Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
O wederstrewige volk van God, luister nou na my onvervalste Woord! Julle het vir julle menige drêkgode bymekaar gemaak! Ek sal al hierdie sondes van julle eis. In die gloed van my toorn sal Ek dit eis van julle wat al julle geloftes aan My vergeet het...
OPSTANDING VAN DIE VLEES
Ds A.E. van den Berg
“Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste” (Fil.1:23).
Toe Paulus hierdie woorde geskryf het, het hy reeds vermoed dat hy tereggestel gaan word. Desondanks was hy nie bang of swaarmoedig nie omdat die dood geen vrees vir gelowiges inhou nie. Paulus sê selfs: “Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins”. Met wins bedoel hy dat die dood ʼn gelowige in ʼn beter posisie plaas in vergelyking met sy aardse lewe. In 1 Kor.15:55 praat hy van die angel wat uit die dood geneem is en dus nie meer gevaarlik is nie.
In die teksvers sê Paulus: “...ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees”. Hy praat nie van doodgaan nie, maar eerder van ʼn adresverandering en gee selfs die adres waarheen hy gaan – na Christus. In Luk23:43 sê Jesus vir ʼn sterwende misdadiger: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”.
VERDELINGSLYNE IN AFRIKANERLAND (2)
TAFELGESPREK
Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )
Groep 1: Afrikaners met ’n moderne, staatlik-grondwetlike perspektief
Hierdie groep Afrikaners kan beskryf word aan die hand van die volgende:
1. Afrikaners met ’n moderne, staatlik-grondwetlike perspektief aanvaar die nuwe Suid-Afrika as ’n voldonge feit, dit is die “realiteit” waarin hulle besluit het om te leef.
2. In die algemeen word die oorgang na ’n sogenaamde “demokratiese Suid-Afrika” in 1990-1996 deur hierdie Afrikaners positief waardeer.
3. Aanvanklik is die grondwet as ’n werkbare oplossing ondersteun, terwyl kritiek teen die aanvaarde 1996-grondwet gaandeweg by sommiges sterk toegeneem het. Vandag word die 1996-grondwet allerweë met skeptisisme bejeën, hoewel besware op verskillende wyses en om verskillende redes geartikuleer word.
VERDELINGSLYNE IN AFRIKANERLAND (1)
TAFELGESPREK
Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )
Vanaf die sestigerjare het die liberale media graag die spot gedryf met kongresse waar Afrikaneridentiteit of die toekoms van die Afrikanervolk ter sprake was. Vandag vind daar nie meer sulke kongresse plaas nie, behalwe by hoë uitsondering; en daar is byna geen mediadekking daarvoor nie. Dit is byna of mens stemme in een koor hoor sê: Wie stel belang in die toekoms van die Afrikanervolk? Sulke gesprekke gebeur tog wel in kleinerige groepies waar die teenwoordigers hulself swak voel, en nie regtig weet watter vrae om aan die orde te stel nie. Kundigheid om sulke besprekings te lei ontbreek gewoonlik, en die afwesigheidskoers van “belanghebbendes” of “rolspelers” is boonop besonder hoog. Dit is alles die gevolg van die afbreek van ons volksgevoel sedert die 1960’s, en veral weens die vernietiging van Afrikanernasionalisme. Die woord Afrikanernasionalisme is dan ook byna heeltemal uit ons woordeskat uitgeskryf. In hierdie bespreking wat as ’n verkennende gesprek beskou moet word, kyk ons na die breë toneel van ons volkslewe; en ons vra: Waar staan Afrikaners vandag in die politieke- en kulturele stryd?
POETIN OOR HAMAS, ISRAEL
“Die lot van die Palestynse mense kan nie buite rekening gelaat word nie”, het die Russiese president Vladimir Poetin Woensdag aan die Russiese Energieweek-forum in Moskou gesê, 'n dag ná sy samesprekings met die Irakse premier Mohammed Shia' Al Sudani. “Moslems in die Midde-Ooste en elders beskou dit wat die Palestyne jare lank verduur het as 'n growwe onreg wat ongelooflik vererger is.”
Die Russiese president het gesê dat 'n Palestynse staat saam met die staat Israel in 1948 geskep moes word, maar dat dit nooit gebeur het nie. "Die Palestynse probleem is in die hart van elke persoon [in die Midde-Ooste] en elke persoon wat Islam praktiseer."
Sy woorde het gekom te midde van die voortdurende konflik rondom die Gaza-strook. 'n Nuwe konflik het egter uitgebreek nadat die Gaza-gebaseerde militante groep Hamas 'n massiewe aanval op Israel geloods en meer as 1 000 mense gesterf het, meestal burgerlikes. Wes-Jerusalem het gereageer met 'n massiewe bombardement teen Gasa, wat die lewens van meer as 800 mense geëis het, volgens die plaaslike gesondheidsbeamptes.
VOLKSMOORD OP DIE PALESTYNE...
...EN HAMAS
Gaza behoort aan Palestina. Palestyne regdeur die Wesoewer, Oos-Jerusalem en Gaza het in hul 2006-verkiesing vir Hamas-leierskap gestem vanweë sy reputasie vir eerlikheid en sy oproep vir internasionale reg as 'n basis vir regverdige vrede. Israel het Hamas dadelik as 'n "terroristiese" entiteit bestempel ten spyte van die feit dat Hamas probeer het om die internasionale reg baie nouer te volg as wat Israel ooit gedoen het.
Wat is Hamas? Hamas, 'n Islamitiese organisasie met 'n militêre vleuel, het die eerste keer in 1987 tot stand gekom. Dit was 'n uitvloeisel van die Moslem Broederskap, 'n Soennitiese Islamitiese groep wat in die laat 1920's in Egipte gestig is.
Die woord "Hamas" is 'n akroniem vir "Harakat Al-Muqawama Al-Islamiyya" – Arabies vir Islamitiese Weerstandsbeweging. Dié groep, soos die meeste Palestynse faksies en politieke partye, beweer dat Israel 'n besettingsmoondheid is en dat Hamas probeer om die Palestynse gebiede te bevry.
DIE STOCKHOLM-VERRAAIERS
Almal het seker al van die Stockholm-sindroom gehoor, maar laat ons net weer duidelikheid daaroor kry. Die Stockholm-sindroom is ʼn sielkundige verskynsel wat ontstaan wanneer mense hulle só met hul vyand vereenselwig, dat hulle dié selfs verdedig. Hierdie benaming is aan ʼn gyselaardrama in 1973 ontleen toe gyselaars tydens ʼn rooftog in Stockholm met die rowers eenstemmig geraak en hulle selfs gehelp het. Sommige persone wat deur booswigte gevang of op een of ander wyse mishandel word en niks aan die situasie kan doen nie, werk saam met die booswigte om die situasie draagliker te maak, maar dit maak nie die saak reg nie.
Dieselfde ding gebeur ook in Suid-Afrika met volksgenote wat soos tjankende honde die hande van hulle kastyders lek. Dit maak egter van hulle volksverraaiers in die eerste graad. Om saam met die korrupte regime te werk of enigsins simpatie met hulle te hê hou geen voordeel vir enige van die lydendes in nie. Inteendeel, ons volk word net verder as die verslane vyand gesien wat by elke moontlike geleentheid verneder moet word. Dit is juis die volk se oënskynlike inskiklikheid wat selfs die moorde op Blankes die hoogte in laat skiet. En met benaminge soos Regstellende aksie en Swart bemagtiging word die hele Blanke volk in die modderpoel van onregskepping versmoor.
STEL DIE DOODSTRAF WEER IN
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die skrikwekkende toename in plaasmoorde en ander geweldsmisdade eis ʼn spoedige herinstelling van die doodstraf in Suid-Afrika. ʼn Eerbare regering skuld sy burgers immers ʼn vreedsame bestaan wat slegs deur doeltreffende wetgewing moontlik is en die doodstraf noodsaak.
1.Eerste voorskrif
Die eerste Bybelse voorskrif rakende die doodstraf word al so vroeg as in Gen.9:6 gevind:
“Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak”.
God motiveer dit self,iets wat by geen ander godsdiens gevind word nie. Omdat die mens na die beeld van God geskape is, is moord eerstens ’n vergryp teen God self. Hy gee lewe sodat die mense sy Beeld kan vertoon. Hierdie bepaling is lank voor die ontstaan van Israel gegee wat sê dat God dit vir alle tye gebied. Nadat Israel dit later in haar amptelike regeringsbeleid opgeneem het, is dit vollediger omskryf.
2. Doodstrafoortredings
Die wette wat God vir Israel gegee het, het 21 oortredings bevat waarvoor die doodstraf opgelê kon word en in vier basiese groepe verdeel:
DIE BROOD VIR MY BESTEM
Hannes Ollewagen
Spr. 30:1-33
“Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die Here? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.” (:7-9).
Hoe mooi is hierdie versoek van Agur nie? Gee my nie te veel nie, maar ook nie te min nie en die kern van die versoek is dat oorvloed of gebrek nie tot oneer van God sal wees nie. En hiermee saam bid Agur dat God ook valsheid en leuentaal ver van hom sal hou. Hy strewe daarna om ’n eerlike en eerbare man te wees. Hierdie is ’n goeie strewe, ’n edele strewe. En ek wil graag dat ons vandag vir ’n oomblik hierdie woorde uit Spreuke 30 mooi in oënskou neem.
BESKERMHEILIGES
Ds A.E. van den Berg
“Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê” (Hebr.12:1).
Protestante het eerbied vir ontslapenes wat voorbeeldige geloofslewens gelei het. Dis ook ʼn Bybelse opdrag: “Maar ons vra julle... erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan, en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk” (1 Thess.5:12,13).
Eerbiediging is egter nie aanbidding soos die afskuwelike ding wat in die Roomse Kerk (RK) gebeur wat sekere dooies tot heiliges verklaar en openlik tot hulle bid nie. In die Twaalf Artikels bely ons die gemeenskap van die heiliges. Dis medegelowiges; mense wat nog leef. Geloofsgemeenskap kan nie met dooies beoefen word nie. Dis alleenlik met lewende mense moontlik.
VYF WOLWE EN EEN SKAAP
ʼn EIETYDSE FRANKENSTEIN-ERVARING
Ds. A.E van den Berg
Frankenstein is ʼn bekende roman wat in 1818 deur die skryfster Mary Shelley geskryf is. Dit vertel van Victor Frankenstein, ʼn jong wetenskaplike, wat met ʼn onortodokse proefneming lewe probeer skep het. Die eindproduk was ʼn monster vir wie hy spoedig vir sy lewe moes vlug.
Dit het ook op staatkundige gebied gebeur dat mense vir die produk van hul eie handewerk moes vlug. Baie mense het bv. geglo dat verteenwoordigende regering die towerwoord vir ʼn utopiese bestaan aan die suidpunt van Afrika sou wees en het soos Victor Frankenstein hul met hart en siel daarvoor beywer.
Groot was die opgewondenheid toe ʼn oudgevangene in 1994 as president van ʼn sg. demokraties verkose Suid-Afrika aangewys is. Ongelukkig het die skip van vryheid wat die hawe met hom agter die stuur verlaat het, buitekant die hawe op die rotse geloop – gatkant eerste!
ANALISE VAN COVID-INSPUITING- BESERINGS EN DOOD
Dr. Anita Baxas
In 'n ontleding verduidelik dr. Anita Baxas, die veelvuldige beserings en sterftes as gevolg van covid-inspuitings wêreldwyd. Na raming het 20 miljoen mense gesterf en nog 2 miljard is beseer wêreldwyd. En dit na slegs 2½ jaar van die gedwonge vals en dodelike covid-inspuitings.
Dr. Baxas redeneer dat piekproteïen, soos enige proteïen vreemd aan die liggaam, die immuunstelsel teenliggaampies daarteen kan laat opbou. Dit kan die skade aan selle verklaar en uiteindelik die weefsels wat hulle vorm, soos die binneste voering van bloedvate, hartspiere, niere, eierstokke, testes en basies enige orgaan wat die piekproteïen bevat.
Dit kan ook inflammasie, miokarditis, vaskulêre komplikasies soos hartaanvalle, beroertes, breinmis, pulmonêre embolisme, skielike verlies van visie, gehoor, ledemaatamputasies tot erektiele disfunksie verklaar – en vele meer siektes wat nie direk met die covid-inspuitings verband hou nie, maar indirek dmv immuungebreke wat deur die inspuitings veroorsaak word.
Uiteindelik kan dit outo-immuun-siektesimptome en 'n verhoogde immuunrespons veroorsaak, wat die immuunstelsel uitput, wat lei tot immuungebrek.
WAT DIE KABAAL IN 2024 VIR ONS BEPLAN
By die skakel hierbo kan u 'n omvattende uittreksel hoor en sien uit 'n onderhoud wat met die bekende, bejaarde en steeds aktiewe skrywer Michel Chossudovsky, gevoer word oor wat die globaliste vir die wêreld in 2024 beplan. Dat hulle ons permanent wil toesluit en dwing om elke "inenting" te neem, is 'n feit. Hoe hulle dit in die praktyk gaan regkry sal ons nog moet sien, maar hulle het voorberei om tot die uiterste te gaan deur middel van regerings wat druk op elke volk en nasie moet uitoefen. Daarom kan ons verwag dat daar 'n vorm van wetgewing sal kom wat mense vreesagtig sal maak - moet asseblief nie hiervoor val nie, ons het die mag solank ons nie bang is en met die vyand saamwerk nie - en diegene wat jou menseregte bedreig deur jou te wil toesluit en dwing om gif in jou lyf te spuit, is jou vyand, wat geen wetlike reg het om dit te doen nie - kom ons beveg hulle met alles wat ons het, solank ons saamstaan!!
Hulle beoog ook om elkeen wat wel die volgende inspuitings ontvang, op hul digitale stelsel te plaas en so beheer te neem van jou banksake en alle besittings. Moenie, asseblief, moenie vir die nuutste foefie val nie, dit sal jou lewe totaal oorneem/verwoes - jy sal niks besit nie as hulle hul sin kry! Kom ons bestry die sataniese pogings hierdie keer met hand en tand, en veral met God aan ons kant, dan SAL ONS OORWIN!!
OORLOG MET SJINA ONVERMYDELIK? Deel III (SLOT)
So, wanneer het dit by ons buitelandse beleidsgenieë opgekom dat die aanhitsing om Sjina se groei te stimuleer uiteindelik Amerikaanse vooruitsigte vir die toekoms kon benadeel?
Dit lyk of iewers rondom 2017 die elite-konsensus wat betrokkenheid ondersteun het, uitmekaar begin val het namate meer en meer mense bewus geword het van die beleid se tekortkominge. Kyk na hierdie opmerkings deur die Financial Times se mederedakteur Martin Wolf wat verduidelik hoe vinnig Westerse elites teen Sjina gedraai het.
Wat gebeur het is dat Westerse beleidmakers en bowenal Amerikaanse beleidmakers besluit het dat die opkoms van Sjina 'n groot strategiese bedreiging is. En dit het verskeie dimensies. Een hiervan is dat links van die middel tot die siening gekom het dat "Wel, hulle gaan nooit 'n demokrasie word soos ons gedink het hulle sou nie, en dit is problematies. Ons hou nie daarvan nie." Maar die groter element – wat die siening van die strategiese gemeenskap en nogal ’n groot deel van die korporatiewe gemeenskap is – is dat “Hierdie mense (Sjina) ’n ernstige bedreiging is. Hulle het ontsaglike hulpbronne, die opbou van verdediging is redelik aansienlik, en hulle is tegnologies vooruit in sommige baie belangrike gebiede, en ons is heeltemal te afhanklik van hulle ...” Hulle sien die interafhanklikheid van Sjina as skrikwekkend, en hierdie paranoia het nou 'n dominante element in Amerikaanse denke geword ... En dit het baie vinnig en wyd oor die hele linie in Amerika verskuif, hoewel ons dit nou ook in Europa sien. 'n Referaat is onlangs deur die Duitse Nywerheidskonfederasie vrygestel wat basies gesê het: "Jy ken die Sjinese tegnologiebeleid; dit is ’n bedreiging vir Duitsland.”
KLATERGOUD-GODSDIENS
Ds A.E. van den Berg
“Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad”(1 Thess.5:21,22).
Klatergoud is 'n element wat na egte goud lyk, maar in werklikheid waardeloos is. Die woord word meestal in simboliese taal vir iets gebruik wat goed lyk maar nie is nie. Dis ook van godsdiens waar. 1 Thess.5 roep gelowiges tot ʼn aktiewe Bybelse onderskeiding op; iets wat vandag meer as ooit tevore nodig is.
Duisende van ons volksgenote verlaat die waarheid vir die leuen omdat hulle die Bybel nie ken en nie tussen die twee kan onderskei nie. Die Bybel roep gelowiges op om duidelik te onderskei: “Onthou julle van elke vorm van kwaad”. Dis net moontlik as jy die Bybel ernstig bestudeer en op grond van die kennis wat jy daaruit opdoen, tussen eg en vals onderskei.
Toe James Marshall in 1848 goud in Kalifornië ontdek het, is duisende mense daarheen om ʼn fortuin te probeer maak. Talle het egter gou besef dat alles wat na goud lyk nie goud is nie want in rivierlope en groewe was daar ook yster-piriet (klatergoud) wat waardeloos is.
TYD IS KOSBAAR
Hannes Ollewagen
Efés. 5:1-21
“Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.” (:15&16).
Hierdie opdrag uit Efésiërs is beslis iets waaroor elkeen van ons behoort te besin – “Koop die tyd uit.” Hierdie selfde opdrag word ook in Kol. 4:5 herhaal. “Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.” Hierdie is veral relevant en belangrik in ons tyd waar daar soveel dinge is wat so maklik van ons aandag en tyd besit neem. Daar is allerhande sport en vermaak wat so bekoorlik en aanloklik is, maar hoeveel daarvan is regtig tot ons heil?
Ek merk ’n skadelike ding in ons samelewing op wat oor die afgelope paar jare posgevat het – ons “leef vir naweke”. Daar is natuurlik nie fout daarmee om na ’n week se harde werk en inspanning daarna uit te sien om ’n blaaskans te neem en ’n bietjie uit te span nie. Tewens, God het vir die mens een dag van die week daargestel om van ons arbeid te rus omdat ons dit nodig het.
OORLOG MET SJINA ONVERMYDELIK? Deel II
Hier volg 'n bietjie meer agtergrond van die buitelandse beleidskenner in die VSA, John Mearsheimer, oor wat tussen die VSA en Sjina plaasgevind het wat die verhouding versuur het:
“Tydens die Koue Oorlog en onder die beleid van president Nixon het die VSA besluit om Sjina te betrek en 'n kwasi-alliansie met Sjina teen die Sowjetunie te vorm. Dit het by uitstek goeie sin gemaak. En Nixon was reg om die Sjinese ekonomie te help groei, want hoe kragtiger Sjina geword het, hoe doeltreffender was dit as 'n afskrikvennoot teen die Sowjetunie. Maar toe die Koue Oorlog egter in 1989 geëindig en die Sowjetunie in 1991 in duie gestort het, het die VSA Sjina nie meer nodig gehad om die Sowjetunie te help inperk nie.
“Wat dwaas van die VSA was, was om 'n beleid van betrokkenheid na te streef, wat uitdruklik ontwerp is om Sjina te help om ekonomies kragtiger te groei. Natuurlik, soos wat Sjina ekonomies gegroei het, het dit daardie ekonomiese mag in militêre mag verander, en die VSA, as gevolg van hierdie dwase beleid van betrokkenheid, het gehelp om 'n eweknie-mededinger te skep.
OORLOG MET SJINA ONVERMYDELIK? Deel I
Wat het verander in die VSA-Sjina-verhouding wat die twee lande nader aan oorlog bring?
Dit lyk asof niemand weet nie. Lesers wat ontwikkelinge in Sjina noukeurig volg, weet dat die verhoudings tussen die twee supermoondhede die laaste paar jaar al hoe meer gespanne geraak het. Maar terwyl die VSA 'n meer vyandige benadering tot Sjina geneem het, lyk dit asof niemand weet waarom nie. Was daar iets spesifiek wat Sjina gedoen het wat Washington kwaad gemaak en gelei het tot die instelling van ekonomiese sanksies, tegnologieblokkades en militêre provokasies in die Taiwanse Straat?
Nee, daar is geen aanduiding dat Sjina iets gedoen het nie. Wat verander het, was Washington se benadering tot Sjina. En Washington se benadering het baie vinnig en baie dramaties verander. Sjina het amper oornag van vriend tot vyand gegaan.
Hier is die rede:
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (11)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die hofsaak
Op 17 Oktober 1966, een en veertig dae nadat hy dr. Verwoerd in die Volksraad vermoor het, het Tsafendas in die Kaapstadse Hooggeregshof op ’n aanklag van moord op Suid-Afrika se Eerste Minister verskyn. Die oë van die ganse wêreld sou daardie volgende paar dae op Kaapstad gerig word. Vir Suid-Afrika self en sy mense was dit die belangrikste hofsaak wat nog in die land se regsgeskiedenis plaasgevind het.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (10)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die Polisie
As daar een vraag is wat alle ander aspekte van die moord op dr. Verwoerd oorheers, is dit die vraag of die beskerming van die Eerste Minister voldoende was. Was die maatreëls wat vir die veiligheid van die Eerste Minister getref is, te alle tye van so ’n aard dat dit die risiko van ’n aanval op sy lewe tot ’n absolute minimum beperk het?
Toe die eerste aanslag op 9 April 1960 in die Milnerparkarena in Johannesburg op die lewe van dr. Verwoerd gedoen is, is Suid-Afrika wreed wakker geruk uit sy illusie dat so iets nie in Suid- Afrika kan gebeur nie. David Beresford Pratt het met ’n pistool in sy sak tot ’n paar tree van dr. Verwoerd beweeg en die sneller in sy gesig afgetrek.
KOPDOEK CROUKAMP SE EFF
Dr Piet Croukamp word tog so graag deur die SAUK gebruik as politieke woordvoerder (mens kan verstaan waarom – Red). Hy is andermaal op 18 Augustus nadergetrek om te verduidelik waarom hy sê dat mense Malema se woorde en aksies verkeerd verstaan. Ons wonder wat is vir hom so onduidelik aan die woorde: “Kill the Farmer, Kill the Boer”? Verstaan hy dan nie wat bedoel word nie?
Sy argument is dat dit deel is van ’n “groter konteks” (soos hy elke onderwerp beskryf…), en dat dit nie op morele gronde bestry moet/kan word nie. Mens sou graag dat Croukamp verduidelik hoe hy dan morele gronde verstaan? Waarom is Malema se haatspraak nie vir hom ’n erge oortreding van alle moraliteit nie?