Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lyk die mense wat in ewigheid nie sal wankel nie, wat die reg het om op God te vertrou en hulself kinders van God te noem? Dawid skryf in Psalm 15 presies wie hulle is:
- Dit is mense wat nie onreg bewerk nie
- Hulle lieg en belaster, beskinder, besteel en bespot nie ander mense nie
- Dis daardie mens wat kinders van die Here met respek behandel
- Dis die mens wat vas staan by sy beloftes
- Dis hy wat nie woekerwins en dobbelgeld gebruik nie
- En dit is die mens wat geen omkoopgeskenk tot nadeel van ander neem nie
Durf ons sê dat die huidige SA-regime kinders van God is en nie sal wankel nie?... Hulle ineenstorting kom so seker as God leef.
JÝ IN BEPROEWING (1)
DIS NIE GOD SE SKULD
Ds Andrè van den Berg
Ons leef net een keer op aarde en nooit weer nie. Maar as ons reg leef, is eenkeer genoeg. Van een ding
Wie ‘n lewe sonder pyn en beproewing verlang, moet òf ‘n lyk òf ‘n god wees. Mense reageer nie almal eenders op beproewing nie. Sommige mense lê geloof en selfbeheersing aan die dag terwyl ander weer oorreageer en in selfbejammering verval.
Beproewing raak ons hele menswees; nie net fisies nie, maar ook psigies. Dit tas ons verstand, emosies en gees aan. Hoe ons hierop reageer, bepaal ons geesteskrag. Aan die feit dat fisiese lyding ons liggaam verswak,
Moenie God verwyt nie
Beproewings bring dikwels verwyte mee. Sommige mense verwyt hulself terwyl ander die Here verwyt en sê: “As dit is hoe God my behandel, wil ek niks verder met Hom te doene hê nie!” Sulke mense beskou godsdiens as ‘n ongeluksvrywarings-polis.
VOLKSHOOP (5)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
"Ná die Derde Wêreldoorlog voorsien ons dat die Westerse Wêreld ekonomies en polities vernietig sal word. Die meeste van die Westerse state se infrastrukture (ekonomiese onderbou) sal vernietig wees. Ons verwag dat verskeie Europeërs en Amerikaners juis van die vastelande van Europa en Noord-Amerika sal wegvlug na ander dele waar dit veiliger sal wees. Omrede atoom- bomontploffings bevolkings en welvaart vernietig, sal dit regerings se vermoëns om te regeer, ook vernietig."
Armoede die oorsaak vir nuwe Koue Oorlog
Die vermelde internasionale vraagstukke weeg op die oomblik swaarder veral omrede die hele wêreld tans gedompel is in ’n verarmingskrisis en dit wil voorkom asof die krisis vorentoe gaan vererger weens die feit dat internasionale kapitale bronne minstens oor die mediumtermyn (volgende twee tot vyfjaar) onder druk sal bly as gevolg van oorspandering. Hierdie krisis raak die Armlande (insluitende die ou Sowjetbloklande) die ergste en hulp aan die Armlande is derhalwe baie beperk en prioriteit word verleen aan vinnig groeiende ekonomieë. Armlande word gevolglik armer en ’n uittog ontstaan na kerngebiede. Onwettige immigrasiekrisisse is die voorland van die Ryklande. Plaaslike inwoners word in terme van hulle werksplekke bedreig deur hierdie krisis. Voorts neem misdaad in die Rykstate as ’n gepaardgaande gevolg toe.
WAAGHALSIGE AVONTURE (5)
Lees reeks by Kordaatstukke uit die 2eVryheidsoorlog
Kort Adriaan - Die verhaal van 'n Bittereinder
"Voordat die ruiters tot verhaal kon kom, was drie van hulle reeds platgetrek. Toe die res daarna op vlug slaan, het hy die laaste twee patrone in sy magasyn afgestuur en met genoegdoening sit en kyk hoe nog twee ruiterlose perde saam wegjaag."
Hulle het hom "Kort Adriaan" genoem: soms "Kort Adriaantjie" as hulle so 'n bietjie spot wou byvoeg. Almal het hom geken. Hy was orals. Daar waar 'n politieke byeenkoms, 'n godsdiensoefening, 'n kerkgeleentheid, huweliksfees of verjaardagpartytjie gehou word, daar was Kort Adriaan een van die menigte. Gewoonlik was hy die middelpunt van lag en vermaak. By die kuier onder die bure ook, was hy een van die gereeldste besoekers. Soms het hy sy kuier herhaal: twee, drie maal per dag en gesorg dat sy besoeke met etenstye saamval.
Kort Adriaan het baie tyd gehad, want hy het nie gewerk nie. Daarvoor het hy homself as al te oud beskou. Waarvoor het hy dan vyf seuns en vier dogters grootgemaak? Die seuns moes die veeboerdery behartig en vir die boord, tuin en landjie sorg, waar net genoeg geplant, gesaai en gekweek is om aan die huis en die gesin se behoeftes te voorsien.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (7)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
BLOED KRUIP
Jammer dat ek jou op dié manier begroet
Maar aangename kennis, bly ons kan ontmoet
Ek het jou naam gemis so deur die roet
Vir my familie is ek Slaggat, jy kan my ook so roep
Terwyl ons nou wag vir jou insleper
Hoekom nie gesels, leer ken my beter
VOLKSHOOP (4)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Die opkoms van die Boerevolk: die Boerestaatsgreep en die nuwe Boere Republiek
Oom Niklaas voorspel ’n Boerestaatsgreep en ’n nuwe Boererepubliek. Dit is die doel van Volkshoop om die realiseerbaarheid van daardie voorspellings by wyse van 'n intelligensie-evaluering, wetenskaplik te meet.
Volkshoop het verder ten doel om aan te spreek wat 'n nuwe regering sou moes doen om orde en stabiliteit te herstel asook om ’n mag in die Suidelike halfrond te word, wat die wêreld se saambindende magsfaktor kan word. Hierdie opkomende mag sal voortgeplant word uit ’n werklikheid waarin die Boer die wêreld se nuwe heersers sal wees. Dit is nog die einste Boer, wat die Britte sedert die 1830’s wou onderdruk. Hierdie herontwaking van die Boer gebeur reeds en dit op ’n tydstip wat sy ergste vyande nie voorsien het nie.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (6)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
ONDERWYS
Die skoolklok lui die nuwe dag in
’n Nuwe jaar van skool het sopas begin
Mengelmoes van kleur storm die skoolsaal in
Die opening word met gebed begin
So word die memo van die staat ontvang
Daar is sekere wysigings wat hulle verlang
'SAP-GEENDIENS' IN BEELD
GEEN DOEKIES MEER...
Die Suid-Afrikaanse Polisie het verlede week in die media weer deurgeloop as die grootste misdaadorganisasie in die land. Hulle kriminele rekords oortref die spul agter tralies by verre. En by aanskoue van die lede in uniform, is dit duidelik waarom daar nie in polisiekantore telefone beantwoord word wanneer die publiek hulle nodig het nie – hulle is besig met drie belangriker aktiwiteite. Dit verklaar wat hulle in die dag tydens werksure doen. Dalk beantwoord dit die vraag wat hulle dan in die nag doen, menende, as hierdie dan nie hulle kriminele dade is nie..

UHURU IS INTEGRASIE SE SKULD!
Intelligente mense is moeg vir die leuens oor apartheid. En moeg daarvoor om ter wille van sogenaamde vrede onnosel te moet klink. Of te moet stilbly oor die onreg teen Blankes, en oor die onbevoegdheid, korrupsie en onnoselheid van ander.
Nadat elke stuk korrupsie en onbevoegdheid deur die swart regime die afgelope negentien jaar voor die deur van apartheid gelê is, is ook Mandela se hellevaart nou glo apartheid se skuld. "The Movement for African Uhuru (MAU) confirmed that the possibility of violence is not simply another case of white paranoia. 'People don’t just die,' stated General Kgalefa Mogotsi, the comrade in charge of MAU. 'White people caused Apartheid. It is their fault that Mandela will die, and they must pay.' ”
Intelligente mense weet nog al die jare dat apartheid voorgehou is eerstens om Swarthaat teenoor die regmatige Blanke eienaars van Suid-Afrika tot anargie op te werk sodat die internasionale geldmag ons pragtige land se rykdomme gemaklik kon bekom (wat hulle sedert 1994 dag na dag bondelsvol hier uitdra.)
VOLKSHOOP (3)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Siener van Rensburg en die gesiglose Boereherlewingsaksie
"Siener van Rensburg voorspel voorts dat daar twee aanvalle gaan plaasvind en dat die eerste (Bophuthatswana-voorval in Maart 1994) sou misluk. Dan sal daar ’n tyd van stilte wees (die donker tyd wat ons tans ondervind) voor die tweede aanval (die finale aanval) kom. Dan sal die Boere hulle nuwe republiek kry."
"Dit is werklik te danke aan hierdie pioniers en persone wat insette tot hulle navorsings gegee het dat publikasies van Siener van Rensburg opnuut gesien is. Dit het ook weer ’n informele Boereherlewingsaksie laat ontplof in die hoop vir ’n nuwe Boererepubliek. Nie net die land se veiligheidsmagte is bekommerd oor ’n informele Boereherlewingsaksie nie, maar ook die veiligheidsdienste in die Suidelike Afrikastreek."
Die voorspellings van Siener van Rensburg het sy naam sedert die einde van die Tweede Vryheidsoorlog (1899- 1902) in Suid-Afrika lewendig gehou. Ons verwys hier na drie belangrike gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat saamval met ’n groot wêreldoorlog.
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (6)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Verklaring van Johanna le Roux, gebore Grove
My vader was op kommando en my moeder was op die plaas met agt kinders. Ons het gehoor hoe die Engelse huise afbrand, die vee uitroei en die vroue vang om na kampe toe te stuur. Om te voorkom dat ons nie ontvoer word nie het ons aangesluit by ’n aantal ander vroue, wat om dieselfde rede hulle huise verlaat het.
Dit was in Junie 1901 dat ons begin rondvlug het. Nadat die Engelse volgens ons beskouing met hulle rooftog in ons distrik klaar was, het ons weer teruggegaan plase toe en die laer van twintig waens opgebreek. Skaars was ons tuis of veldkornet Theunissen laat ons weet om dadelik te vlug omdat die Engelse reg op ons aftrek. Die manne het teenstand gebied om ons en die ander vrouens ’n kans te gee om te ontvlug. Deur moeilikheid met die inspan het veel tyd verlore gegaan en by die tyd dat ons ’n halfuur op pad was, moes ons burgers ook vlug. Die Engelse het ons in die gesig gekry en toe hulle kanonne op ons laat skiet. Na van ons osse gedood is, het ons tot staan gekom en toe het hulle ons met geweld gevange gemaak. Intussen het die Engelse op ons werf gekampeer en toe hulle ons daar terugbring was ons huis in volle vlam. Dit was ’n vreeslike gesig om te sien hoe die sogenaamde beskaafde Engelse volk die onskuldige diere by hope doodsteek en alles wat voorkom, verniel. Varke is sommer lewendig oopgesny.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (5)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
PLAAS
Met sy koring hou hy ons magies rond
Deur sy produksie eet en drink ons gesond
Die boer, sy gesin en ook hul hond
Húlle is die wesens van die grond
Hoe kan dit dan waar wees wat ek lees
In die plaaslike koerant was dit gewees
Laas nag het daar weer ’n gees
Van haatdraendheid op ’n plaas geheers
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GEVAARLIKE PLEK!
Een Sondag net voor die erediens begin, merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na ' n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Op die plaat is 'n lang lys name met twee klein landsvlaggies weerskante daarvan.
Die dominee loop nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies:
"Goeiemore, my seun."
"Môre, dominee," sê hy, maar met sy oë nog vasgenael op die plaat vra hy: "Dominee, wat is dit hierdie?".
Die dominee antwoord:
"Hierdie my seun, is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in diens gesterf het."
In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee voor die plaat en staar na die name.
Na 'n hele ruk van stilte, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: "Watter diens, dominee? Die oggend- of die aanddiens?"
WAAGHALSIGE AVONTURE (4)
Lees reeks by Kordaatstukke uit die 2eVryheidsoorlog
Warm ete vir ontbyt!
Daar was kos genoeg in die laertjie van die Verkennerkorps van Jack Hindon. Oor klere kon hulle ook nie kla nie, maar nogtans kon hulle nou nie maar gaan stil sit totdat die nood hulle weer daartoe sou dwing om 'n trein te gaan buit nie. Hulle was mos geen rowerbende nie. Hulle werk was om die kommunikasies van die Engelse afbreuk aan te doen, sodat die groot Boerekommando's wat in Oos-Transvaal saamgedruk was, ‘n bietjie kon asem skep; en kos of geen kos nie, hulle moes maar gedurig rantjie se kant toe staan om te sien of daar geen vernielingswerk op die lyn te doen was nie. Natuurlik het hulle ook na daardie vet slag met die drie treine dadelik weer begin dink aan ander treine. Inderdaad was daardie welgeslaagde poging 'n baie skerp prikkel om hulle aan te wakker.
Maar teen hierdie tyd het die Engelse ook al 'n bietjie ouer geword.
VOLKSHOOP (2)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
"Ná 1966 het die Illuminati stelselmatig beheer oorgeneem oor die konstitusionele ontwikkeling van Suid-Afrika en is die weg gebaan vir ’n veelrassige Suid-Afrika. ’n Veelrassige Suid-Afrika het inderdaad ook in April 1994 ’n werklikheid geword."
Milner van Engeland:"...Stel uself voor ’n vuil, onnosel kêrel, wat oor sy skouer die onvermydelike bandolier dra, vol ammunisie, in sy hande ’n mauser, en u sien die Boer soos ons hom sien: ’n lafhartige skobbejak, behorende aan ’n beskawing van drie honderd jaar gelede, ’n kanker op die aarde. Die Boer, die uitvaagsel van die wêreld, die doring in die vlees van Engeland ... mag hy vir ewig stilgemaak word.”
Daar was verskeie mense wat die leer en die tug van die Kaapse Kerk as te liberaal beskou het, en het die gesangevraagstuk regstreeks gelei tot die stigting van die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika in 1859.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (4)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
VERRAAIER
Negentien lange jare het nou reeds verloop
En al ontken jy dit, jy’t jou volk uitverkoop
Met die skyn van geloof en die heilige doop
Het jy in ons tyd van nood, eenvoudig uitgeloop
Ware leiers is deur ons volk opgelewer
Manne aan ons gestuur deur God ons Gewer
VOLKSHOOP (1)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Ons plaas weer die eerste paar hoofstukke van Volkshoop as aanloop tot voltooiing daarvan op hierdie webblad, as laaste boek van die drie boeke deur adv Pretorius: Volksverraad, Volksverraad...Waarom, en nou Volkshoop.
VOLKSTRYD
Probleemstelling: Is die chaos van die Nuwe Suid- Afrika die voorspel vir Volkshoop?
Die welbekende Siener van Rensburg (1864-1926) het gesê dat oris (Suid-Afrika) gaan heel laaste in die ding.
Hy was ook bekend as Oom Siener, Oom Klasie, Oom Nicolaas en Oom Niklaas. Met goedkeuring van Adriaan Snyman haal ons graag aan uit dele van sy werke oor Siener van Rensburg. Gedurende die laaste kwart van die vorige eeu en die eerste kwart van hierdie eeu was die Siener feitlik die bekendste persoon in Wes-Transvaal. Nicolaas Pieter Johannes Janse van Rensburg is op 30 Augustus 1864 naby Wolmaranstad op die familieplaas Rietkuil gebore. Tot en met sy dood in 1926, was die Bybel al boek wat hy ooit gelees het. Hy het geglo sy visies kom direk van God en hy het hom glad nie met die okkultisme bemoei nie. Hy het ook geglo dat ’n mens moet lewe tot eer van God; daar kom dikwels Bybeltekste in sy gesigte voor. Sover vasgestel kon word is geeneen van sy visioene nog verkeerd bewys nie.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (10)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Broers in die verdrukking
Ek ry eenkeer gedurende ’n vakansie daar in my wêreld dorp toe. En die pad loop nie ver nie van ’n ou oom na wie ek baie gek was, se huis verby. En ek het die dag tyd en ek dink: lat ek ’n slag hier aanry; ons sien mekaar juis so min, en as ek nou eers weer weg is om ’n broodjie te gaan verdien, neem dit dalk jare voor ons paaie weer kruis - as ons mekaar weer te sien kry.
En ek ry daar aan.
Maar sommer met die praat se wegspring sien ek lat die oom met wie ek altyd so goed stryk, die môre glad nie lekker is nie.
En na ’n ruk sê ek: “Maar, oom Daan, wat is dit dan lat Oom vandag al so stomp is?”
Hy sit toe eers of hy nie lus is om te antwoord nie voor hy toe tog die aap se neus by die mou laat uitsteek. Hy sê:
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (5)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Verklaring van Mevr. M.M.C. Grove (Vlakfontein)
Toe die Engelse deur Pretoria gekom het, het ek met vyf kinders na Middelburg gevlug. Die dag ná ons daar aangekom het, het die Engelse ook daar aangekom. Na ons drie maande daar was, het die Engelse ons met ’n kaal wa na die naaste Boerekommando gestuur. Dit was te Brakfontein — en ons op die kaal vlakte afgelaai.
Van daar is ons deur my vriende na die naaste woning geneem. Daar het my eggenoot my gekry en my na die plaas Witbank in die distrik Bethal geneem. Ons moes met die kommando vlug.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SOU GOU AS MOONTLIK!
Die verkeerskonstabel klim stadig uit sy patrolliemotor en stap selfvoldaan na die motortjie van 'n student wat hy vir 'n spoedoortreding van die pad afgetrek het. Hy haal met groot vertoon sy boekie uit sy sak, swaai die pen onder die seun se neus en sê met 'n dreigende stemtoon:
"Ek wag al heeldag net vir jou, mannetjie".
Die seun antwoord baie vinnig sonder om 'n oog te knip:
"Dis waarom ek so vinnig as wat ek kon gekom het, konstabel".
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (3)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Daar is Verse van Verset, en Verse van Verootmoediging, wat ook die titel van die bundel is.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
KONINGS EN NARRE
Met groot oë loer die wêreld vir die reënboognasie
Niks vind hier sonder hul medewete plaas nie
Net een probleem word deur hulle voorsien
Hier’s ‘n groepie wat weier om die nuwe koning te dien