Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
“Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige vader, Vredevors" - Jes.9:5
GOD IS ‘N GOD VAN ORDE
Ds Andrè vd Berg
“En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hul woonplek vasgestel het” (Hand.17:26)
In 1 Kor.14:33 skryf Paulus dat God nie ’n God van wanorde is nie, maar van orde. Alles wat met Hom verbind is, word aan ordelikheid gekenmerk; veral die kerk: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (:40). Dit onderskei gelowiges van heidene wie se godsdiens onordelik is omdat dit in diens van die Satan staan en hy die teenpool van God is. God is orde; Satan is wanorde.
MASKER AF, ANC (4)
>
>>
Lauritz Strydom
lees reeks by MASKER AF, ANC
Die vlug
Die aand ná die klopjag in Rivonia word al die inwoners van Lilliesleaf in Johannesburg aangehou ingevolge die 90-dae- aanhoudingsbepaling. Dit is een van die spesiale magte wat die Suid-Afrikaanse Parlement aan sy minister van Justisie gegee het om die veelkoppige kommunistiese draak mee te kan beveg.
In die polisiesentrum Marshallplein bevind Arthur Goldreich en sy vrou hulle.
Ook in die selle by Marshallplein — ‘n vaal, verouderde rooi baksteengebou — is twee Indiër-aangehoudenes: Moosa Moolla en Abdullah Jasset.
ONGEREGTIGHEDE VAN DIE VERLEDE?
HOE VOEL JÝ OOR DIE “ONGEREGTIGHEDE” VAN DIE VERLEDE?
Dr Danie Theron
As jy ‘n trotse volk verkneg
word opstand teen die reg sý reg
(NP van Wyk Louw)
Ek het al dikwels verwys na die aanhef van die Grondwet wat die volgende stel:
We, the people of South Africa, recognise the injustices of our past:
Honour those who suffered for justice and freedom in our land….
Die betekenis daarvan is duidelik. Die sogenaamde apartheidsverlede is ‘ongeregtig’ en boos. Dit moet deur almal (‘we’) erken word. Dié wat daarteen geveg het (‘suffered’) moet (deur almal) geëer word.
Van hierdie Grondwet sê Nelson Mandela in 2001:
“… it is a solemn pact … we shall never permit a repetition of our racial, brutal and repressive past …. “
In gewone Afrikaans:
- die apartheidverlede is sleg, dis brutaal en onderdrukkend;
- dit mag nooit weer gebeur nie;
- dit staan vas – dit is verander in die grondwet
- die ‘vryheidsvegters’ teen daardie bose bedeling is vandag se helde.
WIE IS ANGUS BUCHAN?
EN WIE IS DIE ANTICHRIS?
SG Hagen
2 Thes 2:3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van die sonde geopenbaar word die seun van die verderf.
Die Antichris word op verskeie plekke in die Bybel beskryf sonder dat sy naam presies aangedui word.
In 2 Thessalonisense leer ons dat hy:
- die mens van die sonde is;
- die seun van die verderf;
- die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is.
Ons lees ook dat hy in die tempel (die Kerk) van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
LERAARS - DIENSKNEGTE OF EGO-POETSERS?
Ds Andrè vd Berg
“As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God...” (1 Pet.4:11).
1. Inleiding
Kerke beklee die derde plek in ʼn samelewing. Dis die ruimte waar mense tyd naas hul huisgesinne (eerste plek) en werksplekke (tweede plek) deurbring. Omdat mense in die kerk hul hartseer, kommer en vreugdes met mekaar kan deel, vervul ʼn gemeente ʼn belangrike plek in die gemeenskap.
Ongelukkig is georganiseerde godsdiens besig om sy staanplek as ʼn pilaar van morele leierskap te verloor. Kerkgang word as ʼn oorgeërfde, kulturele gebruik beskou word wat uitgedien geraak het.
Om dit aan ʼn afvalligheid van God se Woord toe te skryf, is deels waar. Die kern-oorsaak lê egter in eie geledere. Die akker waarin baie kerke vandag saai, is so met die onkruid van humanisme besmet en die vrug wat dit oplewer, bitter. Verkeerde saad het nooit ʼn goeie oesopbrengs nie!
BARMHARTIGHEID EERDER AS OFFERANDE
Hannes Ollewagen
Matt. 9:9-13
“Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; ...” (:13).
Ons Here Jesus Christus gee vir ons in hierdie teksvers ‘n opdrag – gaan leer wat dit beteken. Gaan leer wat dit beteken dat God van ons barmhartigheid eis. Gaan ondersoek die Woord van God, praat met God in gebed hieroor en soek die antwoord hierop. Gaan leer en verstaan wat dit beteken dat barmhartigheid bo offerandes in God se oë gestel word.
Ek dink onwillekeurig terug aan ‘n gedeelte uit 1 Sam. 15 wanneer ons hierdie gedeelte uit Matthéüs lees. Dit was koning Saul wat die opdrag van God gekry het om Ámalek te verslaan en geheel met die banvloek te tref.
ONS SKEP EIE ONDERGANG
Johan Dorfling
Waaroor ek hier skryf, is aangewakker en bevat aanhalings nadat ek 'n artikel van dr Danie Theron gelees het. Die man is aan my onbekend, maar ek vind sy denke oorspronklik en belangrik om self daaroor na te dink.
Volksgenote het toeskouers van hulle eie ondergang geword. Dit kom voor of ons volk 'n hulpeloosheid ervaar wat ons totaal weerloos laat. 'n Gebrek aan 'n positiewe toekomsverwagting is 'n duidelike teken van geloof wat plek maak vir kleingeloof. Wat is doelloosheid, rigtingloosheid en hopeloosheid anders as 'n tanende geloof? Dan neem Satan, die owerste van hierdie wêreld, ook in die gelowige se lewe oor.
MASKER AF, ANC (3)
Lauritz Strydom
lees reeks by MASKER AF, ANC
OP DIE NES
In die oënskynlik vreedsame en landelike stilte van die verlate werf op Lilliesleaf klink die geklap van polisiestewels vreemd op.
Van die speurders wat agter om die huis hardloop, kry ‘n geheelbeeld van die toneel. Aan hul linkerkant, agter die woonhuis, is verskeie buitekamers in ‘n T-vorm gerangskik. Tussen die buitekamers en die huis is ‘n motorhuis. Etlike motors staan in die oop ruimte geparkeer.
Luit Van Wyk hardloop by die kombuisdeur in.
MASKER AF, ANC (2)
>
>>>
Lauritz Strydom
lees reeks by MASKER AF, ANC
Ongelooflike inligting
Agtien maande al swoeg die Suid-Afrikaanse Polisie se Veiligheidsafdeling om die sabotasievlaag te beheer wat dwars-oor die land uitmasel. Talle kere bly die saboteurs anoniem; dikwels word van die skuldiges aangekeer. Daar word toegesien dat reg geskied: die verdagtes word in die hof aangekla en van hulle word gevonnis. Daar is egter ander wat hul plekke kan neem en die sabotasie-aanslae duur voort.
WYSHEIDSTORIES (12)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
AS JULLE DIT VAN MY DINK
'n Onderwyser het twee kinders met dieselfde naam in sy klas gehad.
Die een Pieter was 'n vrolike, hoogs intelligente kind met pragtige maniere. Die ander Pieter was 'n bietjie van 'n probleemkind. Nie dom nie, maar sonder selfvertroue, en daarom was hy die hele tyd daarop uit om aandag te trek. Sy werk het daaronder gely en die onderwysers was glad nie gelukkig met hom nie.
DIE VATIKAAN (2)
>
>>>
Heilstaat of doodsakker?
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Vatikaan
2. Bose invloed
2.1 Tussengeloofvergaderings
Die Vatikaanse verlossingsleer verskil tans min van Eenheid-universalisme. Dit poog nie net om Christenkerke met mekaar te verenig nie maar ook afgodsdienste met die Christendom. Die pous het nie baie lank terug nie ʼn reeks tussengeloofvergaderings in die Vatikaan gehou waartydens Islamitiese gebede vir die eerste keer in dié plek gehoor is. Eenheidsbesielde kerklui het hom lof toegeswaai al was dit teen Skrifvermanings. Die Vatikaan steur haar al lankal nie meer aan Bybelse riglyne nie en dryf kerke baie vinnig na die een wêreldkerk van die Antichris!
MASKER AF, ANC (1)
Lauritz Strydom
lees reeks by MASKER AF, ANC
Dit is nou feitlik 48 jaar gelede dat die Rivonia-klopjag plaasgevind het waartydens die opperbevel van Umkhonto We Sizwe, die militêre vleuel van die ANC, ontmasker is. Die lede van die opperbevel sou tydens die Rivonia-hofsaak teregstaan. Na afloop van die verhoor is persone soos Nelson Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki, Elias Motsoaledi, Raymond Mhlaba en andere deur regTer Quartus de Wet tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Op 2 Februarie 1990 het die regering van president FW de Klerk die African National Congress, Pan Africanist Congress en South African Communist Party ontban. Kort daama is Nelson Mandela onvoorwaardelik vrygelaat, soos wat van sy makkers vroeër reeds vrygelaat is. Na sy vrylating het hy dit duidelik en onomwonde gestel dat hy steeds staan vir dit waarvoor hy toe 27 jaar gelede tronk toe gestuur is. En toe is die gebeure nie meer slegs van akademiese belang nie, maar raak dit elkeen persoonlik. Skielik was daar baie vrae wat beantwoord moes word, soos:
DIE VATIKAAN (1)
Heilstaat of doodsakker?
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Vatikaan
>
>>>
1. Agtergrond
1.1 Eie staat
Die Vatikaan is ʼn ingeslote grondgebied van 44 hektaar in Rome wat in 1929 as ʼn onafhanklike stad-staat tot stand gekom het. Dis die kleinste staat ter wêreld en hoofkwartier van die Roomse Kerk (RK) met ʼn pous aan die hoof.
1.2 Die naam
Vatikaan was in die Romeinse tyd die naam van ʼn moerasagtige deel van die Wesoewer van die Tiber Rivier oorkant Rome. Nadat Agrippina die gebied in die eerste eeu laat drooglê en tuine aangelê het, het talle welgestelde Romeine huise daar laat bou.
ONBILLIKE DRUK OP SKOLE
Kobus van Wyk
Pas is deur owerheidweë gesê dat alle skoliere volgende jaar in skole geplaas sal word al is die skoolgeboue reeds oorvol. Dit is uitdagend gestel asof niks anders geduld sal word nie. Daardeur is die indruk gewek dat die "skole" die verantwoordelikheid vir te min skole moet aanvaar.
Wat nie gesê is nie, is dat dit die owerheid se verantwoordelikheid is om voldoende skole te voorsien sodat alle skoolkinders sonder benadeling van veels te groot getalle die nodige onderwys kan kry. Die owerheid (onderwysdepartement en die sentrale regering) dra die skuld van swak beplanning en voorsiening omdat hulle swak insig en min vermoë het.
GESIN EN LEWENSVREUGDE
Ds Andrè vd Berg
“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld.... En God het die mens geskape.... man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen.1:26,27).
Die krag van ’n volk hang van sy geloof in God en gehalte van sy gesinslewe af. Die gesin is die kern van ʼn beskawing en as’t ware die smidswinkel waar lewenswaardes op die aambeeld van die lewe gevorm word. ʼn Gelukkige gesin is ‘n voorsmaak van ʼn vervroegde hemel.
Dit gaan op talle lewensgebiede sleg met ons volk. Een van die ergste is die verbrokkeling van ons gesinslewe; ʼn euwel met ʼn rimpeleffek. Dit raak nie net die gesinslewe nie, maar kring ook na die kerk en die breë gemeenskap uit.
Waarom verbrokkel ons gesinslewe? Omdat daar aan die rolverdeling van man en vrou gepeuter word! Die Bybel is duidelik oor die rol wat man en vrou in die gesin moet speel. Ongelukkig slaag Satan daarin om dié rolle om te keer.
WAAROM HET JOEGOESLAWIË TOT SY EINDE GEKOM?
Dr J J Snyman
The war in Bosnia was America’s war in every sense of the word. The U.S Administration helped started it, kept it going, and prevented it’s early end. – Sir Alfred Sherman (Margaret Thathcher se adviseur).
Ná die val van die Berlynse muur was die uitdaging vir die VSA om sy oorheersing van NATO in Europa te behou, aangesien die kommunistiese bedreiging iets van die verlede was. Nuwe konflik moes dus gesoek word.
Joegoeslawië was ‘n ideale kandidaat met sy veel-etniese samestelling van ortodokse Christelike Serwiërs, Rooms-Katolieke Slowene en Kroate en die Moslems van Bosnië-Herzegowina. Sedert 1945 het Josip Tito die land met ‘n ysterhand regeer. Met sy dood was die geleentheid daar vir dramatiese veranderinge. Die VSA het dit dadelik ingesien.
WYSHEIDSTORIES (11)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
PLANT 'N BOOM
Nadat dit gereën het, het 'n baie ou man gate in sy tuin begin grawe.
"Wat doen jy?" vra sy buurman belangstellend.
"Ek gaan hier vrugtebome plant," kom die antwoord.
"Verskoon my, maar dink jy regtig jy sal nog van die vrugte van die bome kan eet?" vra die buurman. "Ek meen, jy is darem al diep in jou jare en so 'n boom groei stadig."
DIE DERDE WÊRELDOORLOG ... IN DIE NAAM VAN GOD
Dr Danie Theron
Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie... – Matt 7:21
Nie almal is bekend met die uitlatings wat agter die skerms en in privaat gesprekke gemaak is ná die gebeure op 11 September 2001 in New York nie.
Behalwe dat ‘n groot leuen verkondig word oor wat werklik daardie dag gebeur het toe onder andere drie (ja, nie twee nie) toring-geboue na benede getuimel het, en daarby wie werklik daarvoor verantwoordelik was, het verskeie gebeure ontvou wat nou eers behoorlik ontleed kan word.
President George W Bush, die VSA-president op daardie stadium, was volgens sy eie weergawe ‘n wedergebore evangeliese Christen. In ‘n ontmoeting in 2003 met senior Palestynse leiers het hy te vertelle gehad dat hy op ‘n “missie vanaf God” is met die inval in Afghanistan en Irak.
KNEGTE VAN DIE ALLERHOOGSTE
Hannes Ollewagen
Lev. 25:23-55
“Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ‘n mens ‘n slaaf verkoop nie.” (:42).
“Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.” (:55).
Ons almal is seker vertroud met die definisie van ‘n kneg. Dit is, eenvoudig gestel, iemand wat dien – een wat gehoorsaam opdragte uitvoer. ‘n Kneg wat weier om sy heer te gehoorsaam sal bes moontlik nie lank onder sy heer se hand vertoef nie.
VOLKSREGERING (69)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
DENKBEELD UIT ANDER HOEK
Die besit van eienaarskap van grondgebied gaan gepaard met verantwoordelikheid soos in die gelykenis van die verlore seun in die Bybel in Lukas 15: 11 – 31 aangeteken. Die verlore seun het sy vader voortydig gevra om sy deel van die eiendom aan hom te gee wat hom toekom. Dit het hom in daardie stadium nie regtig toegekom nie omdat hy eers kon erf nadat sy vader oorlede was. Omdat hy nog onvolwasse was om sy erfgoed te hanteer, het hy daarmee op reis gegaan en dit verkwis.