Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan." Soos Dawid dit in Ps 31 uitjubel, so seker sal die Afrikanervolk se benoudheid ook verbygaan en sal hy weer sy voete op vrye grond laat staan!
WAT HOU ONS TOEKOMS IN?
Ons lees in die Bybel uit Openbaring 8 en 9 oor ‘n kernoorlog wat sal plaasvind. Die Bybel het heelwat te sê oor die einde van die wêreld en die voorspelling van ‘n oorlog in hoofstuk 8 en 9 toon groot ooreenkoms met hoe ‘n kernontploffing verloop. As voorbeeld lees ons in Openbaring 8 vers 10:
En die derde engel het geblaas, en *’n groot ster wat soos ’n
fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van *die riviere en op die waterfonteine.
Die bom wat op Hirosjima gegooi is, het nie op die grond ontplof nie. Dit het 510 meter bokant die stad ontplof. Dit kan dus lyk soos ‘n groot brandende fakkel wat uit die hemel val. En waar dit val maak dit ‘n groot gat in die grond en die rook van die ontploffing wat opstyg vergelyk so reg met die beskrywing in Openbaring 9:
1 EN toe die vyfde engel blaas, sien ek *’n ster wat uit die
hemel op die aarde geval het, en aan hom is *die sleutel van
*die put van die afgrond gegee.
2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ’n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
In ‘n kernontploffing word een derde van die gesamentlike energie in die vorm van hitte vrygestel. In Hirosjima het hierdie hitte vuurbolle met ‘n deursnit van 400 meter elk gevorm. In 'n baie groot kernontploffing sal die rook en hitte die son, lig en lug verduister. Wetenskaplikes noem dit “skemerte op middaghoogte” – die opeenhoping van donker stofdeeltjies wat lig absorbeer en weerkaats. Hierdie verskynsel het die verduistering van die son se lig tot gevolg.
E-SIGARETTE ONTLEED
Terwyl baie onder die indruk verkeer dat e-sigarette of “vaping” veiliger is as om tradisionele brandbare sigarette te rook, is daar baie bewyse daarteen. Ongelukkig bereik hierdie inligting nie die massas nie, en tieners raak by die duisende daaraan verslaaf wanneer hulle in massas damp.
Toe die FDA ( Food and Drug Administration) die eerste keer in 2016 die gesag om e-sigarette te reguleer bevestig het, het baie mense aanvaar dat dié agentskap vinnig ontslae sou raak van dampe met geure soos suikerspin, gombere en “Froot Loops” wat by kinders aanklank vind.
In plaas daarvan het die FDA toegelaat dat alle e-sigarette wat reeds op die mark was, net so bly, terwyl hul vervaardigers aansoek gedoen het vir goedkeuring om dit te bemark. Sewe jaar later het “vaping” 'n $8,2 miljard-industrie geword, en vervaardigers oorstroom die mark met duisende produkte – die meeste onwettige verkope – wat baie meer verslawend kan wees as enige ware sigaret.
4 Julie 2023
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Winston Churchill het gesê: Ons maak ‘n bestaan uit wat ons ontvang, maar ons skep ‘n lewe deur wat ons gee.
ALZHEIMERS ÍS TOE OMKEERBAAR!
Hierdie artikel is vol wetenskaplike inligting en mag vir die persoon sonder intensiewe mediese kennis moeilik om te verstaan voor kom. Tog wil ons aanbeveel dat enigeen dit deur lees en bo-oor die onverstaanbare mediese terme lees want aan die einde maak alles steeds in so ‘n mate sin sodat mens kan besef daar is werklik nuwe deurbraak om Alzheimer se siekte te voorkom en selfs om te swaai. Dr. Dale Bredesen, 'n neuroloog wat spesialiseer in die behandeling van Alzheimers, het 'n referaat gepubliseer wat handel oor die voorkoming en behandeling van die tragiese toestand van Alzheimers en is daarmee in ‘n onderhoud aangehaal. Die wonderlike is dat deur gebruik te maak van 36 gesonde leefstylpersone, kon dr Bredesen in ‘n noukeurig gekontroleerde navorsing- en genesingspoging Alzheimer se siekte in 9 uit 10 van sy pasiënte omkeer.
Dit het die gebruik van oefening, ketogeniese dieet, optimalisering van vitamien D en ander hormone, vermeerdering van slaap, meditasie, ontgifting en die totale uitskakeling van glutien en verwerkte voedsel ingesluit.
GOED BEGIN MAAR SLEG GEËINDIG
Ds A.E. van den Berg
“Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk...”(1 Sam.16:14).
Ek het op skool nie in sport uitgeblink nie. As daar vir atletiek geoefen moes word, het ek maar noodgedwonge aan die langafstand deelgeneem; vier keer om die rugbyveld. Aan die einde van die eerste rondte was daar niemand voor my nie. Aan die einde van die laaste rondte was daar niemand agter my nie!
Die Bybel praat ook van mense wat goed begin maar sleg geëindig het; mense soos Saul wat deur goeie dinge omring was, maar God se hand gelos en ʼn tragiese dood gesterf het. Hy het voorbeelde van goeie lewens gehad. Hy het vir Samuel as ʼn man van gebed geken. So ook vir Dawid; ʼn geseënde man na aan God se hart. Sy eie seun Jonathan; ʼn toonbeeld van geloof en broederliefde.
Ongelukkig was nie een van hierdie deugde in Saul se lewe teenwoordig nie. Sy lewe was soos die spreekwoordelike klip deur ʼn tregter en een van die mees tragiese figure in die OuTestament en dit ʼn koning wat ʼn voorbeeld moes wees!
GOED BEGIN...
...MAAR SLEG GEËINDIG
Ds A.E.van den Berg
“Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk...”(1 Sam.16:14).
Ek het op skool nie in sport uitgeblink nie. As daar vir atletiek geoefen moes word, het ek maar noodgedwonge aan die langafstand deelgeneem; vier keer om die rugbyveld. Aan die einde van die eerste rondte was daar niemand voor my nie. Aan die einde van die laaste rondte was daar niemand agter my nie!
Die Bybel praat ook van mense wat goed begin maar sleg geëindig het; mense soos Saul wat deur goeie dinge omring was, maar God se hand gelos en ʼn tragiese dood gesterf het. Hy het voorbeelde van goeie lewens gehad. Hy het vir Samuel as ʼn man van gebed geken. So ook vir Dawid; ʼn geseënde man na aan God se hart. Sy eie seun Jonathan; ʼn toonbeeld van geloof en broederliefde.
VOLSTRUISE BLY GRAWE…
Dit is insiggewend om te hoor dat dit nie net in Suid-Afrika is waar die klomp volstruise hulle koppe al dieper in die sand druk nie. Dit is nou die mense wat nie vinnig genoeg die sogenaamde Covid-inenting kon ontvang nie waarvan talle nog aanvullende inspuitings bly kry het. Dr Emmanuel Garcia van Nieu-Seeland het ‘n artikel geskryf waarin hy sy ervaring van die Nieu-Seelanders oordra waarmee ons hier goed kan identifiseer.
Dr. Garcia is 'n Philadelphia-gebore psigo-analis en psigiater wat in 2006 na Nieu-Seeland geëmigreer het. Hy het artikels geskryf wat wissel van verkennings van psigo-analitiese tegniek, die sielkunde van kreatiwiteit in musiek (Mahler, Rachmaninoff, Scriabin, Delius) en politiek. Hy is ook 'n digter, romanskrywer en teaterregisseur. Hy het in 2021 uit die psigiatriese praktyk getree nadat hy in die openbare sektor in Nieu-Seeland gewerk het. Besoek hom gerus by https://newzealanddoc.substack.com/ waar daar baie insiggewende artikels is.
Dr Garcia skryf:
JAN SPIES
Die uitklophou
Ek gaan kuier eenkeer by ’n vriend van my op hulle plaas en een môre ry ons in dorp toe vir ’n bietjie besigheid. En daar loop ons in die straat vir oom Kootjie Krimp en nog ’n paar ander kêrels raak, en hulle staan en praat oor iemand wat ’n paar dae tevore ’n ander ou ’n behoorlike opstopper gegee het.
Maar dit was na oom Kootjie se smaak nie so ’n wafferse hou nie.
“Nee-wat, kêrels, as julle wil hoor van ’n goeie hou, kan ek julle daarvan vertel,” sê hy.
Hier volg dan nou my gebrekkige navertel van sy storie.
Innie depressiejare werk ek saam met ’n klomp anner man met die pik en die graaf op die spoorweë. En ons bou die spoorlyn Rustenburg toe. Daar was ’n ou soort van spoortjie, maar om daar toe so baie los hande was, steek hulle ons daar in om ’n behoorlike ding te maak.
KOELBLOEDIGE PERDEBUITERY
Hierdie verhaal kom uit die boek Oorlogsavonture van genl. Wynand Malan, deur H.J.C. Pieterse.
Genl. De Wet se hooflaer het 'n paar dae by Schoemansdrif aan die Vaalrivier vertoef. Van hier uit het ons, d.w.s. sommige van Theron se verkenners, enkele hoogs avontuurlike uitstappies gedoen. Die eerste het so gekom.
In die buurt van Parys lê daar 'n rant, en die Engelse, wat aan die een kant van die rant gekampeer het, skiet sommer daar dwarsoor heen met hul kanonne. Dit was in daardie dae toe hul vernielsug en brandlus geen perk of paal geken het nie. Dis te begryp dat so 'n blinde bombardeerdery op die ou einde nie goed sou afloop nie. Toevallig is 'n huis getref. Die bom bars in die eetkamer en 'n twaalfjarige dogtertjie verloor die lewe.
Die burgers was diep geskok. Ons verontwaardiging was groot. Sulke laakbare strydmetodes moes 'n einde kry. Die Engelse generaal, of wie ook al verantwoordelik was vir hierdie gruweldaad, moes gestraf word. Hy moes voor 'n burgerkrygsraad gedaag en veroordeel word. So het ek oor die saak gevoel. Maar hoe om 'n Britse generaal voor 'n Boerekrygsraad te laat verskyn, was natuurlik geheel en al 'n ander saak. Nietemin, as 'n mens opgewonde en verontwaardig is, neem jy meestal vreemde en onverantwoordelike besluite.
PADKAART NA DIE NUWE JERUSALEM
Ds A.E. van den Berg
“Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God”(Openb.21:3).
Jare gelede was ʼn padkaart noodsaaklik om ʼn onbekende bestemming te bereik. Vandag word ʼn GPS gebruik wat selfs ook die verkeerde pad kan aandui. Die Bybel is God se GPS wat vir gelowiges die pad na die ewige eindbestemming aandui en telkens teen verkeerde paaie waarsku.
Wie by hierdie GPS hou, reis tot by die Nuwe Jerusalem. Dis nie ʼn maklike reis nie. Ons is sondaars en lief om van die verkeerde paaie te neem. Sommige paaie lyk oënskynlik goed maar laat mense die pad na die Nuwe Jerusalem byster raak en gereeld verongeluk. Salomo skryf: “Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spr.14:12).
Daarom is dit uiters belangrik om God se GPS-aanduidings te volg soos oral in die Bybel opgeteken is:“U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad” (Ps.119:105). Ongelukkig maak sonde mense blind vir God se GPS en skep ʼn begeerte om moontlike opwinding op die afdraaipaaie te gaan soek.
ONS BLYDSKAP EN KRAG
Hannes Ollewagen
Háb. 3:1-19
“Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. …” (:17-19).
Ons weet dat Job saam met die profeet Hábakuk met reg kon sê dat hulle hoop in die lewe op die HERE was. Hulle het nie hul hoop op verganklike dinge, rykdom of voorspoed gestel nie, maar op die HERE. Ja, nadat Job al sy besittings en bykans ook al sy geliefdes verloor het, het Hy steeds op die HERE gehoop.
“Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.” (Job. 1:20-22). Job het die HERE nie aanbid vir wat Hy vir hom kon doen nie, maar vir Wie Hy is. Daarvan getuig sy optrede waarvan ons in Job 2:9&10 lees. “Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf! Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.”
AFRIKA SE SKANDEMAKERS
U sal weet van die skandemakers wat onlangs met ‘n sogenaamde 10-punt vredesplan na Oekraïne en Rusland toe wou gaan. President Zelensky van die Oekraïne het hom nie aan die vredesplan gesteur nie en sy eie eise gestel. In Pole waar hulle geland het, dit is nou Ramaphosa, sowat honderd ekstra veiligheidspersoneellede – nie almal verklaard nie – , taakmaglede, bomdeskundiges, joernaliste, van die weermag se spesiale magte en ‘n aantal ander Afrika-staatshoofde, was die skandes nog erger. Hulle papierwerk vir die reis was onvoldoende en die vliegtuig waarmee hulle gereis het, was propvol wapens en ammunisie wat nie aan die Poolse regering verklaar is nie. Daarom moes die vliegtuig sowat 26 uur lank op die aanloopbaan staan voor die veiligheidsmense en joernaliste die vliegtuig kon verlaat. Natuurlik is die Poolse regering vir rassiste uitgeskel maar die president van Pole, mnr. Andrzej Duda, het vas bly staan en geen reël gebuig om die Suid-Afrikaners te pas nie.
‘n Brief is namens die groter lugvaartgemeenskap van Suid-Afrika aan die Poolse president deur ene mnr. Duncan Gillespie geskryf waarin hy die president bedank en ‘n paar sake uitklaar:
“Baie dankie dat u die regte ding gedoen het om internasionale wette en konvensies toe te pas op die gehuurde Suid-Afrikaanse Lugdiensvlug wat per kontrak aan ons regering verhuur is, en wat moedswillige verontagsaming en onkunde van internasionale regulasies getoon het in die vervoer van onverklaarde passasiers, asook militêre wapens en ammunisie.
ONS GOD VAN ORDE
Ds Andrè vd Berg
“En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hul woonplek vasgestel het” (Hand.17:26)
In 1 Kor.14:33 skryf Paulus dat God nie ’n God van wanorde is nie, maar van orde. Alles wat met Hom verbind is, word aan ordelikheid gekenmerk; veral die kerk: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (:40). Dit onderskei gelowiges van heidene wie se godsdiens onordelik is omdat dit in diens van die Satan staan en hy die teenpool van God is. God is orde; Satan is wanorde.
Oral waar God heers, is daar orde. Waar Hy nie heers nie, heers wanorde soos in Suid-Afrika. Toe die land ’n Christelike grondwet gehad het, was daar orde. Toe dit afgebreek is, was wanorde onafwendbaar.
God is ’n God van orde. Let op hoe planmatig en ordelik die skepping verloop het. Op die eerste dag het God dag vannag geskei en op die tweede het Hy die hemel en die aarde geskep. Op die derde dag plante en bome ens. Die refrein lui telkens: “En God het gesê: Laat dit so en so wees… en dit was so”. Dis die marsmusiek van God se orde.
ONS LAND KWYN WEG...
...die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Daarom treur die land, en alles wat daarop woon kwyn weg; die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om – Hoséa 4.
ONS GAAN TEN GRONDE AGV 'N GEBREK AAN BYBELKENNIS
Speel jy die lotto? Of doen jy besigheid op Sondae? Of dalk bly jy sommer saam met iemand sonder om God se seën in 'n huwelik te verkry het; of glo jy dat homoseksuele geregverdig voor ons HERE staan? Dalk dink jy dat aborsie nie verkeerd is nie? Die 'deugniete' in jou land wat al hierdie sondes gewettig het en wat jou hierdie afgode laat aanbid moet met die swaard doodgeslaan word, sê God, sodat jy weer sy Gebooie sal hou en Hom dien en Hy sy toorn van jou en jou volk sal wil afwend – Deut 13.
TATOEËRING
Niks vernietig ʼn volk se gees soos bose, volksvreemde gebruike wat posvat nie. Baie mense, veral sportlui en verhoogkunstenaars, laat hulle tatoeëer; mense wat as rolmodelle beskou word. Die ergste is dat baie van hulle lewens so verrot is, dat dit eerder ʼn waarskuwing moet wees oor hoe daar nie geleef moet word nie!
Tatoeëring is ʼn bewustelike ontering van die mens se liggaam as tempel van God. Dis ʼn baie ou heidengebruik. Daar is selfs mummies met tatoeëermerke gevind. In Assirië, Egipte en Babilon het slawe-eienaars bv. ink onder die vel van hul slawe laat inwerk om, soos ʼn brandmerk, eienaarskap aan te dui. Nie net slawe nie, maar ook eertydse misdadigers is met merke getatoeëer.
In die OT was sulke merke ʼn teken van afgodsdiens. Afgodedienaars het hulle graag laat tatoeëer en daarmee aangedui dat hulle aan ʼn sekere afgod behoort. Keiser Konstantyn het in die vierde eeu nC alle tatoeëermerke in die gesig verbied sodat die gesig die onbesoedelde beeld van God kon weerkaats. In 767 nC het pous Adrianus alle tatoeëermerke verban, ook op die lyf. Dit word vertel dat die kruisvaders ʼn kruis op hul liggaam laat tatoeëer het sodat, indien hulle sou sterf en hul liggame gevind word, hulle ʼn Christelike begrafnis kon kry.
KUNSMATIGE INTELLIGENSIE ONS ONDERGANG?
Die Vierde Industriële Revolusie: Die toekoms van KI, die verlede van Homo Sapiens?
“Moet ons toelaat dat masjiene ons inligtingskanale met propaganda en onwaarheid oorstroom? Moet ons al die werke outomatiseer, insluitend die vervullende? Moet ons nie-menslike gedagtes ontwikkel wat ons uiteindelik kan oortref, uitoorlê, ons uitgedien laat en ons vervang? Moet ons die verlies van beheer oor ons beskawing waag? Sulke besluite moet nie aan onverkose tegnologieleiers gedelegeer word nie ... Daarom doen ons 'n beroep op alle KI-laboratoriums om die opleiding van KI-stelsels wat kragtiger is as GPT-4 onmiddellik vir ten minste 6 maande te onderbreek.” – Future of Life Institute (22 Maart 2023)
Stel jou 'n wêreld voor waar jy nou jou probleme na 'n rekenaar kan neem en vind dat dit die beste terapeut is wat jy ooit gehad het! Waar die persoon aanlyn op grond van jou private gesprekke, die liefde van jou lewe kan wees maar in werklikheid nie menslik is nie! Waar elke professor, elke prokureur, elke skrywer, elke kunstenaar, speurder, geneesheer en argitek wat jy ooit ontmoet het, teen hierdie nuwe program opstaan want dit bedreig omtrent elke hoër inkomste-werk wat bestaan!
Dames en here, dit blyk dat hierdie oomblik uiteindelik aangebreek het ...
LIGGAAMDEURSTEKING
Die openbaarmaking van die Antichris is voor die deur. Dis aan die wêreldwye oplewing in die heidendom te sien; ook hier in ons land. Na die prysgawe van politieke mag in April 1994 het Suid-Afrika ’n ongekende terugkeer na die heidendom beleef. Dink aan die beeldmateriaal van die toordokter-voordanser tydens die inhuldiging van Nelson Mandela as president.
Mandela is kort na sy vrylating terug na sy geboortegrond (Oos-Kaap) om sy voorvadergeeste vir sy vrylating te gaan dank. Daarna het ’n NG Sinode hom soos ’n held ontvang en “Laat Heer u seën op hom daal” toegesing!
Die ongekende terugkeer na die heidendom kan onder andere aan die toename in velinsnydings, liggaamsdeursteking, neus- en wenkbrouringe, tongknopies, oorringe, tatoeëring en ander liggaamlike mismaaksels gesien word.
Twee van die opvallendste heidentekens is tatoeëring en liggaamsdeursteking. Dit kom basies by alle heidennasies voor en is sigbare tekens dat so ’n persoon nie aan die lewende God behoort nie. Die Bybel is duidelik daaroor. “Julle mag ook geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here” (Lev.19:28). God roep gelowiges op om heilig (afgesonderd) vir Hom te leef. Die argument: ” Maar almal doen dit” geld beslis nie vir gelowiges nie.
LEER UIT GOD SE REDDENDE GENADE
Hannes Ollewagen
Titus 2:11-15
“WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,”(:11&12).
Die reddende genade. Hierdie genade is onbeskryflik groot. Die genade wat God die Vader aan ons bewys het om ons uit die sondemag te red. Hierdie genade van God wat in Christus Jesus aan ons openbaar is. Hy het ons begenadig deur die straf vir ons sondes op Hom te laat neerkom sodat ons met God die Vader versoen kan word. Ek herhaal – sodat ons met God versoen kan word. “Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.” (Efés. 2:13).
Hierdie boodskap van Christus se koms na die aarde en sy sterwe word wyd verkondig. Maar ongelukkig word hierdie boodskap ook menigmaal baie skeef verkondig. Dit word aangebied op ‘n wyse wat mense in die gehoor sal streel deurdat alle verantwoordelikheid vir ons redding op Christus afgeskuif word. En hierna is al wat oorbly ‘n lewe waarin ek salig my eie geluk en hartsbegeertes kan navolg in die rustige wete dat Christus mos vir my sondes gesterf het. Ek is daarom reguit na die hemel onderweg, ongeag hoe my geloof en lewe verder daaruitsien. Dit is wat dwaalleraars aan mense leer.
RED ONS LEWENDE HAWE...
EN ONS EKOLOGIE!
Europese regerings teiken die landboubedryf al vir etlike jare. Die groot geraas oor klimaatsverandering soos om nou weer 200 000 beeste vankant te maak “om die aarde en sy klimaat te red”, laat mens dink aan lesse van die verlede – wat ongelukkig nie deur die geldmag en liberales geleer wil word nie want hoe minder voedsel, hoe minder mense... Die Ierse regering het onlangs voorgestel dat Ierse koeikuddes oor die volgende drie jaar met 10% verminder word om die Europese Unie se klimaatsveranderingmikpunte te bereik, wat 'n vermindering van minstens 25% van boerderye teen 2030 insluit.
‘n Les wat ons jare gelede reeds geleer het, was dat die bloedbad van 40 000 olifante in Afrika onnodig en fataal was.
Allan Savory was destyds ‘n jong bioloog wat betrokke was by ‘n projek om groot dele van Afrika-grond as nasionale parke opsy te sit. Dit het behels dat inheemse stamme van die land verwyder is om die diere te beskerm. Vreemd genoeg, sodra die inboorlinge verwyder is, het die land begin agteruitgaan.
Op daardie stadium het hy oortuig geraak dat daar te veel olifante is, en 'n span ‘kundiges’ het saamgestem. Hulle het toe sowat 40 000 olifante vankant gemaak om 'n getal te bereik wat hulle gedink het deur die grond onderhou kon word. Tog het die grondvernietiging net erger geword. Savory noem daardie besluit "die grootste flater" van sy lewe. Gelukkig het die volslae mislukking, ‘n vasberadenheid by hom gevestig om sy lewe daaraan te wy om oplossings te vind.