Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ‘n ingenieur ‘n brug bou, moet dit voertuie kan dra; sy drakrag kan bewys. Dis presies wat God met ons doen. As God ons sterk maak, kan Hy mos elke gram van ons krag beproef, nie waar nie? Ons lewe moet met die hemelse Bouer se ontwerp ooreenstem!
PASOP VIR GEVOLGE VAN VOORSPOED
UITTREKSEL UIT TOESPRAAK GELEWER OP
25 SEPTEMBER 1965
TE HEIDELBERG, TRANSVAAL – DR VERWOERD SE KIESAFDELING (1)
Daar is ‘n spreekwoord wat sê dit is sterke bene wat die weelde kan dra. Dit is ook waar van ‘n volk. ‘n Volk wat voorspoedig is en wat veiligheid en binnelandse orde geniet, kan baie maklik verslap. ‘n Politieke party kan ook baie maklik verslap in sy stryd. Dan kan die volk sy doelwit verloor of die party kan die landsbestuur en daardeur ook die land se doelwit verloor as hy nie leer om sy weelde te dra nie. Maar dit is nie net weelde nie, dit is ook veiligheid. In die mate wat hierdie regering daarin geslaag het om veiligheid en orde hier tot stand te bring sodat die publiek van Suid-Afrika nie meer bang is vir binnelandse of buitelandse onrus nie, loop die man op straat gevaar om te reken dat hy maar weer met allerhande onderlinge klein twiste aan die gang kan kom. Ek moet waarsku daarteen, want ons lewe in ‘n baie moeilike tyd en in ‘n gevaarlike wêreld. As ons sou verslap en as Party die bewind verloor, dan waarsku ek u dat onder die VP alles verlore sal raak, hoe vroom hy ookal praat maar nie alleen dit nie. As ons verslap in ons stryd en hier en daar toegewings maak onder die naam dat dit maar “klein apartheid” is, soos dit dikwels genoem word, ‘n verslapping van ons idee van paslike skeiding as die bron van ons veiligheid en vrede, dan weet ‘n mens dat jy die toekoms van jou volk in gevaar stel.
VOLKSREGERING (59)
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
VERENGELSING
Sedert Engeland die Kaap vanaf 1806 beheer het, het die Engelse regering om politieke redes doelbewus gepoog om die gebruik en ontwikkeling van Afrikaans te verhoed. Reeds in 1813 is maatreëls getref om Afrikaans in te perk sodat algehele verengelsing kon plaasvind, waarskynlik om die sterk beginsels van die nuwe volk aan bande te lê. Verengelsing is in die kerk, howe en skole afgedwing, maar steeds het die Afrikaanse volk wat reeds vorm aangeneem het, met die destydse Afrikaans in hulle huise en ander gesprekke volhard.
Die toestand het egter ondraaglik begin word, in so 'n mate dat C P Hoogenhout uitgeroep het: "Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy siet en hoor; in ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor. Hollands nog in sekere skole is bedrog, 'n blote naam." Daar was volkverset, 'n felle stryd om die Afrikanervolk uit die verbete wurggreep van verengelsing en gedwonge oorheersing te bevry.
BYBEL EN VOLKSTRYD (7)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
DIE VOLKSMURE ...
... APARTE NASIES
Jes. 60:18—“Maar jy sal jou mure Heil noem.”
GOD het die volk van Israel gemaak. Met sy afsonderlike taal, geskiedenis, godsdiens, sedes en gewoontes was daar as ’t ware 'n muur rondom die volk wat hom onderskei het van ander nasies. Deur die na-apery, ontaarding en verbastering met ander nasies is die verskil tussen Israel en die ander volke al meer verbleek en so is die kultuurmure rondom die volk afgebreek. Nou verkondig die profeet van God, Gods toorn en Gods oordele ! Daar kom oorlog, neerlaag en ballingskap. Dan sal die volk duur lesse leer, dan sal die na-apery en ontaarding end kry. Dan sal hulle leer om al wat vir hul eie volk heilig moet wees, te waardeer, dan sal hulle die mure heil noem.
So wil ek vandag tot u spreek oor die volksmure en wys eers daarop dat God wil aparte nasies op aarde hê. Reeds in Gen. 11 lees ons dat die mensheid na die sondvloed ’n toring van Babel bou om een volk met een taal te bly. Daarom kom die Here met spraakverwarring hulle uitmekaar drywe, omdat God verskillende volke met verskillende tale wil hê.
U GOEDERTIEREN- HEID IS GROOT OOR MY
Hannes Ollewagen
Psalm 86:1-17
“Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer; want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.” (:12&13).
Ons is geneig om in die tyd waarin ons leef met al sy uitdagings en beproewinge die goedertierenheid van die Here heeltemal mis te kyk. Maar, hoe groot is die Here se goedertierenheid nie oor elkeen van ons nie!
Dit is dalk vir ons ‘n tyd van vele uitdagings. Ons leef in ‘n land met ‘n moordsyfer wat selfs ander lande wat in oorloë gewikkel is na ‘n rustige hawe laat lyk. Dit is ‘n land waarin ouers benoud is dat hul kinders ontvoer word omdat dit deesdae‘n manier van booswigte is om vinnig skatryk te word. Dit is die land wat wêreldwyd aandag trek omdat ons as Afrikaners moet hoor dat ons eiendom sommer deur die huidige regime van ons ontneem mag word as hulle dit goed dink.
VOLKSREGERING (58)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
EERSTE TREË VAN AFRIKAANS
Daar is vroeër verduidelik dat eie geskiedenis op alle gebiede uiters belangrik is. Taal is deel van die wese, die siel van 'n volk. Alles wat ons doen, dink en redeneer, praat en skryf ons in ons moedertaal. Hoe kan iemand in 'n ander taal bid? Die waarde van 'n taal lê eerstens diepliggend in sy ontstaan, in sy ontwikkeling en daarna in sy gebruik. Taal is deel van die volkseie, met ander woorde, deel van ons kultuurskatte en dus deel van apartheid. As 'n volk se taal ontbreek, is dit soos stukke van 'n legkaart wat ontbreek, dit is onvolledig. Kultuurskatte bestaan onder meer uit godsdienstige geloof, eie taal, herkoms, gees, eie sielvolle volkslied en ander eie liedere, 'n volksvlag, dryfkrag.
LOFPRYSING AAN DR VERWOERD (2)
Ondersoeker
Ek wou hierdie artikel kort hou, maar daar is soveel oor die staatsman Verwoerd te skryf, dat ek amper 'n boekvol geskryf het, en het toe maar besluit om net 'n uittreksel te maak wat ek nogtans in twee moes deel.
Dit was nie nou die tyd om politieke argumente teen sy visie te opper nie. Tog, daar was ook geen dwingende rede vir 'n opposisiekoerant om hierdie visie aan te prys nie. Daarom val die Sunday Times se redaksionele kommentaar op 11 September 1966 op. Die blad het onder meer geskryf:
Die konsep van Bantoetuislande is een van die groot erflatings wat dr Verwoerd vir sy land nagelaat het; en die tragedie vir Suid-Afrika is dat hy nie gespaar is om sy taak te voltooi nie ... (Outeur se eie vertaling). Die blad verwys ook na sy verrassende vermoë tot minsaamheid.
LOFPRYSING AAN DR VERWOERD (1)
Ondersoeker
Ek het gewonder of dr H F Verwoerd werklik so 'n briljante man was as wat deur sy tydgenote voorgehou word. Ek lees kort-kort van hom in die pers en dit het my geprikkel om meer oor hom uit te vind. Eerstens het sy sekretaris vir 13 jaar (Fred Barnard) oor hom geskryf:
(1961 se statebondkonferensie) ''Sommer met die eerste oogopslag was dit duidelik dat die hele Londen met al sy voorstede op dr Verwoerd, daardie 'monster' van Afrika, gewag het. Persmanne, fotograwe, televisiemense en slordige langhariges was daar by die dosyne. Jy kon jou eenvoudig nie draai nie of daar was een van hulle; grotes, kleintjies, swartes, geles, gladgeskeerders en bebaardes; die hele boel was daar om iets te probeer aas vir die meer as 'n dosyn dagblaaie wat hierdie wêreldstad bedien en vir die baie honderde koerante oor die hele aardbol.
WAS JAN DE KLERK BY VERWOERDMOORD BETROKKE?
Kobus Ferreira
Ek wil graag repliek lewer op die artikel “Wie was betrokke by dr Verwoerd se moord?”
Dit was destyds die algemene mening dat senator Jan de Klerk, die vader van FW de Klerk, ‘n man met ‘n vaste gees en hoë morele waardes was, soos ook in bg artikel na verwys word. Maar daar is baie vrae wat mettertyd ontstaan het en in hierdie verband gevra kan word.
Jan de Klerk was destyds ‘n onderwyser in Nylstroom. Na aanleiding van talle gerugte dat hy skoolmeisies gemolesteer het moes hy vlugtend na ‘n ander dorp verhuis om die woede van die Nylstromers te ontkom.
In genoemde artikel word gemeld dat Jan de Klerk nie opgedaag het vir die volksraadsitting nie, juis die dag toe die Van Wyk-kommissie se verslag besreek sou word – ‘n saak waarin De Klerk ‘n groot aandeel gehad het aangesien hierdie verslag van Regter Van Wyk die antwoorde sou bied op ‘n ondersoek na die nalatigheid van verskillende Departemente wat gelei het tot die moord op dr Verwoerd.
VALSE BEWERINGS
Johan Dorfling
Wanneer iemand die selfgemaakte term fopnuus gebruik, staan daardie persoon dikwels self agter die deur sonder om die ontstaan van wat hy as as fopnuus beskryf, aan te dui. Soos gewoonlik is daar geen oorsprong nie, maar slegs 'n bewering wat as 'n strooipop opgestel is om self af te skiet. Sodoende word 'n onkruidsaadjie gesaai waarvoor daar geen regverdiging is nie.
Die woord fop beteken egter iets heeltemal anders. 'n Rugbyspeler wat maak of hy 'n bal uitgee sodat 'n gaping ontstaan wat hy doeltreffend kan gebruik, het sy teenspeler op 'n wettige manier openlik gefop of geflous of gepypkan. Dit is heeltemal aanvaarbaar en daardie speler word as rats en vlugvoetig beskryf. Geen valshede is betrokke nie. Mense wat van fopnuus praat, bedoel vals nuus, maar wil dit nie so noem nie. Vals omsluit geslepe, listig, onedel, oneg en oneerlik.
WIE WAS BETROKKE BY DIE MOORD OP DR VERWOERD?
>
Voordat die verslag van regter Van Wyk oor die sluipmoord op dr. Verwoerd amptelik beskikbaar geword het, was dit al algemene kennis dat flaters deur verskillende Staatsdepartemente gemaak is en dat daar nalatigheid aan die kant van hierdie departemente was. Hoe ernstig die flaters en nalatigheid inderdaad was, sou eers in die Van Wyk-verslag aan die lig kom. Daarom, en ook omdat die daad van 6 September 1966 ongetwyfeld die skokkendste gebeurtenis in die geskiedenis van Suid-Afrika in hierdie eeu was, is met groot belangstelling gekyk na die koms van die regter se verslag.
BYBEL EN VOLKSTRYD (8)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
OORLOG: WEES GOD MÉÉR GEHOORSAAM AS DIE MENSE
DIE OORLOGSJARE (1939—1945)
Hierdie preek is gelewer tydens die donker krisisjare van die Tweede Wêreldoorlog (1939—1945). Afrikaners wat die oorlogspoging nie kon steun nie, is aan griewende vernedering en vervolging blootgestel. Ongelukkig het ernstige meningsverskille in eie geledere ook nog ontstaan oor die verwesenliking van die vryheidstrewe, sodat die nuutgevonde eenheid spoedig weer verbreek is. Innerlik verswak en magteloos, het die Afrikanervolk weerloos gestaan teenoor die bedreiging van tronke en interneringskampe. Teen hierdie agtergrond moet wyle ds. C. R. Kotze se preke, wat indertyd landswye beroering verwek het, gelees word. Die onverskrokkenheid en die profetiese gloed van sy optrede het Sondag na Sondag groot skares getrek na die historiese Tweetoringkerk in Bloemfontein wat vir vele ’n hawe van rus en ’n oord van bemoediging geword het.
Pred. 3:3 “’n Tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak.” Pred. 3:8— “’n Tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.”
ONS IS christene ! Ons glo in die Bybel. Die Bybel sê dat die hele Skrif van God ingegee is en nuttig is om te leer, om tereg te wys, sodat die mens van God volkome kan wees—tot elke goeie werk volkome toegerus (2 Tim. 3:16, 17).
Die Bybel is dus daar om vir u en my tot elke goeie werk volkome toe te rus !
Nou, wat sê die Bybel van my lewe en sterwe ? Wat sê die Bybel van kerkgaan, van Sondagsheiliging, van my huis en my vriende ? Wat sê die Bybel oor die vraagstukke wat ons ontmoet? Wat sê die Bybel van skeuring en eenheid, van meerderheid en van oorlog? Watter skeuring is christelik?
Watter eenheid is christelik ? Wanneer is ’n meerderheid christelik en aan watter oorlog moet ’n christen deelneem?
GRONDGRYP...
...SLINKSE PLANNE
Johan Dorfling
Slinkse planne word in die geheim gesmee, in die duisternis, in 'n poging om ander mense te oortuig dat die oppervlakkige goeie bedoelings tot hulle voordeel sal strek. Intussen word dit so voorgehou dat dubbele standaarde daaruit kan voortspruit. Dit klink filantropies of mensliewend om te beweer dat almal alles met mekaar moet deel, maar dit is die beginsel van die kommunisme wat onbybels is. Let op na die verskil. Kommuniste sê jy moet wat jy het met my deel. Christene sê ek deel met jou om jou te help.
Die kommunis het niks aan te bied nie en eis van die Christen. Die Christen het baie om aan te bied in die vorm van die geestelike en goedere wat hy verwerf het deur geloof en harde werk, tog deel hy uit goedheid wat hy aan ander kan afstaan.
Volgens Fikile Mbalula beplan die ANC nie algehele beslaglegging op eiendom sonder vergoeding nie.
DR VERWOERD SE KINDERJARE (3)
Peet de Wet
Hendrik het gereeld vakansies huis toe gekom toe hy student was en dan het ek soos 'n stertjie agter hom aangeloop. Hy was vir my te wonderlik. Hendrik was al op universiteit en ek so elf jaar oud, toe kry ek waterpokkies. Ek was seker so tien dae in die bed en by tye koorsig. Hendrik was die enigste een wat my kon kalmeer. Hy het vir ure by my gesit en storietjies vertel wat hy sommer so opgemaak het terwyl hy praat. Toe ek weer gesond was, het ons soms saam gaan perdry of tennis speel. Ek was soos sy skaduwee. Saans het ons meestal gesit en lees. Hendrik het vreeslik baie by die huis gelees.
Een vakansie kom Hendrik by die huis aan en Ma vra vir hom hoekom hy so baie briewe skryf. Dit lyk of hy in nooiens belangstel.
14 SEPTEMBER 1966
Op Woensdag, 14 September, 8 dae ná die moord op dr Verwoerd, is mnr. BJ Vorster as Eerste Minister beëdig, en die middag het hy vir die eerste maal as Eerste Minister in die Volksraad opgetree. ’n Duidelik waarneembare atmosfeer van gespanne afwagting het swaar oor die stampvolle saal en galerye gehang. Maar mnr. Vorster het hom uit die staanspoor met rustige selfversekerdheid meester van die situasie getoon, wat so baie daartoe bygedra het om die oorgang van die een bewind na die ander glad en sonder haakplek te laat plaasvind.
Formeel het hy die Volksraad meegedeel dat hy deur die Staatspresident versoek was om ’n regering saam te stel en dat hy dit gedoen het, dat hy mnr. P. C. Pelser gevra het om Minister van Justisie en Gevangenisse en mnr. S. L. Muller om Adjunk-minister van Justisie, Polisie en Gevangenisse te word. Hyself, het hy gesê, sal vir eers Minister van Polisie bly, omdat staatsveiligheid daaronder ressorteer en hy vyf jaar lank “opgestaan en gaan slaap het met al hierdie probleme wat uit die veiligheid van Suid-Afrika voortvloei”.
DR VERWOERD SE KINDERJARE (2)
Peet de Wet
Die NG-gemeente van Bulawayo het tot by Lusaka gestrek. Maandae het Pa gewoonlik sy fiets op die trein gelaai, op die verste punt afgeklim en dan myle deur die bos gery om die boere op die plase te besoek. Sondae preek hy in die kerkie agter ons huis. Len was die koster. Hendrik en ek het hom gewoonlik Saterdae gehelp om die kerk skoon te maak. Daar kry ons toe eendag 'n nes vol klein muisies. Ek hardloop huis toe om 'n skoendoos te haal. Die muise word netjies ingepak en met bruinpapier toegedraai en in juffrou Vermeulen se kamer gesit. Juffrou Vermeulen was 'n sendingdame wat by ons ingewoon en vir my musiekles gegee het. Ons het nie van haar gehou nie; sy was te streng.
VERWOERD - 13 SEPTEMBER 1966
Die Nuwe Leier
’n Week na die moord op dr. Verwoerd, op Dinsdag, 13 September, is die nuwe hoofleier van die Nasionale Party, en as sodanig ook Eerste Minister van Suid-Afrika, deur die Parlementêre koukus van die Nasionale Party aangewys.
Om 10.30 het die koukus in die Parlementsgebou byeengekom. Al 164 lede, Senatore en Volksraadslede, was aanwesig. Die voorsitter, sen. Paul Sauer, het uit ’n siekbed opgestaan om daar te kan wees.
Teen die tyd was dit ’n uitgemaakte saak dat die keuse lê tussen mnr. B. J. Schoeman, die 61-jarige Minister van Vervoer, en mnr. B. J. Vorster, 50-jarige Minister van Justisie.
Geruime tyd voordat die koukusvergadering sou begin, het mense al in Parlementstraat byeengekom. Hulle kon nie die terrein van die Parlementsgebou betree nie vanweë die strenge veiligheidsmaatreëls wat getref was.
DR VERWOERD SE KINDERJARE (1)
Peet de Wet
[Daar is al en word steeds soveel oor dr Verwoerd as volwassene geskryf dat ek dit goedgedink het om iets meer uit HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD, 'N BIOGRAFIESE SKETS van dr H O Terblanche aan te haal en as enkele artikels aan te pas. Dit gaan meer oor sy kinderjare, vertel deur sy jonger suster Lucie.]
Lucie vertel:
In Wynberg het die twee seuns allerhande kattekwaad aangevang. Op die hoek van ons straat, Mortimer Road, was daar 'n sinagoge. Dit moet nog daar wees. Dit was welbekend dat iemand homself in die sinagoge opgehang het en dat dit daar spook. Hendrik en Len het toe van Ma se lakens gesteel en ná donker gaan spook speel, kastig om die Jode bang te maak.
Volgens Ma was Hendrik eintlik nog te jonk, maar die juffrou van die Evangelies-Lutherse skool in Waterloo Road, het kom pleit dat hy asseblief moet kom om haar getalle vol te maak.
HANDHAAF AFRIKAANS
Johan Dorfling
Maklik gesê, maar hoe kan ons Afrikaans handhaaf as staatsdepartemente en ander staatsinstellings Engels as voertaal gebruik en ons in winkels in Engels bedien word? Kenmerkend van ons Afrikaners probeer ons beleefd dit vir ander maklik te maak. Die probleem is egter dat die wat Engels praat, misbruik daarvan maak. Daarby praat hulle so vinnig dat ons hulle manier van woorde uitspreek nie maklik volg nie.
Wat saam daarmee gebeur is dat ons na Engels oorslaan, 'n taal wat ons nie alledaags gebruik nie. Daarby laat ons toe dat Afrikaans geïgnoreer word, aldus verloën ons ons eie taal sodat dit nie meer in die openbaar gebruik word nie.
DIE SABBATSRUS
Hannes Ollewagen
Hebreërs 4:1-13
“Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;” (:4).
Die skrywer van hierdie hoofstuk raak die letterlike Sabbatsrus aan, maar spreek ook in dieselfde gedeelte oor die Sabbatsrus se geestelike betekenis. Daardie sielerus wat elke ware gelowige uiteindelik in Christus vind.
Terwyl sommige die fisiese onderhouding van die Sabbat sal wil beklemtoon, is daar ook diegene wat net op die geestelike hiervan wil fokus. En tog is ‘n gesonde balans tussen beide die fisiese sowel as die geestelike hiervan nodig om die volheid daarvan te ervaar. ‘n Lui-lekker “rusdag” by die huis sonder enige geestelike voedsel en oordenking op daardie dag sal vir jou geloofslewe net so min beteken as ‘wanneer jy ‘n dag wel in die “gees” onderhou, maar uiteindelik is jy so besig met inkopies of ander take dat daar vir jou gees eintlik geen rus is nie.
PERSOONLIKHEID ― DR VERWOERD
Johan Dorfling
Dr H F Verwoerd is op 6 September 1966 vermoor. Om oor sy persoonlikheid en ingesteldheid te skryf, is maklik, maar terselfdertyd is dit baie moeilik. Hy was so merkwaardig dat die grense van sy denke die mensdom onbeperk vooruitgeloop het.
Dit is maklik om hom te beskryf omdat hy so 'n eerlike, opregte en openlike persoon was sodat almal geweet het waar hulle met hom staan. Aan die anderkant is dit moeilik omdat daar rakke vol boeke en geskrifte oor hom geskryf is en steeds geskryf word, ver meer as oor enige ander Suid-Afrikaanse staatsman, of menige ander groot moondhede se staatsmanne of manne wat foutiewelik as staatsmanne voorgehou is. Teenswoordig verkoop selfs tweedehandse boeke oor hom teen die duurste pryse. Uit al hierdie beskikbare inligting, asook uit die talle uitstekende toesprake wat hy self gemaak het, het sy persoonlikheid sterk op die voorgrond getree. Wat kan nog oor hom geskryf word wat nie reeds gedoen is nie? Steeds regeer hy Suid-Afrika selfs uit die graf uit.