Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Miskien het jy vir my gebid; miskien het jy net stil gesit. Miskien het jy terwyl jy werk gehoop ek word weer sterk. Maar altyd is jy iewers daar waar jy vir my 'n tydjie spaar. Met groot verstaan en woorde min bly jy maar my GOUDVRIENDIN.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (15)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
EXODUS
LES 1
SLAWERNY
Ex 1-2
1. Wantroue en verdrukking
Jakob se nageslag het in Egipte aansienlik vermeerder. Dit was ʼn vervulling van God se belofte aan Abraham (Gen.12:1; 15:5). Die Hiksostyd van volksvreemde dog vriendelike faraos was verby. Die nuwe Egiptiese vorstehuis het die Israeliete nie vertrou het nie. Hulle het geglo dat die Israeliete die vyand in ʼn oorlogstyd sou steun. Daarom is daar slawe van hulle gemaak.
Die Farao het gewetenlose opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel en die Israeliete reuse voorraadskure by Pitom en Raămses laat bou. Hy wou hulle so uitput, dat hul bevolkingsaanwas sou afneem. Alle groot bouprojekte is deur mensehande verrig en baie het in die proses omgekom.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIE MOEILIKE LEGKAART
Die blondine skakel haar dominee omdat hy mense met probleme uitgenooi het om met hom in verbinding te tree.
“Dominee, kan jy my asseblief met my legkaart kom help? Ek kan nie eens daarmee begin nie, so moeilik is dit” pleit sy.
“Hoe lyk die prentjie?” vra die dominee belangstellend.
“’n Snaakse hoenderhaan” snik sy.
“Ek is binne ’n paar minute daar” sê hy.
Toe hy daar kom en die stukke bekyk, sê hy vir haar:
“Suster, jy gaan hierdie legkaart nooit in der ewigheid regkry nie. Maak jy solank vir ons tee terwyl ek die graanvlokkies bere!”
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (3)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
"Magtig, watter soort mense het ons tussen ons! Lafaards wat nie saam met die Boerevolk vir hulle vryheid en vir die vryheid en die toekoms van hulle kinders wil veg tot die dood toe nie? Huigelaars wat allerlei verskonings soek vir wat hulle gedoen het? Gierigaards wat net dink aan die sakke vuil geld waarmee hulle in luuksheid kan lewe; geld wat hulle saam met die kommuniste uit die beursies van die Boerevolk help druk? "
Alles is verby. Die gewere lê op 'n hoop - daardie gewere wat so dikwels die enigste menslike skild tussen dood en lewe was. Nou lê hulle daar.
Die hoofde is geboë. Die trane biggel oor verrimpelde, sonverweerde wange. Die borskaste skeur van innerlike onmag en pyn.
Hulle staar na die grond: na die bodem wat baie van hulle se bloed opgedrink het, wat baie van hulle se dierbares in sy skoot bewaar, waaruit hulle nie kan terugkeer nie.
Die "Vrede van Vereeniging!"
"Vrede? Watter vrede?"
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (14)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 14
JAKOB SE LAASTE DAE
Gen 46-50
1. Uiteindelike vreugde
Na ʼn lewe vol teëspoed en verdriet, het die nuus dat Josef leef en onderkoning van Egipte was, Jakob se beker van vreugde laat oorloop. Sy jarelange verdriet was genoeg straf op sy sondes. Desondanks het God hom liefgehad en hom vertroos om Josef weer te sien.
Daarna het Jakob en sy mense uit Hebron vertrek en in Bersèba aangekom. Hierdie plek het hulle sterk aan Abraham en Isak herinner. Laasgenoemde het by geleentheid ʼn altaar daar vir God gebou. Nadat Jakob ook daar geoffer het, het God aan hom verskyn en hom bemoedig. Hy kon die land met vrede verlaat omdat sy nasate ʼn groot volk in Egipte sou word (Gen.15:13-16). Christus sou uit die nageslag van Jakob gebore word (Hand.3:13).
M O S E S... (11)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
BY KADES-BERNEA IN DIE WOESTYN
Uiteindelik het ons onder hierdie goedgekontroleerde omstandighede Sinaï verlaat en gaan kamp opslaan by Kibrot-Taäwa. Die volk wat meer as twee jaar lank rustig by Sinaï gekamp het, was nie meer aan die ontberings van die trek gewoond nie en het sommer direk by die Here begin kla dat hulle swaarkry. Hy het toe in sy toorn vuur onder hulle laat uitbreek. Dit het tot by die kant van die kamp gebrand en die benoude volk het beangs na Moses om hulp geroep. Hy het tot die Here gebid en die vuur het bedaar. Daarna is die plek Tobera genoem.
GELOFTEDAG- BOODSKAP 16 DESEMBER 2012
ONS KÁN OMDRAAI!
Ds AE van den Berg
Afrikaanse Protestantse Kerk Moot-Sentraal
"Ons staan vandag by ons eie Ebenhaeser stil - Bloedrivier. Baie volksgenote het dit vergeet. Ander het dit tot ’n versoeningsdag met die heidene afgeskaal. Die Boerevolk is net soos oud-Israel aan heidene onderworpe. Baie van ons volksgenote, selfs familielede, lek soos tjankende honde die hande van hul kastyders. Wat het met ons volk gebeur dat ons so veragter het? ...Tydens die volksvergadering by Mispa het Samuel drie dinge vir sy volk gesê wat ook vir die Boerevolk op 16 Desember 2012 waar is (i) '….As julle met jul hele hart julle tot die Here bekeer…' Ons aanbid nie ’n ander God as Israel nie. Wat Hy vir Israel gedoen het, wil Hy ook vir die Boerevolk doen."
1 Sam.7:12
“Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen en dit Ebenhaeser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp”
’n Mens leer uit jou foute, so lui die gesegde. Dis hoe ons in die lewe vorentoe beweeg; so ook ’n volk. Die grootste fout is om nie uit jou foute te leer nie, want dan misluk jy. ’n Mislukking is ’n fout wat nie reggestel is nie. Sommige mense/volke stel foute onmiddellik reg; ander neem baie jare om dit te doen!
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (13)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 13
JOSEF
Gen 37;39;41;44-45
1. Jaloesie onder broers
Josef het in Hebron gewoon. Toe hy by geleentheid na sy nomadiese broers in Sigem gaan soek het, het hy hulle heelwat verder in Dotan gevind. Hulle het Josef gehaat omdat hy sy pa se witbroodjie was en mooi klere gedra het. Daarbenewens het hy hulle ook van sy drome vertel. Hy was die middelpunt van hul eerbetoning. Dit het hulle rooi laat sien!
Toe hy in Dotan by hulle aankom, was hulle van plan om hom dood te maak. Ruben het hulle egter gekeer waarna hulle Josef in ʼn droë put gegooi het. Ruben wou hom later bevry. Sy plan het egter misluk toe daar ʼn handelskaravaan Ismaeliete oppad na Egipte daar verby gekom het. Kamele was die skepe van die woestyn wat in lang rye oor reuse afstande met handelsware deur die woestyne geloop het. Josef is as slaaf aan hulle verkoop.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
TOELATINGSVEREISTE
Die leraar besoek die nuwe inrigting vir verstandelik gestremdes.
“Hoe besluit julle wie om hier op te neem?” vra hy die verpleër.
“Ons maak ’n bad vol met water en gee aan die persoon ’n lepel, koppie en emmer met die opdrag om die bad leeg te maak” sê die verpleër.
“O, ek sien, die slim een sal die emmer neem omdat dit groter is” sê die dominee begrypend.
“Nee, die slim een sal die badprop uittrek. Waar sal u graag ’n bed wil hê, dominee? Naby ’n venster?” vra die verpleër.
TAAKSPAN KAN KEER AS WÊRELD VERGAAN...
Hierdie berig van Nuus24 (m.news24.com) was wel reeds 'n paar dae gelede maar sekere dinge behou hul komiesheid; geniet dit:
Hoofregter Mogoeng Mogoeng het gister ’n “uiters dringende aansoek” ontvang vir ’n bevel deur die konstitusionele hof om ’n “ondersoekende taakspan” aan te stel na die bewering dat die wêreld op 21 Desember gaan vergaan.
Daar is ook “’n dringende behoefte” dat ’n nuwe staatsdepartement gevestig word om voorbereidings vir volgende Vrydag te tref.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (2)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
VEGKOP
Ligging: Langs die R725-pad 24 kilometer suid van Heilbron.
Toegang: Die terrein waarop die monument staan is omhein en daar is toegangbeheer.
Geriewe: Daar is geriewe soos toilette op die terrein.
Beeldhouer van die Voortrekker en die ses reliëfbeelde: Coert Steynberg
Inwyding: 1984
Verskeie monumente is in die loop van jare by Vegkop opgerig. Eerstens is daar in 1883 'n monument bo-op die kruin van die rant opgerig. Dit is in 1912 verskuif en herbou op die plek waar dit vandag nog staan, wat naastenby in die middel van die slagveld was.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (1)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
BLOEDRIVIER
Waar ons tans drie dae voor 16 Desember weer voorberei vir die herdenking van die Slag van Bloedrivier, sekerlik die bekendste en mees bepalende veldslag in ons volksgeskiedenis, begin ons met 'n reeks oor die monumente van Suid-Afrika – die meeste daarvan nie meer onder ons jongmense bekende bakens nie. Daarby is sommige van hierdie geskiedkundige monumente reeds geskend in die Nuwe Suid-Afrika onder 'n swart kommunistiese owerheid wat hul beywer om die Afrikaner se geskiedenis uit te wis. Daarom is dit belangrik om te bewaar en te onthou wat ons kan, want wanneer ons volk weer vry is, sal ons hierdie monumente herstel net soos dit was.
Die volgende inligting oor die Bloedriviermonument is beskikbaar: 
Ligging: Naby Dundee
GPS-koördinate: S28"06 13.77 E30"32 02.45
Toegang: Die monument staan op 'n beheerde terrein. 'n Toegangsfooi is betaalbaar.
Geriewe: Toilette, 'n restaurant asook oornaggeriewe op die terrein.
Beeldhouer: Coert Steynberg.
Inwyding: 1947.
Die Zoeloevolk se mag is finaal by Bloedrivier gebreek, en die grondslag vir die sukses van die Groot Trek as volksonderneming is daar gelê. Dit is dan ook geen wonder dat daar 'n aantal gedenktekens op die terrein opgerig is nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
LAATNAG LESING
Die dominee stap laat een aand na huisbesoek terug huis toe hy een van sy lidmate slingerend in die straat sien stap.
“En waarheen is jy so laat op pad” wil hy weet.
“Na ’n lesing” antwoord die dronkie.
“Waaroor?” vra die dominee verbaas.
“Oor die nadelige gevolge van drankmisbruik op ’n huwelik, en oor hoe sleg rook en laatnagte uitbly is” antwoord die dronkie.
“En wie bied dit so laat aan?” vra die dominee.
“My vrou, dominee!”
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (3)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Aansluitend by Meintjes se siening van oom Nieklas as 'n tweede Johannes, is dit heel interessant om 'n paar van die simbole wat deur Johannes in Openbaring gebruik word, te vergelyk met dié wat die Boereprofeet in sy visioene oor die Boerevolk gesien het. ( Dis ook opvallend dat baie van die simbole uit hul alledaagse lewe gekom het: die plante- en diereryk, die hemelruim, gewone gebruiksartikels en hulle ervaringswêreld):
Johannes: Die son word swart soos 'n harige sak en die maan word soos bloed. Hy sien engele wat die vier winde van die aarde vashou; hy sien 'n wierookbak waaruit daar stemme, donderslae, weerligte en aardbewings gegooi word. Dan verskyn daar sprinkane met die voorkoms van perde en die gesigte van mense; daar is perde met leeukoppe en uit hul bekke spuug vuur en rook en swael. Later gewaar hy 'n vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings; 'n slang uit wie se bek water soos'n rivierstroom, en 'n vrou wat met die vlerke van 'n arend vir die draak wegvlieg.
NUTTELOSE INLIGTING...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
HOE NAAR!
Die Verbondsonderrig-onderwyseres vertel aan haar klassie die verhaal van die Barmhartige Samaritaan. “Wat sal jy doen as jy die pad afloop en ’n man sien lê wat aangerand en bebloed is?” vra sy. “Ek sal opgooi!” antwoord Elsie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (12)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 12
JAKOB EN ESAU VERSOEN
Gen 32-34; 38
1. Jakob by Pniël
Ná die verdrag met Laban het Jakob verder gereis en, soos aan die begin van sy selfopgelegde ballingskap, weereens engele teëgekom. Jakob het bitter swaar tye geken. God het dit egter bestem dat engele hom altyd beskerm het (Ps.34:8; Mt.18:10; Hebr.1:14).
Op pad na sy ouerhuis het ʼn nuwe moeilikheid opgeduik - hy moes Esau ontmoet! Jakob het sy broer 20 jaar tevore verkul en het derhalwe nie geweet wat op hom gewag het nie. God het hom egter aangesê om na sy geboortegrond terug te keer. Dis was al wat getel het. Jakob het destyds gevlug omdat Esau hom wou doodmaak. Hoe sou Esau na 20 jaar voel? Jakob het voortgegaan en maar net op God vertrou wat hom bo Esau vir die eergeboorteseën uitverkies het (Mal.1:2).
DIE PAARDEKRAAL- GELOFTE
Hierdie Gelofte is net so bindend as die Bloedriviergelofte, maar ook hier het die vyand daarin geslaag om om volk se kennis en geheue van hom weg te neem. Daarom dat die HERE ons volk sal aanhou straf totdat ons ons Geloftes aan Hom nakom.
Lees meer oor die aanloop en die redes tot hierdie Gelofte en die latere geskiedenis daarvan:
Op 12 April 1877 annekseer Sir Shepstone die ZAR, sonder dat 'n skoot geskiet is, namens Engeland. Die anneksasie was 'n direkte gevolg van die ontdekking van goud in die ZAR, goud wat Engeland vir haarself wou hê. Die gebeure is gevolg deur 'n periode van lydelike verset deur die burgers van die ZAR en ook is daar verskeie deputasies na Engeland gestuur.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (11)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 11
JAKOB VLUG NA LABAN
Gen 27:41- 31:55
1. Jakob maak spore
Esau het die saak nie daar gelaat nie en besluit om sy broer ná die dood van sy vader om die lewe te bring. Toe Rebekka van sy plan te hore kom, het sy Jakob gewaarsku waarna hy na haar broer Laban gevlug het. Sy sou Esau dophou en hom laat weet as dit veilig was om terug te keer. Rebekka het Jakob egter versoek om nie met ʼn Kanaänitiese vrou te trou nie, maar een uit haar familie – die Arameërs. Esau daarenteen het vir hom heidense vroue geneem (Gen.26:34,35).
Op pad na Haran het Jakob een nag van ʼn verkeer tussen hemel en aarde gedroom waarna God hom bystand beloof het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
GEEN BABA-OPPASSER NIE
Die Verbondsonderrig-onderwyseres vra haar klas waarom Maria en Josef vir Jesus Jerusalem toe gevat het? “Omdat hulle nie ’n baba-oppasser kon kry nie” antwoord Ina.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (2)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
"God het met geen ander volk, behalwe Israel, 'n Verbond gesluit nie, en daar is ook geen ander volk, behalwe die Boerenasie, wat aan God 'n Gelofte gedoen het nie. Is dit dan nou toevallig dat juis die Israeliete en Boere die twee mees gehate volke ter wêreld is?"
Die skrywer/skilder, Johannes Meintjes, het weer 'n ander interessante siening van oom Nieklas en die mense van sy tyd gehad: Die Boere van die ou Republieke was vir hom tipiese Bybelkarakters — nie net in hul stoere, bebaarde, Ou-Testamentiese voorkoms nie, maar ook in hul ganse bestaan wat streng volgens die wil van God ingerig is. Net soos vir die aartsvaders was alle ander dinge ondergeskik hieraan.
Wat Siener betref, het Meintjes ook 'n sterk ooreenkoms gesien in die poëtiese taal waarin die Bybel geskryf is en die taal waarin die Boereprofeet sy visioene bekend gemaak het.