Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ek weet HERE, dat U my nie om die hartseer lei nie maar my dwarsdeur dit neem. Help my dan asseblief om in my diepste seertye te onthou dat U my hand styf vashou al het ek nie die krag om aan U vas te hou nie.
NET EEN TREË
Ds Andrè vd Berg
“... daar is maar net een tree tussen my en die dood” (1 Sam.20:3)
Die lewe is ʼn gawe van God wat ons in staat stel om groot dinge te doen en te geniet. Daarom hou ons met alles moontlik aan die lewe vas. Nogtans is daar niks so seker as dat daar ʼn dag gaan aanbreek, dat ons die lewe moet teruggee nie. “en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het” (Pred.12:7)
Ons gaan almal ophou om verder met die lewe aan te gaan. Daar is van Rolls Royce motors gesê: “A Rolls-Royce never breaks down, it only fails to proceed”. Dis ook van die lewe waar - ons verloor nie die lewensspel nie; tyd gaan net een dag ontbreek om met die lewe voort te gaan.
Almal se uurglas loop uit - sommige mense s’n vinniger as ander.
BYBEL EN VOLKSTRYD (9)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
DIE VRYHEIDSTRYD
Rigters 6 :12—“Die Here is met jou, dapper held! ”
DIE Israeliete het van die Here afgedwaal. Hulle het die diens van Jehova verlaat en dit selfs verruil vir afgodediens van die vreemde nasies. Toe kom Gods oordele en strafgerigte ! God laat toe dat die vreemde nasies oor Israel heers en hulle verdruk. In hierdie geval is dit die Mideaniete wat die volk in ellende verdruk. Maar hulle roep tot God ! Hulle bely hul sonde en smeek om genade. Nou wil God verlossing bring, maar daar moet ’n leier wees. Die Here kies vir Gideon, maar Gideon weet nie of die volk hom in die stryd sal volg nie. Die Here moedig hom aan in die bloedige stryd wat voorle met die woorde : “Die Here is met jou, dapper held”. Ons tekswoord handel dus oor ’n vryheidstryd.
HART ÉN SIEL ÉN GEES?
SG Hagen
En hulle het Stefanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
– Hand 7:59
In Matt 22:37 lees ons dat ons die Here moet liefhê met ons hele hart en met ons hele siel en met ons hele verstand. Gereeld word die begrippe siel en gees in die Bybel gebruik. Maar wat is dan die verskil? En waarom dan, indien wel?
In Genesis 35:18 lees ons: “En toe haar siel uitgaan – want sy het gesterf...” Dit beteken dat jou siel jou liggaam verlaat by jou afsterwe. Volgens die Heidelbergse Kategismus (vraag 57) word die gelowige, as hy sterf, se siel op verborge wyse tot Christus geneem, totdat dieselfde vlees deur Christus opgewek sal word. Die siel sal dan met die liggaam verenig word (Nederlandse Geloofsbelydenis, Vraag 37).
DEFINISIE VAN VERRAAD
Johannes Joubert
Reeds tydens die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881), ongeag die kortstondigheid daarvan, was verraad aan die orde van die dag. ‘n Sekere J van der Linden het tydens daardie oorlog ‘n beloning van 30 sjielings per dag van die Britse militêre owerheid ontvang in Potchefstroom. Hy het hom as korporaal by die Boeremag aangesluit deur trou aan die nuwe Transvaalse regering te sweer. By ‘n byeenkoms van die Boeremagte te Paardekraal, nl die welbekende volksvergadering, het genl Piet Joubert uitdruklik die geleentheid aan diegene gebied wat die vryheidssaak nie goedgesind was nie om die terrein ongehinderd te verlaat. Van der Linden het nie daarop gereageer nie maar die Boere se geheime beplanning aan die Britte oorgedra. Nadat hy in ‘n skermutseling met die Britte gevange geneem is het die krygsraad op 31 Desember 1880 ‘n verhoor gehou, hom aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel. Op dieselfde dag is hy deur ‘n vuurpeloton terreggestel. Alhoewel die Britte later die teregstellings van beide Van der Linden en ‘n sekere Woite skerp veroordeel het, het die hoofregter van die Kaapkolonie, sir Henry de Villiers die argument verwerp wat deur die Britte aangevoer is.
WATTER GEES IS IN JOU VAARDIG?
SG Hagen
Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon – 2 Tim 1:14
Die gemiddelde gelowige Afrikaner se kennis gaan mank aan die Heilige Gees of altans, so dink ek. Daar is waarskynlik heelwat redes daarvoor. Miskien het ons wat in die drie susterskerke opgegroei het, te min van die Heilige Gees gehoor, of dalk te min verstaan.
Vandag wil ek my pen waag aan hierdie onderwerp want ek dink ek verstaan deesdae so bietjie meer daarvan, en tweedens glo ek mens moet oor hierdie onderwerp gesprek voer. Immers is dit die Heilige Gees wat aan ons gestuur is deur God self, en deur die toedoen van Jesus (Joh 14:16).
So leer ons dat die Heilige Gees ons voorspraak is, ons Trooster en dat Hy die Gees van die waarheid is. Hierdie Gees alleen bring geloof in die gelowige tot stand en oortuig my van sonde.
TOESKOUERS VAN ONS EIE ONDERGANG
Dr Danie Theron
Volksgenote het toeskouers van hulle eie ondergang geword. Dit kom voor of ons volk ‘n hulpeloosheid ervaar wat hulle totaal weerloos laat.
Nadat Petrus, die deur-God-geopenbaarde verklaring maak dat Jesus die seun van God is, het Jesus hom verseker dat die poorte van die hel (duisternis) nie die kerk (volk) van God sal oorweldig nie. Maar hoekom wil ons dit nie vandag meer glo nie?
Petrus het pas, nadat hy saam met alle gelowiges een van die kragtigste momente in die Bybel beleef het (Matt 16:16), probeer om Jesus wys te maak dat Hy nie sou sterf soos wat God dit wou nie. Skielik word Petrus deur Jesus as Satan aangespreek juis omdat hy hom verset het teen God se wil! Petrus word in 'n ommesientjie 'n dissipel van Satan. Sy geloof verander dramaties na kleingeloof.
U IS ‘N GOD WAT SIEN
Hannes Ollewagen
Génesis 16:1-16
“Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is ‘n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?” (:13).
Sou die Here in vers 8 van die gelese gedeelte vir Hagar na haar omstandighede vra omrede Hy werklik nie kennis dra van haar doen en late nie? Sou Hy, wat vir Hagar op haar naam aanspreek, dan nie ook bewus wees van haar omstandighede nie? God was natuurlik bewus van Hagar se situasie en dit is juis waarom Hy Hom tot haar gewend het. Hy het in sy groot barmhartigheid sy reddende en vertroostende hand na Hagar uitgestrek.
BEWAAR AFRIKAANS?
Praktiese mens
Taal is onbelangrik. Waarom daar mense is wat hulle tot die behoud en uitbouing van Afrikaans verbind, is vir my onbegryplik, want in enige ander taal soos Engels, Duits, Frans en Sweeds, presteer studente, navorsers en ander tot op die hoogste vlak. Die gewone man op straat vind ook geen moeite om met mekaar te kommunikeer nie.
Ons voorouers, van Jan van Riebeeck se tyd af, het 'n eie taal ontwikkel en onnodige energie daarin gesit om 'n taalstryd aan te knoop. As hulle destyds Engels as taal aanvaar het sonder al die geveg en kostes, het ons vandag geen taalstryd gehad nie en kon ons almal maklik met mekaar in Engels kommunikeer. Dit was kortsigtig van ons voorouers om te reken dat hulle 'n taal-erfnis aan ons nagelaat het. Met al hulle onnodige moeite het hulle slegs veroorsaak dat hulle eie kinders met donkie-ore en swart kolle op die voorkop bespot was. Wie praat in elk geval deesdae Afrikaans?
‘N LEWE SONDER VOOROORDEEL?
SG Hagen
Liberale kommentators word blykbaar goed betaal vir die kaf wat hulle daagliks kwytraak. Wel, dit is die enigste gevolgtrekking wat mens kan maak as gesien word hoe, te midde van ‘n staat wat voor ons oë in anargie verval, steeds volgehou word om oor die “wonder” van menseregte te praat.
Die argument van die menseregte-teoloë is klaarblyklik dat ‘n land sonder diskriminasie die vrede, gelykheid en menswaardigheid daar gaan stel wat die Grondwet propageer. Maar wat beteken “geen diskriminasie” regtig?
Wat dit klaarblyklik moet teweeg bring is ‘n staat waar vooroordeel verwyder is en almal dan as resultaat daarvan, gelyk is. Beter gestel – ‘n klaslose samelewing! Is dit dan nie ook wat Kommunisme beoog nie? Inderdaad!
WYSHEIDSTORIES (5)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
TWEE VREEMDE VRIENDE
Die verhaal word vir die waarheid vertel dat daar in die ou dae in Rome 'n slaaf was met die naam Andreas. Sy eienaar was 'n wrede man wat sy slaaf so sleg behandel het dat hy oplaas weggeloop het. Andreas se plan was om in 'n woud weg te kruip totdat sy baas ophou soek na hom. Dan wou hy ‒ uit vrye wil en nie as slaaf nie ‒ vir 'n regverdige baas gaan werk. Maar hy was so uitgeput van harde werk, min kos, mishandeling en wegloop dat hy moeilik vir homself kon sorg, en hy het in 'n grot gaan lê met die idee dat hy moontlik daar sou sterf.
Daardie nag word hy wakker van 'n gebrul. Dit was 'n leeu wat die grot ingekom het.
WAAROP IS ONS HOOP GEVESTIG?
Dr Danie Theron
All that they can do is go on hoping. After every disappointment they must find fresh reason for hope.
Alexander Solzhenitsyn - Gulag Archipelago
In kommunistiese Rusland se strafkampe (die koelaks) was die aangehoudendes aan die ergste ontberings en mishandeling menslik denkbaar, blootgestel. Daarom skryf Alexander Solzhenitsyn dat hulle aan hoop vasgeklou het. Dat dit more beter sal gaan. Maar waarop was dié hoop gegrond?
In die Bybel kom die woord hoop 306 keer voor en die woord wanhoop 43 keer. So lees ons byvoorbeeld dat geloof ‘n vaste vertroue is op die dinge wat ons hoop en ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie (Heb 11:1)
Ook die tweede strofe van ons pragtige volkslied, Die Stem, het die meesleurende woord:
In die murg van ons gebeente
In ons hart en siel en gees
In die roem op ons verlede
In die hoop op wat sal wees
VOLKSREGERING (61)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
GRONDSLAG VAN AFRIKAANS
Taal is die wese van 'n volk. Dit kan nooit oorbeklemtoon word nie. Wie die bestaan van Afrikaans probeer beveg, beweer dat toevoeging van vreemde woorde 'n taal laat ontwikkel. Dit is 'n gevaarlike uitgangspunt. Taalstryders weet 'n taal moet gebruik word soos 'n ambagsman wat trots is op sy werk. Almal het respek vir 'n meubelmaker wie se voeë netjies vertoon, 'n motorwerktuigkundige wie se werk gewaarborg kan word aangaande netjiese en betroubare resultate, en 'n tuinier wie se tuin pragtig en netjies vertoon. Iemand wat netjies Afrikaans praat en skryf word lof toegeswaai, openlik of in stilswye. Almal het eerbied vir hom of haar.
WOESTYNGEDAGTES
Ds Andrè van den Berg
“Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie” (Kol.3:2)
Wat is die slegste ding wat ʼn volk kan tref? Bannelingskap of slawerny; veral as hulle aan gunstige omstandighede gewoond was en toe deur vyandige magte onderwerp en tot slawerny gedwing is. Dit was die lot van die Israeliete in Egipte ná Josef se dood. Hulle was eers begunstigdes en het in ʼn vrugbare landstreek gewoon. Toe die Egiptiese koningshuis later omver gewerp is, was dit die einde van hul guns en het 400 jaar van slawerny aangebreek; langer as ons eie volksgeskiedenis tot op hede!
BYBELVERSPREIDING
Ons wil vandag dankie sê vir al die briewe van waardering oor die aanstuur van die Bybel wat ons graag versprei. Daar gaan geen dag verby wat een of twee lesers dit aanvra nie. U word ook aangemoedig om dit aan ander persone wat dit graag wil bekom, te versprei.
Hier is vandag se lesersnavraag:
Hallo Julle.
Ek wil eers begin om julle te bedank vir hierdie wonderlike webblad. So lekker om as 'n trotse Boermens deur ons geskiedenis te lees.
Ek wil ook asb vra of ek die ou vertalings van die Bybel kan kry wat julle aanbied.
Mag ons liewe Vader julle seën en verryk deur julle werk.
Louis vd V
VOLKSREGERING (60)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
EERSTE AFRIKAANSE VOLKSLIED
Die eerste Afrikaanse Volkslied is met hart en siel opgestel. Geskryf deur A Pannevis en op 7 Julie 1875 gepubliseer. Op versoek is dit deur C P Hoogenhout, D F du Toit en S J du Toit "verbeter", en op 15 Januarie 1876 in die eerste uitgawe van Die Afrikaanse Patriot geplaas. Dit was te verwelkom, maar is nooit amptelik goedgekeur nie, waarskynlik omdat die taal nog aan die ontwikkel was. Net soos in die geval van ander aanvanklike uitvindings en geskrifte was dit baanbrekerswerk wat die denke van die destydse taalkundiges en patriotte weerspieël. W J van Gorkom het die lied getoonset. Hy was direkteur van onderwys in die Z A R.
VERKEERDE BEDMAATS
>
>>>
Die NG Kerk en die Wêreldraad van Kerke
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die NG Kerk word al vir baie jare deur magte groter as sy self beheer. Haar heropname in die Wêreldraad van Kerke (WRK) in 2016 is ʼn sprekende bewys hiervan. Desondanks glo sy dat sy daarmee ʼn geskiedkundige fout wat meer as 50 jaar gelede begaan is, herstel het. Dis allermins die geval. Die NG Kerk het die stem van die internasionale ekumeniese kerkgemeenskap met die stem van God verwar!
1. Bedenklike verlede
Die WRK is in 1948 in Amsterdam gestig. Dis van meet af aan besig om die grondslae vir ʼn superkerk wat wêreldwyd aanklank gaan vind, te lê. Die WRK is die kerklike weergawe van die wêreldwye sosialistiese ideaal en ʼn invalspoort van die Antichris. Dit vervreem mense van die waarheid van God se Woord en hul volksliefde. Verskeidenhede moet ontbind en almal een word.
VOLKSLEIER, STAATSHELD, KOLOS VAN FORMAAT
DR VERWOERD
Die Verwoerd-figuur alleen was goed genoeg
om met alle mense se ryke wandenke te ploeg.
Op die kruin van sy betekenisvolle lewenspad
het hy geheers soos geen ander volksleier had.
'n Generaal wat sy leër deur 'n nou bergpas lei,
sonder weerga en uitermate wellewend was hy.
JOU HUIS IS WAAR JOU HART IS
Hannes Ollewagen
Kolossense 3:1-17
“AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.” (:1&2).
“Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” (:16&17).
Die meeste van ons ken die spreekwoord wat lui : “Jou huis is waar jou hart is.” En jou hele wese sal gedurig hunker om te wees daar waar jou hart is.
NG KERK VERVAL OPSIGTELIK
Geagte leser,
Dit is blywend om te sien dat daar nog mense is wat staan vir Goddelike waarheid, anders wat ons in vandag se NG Kerke beleef.
As gebore en getoeë lidmaat van die NG Kerk is die morele en Christelike verval in die kerk sigbaar.
Nou dit gaan nie oor my nie; alle Eer aan ons Koning Jesus Christus, God en Heer - dat ek onlangs gestoei het met ons leraars reeds oor die JDDJ wat met Rome geteken is, en so ook die 83 vertaling waaruit die leraars so graag preek om hulle agenda te pas, sodat so, een van die leraars by my besoek afgelê het om meer wol oor my oë te probeer trek, waarby ek hom meegedeel het dat hulle my kan sien as die vyand van die kerk aangaande hulle valsheid.
Dit het al so vér gevorder dat ek vir een van die leraars gesê het hy is ruggraatloos.
WYSHEIDSTORIES (4)
Skerp Waarnemer
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
GENOEG IS NIE GENOEG
'n Goeie ryk edelman het eendag toevallig gehoor hoe 'n mindergegoede, dog netjiese vrou, vir haar vriendin in 'n winkel sê: "As ek tog net soveel as R50 000 kon hê, sal ek vir altyd tevrede en gelukkig wees."
Die edelman het in sy rykmanslewe nog min mense gesien wat volkome gelukkig is met wat hulle het, want mense is gewoonlik geldgierig en wil altyd meer en meer hê. Hy sou graag iemand wou sien wat werklik tevrede is met wat hy of sy het. Hier was nou die geleentheid.
Daarom gaan hy na die vrou en sê dat hy toevallig gehoor het wat sy sê, waarop hy reël dat sy die volgende dag R50 000 by die bank kon gaan haal sodat sy altyd tevrede en gelukkig kan wees. Sy was vir 'n oomblik oorstelp, want vir haar was dit 'n fortuin.