met geloofsvervolging van buite af aangeval. Toe dit nie resultate oplewer nie, het hy met dwaalleer in die boesem van die kerk opgeduik en groot verwarring gesaai. Lukas skryf in Hand.15 van ’n kerkraadbyeenkoms wat in Jerusalem gehou is juis om gelowiges oor hierdie dwalings in te lig en te waarsku.
ONGELOOF BRING VREES
“Moenie vrees nie. Ek is met jou…”
Jesaja 41:10
Deur middel van regerings wat druk op elke volk en nasie moet uitoefen en 'n vorm van wetgewing wat mense vreesagtig sal maak, sal die Kabaal in 2024 die vorige plandemie soos ‘n kinderpartytjie laat lyk. Hul beplan om dmv wetgewing ons permanent toe te sluit en ons dwing om elke "inenting" te neem.
Moet asseblief nie hiervoor val nie, ons het die mag solank ons nie bang is en met die vyand saamwerk nie – diegene wat jou menseregte bedreig deur jou te wil toesluit en dwing om gif in jou lyf te spuit, is jou vyand, wat geen wetlike reg daartoe het nie. Ons kan hulle net beveg indien ons geen vrees daarvoor koester nie.
President Franklin D. Roosevelt van die VSA se wyse woorde tydens sy inhuldiging in 1933 met die Groot Depressie op sy ergste, soos volg:
"The only thing we have to fear is fear itself”.
Baie van ons ouers en grootouers het ook redes tot vrees beleef, ook in die Tweede Wêreldoorlog wat die Depressie opgevolg het. Geld was skaars en so ook voedsel en klere. Ons geslagte deesdae weet van sulke swaarkry eintlik bitter min. Ons ouers en hulle ouers was onkraakbare mense, mense met integriteit. En hulle was mense sonder vrees omdat hulle naby aan die Here geleef het. Daarom was paniek nie deel van hulle woordeskat of mondering nie. Hulle mag tekorte gehad het, nood beleef en armoede deurleef het, maar selfsugtigheid, argeloosheid, verwaandheid en hoogmoed het hulle nie geken nie. Hulle het deur gebed hulleself gestaal teen die aanslae van die lewe.
WAAR SAL ONS GELUK VIND?
Hannes Ollewagen
Ps. 1:1-6
“WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag.” (:1&2).
Kan ’n mens jouself hier op aarde ’n meer behaaglike toestand bedink as “welgeluksalig”? Ek twyfel. Ek glo dat elke mens tog begeer om gelukkig te wees, dat dit met jou wel sal gaan en om ook in ’n salige vrede te leef. En die Woord van die HERE leer ons dat dit ook inderdaad vir ons as mense hier op aarde heeltemal binne bereik is. Maar tog lyk dit asof die meeste mense nie hierin deel het nie. En die rede is juis dat mense op die verkeerde plekke, in die verkeerde dinge, na hul vreugde en geluk soek.
DIE LEUEN OOR VOËLGRIEP!
5G, KRAGTIGE RADARSTASIES, ELEKTRO-MAGNETIESE VELDE…
Een van die kragtigste radarstasies ter wêreld is nie lank gelede nie op die Varanger-skiereiland in Finnmark, Noorweë opgerig. Pas was dit voltooi en tienduisende voëls oral op die skiereiland val dood uit die lug! Op die suidelike en oostelike kus van die skiereiland is ook onlangs toenemend 5G torings opgerig en in werking gestel.
By Ekkerøy Natuurreservaat, aan die suidelike kus van die skiereiland, het ten minste 15 000 bedreigde soorte groot voëls aan die einde van Julie en begin Augustus 2023 gevrek. Hulle maak gewoonlik nes daar in die somer op die hoë kranse, nou direk in die vuurlyn van die radar wat sowat 50 kilometer ver is. Die restaurant by Ekkerøy was verplig om vir die somer te sluit omdat dit dooie voëls “reën”. Die totale bevolking van hierdie seevoëls in Noorweë was net sowat 50 000. Talle dooie sterretjies en ander soorte meeue is ook versamel. Ook die helfte van die kraanvoëls by Ekkerøy het gevrek.
Die radarstasie, genaamd Globus III, is gebou deur die Verenigde State, op die eiland Vardøya in Vardø, die mees oostelike stad in Noorweë, wat oorkant 'n baai van Noord-Rusland is. Dit blyk deel te wees van 'n burgerlike verdedigingsnetwerk genaamd die Ruimteheining. Besonderhede oor hulle webwerf is eers geheim gehou, maar op 22 Februarie 2022 word daar op die Amerikaanse regering se webwerf, SAM.gov, gepubliseer:
HOE BID JY?
Bid jy nie dalk verkeerd nie?
Ds A.E. van den Berg
“Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid…”(Jakobus 4:3)
Gebed is om met God te praat. En ons kán, omdat Hy ons na sy beeld geskape het. Dit beteken nie dat ons soos God lyk nie, maar dat Hy vir Hom in die mens ‘n gespreksgenoot geskep het. Die mens is die enigste van God se skeppings wat met Hom kan praat. Daarom behoort dit ’n besondere voorreg te wees om met ons Skepper te kan praat.
Soos wat die maan die seegetye beïnvloed, beïnvloed gebed ons lewe. Hoe sterker ons gebedslewe is, hoe hoër is die geestelike gety in ons lewe en hoe nader leef ons aan God. Die teenoorgestelde is ongelukkig ook waar. Hoe minder gebed, hoe swakker die geestelike lewe.
Daar is geen natuurkrag wat met die krag van gebed kan meeding nie en lê ons grootste krag in gebed. God Drie-enig is ten nouste by gebede betrokke. Die Heilige Gees begeester ons gebede deur versugtinge in ons hart te lê. Jesus neem dit na God se genadetroon wat dit op grond van sy offer aan die kruis aanvaar. Opregte gebede is soos posduiwe wat altyd hul rigting huiswaarts vind – dit kom van die hemel en keer daarheen terug. Geen wonder dat dit soveel krag het nie!
ONS IS DIT AAN ONS KINDERS VERSKULDIG!
"Daar is ’n vrede wat die dood is en daar is ’n oorlog wat die lewe is. Die volk wat nie waardes het nie, wat geen geloof het nie, so ’n volk gee oor, want hy het niks om voor te veg nie en niks om te verdedig nie. So ’n volk word in oneer van die aarde afgevee."
Hierdie diepdeurdenkte woorde van Jaap Marais moet 'n keer goed deur reggeaarde volksgenote oordink word: dan sal ons dalk die erns van ons huidige toestand besef en ophou om die doodsheid waarin ons volksgees verkeer as 'n vredestoestand te sien. Ons sal begin besef dat ons uit hierdie doodsheid moet opstaan juis nie om vrede nie, maar om 'n weerstandsoorlog te voer wat weer vir ons lewe in hierdie land sal bring. Dan sal ons verstaan en weet dat as ons dit nié doen nie, ons reeds oorgegee het, en het ons niks meer om voor te veg nie. En dán moet ons weet dat ons in geheel as 'n volk van hierdie aardbol afgevee gaan word – en ons sal onthou word as die volk wat die kortste bestaan van alle volkere gehad het voordat hy verdwyn het.
Victor Frankl, een van die min oorlewendes uit 'n Russiese tronk het gesê as sy mense geweet het hoé erg dit sou wees, dit wat in die tronke vir hulle gewag het waar hulle een-een gesterf het van onmenslike marteling, dan sou hulle, toe hulle nog IETS gehad het om voor te veg voordat hulle gevange geneem is, selfs al het hulle nie meer wapens gehad nie, dit met stokke, grawe en vuurherdysters beskerm het – selfs tot die dood toe, wat baie genadiger sou wees as die verskriklike lyding in gevangeneskap.
STOP DIE VOLKSMOORD!
Palestynse amptenare het 'n beroep op die nasies van die wêreld gedoen om in te tree en die "doelbewuste volksmoord" op hul mense deur Israel te help voorkom nadat honderde gedood is in die bombardement van 'n hospitaal in Gasa.
Israeliese amptenare blameer die ontploffing op 'n sogenaamde foutiewe vuurpyl wat deur die Islamitiese Jihad-militante groep gelanseer is. 'n Hulpverlener van Israeliese premier Benjamin Netanyahu het egter op X (voorheen Twitter) verklaar dat Israeliese magte op 'n "Hamas-terroristebasis" wat in die hospitaal versteek is, toegeslaan het voordat hulle die twiet kort daarna uitgevee het en nog 'n opdatering geplaas het waarin Hamas blameer word.
Die Christen-beheerde Al-Ahli-hospitaal is Dinsdag in 'n oënskynlike missielaanval vernietig en byna 500 mense het gesterf, volgens die Palestynse ministerie van gesondheid. Die bombardement het plaasgevind te midde van voortdurende Israeliese lugaanvalle op Gasa, en Palestynse amptenare het Israel die skuld gegee daarvoor.
KABAAL ARRESTEER REINER FUELLMICH
Die bekende prokureur, dr. Reiner Fuellmich, stigter van die Internasionale Misdaadondersoekkomitee (ICIC), voorheen die Duitse Corona-kommissie, met die oog op ‘n 2e Neurenberg-verhoor, is verlede Donderdag, 12 Oktober, van Mexikostad na Duitsland gedeporteer om in hegtenis geneem te word vir sogenaamde finansiële onreëlmatighede by aankoms in Frankfurt, op Vrydag, 13 Oktober. Hy is dadelik in voorverhoor-aanhouding geplaas.
Reiner is wêreldwyd bekend en hoog op prys gestel vir sy uitstekende werk, die verdediging van slagoffers van regeringsgeïnduseerde COVID-misdade en ander misdade teen die mensdom, wat deur regerings en regeringsinstellings regoor die wêreld gepleeg word.
Die poging om hom stil te maak, het bitterlik misluk – en die einste Duitse regering, wat menseregte en vryheid van spraak minag en skuldig is aan leuens en die vals inligting deur die media versprei, het nou nog net een uitweg gehad en dit was om Reiner onwettig in hegtenis te neem.
HEILSAME KENNIS
Hannes Ollewagen
Jes. 53:1-12
“…deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra.” (:11).
Luister na hierdie kosbare, kosbare stukkie heilsame kennis uit die profesie van die HERE deur monde van sy kneg, Jesaja: “...deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak;...”. Hoe sal Hy baie tot regverdigheid lei? Deur sy kennis!
Baie min dinge het oor die afgelope paar dekades onveranderd gebly. Ek kan aan Een dink, nl. God. Hy is beslis steeds dieselfde God as tien, twintig, dertig, honderd jaar gelede. “...Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.” (Jes. 41:4). Maar ek dink dat ek nie met eerlikheid aan iets anders kan dink wat onveranderd gebly het nie. Dit is ongelukkig ook waar wat ons volk se Godsdiensoefening betref. Daar was natuurlik positiewe veranderinge, maar myns insiens was die negatiewe soveel meer. Elke dan en wan moet daar ‘n “nuwe vertaling” van die Woord van God uitgebring word. Waarom? Waarom aan die onfeilbare Woord van God verander? Die flou verskonings van ’n vertaling wat makliker verstaanbaar is en dergelike argumente, is gewoon dit – verskonings.