Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense doop graag hulle kindertjies maar verstaan nie altyd waarom die doop gaan nie. Jesus het sy dissipels opdrag gegee om bekeerlinge in die Naam van van die Vader, die Seun en die Heilige Gees te doop. Ouers wat nie in die Drie-Eenheid van God glo nie maar hulle kinders ten doop bring maak 'n bespotting van hierdie verbondsteken van Christus.
VIND UIT WAT OM MET U BANKE EN BATES TE DOEN!
By die skakel heelonder volg ‘n baie insiggewende video-onderhoud met ‘n Suid-Afrikaanse besigheidsman, Dirk Visser, met Scott van LovingLife. Alle Suid-Afrikaners behoort hierdie inligting ter harte te neem om te weet wat jy met beleggings, kontant, kredietkaarte, tjeks en andere moet doen om in die tyd wat kom staande te bly. Die meeste van ons weet dat die ekonomie binnekort wêreldwyd gaan platval en ons sal baie slim te werk moet gaan om te oorleef, veral in die lig van die globaliste wat die Nuwe Wêreldorde in die volgende kort tyd in werking gaan stel.
Dirk Visser het 'n BComm-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf wat die kwalifikasies is wat nodig is om 'n geoktrooieerde rekenmeester in SA te word. Hy het ook 'n Bcomm Honeurs in Finansiële bestuur voltooi en was die Finansiële bestuurder vir die grootste Wapengroothandelaar in SA. Dit was in die laat 1990's. Dirk het sedert 2001 sy eie besigheid begin en is sedertdien 'n entrepreneur en sakeman en was 'n groot verskaffer van sleepstange aan die plaaslike motorvervaardigers en het ook ‘n groot aandeel in internasionale besigheid en vervaardigingsblootstelling in verskeie lande gehad. Luister na 'n maklik volgbare insiggewende onderhoud wat vir elke besigheidspersoon goud werd kan wees in die tyd waarin ons leef.
Hieronder by die skakel volg ‘n baie insiggewende video-onderhoud met ‘n Suid-Afrikaanse besigheidsman, Dirk Visser, met Scott van LovingLife. Alle Suid-Afrikaner behoort hierdie inligting ter harte te neem om te weet wat jy met beleggings, kontant, kredietkaarte, tjeks en andere te doen om in die tyd wat kom staande te bly. Die meeste van ons weet dat die ekonomie binnekort wêreldwyd gaan platval en ons sal baie slim te werk moet gaan om te oorleef, veral in die lig van die globaliste wat die Nuwe Wêreldorde in die volgende kort tyd in werking gaan stel.
Dirk Visser het 'n BComm-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf wat die kwalifikasies is wat nodig is om 'n geoktrooieerde rekenmeester in SA te word. Hy het toe 'n Bcomm Honeurs in Finansiële bestuur voltooi en was 'n Finansiële bestuurder vir die grootste Wapengroothandelaar in SA. Dit was in die laat 1990's toe Dirk in sy laat 20's was. Dirk het sedert 2001 sy eie besigheid begin en is sedertdien 'n entrepreneur en sakeman en was 'n groot verskaffer van sleepstange aan die plaaslike motorvervaardigers en het ook ‘n groot aandeel in internasionale besigheid en vervaardigingsblootstelling in verskeie lande gehad gehad.
WEDERGEBOORTE...
...Die wedergeboorte en die mieliepit
Ds A.E. van den Berg
“Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Joh.3:3).
Ons het almal al gesien hoe springmielies skiet. Dis ʼn tipe mielie wat geoes, gedroog en die pitte van gestroop word. Om springmielies te verkry, word dit in olie van tot 230 C verhit waarna dit in geheel van voorkoms verander.
Wat gebeur is dat die druk in die pit weens die verhitting verhoog en die water in die kern van die mielie uitsit. Die stysel in die binnekant vorm dan wit borrels wat solied word; reg om te eet. ʼn Springmielie is ongeveer 50 keer groter as die oorspronklike pit en heerlik om te eet.
Met die wedergeboorte werk dit net so. Sonder die Heilige Gees is jy ʼn droë mieliepit. Al die elemente is daar om ʼn springmielie te word, Dit kort net hitte waarna die mielie ontpop en bruikbaar word. Die Heilige Gees verskaf die nodige hitte.
AMPER ONS VITAMIENES KWYT!
Tipies soos die ANC-regime te werk gaan, het hulle hierdie keer weer in die geheim geknoei om die kosbare vitamienes en minerale wat ons so nodig het om ons natuurlike immuniteit teen virusse en bakterie op te bou, onbekombaar te maak. Dit sluit natuurlik in die lewensnoodsaaklike vit C, vit D, sink en talle ander wat ons nodig het om elke dag gesond te wees.
Reeds in 2017 het hulle regulasies dienooreenkomstig probeer wysig kragtens die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe, no. 101 van 1965. Genadiglik was die Alliansie van Natuurlike Gesondheidsprodukte van Suid-Afrika wakker genoeg en het betyds die saak na die Hooggeregshof geneem. Die Hof het bevind dat die regulasies onbillik en onredelik is en het die Alliansie gelyk gegee in hul saak teen die Minister van Gesondheid en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid.
NIKS MINDER AS DIE WAARHEID
Indien u die hele verloop van die sogenaamde Covid-pandemie in werklike konteks wil verstaan, kyk na die video by die skakel hieronder waarin die Duitse regsgeleerde dr Reiner Fuellmich in duidelike chronologiese orde vertel waarom dit gebeur het en hoe dit besig is om te verloop. Hierdie video is wel 'n uur lank maar absoluut die moeitewerd as u die tyd en passie het om die waarheid te wil hoor.
UIT DIE PERD SE BEK
'n Jong man vertel hoe hy as klein seuntjie deur pedofiele verniel is, deur sy ouers vir 'n paar weke per jaar aan hulle gegee. Hy onthul talle geheime van die rykes, globaliste en Illuminati. Hy het ook onlangs 'n boek oor sy wedervaringe geskryf waarin hy uitbrei oor die lewe van bogenoemdes. By die skakel hieronder sal u verstommende gebeure oor die onderwerp aanhoor. Dit is nie 'n lang video nie en daar word beoog om binnekort 'n deel twee te maak wat ons hoop om ook te bekom.
https://lovinglifetv.com/first-hand-account-of-how-evil-the-elite-are-those-who-would-rule-over-us/
BILL GATES SE VOLGENDE LOKVAL
Hiermee maak die satan voorbrand vir die verslawende toestand wat vir die wêreldbevolking wag onder die Nuwe Wêreldorde en sy bendelede soos die sogenaamde gesondheidsorganisasies met hulle wandade. Ons moet weet wat vir ons wag in aggenome die nuwe Suid-Afrikaanse wetgewing mbt "gesondheid" wat Ramaphosa nou met goeie tydsberekening instel. Ons sal geen regte oorhou nie; as jy net nies, sal jy teen jou wil na 'n plek geneem word waar jy "getoets" word vir wat hulle ookal lus het en sal jy "mediese behandeling" ontvang wat in die naam van goeie gesondheid jou dood kan veroorsaak net soos die sogenaamde inentings mense op hope laat sterf. Onthou wat Gates ook gesê het: die wêreldbevolking van ongeveer 7 biljoen moet uitgewis word tot niks meer as 500 miljoen oorbly nie. Dit beteken daar moet nog groot planne van die globaliste in werking gestel word om hulle doel te bereik.
By die skakel hieronder verduidelik Bill Gates hoe hulle die hele wêreld onder een "gesondheidsstelsel" sal bring en beheer.
BLYDSKAP IN SY GAWES
Hannes Ollewagen
Joh. 14:1-31
“LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (:1-4).
Geliefdes, ons almal hou seker daarvan om ‘n geskenk te ontvang. Die moeilikste deel hiervan is seker om geduldig daarvoor te wag. En ons almal is met hierdie gevoel bekend. Dink maar hoedat u as ‘n kind na u verjaarsdag uitgesien het en hoedat u selfs die tyd verby gewens het omdat u reikhalsend uitgesien het om daardie geskenk op u verjaarsdag te ontvang. En namate ons ouer word, is ons dalk minder opgewonde oor ons verjaarsdae en die geskenke wat ons op hierdie dag ontvang. Maar hierdie gevoel van opwinding en verwagting gaan nie heeltemal tot niet nie. Wanneer ons volwassenheid bereik, is daar weer ander dinge waaroor ons opgewonde raak en ander dinge waarna ons uitsien. Ja, daardie verwagting om klaar te studeer en dalk ‘n kwalifikasie te verwerf. Daardie verwagting om my eerste salaris te verdien. Daardie verwagting om my eerste motor en eerste huis te koop. En daardie groot opwinding en verwagting na ‘n lewensmaat en kinders uit die huwelik.
SENSUUR OP SOSIALE MEDIA DRASTIES VERSKERP
Die Britse regering het besluit om sensuur op die vryheid van spraak nou een van sy grootste uitvoerprodukte te maak want sodra 'n regering begin om spraak te kriminaliseer, beland hy op 'n glybaan van sensuur. Wat alles haatspraak of "kwaadwillige kommunikasie" uitmaak, bly egter 'n hoogs subjektiewe saak maar 'n bestendige uitbreiding van verbode terme en woorde en gebare word nou waargeneem. Selfs om "giftige ideologieë" te hê, is nou 'n misdaad.
Die VSA is nie agter die VK oor hierdie saak nie. Inteendeel, hulle is so ernstig daaroor, dat Elon Musk se belofte om vrye spraak op Twitter te herstel hulle genoop het om hom in te roep om te kom verduidelik wat hy van plan is om te doen. Hulle het selfs gedreig om sy maatskappy bankrot te maak as hy probeer om vrye spraak op die internet te herstel.
Die satanis en kinderdief, Hillary Clinton, het natuurlik ook ‘n oproep aan Europese lande gedoen om sensuurwette deur te voer om sosiale mediamaatskappye soos Twitter te dwing om spraak te reguleer.
GEBED VIR DIE WEEK
Dankie Here vir die voorbeeldige lewens van my ontslape geliefdes. Gee my die genade dat ek na my eie dood net soos hulle onthou sal word. Laat goedheid en geloof my karakter kenmerk en soos ʼn goue ketting wees wat mense liefdevol aan mekaar bind. Gee dat my lewe ’n fontein van vreugde sal wees wat alles om my verfris en sonskyn in baie mense se lewens bring.
Laat niks my teen die bose beskerm soos om goed vir mense te wees nie. Maar dan ook nie bloot goed nie, Here, maar goed omdat ek uWoord gehoorsaam en in u weë wandel.
Dankie dat my lewe nie altyd verloop soos wat ek wil hê nie, maar soos wat U, Here, dit voor die grondlegging van die wêreld beplan het. Laat my derhalwe nooit ʼn vraagteken plaas waar U ʼn punt gesit het nie. Reinig my lewe so, dat ek nooit ʼn slegte voorbeeld en ʼn wrede waarskuwing word nie. Laat môre se blomme die saad sal wees wat ek vandag saai!
VIER SOORTE STORMS
Ds A.E. van den Berg
Die vier soorte storms in ʼn mens se lewe
Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet” (Jak.1:12).
God laat soms storms in ons lewens toe om ons oor die lewe te laat besin en ʼn geestelike verdieping te ervaar. Hy beskik ook storms in ongehoorsame mense se lewens sodat hulle God se wil sal uitvoer. Die profeet Jona is ʼn sprekende voorbeeld van so ʼn mens. Hy het op ʼn dag ʼn opdrag van God ontvang om na Ninevé te gaan en God se komende oordeel te verkondig sodat die inwoners dit hoor, hul bekeer en die ramp afweer.
Hierdie opdrag het Jona dwars in die krop gesteek. Nineve was 800 km Oos van hom. Die ergste was dat dit ‘n volslae heidense gebied was. Heidene is as buite God se reddende genade beskou. Jona het gevoel dat dit tydmors sou wees en eerder 800 km wes na Tarsus gevlug. Die Bybel gebruik die woord vlug omdat diegene wat God se opdrag nie uitvoer nie, van God af wegvlug.
GEBED VIR DIE NAWEEK
Here, dankie vir die gawe van die lewe. U is die Lener en ek die ontvanger daarvan. U Woord is duidelik dat daar ʼn dag kom dat ek dit moet teruggee en verslag daarvan aan U sal moet doen. Gee dat ek nooit vergeet dat alles wat ek is en het net genade is nie. Maak my derhalwe nederig sodat u grootheid in my nederigheid sal skitter en van my hart die mooiste tempel vir U maak.
Seën my met lewensvreugde en leer my dat vreugde ʼn vrug van die Gees en nie ʼn byproduk van stoflike welvaart is nie. Herinner my om voortdurend bly te wees oor die redding van my siel en laat my blydskap nooit van omstandighede afhang nie.
Laat my geloof in U soos die son wees wat opkom en my mooi dinge rondom my laat raaksien. Seën my so Here, dat my lewe ook vir ander tot seën sal wees. Maak my lewe vry van haat; my gedagtes vry van kommer en laat ek meer gee en minder verwag.
Reinig my lewenspad deur U Woord en Gees sodat ek ʼn goeie voorbeeld vir ander sal wees en nooit ʼn wrede waarskuwing word nie. Laat my reinheid ander se onreinheid soos waarskuwingsligte laat brand .
PEDOFILIE SAL GEWETTIG WORD
As u ‘n konserwatiewe mens en veral ‘n kind van die ware God van hemel en aarde is, moet u maar liewer sit voor u hierdie artikel begin lees. Die satan is absoluut losgelaat in hierdie tyd en loop soos ‘n brullende leeu rond om te kyk wat hy kan verskeur.
Almal het seker reeds kennis geneem van die seksvoorkeure van mense wat sonder God leef. Homoseksualisme was een van die eerste afwykings waarvan ons gehoor het; selfs in die Woord van God word daarteen gewaarsku. Lev.18 bevat ʼn lys van sedelike grense wat nie oorgesteek mag word nie:
“Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (:22).
Wie dit beoefen het, kon met die dood gestraf word:
“En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het soos ’n mens met ’n vrou het, het hulle al twee iets gruwelik gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word....” (Lev.20:13):
God asook sy voorskrifte het nog nooit verander nie en dit sal ook nooit. Wat in die Bybel vir ons geskryf is sal in der ewigheid dieselfde bly. Maar die sekulêre wêreld het God afgeskryf en nou is daar by hulle geen grense nie. Daarom kon dit ook nie by homoseksualisme bly nie.
'N WARE SLAGVELD
Hiermee 'n kostelike kommando-storie uit die Tweede Vryheidsoorlog van wyle oom Jan Steyn wat net na die Slag van Bakenlaagte in Transvaal saam met sy kommando'tjie aan die trek na Machadodorp was. Die wêreld was kaalgestroop en verniel en kos was skaars en dit was dae waarin hulle meesal niks te ete gehad het nie.
Op een besondere dag het hulle ver gery en heeltemal niks gehad om te eet nie. Kort-kort moes hulle van koers verander om uit die pad van sterk Kakiemagte te bly. Maar so teen twee-uur die middag was hulle redelik veilig en kon toe begin soek na iets om te eet.
Hulle was al so erg honger dat toe hulle Swartes se strooise gewaar sommer reguit soontoe ry. Maar dit was dadelik duidelik dat dié spul hulle vyandig gesind is en toe verklap die hoofman die rede met dié woorde: "Die Engelsman het gesê ons moenie die Boer kosgee nie."
RAADPLEEG HOM!
Hannes Ollewagen
Jos. 9:1-27
“Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die Here het hulle nie geraadpleeg nie.” (:14).
Ons word uit vanoggend se teksvers aan ‘n frustrerende werklikheid herinner. En hierdie werklikheid is dat ons almal foute maak, geliefdes. Ja, hier lees ons van die merkwaardige leier, Josua. Ons lees aan die begin van hierdie hoofstuk hoedat die konings van ses volke hul kragte saamsnoer om hierdie man te probeer weerstaan. En steeds kon hulle nie hierin slaag nie. Dit gee tog vir ons ‘n idee hoe “groot” hierdie man in daardie tyd was. Beslis iemand om mee rekening te hou. Ongetwyfeld ‘n baie besonderse man. Maar helaas ook maar net ‘n man, ‘n mens. Ja, ‘n mens met gebreke, tekortkominge en swakhede.
GEBED VIR DIE WEEK
Here, vervul my hierdie week met lewensvreugde, nie omdat die lewe as sulks goed is nie, maar omdat U in my lewe goed is. Maak my sterk in teenspoed sodat die wanhoopsdampe van ontnugtering nie die helder lig van die hemel in my lewe sal verdring en ek ongeloof uitspit waar U geloof geplant het nie.
Dankie dat U die storms in gelowiges se lewens stilmaak, maar soms ook laat aangaan om ons stil te maak.
Leer my Here, dat as ek in beproewing beland, U my nie wil ombring nie maar eerder nader aan U wil bring. Laat my nooit wanhopig word nie en ek onthou dat ek ʼn God aanbid wat Hom in moontlikhede verlustig.
Ek dank U ook vir moeilike tye in my lewe waarsonder ek nooit my geesteskrag sou leer ken het nie. Maak my opreg dankbaar vir alles wat ek van U ontvang en laat dankbaarheid die koning van al my deugde wees. Maak my rustig in onrustige tye en dat ek onthou my lewe is in die hande van Een wat die ganse heelal gemaak het. Daarom wil ek eerder saam met U in my teenspoed as sonder U in my voorspoed wees!
Amen
GENIET 'N KEER DIE MOOI!
Deesdae word die meeste mense betower deur die werk van satan en glo hulle ook al die leuens van die vader van die leuen: satan.
Kyk na die video hieronder om vir verandering betower te word deur die harde werk en toewyding van mense wat nog in die mooi en ongerepte glo; defnitief nie die werk van die satan nie.
Dit is 'n kort video; geniet dit!
https://lovinglifetv.com/daily-inspirational-video-30-april-2022-dancing-sea-lion/
OM MET GOD TE SPOT
Ds A.E. van den Berg
“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk ...” (Rom.1:18).
ʼn Volk wat God se Woord minag, kan nie staande bly nie, veral soos met Suid-Afrika gebeur het. Mense het hier aan die suidpunt van Afrika teen God se skeppingsorde in opstand gekom, die leuen bo die waarheid verkies en dra vandag die bittere gevolge daarvan. Dit het ʼn lugleegte gelaat wat met allerlei sedelose praktyke gevul is waarvan homoseksualisme sekerlik die heel walglikste is.
Die Bybel veroordeel homoseksualisme in geen onduidelike taal nie en skep nie die geringste ruimte vir enige verdraagsaamheid daarvoor nie. Dit word nêrens as ʼn eiesoortige erotiek beskou nie. Wat sedelik verkeerd is, kan nooit vir God reg wees nie!
Homoseksualisme is een van die gruwelikste vorms van sedeloosheid van alle tye. Lev.18 bevat ʼn lys van sedelike grense wat nie oorgesteek mag word nie:
“Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (:22).
VAT JULLE LAND TERUG!
In die video by die skakel hieronder is twee videos ingevoeg waarvan die eerste een die jong vrou van Kirkwood wat om hulp vra tydens die afgelope dae se verwoesting deur swartes daar. Talle persone het reeds daardie een per WA gesien. In die tweede video pleit 'n swart man die blankes van Suid-Afrika om hulle land terug te vat sodat daar weer voorspoed mag kom. Hy haal selfs 'n stelling van PW Botha aan waar hy sê dat 'n swarte nie oor homself kan regeer nie. Hierin is bietjie stof tot nadenke...