Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wat sou dit my baat om te bekommer oor my oudag? Ek sal met die knellende gedagtes worstel maar my nie bekommer nie, want as ek oud en swak word en my krag wyk, as ek niks weet wat môre vir my wag nie: dan is U nog daar, en net U alleen ken 'môre'.
VOLKSREGERING (48)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKANERS KAN SAAMWERK
Sommige Afrikaners, gelukkig 'n klein minderheid stilsittende slimjanne, beweer dat ons mense nie kan saampraat en saamwerk nie. Ons verskil glo gedurig van mekaar en is sommer net dwars. Kyk net hoe ondersteun ons volkgenote verskillende politieke partye. Dieselfde mense glo egter teenstrydig nie in 'n eenpartystaat nie, want dan is daar te veel mag in die hande van een party wat geen teenstand het nie.
Wat gebeur onder ander volke in ander lande?
HOE DAN SO VERDRAAGSAAM?
Dr Danie Theron
‘n Mens is soms verstom oor die verdraagsaamheid wat Christene betoon teenoor die goddelose bestel en anti-Christelike regering van vandag. Is hierdie verdraagsaamheid deel van ons Christelike opdrag?
In Markus 9:40 lees ons : “Wie nie téén ons is nie, is vir ons.”
Wie is dan téén Jesus? Die Jode, die Amerikaners, die Russe – almal daar vêr? Dis tog onsin! Alle regerings wat hulle doelbewus anti-Christelik of neutraal verklaar en godsdiensgelykheid propageer is téén Jesus.
VOLKSREGERING (47)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
STANDVASTIGHEID
Vir die Afrikanervolk is sy geskiedenis uiters belangrik omdat hy daaruit die ervaring van sy voorouers put. Hulle standvastigheid in onsterflike geloof en alles wat belangrik vir hulle was om 'n eerbare lewenswyse aan hulle nageslag na te laat, is beginsels waarop almal trots is. Selfs die sterkste buitelandse moonthede had respek vir die dapperheid en voorbeeldigheid van die Afrikanervoorouers. Afrikanerleiers was nie net leiers in hulle tyd nie, maar leiers vir alle tye. Vooruitsigte wat hulle tot 'n honderd jaar gestel het, het tot op die letter waar geword.
BYBEL EN VOLKSTRYD (3)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
GOD MAAK NASIES EN DIE DUIWEL MAAK DIE
EMPIRE
Jer. 51:6: “Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die Here: Hy gee hom sy verdiende loon.”
ONS het so dikwels verklaar en ons wil dit hier nou herhaal: Dat God die nasies maak en die duiwel die empire maak.
So is ook die empire van Babel deur die duiwel gemaak.
Nou deel die Bybel ons mee hoe die oordele van God kom oor die empire.
Jes. 14:22 : God sal van Babel uitroei, sy naam en sy oorblyfsel.
Jer. 51 :41 : Hoe het Babel ’n voorwerp van verbasing geword onder die nasies !
Jer. 51:64 : So sal Babel sink en nie weer opkom nie.
In die Nuwe Testament het die woord Babilon geword ’n spreekwoord vir al wat laag is, al wat duiwels is, al wat Gods oordele verdien.
VOLKSREGERING (46)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
DIE AFRIKANER
Die betekenis van woorde soos demokrasie, onderskeiding, minderhede, kultuur, taal, godsdiens en so meer, is al soveel kere vanuit verskillende hoeke bespreek en beredeneer dat leesstof daaroor algemeen beskikbaar is. Ongelukkig gebruik geleerdes dikwels hoogdrawende taal wat moeilik verstaanbaar is. In net een artikel het ek op woorde en uitdrukkings afgekom soos pedagogiek-leksikons, asook wysgerige antropologie, logiserings, fenomenologiese en eksistensiële denke, diagnostiese verband, antisipasie, vitalisering, aktualisering, kontemporêre, en so meer, terwyl daar pragtige beskrywende 'gewone' woorde bestaan soos eietydse vir kontemporêre. Betekenis van die begrip demokrasie word verkeerdelik van volkvryheid tot humaniteit vervals.
OM JOU KRUIS OP TE NEEM
Hannes Ollewagen
Markus 8:34-38
“En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” (:34).
Die meeste van ons het seker al die gesegde gehoor dat alle mense graag hemel toe wil gaan, maar niemand wil doodgaan nie. En soos wat dit menslikerwys nie moontlik is om die ewigheid te beërwe alvorens jy sterf nie, is dit nie moontlik om ‘n ware volgeling van Christus te wees as jy nie bereid is om jouself te verloën en jou kruis op te neem nie.
Ek verskil van diegene wat reken mense wat vrede maak met probleme in hulle lewens daardeur hul kruis volgens Christus se opdrag opneem. So sal ‘n persoon met ‘n drankverslawing dalk sê dat sy probleem maar die kruis is wat hy moet dra.
VOLKSREGERING (45)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
GOEDGELOWIGE AFRIKANERS
Afrikaners word van kleins af geleer om eerlik te wees. Dit is eerbaar en toon goeie bedoelings in optrede. Met so 'n benadering verwag Afrikaners dan ook dieselfde van ander mense sonder om waaksaam te wees. Piet Retief was so 'n goedgelowige wat, ten spyte van waarskuwings deur van sy eie mense, asook 'n sendeling en ander Zoeloes, goedgelowig aan Dingaan se goeie gesindheid geglo het omdat hy self so ingestel was. Afrikaners is steeds goedgelowig sover dit ander volke betref en neem die ondervinding nie altyd ter harte nie.
HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (2)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?
“En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:15).
Sonde is soos swaar bagasie. Jy sleep dit oral met jou saam. Sonde veroorsaak skade aan die siel. Soos wat geen sandkorrel te klein is om ʼn horlosie te beskadig nie, is geen sonde te klein om ʼn siel te skaad nie! Wat die ergste is, is dat hierdie sondebagasie in werklikheid nie jou bagasie is nie, maar die Satan s’n. Jy dra dit vir hom!
Om in die hemel te kom, moet jy daarvan ontslae raak. Jy kan dit nie met jou saamvat hemel toe nie. Jy sal nie daarmee toegelaat word nie. Iemand moet dit vir jou wegvat ... terwyl jy nog leef. Dis soos skuld waarvan jy verlos moet word.
VOLKSREGERING (44)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
KINDERS IS VOLK SE TOEKOMS
Dr Verwoerd het verklaar dat die kind aan die geslagte "sin en inhoud gee en aansporing verleen vir alles wat verrig is". Die toestand sonder kinders sou wees: "Een sonder hoop en sonder vooruitstrewendheid op enige terrein van die lewe. Dit sou 'n volk of wêreld wees sonder inisiatief. Daar sou geen rede hoegenaamd wees tot enige inspanning nie, daar sou geen behoefte wees aan navorsing om meer kennis op te diep nie, daar sou geen rede tot skepping wees nie. Vir wie . . . sou ons dit doen? Wat sou die nut van dit alles wees? Wat baat dit om te skep tensy die vrug van jou denke of arbeid aan iemand nagelaat word?"
TRAGEDIE VAN VALSHEDE OOR APARTHEID (2)
Johan Dorfling
"Wanneer etniese vreemdelinge in die land van die verbond kom woon het, was hulle verplig om God se wet te gehoorsaam net soos die burgers. God het juis die verbondsbrekende volke uit die land uitgeroei omdat hulle die gruwelike dinge gedoen het wat die wet verbied het. God vereis ook dat verbondsdissipline uitgeoefen sal word deur burgers van die verbond wat die standaarde van burgerskap oortree".
WAAR: Onder apartheid was dit juis so toegepas.
"Die Skrif leer dus dat daar een God en een Goddelike wet is. Alle individue en groepe staan ewe aanspreeklik teenoor die een Wet van God (vgl. Rom. 2:1, 3:9-20, 23). Maar dit beteken nie dat alle onderskeid tussen groepe verkeerd is nie. Die moderne afsku aan enige vorm van diskriminasie, die idee van losse individue sonder groep of verband en van die mensdom as bestaande uit heeltemal gelyke individue met individuele regte sonder enige belangrike verskille het sy oorsprong in die Franse Revolusie eerder as in die Bybel. God onderskei en leer sy kinders om te onderskei of te diskrimineer: Ons moet die Godgeskape natuurlike en morele onderskeidings in die wêreld raaksien en en eerbiedig.
JESUS DEUR DIE JODE GEKRUISIG
>
>>
Bittereinder
Baie kerke beweer vandag dat die Romeine die blaam moet dra vir die kruisiging van Jesus terwyl die Fariseërs van alle blaam onthef word. Selfs die pous doen hieraan mee.
Onlangs skryf 'n regter van Amerika, regter Andrew Napolitano soos volg in hierdie verband:
On the first Good Friday, the Romans executed Jesus because they were persuaded that by claiming to be the Son of God, He might foment a revolution against them...they feared a revolution that would disrupt their worldly power, and so they condemned Him to death by crucifixion.
Soos gesien kan word figureer die Jode geensins in hierdie blaam nie. Bill O’Reilly, in sy boek The Last Days of Jesus: His Life and Times A Special Illustrated Edition of Killing Jesus, stel dit weer soos volg:
BYBEL EN VOLKSTRYD (2)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
ONS ROTSVERLEDE
Jes. 51:1: “Aanskou die rots waaruit julle gekap is.”
DIE profeet Jesaja het vir die volk die oordele van God oor die volksondes aangekondig. Daar kom vir hulle oorlog, nederlaag en ballingskap. Maar dan kom daar weer terugkeer en herstel. Maar nou kom die vraag :
Hoe sal die herstel wees? Wat sal die volkslewe ná die herstel wees? As mens vir jou volk sulke toekomsideale koester, dan is dit die beste om na die volk se verlede te kyk. Daarom roep die profeet vir die volk toe : Aanskou die rots waaruit julle gekap is. Met Gods genadige openbaring en die optrede van Abraham, Moses, Josua, die Rigters en Dawid, kan gesê word dat die volk ’n rotsverlede gehad het.
LAAT ons nou let op die hand van die Here in ons geskiedenis, en ons sal vind dat deur Gods genade, ons ook ’n rotsverlede gehad het.
BYBEL EN VOLKSTRYD (1)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
In hierdie reeks word 21 preke aangebied wat almal betrekking het op die Afrikaanse volkslewe en die politiek. Dit is geskryf deur wyle ds. C R Kotze wat as jongman by die Boeremagte tydens die Tweede Vryheidsoorlog aangesluit het. Hy is in ’n veldslag gewond, gevange geneem en na St. Helena as krygsgevangene verban. Hier het hy onder diep geestelike indrukke gekom en besluit om sy lewe te wy aan die bediening van die Goddelike Woord.
BERGGODE
I Kon. 20 :23: “... Hulle gode is berggode.”
ARAM veg teen Israel en die slag word gelewer in die rantjies. Aram word verslaan. Die koning Benhadad vlug na sy hoofstad Damaskus. Nou kom die vorste en raadgewers by hom om hom raad te gee en moed in te praat. Hulle sê vir Benhadad dat hulle ’n groot fout gemaak het om met Israel te gaan veg daar in die rantjies, want Israel se gode is berggode. Daarom het ons daar in die rantjies die slag verloor. Ons moet ons klaar maak en aanstaande jaar weer met Israel veg, maar dan moet ons sorg dat ons op die vlakte bly. As ons op die vlakte veg, kan Israel se gode hulle nie help nie, want hulle is berggode.
TRAGEDIE VAN VALSHEDE OOR APARTHEID (1)
Johan Dorfling
Sommige mense lewer willens en wetens misleidende kommentaar oor apartheid, terwyl ander dit doen sonder dat hulle oor genoegsame kennis of insig beskik. Veral as dit in 'n proefskrif of 'n tydskrif-artikel opgeneem is.
Die Tragedie en Hoop van Apartheid SA deur dr Mark R Kreitzer is deur Antoine Theron vertaal en verwerk. Die oorspronklike artikel, getiteld: "South African Tragedy Restored" het in die Contra Mundum tydskrif, 1992 vol. 5, verskyn. Slegs sommige onwaarhede en waarhede word aangehaal omdat dit stil-stil ingewerk is om te poog om die kommentare 'n aanslag van wetenskaplikheid te gee.
ANC GESONDHEIDSORG WORD DOODSAKE
INSTELLING VAN NASIONALE GESONDHEIDSORGVERSEKERING (NGV)
Leon Schoeman (B.Pharm)
Die kommunistiese regime is besig met die implementering van die NGV of soos dit in Engels bekendstaan, die National Health Insurance (NHI).
Wat behels dit? Die NGV se doel is om al die inwoners van die land onder een sambreel-gesondheidsdiens te plaas. Alhoewel privaat mediese fondse nog vir ‘n wyle sal voortbestaan sal hulle rol hoogstens aanvullend van aard wees en sal elke landsburger aangewese wees op die NGV vir hul gesondheidsorg. Die NGV is ‘n sentrale fonds waaruit die staat alle gesondheidsorg wil finansier. Alle salaristrekkers sal verplig word om direkte bydraes tot die NGV te maak.
Die beleidsdokument van die Departement van Gesondheid wat verlede jaar oor die inwerkingstelling van die NGV verskyn het, stel dit as doelwit om teen 2030 die volgende te bereik:
GELOOF LEI TOT VRYHEID VIR ONS VOLK
>
>>>
Bitereinder
President Paul Kruger het in Oktober 1899 gesê:
“Dit is in ons belang om die vrede te bewaar, maar as ons onafhanklikheid moet gaan, sal dit met geweld van ons afgeneem moet word”.
‘n Redelike afleiding uit voormelde is dat president Kruger waarskynlik geweet het dat dit menslik gesproke nie moontlik was om Brittanje te kon verslaan in ‘n oorlog nie. Die vraag is derhalwe: Indien hy dit geweet het, waarom het hy sy land en sy volk aan soveel ellende onderwerp?
Daar kan net een verklaring wees daarvoor en dit is dat Paul Kruger as gelowige geweet en geglo het dat die Afrikaner ‘n geroepe volk is. Geroepe om as ‘n vrye, onafhanklike, Protestant-Christelike volk in hierdie deel van Afrika voort te bestaan. Hy het as gelowige dus net een keuse gehad. Daarby het hy geweet dat stryd (in sy geval –oorlog) die enigste wyse was waarop die volk van destyds sy selfrespek sou kon betoon en behou. Paul Kruger het geweet dat oorlog die hoogste uitdrukking van ‘n volk se weerstand teen verowering is en van hartstog vir lewe en vryheid.
FW de Klerk het bykans ‘n 100 jaar later, in Januarie 1997 gesê:
SLUIT TOG VRIENDSKAP MET HOM
Hannes Ollewagen
Job 22:21-30
“SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.” (:21).
“Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.” (:26).
Watter mooi beloftes lê nie in hierdie gedeelte van Job opgeteken nie. En ons almal hou mos van beloftes. Dit bemoedig ons. Dit gee ons hoop in moeilike tye; ‘n verwagting om na uit te sien.
Ons moet egter nie die gedeelte verkeerd verstaan om te dink dat ons God sommer as ‘n gelyke kan behandel nie. Hy is en bly verhewe, heilig en soewerein. Tog nooi Hy ons uit om deur die Woord na Hom te soek sodat ons innige gemeenskap met Hom kan hê. Hy nooi ons uit om Hom só goed te leer ken dat ons met Hom vriendskap kan sluit. ‘n Vriendskap soos wat Abraham met God gehad het. Abraham het God innig liefgehad en sy geloof in Hom was onwrikbaar. Ten spyte daarvan dat Abraham ook ‘n sondige mens was, was God baie lief vir hom. Abraham het met God so ‘n goeie verhouding gehad dat hy ‘n vriend van God genoem is. “En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.” (Jak. 2:23).
HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (1)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?
“... Wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskryf is” (Luk.10:20)
Mense vra gedurig vrae; sommige belangriker as ander. Die belangrikste vraag is een wat elke mens homself moet afvra: IS MY SIEL GERED? Geen vraag en antwoord is belangriker as dit nie want as my siel nie gered is nie, mis ek die hemel en beland ek na my dood in die hel, ongeag hoe ʼn goeie mens ek is of watter wonderlike dinge ek doen. My siel moet gered wees om in de hemel te kan kom.
In Luk.10 lees ons van die dissipels wat op pad na hul eerste sendingtog is. Jesus sê vir hulle dat hulle groot dinge sal doen soos om bose geeste uit besete mense te dryf. Dit het hulle baie opgewonde gemaak. Dan demp Jesus hul geesdrif so ʼn bietjie as Hy vir hulle sê om eerder oor die redding van hul siele bly te wees: “ ... Wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskryf is” (Luk.10:20).
KLUG VAN VERSOENING
Johan Dorfling
Woorde en begrippe word dikwels deur onkundiges of kwaadwilliges verdraai om die waarheid en die leuen ineen te vleg soos dit hulle pas.
'n Menigte woorde het verskeie betekenisse afhangende van die omstandighede waarin dit gebruik word. Kyk maar in 'n verklarende woordeboek na woorde en begrippe soos val, esel, muis, spoor en talle ander. Oor al hierdie veelbetekenisse kan boekdele geskryf word, maar gesien in die huidige tydvak is die woord en begrip "versoening" sterk ter sprake. Ek verwys na die sogenaamde en foutiewe verwysing na Versoeningsdag in plaas van die korrekte Geloftedag.
VOLKSREGERING (43)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
BOUSTENE VAN 'N VOLK
Die gesin as 'n eenheid is die kleinste familie-eenheid wat aangetref word en ook die belangrikste omdat gesinne die boustene van 'n volk is. As die boustene swak is, val die gebou inmekaar. Die rede vir die feit dat die gesin in volke verenig is, lê daarin dat die gesin in bepaalde behoeftes voorsien.
'n Gesin is 'n voortvloeisel waar hulpelose babas en jonger kinders versorging van hulle ouers ontvang. Bo en behalwe die versorgingsfunksie leer die kind sy eerste gedragsreëls teenoor ander mense en word sy opvattings en gewoontes deur middel van woord en voorbeeld deur sy ouers aan hom geleer.