Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe moeilik moet die dood nie wees vir diegene wat niks tot stand gebring het, en Hom dan tegemoet gaan...
MET RYPERD EN MAUSER (2)
(Lees reeks by Met Ryperd en Mauser)
DERDEPOORT
Om die kwesbaarheid van die Republiek se wesgrens by Derdepoort aan die Maricorivier te verminder, is ‘n afdeling van die Rustenburgse kommando daarheen gestuur onder bevel van ons ou raadslid, Casper du Plessis. Te Derdepoort en daarvandaan laer af langs die rivier was daar al ‘n aantal jare lank ‘n paar polisiekampe gevestig, waarvan Derdepoort die hoofkamp was. Johannes Riekert was die polisiekommandant aldaar.
Vlak aan die oorkant van die rivier het Sikwanie, en daarvandaan verderaf ander groot swart statte van die Bagatlastam gelê, wat aan die kaptein Linchwe behoort het. Hy het aan die Boere gesê dat hy ons vriend was.
Die laer het naby die rivier gestaan. Elke dag was daar van die statte se inwoners in die laer om werkies vir die burgers te doen. Daar is ook patrollies na Mochudi, die hoofstat van Linchwe, uitgestuur. Mochudi is sewe uur te perd vanaf die rivier geleë. Die burgers het dus elkers by Mochudi aangedoen waar hulle dan nuus in verband met die Engelse troepebewegings ontvang het en wat dan ‘n bewys was dat Linchwe nog by die Boere gestaan het.
Die Engelse het agtergekom dat die Bagatlas nog ons vriende was en het planne beraam om hierdie vriendskap te vertroebel.
STUDIEHANDLEIDING - JAKOBUS
’n Studiehandleiding vir die Bybelboek Jakobus in die Nuwe Testament
Anita Joubert
Die brief van Jakobus
Agtergrond van die brief
Die brief van Jakobus het ’n opdraende stryd gevoer om in die Bybel opgeneem te word. Dit is weggelaat uit die eerste samestelling van Nuwe Testamentiese boeke, die Muratoriese Kanon, wat in 170 n.C. saamgestel is. Sommige kerkvaders deur die eeue het die brief as deel van die Geskrifte aanvaar, maar getwyfel of dit wel deur Jakobus, die broer van Jesus, geskryf is. Ander het egter weer geweier om dit as deel van die Bybelse Kanon te aanvaar. Die eerste kerkvader wat die brief onvoorwaardelik as kanoniek aanvaar het, was Augustinus (354-430 n.C.). Hy was ook oortuig daarvan dat die skrywer wel Jakobus, die broer van Jesus was. Dit was eers na hierdie aanvaarding van Augustinus, dat die brief van Jakobus volle erkenning begin kry het.
MET RYPERD EN MAUSER (1)
‘N OUDSTRYDER VERTEL
Ons bied aan u hiermee in 'n aantal aflewerings die eerste van 'n baie interessante reeks vertellinge van ‘n oudstryder uit die Tweede Vryheidsoorlog, Johannes Botha, wat as bittereinder ná die Oorlog sy ervaringe in die stryd te boek gestel het onder die titel Met ryperd en Mauser. Botha begin by die uitbreek van die Oorlog:
NA MAFEKING
Omstreeks aan die begin van Oktober 1899 het die wekroep tot die burgers van die twee Republieke om hul land teen die onregverdige bedreiging van Groot-Brittanje te verdedig, weerklank gevind in die hart van elke reggeskape Boer. In ons Rustenburgse distrik was hierdie oproep voldoende om elke burger aan sy dure plig te herinner. Kommandering was nie nodig nie.
Ek was toentertyd 26 jaar oud en nog ongetroud.
Ons eerste groepe het uit vier maats by een wa en ‘n span osse bestaan. Die ander kêrels was Gert Myburgh, Ockert Booysen en Abraham Cloete, ‘n onderwyser uit die Kaapkolonie. Die eerste bevele wat ons ontvang het was om na Lichtenburg te trek. Die waens las oral langs die pad aan totdat ons naderhand al ‘n hele handvol was. By my wa was ek die enigste perderuiter, maar teen hierdie tyd het ons laertjie al uit ongeveer ‘n honderd ruiters bestaan. Die offisiere sou ons eers vorentoe te Lichtenburg ontmoet.
Onder ons geledere was soos reeds vermeld ‘n sekere Abraham Cloete, wat onderwyser op Swartruggens was. Een van die burgers merk toe terloops op: “O, meester is ook hier!”
VOLG NIE BOSE REGERINGS
As die hoof van ‘n land onreg bedryf en bose wette uitvaardig, mag die gelowige hom nie daarin volg nie. In hierdie verband spel Hand.5:29 vir gelowiges die goue reël uit waar ons lees: “En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense”. PUNT!
WIE IS DIE REGTE APE ? MET DIE BREINPOKKE...
U sal onthou dat daar in Oktober 2019 ‘n voorspellingsoefening van die hele Covid-sage deur die Kabaal in Switserland gehou is. Hulle het selfs voorspel dat sowat 60 miljoen mense hopelik in die “pandemie” sal sterf. Dit was stilgehou tot in Maart 2020 toe die res van die wêreld moes verneem van die “dodelike virus” en almal beangs hulle regerings se drakoniese opdragte gehoorsaam het. Maar teen hierdie tyd weet die meeste mense dat dit ‘n poging van die Geldmag is om beheer oor die wêreld ten einde ‘n eenwêreldregering te vestig. Hulle kan egter nie in een so ‘n sarsie volle mag bekom nie en nou staan ons voor die tweede sogenaamde pandemie naamlik “Monkeypox” of dan Aappokke.
In 2021 hou die Kabaal toe weer ‘n voorspellingsoefening, hierdie keer oor die virus “Monkeypox”. Soos by dié oefening besluit, is hierdie "pandemie" nou gereed om die plek van die “Covid-pandemie” (wat terloops, sommer net so skielik verdwyn het) in te neem.
Aappokke is 'n siekte wat toevallig baie van die simptome van gordelroos naboots – soveel so dat die Departement van Gesondheid in Queensland, Australië, sommer dieselfde foto gebruik het om albei infeksies te illustreer – die foto's is sedertdien verwyder...
NUWE LIED ANTON THOMAS
Luister na die pragtige Afrikaanse lied deur Anton Thomas wat nou ook as nuwe temalied vir LovingLife TV gebruik gaan word:
https://lovinglifetv.com/second-loving-life-theme-song-on-our-rock-op-ons-rots/
HY IS ‘N ENIGE HERE
Hannes Ollewagen
2 Konings 17:24-41
“Tog het die Here met hulle 'n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie. Maar die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met 'n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer. En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.” (:35-37).
Geliefdes, hoe identies is hierdie gebeure in die lewe van die volk Israel nie met die geskiedenis van die Afrikanervolk nie? Ons lees hier hoe heidene die woongebied, die plek, van Israel ingetrek en daar begin woon het. En hierdie heidense volke het dan ook hul eie gebruike, kultuur en godsdiens daarheen gebring en dit aangehang. En alhoewel die insettinge van die HERE aan hulle geleer is, het hulle hul steeds nie van hul afgodery afgewend nie.
DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES
Ds A.E. van den Berg
“Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge” (I Kor. 12:13).
Met die oog op die komende Pinkstertyd let ons vanoggend op doop met die Heilige Gees, ʼn Bybelse gegewe waaroor dwaalleer verkondig word omdat mense nie die Bybel ken nie. Dwaalleer is die gevolg van gebrekkige Bybelkennis wat mense leuens laat glo. Jesus berispe die kerklui van sy tyd:
“…. Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ........” (Mt.22:29).
Alle dwaalleer is skadelik vir die geloof en ʼn bespotting van God. “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.” (Gal.6:7).
Een van die bekendste dwalings kom in Charismatiese kringe voor. Charismate glo dat mense met hul bekering nie die Heilige Gees ten volle ontvang nie en dat daar na die bekering na die volle seën daarvan gestreef moet word; ’n tweede seën (second blessing) wat verkeerdelik die doop met die Heilige Gees genoem word. Hierdie eenmalige seën plaas gelowiges op ʼn hoër geestelike vlak as diegene daarsonder. Dis ʼn dwaling!
MIDDELKLAS- SKULD ‘N TYDBOM IN SA
In ‘n onlangse verslag van die Eerste Nasionale Bank of First National Bank word vermeld dat die hoeveelheid skuld van die middelklas in Suid-Afrika op ‘n ramp afstuur. Natuurlik is FNB reg want hulle self het daartoe meegewerk met hul onmenslike hanteringsfooie, rente op rentes en so meer. Hul bevinding is dat die middelklasbevolking 80% van sy salaris binne ‘n paar dae nadat hy dit ontvang het aan skulddekking spandeer. Die oorblywende 20% is waarop hy moet leef vir minstens die volgende 20-25 dae tot die volgende maandeinde. Nou glo FNB die oplossing lê daarin dat die hele bevolking weekliks salaris moet ontvang, asof hierdie belaglikheid ‘n oplossing sal bied.
Die oorsaak van die probleem lê egter veel dieper en die probleem is feitlik onherstelbaar. Die drastiese verarming wat onder veral blankes ingetree het is die sigbare gevolg van regstellende aksie, die herverdeling van rykdom, transformasie in die staatsdiens, afleggings in openbare dienste soos die poskantoor en hospitale, en in talle staatsondernemings soos Eskom, die SAL, die spoorweë en die SAUK. Die ineenstorting van dienste, beurtkrag, onbeholpe misdaadbekamping en natuurlik ook die plan om die grond van blankes sonder vergoeding te onteien, het in ‘n groot mate bygedra tot die verarming van ons land se mense.
DAVOS - W.E.F. SATANSBERAAD
U mag dalk gehoor het van die weeklange byeenkoms van die rykstes in die wêreld, die elite soos hulle graag bekend staan, in Davos, Switzerland, vir n beraad van die Wêreld Ekonomiese Forum. Dit kan ook beskryf word as 'n byeenkoms van sataniste wat insluit Bill Gates, Klaus Schwab en so meer, mense wat beplan om die wêreld te beheer, om ons gewone mense, die "useless eaters" soos hulle ons noem, 24/7 te monitor in alles wat ons doen - dit is nou diegene wat nog nie dood is agv die gifinspuiting nie.
Dit is ook dieselfde spulletjie wat besluit het daar moet pandemies ontstaan sodat hulle ons met die inspuiting kan afmaai. En het hulle nie geslaag nie! Ons sal nie van ons gewone mense se dood deur die media verneem nie maar hulle slaag nie daarin om bekendes soos sport- en filmsterre se dood stil te hou nie, en dié sterf tans op strepe.
Kyk na uittreksels van die beraad by die skakel hieronder en hoor hoe hierdie satanskinders beplan om die hele wêreld onder hulle beheer te kry met 'n eenwêreldregering.
VANDAG IS HEMELVAART...
...WAT SOOS 'N SONDAG DEURGEBRING MOET WORD
Dr Johan Celliers
Vandag is dit weer Hemelvaart en herdenk ons Christus se opvaar na die hemel ná sy kruisiging en opstanding. Vir ons beteken Hemelvaart die terugkeer van Jesus na Vader in die hemel. Lees gerus die Lukas-evangelie asook Handelinge waar die gebeure vertel word hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het, en ná veertig dae na die hemel opvaar terwyl sy volgelinge toekyk hoe Hy in die wolke onsigbaar word.
Dat Hemelvaart vir ons as Christene soos 'n Sondag deurgebring moet word, is ongelukkig iets waaroor nie genoeg gepraat word nie. Ons ouer lesers sal onthou dat ons wel vroeër jare hierdie dag as 'n Christelike dag deurgebring het. Dit is tyd dat ons weer ons besighede sluit en aan ons Vader die dank en eer vir hierdie groot gebeure bring.
Al is dit hierdie jaar buitengewone omstandighede, kom ons bring Hemelvaart hierdie jaar só deur dat ons voorbeeld vir die talle ongelowiges daar buite as hoeksteen van die Christelike geloof vas en duidelik staan. Ons kan ons besighede sluit en op hierdie wyse aan diegene rondom ons toon dat ons te midde van 'n ekonomiese krisis steeds op God vertrou deur gehoorsaam aan sy Gebooie te wees en Hom die eer en respek wat Hom toekom daardeur betoon.
Met Hemelvaart keer die Seun terug na die Vader wat Hom gestuur het, en word sy Gees uitgestort op alle mense (Hand. 2:17) wat ons in 'n nuwe samelewing inbind waar ons deur die Goddelike 'Ons' herskep word as 'ons'. Maar dit was nie so eenvoudig nie – vóór die hereniging met die Vader was Jesus van mens en God verlate sodat ons van ons verlatenheid verlos kon word deur 'n ewige lewe saam met God-Drie-enig.
Met Jesus se kruisdood is die mensverlatenheid oortref deur die Godverlatenheid wanneer Jesus uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" (Mark. 15:34).
Ons kan ons nie indink wat hierdie uitroep alles ingehou het nie maar ons weet Jesus kom uit die volmaakste gemeenskap naamlik die Drie-eenheid waarin daar géén ruimte vir eensaamheid is nie; waar daar 'n ewige vloei, 'n stroom van liefde is, altyd Een is wat liefde gee en Een wat liefde ontvang.
Wat het gebeur toe Jesus aan die kruis – as't ware mens én God – van God verlate was? In hoe 'n mate het dit die 'Ons' van die Drie-eenheid aangetas? Mag ons glo dat God, in wie daar die ewige gemeenskap is, daarmee self tog 'n stuk eensaamheid ondervind het? Martin Luther het op 'n keer uitgeroep: "Gott von Gott verlassen – Wer kann das Fassen?" Dit beteken God van God verlaat – wie kan dit verstaan? Ons kan nie, maar ons weet dit was vir ons, sodat ons nie in die hel van eensaamheid hoef weg te sink nie; nie ons roeping as beelddraers van die Drie-enige God hoef mis te loop nie; nie as eensames wantrouig van 'n afstand na ander eensames hoef te loer nie maar eerder in die vreugde van die gemeenskap met my medemens mag deel. Jesus was verlate om ons te verlos – van die sonde ja, maar daarom juis ook vir mekaar.
Binne die Drie-Eenheid lê ook die geheim van menswees – menswees na die beeld van God. Eensaamheid tussen en in mense skree teen hierdie wese van Drie-eenheid, teen die Skepper wat mense as medemense gemaak het. God is die oorspronklike 'Ons' wat ons as 'ons' gemaak het, soos in die Genesisverhaal: "Kom... Ons maak die mens as verteenwoordiger, ons beeld..." Durf ons enigiets anders wees as 'ons'?
Intussen vier eensaamheid hoogty! Oral rondom ons is gebroke gemeenskappe, selfliefde, hoogmoed. En in dit alles probeer ons om God se plek in te neem – hierin lê ook die wese van sonde. Maar ons misgis ons totaal want God is nie die soort God wat ons wil wees nie; Hy ly nie aan hoogmoed nie; sy selfliefde is nooit selfsugtig nie.
'n Samelewing is veronderstel om presies dit te wees: 'n samelewing. Hierin word diegene wat in die Drie-enige God glo, dit wil sê wat deel van sy kerk uitmaak, op 'n besondere manier geroep om voorgangers te wees, om in 'n eensame wêreld te demonstreer dat ware gemeenskaplikheid moontlik is, 'n werklikheid is omdat God dit skenk. Die tragiese is egter dat ons dikwels die egoïstiese karakter van die wêreld aanneem, selfs op die voorpunt van selfsug met ons eiesinnige motiewe en strewes is.
Waarom kla so baie mense dat die kerk "onpersoonlik" is? Waarom kan jy soms in 'n kerk sit, omring deur honderde ander gelowiges, en jy bly die eensaamste onder die eensames? Niemand kyk na jou nie. Niemand weet van jou nie. Niemand wil by jou en jou probleme betrokke raak nie. Trouens, jy kon net so goed uit die kerk weggebly het, en geen enkele mens sou daarvan geweet het nie.
Waarom is dit so? Omdat ons hoogmoedig is. Omdat ons "God" wil speel. Omdat ons die ware God en sy evangelie nie verstaan of wil verstaan nie.
DIE HEILIGE GEES IN ONS LEWENS
Hannes Ollewagen
Efés. 4:17-32
“En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.” (:30).
Geliefdes, alreeds voor die Hemelvaart van onse Here Jesus Christus beloof Hy hierdie kosbare gawe van God. Die gawe van die Heilige Gees wat aan die kinders van God geskenk word. En hierdie gawe word nie sommer lukraak aan alle mense uitgedeel nie. Dit is ‘n kosbare gawe wat alleen beskore is vir diegene wat hul harte in waarheid aan God gee.
“En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” (Joh. 14:16).
Die Heilige Gees het egter nie ná die Hemelvaart van Christus “ontstaan” nie. Die Heilige Gees was van meet af aan deel van die grootse Drie-eenheid van God. Ons lees in Ps. 33:6 van die teenwoordigheid van die Gees tydens die Skepping.
DIE GOEIE OU DAE
Baie van ons lesers sal hul kan vereenselwig met van die inligting in hierdie video. Dit was die goeie ou dae voor die satan totaal losgelaat is op ons aarde; geniet dit.
https://lovinglifetv.com/daily-inspirational-video-24-may-2022-those-were-the-days/
RUS IN VREDE?
Ds A.E. van den Berg
“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).
Geen grafskrif is so geyk as rus in vrede nie. Grafsteenmakers bring dit al vir baie eeue op grafstene aan. Dit pryk selfs op grafte van vroeë Christene in katakombes meer as 1500 jaar oud. Wat is die oorsprong daarvan? Dit kom van die Latyn en is ʼn biddende versoek dat die liggaam tot die oordeelsdag toe vreedsaam in die graf sal rus om daarna op te staan en met die siel herenig te word en in ʼn ewige, vreugdevolle heerlikheid tegemoet te gaan.
Die probleem is dat hierdie grafskrif geensins Protestants is nie maar eerder diep in ʼn Roomse tradisie ingeburger is. Dis deel van die Roomse dwaling om vir dooies te bid. Die oomblik as ʼn mens sterf, is sy lot verseël en kan geen gebede iets aan sy ewige lot verander nie.
Daarbenewens is rus in vrede nie Skriftuurlik korrek nie. Die naaste wat die Bybel daaraan kom, is aan die einde van die boek Daniel waar ʼn engel sê:
CHRISTENE EN DIE WET VAN GOD
Ds. A.E van den Berg
“...aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie....” (Rom.3:20).
Inleiding
Hoe moet Christene die Wet van God beskou? Is die onderhouding daarvan enigsins bepalend vir saligheidsverwerwing? Nee, gewis nie. Talle van hierdie wette het oor die offersisteem gehandel wat met die kruisiging van Jesus ten einde gekom het. Is van die ander wette nie dalk steeds bindend nie?
Dieselfde vraag het in vroeë NT kerk opgeduik waarna ʼn raad van apostels en ouderlinge byeengekom het om dit te bespreek. Die strydvraag het oor die besnydenis gegaan. Het God van nie-Joodse bekeerdes verwag om hulle eers te laat besny alvorens hulle in die nuwe verbond kon deel? Nee, beslis nie.
KOMPAS NA DIE HEMEL
Ds A.E. van den Berg
“U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad”(Ps.119:105).
Ps.119 is baie anders as enige ander psalm. Dis baie langer, selfs langer as twee van die langste psalms as dit saamgevoeg sou word. Alhoewel die digter nie vermeld word nie, lyk dit asof dit Dawid kon wees wat by geleentheid al sy kort geestelike gedagtes wat hy neergeskryf het as ʼn geheel saamgevoeg het. Ps.119 is egter nie ʼn ketting met ʼn klomp saamgevoegde goue skakels nie, maar eerder ʼn skatkis met goud wat op elke toegewyde leser wag om ontdek te word.
In vers 19 skryf die psalmdigter: “Ek is ’n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie”.
Dis so waar, ons is reisigers op die aarde en word soms genoodsaak om in die donkerte van die lewe ons lewensreis voort te sit. Om dit sonder die liggewende Woord van God aan te pak, is rampspoedig. Daarom het God vir ons die Bybel as ʼn lig vir ons lewenspad gegee en aan die hand daarvan ons ewige bestemming te bereik nl. die Nuwe Jerusalem. Wie dié lig gebruik, verdwaal nie. Wie dit nie gebruik nie, verdwaal en beland op die ou einde soos die ryk man in Luk.16 in die ewige duisternis met geween en gekners van tande.
SELFMOORD IN KANADA GEWETTIG
Met alles wat deesdae in die wêreld gebeur behoort dit nie juis 'n skok te wees om te verneem dat ou en siek mense in Kanada deur die staat betaal word om selfmoord te pleeg nie. Met Bill Gates en sy bende wat beoog om sowat 7 biljoen mense te vermoor, sluit hierdie plan baie goed aan om die wêreldbevolking tot 500 miljoen af te bring. Ons sal seker binnekort van nog Amerikaanse state en selfs Brittanje hoor wat selfmoord wettig en dit aanmoedig met finansiële vergoeding.
Om uself te vergewis van die feite kyk na die video by die skakel hieronder:
WANDEL IN DIE HERE SE WEË
Hannes Ollewagen
Ps. 119:33-40
“Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek ‘n behae.” (:35).
Geliefdes, wat ‘n mooi versoek is hierdie nie van die Psalmdigter nie! Hy vra die HERE om hom langs die weg van sy gebooie te lei. En dan stel hy dit ook dat dit vir hom ‘n vreugde is om in die weë van die HERE te wandel. Hy het ‘n behae daarin om te doen wat in die oë van die HERE reg is. Hy doen dit nie uit vrees of manipulasie om iets van die HERE te ontvang nie, maar uit liefde vir die HERE. En daarom put hy vreugde hieruit. Ja, daarom kan hy hom hierin verlustig!