Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In Suid-Afrika steek afvalligheid en sedeloosheid die een grens na die ander oor. ’n Parlementslid het onlangs die spot-opmerking gemaak dat die parlement ’n wet moet maak wat die woord 'nie' uit die Tien Gebooie moet haal en na die geloofsbelydenis verskuif om in pas met die gees van die tyd te kom!
Dit sou op die volgende neerkom:Jy mag vir jou enige gesnede beeld maak…Jy mag steel…Jy mag valse getuienis spreek…” Die 12 Artikels (wat die 'nie' ontvang), sou dan lees:“Ek glo nie in God die Vader….en nie in Christus Jesus….nie in die gemeenskap van die heiliges...” ens. Ja, en dan verwag ons dat dit met ons goed sal gaan in hierdie land!!
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Jasmyn
{Jasminum - Fam. Oleaceae)
'n Katdoringkrans,
Met die klein, wit sterre van wilde-jasmyn daarin - vyfpuntige sterre vergeur met die ruik van die vlei,
Met die lewe wat sonskyn gee en die krag wat die lewe win,
Gevleg in 'n krans albei.
Grysgroen katdoring,
En waswit, wyd-ope blomme van wildejasmyn; en die son, wat vir altwee gegee het sy groen en sy wit,
Val op die grys in die doodkis wat nou al verdwyn.
En die groen wat die dood besit.
(C Louis Leipoldt)
M O S E S... (9)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
8. DIE VERBONDSLUITING BY SINAÏ
Daarna het ons Israeliete weer verder suidwaarts die wildernis van die skiereiland binnegetrek en die berg Sinaï bereik, ongeveer twee maande nadat ons Egipte verlaat het. Ons het daar in die woestyn kamp opgeslaan, reg teenoor die berg.
Op en by hierdie berg het nou ‘n tydperk gevolg waarin die Here ons geleer het dat ons nie meer ‘n groepie vlugtende slawe is nie, en dat Hy ons nie net uit Egipte gelei het om ons volslae ondergang te verhoed nie, maar dat Hy in dié wordingsproses besig was om ons op nasionale gebied saam te snoer tot die geloftevolk Israel, wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob belowe het, voordat Hy ons in die land van belofte inlei.
ZUMA SE ANGSRIEL... EN SLUIT JOU DEURE
KORTNUUS
Zuma het die afgelope naweek busse vol familie en vriende – dit sluit geen ANC-leier in nie... - aangery na sy kasteel in Nkandla waar hy hulle op 12 geslagte beeste en tonne 'tradisionele' bier onthaal het. Nie dat die rumoer hier begin het nie maar het hier geëindig in 'n groot makietie met die Angsriel tot die voorvadergeeste (of was dit nou die Dronkriel, daar is tog soveel danse) wat vir Zuma moet beveilig teen sy eie kollegas in die ANC en ander opponente wat hom wil onttroon in die volgende presidensiële verkiesingsirkus. Maar dit klink nie of die klomp aanbidders veel geloof in hulle gode het nie want die spies is seremonieel aan hom oorhandig met die opdrag om eiehandig sy ANC-opponente mee dood te maak. Hou gerus die verloop van die ANC-vergadering Desember in Bloemfontein dop. En sluit jou deure. En jou vensters...
VOLKSVERRAAD (11)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE OPPOSISIE REORGANISEER
Die Verenigde Party het steeds weinige vordering getoon om die Nasionale Party by die stembus te verslaan. Hoewel daar nie te veel oor hierdie geskiedenis uitgebrei word nie, is dit wel van belang om daarop te let dat die Verenigde Party in Junie 1977 ontbind het en in drie groepe versplinter het; die Suid-Afrikaanse Party met Myburgh Streicher as leier; die Nuwe Republiek Party met Sir De Villiers Graaff as tussentydse leier; en die Basson-groep wat met Colin Eglin se Progressiewe Reformisteparty saamgesmelt het om die Progressiewe Federale Party te vorm.
ISOLASIE VAN SUID-AFRIKA DEUR DIE INTER-NASIONALE GEMEENSKAP
In Februarie 1967 het 'n Amerikaanse vliegdekskip, die Franklin D. Roosevelt, Kaapstad aangedoen. Hy was op pad van Vietnam na die VSA en het voorrade kom inneem. Die Amerikaanse regering het die bemannings belet om in Kaapstad aan wal te gaan. Hierdie optrede was gemik as 'n belediging van die Suid-Afrikaanse regering en sy beleid van Afsonderlike Ontwikkeling.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
NATUURLIK!
Die Verbondsonderrig-onderwyseres vra haar klas wat die Israeliete gedoen het nadat hulle deur die Skelfsee getrek het? “Hulle het seker maar hulself eers drooggemaak” kom dit van Gertjie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (6)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 6
ABRAHAM
Gen 12-14
1. Die roeping van Abram
Tera, die vader van Abram, was uit die nageslag van Sem en het in Ur gebly waar die Eufraatrivier in die Persiese Golf uitmond. Hy het drie seuns gehad t.w. Abram, Nahor en Haran. Haran is betreklik jonk oorlede en het drie kinders nagelaat t.w. Lot, Milka en Jiska. Abram was met sy halfsuster Sara (Gen.20:12) en Nahor met Milka, sy oorlede broer se dogter getroud. Alhoewel daar genoeg ander vrouens in Ur was, het hulle met familielede getrou. Daarna het hulle om een of ander rede verhuis. Miskien weens die verstikkende afgodery van die stad (Jos.24:2).
Op ʼn stadium het Tera na Kanaän verhuis en by Haran aangekom. Dit was ʼn belangrike stad links van die Eufraat en ʼn kruispunt van handelspaaie.
M O S E S... (8)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
MANNA EN KWARTELS
Uitendelik moes ons van Elim af deur die Sinwoestyn trek oppad na die Sinaïberg. Dit was alreeds ‘n maand nadat ons uit Egipte weg is. Daar in die woestyn het almal skielik teen Moses en Aäron begin uitvaar: “Die Here kon ons liewer in Egipte laat bly het. Daar was ten minste genoeg om te eet. Nou het julle ons na hierdie woestyn toe gebring sodat almal hier van honger kan doodgaan.”
Die Here praat toe met Moses en sê vir hom: “Ek gaan vir julle kos uit die hemel laat reën. Die volk kan elke dag uitgaan en genoeg kos vir die dag bymekaar maak. Ek gaan hulle toets om te kyk of hulle na My wil luister of nie. Op die sesde dag moet hulle twee keer soveel as gewoonlik bymekaar maak.”
SWART GEWELD EN GRONDGRYP
DIE ANC se nasionale beleidskonferensie begin op 16 Desember in Bloemfontein en by daardie geleentheid word ‘n nuwe leier aangewys. Dit is ‘n datum én ‘n plek gelaai met geskiedenis - dit was vanjaar presies ‘n eeu gelede dat die ANC in Bloemfontein gestig is “om swart Afrikane te verenig in die stryd vir fundamentele politieke, maatskaplike en ekonomiese verandering".
In ‘n toespraak wat Emily Hobhouse geskryf het vir die bekendstelling van die Vrouemonument in Bloemfontein op 16 Desember 1913 het sy o.a. gesê: “Die Griekse wysgere het gesê totdat ‘n man nie mag verkry nie, weet hy nie wat in hom steek nie.” Vandag weet ons almal dat Zuma en sy ANC vir ons nog net perdekuttels voorgesit het. Vier jaar gelede het hy ook op 16 Desember in Diepsloot gesê hy gaan nog die slagting van 1838 by Bloedrivier wreek.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Bougainvillea
(Fam. Nyctaginaceae)
As blomme 'n waterval in kleur kon voorstel, sou dit die bougainvillea wees wat oor rotse, mure, pergolas, boë en heinings in al die sonkleure stort. Reis 'n mens deur die Laeveld, weet jy: hier regeer die bougainvillea, wat vuurkleurig teen die bome die hoogtes inklim. Wanneer 'n paar kleure saam in dieselfde boom rank, is dit 'n baken in die omgewing.
Die plant dra die naam van die interessante Louis Antoine de Bougainville (1729-1811), 'n Franse seevaarder, ontdekker en militaris in Napoleon I se tyd. In 1764 stig hy 'n kortstondige Franse kolonie op die Falkland-eilande. Van 1766 tot 1769 vaar hy per skip om die wêreld met 'n bemanning wat sterrekundiges (as navigators?) en natuurkundiges insluit. Die grootste van die Solomon-eilande, Bougainville, is ook na hom vernoem.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Pronkertjie
(Lathyrus odoratus)
Delikate vreugde ... afskeid ... geboorte ... liefde of watter herinnering ook al, word sonhelder opgeroep wanneer die geur van pronkertjies deur die huis swewe. Die blomgeur is mos die asem van die lente, die geur van lewe. Soos 'n wolk pastelkleurige skoenlappers met vlerke wat sagweg oop- en toemaak, fladder hulle die winter weg. Trouens, die pronkertjie kom uit die subfamilie Papilionaceae, en papilio is die Latyn vir pers.
Hoewel stoelplante ook gekweek word, is die pronkertjie beslis 'n rankplant. Saai 'n ry van die jaarplante in 'n slootjie los grond, gee hulle kos en 'n stellasie waaraan die rankies kan vasheg, en hulle sorg vir die geurigste vertoning van kleur denkbaar. Hulle is op hul beste in die laat winter en vroeë lente, want hulle hou nie in die drukkende somerhitte nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
VERDUUR HULLE MAAR
Die Verbondsonderrig-onderwyseres verduidelik die gebod: 'Eer jou vader en jou moeder', en vra haar klassie daarna of daar enige wet is wat liefde vir boeties en sussies eis? “Ja, jy mag nie doodslaan nie!” kom dit van Kosie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (5)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 5
DIE TWEEDE BEGIN
Gen 9-11
1. ʼn Nuwe verbond
Omdat God die mensdom nie geheel en al verdelg het nie, kon Hy direk na die sondvloed ʼn nuwe begin met hulle maak (Gen.6:13). Hy het hulle opdrag gegee om te vermeerder (Gen.9:1,7). So ook aan die diereryk. Oral waar mense hulle gevestig het, het die wilde diere na onbewoonde gebiede uitgewyk. Mense kon voortaan ook van die diere slag en eet. Ons kan hieruit aflei dat die eerste mense slegs plantaardige voedsel gebruik het. Alhoewel die diere steeds deel van God se skepping gebly het, kon mense voortaan van hulle eet.
Daarna het God ʼn paar reëls neergelê wat tot die ordening van die nuwe samelewing moes bydra. Omdat die mens na God se beeld geskape is, kon die een wat ʼn ander een doodmaak se eie lewe geneem word (Mt.26:52). Die owerheid het die reg tot bloedwraak gehad (Rom.13:4, Openb.13:10). Dit moes die wilde wraaksug van mense soos Lameg in bedwang hou.
M O S E S... (8)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
6. DIE EERSTE PAASFEES
Al die plae het uitgeloop op die aankondiging van die tiende plaag. Moses het nie weer met die farao onderhandel nie, maar hom voor die feit gestel dat die uittog gaan plaasvind nadat die plaag voltrek is.
Die Here het vir Moses gesê: “Hierdie maand sal van nou af die belangrikste maand wees en die nuwe jaar moet met hierdie maand begin. (Dit is die lentemaand Nisau – Maart/April). Elke gesin moet op die 10e van die maand ‘n lam in die hande kry. Indien daar te min mense in die huisgesin is om ‘n lam op te eet, moet hulle dit met ‘n ander gesin deel. Dit moet ‘n rammetjie wees uit die skape of bokke wat ‘n jaar oud is sonder enige gebrek.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Frangipani
(Plumeria - Fam. Apocynaceae)
'n Frangipani hoort naby die huis, knus teen 'n muur of by 'n stoep van waar die blomme se geur deur 'n oop venster kan sweef. Hulle vra ook om geskilder te word terwyl Mozart-musiek die lug vul - oorbekend, maar nie onbemind nie.
Die subtropiese Amerikaanse struik of klein boom met die geurige blomme, melkerige, giftige sap en eenvoudige gladde blare, is vernoem na 'n Italiaanse edelman, die markies Muzio Frangipani van Rome, wat in die sestiende eeu 'n parfuum uitgevind het om handskoene te geur! 'n Lekkerny wat bestaan uit ronde stukke tertdeeg wat gevul is met 'n vlavulsel wat amandels bevat, word ook 'n frangipani genoem.
Die plant aard goed in 'n warm klimaat en die bekendste een is acutifolia met die ryk geel wat diep uit die kelk die wit kroonblare invloei.
VOLKSVERRAAD (10)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
Sedert 1971 bestaan daar koverte (geheime) samewerking tussen die regering en die Geldmag — 'n geheime agenda tussen die NP-regering en die Geldmag. Die Geldmag word sedertdien toenemend Suid-Afrika se onsigbare regering. Die NP-beleid van wegbeweeg van diskriminasie het die Geldmag bevoordeel ten koste van die Afrikanervolk se belang.
•Die Sunday Times van 20 April 1975 het 'n berig gedra oor 'n "top secret" beleid. Die berig se opskrif was Geheime Plan kan SA se lewenstyl verander en die eerste sin lui: "Die regering het deur aanvaarding van die hoogs geheime ('Top Secret') Kollektiewe-aksieprogram teen inflasie homself verbind tot voorstelle wat die politieke, ekonomiese en sosiale aangesig van Suid-Afrika sal verander. So ver is net die private sektor se aandeel in die program openbaar gemaak."
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (4)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 4
DIE SONDVLOED
Gen 6-8
1. Die ou wêreld
Al die aartsvaders van Adam tot Lameg het seuns en dogters gehad. Die goeie Lameg het egter net seuns gehad. Destyds het die mensdom aansienlik vermeerder. Daarom word die geboorte van dogters duidelik vermeld. Hulle het ʼn baie belangrike rol vervul nl. om kinders te baar. Die seuns van God was mense wat deur hul opregtheid in ʼn besondere verhouding tot God gestaan het. Hulle was uit die nageslag van Set. Henog was die beste voorbeeld van hulle vroomheid en opregtheid voor God. Die Bybel noem vromes elders ook seuns van God (Deutr.32:5, Hos.1:10; Ps.73:15; Joh.1:12).
Die term 'Seuns van God' word ook vir engele gebruik (Job.1:6). Ons weet egter dat Gen.6 nie op engele dui nie omdat hulle met vroue getrou het. Engele trou nie (Mt.22:30) maar voer uitsluitlik ʼn geestelike bestaan. As hier van engele sprake was, moes hulle tydens die sondvloed gestraf gewees het. Gevolglik is hier van mense sprake.
M O S E S... (7)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
AGSTE PLAAG: SPRINKANE!
Die Here het vir Moses gesê Hy maak die farao en sy beamptes onwillig om Hom te gehoorsaam, sodat Hy rede kan hê om al die rampe oor die land te bring. Hy doen dit sodat almal kan weet dat Hy die Here is. Hy stuur toe weer vir Moses en Aäron na die farao toe. Hulle sê toe vir hom:
“Die Here, die God van die Hebreërs vra vir jou: Hoe lank gaan jy aanhou weier om na My te luister? Laat my volk gaan, sodat hulle My kan gaan aanbid. As jy aanhou weier, gaan Ek môre sprinkane oor jou hele land laat kom. Daar sal so baie van hulle wees dat jy nie eers die grond onder hulle sal kan sien nie. Hulle sal alles wat van die haelstorm oorgebly het, wegvreet. Hulle sal selfs die bome wat weer begin uitloop het, kaalstroop. Hulle sal in jou paleis en jou amptenare se huise en in al die huise in Egipte inkruip. Dit gaan die grootste ramp wees wat Egipte nog getref het.”
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Asalea
(Fam. Ericaceae)
As daar 'n blom is wat 'n mens helder oordag drome in kleur laat droom, is dit die asalea. Of dit in Oos-Transvaal of Pietermaritzburg of Pretoria is, asaleas in bloeityd laat 'n mens na die naaste kwekery toe haas om van die wonder-plante te koop... Om sukses met hulle te hê, is 'n ander storie.
'n Paar soorte asaleas groei wild in die bergagtige streke van Asië en die VSA. Die Noord-Amerikaanse spesies is bladwisselend terwyl die Indiese soorte {Azolea indica) immergroen is. Hulle hou van ryk veengrond wat sanderig is en floreer in streke met 'n hoë humiditeit, maar moet wegbly van vlak boomwortels wat hulle letterlik kan doodwurg en al hulle kos opneem.
WAT IS ENGELE...
... EN WAT DOEN HULLE?
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg
’n Kind is oor die algemeen bang vir die donker en sal nie sommer alleen in ’n donker kamer inloop nie. Maar as een van sy ouers saamloop, is hy nie meer bang nie want iemand groter as hy verdryf die vrees. Namate ons groter word, begin ander dinge ons bang maak –slegte omstandighede, siektes, misdaad, onreg ens. Bang mense dink nie altyd baie logies nie en vrees die dinge wat hulle nie verstaan nie.
Maar toe ons tot bekering gekom en Jesus as Verlosser aanvaar het, het ons onmiddellik rustig geword omdat die Bybel vir ons sê dat niks met ons gebeur waarvan ons Hemelse Vader nie weet nie. “Soos ’n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees” (Ps.103:13).
VOLKSVERRAAD (9)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
INKATHA WORD GESKEP AS ALTERNATIEWE MAGSTRUKTUUR VIR DIE ANC
As een van die mees opspraakwekkende Swart bewegings wat voortspuit uit die koverte inligtingsprojekte was Gatsha Buthelezi se Swart vryheidsbeweging, Inkatha yeNkululeko yeSizwe (Vryheid van die Nasie), wat in 1975 tot stand gekom het. Inkatha is gestig as alternatief vir die ANC met sy pro-Kommunisme en Buthelezi het toe sy nuutgestigte party in die buiteland gaan bemark. Die verwagting was dat indien die buurstate die Konstellasie van State- beginsel sou aanvaar, dit tesame met die opkoms van Inkatha outomaties kon lei tot internasionale erkenning van die Republiek se Nie-BIanke beleid en kon dit in 'n groot mate die buitelandse aanslag teen die Republiek lam lê en die ANC/SAKP se internasionale aansien diskrediteer.