Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die moderne mens praat deesdae baie meer openlik oor vroeëre taboes – seksualiteit, hartsgeheime ens. Maar praat oor die dood en oor sterwe, dan droog die geselskap op – is dood vir mense 'n verskrikking? Dit hoef nie te wees nie! Ons gaan in die wonderlikste harmonie in nuutopgestane liggame saam met God en Jesus en ál ons geredde geliefdes vir ewig kuier!
STAATSUITGAWES EN DIE BBP
TAFELGESPREK
Ou koerante lewer dikwels pragtige vergelykende syfers op. In Sake-Beeld van 23 Maart 2015 word ’n oorsig gegee van die RSA se staatsuitgawes teenoor die bruto binnelandse produk (BBP) tussen 2010 en 2015. Hierdie verhouding is ’n erkende aanduiding van hoe gesond die landsekonomie en die bestuur van die staat is. Dit is ’n bekende maatstaf wat maklik deur die gewone burgers verstaan kan word. In die 5 jaar van 2010 tot 2015 het die verhouding van staatsbesteding tot die BBP van ’n vlak van 23% opgekruip na net onder 30%.
Waar staan dit vandag? Tans is staatsbesteding teenoor die BBP op ’n vlak tussen 32 % en 33%, te midde van baie swak groeisyfers. Daar word verwag dat die verhouding steeds sal versleg oor die volgende 5 jaar.
Prof Johan Willemse, ’n landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, skryf in Maart 2015: “Ek sien nie waarvandaan ’n toename in ekonomiese groei gaan kom nie... Die staat kan nie meer bestee om die ekonomie ’n hupstoot te gee nie, ons is reeds verby die perk van aanvaarbare en volhoubare staatsfinansies.” (Beeld se SakeNuus, 23 Maart 2015)
Wat het intussen gebeur met die RSA se staatskuld? In die 10 jaar van 2009 tot 2019 het die verhouding van staatskuld tot BBP toegeneem van 30% tot bo 60% (volgens die Reserwebank se syfers). Die jongste gegewens dui daarop dat staatskuld op meer as 70% van die BBP te staan gekom het. Dit sal in die nabye toekoms nog slegter gaan.
Hierdie syfers is van die basiese oorwegings waarom Suid-Afrika deur beleggingsagente afgradeer is na rommelstatus. Met die hoë werkloosheidsyfer van 32% vir amptelike werkloses en die breër syfer op 42% is dit duidelik waarom daar van ’n disfunksionele regering gepraat kan word. Die swart regering kan nie vir die swart bevolking, hul eie mense, genoeg werk skep nie. Dit is ’n bekende werklikheid dwarsdeur Afrika, iets wat nie in die hoofstroom-media bespreek mag word nie. Die feite roep dit egter hard en duidelik uit, soos selfs meer swart joernaliste dit deesdae beklemtoon.
Afrikaners se uitdaging is om te midde van die verval van die staat en die ekonomiese krisis wat die land beleef, steeds na hul eie huishoudings om te sien en noukeurig sorg te dra met hul persoonlike finansies. In die lig van hoë rentekoerse, die koste van elektrisiteit, voedselinflasie van 12% tot 14%, die koste van onderwys, hoë mediese tariewe en die stygende brandstofpryse, word dit vir elke gesin al moeiliker. Baie Afrikaners kom hoegenaamd nie meer die mas op nie. Individue se skuldlas word al groter. Die lae groei wat vir die RSA voorspel word hou min hoop in vir spoedige verbetering.
Teen 29 Junie 2023 berig RSG in sy Geldsake-program dat die waarde van die Rand op R18,75 te staan gekom het, en dat die geldeenheid binne een jaar 20% van sy waarde verloor het. Boonop is daar tans ’n uitvloei van buitelandse beleggings uit die SA Effektebeurs.
Intekening op Tafelgesprek:
- Stuur slegs u naam, met u voorkeur e-pos adres (vermeld asb ook die naam van die streek, die dorp of stad waar u woon) aan die volgende adres:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
- U inskrywing op hierdie nuusbrief is gratis. Voorsien ons asseblief van adresse van vriende of familie (in die RSA of oorsee) wat in hierdie skrywe mag belangstel.