Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om nie 'n afspraak na te kom nie is 'n daad van oneerlikheid en ontrouheid. Dit is vandag 6 April, die dag waarop ons voorsate die HERE belowe het dat ook ons nakomelinge hierdie dag vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag sal stel tot eer van God se weldade. Kom dan hierdie afspraak vandag met Hom na.
BLOED RED!
>
>>
Ds Andrè vd Berg
“Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van sondes” (Kol.1:13,14).
Dink jou in die volgende situasie in: Jy ry een Vrydagmiddag van die werk af huistoe en hoor terloops oor die radio dat 30 mense op ’n geheimsinnige wyse in Indië dood is. Daar is soveel ellende in die wêreld dat jy beswaarlik kennis neem. Die volgende dag vertel jou buurman dat die siekte ook na Pakistan en aanliggende lande versprei en meer as 1000 mense al omgekom het. Medici uit talle wêrelddele is daarheen op pad om te kyk wat hulle kan doen.
Die volgende dag verneem jy dat die siekte ook na Iran, Irak en Turkye versprei het en dat die dodetal al op 80,000 staan en elke minuut styg.
GOOGLE, DIE ONSKULDIGE SOEKENJIN?
Johan de Bruyn
Beïnvloeding van mense geskied op baie wyses. Sommige word slegs deur feite oortuig, ander deur emosie. ‘n Goeie orator het al dikwels mense vir sy saak oortuig – meesal sonder meriete.
Met breinspoeling probeer beïnvloeders ‘n onregverdige voordeel kry deur die slagoffer aan ‘n proses te onderwerp waar sy keuse vír hom gemaak word. Talle boeke het al oor hierdie onderwerp verskyn.
In 1957 het The Hidden Persuaders van Packard verskyn. Reeds toe is bevind dat daar metodes was om mense subtiel te beïnvloed sonder dat hulle daarvan bewus was. Dink maar aan die Coke-advertensie wat “versteek” was in die aanbieding by ‘n bioskoop, wat baie mense dan onbewustelik Coke laat koop het tydens pouse. Packard het destyds bevind dat mense se denke, gedrag en emosies deur hierdie optredes beïnvloed word.
DIE JODE EN DIE OU TESTAMENT
Dr Danie Theron
Matt 15:3 Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?
In ‘n vorige artikel is daarop gewys dat die Jode met die geloof bekend as die Judaïsme-aanhang, nie die Ou Testament as gesagsbron het nie, maar wel die Babiloniese Talmoed. Hierdie feit is nie alombekend in die Christendom nie.
Baie Christene (indien nie die meeste nie) dink dat dié Jode net oortuig moet word van Jesus; dat Hy die beloofde Messias is. Gevolglik is hulle van mening dat ons en hierdie Jode eintlik baie naby aan mekaar is en dat hulle ons “bure” is; ons “broers”.
Wel, niks kan verder van die waarheid wees nie. Indien die Talmoed van nader bekyk word, sal mense geskok wees oor wat die inhoud behels.
DIE VOLKSMOORD IN RWANDA – ‘N HERBESINNING
Johan de Bruyn
Die VSA is meesters in die kuns van politieke bedrog en misleiding. Die gewone man op straat kry, danksy die geldmag-gestemde media, ‘n wanbeeld van die ware toedrag van sake in die internasionale politiek. ‘n Voorbeeld hiervan is mense se siening oor Rusland, China, Venezuela, Suid-Korea en Sirië.
So was dit ook met die oorlog destyds in Joegoeslawië toe die VSA-gestemde NATO ‘n oorlog ontketen het aldaar en Slobodan Milosevic uitgebeeld is as ‘n gewetenlose diktator. Die waarheid was baie anders as dit wat aan ons voorgehou is.
In Rwanda het dieselfde gebeur. Pas het ‘n verslag gelek wat die oorlogmisdade van Paul Kagane en sy Rwanda Patriotic Front uitlig, dws die feite was aan die VSA bekend van meet af.
WYSHEIDSTORIES (10)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
BEREID OM TE GEE?
Daar was groot hongersnood in die land omdat dit lank nie gereën het nie. Een boer het 'n groot plaas gehad en kon nog regkom omdat sy waterput nie opgedroog het nie. Iemand wat die ongelukkige, maar goeie arm mense wou help, het die boer kom vra of hy 'n trekker vir die ander kon leen om te probeer ploeg. "Ongelukkig", sê die boer, "het ek net een trekker en moet hom self gebruik." Op ander vrae antwoord hy ook elke keer dieselfde. Hy het net een koei wat melk gee, net een waterpomp vir sy put, net een perd en net een ploeg.
Toe word gevra of hy miskien met geld kan help vir die mense wat niks kos het om te eet nie. "Nee," sê die boer, "ek sal nie geld gee nie." "O is dit omdat jy nie juis geld het nie?" "Nee, ek het genoeg geld in die bank, spog hy, maar die ander mense moet vir hulself sorg."
DIE ROOMSE GEVAAR (4)
Lees reeks by DIE ROOMSE GEVAAR
Ds. A.E van den Berg
PROTESTANTE SWIG VOOR ROME
Waar gaan dit eindig?
1.Onmoontlike kerkeenheid
Ekumene draai om die as van sigbare kerkeenheid en beklemtoon Jesus se gebed in Joh.17:
“Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo — dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het” (:17-21).
VERWERP BUCHAN SE ONHEILIGE BYEENKOMSTE!
Die Calvinis
Die byeenkoms vandag, 27 Oktober, waarvan Angus Buchan die spreker sal wees, verdien nadere ondersoek.
Buchan is die persoon wat toesien dat verskillende kerke, maar meer, ook verskillende gelowe mekaar vind op die religieuse vlak. Hier is die man wat homself uitgee aan horisontale Woordverkondiging van die "social gospel". Hy bring die twee wêrelde, die Gereformeerde en die Katolisistiese wêreld bymekaar.
Afgesien van die feit dat die NG Kerk homself algaande meer beywer vir raakpunte ten opsigte van die Roomse kerk, is dit Buchan wat nou seker maak dat die Gereformeerdes die Rooms Katolieke Kerk vind. Bo en behalwe hierdie poging van hom waarin hy as kontra-Hervormer dien, bevind hy homself as gelykmaker tussen ander gelowe.
CHRISTELIKE SKOLE NOODSAAKLIK!
Hendrik Pretorius
Ons lewe in 'n wêreld van knoppies-druk en kitsoplossings. Sommige mense sal sê: “Maar gelukkig kom my kind uit 'n sterk huis met 'n stewige Christelike fondasie.” Moontlik is dit so, maar het u al gedink dat u kind 6 tot 12 ure per dag vir vyf dae 'n week en meer, met bose filosofieë ondermyn word.
Die beste gedeelte van elke dag, wanneer u kind vars en so ontvanklik as moontlik is, behoort aan ander mense om u kind op te voed. Vanaand wanneer u moeg en geȉrriteerd by die huis kom en u kind moeg is, dan wil u dit wat 'n hele dag geneem het om te bou, nou gaan evalueer en die leuens uitsif. Meeste mense dink maar net hul weet wat hul kinders leer en besef geensins wat werklik in die klaskamer plaasvind of in hul handboeke staan nie.
VOLKSREGERING (68)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
OORSIGTELIKE SIENING
Daar is sekerlik 'n hele paar vrae wat gevra sal word. Dit bevestig dat apartheid nie ondiep of ligsinnig is nie, maar 'n diepgaande wetenskaplike regeerstelsel wat deeglike kennis vereis voordat kommentaar daaroor gelewer kan word. Tog verwerp oningeligtes wat geen benul het waaroor dit gaan nie, apartheid summier met neerhalende onware bewerings. Vra aan diesulkes om redes te verstrek, en hulle onkunde kom na vore met die antwoord dat apartheid onderdrukking beteken. Geen sinvolle antwoord nie, net snedige opmerkings. Waarom sommige mense weier om hulle opvattings te hersien nadat hulle van die ware feite bewus gemaak is, bly 'n raaisel.
ARMES WORD ARMER
>
>>
Dr Danie Theron
“All animals are equal” soos Animal Farm verklaar het, maar sommige is inderdaad “more equal than others”.
Sowat 1% van die wêreld se bevolking besit tans amper 50% van die wêreld. Dit is volgens ‘n verslag van Oxfam International wat pas uitgereik is. Dit is ‘n tendens wat al lank aan die gang is en alles dui daarop, ten spyte van lippediens tot die teendeel, dat dit sal voortduur.
Volgens Oxfam International is hierdie globale ongelykheid “morally obscene” en bedreig dit die ekonomieë van die wêreld en is die oorlewing van die mensdom op die spel. Dit is ‘n ramp waarop afgestuur word.
AGTERLIKHEID MOET BEVEG WORD
Dries Bergman
Miljoene mense glo dat om 'derdewêrelds' te wees ‘n soort noodlotsvonnis is waaronder sommiges lewenslank gebuk moet gaan. Nee, dis geen onvermydelike toestand nie, maar eerder 'n sieklike mentaliteit wat mense laat glo dat hulle onder geen verpligting is om werk van dieselfde gehalte as die res van die wêreld te lewer nie. Dis vir baie ‘n gerieflike bos waaragter hulle hul traagheid en luiheid verskuil.
Dis bv. derdewêrelds as ‘n regering regtellende aksie as ‘n knuppel gebruik om ekonomies-voorspoediges mee plat te slaan. Dis derdewêrelds om van ander te verwag om skouer aan die wiel te sit maar self nie litte te roer nie. Derdewêrelds is geestesarmoede en ‘n selfopgelegde vonnis. Die derdewêreldmens se geestesarmoedige lewens-ingesteldheid veroorsaak dat hy altyd in armoede en ellende sal bly leef.
WYSHEIDSTORIES (9)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
KLERE OF VRIENDSKAP?
Daar was een aand 'n feesmaal in die huis van die ryk man van die dorp. Een van sy goeie vriende is ook genooi, maar hy het die hele dag op kantoor gewerk om 'n probleem op te los en dit was al sononder toe hy hom huis toe haas.
"Jy is laat," roep sy vriende toe hy verbydraf. "Die fees het al begin." Dan moet ek maar reguit daarheen gaan, dink die man. Dit is wel my kantoorklere, maar dit is netjies en skoon en ek het 'n das aan, want dit sal nie goeie maniere wees om laat op te daag nie.
OM TE VERGEWE
Hannes Ollewagen
Matt. 5:17-48
“Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! Moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur. As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder en kom dan en bring jou gawe.” (22-24).
Die meeste van ons ken die bekende vergelyking wat Jesus gebruik het dat wanneer ‘n man na ‘n vrou kyk om haar te begeer, dat hy alreeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. Nou lees ons hier ‘n soortgelyke vergelyking wat handel oor ons verhouding met ons naaste. Jesus stel dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is voor die gereg verantwoording moet doen op dieselfde wyse as wat ‘n moordenaar voor die gereg verantwoording moet doen.
IS DIE JODE ONS GOEDGESIND?
Dr Danie Theron
Plato is a friend but truth is a greater friend
Aristotles (Ethics)
Het die Christene ‘n vriend in die Jodedom? Meer spesifiek gestel is die vraag of die Jode wat die Judaïsme as geloof aanhang (waarvan baie Sioniste is), die Christendom aanvaar of nie.
Baie Afrikaners sal hierdie vrae bevestigend antwoord. Dit is so omdat hulle deur die media veral, maar ook deur predikante en ander geestelikes wysgemaak word dat die Judaïsme in die Ou Testament glo en dus die koms van die Messias afwag.
Wel, die waarheid oor hierdie Jode sal u verstom!
Die waarheid sal u vind in werke soos:
AFSONDERLIKE ONTWIKKELING BRING VREDE
Dries Bergman
Ten spyte van al die nare dinge wat Suid-Afrika sedert Februarie 1990 te beurt geval het, is daar nog steeds mense en kerke wat die reste van apartheid teen alle wil en dank wil afbreek. Hulle glo nog steeds dat vrede deur rassevermenging bereik sal word. Nee, vrede word nie verkry deur rassegrense uit te wis of menseverskeidenheid tot niet te maak nie. Presies die teenoorgestelde is waar - vrede word slegs langs die weg van rasseskeiding en eerbied vir God se skeppingsverskeidenheid verkry.
Voorstanders van rassegelykheid wat die uitsprake van God se Woord oor skeiding en grense minag, het ons land oneindige skade aangedoen. Baie van hulle het al landuit gevlug. Nou vra ek: Hoe durf mense wat hulle vir verandering beywer elders in die wêreld vir die gevaar van hul eie maaksel gaan wegkruip!
VOLKSREGERING (67)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
BEGINSELVASTHEID NOODSAAKLIK
'n Volk sonder 'n eie vaderland is 'n bywonervolk
'n Volk sonder 'n eie regering is 'n slawevolk
'n Volk sonder 'n eie taal is 'n dieptelose volk
ONS SÁL WEER OPSTAAN!
Vryheidsvegter
"Alhoewel ons vandag onder 'n vreemde vlag verkeer wat ons nie kan liefkry nie, moet ons altyd daaraan dink hoeveel jare Israel 'n verdrukte volk was. God het vir hulle 'n Rooi See gehad, en dit was hulle redding. Ons volk is vandag ook opweg na 'n Rooi See... wat ook in twee sal oopgaan om ons in staat te stel om daardie vryheid tegemoet te gaan." - Christiaan Rudolph de Wet, 7 Oktober 1919, sy verjaarsdag.
Hierdie woorde van genl De Wet kan net sowel vandag aan dieselfde volk gesê word want daar is reuse storms aan die opwel binne die see waar hierdie volk tans verkeer en dit kan sy einde beteken, maar daar waai ook 'n bries bo-oor ons wat verklik van die Genade wat hierdie volk sal ontvang midde in die nood wanneer ook sý Rooi See in twee sal skei om vir hom 'n pad na vryheid te baan.
DEMOKRASIE VIR DIE GEPEUPEL
Dries Bergman
Vir die handhawing van demokrasie is burgerlike veiligheid van uiterste belang. Waar misdaad hoogty vier, kom demokrasie nooit tot sy reg nie. Misdaad is meer as net moord, roof of verkragting. Dis dwang en ontneem burgers die reg op 'n eie keuse. Dit maak hulle bang om te leef. Mense hou op om normaal te funksioneer.
Ware demokrasie draai nie uitsluitlik om die as van getalle nie. Besluitneming is van uiterste belang. Daarvoor is kundigheid, bekwaamheid en uitvoerbaarheid absoluut noodsaaklik. As dit ter wille van getalle prysgegee word, is die resultaat 'n ellende-skeppende getalle-diktatuur. Afrika het genoeg aanskouingslesse hiervan.
DIE ROOMSE GEVAAR (3)
Lees reeks by DIE ROOMSE GEVAAR
Ds. A.E van den Berg
PROTESTANTE SWIG VOOR ROME
ʼn Bose moeder
1. ʼn Moederkerk
Die Bybel waarsku teen ʼn valse kerk wat aan die einde van die tyd groot aanhang gaan verkry en op sewe heuwels geleë is:
“ ...Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit” (Openb.17:9).
Rome is nie toevallig op sewe heuwels gebou nie. Daarbenewens beskou die RK haarself as die moederkerk. Die eindtyd Babilon word interessant genoeg ook ʼn moeder genoem; ʼn bordeelhoudster wat haar dogters gebruik om mense te bedwelm:
“...en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.... En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde (Openb.17:5,18).
DIE ROOMSE GEVAAR (2)
Lees reeks by DIE ROOMSE GEVAAR
Ds. A.E van den Berg
PROTESTANTE SWIG VOOR ROME
Onheilige samesyn
1. Regverdigmaking
God se Woord leer dat regverdigmaking deur die geloof in Jesus Christus alleen geskied. Die RK leer in stryd daarmee dat boetedoening en goeie werke genoeg vir regverdigmaking is. Dit het Luther in 1517 met die RK laat breek en ʼn onversoenbare skeidsmuur tussen Protestantisme en Roomse Katolisisme veroorsaak.
Die RK dwaal as sy leer dat regverdigmaking geleidelik plaasvind. Die verhaal van die Fariseër en die Tollenaar getuig anders:
“En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: O God, wees my, sondaar, genadig! Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word” (Luk.18:14).