Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die beste leier is die een wat altyd die oorkoepelende prent kan sien. Sulke leiers fokus hulle volgelinge se aandag op die groot doelwitte en weerhou hulle so daarvan om vas te val in onbelangrike besonderhede.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (5)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die kommunis
Demitrios Tsafendas is op 14 Januarie 1918 in Lourenco Marques gebore. Toe hy op agt en veertigjarige ouderdom Suid-Afrika se sesde Premier in die Volksraad in Kaapstad vermoor het, was hy ’n frisgeboude man van sowat ses voet, breed geskouer, so sterk soos ’n bees, met groot, dik hande.
Tsafendas het in sy lewe onder baie name deur die wêreld gegaan. Die voorname wat hy by verskillende geleenthede gebruik het, was Demetrio, Dimitrio, Dimitro, Demetrios, Demetrius en James. Ook sy van het telkens veranderings ondergaan: Tsafendakis, Tsafandakis, Tsafantaki, Tsafendos, Tsafendis, Tsafantakis en Williams. Onder sommige mense het hy ook bekend gestaan as Mimis en Miemie.
Alles dui daarop dat Tsafendas ’n buite-egtelike kind is. Sy vader, Michaelatos alias Michael alias Miquel Tsafendakis of Tsafandakis, was oorspronklik ’n Griekse onderdaan van Candia, Krete. In 1947 het Tsafendas sr., ’n Suid-Afrikaanse burger geword.
Die moeder, Amelia William, alias Amelia Williams, was ’n Portugese onderdaan van Mosambiek. Sy was ’n Nie-blanke. Vermoedelik was een van haar ouers ’n Blanke en die ander ’n Swazi.
DIE BRILJANTE DR HF VERWOERD
ONDERSOEKER
Ons kyk na ‘n paar aanhalings van persone wat dr Verwoerd geken het, en hoe dr Verwoerd sekere gebeure hanteer het. Daaruit sal ons besef hoe briljant hierdie man werklik was. Eerstens het sy sekretaris vir 13 jaar (Fred Barnard) oor hom geskryf:
(1961 se statebondkonferensie) ''Sommer met die eerste oogopslag was dit duidelik dat die hele Londen met al sy voorstede op dr Verwoerd, daardie 'monster' van Afrika, gewag het. Persmanne, fotograwe, televisiemense en slordige langhariges was daar by die dosyne. Jy kon jou eenvoudig nie draai nie of daar was een van hulle; grotes, kleintjies, swartes, geles, gladgeskeerders en bebaardes; die hele boel was daar om iets te probeer aas vir die meer as 'n dosyn dagblaaie wat hierdie wêreldstad bedien en vir die baie honderde koerante oor die hele aardbol.
“. . . dr Verwoerd (is) na 'n perskonferensie wat daar vooraf deur oom Piet Meiring op die lughawe vir hom gereël is. . . . Hierdie spontaan vriendelike houding van dié ''monster'' het die klomp nuusmanne ongetwyfeld totaal op die verkeerde voet betrap; dit kon sommer op hulle gesigte gelees word. Wat hulle vóór hulle gesien het, het nie mooi ingepas by die stories wat hulle van plan was om te skryf nie. Hierdie Verwoerd is nie daardie Verwoerd wat hulle ''geken'' het nie! Hy kon dan lag!''
DR VERWOERD
Johan Dorfling
Die Verwoerd-figuur alleen was goed genoeg
om met alle mense se ryke wandenke te ploeg.
Op die kruin van sy betekenisvolle lewenspad
het hy geheers soos geen ander volksleier had.
'n Generaal wat sy leër deur 'n nou bergpas lei,
sonder weerga en uitermate wellewend was hy.
As volksleier het hy treffende strategie bepaal,
en die beste uit 'n kleinste besonderheid gehaal.
Sy besonderse groot intellek en oorredingskrag
het menige verras wat betref wysheid en gesag.
Altyd dieselfde, altyd gemoedelik, altyd briljant,
instrumentale ewewig tussen volke en verstand.
Die Verwoerd-tydperk was deurlopend gekenmerk
deur opbruisende ontwikkeling sonder paal of perk.
Breë denke en beslissings was aan hom toevertrou,
sy staatsmanskuns as 'n geniale hoogtepunt beskou.
Opperste leidsman en boumeester, draer van agting
met toenemende fyn aanvoeling vir die verwagting.
Vriend en vyand het sy hoogs uitsonderlike intellek
met dryfkrag bemerk, toewyding wat breed uitstrek.
Vooruitsien van gebeure plus aanleg vir staatkunde
was onafskeibaar van merkwaardige redeneerkunde.
Man van beginsels, met morele moed en wat kan lei,
sou met geregtigheid sy eie mense ewig kon begelei.
Ryklik bedeeld met begaafdheid in gees en verstand,
selfloosheid, beginselvas, eerlik in karakter en stand.
Besonder bekwaam, hardwerkend, opreg van inbors,
altoos hoflik teenoor almal van 'n geleerde tot 'n jors.
Een van Suid-Afrika se merkwaardigste leidsmanne,
almal beter daaraan toe in sy regeertyd as vergange.
Skep jou eie toekoms was lewenslank sy sterk leuse,
derhalwe was daar vir hom geen ander weg of keuse.
Vir sy toesprake het hy nimmer aantekeninge gebruik,
sy sinryke geheue was net soos die weduwee se kruik.
Hy het dit onnodig gevind om op twee punte te hink,
die uitgestippelde toekoms het hom vooruit gewink.
Teen sy integriteit kon en was geen vinger ooit gelê,
hy het ordelike wette eerlik en beroepmatig neergelê.
Alle koerante links - regs het hom na sy dood besing
na regtig besef is hy het gunstig vir alle volke beding.
Sy klassieke beleid vir alle volke van aparte vryheid,
het in wysheid 'n verstandige regverdige kruin bereik.
Hierdie staatsheld het almal na samehorigheid gelei,
vir volkgroepe hier te lande 'n vrye republiek verkry.
Eerbied is allerweë getoon deur volke suid en noord,
Blank en Swart hewig ontsteld verenig oor sy moord.
Kolos onder sy eie mense het hierdie wêreld gedien,
'n man groot van formaat wat heldeverering verdien.
2024 – VELDSLAG VIR BIO-OORLOG?
Hierdie artikel is bedoel om lesers te help dink hoe om te reageer op dreigemente van “nuwe pandemies en inperkings" deur die Internasionale Geldmag, wat ons binnekort weer sal sien gebeur. Selfs Donald Trump is tans besig om wêreldwyd te waarsku dat die Kabaal al hierdie dinge vir 2024 beplan, dat daar voor die einde van 2023 weer ‘n klomp mense sal sterf agv “Covid” wat die globaliste dan die fondament gee om 2024 ‘n veldslag teen die mensdom te maak. As opportunis bemark hy homself natuurlik ter selfdertyd as presidentskandidaat in die verkiesing van 2024. Ook Klaas Schwab het reeds vroeg in 2023 gewaarsku dat 2024 die jaar sal wees waarin dinge gaan gebeur.
Ons kyk eerstens na die geskiedenis van biologiese wapenbeheer om te verstaan hoe ons by 2020 se biologiese Covid-oorlog gekom het en binnekort ‘n aktiewe uitbreiding daarvan sal beleef:
Tradisioneel is die Wapens van Massavernietiging (WMD) gemerk as Chemies, Biologies, Radiologies en Nukleêr (CBRN).
HOEVEEL VAN ONS IS REEDS BESMET?
Hier volg ‘n skrywe van ene TERRY HEROLDT aan die pas ontslape DEREK WATTS. Presies wie Terry Heroldt is weet ons nie, maar dat hy ‘n uitstekende navorser is blyk duidelik uit die resultate wat hy in hierdie skrywe onthul. Geen medici sover het ‘n verband gesien tussen die dermslaksiekte en die poging van die Kabaal om die mensdom uit te moor nie. Hierdie verloop verduidelik Heroldt biologies stap vir stap en is dit hoogswaarskynlik die geval soos uiteengesit. Lees en vergewis uself van hierdie feite:
“Ek dra die volgende pos ('n hoogtepunt van byna 7 jaar se praktiese navorsing) op aan DEREK WATTS, wat onlangs oorlede is.
“Vir baie jare wou ek met Derek kontak maak. Hy was die beste ondersoekende joernalis wat Suid-Afrika nog ooit gesien het. Sy strewe na die waarheid was onverbiddelik, en ek wou met hom praat oor die slim verborge pandemie wat die menslike ras stadig begin vernietig het.
“Toe kom Covid!
“Ek gaan 'n laaste onderhoud met jou doen, meneer Watts. Ek gaan nie hierdie navorsing aan 'n PhD-student gee sodat hulle naam op MY werk verskyn nie. Tot u eer vanaand, sal ek my werk weereens aan die mensdom gee.
IN WIE SE HAND STERF JY?
Ds A.E. van den Berg
“En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou” (Openb.1:16).
Jare gelede het argeoloë ʼn merkwaardige fonds in Griekeland gemaak toe hulle op ʼn paar baie ou grafte afgekom het wat uit die sesde eeu v.C. dateer. In een van die grafte het hulle die geraamte gevind wat iets in sy benerige hand styf vasgeklou het. Toe die vingers versigtig oopgemaak is, het ʼn goue muntstuk uit die geraamte se hand geval.
Kundiges het gou agter die kap van die byl gekom. Hierdie muntstuk in die hand van die 25 eeue oue geraamte was reisgeld; nie vir ʼn aardse reis nie, maar vir sy reis na die ewigheid. Die ou Grieke het geglo dat as jy sterf, jy op ʼn baie lang en gevaarlike reis na jou eindbestemming vertrek waarvoor jy geld gaan benodig; hoe meer hoe beter.
So ʼn reisiger moes ʼn aantal riviere oorsteek voordat hy by sy eindbestemming kon aankom. Die eerste een was die rivier van vergetelheid en redelik maklik om oor te steek. Jy moes net van die water drink waarna alle lelike gedagtes verdwyn het. Die tweede rivier was moeiliker en is die vuurstroom genoem. Dit was ʼn tipe van vagevuur soos wat die Roomse Kerk aan glo. Hierdie vuur moes die reisiger reinig.
FOKUS VERLOOR?
Hannes Ollewagen
2 Kron. 1:1-13
“Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs 'n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer —daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie.” (:11&12).
’n Gebrek aan gesonde leierskap is kenmerkend van ons tyd. En sonder gesonde leierskap sal mense maklik fokus verloor. Hier ter plaatse het ’n groot gedeelte van ons volk ongeveer ses dekades gelede ook stelselmatig begin om fokus te verloor en eindelik besluit om uit vrees en ongeloof die politieke mag in die hande van ’n terroristebende oor te gee. Ons het die verbond wat tussen ons as ’n Godvresende volk en God bestaan, verontagsaam en derhalwe teen die HERE gesondig. “En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.En die verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.” (2 Kon. 17:37&38). En die straf van die HERE oor ons volk is duidelik. Ons land en ons volk val uitmekaar. Families en gesinne leef in vyandskap teenoor mekaar. Mense belieg, besteel en bedrieg mekaar en die meeste mense dobber sonder enige rigting rond.
GESEËNDE LENTE
Die winter met sy kloue wat dood bring en verderf,
het met die windvlaag koue die landskap vaal geverf.
Toe, nuutgewek, het ingetrek die liewe skone lente in die land,
met voëlgesang die heeldag lang in weergalose soet refrein.
Al die mense is nou vrolik – heerlike lente na die koue winterweer;
al die mense is nou vrolik, niks kan ooit die lentevreugde keer!
Wie van ons oueres ken nie hierdie pragtige lied nie! Hoe laat dit ons aan ons onbesorgde jeugdae dink, wek dit heimweé na jonkheid blye môre, na laggies lank verlewe. Dan voel ons ook die traan in ons oë staan, en ons fluister: Here, vergewe! Hoe helder klink die vrolike sang van jongmense en kinders in die lente:
WEERSTAND TEEN SWART MISDAAD
Israel word dikwels genoodsaak om sy vyande fisies aan te durf. Dit het aan hom 'n wêreldreputasie van ongenaakbaarheid teenoor vyande besorg. Wanneer Israelies in terroriste-aanvalle omkom, word hul dood effektief gewreek deur baie meer van die vyand in die opvolgoperasie te laat omkom. Gevolglik dink die vyand tweemaal alvorens hulle Israel aandurf.
Wat doen ons om dit wat vir ons kosbaar is te beskerm en te behou? Moordenaars en misdadigers wat van die ordelike reëls van ‘n beskaafde gemeenskap ontslae geraak het, vermoor of vermink ons volksgenote daagliks. Wat doen ons daaraan? Byna niks nie!
Die polisie het ‘n sindikaat gevorm waar hulle onskuldige blanke landsburgers op straat aankeer, van enige vals klagtes beskuldig, in arres neem en dan duisende rande eis om die klagtes te laat vaar. Indien die slagoffer nie die “losprys” kan betaal nie, word hy summier vir drie dae in die selle geplaas waar vyf of ses swart misdadigers in aanhouding is, met die idee dat die blanke verkrag en verniel sal word totdat hy instem om die “losprys” te betaal. Daarby word hy gedreig dat die polisie na sy huis sal gaan en sy gesin verkrag, vermoor en sy hele lewe sal vernietig, en hy later ook vermoor sal word. Dit het so in Rustenburg gebeur en ‘n ook paar ander plekke in ons land. Wat doen ons om dit te voorkom?
WEGRAPING
Die wegraping is ʼn dwaalleer wat twee wederkomste leer. Met die eerste een sit Christus nie voet op aarde nie, maar hang in die lug terwyl Hy sekere gelowiges op pluk om tot en met die laaste oordeel by Hom in die hemel te vertoef. Daarna kom Hy vir ʼn tweede keer aarde toe vir die finale oordeel.
Mense glo sekere dinge wat glad nie in die Bybel staan nie. Die wegraping is een van die gewildste.
Boeke wat oor die wegraping handel, verkoop by die miljoene. Dis ʼn gewilde onderwerp by Amerikaanse dwaalleraar-skrywers soos Hal Lindsay (The Late GreatPlanetEarth) en Tim La Haye (LeftBehind). Die wegraping het sy oorsprong by John Nelson Darby, ʼn 19de eeuse prediker gehad wat geglo het dat dit die kerk se plig is om die koninkryk van God te laat verwerklik. God laat dit nie kom nie, maar wel die kerk. Darby het geglo dat dit ʼn nuwe waarheid was wat God aan hom openbaar het om aan mense van die laaste dae te verkondig.
SIENER VAN RENSBURG SE VISIOENE
Adv PJ Pretorius
“Daarom sal die smeltkoers waarvan oom Siener gepraat het, 'n eenmalige proses wees en kan dit nie weer herhaal word nie. Die dag wanneer dit verby is en die getroue Afrikaner van die Jingo, Engelsman en sy swart vyande geskei is, sal hulle tot in der ewigheid nie weer saamgevoeg kan word nie."
Hierdie artikel is 'n poging om beter perspektief te gee aan die omstandighede soos die Siener voorspel het waaronder ook die verwagte staatsgreep sal realiseer. In dié verband sal ons nie alleen sien dat die Duitsers 'n betekenisvolle rol gaan speel in die verwagte staatsgreep nie, maar ook dat 'n neo-Nazi-staatsgreep in Duitsland die staatsgreep hier vooraf moet gaan. Siener se voorspellings betreffende die verwesenliking van 'n nuwe Boererepubliek met Duitse militêre hulp kom in die kollig net voor of gedurende 'n groot wêreldoorlog.
28 Augustus 2023
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Talle mense gebruik God se genade as 'n noodwiel in plaas daarvan dat dit hulle stuurwiel is waarmee elke dag bestuur word. Geen wonder soveel 'voertuie' het die pad verlaat nie!
LOOF GOD - DIE BYBEL IN EIE TAAL
Ds A.E. van den Berg
“Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudigste verstandig”(Ps.119:130)
Het jy al ʼn Bybel in ʼn vreemde taal onder oë gehad? Ek glo die meeste van ons het al. Gestel dit was jou enigste Bybel; sou jy geestelik groei? Nee, jy sou maar in die duisternis wees. Tereg sê die teks: “Die opening van u woorde gee lig;....” Om die Bybel in eie taal te hê, is onontbeerlik vir geestelike groei.
Luister wat sê die aanwesiges in die tempel toe die Heilige Gees op Pinksterdag uitgestort is: “...en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek” (Hand.2:7,8, 11).
Ons voorsate het vir eeue lank slegs die Nederlandse Statevertaling of die King James Bybel gehad. Daar was nie ʼn Afrikaanse Bybel nie. Afrikaans is as kombuistaal beskou. Skoolonderrig, prediking en kategese was alles in Nederlands. Mense het Afrikaans gepraat, maar Nederlands geskryf.
God was die Boerevolk egter baie genadig en het vir hulle ʼn eie taal laat ontwikkel waarin sy Woord opgeteken kon word. En so het die eerste Afrikaanse Bybel op 28 Augustus 1933 verskyn. Wat ʼn vreugdevolle dag was dit nie om die Bybel oop te maak en te lees: “In die begin het God die hemel en die aarde geskape...” O, hoe kosbaar is die moedertaal nie, veral om die verlossing in Jesus Christus in jou eie taal te hoor!
God se hand van genade is duidelik in die geskiedenis van ons volk te sien. Let op hoe wonderlik Hy die vertalers destyds gelei het om die regte woorde te skryf en as geestelik verrykte werktuie in sy diens van hul vertalerstafels af op te staan. Hulle het Jesus se opdrag aan Petrus: “Laat my skape wei” uitgevoer.
Die teksvers lui: “Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudigste verstandig”. Ongeveer 300 jaar nadat hierdie woorde geskryf is, het koning Josia van Juda hierdie waarheid prakties beleef. Hy was ʼn goeie koning wat God en sy mense liefgehad het. Al wat slegs was, was dat die Woord van God weens die onverskilligheid van sy goddelose voorsate verlore geraak het. Al wat Josia van God geweet het, was dit wat deur die priesters en deur talle oorlewering aan hom oorvertel is. Verder niks nie.
Toe Josia koning geword het, was die Assiriese mag aan die kwyn en het Juda wat onder hierdie heidense verdrukking gebuk gegaan het stelselmatig die simbole van Assiriese oorheersing uit die land begin verwyder en volksgoedere begin opbou. Josia hy by die tempel begin, het hy werkers gehuur wat onder toesig van die hoëpriester Hilkia die vervalle gebou begin opknap het.
Terwyl hulle besig was, het ʼn boek onder die stof van die puin te voorskyn gekom. Hilkia kon sy oë nie glo nie – dit was die Woord van God soos wat dit destyds bekend was! Hierdie ontdekking was so groot dat die boek dadelik na Josia geneem en vir hom voorgelees is. Toe hy dit hoor, het hy sy klere as ʼn teken van berou geskeur. God het duidelik met hom gepraat!
Josia kon in ʼn spieël sy eie gesig sien. In die Bybel het hy sy siel gesien! God het die waarheid van sy Woord soos spykers in Josia se siel ingeslaan en hom laat besef dat daar vir ʼn regering geen beter wetboek as die Bybel is nie.
En wat ʼn beroering het hierdie Bybel nie 700 v.C. veroorsaak nie! Daarmee het Josia die koningshuis en staat geëvangeliseer. Daarmee het die kerk weer kerk geword. Dit was ʼn OT hervorming in die ware sin van die woord. Juda het in God se lig die lig gesien! “Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudigste verstandig”.
Dis een manier om met die Bybel om te gaan. Ongelukkig is daar ook ʼn ander manier om daarmee om te gaan. Ons lees in Jeremia 36 dat ná Josia se dood, hy deur sy seun Jojakim opgevolg is en nie van dieselfde geestelike stoffasie as sy vader nie. Tydens sy regering het die profeet Jeremia opdrag van God ontvang om ʼn boekrol te skryf wat God self gedikteer het. Daarna het Jeremia dit aan Jehudi, die voorleser van Jojakim gegee om voor te lees. En wat doen hierdie koning met die Woord van God?
“En elke keer het hy, as Jehudi drie of vier kolomme gelees het, dit met die mes van ʼn skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi ... totdat die hele rol in die vuur .... verteer was” (Jer.36:23).
Hoe het hierdie twee konings nie van mekaar verskil nie! Josia ontvang die Woord met vreugde omdat dit vir hom die lig gebring het. Jojakim verbrand dit omdat hy in die lig daarvan sy duisternis ontdek het. Hy het soos ʼn grot dier die duisternis bo die lig verkies.
Wat maak jy met God se Woord? Jy het ook een van twee keuses – jy kan soos Josia toelaat dat dit spreek om ʼn ommekeer in jou lewe bring of jy kan dit in jou gees verbrand en dit geen plek in jou lewe gee nie. Wie die Woord van God hoor en besluit om nie te luister nie, doen wesentlik dieselfde daarmee as wat Jojakimdestyds daarmee gedoen het.
Watter plek neem God se Woord in jou lewe in? Is dit ʼn riglyn vir jou lewe? Indien jy voor ʼn moeilike besluit te staan kom, weet jy wat God se Woord sê? ’n Deeglike kennis van die Bybel is meer werd as ’n universiteit vol geleerdheid. Wat maak jy met die Bybel? Luister jy daarna soos Josia of volg jy jou eie kop soos Jojakim? Dis of die een of die ander!
Wie met die dinge van die duisternis besig is, verag die Bybel. Die teksvers sê: “Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudigste verstandig”. As die lig van God se Woord op werke van die duisternis val, het sondaars een van twee keuses – verwyder die kwaad soos Josia gedoen het of verwyder die Bybel soos Jojakim. Wat doen jy?
Geen boek word vandag so knaend aangeval en belaster soos die Bybel nie (‘n wonderbaarlike teken dat dít, as die Waarheid, deur die Leuen aangeval bly word want dit bly Satan verontrus!). Die afvalligheid wat vandag op kerklike gebied heers, is aan ʼn verwatering van die Bybel se lewensaanduidings te wyte. Vooraanstaande teoloë van hoofstroom-kerke verkondig deesdae openlik dat die Bybel nie God se woorde aan die mens is nie, maar mense se woorde oor God is en gevolglik foute bevat. Die probleem is dat vandag se kateder-teologie more se kanseltaal is!
Die Bybel is kosbaar – Dit is God se liefdesbrief aan sy kinders. Wie niks daarvan verstaan nie, lees duidelik iemand anders se pos! Want luister wat sê die Bybel van die Bybel self: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).
Om die Bybel te verstaan, moet die leser in ʼn liefdevolle verhouding met God, die Skrywer daarvan, staan. En dis wat vandag in die meeste teologiese skole ontbreek – die noodsaaklikheid van ʼn persoonlike geloofsverhouding met Christus as Verlosser.
Bose magte wat daarop uit is om ons volk te vernietig, skuil toenemend agter die skild wat ontspoorde kerklui se dwaalleer hulle bied. Daarom is geen misleiding so skadelik soos kerklike misleiding nie. Dit stuur siele hel toe! Koester die Woord van God soos nog nooit tevore nie en dank God opnuut dat jy dit al vir 90 jaar in jou eie taal kan lees!
ONDERWERPING AAN GESAG
Hannes Ollewagen
Rom. 13:1-7
“LAAT elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.” (:1&2).
Die chaos wat in die Westerse samelewings heers, is duiselingwekkend. Dit is nie alleen in Suid-Afrika waar betogings, geweldpleging, beskadiging van eiendom, minagting van wet en orde en algehele wetteloosheid die botoon voer nie – hierdie is ook al ’n algemene verskynsel in talle Westerse lande in Europa. Daar is dan ook inderdaad sommige van hierdie opstande wat plaasvind wat vanuit ’n Christelike wêreldbeskouing heeltemal geregverdig is. Dit is egter in die huidige wêreldklimaat baie belangrik dat ons met nugterheid en insig na hierdie saak kyk.
Waar sal ons begin? As gelowiges is ons vertrekpunt altyd veronderstel om dieselfde te wees – by God en sy Woord. Ons leer uit die Woord van die HERE dat God ’n God van orde is. “...want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.” (1 Kor. 14:33).
KRY WEER HOOP…
…EN VERSTERK JOU GELOOF
Daar kom tye ook in die lewe van ’n opreg-gelowige dat dit werklik ellendig gaan. Alles loop skeef, alle hoop vervaag... die ergste is dat ek glo die Here se hand teen my is. Hierdie skrywer was in so ’n posisie: “Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan”. (Klaagliedere 3:1). Hy het lyding in die uiterste vorm ervaar. Hierdie swaarkry was so erg dat dit geblyk het dat bid nie eers meer help nie! “Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor.” (3:8) Daar was net geen uitkomkans nie. Het jy al só vasgekeer gevoel in ellende met geen uitsig op verlossing nie?
As mens in ellende verkeer, as mens benoud is, dan kom daar allerhande gedagtes of herinneringe by jou op. Die terugdink aan foute, sonde, verlore kanse, dinge wat nooit weer reggemaak of gewens kan word nie. Hoe meer ek dink, hoe meer ondraaglik raak my situasie. “Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here. Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas.”(Vers 18-20).
AFRIKA-KULTUUR BY UITNEMENDHEID!
Die befaamde Amerikaanse politieke wetenskaplike Samuel Huntington het ‘n paar jaar gelede gewaarsku dat konflikte in die toekoms nie soseer tussen lande nie, maar eerder tussen botsende beskawings gaan plaasvind. Beskawing is daardie bepaalde wyse waarvolgens mense en volke kragtens ‘n eie ingeburgerde waardesisteem dink en dinge doen. Huntington was doodreg. Neem Suid-Afrika as voorbeeld waar eerste- en derdewêreldbeskawings daagliks bots.
Miljoene mense glo dat om 'derdewêrelds' te wees ‘n soort noodlotsvonnis is waaronder sommiges lewenslank gebuk moet gaan. Nee, dis geen onvermydelike toestand nie, maar eerder 'n sieklike mentaliteit wat mense laat glo dat hulle onder geen verpligting is om werk van dieselfde gehalte as die res van die wêreld te lewer nie. Dis vir baie ‘n gerieflike bos waaragter hulle hul traagheid en luiheid verskuil.
WIE IS JOU NAASTE?
Ons volk word al vir baie jare as’t ware onder die mite van “Jy moet alle mense liefhê” toegeploeg. Waar kom mense daaraan? Baie mense glo dat die Woord van God gelowiges oproep om alle mense deur die bank, lief te hê. Dit is duidelik nie die geval nie. God se vyande durf ek, uit eerbied vir Hom, nie liefhê nie.
Dit bring mens by die vraag oor naasteliefde. Wie is my naaste? Laat ek begin deur te sê dat naaste nie ‘n statiese begrip is nie, maar van geval tot geval verskil. Jy kan selfs in ‘n situasie kom dat ‘n wildvreemde jou naaste word soos in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. Dis egter nie die reël nie.
DIE HUWELIK IN GEDRANG
Ds A.E. van den Berg
“En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie” (Mt.19:4).
Die huwelik is ʼn instelling van God tussen een man en een vrou en dus heilig. Satan probeer hierdie heilige instelling met onheilige verdraaiings te kelder en ontvang, tragies genoeg, met toenemende steun van ontspoorde kerke.
In 2000 is die Pienk Loerie-fees vir homoseksuele persone vir die eerste keer in Knysna, Suid-Afrika gehou en deur 20,000 mense bygewoon. Dit word sedertdien jaarliks aangebied. Onlangse internasionale opnames het skokkende statistieke aan die lig gebring. In Spanje was 91% van die ondervraagdes ten gunste van homoseksualisme en huwelike van die selfde geslag. In Duitsland was dit 87%, in Frankryk 86%, in Brittanje 81% en in die VSA 60%!
Homoseksuele huwelike neem wêreldwyd toe soos wat ongelowiges God se heilige instelling uitdaag en die heidendom bevoordeel. Ongelukkig is huwelike van dieselfde geslag in November 2006 ook in Suid-Afrika goedgekeur.
IN SY KRAG
Hannes Ollewagen
1 Sam. 17:1-58
“Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is 'n seun, en hy is 'n krygsman van sy jeug af.Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar 'n leeu of 'n beer kom en 'n stuk kleinvee uit die trop wegdra,dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom dood. U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het. Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die Here met jou wees!” (:33-37).
Daar sit die leërmag van die beroemde volk Israel – geïntimideer deur ’n Fillistyn. Nie een van hierdie krygshaftige manne, hoe ervare ookal, sien kans om hierdie reus die stryd aan te sê nie. Dit is vir hulle voor die hand liggend dat hul eie krag vêr te kort skiet om hierdie geweldige krygsman van die Fillistyne aan te durf. Ja, geliefdes, onder hierdie ganse leër van Israel is daar nie ’n enkeling met die nodige geloofsvertroue in hul God om hierdie reus die stryd aan te sê nie. En hierdie optrede van die Israeliete strek God nie tot eer nie.
SO VERMOOR DIE “VAKSIENE” OOK ONS KINDERS
Twee tienerseuns wat hartontsteking (miokarditis) opgedoen het ná Pfizer se Covid-inspuitings en daarna gelyk of hulle herstel het, het ‘n paar maande later terugverval in hul siektetoetand. So word deur Italiaanse navorsers berig.
Albei tieners het bewyse getoon van nuwe hartskade nadat hulle die herhalende (sg ‘booster-inspuitings’) “inentings” ontvang het (kan mens glo dat ouers wie se tieners hartskade met die eerste inspuiting opgedoen het, hulle waaragtig terugneem vir “boosters” – hoe red mens mense wat nie vir hulself kan dink nie!). Daar is ook bevind dat hoë vlakke van proteïene met beseerde hartspiere teenwoordig is. Skanderings het gewys een seun het nuwe letsels in sy hartwand gehad, en hy het byna twee weke hospitalisasie nodig gehad om selfs net in ‘n mate weer te herstel. Tog is hierdie tipe beserings van so ‘n aard dat dit nooit volkome herstel nie.
Die navorsers kon aanvanklik nie vasstel waarom die seuns die terugslae opgedoen het nie, wat 8 tot 12 maande ná die aanvanklike miokarditis-episodes gekom het. Hulle het gevra vir strenger monitering van enigiemand wat met mRNA-veroorsaakte miokarditis gediagnoseer is – en meer navorsing om vas te stel of jongmense wat dit gely het, ernstige toekomstige komplikasies in die gesig staar.