Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom is ons bang vir die dood as ons weet dat ons geliefdes op ons wag? Om met hierdie wete te sterf, is in werklikheid ʼn wonderlike avontuur!
MY LEWENS- WANDEL...
...Vleeslik of Geestelik?
Hannes Ollewagen
Gal. 5: 16-26
Geen mens op aarde is volmaak nie, tog is dit vir elkeen van ons uiters moeilik om te erken dat ons foute het of soms verkeerd handel. Om hierdie rede is ons sommer onmiddellik op die aanval wanneer mense ons op ons foute probeer wys. Ons moet egter oppas dat ons nie mense wat ons uit liefde probeer vermaan as vyande beskou wat ons oordeel of lewenswyse kritiseer nie. Wanneer ons nie wil erken dat ons foute het nie, kan ons nie daardie foute regstel nie. Wanneer ‘n kind bv. te skaam is om te erken dat hy nie die Wiskunde in sy ouderdomsgroep verstaan nie, sal dit nie die nodige aandag ontvang om die probleem reg te stel nie. Dan sal hy vir die res van sy lewe oor daardie onvermoë beskik en mag dit hom dalk baie geleenthede in die toekoms ontneem.
WAT HET JY MET JOU LEWE GEDOEN?
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” Openb.20:15
Daar is min dinge so onaangenaam as ‘n nare lewensondervinding wat jou die dood in die oë laat staar het; ‘n motorongeluk, roof of frats-ongeluk. Jy kon gesterf het, maar God was jou genadig en het jou die lewe laat behou. Wat is die heel slegste ding wat ‘n mens kan oorkom? Wanneer jou naam nie in die boek van die lewe opgeskryf staan nie!
Jy kan van alle ander nare ondervindings herstel al vat dit ook al jare. Dit lê binne die gebied van die lewe. As jy lewe, kan jy herstel. Jy het die lewe nodig om te kan herstel. Daarsonder kan jy nie foute regmaak nie.
Die Bybel sê dat daar ‘n einde aan die wêreld kom. Dis byna ondenkbaar om te dink dat die aarde gaan ophou bestaan, maar dit gaan! En dis nie baie ver nie.
VERSE VAN VERSET EN VEROOT- MOEDIGING (2)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Daar is Verse van Verset, en Verse van Verootmoediging, wat ook die titel van die bundel is.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
PLANNE
Jare gelede, het ek alles by die base gekry
Maar dit alles was nie genoeg vir my
Al het ons almal huis en werk gehad
Was wit en swart, volgens wet, apart
Maar die meul het gemaal en die wiel het gedraai
Die kommuniste het bomme gegee en ons AK’s gelaai
Hulle het ons in buurstate opgelei en huistoe gestuur
Met die opdrag om daar te wag vir die regte uur
VOLKSLEIERS MOET VAN HOOGVERRAAD AANGEKLA WORD
Elke nasionalis behoort hierdie kort video (6:35) te kyk. Paul Weston waarsku Tony Blair dat hy, soos 'n hele paar ander 'leiers', eendag vir hoogverraad aangekla sal word.
Paul Weston : I am a racist: http://youtu.be/RWcVguB0GaY
Definisie van rassisme: Om trots te wees op jou raseie erfenis. Klaarblyklik is dit net blankes wat die emosie 'trots' kan ervaar...
VERSE VAN VERSET EN VEROOT- MOEDIGING (1)
Ons begin vandag met 'n bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Daar is Verse van Verset, en Verse van Verootmoediging, wat ook die titel van die bundel is.
Die inhoud spreek met 'n ritmiese logika en diep begrip die kern van ons volk se oorlewingskrisis aan.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
PERSEPSIE
So tydjie gelede, in die nuus op die televisie
Word dit afgemaak as ‘n leuen, ‘n blote persepsie
“Misdaad in hierdie land is geensins buite beheer”
Kom dit uit die mond van ‘n minister, ‘n groot meneer
Persepsies het hul ontstaan te danke
Aan waargenome beelde en klanke
Dit wat ons met sintuie waar kan neem
Vorm ons bepaalde realiteitsisteem
VREEDSAME NAASBESTAAN = AFSONDERLIKE ONTWIKKELING
DIE EKONOMIESE ONDERGROND VAN
AFSONDERLIKE ONTWIKKELING
Dr P E VAN DER DUSSEN
Professor en Departementshoof:
Ekonomie en Ekonomiese Geskiedenis
Dekaan Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe
Universiteit van Fort Hare, ALICE, Kaapprovinsie
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-Aangeleenthede
(Hierdie referaat is ook regs op hierdie webblad onder 'Nuutste gratis e-boeke om af te laai' beskikbaar)
VOORWOORD
Let daarop dat hierdie artikel oorspronklik in 1976 tydens die laaste dae van die beleid van afsonderlike ontwikkeling geskryf is. As gevolg van die aktiewe teenstand van veral die Engelse media terwille van die belange van die grootgeldmag, het Vorster se sogenaamde entente of spanningsverligting reeds oorgeneem. Dié beleid was niks anders as die snelste moontlike afbraak van afsonderlike ontwikkeling nie terwille van die ekonomiese liberalisme wat op die grondslag van die hoogste moontlike wins teen die laagste moontlike koste gebou is.
TOETS VAN DIE TYD
SAL ONS DIE TOETS VAN TYD DEURSTAAN?
Hannes Ollewagen
2 Petrus 3:1-18
In verse 3 & 4 van die gelese gedeelte sien ons dat God ons duisende jare vooraf waarsku oor dinge wat nou in vervulling gaan. Dit is weereens ‘n bewys dat God se Raadsplan vas staan en dat geen mens dit sal verander nie, selfs nie die magtigste man op aarde sal voor God kan standhou en Hom ook nie voorskryf nie. God voorspel en waarsku ons dat daar ‘n tyd sal kom dat mense ons sal spot en sal beweer dat dit waarin ons glo “onsinnig” is, aangesien niks daarvan dan gebeur nie. Maar dit is omdat hulle wie se oë gesluit is, nie kan sien hoe die dinge wat voorspel is, wel in vervulling gaan nie.
Ons sien dan ook dat God sê dat hulle moedswillig sal vergeet dat daar ‘n Almagtige, lewende God is, aangesien die mens in sy eie oë, homself so belangrik sal begin ag dat sal hy reken dat hy God nie meer nodig het vir sy bestaan op aarde nie.
WAAGHALSIGE AVONTURE (3)
Lees reeks by Kordaatstukke uit die 2eVryheidsoorlog
PIET POTLOOD EN GENERAAL DE WET
Hierdie pragtige verhaal kom uit die boek Piet Potlood, deur Oswald Pirow
Oswald Pirow, die skrywer van die boek “Piet Potlood", het voor die tweede Vryheidsoorlog as tiener op Potchefstroom gewoon, so ook Piet Potlood wie se regte naam Piet Beukes was.
Oswald Pirow skryf: "Ek onthou hom van voor die Engelse Oorlog: 'n Jammerlike voelverskrikker van 'n kêreltjie, so krom en maer soos 'n windhond op 'n koue wintersdag. Hy was vyf of ses jaar ouer as ek. Met die uitbreek van die oorlog in Oktober 1899 was hy omtrent 15 jaar, maar sy armpies en bene was nie dikker as myne nie. Al die kinders het met hom die spot gedryf, want as jy hom vra of hy wil baklei, hardloop hy altyd weg. Selfs seuntjies van sewe en agt jaar oud het hom met die verbygaan ongestraf 'n skop gegee. Sy vernaamste kenmerke van daardie tyd was 'n ferweelbroek wat met bokvel gelap was, oë wat altyd rooi was en 'n neus wat altyd gedrup het. Trouens, ons het geglo dat hy aan permanente verkoue gely het. Later het dit geblyk dat sy gesnuif maar net 'n aanwendsel weens senuweeagtigheid was. Skoene of hoed het hy nooit gehad nie, en 'n stukkende voetbaltrui het tegelyk as hemp en baadjie gedien. Niemand van ons het geweet wie sy ouers was, en selfs nie of Piet Beukes sy werklike naam was nie.”
Maar Piet Potlood was nie 'n man wat op sy baadjie getakseer moes word nie.
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (4)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Ervarings van Mevr. P.B. Wolvaardt (Wolmaransstad)
In Januarie 1901 was ek verplig van my plaas te vlug. Vir sewe maande het ons as vreemdelinge rondgeswerf tot ons in Augustus deur die vyand na Brandfortmoordkamp gevange geneem is. Op pad daarheen is my jongste kind dood en die hartverskeurendste was dat geen blanke persoon dog twee swartes haar moes begrawe.
Op 9 Augustus 1901 het ons by die kamp aangekom. Dog, daar vermoed werd dat die gestorwe kind witseerkeel had, werd ek met my dogters afgesonder. Daar het nog twee kinders (’n seun en ’n dogter) van my siek geword aan masels. Alle kos, behalwe blikkiesmelk, word hulle belet. Na enige dae is een dood met die woorde, ‘Ma, gaan tog by Jesus vir my kos vra.’ Ek met drie kinders werd ook siek na die hospitaal vervoer. Kort hierna is my dogter van 16 jaar dood; ook na baie gesoebat om voedsel, en na nog ’n dag my kind van ses jaar.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (9)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
In die koelte van die rose
Die verhaal is destyds vertel van die student wat reeds al sy eksamens agter die rug gehad het, behalwe sy mondeling in Hebreeus. En dié het onder andere ’n vreeslike stuk geskiedenis oor die oudheid en ’n breë algemene kennis van Palestina ingesluit.
Teen die tyd dat die mondeling sou plaasvind, moes die student al baie moeg gewees het, en waarskynlik moedeloos ook. Want as een ding nou waar is, dan is dit dat so ’n mondeling op die stert van ’n eksamen ’n beproewing is waaraan net die sterkes en die baie moediges onderwerp word. Want die ander het dan al lankal tou opgegooi.
Maar die kêrel — wat ook lankal nie meer daar moes gewees het nie, en ook nie sou gewees het as dit nie was dat sy vrees vir sy pa hom tot in ’n leeuhok sou laat spring het nie - het geen keuse gehad nie. Hy moes dit gevolglik maar waag met die mondeling, en verder op ’n wonderwerk hoop.
AS DIE DONKER OOR ONS SLUIER
Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons hulp en krag.
As die nag se kleed ons sluier, bly ons steeds u heil verwag.
Ons Bevryder, ons Bevryder, U, die God van ons behoud -
U, die God van ons behoud.
Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons sorg en stut.
As die toekoms ons bekommer, sal U, HERE, ons beskut.
Ons Beskermer, ons Beskermer, U, die God wat ons behoed -
U, die God wat ons behoed.
Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons borg en steun.
As die donker ons laat steier, vind ons rus by U alleen.
Ons Bewaker, Ons Bewaker, U, die God wat ons bewaar -
U, die God wat ons bewaar.
Die pragtige woorde van Gesang 105 in die APK se Psalms & Gesange
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
BESIGHEID IS BESIGHEID!
Moishe sê vir sy seun: "Ek wil hê jy moet met die meisie van my keuse trou, ek het die regte een vir jou gekry."Die seun antwoord: "Dankie, maar nee dankie, ek sal my eie bruid kies."
Moishe sê: "Maar die meisie is Bill Gates se dogter man, jy kan nie so kans laat verby gaan nie!"
Die seun is nou opgewonde: "Wel, in daardie geval, ja pa, OK!"
Moishe besoek net hierna Bill Gates en sê: "Ek het net die regte man vir jou dogter."
Bill Gates antwoord verbaas: "Maar my dogter kan self haar eggenoot kies!"
Moishe sê: "Ja, maar hierdie jongman is 'n visepresident van die Wêreldbank."
Bill Gates nou opgewonde: "A-ha, in daardie geval, ja, natuurlik!"
Hierna gaan Moishe om die president van die Wêreldbank te sien.
Moishe sê aan hom: Luister, ek het 'n jongman om aan te beveel as visepresident van jou bank, hy is 'n uitstekende keuse."
Die president antwoord: "Maar ek het alreeds genoeg visepresidente, en daar is nog lang waglyste."
Moishe sê: "Goed en wel, maar hierdie jongman is Bill Gates se skoonseun."
Die president nou ook opgewonde: "A-ha, in daardie geval, ja, hoe dan anders!"
En dit is hoe Jode besigheid doen...
ELKEEN HET 'N TAAK
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
" Elke gelowige sal verantwoording van hul gawes doen. Die Gelykenis van die Talente spel dit duidelik uit... Moet nooit bang wees om in die geloof te onderneem nie. Doen, waag en verwag! Petrus sou nooit op die water kon loop indien hy dit nie buite die boot gewaag het nie! Sommige gelowiges is so bang om foute te maak, dat hulle niks doen nie en hul talente begrawe."
"Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God. As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen” - 1 Pet.4:10-11
Jy gaan net een maal op die aarde leef. Gevolglik het jy net een kans om iets daarvan te maak. Hoe lyk jou lewe vandag: bestaan jy of leef jy? Maak jou lewe enige sin? ʼn Sinvolle lewe is beter as rykdom en wie sinvol leef, sterf gelukkig. Die sin van die lewe hang alles af van waaraan jy dit wy.
Wie hom in dinge groter as hyself verdiep, vind groter sin in die lewe. En wat kan groter wees as om in diens van God te staan? Nou praat ek nie van predikante nie, maar van die amp van die gelowige.
Om in diens van God te staan, kan nie sonder die bystand van die Heilige Gees geskied nie. Die Gees doen twee dinge met gelowiges. Eerstens sonder Hy hulle af en tweedens rus hy hulle toe om God se werk te doen. Die klem val op die toerusting wat die gawes van die Heilige Gees genoem word.
SA NOU MEER VERNIEL AS IN AARDSKUDDING!
'N GRATIS MOET-LEES BOEK VIR ELKE VOLKSGENOOT:
NO SHIPS IN THE HARBOUR by die skakel No Ships in the Harbour
Hierdie boek handel oor die haglike toestand waarin Suid-Afrika verkeer, veral nadat dit deur die verraderlikheid van voormalige NP-leiers aan 'n onbevoegde, godlose swart regime in 1994 oorhandig is. Andrè van den Berg het dit in 2004 geskryf om die buiteland oor die werklike stand van ons land in te lig. Natuurlik het dit daar op dowe ore geval aangesien die inhoud reguit op die man af is oor die moord, korrupsie, verkragting en geweld in Suid-Afrika. Nie in Amerika of in Engeland is die boek toegelaat nie want dit sou die finale oorname van Suid-Afrika deur die Wêreldgeldmag verder bemoeilik indien hierdie feite toe internasionaal bekend sou word.
Die skrywer slaag uitstekend daarin om die onversoenbaarheid van die liberalisme met die nasionalisme, die Christendom met die heidendom, en die onwerkbaarheid van rasse-integrasie in Suid-Afrika uit te lig. Die leuens oor apartheid, wat dit werklik beteken en meebring, die gebrek aan leierskap, en talle kommerwekkende kwessies word sonder omhaal maar met insig bespreek.
Die verval sedert die ANC probeer om 'n eens vooruitstrewende Eerste Wêreldland te 'regeer', word aan die kaak gestel: swak mediese dienste, patetiese onderwys, die totale kriminele staat waarin die land verkeer, dit alles word met reg bestempel as 'n meer vernietigende verloop as wat selfs 'n ernstige aardskudding teweeg sou bring.
In die slothoofstuk bespreek die skrywer die enigste uitweg uit die vernietigende proses van rasse-integrasie en die dringende her-instel van afsonderlike ontwikkeling vir die voortbestaan van ons volk.
Hierdie boek behoort deur elkeen wat oor ons volk se oorlewing bekommerd is, gelees te word. Laai dit af by die skakel No Ships in the Harbour , ook regs op hierdie webblad onder GRATIS E-BOEKE.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (8)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Die uitklophou
Ek gaan kuier eenkeer by ’n vriend van my op hulle plaas en een môre ry ons in dorp toe vir ’n bietjie besigheid. En daar loop ons in die straat vir oom Kootjie Krimp en nog ’n paar ander kêrels raak, en hulle staan en praat oor iemand wat ’n paar dae tevore ’n ander ou ’n behoorlike opstopper gegee het.
Maar dit was na oom Kootjie se smaak nie so ’n wafferse hou nie.
“Nee-wat, kêrels, as julle wil hoor van ’n goeie hou, kan ek julle daarvan vertel,” sê hy.
Hier volg dan nou my gebrekkige navertel van sy storie.
Innie depressiejare werk ek saam met ’n klomp anner man met die pik en die graaf op die spoorweë. En ons bou die spoorlyn Rustenburg toe. Daar was ’n ou soort van spoortjie, maar om daar toe so baie los hande was, steek hulle ons daar in om ’n behoorlike ding te maak.
En alles het vir maande in die kamp baie goed gegaan.
ONS STRYD VOOR DIE DEUR...
... OPREGTE VRIENDE BEMOEDIG JOU IN NOOD
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie. Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê. Vriendskap gaan goud werd wees... Ons volk is verdeeld en daar is oorlog in die lug. Daar is twee groepe: enersyds volksgenote met sterk konserwatiewe lewensbeginsels wat aan geen volksvyandige kerk of kultuurorganisasie behoort nie..."
“Daarop het Jonathan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God…” 1 Sam.23:16
Oorlog, opstand en stakings het huishoudelike woorde geword. Let op die plaaslike en internasionale nuusberigte – toenemende anargie; een van die kenmerkende eindtekens van die naderende wederkoms van Jesus Christus. “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie….Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander…En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel…” (Mt.24:6,7 en 12).
Aan die einde van die tyd sal nog ’n vorm van oorlogvoering uitbreek: die lelikste burgeroorlog, wanneer volksgenote die wapen teen mekaar opneem!
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (7)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Geluk verby
Maans Maanse vertel:
Vroeër dae, voor ek hier in die Kalhari ingetrek het, toe sukkel ek en die vrou dour onner innie Boesmanland aan. En daar kan dit drô word. As die bankrotwind die jaar sy waai vat, dan hou hy nie op nie. En dan sien jy nie eens ’n wolk nie, wat nog ’n reëndruppel.
En toe’s dit een jaar weer so drô op Bloedvannerwalt. As ons moet slag, kyk ek die ou troppie deur en dan vang ek die een wat nog lyk of daar iets orie ribbebene is; maak nie saak wat se soorte nie: jonk, groot, ooi. Maar dit help nie - vir maande kry ons toe al nie meer iets met ’n bont vleisie geslag nie.
En die vrou is nukkerig en mismoedig want sy’t nie suffel van ’n sagtevetjie om ’n pan mee te smeer nie.
En ek het gedink en gedink en gewonner wat vir plan ek dan tog moet maak om net iets innie hanne te kry lat sy ’n slag kan vet uitbraai.
OPPAD NA KANAÄN?
Ds AE van den Berg
“….En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon”.
Daar is min dinge in die lewe so droewig as drome wat versaak word; dinge wat gesterf het omdat dit net by drome gebly het. Drome is spotgoedkoop maar mense wat werk daarvan maak, is egter baie skaars. Die meeste mense het ideale en drome maar doen niks daaraan nie; veral nie geestelike drome nie.
Daar is niks so treurig as mense wat lewenslank droom, maar niks daaraan doen nie. Tera, die vader van Abraham is ’n waarskuwing hiervan. Satan weet van al die moontlikhede wat gelowiges het om iets vir die koninkryk van God te beteken. Daarom wil hy ons ideale met ’n sekere plofstof saboteer - versuim. Versuim is een van die sterkste plofstowwe waarmee Satan lewens skaad.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (6)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
’n Mis-gissing
Vroeër dae het dit baie gebeur dat ’n motorkar vir sy baas weghol.
Die rede vir hierdie skielike op die vlug slaan is te vind in die wyse waarop die meeste van die ou karre gewerk het. Party het byvoorbeeld net twee ratte vir vorentoe gehad: as jy die koppelaar intrap, is hy in eerste rat en as jy die koppelaar los, wikkel die tjorrie in hoogste versnelling. Vir tru het hy ’n aparte hefboompie gehad. Brandstoftoevoer is met die hand gestel. Aan die stuurwiel was twee armpies, een aan die linker- en een aan die regterkant, en die het jy met jou middelvingers verstel vir vonktyd en petrol. Jy kon nie sommer meer brandstof gee sonder om ook die tyd aan te stoot nie, want dan het jy die kar gesmoor. En gee jy “te veel” vonk, dan “backfire” die spulletjie — of soos ons behoort te sê: dan plof hy terug. (Ek wens ons kon ’n lekkerder woord vir “backfire” kry . . . )
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(13) SLOT
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek
VOLKSBEDREIGING:
WORD WAKKER MY VOLK, DIE TYD RAAK KORT!
"Ons is by een van die grootste en felste oorloë ingetrek, waarvan ons nie eens die reëls verstaan nie: 'n geestelike oorlog wat van die vroegste eeue reeds tussen die magte van die Lig en die Duisternis aan die gang is. ...Die waarheid is dat ons slawe van 'n stelsel van vrede en stabiliteit geword het wat tronke van ons verstand maak. In die stelsel is die koningskap van Satan weggesteek om ons te beheer en te verander in willose robotmasjiene in 'n geslaglose en goddelose werklikheid."
NI het sy magsposisie in die geheim van Militêre Inligting 'gesteel'. Die Kommuniste was in die PW Botha-era immers buitekant die politieke orde-stelsel. NI het die kaarte verhang deurdat hy die Kommunis (Antichris) deel van die politieke arena gemaak het. Die tradisionele vyand was nou binne die orde-stelsel toegelaat. Suid-Afrika word toe 'n Pax Americana-kolonie. Die tradisionele vyand word die landsleiers. Die bestaande orde-stelsel het een van wanorde geword. Byna al die strukture wat die blankes tydens die Apartheidsera daargestel het, is vinnig besig om in duie te stort. Paaie versleg, die rand verloor koopkrag, poskantore word gesluit, onderwysstandaarde word verlaag, munisipaliteite speel bankrot, gewapende roof en moorde op boere is 'n algemene verskynsel, staatsfondse word wanbestuur, korrupsie is aan die orde van die dag, besture van skoolrade, koöperasies en maatskappye is besig om ineen te stort.
Die Super-Afrikaner met sy formaliteite is besig om te verdwyn.