Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ek het my Hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan, 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg, wat offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene... Jesaja 65:2-3
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GEVAARLIKE VRY!
Die huisbediende werk al vir twee geslagte by 'n familie in Melkbosstrand. Sy staan een oggend in die kombuis en skottelgoed was, sing die een hallelujalied na die ander.
Die nuwe tuinjong met die kruiwa vol vullis stap by die venster verby. Sy skreeu vir hom deur die venster: “Haai jy! vir wie fluit jy, vir wie fluit jy so?”
Tuinjong: “Nay auntie, dis nie ek nie!”
Bediende: “Nou toe, jy moet waag vir my fluit hoor!”
VOLKSHOOP (10)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
"Die staatsgreep wat ons hier in ons land sal beleef, sal voorafgegaan word deur 'n staatsgreep in Duitsland. Die neo-Nazi-politiek in Duitsland het sedert die afbreek van die Berlynse muur in 1988 'n Duitse werklikheid geword wat geo-politieke analiste periodiek as belangrik uitlig. Hierdie politieke groep het veral sterk steun in die Duitse weermag en in die Duitse sakewêreld. Daar is beslis groot geld agter hierdie politieke groep."
Swartes en Engelse vlug weg na Engeland en Europa
Op 29 September 1919 sien oom Niklaas hoedat derduisende swartes en Engelse na afloop van die stryd waarin die Afrikaner sy vryheid terugkry, holderstebolder uit Suid-Afrika wegvlug om in Engeland en Europa vir hulle 'n nuwe heenkom te probeer vind. Eers wanneer hierdie swart vloedgolf Engeland tref, sal sy ekonomie begin in duie stort en sal hy finaal ondergaan. Siener sien die Britse vloot dryf op die see soos leë kissies. Hulle is doelloos en magteloos want hul het burgeroorlog en hongersnood in hul land. Hy sien die Engelse soldaat sit op 'n swart perd. Hy ry in 'n rivier in. Die water slaan oor die perd en ruiter. Die nag sal oor Brittanje toesak. Ek sien die slang rol hom op – die swartes en gekleurdes gaan vestig hulle in Engeland. Dan begin al Engeland se probleme.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (11)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
SENSUS
Die derde demokratiese sensus word opgeneem
Dis belangrik vir die goeie werking van die sisteem.
Hierdie syfers sal noodsaaklike inligting verleen
En so regeringsbeleid en -beplanning ondersteun.
Vyf en sewentig vrae word aan jou gerig
Om so jou algemene welstand te belig
Die aantal vrae alleen, wys hul is begerig
Om te identifiseer wie is ryk, en wie treurig.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (12)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
’n Besetting
Ek ry eendag innie Noord-Kaap by ’n oompie an. En ek vra vir hom: “Ai, Oom, kan ek tog nie seblief my mense hiervindan bel nie? Want ek het teuspoed gehad en sal seker môre eers daar by hulle kan uitslaan. Ennis nou so warm” , sê ek, “ ’n mens kannie nou ry nie. Ons sal netnou doer voorkant onner ’n boom gat middag maak.”
Hy sê: “Nou waarom onner ’n boom? Hier sit die huis dan. Bring jou mense, en kom gesels. En dan eet julle ok sommer hier.”
Na ’n ruk is die vroumense toe die huis in en ek ennie oompie bly sit en gesels oppie stoep. Mar die oompie sê orie oproep niks. En ek het al ’n slag-of-wat doer na die gangdeur se kant toe gekyk, want ek het met die aankom na die stoep toe reeds gesien die tellefounkassietjie sit net binnekant die deur teenie gangmuur.
VOLKSHOOP (9)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
"Die Afrikanervolk gaan weer gesuiwer word, maar niks kan ons nou meer stuit nie. En hoewel die verraad en broedertwis verskriklik onder ons mense is, sien ek dat ons nogtans voortworstel op die pad wat God vir ons bepaal het... ... dat die swartes hulleself gereed sal maak vir ’n oorlog teen die Boere-Afrikanervolk (spanne swart osse word ingespan). Daar word planne in die geheim gemaak om die Boerevolk te vernietig. Intussen bewapen hulle hulself met die hulp van die Kommuniste... ... Op die vraag waarom hierdie mense op die vlug slaan, gee oom Nicolaas die volgende interessante, maar vreemde antwoord: Dit sal wees oor die Gees van Verskrikking wat God in hul harte skep."
Siener van Rensburg se visioene oor die wedergeboorte van die Boerevolk
Oom Klasie van Rensburg se voorspellings betreffende die verwesenliking van ’n nuwe Boererepubliek met Duitse militêre hulp kom in die kollig net voor of gedurende ’n groot wêreldoorlog.
Siener van Rensburg se voorliefde vir die Boerevolk het hom in hierdie land se geskiedenis sedert die Tweede Vrydheidsoorlog een van die groot geeste van tyd gemaak. Ons het reeds gesien dat die Siener se voorspellings van die totstandkoming van ’n nuwe Boere republiek met Duitse hulp, sy naam sedert 1914 in die Suid-Afrikaanse geskiedenis lewendig gehou het. Ons verwys hier na drie belangrike gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat saamval met groot wêreldoorloë, naamlik gedurende die Eerste Wêreldoorlog was dit die Rebellie van 1914, gedurende die Tweede Wêreldoorlog was dit die Ossewatrek van 1938 en gedurende die komende Derde Wêreldoorlog sal dit die verset teen die politieke oorgangsproses (veral vanaf 2 Februarie 1990) wees.
GEBRUIK JOU EEN KANS!
Ds AE van den Berg
“Toe roep Simson die Here aan sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God!” - Rigt.16:28
Die Bybel is vol aangrypende verhale. Een van die merkwaardigste is die verhaal van Simson; ’n verhaal van skitterende hoogte, maar ook vernederende diepte. Simson beteken sonskyn; ’n man wat hom, ironies genoeg, op ’n ouderdom van 40 jaar in stik duisternis bevind en so gesterf het!
Geen rigter het meer berekende houe vir sy volk as Simson geslaan nie; geeneen het so onverantwoordelik met sy hoë roeping omgegaan en God se eer so op die spel geplaas soos Simson nie. Hy het roekeloos met die uitsonderlike gawes wat God hom gegee het gedobbel!
In die gelese gedeelte vind ons hom nie op die stoel van die rigters soos God dit in sy lewe bestem het nie, maar in ’n tronk, tastende in die stikdonker wêreld van ’n blinde. Die lig wat in hierdie krag-reus se oë te sien was, is vir ewig en altyd uitgedoof omdat die Filistyne sy oë uitgesteek het nadat hy gevang is.
VREES GOD, NIE DIE OWERHEID
BURGERLIKE ONGEHOORSAAMHEID
Ds AE van den Berg
Mense met baie name hou gewoonlik nie daarvan om vorms in te vul nie. Keiser Nero sou beslis nie daarvan gehou het nie - Nero Claudius Caesar Augustus Germanicus! Hy was 12 jaar lank keiser van Rome (54-68nC) en ’n booswig wat gruwels in die oë van God bedryf het, soos ’n homoseksuele huwelik! Toe ’n vernietigende brand ’n deel van Rome in 64nC verwoes het, het Nero die Christene die skuld daarvoor gegee terwyl hyself die brand laat stig het sodat hy nuwe geboue kon laat oprig!
Paulus se brief aan die Romeine is tydens Nero se regering geskryf. ’n Mens sou kon verwag dat Paulus die Christene tot opstand teen hierdie booswig sou aanvuur, maar hy doen dit nie. Selfs onder ’n genadelose, goddelose keiser skryf Paulus o.l.v. die Heilige Gees om die regering van die dag nie teen te staan nie omdat alle regeermag van God af kom. Regeerders dien God in hul politieke hoedanigheid.
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (3)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende 
DIE VLUG
"Dr. Blaxall het geld vanuit Londen ontvang en daar word bewys dat hy ’n bedrag van altesaam R6,282 in Suid-Afrika uitbetaal het aan etlike ondermyners. Onder diegene wat die eerwaarde so bevoordeel het, is ook die A.N.C.-leier Walter Sisulu."
Die aand ná die klopjag op Rivonia word al die inwoners van Lilliesleaf in Johannesburg aangehou ingevolge die 90-dae-aanhoudingsbepaling. Dit is een van die spesiale magte wat die Suid-Afrikaanse Parlement aan sy Minister van Justisie gegee het om die veelkoppige Kommunistiese draak mee te kan beveg.
In die polisiesentrum Marshallplein bevind Arthur Goldreich en sy vrou hulle.
Ook in die selle by Marshallplein — ’n grys, verouderde rooibaksteengebou — is twee Indiër-aangehoudenes: Moosa Moolla en Abdullah Jasset.
Later ontvang Marshallplein ook ’n vierde hooffiguur: Harold Wolpe, prokureur en vennoot van die latere aangeklaagde James Kantor, word naby die grens aangekeer. Wolpe het geskrik toe die nuus van die Rivonia-klopjag uitlek. Hy het onmiddellik gepoog om die land te verlaat . . .
Toe Wolpe ook na Marshallplein gebring word en daar wetsgedwonge huisvesting ontvang, is die vier mense byeen wat Suid-Afrika en die wêreld presies ’n maand na die klopjag op Lilliesleaf met ’n dramatiese ontsnapping kom verras.
Dramaties is die ontsnapping, en dramaties ook die lotgevalle van twee van hierdie vier . . .
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (10)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
WETTE
Sedert die eerste dag van jou beheer
Het jy duidelik gemaak wat jy begeer
Alles in die land moet joune wees
Eers dan het jy ’n tevrede gees
Jy’s sinoniem met die maaier wat nie plant nie
Sit op die stoep maar bewerk nie die land nie
Want jy’s mos verontreg deur die jare heen
En so regstellend kom jy weer op die been
VOLKSHOOP (8)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
[Hierdie uittreksel uit Volkshoop is voor die April 1994 algemene verkiesing geskryf. Die skrywer is anoniem.]
Die pad na ’n sosialistiese Suid-Afrika in 1999
Die doel van hierdie kort besprekingsdokument is om die aanleidende rol te verduidelik wat deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) gespeel word as die eerste fase van hulle twee programme om Suid-Afrika te verander in ’n sosialistiese staat.
“Rooi Gevaar”
Gedurende die drie jaar (1990-1993) het die SAKP dit reggekry om enige vorm van verwysing na ’n Kommunistiese bedreiging vir kapitalisme en demokrasie in die ’Nuwe Suid-Afrika’ belaglik te maak as suiwer disinformasie van die ’belaglike’ totale aanslag en die ’rooi gevaar’ -benadering van P W Botha.
Enigeen wat dit durf waag om die gevare van ’n SAKP-komplot in Suid-Afrika uit te wys, of dit waag om sinistêre bedoelings te koppel aan die SAKP se voorloperrol in die NDR en sy beherende invloed oor die ANC in die besonder, word dadelik gebrandmerk as ’n verkrampte wat probeer vasklou aan die voordele van Apartheid wat hy/sy geniet.KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (11)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Tert na smaak
Ek ontvang ek ’n telegram van ’n ou vriend daar uit die Nossob se wêreld in die Kalhari. En die ou oom Ammeltjies Kok telegrafeer: “Vertel van die melktert”.
Die ding het so gebeur.
Hy en die ou tante kom ry een donker-aand hier by my in Johannesburg aan, en hy sê vir my: “Jong, jou pa het my vertel jy bly aan die duskant van Johannesburg, en toe vra ek jou adres. Nie vir hiernatoe ry nie, maar lat ek vir anner kan vra om my die pad tot hier by jou te beduie. En hier is ek nou. Nou moet jy my asseblief onnerdak gjee virrie nag. En dan moet jy my môre hier deur die gopse na ’n plek toe help wat hulle die ‘Oos-Rand’ noem. Ek sal jou die adres gee. Ons wil daar by familie gaan kuier.
“Maar voor ons daarheen versit, moet jy my eers help lat ek ’n pakkie hier iewers by ’n meisiekind afgjee.”
Ek vra: “En vir wie is die pakkie? Ken ek die mens?”
TREK SAAM IN DIE STRYD
STILLE GEHOORSAAMHEID
Hannes Ollewagen
Exodus 14:1 -31
In die gelese gedeelte sien ons hoe God die volk Israel doelbewus in ‘n lewengevaarlike en doodsbenoude situasie inlei tot eer en verheerliking van sy groot en heilige Naam.
Vir die kinders van Israel is die gevaar waarin hulle verkeer so oorweldigend dat hulle nie eers dink aan die betrokkenheid van God se Hand in hul toestand nie. Al waaraan hulle kon dink in hul tyd van benoudheid, was die vrees wat hul in die gesig gestaar het en ook aan iemand wat hul kon blameer vir hul situasie en dreigende ondergang. (Verse 10-12).
Moses verseker egter dadelik die volk Israel dat hul moet weet dat God deurgaans in beheer van elke situasie is – hoe onmoontlik en hopeloos dit ook mag lyk. Hy sal mos nie sy volk deur ‘n sterke Hand uit Egipte uitlei net sodat hulle in die woestyn kan sterwe nie? Moses verseker die volk met die volgende woorde wat elke kryger en kind van God sal bemoedig om man-alleen in die stryd op te trek en elke vyand sal laat terugdeins van vrees: “Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.” (Vers 14). Die Almagtige God sal self vir julle stry!!
MANDELA EN DIE GEWELDSFAKTOR
IN DIE
GESKIEDENIS VAN SUID-AFRIKA
Geagte Leser
Hiermee die tweede uitgawe van Die Historiese Kompas. Die Historiese Kompas laat die lig van die verlede op die hede val met die oog op die toekoms . Die kultuur van geweld wat tans in Suid-Afrika heers, het 'n geskiedenis en dié geskiedenis kan ons help om die toekomstige uitdagings wat met die geweldsituasie gepaard gaan, die hoof te bied. Ons vertrou dat die lees daarvan 'n verskil aan u eie toekoms en dié van ons volk gaan maak.
Frikkie StraussDie kritieke siektetoestand waarin Nelson Mandela tans verkeer, gee aanleiding tot allerlei bespiegelinge oor wat moontlik na sy dood
As 'n mens bloot kyk na die huidige omstandighede rondom die dreigende dood van Mandela is daar seker rede om te wonder of daar wel gronde vir sodanige vrese is.
OPSOEK NA 'N GOEIE GESKENK?
______________
BOEKE TE KOOP
‘n Nuwe Trek: Terug na u God
Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte
J L du Toit & dr L du Toit
'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar:
Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.
Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD
_______________
ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS
> Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens; Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by>>
>>>
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
________________
GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2
Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by >
>>>
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
of skakel hom by 074 967 5187
________________
Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
Volledige besonderhede hier:

_________________
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
>MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (2)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
OP DIE NES...
" Noudat die Rivonia-dokumente noukeurig nagegaan word, word ook gevind dat ’n vooraanstaande leier van die A.N.C., Nelson Mandela, wat reeds gedurende die Rivonia-klopjag besig is om 5 jaar gevangenisstraf uit te dien weens aanhitsing om bestaande landswette te oortree en weens verlating van die land sonder die nodige reisdokumente, baie nou betrokke is en dat hy een van die vernaamste beskuldigdes gaan wees."
In die oënskynlik vredige en landelike stilte van die verlate werf op Lilliesleaf klink die geklap van polisiestewels vreemd op.
Van die speurders wat agter om die huis hardloop, kry ’n geheelbeeld van die toneel. Aan hul linkerkant, agter die woonhuis, is verskeie buitekamers in ’n T-vorm gerangskik. Tussen die buitekamers en die huis is ’n motorhuis. Etlike motors staan in die oop ruimte geparkeer.
Luit. Van Wyk hardloop by die kombuisdeur in. Daar is ’n Swarte besig om ’n groot bak roomys voor te berei. Die speurder weet nog nie dat die lekkerny bedoel is vir Pedro Perreira, die alias waaronder Ahmed Mohammed Kathrada hier bekend is nie.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (9)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
AAN DIE EINDE VAN DIE REëNBOOG
Daar is nog steeds diesulkes soos ek
Ons is nasate van die Grote Trek.
Aanvaar geen vreemde juk op ons nek
Sal onsself regeer, op ons eie plek
Maar die wêreld het net te klein geword
Nêrens is daar vir ons ‘n lappie grond.
Niks hier is ons eie meer
ons is gedwing om nou na binne te keer
Hier in ons gemoed vind ons ‘n Vaderland
waar ons gedy onder ons Vadershand.
VOLKSHOOP (7)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
"Ons verwag dat swart-radikalisme aan die orde van die dag sal wees met stakings, politieke oproer en geweld as algemene verskynsels. ’n Toestand van anargie sal daaruit gebore word."
Veiligheidsknelpunte
"Plaaslik sit die RNE te kampe met werklik geharde realiteite van maatskaplike probleme en swart radikalisme wat soos ’n tydbom enige oomblik kan ontplof, aangesien die RNE nie daartoe in staat is om gehoor te gee aan die eise van die swart gemeenskap op die 'grassroots'-vlak nie. Daarby het die ANC/SAKP bepaalde beloftes gemaak (soos onder meer behuising en beter lewensomstandighede) wat nie realiseer nie."
"Die PAC het op 16 Junie 1995 (jeugdag) sy ontevredenheid met Nelson Mandela en sy establishment geuiter. Geweld en die misdaadsituasie het handuit geruk (kriminele anargie). Behuising, die onderwys en die arbeidsterreine is deurgaans ’n tydbom vir ’n moontlike anargie. Die PAC het hul radikalisme gedemonstreer veral op die gebied van die onderwys. Omdat grondkwessies een van hulle vernaamste politieke eise is, was dit te wagte dat hulle weer sou toeslaan met APLA aanvalle op Blanke boere "(veldbrande en moorde op boere en hulle gesinne).
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (1)
LUISTER WITMAN!
So is gepraat in ’n pamflet in die naam van die African National Congress wat vroeg in 1963 aan blankes gepos is — nog voor ’n polisieklopjag (toe Suid-Afrika nog 'n eerbare Polismag gehad het) Rivonia in die kalklig gewerp het:
Luister, witman!
Vyf blankes is in die Transkei vermoor, ’n ander doodgekap by Langa . . . Sabotasie kom elke week oor die hele land voor — nou hier, dan daar. Die witmense word paniekerig.
Teen hierdie tempo sal Suid-Afrika binne ’n jaar of twee vasgevang wees in ’n bloediger, heftiger Algerynse oorlog.
Sabotasie en moorde het verlede jaar (1962) vermenigvuldig. Sabotasie en moord sal nie ophou nie.
Vir jou wag daar nou ’n onbepaalde lang toekoms van terrorisme, onsekerheid en stadig kwynende mag. Jy sal ’n geweer aan jou sy hou, nie weet wie om te vertrou nie. Miskien is die straatveer ’n saboteur, miskien het die man wat op kantoor jou tee maak ’n geweer — jy sal nooit veilig wees nie en jy sal nooit seker wees nie.
Jy sal ’n oorlog aangepak het wat jy nie kan wen nie . . .
Daardie pamflet gee ’n skewe beeld. Terwyl met die vlugskrif gepoog is om die Blankes die skrik op die lyf te ja, en dit in die naam van die Swartvolke van Suid-Afrika, het die opstellers daarvan met Blankes saamgewerk – toe reeds was Blankes soos ook later FW de Klerk, aan stuur van sake om 'n revolusie en oorgawe van Blanke regering in Suid-Afrika teweeg te bring.
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
INLEIDENDE OPMERKINGE DEUR DR. PERCY YUTAR, ADJUNK-PROKUREUR-GENERAAL VAN TRANSVAAL EN REGSPRAKTISYN IN DIE RIVONIA-SAAK WAAR MANDELA EN SY TERRORISTE-BENDE SKULDIG BEVIND IS AAN HOOGVERRAAD
"Die gesamentlike optrede was beplan om tot verwarring, gewelddadige opstand en rebellie te lei, opgevolg op ’n geskikte geleentheid deur ’n gewapende inval van die land deur militêre eenhede van buitelandse moondhede. Midde-in die gevolglike chaos, wanorde en beroering, het die beskuldigdes beplan om ’n revolusionêre regering tot stand te bring om administratiewe beheer oor die land oor te neem. Die beskuldigdes het die egtheid van al hierdie dokumente erken en ook dat hul beleid die eventuele gewelddadige omverwerping van die Regering van Suid-Afrika ingesluit het. Dit is om hierdie rede dat ek aan die Hof voorgehou het dat dit by uitnemendheid ’n klassieke saak van hoogverraad is; en dit is op daardie bewese feite wat die misdaad uitgemaak het, ongeag wat die misdaad genoem word — dat die beskuldigdes toe skuldig bevind is."
Heeltemal afgesien van wat ek gelees het in die verklarings van getuies, was ek self diep geskok en kon ek beswaarlik glo wat ek gelees het in die dokumente wat of in die handskrif van die beskuldigdes was of in hul besit gevind is.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (8)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
TERRORIS
Was hy vryheidsvegter of terroris?
Een van die twee, díe was hy gewis
Die een ’n minus, die ander ’n plus
Hang seker af waar jy aan tafel is
In Amerika vlieg hulle met ’n bom
Twee van hul hoogste torings om
Die hele wêreld staan verstom
Hoe het die terroriste dan ingekom?
In Suid-Afrika word ’n bom geplant
Die plein word met vlam verbrand
VOLKSHOOP (6)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Inligtingswaardering van die situasie in Suid-Afrika
Die motivering agterliggend tot Volkshoop is juis geleë in die tendense wat in Suid-Afrika voorkom. Die relevantheid om die huidige stand in Suid-Afrika in öenskou te neem, is daarin geleë om die waarskynlikheid van Siener van Rensburg se voorspellings in terme van ’n staatsgreep deur die Boere in die volgende hoofstuk te meet. Hierdie evaluasie sal die kollig plaas op die saakmakende tendense wat die toekoms van hierdie land wesenlik sal beïnvloed. Dit sal dus ’n tipiese evaluering wees wat ’n buitelandse intelligensiediens oor Suid-Afrika sou doen.
Politieke oorsig van die situasie in Suid-Afrika
Suid-Afrika het ’n ANC en Kommunistiese bewind met 'n sterk Islamitiese inslag sedert April 1994. Die Suid-Afrikaanse politiek is vanaf 1994 tot die jaar 1999 in ’n oorgangsproses. Tydens die oorgangsproses is die land deur ’n Regering van Nasionale Eenheid (RNE) geregeer. Desondanks dat daar sprake is van RNE, was dit ’n Swart meerderheidsregering. Die Nasionale Party was die amptelike opposisie. Die ANC/SAKP het tydens die verkiesing 64 persent van alle stemme op hulle verenig en wen toe met ’n oorweldigende meerderheid.