Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Neem op hierdie ou jaar 'n stukkie wysheid met u die nuwe jaar in... 'n Wyse mens weet om nié die wysheid wat hy op sy pad deur die lewe verwerf het in ander mense se kele af te druk nie. Eerder as om sy persoonlike stukkie wysheid met ander te deel, is hy bereid om van húlle te leer en na hulle te luister.
DIE LIEFDE VAN GOD IN ONS
Hannes Ollewagen
Joh. 5:16-47
“Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.” (:42).
Die Here Jesus was gedurig in gesprek met Skrifgeleerdes en ander hooggeleerdes in die kerk van daardie tyd. Die meeste van hulle wou met hul meerderwaardige kennis van die Skrifte vir Hom strikvrae probeer stel. En hierin het Hy hulle gevoellose en liefdelose godsdienstigheid raakgesien en ook skerp veroordeel.
Ons dink aan die gedeelte uit Matt.23 wat aansluit by ons gelese gedeelte uit Johannes 5. Ons lees hier van Jesus wat die skrifgeleerdes en Fariseërs berispe oor hul oppervlakkige godsdienstigheid vir die vertoon daarvan terwyl daar in hul geestelike lewe geen diepte is nie. Hulle was godsdienstig vir die vertoon daarvan en om mense se eer te bekom, maar hul harte was ver van God af.
VERLORE SEUN
Johan Dorfling
Noudat daar in die openbaar melding gemaak is van bepaling van eienaarskap van grondgebied, maar nie oor die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan nie, laat dink dit my aan die gelykenis van die verlore seun soos in die Bybel in Lukas 15:11- 31 aangeteken.
Die verlore seun het sy vader voortydig gevra om sy deel van die eiendom aan hom te gee wat hom toekom. Dit het hom in daardie stadium nie regtig toegekom nie omdat hy eers kon erf nadat sy vader oorlede was. Omdat hy nog nie volwasse genoeg was sy erfgoed te hanteer nie, het hy daarmee op reis gegaan en dit verkwis.
Die ANC het nie alleen sy deel van die eiendom (deel van Suid-Afrika) geëis nie, maar sommer ook wat aan ander volke behoort het en met al die besittings op reis gegaan.
U MENING OOR BYRAES OP ONS WEBBLAD
Geagte leser,
Graag doen ons 'n beroep op u om kommentaar op die bydraes op ons webblad te lewer deur met goeie gedagtes na vore te kom, positiewe voorstelle te maak, mekaar te ondersteun en as u oor ‘n saak verskil, dit met 'n goeie gesindheid aan te roer. U mening is vir ons belangrik, al is dit kort of lank - geen kommentaar is gering nie en al dink u dit is eenvoudig, ons sal dit met dankbaarheid in ag neem. U het die keuse om 'n skuilnaam te gebruik wat ons streng sal eerbiedig.
Soms vertolk ons mekaar se bedoelings verkeerd, daarom moet ons eers seker maak of ons regtig verskil. Waar ons wel in geringe mate van mekaar mag verskil om ons doel te bereik, is dit noodsaaklik dat ons die verskille met mekaar opneem en saamwerk. Die doel is dat wanneer die tyd aanbreek die Afrikanervolk weer demokratiese selfstandigheid bereik en dit sal ons net vermag as ons positief saamwerk, ons weerhou van persoonlike aanvalle en afbrekende kritiek - dit gaan altyd oor die saak en nie oor 'n persoon nie.
Ons sien daarna uit om u menings te ontvang. Stuur dit asseblief aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
AFRIKANERS STAAN STERK
Johan Dorfling
Met 'n breë uitkyk na wat nou om ons hier in Suid-Afrika aan die gang is, laat my besef dat die geskiedenis herhalend is en dat ons voortdurend daaruit moet leer omdat dit tans weer op vandag van toepassing is. Die beginsels is altyd dieselfde soos wat ek uit 'n toespraak van dr D F Malan vasgestel het. Hieronder is 'n verkorting van dr Malan se wysheid soos ek dit verstaan. Meeste van die woorde is soos hy dit gestel het.
Die gevare wat ons dreig, openlike vyandigheid, dreigemente, verdrukking met getalle, kan die rug van die Afrikaner nie breek nie. Almal wat dit nog probeer, selfs met listigheid, sal tot hulle verdriet uitvind dat dit nie moontlik is nie.
KORREKTE VERGADERING- PROSEDURES
VERGADERING-
PROSEDURES
(GRATIS)
Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.
Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.
"HOE LANG" - HOE LANK GAAN ONS SWYG!
Hoe lank gaan ons swyg as ons Christelike norme aangeval en Eerstewêreld-standaarde afgetakel word? Moet ons swyg as ons verkrag, beroof en vermoor word; swyg as onbevoegdes ons kundiges se toekoms so belemmer dat hulle na die buiteland verhuis? Moet ons oor alles swyg omdat ons bang is om as rassehaters gebrandmerk te word? Nee, ons durf nie verder swyg nie! Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit moet hoor!
Waarom skryf die profeet Hoséa dat sy volk ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis? Gebeur dit slegs omdat mense God nie meer liefhet en Hom nie wil dien nie? Of gebeur dit ook wanneer 'n volk só mislei word dat hulle nie meer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie? Of swyg hulle uit vrees vir die gevolge?
In hierdie tye is alle opsies ernstig van krag; ons volk is beangs, maar word ook so mislei en verblind deur ons vyande dat ons onwetend meedoen aan ons eie ondergang – dit verg groot verantwoordelikheid om genoeg kennis te dra wat tot eer van God se Naam strek.
Kom u verantwoordelikheid na, hou op met swyg, skerp u kennis op, reik uit na die waarheid en doen wat gedoen moet word om hierdie Afrikanervolk van ondergang te red!
OORLOG - ONS WEIER DAT HUL ONS PLASE STEEL !
Persverklaring uitgereik deur TLU-SA Oos-Kaap
13 Augustus 2018
Vir onmiddelike vrystelling
Boere sal nie toelaat dat hulle plase gesteel word nie.
Boere in die Oos-Kaap is dit eens dat geen plase deur die regering se self-gewettigde diefstal sal plaasvind nie en berei hulle voor om met alles tot hulle beskikking hulle wetlike eiendom te beskerm.
Johan Steyn, TLU-SA Oos-Kaap voorsitter, het die stelling gemaak na afloop van ’n e-konferensie vir TLU-SA Oos-Kaap lede dié naweek.
“Die TLU-SA se doelwit is om landbouers volhoubaar en ekonomies winsgewend tot voordeel van almal in Suid-Afrika, op hulle plase te hou. Deur die bekendstelling van ’n lys waarop 195 plase vir gewettigde diefstal deur die ANC, laat die regering boere geen ander uitweg nie as om hulle wettige eiendom te beskerm.”
HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (4)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?
“Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie” (Luk.13:24).
Om ʼn sportwedstryd by te woon, moet jy ʼn toegangskaartjie hê. So ʼn kaartjie verseker jou van ʼn sitplek en die sekerheid dat jy die betrokke wedstryd sal sien. Bekering is die toegangskaartjie na die ewige spel. As jy dit het, is jou plek bespreek en sal jy die hemel sien.
Jesus sê: “In die huis van my Vader is daar baie wonings... Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem.” (Joh.14:2,3).
KOMMENTAAR -- STUKKIE GROND
Johan Dorfling
As ek mag, lewer ek graag kommentaar op dr Danie Theron se artikel 'N STUKKIE GROND OF 'N EIE LAND? Volgens 'n woordeboek kommentarieer ek, maar eintlik wil ek net my mening uitspreek oor wat dr Theron geskryf het. Terselfdertyd is my kommentaar nie afbrekend soos mense gewoonlik verwag nie, maar ondersteunend.
Kaart en transport en waarborg bestaan nie in die kommunistiese omgewing nie. Dit is mos algemeen bekend dat in die kommunistiese ideologie alles aan die staat behoort; hierin moet eintlik die regering gelees word. Alhoewel die huidige bespiegelinge vooruitsigte van grondonteiening sonder vergoeding op blankes se eiendomme fokus, beteken dit dat alle grond, klein of groot, sonder vergoeding onteien sal word. Die swartes besef nog nie dat hul eie besittings hulle ontneem gaan word nie.
Geen privaatbesit sal toegelaat word nie.
ONDERHANDELING- TAKTIEK
Johan Dorfling
Die doel van onderhandeling is om skriftelik of mondelings oorleg te pleeg om 'n ooreenkoms van gee en neem tussen twee of meer persone of partye te bereik. Dit moet vir beide 'n aanvaarbare ooreenkoms van voorstelle en afkeure wees. Onderhandeling is na sy aard iets feitelik en is 'n fyn kuns wat gebruik word om 'n redevoering vir 'n party se saak te wen.
Onderhandeling word nogal dikwels misbruik deur hoër eise te stel as wat werklik bereik wil word, byvoorbeeld 12% salarisverhoging en dan kastig toe te gee as die werkgewer bereid is om 6% toe te staan. Nou word die eis na 9% verminder en dit gestel dat die werkgewer in dieselfde mate moet toegee, want dit weerspieël 'n goeie gesindheid aan beide kante. As dit nie gedoen word nie, is die werkgewer ontoegeeflik en onredelik. Die waarheid is dat die eisers 9% in gedagte gehad het en dit gekry het, terwyl die werkgewer die volle 9% toegegee het.
‘N STUKKIE GROND OF ‘N EIE LAND?
Dr Danie Theron
Dit moet seker nou vir baie duidelik word dat “kaart en transport” in enige Afrikaland niks beteken nie. Daarmee saam dat “gewaarborgde” regte nie die papier werd is waarop dit geskryf staan nie.
Grondonteiening sonder vergoeding sal gebeur so seker as wat die son more sal opkom! Dit bring mens by die essensie van die saak: Soek ons (die Afrikanervolk) na stukkies grond (krummels) binne hierdie bose land, of soek ons na ‘n land waarin ons onsself kan regeer?
Male sonder tal het ek en ander nasionaalgesinde Afrikaners daarop gewys dat die hoogaangeprysde grondwet ‘n middel tot ‘n doel is. Dit is ‘n sosialistiese transformasie-instrument om die doelwitte soos gestel in die Freedom Charter, te verwesenlik. Dit sal ‘n staat daarstel waar die individu se regte deur die staat bepaal word. Eiendomsreg vir die individu is nie een van daardie regte nie!
BYBEL EN VOLKSTRYD (4)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
SELFLIEFDE
Matt. 22 :39: "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
WAT is liefde? As ’n ouer sy kind alles toelaat, as die ouer sê : ek kan nie my kind teengaan nie, ek kan nie my kind tug nie, ek het my kind te lief. Dan sê die Here : Wie sy roede terughou, haat sy seun (Spr. 13:24)! Alles goedkeur, alles toelaat, alles toegee, is nie liefde nie. As daardie kind eendag bedorwe is en in die tronk beland, dan sal die ouer besef dat dit nie liefde was wat alles toegelaat het nie. Die ware liefde is nie wetteloos nie. Die ware liefde soek die hoogste en beste vir die wat hy liefhet. Liefde erken die wette, betaal die prys, soek die hoogste, die beste teen enige prys. Die Heiland gee sy lewe vir die wat Hy liefhet.
Ons gebruik gewoonlik die woord selfrespek, maar dis nie ’n woord wat in die Bybel voorkom nie. Die Bybel spreek van selfliefde. Dan bedoel die Bybel dat ek moet liefhê alles wat my eie is ! My liggaam, my siel, my oortuiging, my godsdiens, my geskiedenis, my taal, my kerk, my geestesgoedere. Ek moet liefhê alles wat aan myself behoort.
VOLKSREGERING (51)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
NADELE VAN VOLKVERMENGING
Diegene wat volkvermenging voorstaan, besef nie dat hulle beginsels en siening van sake van 'n ander volk s'n verskil nie. Sonder om die ander in ag te neem, aanvaar hulle dat almal soos hulle moet dink en dieselfde leefwyse moet hê al leef hulle self nie volgens hul eie eise nie. Vra hulle om van hulle geloof, taal, lewenswyse en grondgebied afstand te doen en hulle weier, maar verwag dat ander dit moet doen.
In Suid-Afrika besef ander volke nie dat hulle in sommige opsigte vir die Afrikaners aanstoot gee wat hulle stilweg verwerk nie, maar as die Afrikaners verskil, dan neem hulle aanstoot.
VOLKSREGERING (50)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
TERUGWEN VAN VRYHEID
Ons kan ons vryheid terugwen. In alles is opgesluit: STAAN BY JOU VOLK. Nie sluimerend soos 'n hensopper nie, maar ywerig meelewend en meewerkend. Ons kan saamwerk deur politieke heropbou te doen. Nie deur middel van verdelende politieke partye waarmee geen sukses behaal kan word nie, maar saamstaan met die een doel, naamlik om ons politieke vryheid, volkvryheid, demokrasie terug te wen. Binne ons eie volkgeledere mag ons oor binnelandse sake van mekaar verskil.
WATER UIT DIE ROTS
Hannes Ollewagen
Ps. 81:1-17
“In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela. Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!” (:8&9).
“Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.” (:17).
Die waters van Mériba. Daar waar die volk teen Moses getwis het omdat hulle geen water gehad het om te drink nie. Die plek waar daar water uit ‘n rots gevloei het. Die plek waar die Here aan Moses gesê het dat Hy voor hom uit sou gaan en by die rots wees waaruit die water sou vloei. “Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. ...” (Ex. 17:6).
VOLKSREGERING (49)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VOLKSLIED
Wat is 'n volkslied? Dit is 'n gewilde, eenvoudige lied wat in die volk se mond lewe en wat by 'n volk se feestelike en plegtige geleenthede gespeel en gesing word, 'n lied van getrouheid en toewyding aan 'n volk. Die stem van 'n volk. 'n Volkslied is 'n lied wat diens doen as sinnebeeld vir 'n eie volk wat saamval met volkverband. Binne volkverband kan 'n volkslied ook geldig wees vir 'n volk sonder eie staat. Dit is saambindend binne die geledere van 'n aparte volk, bevestiging van apartheid in lande soos Duitsland, Nederland, Frankryk en Brittanje.
ONDERSOEK JOU EIE DENKE
Johan Dorfling
Ons moet dikwels na onsself kyk en oplet hoe ons vertolkings doen. Dit is vertolkings van wat ander mense met hulle meedelings bedoel en of ons dit reg verstaan, of ons eie verkeerde betekenis daaraan koppel. Soms maak ons bewerings wat deur ander reg begryp word volgens die boodskap wat ons oorgedra het, maar ons het die verkeerde woorde gekies. Gewoonlik besluit jy dadelik dat jy reg is en die ander verkeerd, tog verskil jou beginsels op een gebied van jou beginsels op 'n ander gebied. Om toe te lig wat ek bedoel, gaan ek jou wat hier lees, persoonlik aanspreek sodat jy dit nie op ander mense van toepassing maak nie. Lees asseblief die waarheid met 'n oop gemoed.
Die kerk waarvan jy lidmaat is, is in streng beginsel teen kommunisme gekant omdat kommunisme God nie erken nie. Nogtans stem jy in 'n verkiesing vir die DA wat kommunisties is, oorspronklik deur Helen Suzman aan die gang gehou en het intussen verskillende naamveranderings ondergaan as misleiding van die party se kommunistiese inslag.
KERK EN ONDERWYS
Johan Dorfling
Dit is interessant en insiggewend om die Afrikaanse kerke se standpunte na te gaan om te sien wat hulle as beginsels voorhou. So het ek afgekom op 'n herderlike skrywe wat een susterkerk in 1990 oor onderwys uitgereik het. Die kerk het geskryf dat:-
Die betrokke kerk onversetlik is in sy aandrang dat die onderwys in Suid-Afrika 'n Christelike karakter moet bly behou. Hierdie kerk sal nooit wil sien dat die Christelike grondslag uit die (regering se) onderwysbeleid, ‒wetgewing en ‒reëling weggeneem word nie.
Die kerk huldig dieselfde vaste oortuiging met moedertaalonderwys. Saam met die eis vir ‘n Christelike grondslag, is moedertaalonderwys vir die kerk 'n ononderhandelbare saak wat nie prysgegee sal word nie.
HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (3)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6).
Om iets te laat slaag, is dit belangrik om ʼn plan te hê. God het voor die grondlegging van die wêreld ʼn plan vir gelowiges gehad om in die hemel te kom. Hierdie verlossingsplan is ʼn lewensroete wat oor die bekering tot Jesus loop. Wie hierdie roete nie volg nie, sal nooit die hemel bereik nie. Dis die enigste toegangsroete. Daarom sê Jesus: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6). Alle ander paaie sal in die hel eindig.
God se verlossingsplan kom egter met Jesus se wederkoms tot ʼn einde. In die gelykenis van die 10 maagde (Matt.25) vergelyk Jesus hierdie dag met ʼn huweliksfees wat aanbreek. Mense is lank vooraf in kennis gestel dat dit gaan plaasvind.
NUWE KIESSTELSEL
Johan Dorfling
Daar is sprake dat die kiesstelsel in Suid-Afrika verander kan word sodat die skyn gewek moet word dat aan almal nog meer gelykheid gebied word. So-iets klink mooi en edel sonder dat aanduiding gegee word watter praktiese betekenis dit inhou. Geen werklike redes is in hierdie stadium verstrek nie.
Die moontlikheid om die land se kiesstelsel te verander na enige ander kiesstelsel hou geen voordele in nie. Enige volksvermengde verkiesing, watter vorm ookal, is ondemokraties en gedwonge en die uitslag onbetroubaar omdat dit nie ruimte laat vir die onafhanklike voortbestaan van ‘n minderheidvolk nie. Geen volk is vry as hy nie toelaat word om sy eie verkiesing te hou nie, natuurlik met fondse uit die algemene staatskas omdat die ander volke in ‘n gesamentlike verkiesing wel die voordele van staatsbefondsing ontvang. Regverdigheid moet geskied.