Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie maar moet met die daad bewys word en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort. (Hierdie wyse raad is vir ons geskryf in 1 Johannes 3:18-19)
GOD IS 'N TOEVLUG
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
“Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige (Ps.91:1).
Ons dink elke jaar op 11 September terug aan die gebeure wat die wêreld in 2001 geskud het toe Islamitiese terroriste twee wolkekrabbers in New York in puin gelê het. Die beeldmateriaal daarvan sal ‘n mens altyd bybly. Terrorisme het ook in Suid-Afrika ‘n huishoudelike woord geword. Dink maar aan die ANC se bomontploffings wat ‘n paar jaar gelede etlike lewens in Pretoria geëis het.
VOLKSVERRAAD (32)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
" Namibië se onafhanklikwording sou ook die weg baan vir Suid-Afrika om die linkse pad te loop. Vir die Suid-Afrikaanse akademici sou die onafhanklikwording van Namibië 'n eksperiment wees vir die onderhandelingspolitiek wat nog in Suid-Afrika moes kom."
KULTURELE UITBUITING OM DIE VOLKSTAAT-IDEE TE BEVORDER
Die Afrikaner Volkswag het die 150-jarige herdenking van die Groot Trek in 1988 aangewend om konserwatiewe Afrikaners saam te snoer. Gedurende hierdie periode het die volkstaatgedagte sterk begin vorm aanneem. Die Oranjewerkers het dit die aktiefste gepropageer. Robert van Tonder het die idee van die Boerestaat by die AWB geplant voordat hy uit hulle geledere verdwyn het. SABRA met professor Carel Boshoff as voorsitter het intussen akademiese navorsing oor 'n volkstaat-idee gedoen. Hy het ook die Vryheidstigting in die lewe geroep om die Noord-Kaap as volkstaat te bevorder.
Ná die fees verby is, het Boshoff al meer van die Volkswag misbruik gemaak om sy volkstaat-idee te propageer. Onwetend van die agendas van Tienie Groenewald se Kom. Ops., het Boshoff as't ware 'n rytuig vir die Verligte Aksie-beweging geword. Selfs in die KP, waar die beleid van partisie sonder duidelike formulering gepropageer is, is die gedagte van 'n volkstaat al sterker gehoor.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DAREM NOG PROVIAND IN DIE KAS
Die dominee besoek 'n gevalle lidmaat wat ernstig siek is. Op die bedkassie staan 'n halfvol bottel brandewyn. Die dominee vra teleurgestel: "Broer, is dit nou al waarheen jy jou kan wend vir hulp?" "Nee Dominee,'"antwoord hy, "in die hangkas is darem nog 'n vol bottel."
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (12)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Hys die Vierkleur!
Boy Mussmann vertel verder:
Toe die Boeregeneraals opgeroep is na Vereeniging in 1902, om te gaan onderhandel vir vrede, toe sê oom Klasie aan Koos de la Rey; "Julle sal vrede maak maar ons verloor ons land." Hy sê toe ook: "Dan kom daar 'n oorlog tussen Engeland en Duitsland en daardeur sal ons weer ons verlore vryheid kry... Ek sien 'n aantal trek saam met my: haastig tussen die putte (gevare) deur na Duitswes om te gaan traktate maak met die Duitsers in Duitswes." Toe genls. Botha en Smuts te kenne gee dat hulle Duitswes vir Engeland wil gaan annekseer, besluit De Wet, De la Rey en Beyers. hulle hys die Vierkleur en veg vir 'n republiek; maar hulle gaan nie onskuldige bloed vergiet nie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (39)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 10
ABSALOM
2 Sam 14:1-23; 15:1-6,23-35;18;19:1-8
1. Absalom keer terug
Ná Amnon se dood het Dawid vir ʼn tyd lank oor hom gerou. Daarna het hy baie na Absalom verlang, maar kon hom nie laat terugkeer nie omdat daar bloedskuld op hom was. Absalom was slegs in Gesur veilig. Joab het hom met die saak bemoei en Absalom probeer terugkry sonder dat bloedwraak geneem word. Hy het ʼn slim vrou gebruik wat vir Dawid ʼn aangedikte storie vertel en die hom die bloedwraak laat ophef het.
Toe Dawid agter die kap van die byl kom, het die vrou met die waarheid voor die dag gekom waarna Absalom laat haal is. Hy kon wel in sy eie huis woon, maar Dawid nie sien nie. Dit was soos ʼn ballingskap!
FINALE FASE VAN REVOLUSIE – 27 APRIL?
Adriaan Snyman
"... ons mense bly sienende blind en horende doof, soos bewys in ‘n steekproef wat deur ‘n Vaaldriehoek-koerant tydens die Sasolburg-chaos gemaak is."
Gedurende die laaste maande van 2012 was daar kort-kort berigte in die media van ‘n dreigende revolusie of burgeroorlog in Suid-Afrika. Selfs die bekende toekomsbeplanner, Clem Sunter, het gesê Suid-Afrika is net “één gebeurtenis” weg van ‘n Arabiese lente – (en daardie gebeuternis kan dalk nog vannag of môre plaasvind). Ons noem slegs enkele “gebeurtenisse” wat moontlik die vuurhoutjie by die kruitvat kan wees…
- Mnr. Henry Geldenhuys, visepresident van TLU SA het verlede jaar na die wrede moord op die 77-jarige mnr. Johan van Rensburg van die Baltimore-omgewing onomwonde verklaar dat “…die boere geen ander keuse as om hulleself voor te berei vir oorlog nie.”
- Die swart passifis, Eric Meduna, beweer dat pres. Jacob Zuma in sy toespraak op 16 Desember verlede jaar met ‘n ou struggle-liedjie ‘n kodeboodskap aan sy toehoorders oorgedra het en hulle al dansende van hul “bevryding” verseker het. In die liedjie word daar o.a.gesê “die pad na vryheid is lank (dit was ook die titel van Mandela se boek: The Long Walk to Freedom). Maar die einde van die pad is naby en ons sien mekaar daar op Vryheidsdag (27 April 2013 – ek dink ons almal verstaan hierdie boodskap).
VOLKSVERRAAD (31)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
"Intussen hou De Klerk 'n valse front aan die publiek voor deurdat hy self op 29 Julie 1989 verklaar: '...So lank as wat die ANC volhou met sy beleid en dade van geweld en intimidasie en hom weerhou van 'n duidelike eerlike verbintenis tot vreedsame proses van verandering in Suid-Afrika ... Ons is nie bereid om kompromieë aan te gaan met geweld en terroriste nie.' "
KOVERTE GESPREKKE MET DIE AFRICAN NATIONAL CONGRESS
Geheime kontak met die ANC het begin met Anglo-American se Gavin Relly in 1985 en gevolg deur Chris Ball van Eerste Nasionale Bank en Louis Luyt van Triomf. Die kringe wat gemeenskaplike grond met die ANC gesoek het, het verder uitgebrei. Prof. Pieter de Lange, die Voositter van die Broederbond (1983-1985) het sy eerste kontak met die ANC gemaak in 1986 by 'n konferensie wat deur die Ford Foundation in Long Island, New York georganiseer was. Daar het hy Thabo Mbeki, die ANC se direkteur van Inligting ontmoet. Met gesprekke tussen Pieter de Lange van die Afrikaner Broederbond en Thabo Mbeki van die African National Congress is pres. P.W. Botha geïdentifiseer as 'n remskoen en meulsteen vir die politieke oorgangsproses.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (11)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Andries en Marthinus Wessel Pretorius-standbeeld - Pretoria
Ligging: Voor die Stadsaal van Pretoria aan die westekant langs Paul Krugerstraat, tussen Visagiestraat en Minnaarstraat.
Toegang: Die plein voor die Stadsaal is permanent oop vir die publiek. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Voldoende parkering maar geen toilette nie. Eetplekke in die nabye omgewing.
Beeldhouer: Coert Steynberg.
Onthul: 1955.
Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius (1798-1853) is op Graaff-Reinet gebore, in welke omgewing hy in die jare wat die Groot Trek voorafgegaan het, 'n leiersposisie beklee het. Hy en sy gesin, waaronder sy oudste seun, Marthinus Wessel Pretorius (1820-1901) het eers in die tweede helfte van 1838 uit die Kaapkolonie weggetrek.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (38)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 9
BATSEBA
2 Sam 11; 12:1-25; 13
1. Dawid bly in Jerusalem
Alhoewel Dawid ʼn man van God was, was daar ook donker tye in sy lewe. By geleentheid was daar oorlog, maar Dawid het nie soos gebruiklik saamgegaan nie. Ná ʼn middagslaap het hy op die paleis se dak koelte gaan soek en vandaar ʼn jongvrou gewaar wat in die nabye omgewing besig was om te bad. Dat sy nie op ʼn meer afgesonderde plek gebad het nie, wys heelwaarskynlik daarop dat sy nie oor preutsheid gepla was nie. Sy was mooi en jonk en die dogter van Eliam, een van Dawid se dapperste helde. Haar oupa, Agitofel, was ook een van Dawid se raadsmanne.
Batseba was in ʼn lewenslustige stemming
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (11)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Met Kemp se kommando
In briewe aan mnre. Cornelius Borman van Kimberley en oom Joos Haasbroek van Potchefstroom, asook in 'n artikel uit 'n ou maandblad, Mense, (Jan. 1956) gee mnr. Boy Mussmann 'n breedvoerige en baie interessante beskrywing van sy wedervaringe saam met oom Nieklas in genl. Kemp se kommando tydens die Rebellie toe hulle die moeilike tog van 600 myI (1 000 kilometer) deur die Namibwoestyn aangepak het. Ek maak ook gebruik van inligting wat mnr. D.J. Esterhuizen van Upington gestuur het.
(Ter wille van groter duidelikheid is die styl en spelling plek-plek aangepas en verander):
Mnr. D.l. Esterhuizen van Upington:
Hy vertel dat sy vader en oom Nieklas van Rensburg in die loop van die Rebellie goed bevriend geraak het. Tydens hulle tog na Duitswes is hulle een aand in 'n geveg met regeringsmagte betrokke en is die groepie Rebelle kort voor donker omsingel.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (37)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 8
DAWID IN JERUSALEM
2 Sam 5-7; 9
1. Die sentrum
Jerusalem was die hoofstad van Dawid se ryk. Hy het dit laat versterk en vir hom ʼn paleis daarin laat bou. Die materiaal en ambagslui (klipkappers en skrynwerkers) het hy spesiaal uit Fenisië (Libanon) laat kom. Die Fenisiërs was handeldrywers en het goeie verhoudinge met Israel gehad. Nadat die paleis voltooi is, het Dawid met sy ses vroue en seuns uit Hebron daarheen getrek waarna hy nog vroue en byvroue geneem het. Hy wou die Oosterse konings beïndruk. Dit was egter nie God se wil nie (Deut.17:17).
VOLKSVERRAAD (30)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
Die Nasionale Party het ook van een probleem na die volgende rondgestrompel. Inderwaarheid het die Nasionale Party beheer oor die bestuur van die land verloor en was die werklike mag agter die skerms in die hande van die Regering se Staatsveiligheidsraad. Die Staatsveiligheidsraad, waarin Pik Botha die sterkste hand gehad het, het selfs die sakelys vir die kabinet bepaal. Daar was 'n aantal ministers op hierdie raad verteenwoordig, waaronder Pik Botha, Magnus Malan en Adriaan Vlok. Inderdaad was dit die Verligte Aksie-beweging wat in hierdie tyd die pad oopgehou het vir onderhandeling met die verbanne ANC en sy leiers wat nog in aanhouding of buite die landsgrense was.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (10)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die Rebellie
Nieklas van Rensburg se patriotisme en onwrikbare vertroue in God se liefde en beskerming is so diepgewortel in die harte van sy voorsate dat hulle selfs God se leidende hand gesien het in die hele verloop van die Groot Trek en die twee Vryheidsoorloë. Dit was Hy wat hulle gehelp het om die bitter pioniersjare en die lyding van veral die Tweede Vryheidsoorlog te trotseer. Omdat Hy hulle gelei het om lig in die donkerte van Afrika te bring, sou sy seënende Hand oor hulle wees en sou Hy hulle nooit verlaat nie.
Die rustige gang van sake in sy gemeente te Wolmaranstad is in 1914 onderbreek deur die Eerste Wêreldoorlog en Rebellie.
Met die Nagmaal in Juliemaand 1914, het oom Nieklas nie kerk toe gekom nie. Sy seun verduidelik toe wat die rede is: "My Pa sê ons gaan uitmekaargejaag word." Daardie selfde middag nog is die burgers opgekommandeer en was dit die begin van die Rebellie.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (10)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
STRIJDOM-STANDBEELD - NYLSTROOM
Ligging: Aan die oostekant langs die R101, wat noord- suid deur die dorp loop, skuins oorkant die Beyers-monument.
GPS-koordinate: S24°42.152, E28°24.173.
Toegang: Die monument staan agter 'n tralieheining maar is duidelik sigbaar. Daar is geen toegangsbeheer nie en oorgenoeg parkeerplek.
Geriewe: Daar is geen geriewe by die beeld nie, maarvoldoende in die nabye omgewing.
Beeldhouer: A. de Jager.
Onthul: 1972, deur mev. Susan Strijdom.
Hierdie monument bring hulde aan J.G. Strijdom, wat as eerste minister van 1954 tot 1958 aan die hoof van die Suid-Afrikaanse regering gestaan het.
Johannes Gerhardus (Hans) Strijdom (1893-1958) het op 'n plaas naby WiIlowmore in die Ooskaap opgegroei. Hy het na-skools by die Victoria-kollege (wat later die Universiteit van Stellen-bosch geword het) asook by die Universiteit van Pretoria in die regte studeer.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (36)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 7
DIE BEGIN VAN DAWID
2 Sam 2; 3:6-39; 4; 5:1-9
1. Dawid word koning
Saul se dood was ʼn keerpunt in Dawid se lewe. Wat moes hy doen? Nadat God hom deur Abjatar geantwoord het, is hy na Hebron. Dit was ʼn baie ou stad waar Abraham by geleentheid vertoef het. Josua het Hebron tydens die intog in Kanaän verower en aan Kaleb gegee. Dawid het hom hier onder stamgenote bevind met wie hy altyd goed oor die weg gekom het. Hulle het hom as koning oor die huis van Juda gesalf. Die nuus dat hy jare tevore deur Samuel tot koning gesalf is, het nie geheim gebly nie. ʼn Paar mense, insluitende Abigail, het daarvan geweet (1 Sam.25:30).
Alhoewel Dawid voorlopig net koning van Juda was, wou hy graag die res van die volk onder hom verenig.
VOLKSVERRAAD (29)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
REORGANISERING VAN DIE CIA POLITIEKE HOOFSTROOM BINNE DIE AFRIKANERPOLITIEK: TIENIE GROENEWALD WORD DIE HOOF VAN DIE VERIGTE AKSIE-BEWEGING
Tienie Groenewald het lid geword van die Verligte Aksie-beweging gedurende Augustus 1977. Groenewald is in Junie 1978 tot hoof van Kom. Ops. bevorder. Hy het toe die rang van kolonel beklee. Hy is in 1979 tot brigadier bevorder en in 1983 tot generaal.
Die CIA het in Mei 1980 'n teikenontleding op Tienie Groenewald gedoen met die oog om hom by hulle spioenasienetwerk in te trek. Groenewald word in 1982 as informant en in Februarie 1983 as spioen by die CIA spoenasie-netwerk ingetrek.
Groenewald het in 1986 die Amerikaanse mormoonse geloof aangeneem en Amerikaanse burgerskap (dit is onduidelik onder welke naam en van) verkry. Sover vasgestel kon word, sit die CIA agter sy burgerskap.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (9)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Lanferdoek oor Lichtenburg
Op Saterdag 11 Julie 1914 - skaars drie weke voor die uitbreek van die oorlog - daag die Siener onverwags by genl. De la Rey se plaas Elandsfontein naby Lichtenburg op. Dit was die eerste en enigste keer in die 15 jaar van hulle vriendskap dat oom Nieklas die sowat 90 kilometer afgelê het om die Generaal op sy plaas drie kilometer buite Lichtenburg te besoek. Hy het geweet hy is die draer van slegte nuus wat die lewe van sy geliefde vriend en volksman raak, en die tyding wou hy self oordra.
Die plaas Elandsfontein was 'n gewilde kuierplek. Van Boere-generaals en Britse staatsmanne tot dorpsmense en burgers het dikwels daar aangedoen. So ook mense op soek na staaltjies en die humor van die roemryke Generaal Koos de la Rey en die gasvryheid van tant Nonnie, sy vrou. 'n Gesellige atmosfeer het deurentyd op die plaas geheers, totdat die ou Siener op daardie dag daar aangekom het...
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (13)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
"Wat was die motief?"
Die meeste professore aan ons universiteite is pragtige en waardevolle mense. Ek is bevoorreg om 'n klompie van hulle te ken - dit is nou uit daardie groep wat nie skeefgetrek het en dink dat hulle roeping in die lewe is om so vinnig moontlik te help om die Boerevolk aan die kommuniste uit te verkoop nie.
Sonder die eerste groep sou ons 'n brandarm volk gewees het. Sonder die tweede groep sou lewe hier te lande 'n groter vreugde gewees het. Sommige van hierdie professore raak soms so verdiep in hulle spesialiteitsgebiede, dat hulle "'n bietjie snaaks" word, sonder om skadelik te wees. Ander word eers skadelik en dan snaaks.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (9)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
C F BEYERS-MONUMENT - NYLSTROOM
Ligging: By ingang van die konsentrasiekamp-begraafplaas aan die westekant langs die R101, wat noord-suid deur die dorp loop.
GPS-Koordinate: S24"42.161, E28°24.164.
Toegang: Daar is geen toegangsbeheer nie en oorgenoeg parkeerplek.
Geriewe: Daar is geen geriewe by die monument nie, maar voldoende in die nabye omgewing.
Onthul: 1987, deur luitenant-generaal P.W. van der Westhuizen.
Christiaan Frederik Beyers is in 1869 in die distrik Stellenbosch gebore en was 'n student by die Victoria-kollege in daardie dorp waar hy 'n tydgenoot van Jan Smuts was.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (35)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 6
SAUL STERF
1 Sam 27-29; 31; 2 Sam 1
1. Alweer Filistyne!
Toe die Filistyne teen Israel optrek, het Agis geglo dat Dawid hom as gevolg van die vete met Saul sou help. Agis het vir Dawid en sy 600 manskappe selfs ʼn eie stad (Siklag) gegee vanwaar hulle strooptogte teen die Amalekiete en Gesuriete onderneem het. Dawid het hom slegs by die Filistyne aangesluit omdat Agis vir hom goed was. Net toe Dawid teen Israel wou veg, het die Amalekiete ʼn wraakaanval op Siklag geloods en moes hy onmiddellik daarheen vertrek.
Die Filistynse vorste het Dawid egter gewantrou. Hulle het geglo dat hy in die hitte van die stryd teen hulle sou draai net om Saul te beïndruk.