Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ouderdom maak jou minder materialisties en meer realisties. Dan wil jy al daardie ydele dinge wat jy as jongmens nie kon kry nie, gelukkig nie meer hê nie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (44)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 4
DIE RYK SKEUR
1 Kon 11:26-40; 12:1-25
1. Ontevredenheid met die koningshuis
Ná die dood van Salomo het sy enigste wettige seun, Rehabeam, koning geword. In Juda was dit vanselfsprekend dat hy koning sou word, maar nie in die res van die land nie. Israel het bv. nie aan sy kroningsfees in Sigem deelgeneem nie. Israel was nie onwillig om onder hom te dien nie. Hulle besware moes egter eers uit die weg geruim word.
Hulle was beswaard oor die swaar belastings wat Salomo hulle opgelê het. Hy was wel baie ryk, maar het sy volk nie daarin laat deel nie. Die onderhoud van sy vroue het die staatskas behoorlik gedreineer! Daarbenewens het hy hom nie aan die soberheid in geldbesteding gesteur wat deur die koningswet voorgeskryf was nie (Deut.17:16,17).
Die werk en uitgawes aan die bou van die tempel was astronomiese bedrae.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (13)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die pad is oop ...
Boy Mussmann vertel verder:
Dit is opmerklik dat ons die heeldag hier in stilte deurbring om die regeringstroepe kans te gee om van Olifantshoekdorp by ons verby te kom. 'n Afstand van 14 myI (23 km). Teen sononder sê oom Klasie ons moet trek want die pad is oop. Toe ons die tweede bult oorgaan, vind ons die regeringstroepe besig om langs die Posmasburgpad posisie in te neem. Ons begin op hulle skiet. Terselfdertyd begin Petrus Ferreira op hulle skiet van die suidekant af. Ferreira is van ons weg by Kuruman. Ons kry opdrag om die nek (bergpas) in die Langberge in besit te gaan neem. Dit is 'n pad dwarsdeur die Langberge. Dus, as die regeringstroepe ons nou wil bykom, dan moet hul by Olifantshoek omgaan.
LIGGAAMS- DEURPRIEMING
Ds AE van den Berg
Ex.21:1-6; Rom.12:1-2; 1Kor.6:12-20
Die openbaring van die Antichris is voor die deur. Dit kan aan die wêreldwye oplewing in die heidendom gesien word; ook in Suid-Afrika. Ná die prysgawe van politieke mag in April 1994 het ons land ’n ongekende terugkeer na die heidendom beleef. Dink maar net aan die beeldmateriaal van die toordokter voordanser tydens die inhuldiging van Nelson Mandela.
Laasgenoemde is kort na sy vrylating terug na sy geboortegrond (Oos-Kaap) om sy voorvadergeeste vir sy vrylating te gaan dank. Net daarna het ’n NG Sinode hom as ’n held ontvang en “Laat Heer U seën op hom daal” toegesing. Daarna het die heidendom in ons geliefde vaderland oorhand toegeneem.
VOLKSVERRAAD (33)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE COUP D'ETAT (STAATSGREEP): FINALE LINKSE OORNAME VAN DIE KABINET
Intussen het die Vrymesselaars (die Rockefeller CIA-konneksie) besef dat 'n persoon uit die Doppergeledere die leisels by P.W. Botha as Staatspresident moet oorneem. F.W. de Klerk (lid van die Afrikaner Broederbond en 'n Vrymesselaar) wat op die ou einde daardie Dopper was, het veral sedert1988 begin met sy aanslag om Staatspresident te word. In die Afrikaner Broederbond het sy aanhang toegeneem.
Die leierskapstryd in die NP het 'n aanvang geneem. P.W. Botha was nie meer gesond nie. Hy het ligte beroerte aanvalle gehad, wat vir die publiek weggesteek is. Hy kon nie meer die pas volhou nie, en is by een geleentheid inderhaas na 2 Militêre hospitaal in Wynberg geneem. Na wat onbevestig verneem is, is daar tydens sy hospitalisasie ook 'n aanslag op sy lewe gemaak. Die aankondiging dat P.W. Botha na 2 Militêre Hospitaal in Wynberg gehaas is, het die bespiegelinge oor opvolging laat opvlam.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (43)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 3
DIE TEMPEL
1 Kon 5-6; 8:1-11; 9:1-9; 10:1-13; 11:1-13,41-43
1. Op die berg Moria
Die tempel is op die berg Moria in Jerusalem gebou. Salomo wou vir God ʼn sierlike huis bou en het twee konings gevra om vir hom hout uit Libanon te lewer. Hy het ook ʼn bevoegde ambagsman gehuur om vir hom godsdienstige voorwerpe van goud, silwer, koper en ander materiale te maak . Selfs heidene het help voorsien (Jes.60:5,11; 66:12). Salomo het hulle met plaaslike produkte soos koring, gars, wyn en olyfolie betaal. Sederbome is gekap en met vlotte na Jafo gebring waarvandaan dit deur 70,000 uitlandse lasdraers oorland na Jerusalem vervoer is. Die klippe is plaaslik uit sandsteen gekap.
Die tempel was ʼn drieverdiepingstruktuur.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (14)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
EMILY HOBHOUSE-MONUMENT: KOPPIES
Ligging: Voor die NG-kerk, in die middel van die dorp, hoek van Kerkstraat en 2e Straat.
GPS-koordinate: S27°14.500, E27°34.375.
Toegang: Daar is geen toegangsbeheer nie. Voldoende parkering. Geriewe: Geen geriewe by die monument self nie, maarwel in die onmiddellike omgewing.
Inwyding: 1965.
Emily Hobhouse (1860-1926) was 'n Britse vrou wie se landgenote in 1899-1902 'n verwoestende oorlog teen die Afrikaner-Boererepublieke van stapel gestuur het. Nogtans het sy haarself binne 'n kort tydjie onder die Afrikaners as 'n heldin gevestig. Dit was hoofsaaklik omdat sy tydens die Tweede Vryheidsoorlog as die voorste en mees sigbare kampvegter teen die Britse militêre owerhede se verskroeide aarde-beleid en vestiging van konsentrasiekampe na vore getree het;
SALWING
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
Jak.5:13-20; 1 Joh.2:18-29
"Die openbaring van die Antichris is voor die deur. Dit word baie duidelik aan die toename in dwaalleer bespeur. ’n Dwaalleraar is nie ‘n gesalfde van God nie. Daarom swig kerke die een na die ander onder dwaalleer."
Die salwing met olie was ’n simboliese gebruik in die OT en veral vir die toewyding van priesters (Lev.8:12,30) en konings (1 Sam.10:1) aan die diens van God gebruik. Olie is as ’n simbool van oorvloed, voorspoed en guns van God gesien: “U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor” (Ps.23:5).
Die OT praat egter ook van ’n geestelike salwing - dié met die Heilige Gees wat deur begenadigde persone ontvang is om hulle vir die werk van God toe te rus. Jesaja is ’n goeie voorbeeld hiervan: “Die Gees van die Here HERE is op my, omdat Hy my gesalf het om ’n blye boodskap te bring….” (Jes.61:1).
VERANT- WOORDELIK- HEID VAN OWERHEID TEEN GEWELDENAARS
Ds Willem van Schalkwyk
Vanweë die sonde van die mens het God owerhede oor ons aangestel om sorg te dra dat die samelewing nie in totale chaos verval nie. God is immers 'n God van orde en vrede (1 Kor 14:33) en daarom het Hy owerhede met sy mag beklee om orde en vrede in die samelewing te handhaaf. Hy het nie sy mag aan hulle oorgedra nie, maar hulle in 'n ampsposisie geplaas om sy bevel uit te voer. Staatsgesag is dus slegs afgeleide gesag (Heyns, Teologiese Etiek 2/2:127/8)
Om regeermag van God te ontvang, bring 'n ontsaglike verantwoordelikheid mee. Wie God se gesag hier op aarde wil bedien, moet dit doen soos God dit sou doen. Dit lê op elke owerheid die verpligting om dié EEN te erken van Wie hy sy regeermag ontvang het én die wil en die wette toe te pas van Hom Wie hulle aangestel het.
OM GOD TE DIEN IN MOEILIKE TYE
Hannes Ollewagen
Ons gelowige Christen Boere-Afrikaners praat gedurig van ‘n dreigende rewolusie, anargie en geweld wat aan die kom is, maar dan is daar dae wat dit vir ons voel asof ons dalk miskien God se Woord misverstaan. Het ons die reg om sulke aannames te maak op bloot die tekens wat ons om ons sien, en is daar Skrifgefundeerde gronde daarvoor?
Soos enige gelowige veronderstel is om te doen in tye van angs en twyfel, moet ons die antwoorde op geen ander plek as by God en sy Woord gaan soek nie. So antwoord Hy dan ook op bogenoemde vrae in Esegiël 12:21-28. Vers 22-23: “Mensekind, wat is dit vir ‘n spreekwoord wat julle het in die land van Israel, naamlik: Die dae gaan voort, en van al die gesigte kom niks nie. Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here Here: Ek maak ‘n einde aan hierdie spreekwoord, sodat hulle dit nie meer as spreekwoord in Israel sal gebruik nie. Maar sê vir hulle: Die dae is naby, en die woord van elke gesig.”
In hierdie gedeelte lees ons in die Woord van die komende oordeel. Ook in Matthéüs 24 lees ons in die profetiese rede oor die tyd van die groot verdrukking dat daar tekens is waarop ons ag moet slaan.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (42)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
SALOMO
1 Kon 2:12-47; 3:4-15; 4:1-7, 20-34
1. Die koningskap van Salomo word bevestig
God het Salomo as die derde koning van Israel bestem. Sy troonsbestyging het egter nie sonder voorval plaasgevind nie. Daar was ʼn paleisopstand. Salomo het die opstandelinge egter genade betoon en hulle nie vervolg nie. Sulke genade was egter baie gevaarlik omdat dit so maklik weer tot opstand kon lei. Salomo moes op sy hoede wees!
Toe Adonia vir Abisag as vrou gevra het, was Salomo agterdogtig. Was dit dalk ʼn poging om ʼn greep op die troon te kry? Wie die vrou van ʼn koning besit het, kon op die kroon aanspraak maak (2 Sam.3:6,7;12:8). Salomo wou egter geen kans waag nie en het Adonia laat teregstel. Dieselfde lot het ook Joab wat Abner en Amasa koelbloedig vermoor het, getref.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (13)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
TWEEDE VRYHEIDSOORLOG VREDESMONUMENT: VEREENIGING
Ligging: Op plein voor Burgersentrum, Stadsplein, ingang uit Joubertstraat, op hoek met Marketlaan, Vereeniging.
Toegang: Dit staan op 'n terrein wat deur 'n palissade-heining omring word. Toegang net moontlik indien vooraf bespreek. Bel Mary by 013-4503024. Goed sigbaar deur die heining. Voldoende parkering.
Geriewe: Geen geriewe by die monument self nie, maar voldoende in die omgewing.
Beeldhouer: Coert Steynberg.
Onthul: 1961, deur die Eerste Minister, H.F. Verwoerd.
Hierdie monument gedenk een van die mees dramatiese byeenkomste in die geskiedenis van die Afrikanergemeenskap, naamlik die vredesberaad wat in Mei 1902 by Vereeniging aan die Vaalrivier plaasgevind het. Die Tweede Vryheidsoorlog was teen daardie tyd reeds bykans drie jaar aan die gang, sonder dat 'n oorwinning vir die Boeremagte teen die Britse oormag in sig was.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (15)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
"Kyk, daar staan jou naam!"
Tussen al die verpligtinge en skaars vakansieplekkies langs die kus, vind ons tog op die laaste oomblik 'n plekkie tussen die advertensies in Patriot. Agt dae, tot direk voor Kersfees, is nog beskikbaar. Ons sluit vir die Kersreses, pak die goedjies in, en sit af na die "Suidkus".
Daar ontmoet ons die vriendelike huisbaas. Boer, soos ons. Hy het mos sy plek in Patriot geadverteer.
Ons maak kennis, gesels lekker, hou van mekaar. Die volgende oggend keer hy terug, vra 'n bietjie uit en identifiseer my sonder omhaal van woorde: "Daar staan jou naam tussen die 'super Afrikaners'." Dit is nou daardie boek waarin al die gewese en huidige Broederbonders se name opgeteken staan.
Ons bly groot vriende, want ek kan hom die blye tyding bring dat ek lankal nie meer aan daardie groepie behoort nie.
VRYHEID NÁ HIERDIE VERDRUKKING
"Maar as dit dan so gebeur, het ons ook iets om na uit te sien: ‘n vry vaderland, ‘n land wat deur God uit onverdiende genade aan ons teruggegee gaan word. ‘n Land wat ons daarvandaan met ons oorblywende asem tot die dood sal beskerm en nooit weer in die hande van ons vyande sal laat val nie. Want hierdie keer gaan die prys onvergeetlik groot wees."
Advokaat PJ Pretorius het in 1996 ‘n boekie, Volkshoop, die lig laat sien. Daarin het hy onder andere melding gemaak van Koos van der Westhuizen wie ‘n duidelike maar onrusbarende visioen oor Suid-Afrika in 1964 gehad het. Die gesig sluit aan by Siener se visoene waaroor ons in 'n opvolgartikel berig:
“Aan my is ‘n gesig getoon soos ‘n prent op ‘n silwerdoek, met dié verskil: dit was soos in lewende lywe. ‘n Suid-Afrikaanse regering aan bewind met Afrikaanssprekende leiers het onder druk en deur eise van nie-Blankes, toegewings gemaak waardeur die regering so verstrik geraak het dat daar nie meer geweier kon word wanneer eise gestel is nie. Elke toegewing is so beplan dat die Blankes stadigaan al die veranderings gewoond geraak het en dit aanvaar het.
“Ek het ‘n nie-Blanke agter die Eerste Minister sien staan met ‘n vlymskerp mes, gereed om hom dood te maak as hy sou waag om anders te doen as wat aan hom voorgeskryf word.
“In die Weermag het slegs enkele Blankes aan die roer van sake gebly. Hulle het daar slegs as pionne in die hande van die vyand gebly. Die Blankes is in die hele samelewing deur nie-Blankes oorheers.
DOODSTRAF GOD SE REG VIR ORDE
Kriewelkop
"In teenstelling met die inhoud van artikel 11 van die grondwet dat elke mens die reg op lewe het, bepaal die sesde gebod: Jy mag nie doodslaan nie... Wanneer die owerheid egter die doodstraf afskaf en ook nie meer sy wetsgehoorsame burgers beskerm nie, het hy sy plig versaak, het sy swaard stomp geword en het die burgers die reg tot verset teen so 'n regime."
Na aanleiding van die onlangse onmenslike verkragting en moord in Bredasdorp het die doodstraf weer eens die onderwerp van bespreking geword. Maar die ANC-minister Lulu Xingwana het gister buiter die hof in Bredasdorp onomwonde verklaar dat die doodstraf nie teruggebring sal word nie aangesien dit glo teen die regte van mense diskrimineer. Klaarblyklik is net die regte van die misdadiger hier van belang en tel geen regte van slagoffers van verkragting, moord en wreedaardige verminking nie. Die ANC-minister meen ook dat lewenslange gevangenisstraf genoegsame straf vir sulke barbaarse dade is.
Voorspelbaar en ook tipies van die liberalisme en die sekulêre humanisme, word lewenslange gevangenisstraf beskou as 'n mensliewender soort straf as die doodsvonnis. Of lewenslange gevangenisstraf in die oorvol en sindikaatbeheerde Suid-Afrikaanse tronke werklik mensliewender as die doodstraf is, is egter 'n debatteerbare punt.
Die handves van menseregte bepaal in artikel 11 daarvan: Elke mens het die reg op lewe.
REG TOT VERSET TEEN 'N GEWELDDADIGE, GODDELOSE OWERHEID
Ds Willem van Schalkwyk
"Christus het ons nie duur met sy bloedgekoop sodat ons ons 'gehoorsaamheid aan die begeertes van mense moet verpand nie – nog minder dat ons aan hulle goddeloosheid uitgelewer moet wees!' "
Die beginsel is: Elke owerheid het altyd net beperkte mag en gesag. Die oomblik wanneer 'n onderdaan 'n keuse moet maak tussen gehoorsaamheid aan die owerheid en sy gehoorsaamheid aan God, verval sy verpligting tot gehoorsaamheid aan die owerheid. Die Bybel is baie duidelik: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan mense (Hand. 5:29).
Calvyn sê: "Die HERE is die Koning van die konings. Wanneer Hy sy heilige mond oopmaak, moet ons voor en bo alle mense na Hom luister... Wanneer hulle (die owerheid) 'n bevel teen Hom aan ons gee, moet dit geen plek of waarde by ons hê nie." Hierdie beginsel vind hy by Daniël: Toe hy weier om die koning te aanbid, sê hy in sy verweer dat hy geen onreg aan die koning gedoen het deur aan God gehoorsaam en aan die koning ongehoorsaam te wees nie (Dan 6:22).
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (41)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
1 KONINGS
LES 1
DIE EINDE VAN KONING DAWID
1 Kon 1-2
1. Die sameswering van Adonia
Dawid is waarlik gestraf vir sy sonde met Batseba en moord op Uria. Alhoewel sy sonde vergewe is, het God onheil oor sy huis verwek. Absalom se dood het Dawid diep geruk. Dit was egter nie die einde van sy smarte nie. ʼn Ander seun, Adonia, het ook na sy troon gryp. Hy was die oudste oorblywende seun en volgens hom daarop geregtig. Hy was egter bang dat hy dit nie sou kry nie en het ʼn sameswering geloods.
Dawid was oud en kon nie meer langer regeer nie. Sy ouderdom word treffend beskryf.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (14)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
Met die water wat verby is
Ons staan op die oewer van die Nyl in Kairo. Letterlik aan ons voete, storm die massas en massas water van die Nyl verby. Diep in Afrika ontspring hierdie langste rivier ter wêreld. Van die Victoriameer in Tanzanië, vloei dit 6 671 km deur Afrika, breek op in die Nyldelta en stort sy water in die Middlellandse See. Ek het gesê die Nyl vloei letterlik aan ons voete verby.
Ons staan op die perseel van die Sheraton Hotel in Kairo en kyk na die massas water en ek dink. Ek dink aan wat my Boervolk met hierdie waterskat sou kon doen. Ek doen nog iets. Terwyl ons vir enkele dae deur Kairo reis om na die stad, die piramides en die kinderarbeid in die matweeffabrieke te kyk, kyk ek ook na die mense van die land.
Elke bykomende dag in Egipte oortuig my meer van die waarheid dat hierdie mense nie lus het vir werk nie. Ek dink soms hulle het nie eers lus om te lewe nie. Hulle is te lui daarvoor.
CHRISTINA DIE VERSKRIKLIKE
Kriewelkop
" ...dit is net die weerkaatsing van wat wêreldwyd besig is om te gebeur. Deurgaans word vir die publiek gelieg oor syfers, of dit inflasie, skuld, lenings, populasiestatistiek, werkloosheid of wat ookal is, weet dit is 'n leuen! Ook in hierdie land waar ons woon."
Dit is nie net Suid-Afrika wat gebuk gaan onder die hiërargie van politieke populiste wat in 'n mafiastyl die land probeer regeer nie. Ons hoor oor ons eie nuuskanale egter nie veel van die haglike omstandighede van burgers in ander lande met soortgelyke owerhede nie om verstaanbare politieke redes. Maar in hierdie moderne tyd het die wêreld te klein geword om dié dinge heeltemal onder die mat in te vee.
So is dit dan bekend dat Argentinië met sy kriminele president, Christina Kirchner, wie net nog een van 'n lang ry diktators die afgelope generasie in Argentinië is, reeds met talle korrupsie-aksies uitgevang is. En sy het pas weer met 'n nuwe slenter vorendag gekom het. Maar eers ietsie meer oor Christina die Verskriklike:
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (40)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 11
DAWID SUKKEL OM DIE VOLK TE VERENIG
2 Sam 19:9-15; 20:1-22; 24
1. Die opstand van Seba
Ná Absalom se dood was Israel baie verward. Hulle was sonder ʼn koning en het met mekaar begin twis. Dawid het vir Sadok en Abjatar na Juda gestuur om vrede te beding sodat hy na Jerusalem kon terugkeer. Hy is by Gilgal deur Juda ontmoet waarna ʼn twis tussen die manne van Israel en Juda ontstaan het. Juda het voorgegee dat Dawid hulle koning is.
Toe die Israeliete by Dawid gaan kla het, het hy niks daaraan gedoen nie. Hy kon in der waarheid nie. Indien hy vir hulle sou sê het dat hy vir Sadok en Abjatar na Juda gestuur het, sou dit Israel verder omkrap. Twis het dus die moontlikheid van versoening verhinder. Niemand was teen Dawid as koning nie. Die probleem was dat beide partye hom vir hulself opgeëis het!
Daarna het ʼn sekere Seba na vore gekom en gesê: “Ons het geen deel aan Dawid nie; elkeen na sy tente toe, o, Israel”. Dit was die vonk by die kruit!
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (12)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Tweede Vryheidsoorlog Oudstrydersmonument - Johannesburg
Ligging: Op die koppie direk noord van die straathoek waar 2e Straat en Hullstraat bymekaarkom, Vrededorp (reg wes die Hervormde Kerk), Cottesloe.
GPS-koordinate: 526*11.525, E28°01.118.
Toegang: Daar is geen toegangsbeheer nie en voldoende parkering langs die straat.
Geriewe: Geen.
Onthulling: Deur 'n oudstryder, kommandant Koos Jooste, 3 Desember 1938.
Hierdie monument is opgerig ter ere van Republikeinse Oudstryders wat aan die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) deelgeneem het.