Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Telkens as ons sondig, kies ons die dood bo die lewe. Daarna is ons so lief om die sonde te ontsmet sodat dit darem nie so sleg klink nie.
DIE VARKGRIEP- BEDROG VAN 1976
Hier in Suid-Afrika kan ons juis nou iets van uiterste belang leer uit die varkgriep-fiasko wat in 1976 in Amerika plaasgevind het.
Onder die voorwendsel van ‘vrees vir 'n herhaling van die 1918-Spaanse griep-pandemie’, is die VSA-regering se propagandamasjien voorgesê om tot aksie oor te gaan en het die media tot vervelens klem daarop gelê dat alle Amerikaners ingeënt moes word - soos wat binnekort weer vir hulle en vir die hele wêreld voorlê, ook vir ons.
Volgens die program '60 Minutes' is 46 miljoen Amerikaners in daardie stadium teen die varkgriep ingeënt. Die varkgriep-entstof is nie behoorlik vir veiligheid of doeltreffendheid getoets nie; dit is ook inderhaas bymekaargestel/ontwikkel net soos dit nou met die Covid-19-entstowwe die geval is. Almal het geweet dat dit skadelike bymiddels bevat en tog het soveel mense die inenting geneem. Gedurende die volgende paar jaar het duisende Amerikaners eise teen die federale regering ingedien vir skade gely, soos deur Smithsonian Magazine in 2017 berig:
“In die lente van 1976 het dit deur die mond van die media geklink of griep daardie jaar ‘n groot bedreiging inhou. Maar dit was toe nie so nie en die oorhaastige reaksie het gelei tot 'n massiewe mediese debakel wat nooit verdwyn het nie.
“Sommige van die Amerikaanse publiek se huiwering om weer entstowwe te ontvang – veral die griep-entstof – kan toegeskryf word aan die langdurige gevolge van die mislukte veldtog in 1976 om die publiek massa-inentings toe te dien teen 'n stam van die varkgriepvirus,” skryf Rebecca Kreston vir Ontdek.
IS TRANSHUMANISME ONVERMYDELIK?
Nog ‘n Babelse verwarring oppad!
Vandag staan ons moontlik by die letterlike kruispad van transhumanisme, danksy die vinnig naderende vrystelling van een of meer mRNS COVID-19-entstowwe. Twee sigbare voorstanders van transhumanisme is Ray Kurzweil (direkteur ingenieurswese by Google sedert 2012) en Elon Musk (stigter van SpaceX, Tesla en Neuralink).
Twee jaar gelede, in Oktober 2018, het nog ‘n voorstander daarvan, Neil Sahota, 'n kunsmatige intelligensie-adviseur van die Verenigde Nasies en UC Irvine-professor, gewaarsku dat transhumanisme vinnig nader kom - waarskynlik vinniger as wat enigiemand sou dink:
"In die afgelope paar jaar was daar aansienlike besprekings oor die idee dat ons stadig met ons tegnologie saamsmelt, dat ons transmenslik word, met opgedateerde vermoëns, insluitend verbeterde intelligensie, krag en bewustheid."
Wat is transhumanisme? Dit is die geloof of teorie dat die menslike ras buite sy huidige fisiese en geestelike beperkings kan ontwikkel, veral deur middel van wetenskap en tegnologie.
Die Transhumanistiese Beweging of 'Human 2.0' is 'n filosofiese beweging wat hom beywer vir die transformasie van die menslike toestand deur gevorderde tegnologieë te ontwikkel om die menslike intellek en fisiologie te verbeter. Die doel van die Transhumanistiese Beweging is om menslike biologie met tegnologie en kunsmatige intelligensie saam te smelt, met ander woorde, 'n transmenslike wese te skep wat in die meeste opsigte soos 'n mens lyk, maar wat magte en vermoëns het buite die standaardmens.
SELFDE-GESLAG AANGETROKKENHEID
André Bekker praat oor seksualisme
“Te midde van ’n hernude poging om oriëntasie aan ’n biologiese oorsaak toe te skryf, is daar geen gerepliseerde studies wat ’n biologiese oorsaak ondersteun nie... Dit is ook nie ’n geheim dat die media onder die invloed van die gay aktiviste is nie.”
“My boodskap aan diegene wat hier lees, is wees getrou en hou vas aan die tradisionele, konserwatiewe waardes en lering wat die Skrif vir ons duidelik uiteensit. Hierdie waarheid, oorgedra in liefde, is ’n krag tot verlossing vir die persoon wat vasgevang is in ’n homoseksuele leefstyl.“
Van ’n jong ouderdom af was daar by my ’n belangstelling in persone van dieselfde geslag. As tiener het ek nooit ’n aangetrokkenheid tot die teenoorgestelde geslag beleef nie, met ’n sterker wordende aangetrokkenheid tot persone van dieselfde geslag. Dit het my geheim geword wat ek nooit met iemand gedeel het nie.
AS GIF VIR MEDISYNE AANGESIEN WORD
Alan Paton en Nadine Gordimer
Ds. AE van den Berg
Alan Paton
Suid-Afrika het talle volksvyandige skrywers gehad wat die volksiel met hul onkruidskrywes vergiftig het.Alan Paton (1903-1988) en Nadine Gordimer (1923-2014) was twee van hulle. Paton was jare lank hoof van ʼn swart verbeteringskool naby Johannesburg en het talle boeke geskryf waarvan Cry, The Beloved Country (1948) die meeste skade aan rasseverhoudings aangedoen het.
Dis ʼn fiktiewe verhaal van rasse-onreg waarmee Paton gif teen die eertydse apartheidbeleid gesaai het ten einde internasionale steun vir sy staatkundige hersenskimme te verkry. Die hoë misdaadsyfer, blankes wat deur swartes aangeval word en die paniek wat dit veroorsaak, is prominente temas in die skrywe. Hy skryf dit aan die verstedeliking en ontstamming van swartes asook die blanke politieke monopolie toe.
APARTHEID KOM TERUG! BLACK LIVES MATTER...
Jeanette Koekemoer
Daar word in die algemeen na lede van die Black Lives Matter-organisasie (BLM) gekyk as oproermakers en brandstigters, wat hulle ook is. En dit kan selfs waar wees dat BLM gestig is om die Republikeinse Party van Donald Trump die verkiesing te laat verloor. Maar dalk sal ons nie te ver in die toekoms nie, ook dankbaar teenoor die stigters van BLM wees oor die pad wat hulle vir ons Afrikanervolk voorberei het, hoe snaaks dit nou ook mag klink. Kom ons kyk wat tans in hulle geledere aan die ontwikkel is.
Soos ons weet ondersteun talle blankes in Amerika en ook Engeland en sommige ander lande, die BLM. In Amerika is dit deels te wyte aan die feit dat die Demokratiese Party van Joe Biden (uitgesproke Afrikanerhater vanaf sy jeugdae - en die Party waaroor ons netnou moet uitwei want die huidige situasie daarbinne is so verwarrend dat dit eintlik koddig is) wat vanselfsprekend uit ‘n meerderheid blankes bestaan, die BLM in hulle midde koester. Maar soos wat die naam Black Lives Matter impliseer, gaan dit oor swartes en kry die volgehoue oproere dit reg om swartes so op te sweep dat daar al minder ruimte vir blankes binne dié beweging oorbly. BLM dring al meer aan op algehele skeiding tussen wit en swart op alle gebiede van die samelewing. Hulle wil nou selfs rasgeskeide slaapsale, oriëntasies en gradeplegtighede op alle universiteitskampusse in Amerika hê. In Suid-Afrikaanse terme sou ons dit apartheid noem, daardie stelsel waarin die swartes in Suid-Afrika hulle eie gebiede bewoon het en die blankes veilig in húlle woonbuurtes was. Daardie tyd vóór dr Verwoerd vermoor is, vóór Johan Vorster en sy bende ons aan die Wêreldgeldmag uitverkoop het, daardie tyd toe ons nie elke dag die ware betekenis van misdaad aanskou het nie.
DIE UURGLAS LOOP UIT (6)
Ds A.E. van den Berg
6. Bordeel of huwelik?
“Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God” (Openb.19:7-9).
ʼn Gelukkige huwelik is die naaste wat ʼn mens op die aarde aan die hemel kan kom. ʼn Ongelukkige een is egter ʼn kortpad na die hel. Duisende huwelike het al in of moord of selfmoord geëindig en selfs hoofopskrifte in die media gehaal.
Om ʼn huweliksbevestiging by te woon en gesellig saam te verkeer, is vreugdevol. Openb.19 vertel van die wonderlikste huwelik wat ooit gaan plaasvind - dié van die bruilof van Jesus Christus, die Lam van God met die kerk as bruid. Hierdie bruid bestaan uit al die gelowiges deur die eeue.
VLYT IS ‘N KOSBARE SKAT
Hannes Ollewagen
Spreuke 12:1-28
“Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is ‘n kosbare skat vir ‘n mens.” (:27).
Ons weet tog almal dat iets wat kosbaar is nie sommer algemeen beskikbaar is nie. Ja, ons erken dit tog in die bekende gesegde – “Goeie goed is skaars.” En hoe seldsaam is hierdie kosbare skat, vlyt, nie in ons dae nie? Dink maar hoe moeisaam die meeste mense hulle werk doen. In die meeste gevalle sal mense net genoeg doen om hul uit die moeilikheid te hou. Dit is absoluut die uitsondering waar ‘n persoon werklik met ywer, ja vlytig, hul taak verrig.
Die kommunistiese regime in wie se hande ons gedompel is, het met welslae daarin geslaag om ook ‘n groot hoeveelheid van ons volksgenote tot papbroeke en luiaards te verander. Dit is vir ‘n kommunistiese regering belangrik om so ‘n groot as moontlike mag oor die burgery te verkry. Dit is tog soveel makliker wanneer jou burgers van jou afhanklik is vir allerhande toelae en uitgifte vir hul daaglikse bestaan, nie waar nie? En die boosheid van so ‘n sisteem is vir ons duidelik sigbaar daarin dat ‘n verordening wat deur God ingestel is teëgegaan word sodat hierdie mense hul eie posisie kan verstewig en hul eie ideologieë kan verwesenlik. Hulle hou God vir geen oomblik in erkentenis in hul optrede en doelstellings nie.
VIRUSSE
Ons is die afgelope maande so gebombardeer met die virus-sage dat ons gerus kan kyk na presies wat 'n virus is, die geskiedenis daarvan en ook hoe dit funksioneer.
Virus beteken "smetstof", en dit is dus duidelik dat dit 'n stof moet wees waardeur 'n mens besmet en siek kan word. Dit geld glad nie net vir mense nie want ook diere en plante kan deur virusse besmet word.
Vroeër jare is daar gemeen dat alle besmetlike siektes deur bakterieë veroorsaak word. Tog was daar nog aansteeklike siektes waarby nooit 'n bakterie gevind kon word nie selfs al was die lense van die mikroskoop sterk en die ondersoekmetodes slim uitgedink.
Dit was reeds lank bekend dat die tabakmosaïek-siekte van die siek plant op die gesonde plant oorgedra kan word. En hoewel baie navorsers gesoek het, het hulle nooit 'n bakterie wat die siekte kon veroorsaak, ontdek nie.
In 1892 het Iwanowski in sy laboratorium eksperimente gedoen. Hy het die sap uit 'n blaar van 'n tabakplant wat die mosaïek-siekte het gepers, en dit toe filtreer. Die bakterioloë gebruik vir sulke proewe 'n spesiale soort filter naamlik 'n "Chamberlain-kers". Dit word so genoem omdat dit die vorm van 'n kers het.
AS DIE KOEKIE VERKRUMMEL
Die NG Kerk en homoseksuele huwelike
Ds. A.E van den Berg
Die NG Kerk se bevestiging van selfde geslag huwelike is die ergste dwaling in haar ganse geskiedenis. Dit het ʼn lang aanloop gehad. Tot en met 1986 het die NG Kerk die Bybelse standpunt gehandhaaf: homoseksualiteit is ʼn afwykende vorm van seksualiteit en sonde.
Na die noodlottige prysgawe van staatkundige mag in 1994 het haar standpunt daaroor in lyn met die wêreldsiening begin verander. Dit kon nie anders nie. Die NG Kerk was immers een van die hoofkokke in die kombuis van oorgawe. ʼn Voël sing immers soos hy gebek is!
Die kerk se radikale klemverskuiwing van sondeveroordeling tot deernis met homoseksueles het gelowiges ontstel. Hoe kon ʼn kerk homoseksualisme as ʼn alternatiewe vorm van erotika aanvaar? Vooraanstaande kerklui het verkondig dat die Bybelse veroordeling van homoseksualisme nie op mense van dieselfde geslag wat in ’n vaste verhouding van liefde en trou teenoor mekaar staan, betrekking het nie.
DIE NUWE WÊRELDORDE (7) (Slot)
'N VERBETERDE NUWE WÊRELDORDE
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde)
Koos Bester
"Die Chinese stut ook die Zimbabwese ekonomie. Hoe gaan die rekening aan Mugabe lyk? In Suid-Afrika self is die Chinese besig om die noordelike Vrystaat, Noord-Natal en Suidoos-Transvaal te beset. China se grootste uitvoerproduk het sy mense geword. Hier flits ernstige gevaarligte vir die Afrikaner. Die Chinese is in 'n wapenwedloop met Amerika gewikkel."
Dit is ironies dat die probleme van die Nuwe Wêreldorde juis in die belangrikste kraamkamer van die orde, Irak, aangeteken word.
Een van die ywerigste bevorderaars en borge van die Nuwe Wêreldorde (en ook van die Dakriete uit Suid-Afrika!) die Hongaar-Jood, (nou met Amerikaanse burgerskap), Georg Soros, toon met felle kritiek in sy boek THE BUBBLE OF AMERICAN SUPREMACY, aan waarom George Bush die jonge, gewese Amerikaanse president, met sy optrede in Irak die orde onder druk geplaas het. Een van Soros se grootste klagtes is dat Bush die VN verontagsaam en eensydig en selfgerig optree het, dit alles uiteraard doodsondes in die oë van 'n eenwêrelddrywer soos Soros is.
KAN HOMOSEKSUELE HEMEL TOE GAAN?
Ds. A.E van den Berg
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15).
Die NG Kerk se goedkeuring dat haar leraars selfdegeslag huwelike mag bevestig, is ʼn skok vir gelowiges. Hoe kan sy wat alreeds etlike duisende lidmate weens afwykings verloor het, op die afdraande pad volhard? Gelowiges wil soos Jesaja uitroep:
“Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank” (Jes.1:5).
Gelowiges kan hoogstens medelye met homoseksuele mense hê, maar nie met die beoefening daarvan nie. Homoseksuele mense word nie so gebore nie, maar verkeerd grootgemaak. By mans is dit aan te sterk moederbindinge en by dogters aan te sterk vaderbindinge te wyte. So ʼn ouer stuur die kind per implikasie die ewige verderf in. Al wat hom/haar kan red, is die bekering en algehele weerhouding van die gruweldaad.
Omdat die huwelik’n goddelike instelling van die verbintenis van een man en een vrou is, moet ʼn homoseksuele persoon selibaat bly. Die Bybel praat nêrens van ’n heilige verbintenis tussen mense van dieselfde geslag nie en veroordeel dit in geen onduidelike taal nie:
“Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (Lev.18:22).
“En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het…. het hulle al twee iets gruwelik gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word…” (Lev.20:13).
DIE NUWE WÊRELDORDE (6)
GODSDIENS EN DIE NUWE WÊRELDORDE
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde)
Koos Bester
"Dit is duidelik dat Suid-Afrika vinnig en met mening deur politici, geldmag- en godsdiensleiers aan die sinistere magte van die politiek, ekonomie en godsdienste uitgelewer word... Dit sal alle godsdienste, van 'n vervalste weergawe van die Christendom en die Oosterse afgodediens af tot by voorvaderaanbidding en swart toorkuns insluit... Die ANC skakel 100 persent by hierdie internasionale benadering tot die bevordering van 'wêreldvrede' en die instelling van die Nuwe Wêreldorde in... Die sogenaamde Nuwe Wêreldorde beteken dus vir die Protestantse Afrikaner en alle Protestantse Christene niks anders as 'n nuwe en veel intenser fase van stryd teen die ideologieë nie. "
Oor die buite-politieke betekenis van die Nuwe Wêreldorde, veral op die gebied van die godsdienste, is veel geskryf. Daar kan kritici wees wat aanvoer dat daar te veel waarde geheg word aan die betekenis wat op die gebied van die godsdienste aan die Nuwe Wêreldorde gegee word. Ander kritici weer kan sê, of daaraan toevoeg, dat die godsdienste, ook die Christendom, die publisiteit wat saam met die Nuwe Wêreldorde gaan, raaksien en die geleenthede wat dit aan die godsdienste bied, wil uitbuit. Hulle ry dus as't ware op die rug van die publisisteit wat die Nuwe Wêreldorde kry.
INGRENDELING ‘N MOORDWAPEN
Deesdae begin ons amper vergeet van die ellendige Covid-19-sage en gemors waarin regerings hulle lande ekonomies laat beland het. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die feit dat ons nie meer tot ons huise ingeperk is nie maar vryelik kan beweeg. Maar ons moet nie dink dit kan nie weer gebeur nie. En hopelik sal daar volgende keer ‘n baie groot protes daarteen opgaan sodat ons nie weer ons gesondheid en ons ekonomie oor die afgrond stuur nie. Met die kennis wat tydens die krisistyd opgedoen is, kan die wêreld nou met reg in opstand kom teen enige poging van inperking. Nie net het dit ons ekonomies geruïneer nie maar is dit ook die grootste oorsaak van dood wêreldwyd. Soos ons oumas hulle kinders na ‘n kindjie wat met pampoentjies of masels gediagnoseer is, gebring het om aan te steek en dan immuun daarteen te wees, so moes ons met die Covid-19-virus gehandel het. Dit is nou wetenskaplik bewys dat daar nie naastenby soveel sterfgevalle sou wees nie.
DIE NUWE WÊRELDORDE (5)
SOMALIË, NAVO EN DIE VN
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde)
Koos Bester
Nog getuienis dat Amerika oor twyfelagtige vermoëns beskik om die Nuwe Wêreldorde te handhaaf en af te dwing, het in Somalië na vore getree. Die Amerikaners het met groot bravade duisende soldate en die vliegdekskip America, op 9 Desember 1992 na die Afrikastaat gestuur om 'n Amerikaanse soort oplossing vir die burgeroorloggeteisterde land af te dwing. In Desember 1993 het die Clinton-administrasie egter druipstert besluit dat sy "sending" na Somalië ingekort word nadat die Somaliërs 24 Amerikaanse soldate doodgeskiet het en 'n versetgroep 'n uitmergelende greep op die ontplooiing van Amerikaanse "vrede" gekry het.
DIE NUWE WÊRELDORDE (4)
MOSLEM-REAKSIE
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde)
Koos Bester
Dat die Arabiere en Moslem-lande nie sonder meer hulle by dié soort orde sou laat betrek nie, moes Bush en Amerika uit die staanspoor besef het. Vir eers was dié lande se sjeiks self ingeburger in die wêreld van groot geld en mag. Hulle haas onbeperkte oliebronne het hul daartoe in staat gestel en in die jare sewentig het die Opul-oliekartel nie alleen die gekromde Oosterse sabel aan die Weste se keel gelê nie: Dié veldtog het ook dollars en rykdom na die Arabiere se bankrekenings laat stroom. Die Arabiere en Moslem-wêreld het self 'n formidabele geldmag daargestel.
Vir Bush, die Weste, die voorstanders van die Nuwe Wêreldorde en die Westerse beskouing van die ekonomie, het dié toedrag van sake 'n veelfasettige probleem wat al van tevore, hoewel in die verskiet van eeue, tot fanatiese omvang gegroei en tot dodelike aanslae op Europa gelei het.
HOU HOM IN ERKENTENIS
Hannes Ollewagen
Rom. 1:18-32
“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:” (:28).
Besef ons die verskriklikheid van hierdie teksgedeelte? Hoe verskriklik moet dit wees om deur God aan die ongeregtigheid oorgegee te word! Maar sal God werklik so iets doen? Dit klink soveel anders, so in teenstelling, met die hedendaagse teologie dat God niks anders as goed aan mense doen nie.
Geliefdes, dit is waar dat God die mens as sy skepsels liefhet. En dit is waar dat Hy graag wil hê dat alle mense tot kennis van die waarheid moet kom en eindelik gered moet word.
“Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim. 2:3&4).
Hierdie begeerte in God se hart oorskadu egter nie sy karakter van heiligheid en regverdigheid nie. Hierdie begeerte in God se hart maak nie dat Hy aan Homself ontrou raak nie.
ONS ONTHOU
Dr H. F Verwoerd (8 September 1901- 6 September 1966)
ʼn Volk wat aan karakterlose mense staatkundige mag gee, betaal soos Suid-Afrika sy ondergang in paaiemente af. Benewens ʼn saligmakende geloof in Christus is niks vir ʼn leier belangriker as ʼn onkreukbare karakter nie. Dr. H.F Verwoerd was so ʼn persoon. Hy was een van die land se grootste politieke helde omdat hy krisisse die hoof gebied en dinge gedoen het wat gedoen moes word, ongeag die gevolge.
Benewens sy geniale kennis van wêreldsake, het sy inbors aan hom besondere karakter gegee. Selfs die manier waarop hy mense met twyfelagtige agendas diplomaties behandel het, was verstommend. Wat ander van hom gedink het, het hom nooit van stryk gebring nie. Hy het soos wat dit ʼn goeie leier betaam, gedoen wat in die oë van God reg en vir sy volk van belang was.
Dr. H.F Verwoerd se politieke beeld het soos mooi borduurwerk stekie vir stekie gegroei. Sy inbors het plaaslik sowel as internasionale agting afgedwing omdat sy innerlike helderder as sy binneste geskyn het. Dis uiteraard die porseleinklei waarvan eerbare leiers gemaak word. Daarom leef sy nagedagtenis na meer as 50 jaar steeds voort.
Andre van den Berg
DIE MERK VAN DIE DIER
Ds. A.E van den Berg
“En hy maak dat almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ʼn merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word” (Openb.13:16).
God openbaar Hom in die Bybel as ʼn heilige Drie-eenheid. Satan boots dit met ʼn onheilige drie-eenheid na; die Satan, Antichris (eerste dier) en valse profeet (tweede dier). Net soos wat Christus as ʼn mens uit ʼn vrou gebore na die aarde gekom het, word die Antichris ook uit ʼn vrou gebore.
Die valse profeet is die hoof beliggaming van die valse kerk wat aan die einde van die tyd die wêreldgodsdiens gaan beheer. Sy optrede sal deur ʼn magdom van wondertekens gekenmerk word. Hy sal selfs soos Elia vuur uit die hemel laat neerdaal en maak dat mense die Antichris aanbid:
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess.2:3,4).
DIE NUWE WÊRELDORDE (3)
'N KYKIE AGTER DIE SKERMS IN VOORBEREIDING VIR DIE NUWE WÊRELDORDE
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde )
" Ook die feit dat hierdie magskliek gebuk gaan onder dieselfde siekte as elke ander eenwêrelddrywer in die opgetekende geskiedenis – dit is 'n Sataniese gedrewenheid – is behendig van die wêreld weerhou... Getrou aan sameswerings van hierdie aard bevat dit al die bestanddele wat 'n sameswering 'n sameswering maak – die hoofbestanddeel : boosheid."
Koos Bester
Laat ons net eers kyk na wie die magselite ís. Kan hulle slegs tot Amerika, meer spesifiek, slegs tot New York en Wall Street beperk word? Wat maak hulle so magsdronk, so verwaand? Dat hulle nie skroom om konings en staatshoofde af te sit nie.
DIE NUWE WÊRELDORDE (2)
(Lees reeks by Die Nuwe Wêreldorde )
FIDEL CASTRO
Koos Bester
Ook die seer in enige reggeaarde en konserwatiewe Afrikaner se oog, Fidel Castro, se kommunistiese Kuba, volgens baie die stalinistiese soort, is steeds daar. Amerikaanse leiers kom en gaan, van Eisenhower, Kennedy, Johnson, Nixon, Carter, Reagan, Bush, Clinton tot Bush die jonge, maar Castro hou uit, hoewel nou sonder sigaar in die mond, maar seer sekerlik nog met ander sigaarvormige voorwerpe in sy gedugte arsenaal, missiele – waarskynlik met kernplofkoppe – om op enige gegewe dag vir krisisse, soortgelyk aan dié van die sestigerjare, vir Amerika te sorg.
In Wes-Europa het die Europese Unie en die euro as gemeenskaplike geldeenheid tot stand gekom, 'n stap met politieke én handelsimplikasies. Grensbeheer tussen die deelstate van die Unie is verslap en daarmee saam het die vloei van anderrassiges en andergodsdienstiges uit Afrika, die Midde- en die Verre Ooste, na Wes-Europa toegeneem. Wes- en Oos-Duitsland is herenig.