Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Is dit die gebrek aan integriteit by die moderne mens wat maak dat hy nie meer sy woord hou nie? Huweliksbeloftes, besigheidooreenkomste en doopbeloftes word deesdae alles maklik gebreek. Jak 5:12 leer ons dat jou "ja" jou "ja" moet wees, en jou "nee" jou "nee" moet bly. In Núm 30:2 druk Moses ons dit op die hart: "As iemand aan die Here 'n gelofte doen... moet hy sy woord nie breek nie..." So moet ons ook aan mekaar ons woord gestand doen – daar was 'n tyd toe die Afrikaner se woord sy eer was!
DIE UURGLAS LOOP UIT (7)
Ds A.E. van den Berg
Bruilofsmaal of aasvoël-restourant?
“En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ’n groot stem uitgeroep en vir al die voëls ... gesê: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,”(Openb.19:14,17).
Daar is min dinge so gesellig as om saam met vriende of familie te gaan uiteet. Openb.19 vertel van twee eetplekke. Die eerste is ʼn feestelike huweliksonthaal en die tweede ʼn aasvoël-restourant wat op die rampspoedige verhouding tussen die valse kerk en die Antichris volg. Hy slaan eers die vyand en daarna die saamloper dood. Hierdie aasvoël-restourant is ʼn walglike gesig van roofvoëls wat hul aan die vleis van die lidmate dik eet.
Die ander eetplek (huweliksonthaal van die Lam)staan in skerpe teenstelling metdie aasvoëlbedryf. By hierdie eetplek is gelowiges aan die tafel wat deur God vir die Lam voorberei is. Almal wat met God gewandel het, gaan daar wees; Adam, Abraham, Moses, Dawid, Petrus, Johannes – elke bekeerling!
WELGEVALLIGE OFFERS
BRING ONS AAN GOD WELGEVALLIGE OFFERS?
Hannes Ollewagen
Gén. 4:1-26
“Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.” (:7).
Die mens word in hierdie teksvers uit die Woord van God tot twee dinge gemaan – dit is dat hy hom moet besig hou daarmee om voor God se Aangesig goed te doen en ten tweede dat die mens teen die verleiding van sonde moet waak en nie daaraan diensbaar moet word nie. Hierdie selfde waarheid dat die mens homself tot diensbaarheid aan God moet stel eerder as om aan die sonde diensbaar te wees word in Rom. 6:13 ook aan ons geleer.
“En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.”
Ons wonder soms waarom God Abel se offer sou aansien en Kain se offer sou afwys. Was dit omdat God ‘n groter behae in die offer van die vet van kleinvee sou hê as in die vrugte wat Kain as offer gebring het? Dit wat ons uit Lev. 23:10 leer laat voormelde argument vir ons baie onwaarskynlik lyk.
DIE VERNIETIGING VAN JERUSALEM
Dr Danie Theron
“… en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.”
(Lukas 21:24)
Die profesie oor die vernietiging van Jerusalem word in die Bybel in besonderhede beskryf. Ons lees daarvan in talle OuTestamentiese boeke (dus deur God voorspel), en dan in besonderhede in drie van die Evangelies (deur Jesus voorspel). Die vierde Evangelis, Johannes, beskryf dit in Openbaring.
Dit is ‘n gebeurtenis wat die Christen aangryp, veral as die gebeure, soos deur die Joodse geskiedskrywer (Flavius) Josefusin “War of the Jews” opgeteken, gelees word. Dis eers by die lees van presies wat in 70 n.C.gebeur het dat mens opnuut besef Jesus het, soos elke keer as Hy gepraat het, geen rede vir twyfel gelaat nie. Hy het bedoel wat Hy gesê het. Dit was ‘n inderdaad ‘n algehele verwoesting.
Wat met Jerusalem gebeur het is dat God as’t ware die stad verlaat het – aan hom self oorgegee het. Daarom gee Jesus opdrag dat wanneer die tyd aanbreek en die stad aan God se strafgerigte oorgegee word, gelowiges die stad moet verlaat. Daardie tydstip sou wees wanneer die stad deur die leërs omsingel is (Luk 21:20). Lukas se beskrywing van die verwoesting is duideliker as die ander twee Evangelies, aangesien Jesus se voorspelling tydens die profetiese rede ook na die eindoordeel verwys het.
BLACK LIVES MATTER
ʼn Bewys van die mislukking van die reënboogideaal
Ds. A.E van den Berg
Om die knie te buig, is ʼn persoonlike saak en nie soos Nebukadneser van ouds op mense afdwingbaar nie (Dan.3). Mans buig soms die knie as hulle ʼn vrou om haar hand vra. Lede van die Roomse Kerke en heidene buig weer die knie voor hul beelde. Op 22 Augustus 2020 het agt Springbokrugbyspelers die knie nie ter ondersteuning van die Black Lives Matter (BLM) beweging gebuig nie wat tot ‘n hele paar etniese koorsaanvalle gelei het.
Die omstrede kniebuiging het sy oorsprong in 2016 in Amerika by ʼn swart sportster gehad wat rassehatig is. Die BLM beweging wat toe ontstaan het, het egter eers in 2020 rewolusionêre omvang aangeneem, rassistiese agendas begin dien en rasseharmonie versteur. Plaaslike sportlui het BLM begin onderskryf nadat George Floyd, ʼn swart verdagte misdadiger, aan die hand van beweerde polisiehardhandigheid in Amerika gesterf en ʼn reuse bohaai ontketen het.
Toe Tony Timpa, ʼn blanke, op soortgelyke wyse in Texas gesterf het, het geen haan daaroor gekraai nie. Die aanvaarding dat Floyd gesterf het omdat hy swart was, is dus ongegrond. BLM optredes is niks anders as ʼn politieke knuppel waarmee blankes gemoker word nie!
JODE ONS VOORGANGERS IN GELOOF?
Pous Johannes Paulus II is op rekord dat hy gestel het dat die Judaïsme die “ouer broer” van die Christendom is en dat dit steeds ‘n “onbreekbare verbond met God” het. So hoor ons ook vandag gereeld hoe gepraat word van “Judeo-Christianity”, bedoelende die noue verband wat die Christendom kwansuis met die Judaïsme het.
Wel, wat is die waarheid omtrent die god van die Judaïsme en die verband wat daardie godsdiens met die Christelike godsdiens het?
Dit sou eerstens nodig wees om vas te stel wat die Jode self oor hulle godsdiens te sê het. Op hulle eie weergawe staan die Talmoed sentraal in hulle godsdiens en word dit die “living heartblood” van die Joodse geloof genoem. Die Ou Testament het hoogstens ‘n aanvullende rol te speel. Die Talmoed plaas God in ‘n ondergeskikte rol en die Jode in ‘n verhewe rol. Naas die Talmoed speel die Kabbalah ‘n vername rol en moet dit derhalwe meteens duidelik wees dat Judaïsme nie te versoen is met die Christelike geloof nie.
DIE UURGLAS LOOP UIT (5)
Ds A.E van den Berg
Gee pad!
“En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Openb.18:4).
Een van die aangrypendste gebeure in die OT is in Gen.19 opgeteken. Dit vertel die verhaal van God wat Lot en sy gesin aangesê het om uit Sodom pad te gee voordat Hy dit en die stad Gomorra weens die gruwel van homoseksualisme met swael en vuur verwoes het. In Openb.18 kry gelowiges ʼn soortgelyke opdrag om uit Babilon pad te gee voordat vreeslike dinge gebeur. God waarsku altyd vooraf.
Wie is hierdie Babilon? Dis ʼn stad wat dwarsdeur die Bybel met opstand teen God verbind word. Dit het met die bou van die toring van Babel (Gen.11) begin toe die inwoners gedink het dat hulle God kon onttroon. Dis sprekend van die sondaarmens wat sy eie god wil wees. Dieselfde ding gebeur later in die Babiloniese wêreldryk soos wat profete in die Bybel opgeteken het. So ook in die tyd van die Romeinse ryk toe Openbaring geskryf is.
ONS STREWE NA VOLMAAKTHEID
Hannes Ollewagen
Heb. 13:20-25
“MAG die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.” (:20&21).
Daar is niemand van ons wat volmaak is nie. Elke mens het maar sy gebreke, sy tekortkominge, swakhede en sondes. Maar ongelukkig het hierdie feitelike waarhede in ons tyd gerieflike verskonings vir mense geword om in sonde te volhard. Dit word effektief aangewend om enige vorm van vermaning af te weer en hul verantwoordelikheid vir hul sieleheil die rug te keer.
U het uself seker ook al in ‘n situasie bevind waarin ‘n persoon vermaan word en hy die vermaning eenvoudig afwys met die gerieflike verskoning – “Man, niemand is volmaak nie.” Dit is natuurlik waar. Maar in plaas daarvan dat ons hierdie waarheid aanwend om ons geloofsverantwoordelikheid te ontduik en diegene wat ons vermaan te probeer ontspoor, behoort dit ons daartoe aan te spoor om na onberispelikheid, heiligmaking en volmaking volgens die wil van God in Christus Jesus te streef.
BEHOED ONS VAN 2e “LOCKDOWN”!
Het ons gedink die inperking in Suid-Afrika is ten einde? Dan moet ons kennis neem van wat besig is om in ‘n aantal ander lande te gebeur. 22 van 31 Europese lande, waarvan die meeste streng inperkings tydens die eerste virus-sage toegepas het, het nou glo weer hoër infeksiesyfers, soos berig deur The Guardian, 16 September 2020:
"Volgens die European Center for Disease Prevention and Control (ECDC), was Skandinawië se 14-dae kumulatiewe nuwe gevalle Dinsdag 22,2 per 100,000 inwoners, teenoor 279 in Spanje, 158,5 in Frankryk, 118 in die Tsjeggiese Republiek, 77 in België en 59 in die Verenigde Koninkryk. Intussen het infeksiesyfers in Swede 'n laagtepunt bereik.”
Dat daar ‘n aantal griepgevalle in die winter soos Europa nou betree, voor kom, is normaal, maar met al die leuens wat die eerste maal oor die besmettingsyfers geseëvier het sal dit dom wees om virussyfers ‘n tweede maal goedsmoeds as die werklikheid te aanvaar.
Dit is ook nie onmoontlik dat die ANC-regime die tweede golf sal ry nie. Soos ons hulle ken sal hulle seker weer in sterkste rat kom om ‘n punt te bewys en kan ons ook moontlik ‘n drakoniese opvolg grendelstaat beleef.
HIER KOM ‘N AARDSKUDDENDE RIT...
...MAAK VAS DIE GORDEL!
Suid-Afrika stel vandeesweek 'n wêreldrekord op met sy werkloosheid-statistiek. Volgens Bloomberg het werkloosheid in die tweede kwartaal tot 'n rekord van 34,8% gestyg wat die hoogste uit 83 lande is. En hierdie statistiek sluit nie die miljoene werklose onwettige immigrante in nie.
Suid-Afrika het reeds vóór die virus-kabaal 'n werkloosheidskrisis gehad. Die werkloosheidskoers was minstens twee dekades lank heelwat hoër as 20%. Ontleders maak onder andere melding van 'n onderwysstelsel wat nie voldoende hulp en streng arbeidswetgewing bied met aanstellings en afdankings nie; hierdie is egter net een van die talle departemente wat onder die onvermoë van die owerheid ly.
Cyril Ramaphosa het belowe om die ekonomiese groei teen 2023 tot 5% te verhoog en om werksgeleenthede te prioritiseer toe hy hom drie jaar gelede beywer het om leier van die regerende party te word. Sedert hy president geword het, was hy gasheer vir 'n beraad vir werksgeleenthede wat daarop gemik was om jaarliks 275 000 poste te skep en 'n program van stapel te stuur om werksgeleenthede vir jongmense te skep.
ONGEHOORSAAM AAN DIE OWERHEID?
BURGERLIKE ONGEHOORSAAMHEID
Burgerlike ongehoorsaamheid is nie sonder meer sonde nie. Die Bybel gee vir gelowiges duidelike riglyne. Hulle moet ʼn regering wat gruwels wettig en mense tot boosheid aanhits, teenstaan. Dis die enigste toelaatbare burgerlike ongehoorsaamheid. Die korrekte vorm van burgerlike ongehoorsaamheid is Bybelse onderdanigheid. Die Skrif leer gelowiges om aan ’n burgerlike regering onderdanig te wees mits dit nie gruwels wettig nie. In so ’n geval durf ’n gelowige die owerheid nie gehoorsaam nie. Dit sal sonde wees. “Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie…” (Ex.23:2).
Die Bybel het talle voorbeelde van gelowiges wat ter wille van God burgerlik ongehoorsaam was. In Ex.1 het die Farao twee Hebreeuse vroedvroue opdrag gegee om alle manlike babas dood te maak. Hulle het geweier: “Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe” (:17). En God het hulle geseën: ” Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys.… En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk” (:22,21).
BRING TERUG DIE DOODSTRAF!
ʼn Eerbare regering doen nie aan sy burgers wat die ANC-regime aan Suid-Afrika doen deur landsgrense oop te gooi, misdaad daardeur te bevorder en dan geen behoorlike straf toe te pas nie. ‘n Regering is sy burgers ʼn veilige en rustige bestaan verskuldig. Daarvoor moet die regte wette ingestel en ook toegepas word – nie soos die regime se gewoonte is om te spog met ‘n goeie grondwet maar hulself nie daaraan te steur nie. Die wet op doodstraf moet dringend weer in die grondwet opgeneem word; dan sal daar ‘n beduidende afname in die ongehoorde groot aantal sinlose moorde wees. Die doodstraf is nie liefdeloos en onmenslik soos wat onkundiges dit uitmaak nie; dit is in lyn met die Skrif! Die doodstraf vir moord moet in gehoorsaamheid aan Gen.9:6 verstaan word. Hierdie opdrag is lank voor Israel se ontstaan gegee. Dit geld vir alle tye en is derhalwe vir die ganse mensdom bedoel.
Gen.9:6 gee die mees basiese uitspraak: “Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak”. Wie daarmee verskil, kritiseer uiteraard die Skrif. God motiveer selfs die doodstraf; iets wat geen ander godsdiens doen nie. En nêrens in die NT word die doodstraf ooit opgehef nie. Dit wat vir die OT gegeld het, het ook vir die NT gegeld. Teregstellings is in die NT gewoonlik met onthoofding uitgevoer.
VERTRAP, VERMINK, VERMOOR...
Dit is net verstommend dat soveel Blankes in hierdie land steeds nie kan insien wat besig is om hier te gebeur en wat die rede daarvoor is nie. Sonder daardie kennis is daar geen hoop vir ‘n eendragtige versetbeweging om ons weer op die regte pad te plaas nie.
Daar word telkens vasgekyk teen die huidige probleme en telkens na oplossings gesoek om individuele gevalle op te los. Eskom is seker die beste voorbeeld daarvan. Ons is meer begaan oor die “beurtkrag-skedule” van vandag as oor ons kinders se toekoms van more. Of ons word gesus deur ‘n kommissie (wat nou al meer as ‘n jaar lank sit) wat “staatskaping” ondersoek en gaan “uitroei”, terwyl dit tog duidelik is dat daar net geen einde aan daardie “soektog” gaan wees nie. So moet ons ook hoor dat die die president “sake-vriendelik” is, wat dit ookal mag beteken. Wat dit beslis nie beteken nie, is dat dit nie korrupsie gestop het nie, nie grondonteiening verhoed nie, nie misdaad kon hokslaan nie en nie ‘n dreigende resessie kon afweer nie, om maar enkeles te noem.
DIE UURGLAS LOOP UIT (1)
Ds A.E. van den Berg
Die laaste uittog
“En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! (Openb.15:3).
Meer as 2000 jaar gelede het God in Jesus mens geword en vir 33 jaar op die aarde gewoon waarna Hy na ʼn kruisiging en opstanding uit die dood, ten hemel gevaar het. By daardie geleentheid ontvang die dissipels en alle gelowiges deur die eeue ʼn wonderlike belofte:
“En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle wat sê: Galilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand.1:9-11).
Gelowiges hou al eeue lank aan hierdie belofte vas dat Jesus weer kom. Die Bybel gee besonderhede van hierdie dag nl. dat dit onverwags sal wees en die wêreld onvoorbereid daarop sal wees. Net voordat dit gebeur, gaan God die gelowiges as die bruid van Christus vir sy koms gereed kry. Alhoewel die wêreld nie gereed sal wees nie, maar hulle sal wel. Openbaring vertel wat gebeur.
LANGS ONS EIE WEË
Hannes Ollewagen
Ps. 81:1-17
“Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.” (:12&13).
Die wêreld waarin ons leef het geen tekort aan hartseer en ellende nie. Ons hoor ook menigmaal dat mense vra waarom God dan nie al hierdie dinge wat skeefloop verhoed nie – waarom keer God nie hierdie dinge nie? Hy is tog almagtig, nie waar nie? En Hy is boonop ‘n God van liefde. Indien Hy dan ‘n God van liefde is vir Wie niks onmoontlik is nie behoort Hy mos al hierdie slegte dinge van die mensdom af te keer, of hoe?
Geliefdes, inderdaad is dit in God se hart om die mens van allerhande hartseer en ellende te spaar. Hy begeer nie die mens se ondergang, verdrukking, hartseer, ellende en swaarkry nie. Hy verlekker Hom nie in die mens se seerkry en lyding nie.
“Het Ek dan miskien ’n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?” (Eségiël 18:23).
Ons leer uit die Woord van God dat die gedagtes wat Hy vir sy kinders koester mooi en wonderlik is.
“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.” (Jer. 29:11).
NKOSI IS SWARTES SE GROOT VOORVADERGEES...
... NIE ONS GOD VAN DIE BYBEL NIE!
Die Covid-inperking wat nou na vlak een verslap is bring binnekort meer sportgeleenthede mee, dus sal ons seker weer hoor hoe rugbyspelers en ander sportmanne die omstrede Nkosi sikelel’ iAfrika met hand op die bors sing om hulle geldmeesters te behaag.
Wat mens te bowe gaan is dat behoudende Suid-Afrikaners die Black Lives Matter-gedoente (BLM) onmiddellik só goed en reg beoordeel het dat talle hulle rugby-, krieket- en sokkertruie aan flenters geskeur en hoog en laag gesweer het hulle is vir ewig klaar met hierdie sporte aangesien hulle helde die knieg gebuig het in meegevoel met BLM. Maar wat van die saamsing van Nkosi”? Tot wie se eer word Nkosi sikelel’ iAfrika gesing? Die saamsing is sinkretisties (godsdiensvermenging) en nie met ons Christelike belydenis te versoen nie. Dít behoort tog baie ernstiger deur behoudendes beoordeel te word as die kniebuig vir BLM!
En dit laat mens egter wonder waarom hulle nie met dieselfde passie optree oor die saamsing van die ANC se volkslied, Nkosi sikelel’ iAfrika, nie. Sou dit wees omdat hulle nie weet dat Nkosi die groot voorvadergees van die swartes is en nie die God van die Bybel nie? Onkundige volksgenote word gruwelik mislei om ’n voorvadergees te besing. Voorvadergeeste is niks anders as bose geeste nie! Nkosi sikelel’ iAfrika is nie met die Bybel of enigeen van ons belydenisskrifte versoenbaar nie. Dit adem al te duidelik ’n volksvreemde gees en dit breek ’n mens se hart as volksgenote dit by openbare byeenkomste soos internasionale sportbyeenkomste hartlik saamsing, om nie eens van in ons skole te praat nie!
ONS MILITÊRE STRYD KOM NADER
Die grootste probleem waarmee die Blankes vandag in Suid Afrika te doen het, is waarskynlik die aanslag wat gemaak word om ons moedeloos te stem sodat ons ons aan die stryd sal ontrek soos talle volksgenote wel gedoen het. In die Afrikanervolk se bestaan was stryd, uit sy aard en omstandighede, ʼn wesenlike bestanddeel van sy hele geskiedenis. Die Blankes is swaar beproef in hierdie jare van stryd. Ons is beroof van ons lewenstandaard. Ons is beroof van ons sosiale sekuriteit en die politieke mag wat ons in hierdie land gehad het. Die res word stapsgewys van ons weggeneem soos ook ons eiendom wat nou sonder vergoeding gesteel gaan word.
Die feit dat daar ʼn noue verband tussen die politieke stryd en die wapenstryd is, moet ʼn mens laat besef dat in elke geslag van ʼn volk se lewe die moontlikheid bestaan dat die politieke stryd in ʼn militêre stryd omgesit kan word. So bevestig die hele gang van die Afrikanervolk se geskiedenis dat ons volk gedurig op die rand verkeer het van ʼn omsetting van die politieke stryd in ʼn militêre stryd. Ons moet ook besef dat oorlog iets is waarmee ʼn volk elke dag moet lewe, en as ʼn volk hom laat bangpraat vir oorlog, dan word ʼn land bloedloos verower soos Suid-Afrika finaal in 1994 verower is en is dit ʼn groter vernedering as wat ʼn nederlaag in ʼn oorlog ooit sou wees.
OORLOG EN VREDE
Ds. A.E van den Berg
“Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd:’n tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterwe .....’n tyd om dood te maak... (Pred.3:1, 2).
Tolstoy se War and Peace (1869) is een van die topverkoperromans van alle tye. Die verhaal speel teen die agtergrond van ʼn Russiese volksgemeenskap af wat ná die inval van Napoleon se magte in 1812 ontwrig is. Hul geesteskrag, liefde vir hul volk en volharding het hulle laat volhard en vrede vind.
Is oorlogvoering geregverdig? Die Bybel regverdig dit indien dit defensief en nie offensief is nie. Met defensiewe word dit wat volkseie is, beskerming. Offensiewe oorlogvoering is roof – gebiedsuitbreiding vir eie gewin soos die eertydse Britse ryk met talle lande waaronder Suid-Afrika gedoen het.
Ongelukkig moet ʼn volk wat in vrede wil leef, altyd vir oorlog gereed wees en veg om dit wat vir hulle kosbaar is, te behou.
”….. Julle moenie bang wees vir hulle nie.; dink aan die grote en gedugte Here en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise” (Neh.4:14).
DIE SLAG VAN CASSINGA...
...in regstelling van die politici en media se leuens daaroor
Soos wat ons al gewoond geraak het aan al die leuens wat politici met hulle ewig eie agenda en hulle handlangers, die hoofstroommedia, deur die jare verkondig, so is dit ook die geval met Die Slag van Cassinga, in Angola op 4 Mei 1978. Tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog wat deur politici kunsmatig aan die gang gehou is, moes die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) ‘n lugaanval genaamd Operasie Rendier, op SWAPO doen. Hieroor was daar eindelik weer eens soveel leuens deur die media verkondig onder andere dat die kamp nie ‘n militêre kamp nie maar ‘n vlugtelingkamp was waarmee ons dapper soldate in ‘n slegte lig gestel is asof hulle onskuldige burgerlikes in die slag doodgemaak het.
Peet Victor, skrywer van hierdie artikel, was destyds lid van die SAW. As daar een manier is om die waarheid te hore te kom, dan is dit hier uit die ‘perd se bek’. Lees en besluit self of die enigste onreg wat gepleeg is, nie die een is wat ons soldate aangedoen is nie.
Ons dank aan Peet wat die slag oorleef het en in hierdie artikel die verdraaide feite van destyds op ‘n prakties, lekkerlees wyse regstel. Dankie Peet!
Cassinga: 4 Mei 1978
Peet Victor
Jesaja 40:29 “ Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen krag het nie. 30: Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; 31: maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”
Ek staan vasgevang in ‘n string valskermsoldate aan die bakboordkant van ‘n Hercules C130 vragvliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag, en tuur deur ‘n klein venstertjie na die bome van Angola wat sowat 100 voet onder ons verbyskiet na agter. Dit is Hemelvaartdag, 4 Mei 1978; ons is oppad na Cassinga, 260 kilometer binne Angola – en ‘n moontlike vroeë dood....
DIE UURGLAS LOOP UIT(4)
4. Die oorwinning van die Lam
“Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin....”(Openb.17:14).
Die teksvers bring ons terug by Armageddon waar die sesde skaal uitgegooi en die goddeloses vir die oorlog teen Christus gereed maak. Net voordat dit gebeur, word die sewende skaal in die lug uitgegiet en kom ʼn stem uit die lug wat sê: “Dit is verby! (16:17). Dit laat die goddeloses nie van plan verander nie. Al is die skrif teen die muur, weier hulle om dit te aanvaar en bly hul glo dat hulle gaan wen.
Saam met die uitgooi van die sewende skaal, is daar ʼn aardbewing wat al die berge en eilande laat verdwyn en ontsaglike aardverskuiwings wat oorstromings veroorsaak waarna reuse haelsteneval. Jesus het mos gesê dat die kragte van die hemel geskud gaan word wat die sterre soos najaarvye op die aarde sal laat val.
Wanneer dit gebeur, moet almal besef dat die uurglas leeggeloop het en die aarde nie verder kan voortbestaan nie – die tyd is verby. Slegs die gelowiges sal dit verstaan en hulle vir die koms van Christus gereed kry. Met die goddeloses is dit geheel anders – hulle trek onder aanhitsing van Satan en sy trawante vir ʼn tevergeefse oorlog teen God saam en weier om die knie voor Hom te buig.
VRYHEID IN DIE HEILIGE GEES
Hannes Ollewagen
2 Kor. 3:1-18
“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.” (:17&18).
Vryheid – inderdaad ‘n baie bekoorlike gedagte vir die meeste mense. Ons smag tog almal daarna om vry te wees. Ja, ons wil nie voorgeskryf word nie. Ons wil kom en gaan soos ons wil. Ons wil vryelik ons wil kan uitoefen.
Dit is tog ironies dat menige mens wat so hard na vryheid soek in ander mense met listige planne se net val. Hulle bevind hul onwetend later op ‘n weg waarop hulle blindelings hul leier navolg terwyl hulle in die proses bedrieg word om te glo dat dit ook hul eie wil is. Ek dink maar aan dwaalleraars wat soveel mense langs hierdie weg gevang het – hierdie mense wat dit geweldig bekoorlik vind om te hoor dat hulle vry is om na willekeur te leef. Daar word aan hulle verkondig dat Christus se sterwe aan die kruis alle mense van alle sonde skoongewas het en dat die mens daarom na hartelus kan leef. Die mens word volgens hierdie dwaling mislei om te glo dat alle sonde sondermeer vergewe word. Ja, selfs sonder ware berou daaroor en ook sonder om vergifnis te vra. Hierdie dwaling laat mense glo dat hulle vry is, maar in der waarheid is dit ‘n uiters effektiewe manier om mense juis aan Satan te verkneg. En die Woord van God waarsku ons in geen onduidelike taal teen hierdie dwaalgeeste nie!