Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons moet onsself aanvaar soos ons is want dit is hoe God ons geskep het. Aanvaarding beteken dat jy waardevol is net soos jy is. Dit laat jou toe om die ware jy te wees. Jy word nie ingedwing in iemand anders se idee van wie jy werklik is nie. Dit beteken jou idees word ernstig opgeneem omdat dit jouself weerspieël. Jy kan praat oor hoe jy binnekant voel – en iemand gee werklik om. Ware selfaanvaarding word nie in die krag van prositiewe denke, kopspeletjies of sielkunde gevind nie; dit is 'n geloofsdaad wat deur die genade van God plaasvind.
DIE OES VAN ONS LAND
Hannes Ollewagen
Lukas 8:4-15
“En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!” (:8).
Dit is weer daardie tyd van die jaar wat die boere hier in die Vrystaat met ywer hul lande bewerk. Die reëntjie wat ons tot dusver ontvang het, het die meeste met groot opgewondenheid vervul. Dit wek by die mens sommer ‘n groot verwagting. Daar word hard gewerk, lande word voorberei en saad word geplant, want die huidige stand van sake wek ‘n vooruitsig van ‘n goeie opbrengs. En hierna wag die landbouers op die opbrengs van hul handewerk soos wat ons in Jakobus 5:7 lees.
“…Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.”
Hierdie opgewondenheid en verwagting onder ons mense laat my dink aan die woorde van die Here by monde van die profeet Jesaja.
DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (7)
DIE BYBEL GEE LEWE
DIT BEVAT
Die wil van God
Die verlorenheid van die mens
Die weg na saligheid
Die verdoemenis van sondaars
Die blydskap van gelowiges
Die lig wat ons lei
Die voedsel vir die gees
Die troos om ons op te beur
DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (6)
DIE BYBEL BLY VIR ALTYD STAAN
Eeue kom en eeue gaan
Tog bly die Bybel voortbestaan
Koninkryke kom en heerskappye wyk
Nogtans word die Bybel deur mense gebruik
Al word dit ook deur mense bespot
Bly dit vir gelowiges die hoogste gebod
Storms van haat oorweldig dit nie
Voor God buig eendag elke knie
DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (5)
DIE NUT VAN DIE BYBEL
Die Bybel is vir ons:
Die handves van ware staatkundige vryheid
Die voorloper van minsame beskawings
Die insteller van owerheidsgesag
Die vormgewer van regverdige wetgewing
Die resep vir volksvoorspoed
Die gids van die geskiedenis
Die dryfveer agter die meeste letterkunde
KASSINGA – DIE WAARHEID OOR 4 MEI 1978
“Dit is Hemelvaartdag, 4 Mei 1978; ons is oppad na Cassinga, 260 kilometer binne Angola – en ‘n moontlike vroeë dood... Die bome lyk vir my gevaarlik naby, maar dis dalk beter so, want so is dit onwaarskynlik dat die radar ons sal optel, en ons dan ‘n prooi word vir ‘n Kubaanse Mig vegvliegtuig. Skielik swiep ‘n grys voorwerp van agter af onder ons deur, en vir ‘n oomblik versteen ek.”
Geloftelandlesers het die uiters groot voorreg om die persoonlike ervaring van Peet Victor, een van die dapper valskermsoldate wat ons landsgrense in die sewentigerjare help beskerm het, eerstehands hier te lees. Ons hartlike dank aan hom vir hierdie inligting wat nie net ‘n opwindende ware aksieverhaal is nie, maar definitief bevestig dat Kassinga een van die hoofkwartiere van die terroriste-organisasie SWAPO was, en nié soos SWAPO later beweer het, ‘n vlugtelingkamp wat onreg gely het nie. Die aanval op Kassinga was ‘n noodsaaklike operasie om die kommunistiese guerillavegters van Suid-Afrika te probeer afkeer. Vandag kan ons net lof en eer bring aan hierdie dapper manne wat hulle lewens nogeens in gevaar gestel het!
Bietjie agtergrond – Red
Die Slag van Kassinga, ook bekend as die Cassinga Raid of Cassinga Massacre, was 'n omstrede Suid-Afrikaanse lugaanval op 'n kamp van die guerrilla-organisasie SWAPO in die stad Kassinga, Angola, op 4 Mei 1978. Gelei as een van die drie belangrikste aksies van Operasie Reindeer tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, was dit die eerste groot lugaanvaloperasie van die Suid-Afrikaanse weermag.
Wat dit omstrede gemaak het is SWAPO se bewering dat Kassinga eerder 'n vlugtelingkamp as 'n militêre kamp was, en dat die klopjag kwansuis 'n bloedbad op burgerlikes eerder as 'n baie suksesvolle militêre operasie was.
DIE UURGLAS LOOP UIT (12)
Ds A.E. van den Berg
Die ewige goeie tyding
“Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.... Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester” (Openb.22:14,16).
Die afsluiting van Openbaring is uniek. Niks word aan die verbeelding oorgelaat nie. Jesus waarsku dat niks van hierdie boek weggeneem of daaraan bygevoeg mag word nie omdat dit sy boodskap van hoop sal belemmer en mense mislei word soos bv. die dwaling van die wegraping wat leer dat daar vir sekere gelowiges ʼn ontsnaproete voor die groot verdrukking sal wees.
In die openingsverse van Openbaring word gesê:
“...dit is die openbaring van Christus Jesus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon.”
Daarna volg ʼn saligspreking:
“...salig is hy wat die woorde... bewaar wat daarin geskrywe is...”
en op die laaste bladsy van die Bybel herbevestig:
“Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die HERE, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur”.
Daarna volg nog ʼn saligspreking:
“Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar”.
OM GEHOORSAAM TE WEES
Hannes Ollewagen
1 Samuel 15:1-35
“Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.Want wederstrewigheid is ’n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” (:22&23).
Saul gaan vir Samuel ewe selfvoldaan tegemoet nadat hy teruggekom het van die oorlog teen Ámalek. Hy het ‘n groot oorwinning behaal. Hy het die vyand se land met die banvloek getref. En dan het hy boonop met ‘n groot buit teruggekom wat hy van voorneme was om aan die Here te offer. Samuel deel egter nie Saul se opgewondenheid oor die oorwinning nie. Inteendeel, Samuel is woedend omdat Saul aan die Here ongehoorsaam was. Hierdie groot, aansienlike buit en offer was vir hom glad nie indrukwekkend nie.
Geliefdes, ons behoort beslis in ons tyd hierdie lering uit God se Woord ter harte te neem. Ons sien ook hoedat mense al te graag dinge doen om indrukwekkend te lyk. Dink maar hoe indrukwekkend moes daardie offer van Saul nie gelyk het nie! Die beste van die Ámalekiete – en dit in hul menigte wat as offer aan God gebring word. Ja, soos daardie mense in ons tyd wat hul skenkings van miljoene rande maak – hoe indrukwekkend vir die mens. Maar hoe gering voor God omdat die gesindheid waarmee dit gedoen word nie vir Hom aanneemlik is nie.
“EN Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is ’n oortjie.Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.” (Markus 12:41-43).
WES-KAAP WIL AFSTIG
Is die afstigting van die Wes-Kaap werklik ‘n haalbare opsie?
Dr Danie Theron
(Gelofteland deel nie skrywer se siening oor afstigting van ‘n gebied vir ‘n Afrikanerstaat nie. In hierdie artikel is daar egter baie ander interessanthede en plaas ons dit.)
Dr Corne Mulder van die VF Plus het onlangs in ‘n toespraak by die KaapstadsePersklub gestel dat “ons” toekoms in ‘n onafhanklike Wes-Kaap lê. Meer bepaald dan dat daardie provinsie selfbeskikking deur middel van sesessie (afstigting) moet oorweeg en ‘n onafhanklike staat moet word.
Hy het aangevoer dat 71% van die inwoners nie wil hê dat die ANC oor hulle moet regeer nie en dat die ANC maar hoogstens 36% van die mense aldaar sedert 1994 kon oorreed om vir hom te stem, ‘n persentasie wat intussen kleiner geword het.
Ek het reeds in ‘n vorige artikel daarop gewys dat afstigting van ‘n gebied (en daarmee saam onafhanklikheid) die tussentydse aangewese opsie vir die Afrikaner is. (Gelofteland het dit goedgedunk om nie die vorige artikel te plaas nie – Red). Of die Wes-Kaap, soos hy tans daar uitsien, egter die oplossing is, kan bevraagteken word. Dit vanweë die etniese samestelling van die provinsie.
ONTMASKER DIE MASKER...
Nege maande ná die COVID-19-pandemie duur die bittere konflik oor die dra van maskers in elke land nog voort. Die meeste van ons hou nie van die ding oor ons gesig nie maar daar is diegene wat glo dat die dra daarvan noodsaaklik is. En dit word steeds deur owerhede op die publiek afforseer te midde van die feit dat alle navorsing sover aantoon dat die dra van maskers nie die verspreiding van virale siektes voorkom nie.
In ‘n video voer Robert F. Kennedy Jr., stigter van Children's Health Defense, 'n onderhoud met die ondersoekjoernalis Jeremy Hammond - bekend vir sy talle artikels oor buitelandse beleid, finansies, inentstowwe en meer onlangs oor pandemiese reaksiemaatreëls.
In die onderhoud het hulle 'n reeks vrae bespreek, waaronder:
• Wat is die einddoel van wêreldwye maatreëls soos inperkings en die dra van maskers?
• Gaan dit regtig om die beskerming van die volksgesondheid, of is daar 'n ander agenda?
• Wat sê die wetenskap oor die doeltreffendheid van maskers teen virussiektes? Is daar nadele, soos gevolge vir slegte gesondheid? Moet kinders maskers dra, alhoewel hul risiko vir die opdoen van COVID-19 feitlik nie bestaan nie?
• Wat is die groter samelewingsgevolge van die dra van maskers?
Wat sê die wetenskap?
DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (4)
DIE BOODSKAP VAN DIE BYBEL
Die Bybel is in hoofsaak met die verhaal van God se verlossing in Jesus Christus gemoeid. As ons die Bybel lees, maar die verhaal van verlossing mis, mis ons die boodskap en betekenis van die Bybel. Die verhaal van Jesus is in feitlik elke boek van die Bybel te vinde. Hy is die volgende:
Genesis: Die Saad van die vrou
Exodus: Die Paaslam
Levitikus: Die versoenende Offer
Numeri: Die geslane Rots
Deuteronomium: Die Profeet
DIE UURGLAS LOOP UIT (11)
Die verheerlikte bruid
“En een van die sewe engele .... het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam”(Openb.21:9).
In die OT lees ons van Moses wat by geleentheid op ʼn berg geklim het waar God hom noukeurig voorgeskryf het hoe om die tabernakel op te rig en daarna reg in te rig. Dit moes as ʼn sigbare simbool van God se inwoning onder sy volk dien en almal wat dit besoek het, moes weet dat God op besondere wyse hier te vind was.
In Openb.21 word Johannes ook deur die Gees na ʼn hoë berg meegevoer om hom te wys hoe die woonplek van God onder die mense op die nuwe aarde gaan lyk. Die eerste tabernakel het net een poort aan die oostekant gehad. Die laaste een het 12 poorte; drie in elke windrigting en kan van alle kante af binnegekom word.
Johannes sien die name van die 12 stamme van Israel op die stadspoorte en die name van die 12 apostels op die stadsfondamente. Dis die simbool van die apostels se uitdra die evangelie van verlossing aan alle volke, tale en nasies. Dis die ware kerk en bruid van Christus deur die eeue. Johannes sien die eindproduk.
Bruide doen altyd groot moeite om hulle vir hul troudag mooi te maak. Geen bruid vergelyk egter met die skoonheid van die bruid wat hier beskryf word nie. Volgens die Bybel was Moses ʼn aantreklike man. Toe hy destyds na die opdrag om die tabernakel in te rig, van die berg gekom het, het sy gesig so geskitter dat mense nie na hom kon kyk nie. Hy moes ʼn sluier moes dra (Ex. 34).
OM ONS NAASTE LIEF TE Hê
Hannes Ollewagen
Markus 8:28-34
“En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” (:31).
Die naasteliefde – so ‘n kosbare deug waaraan ons samelewing ‘n geweldige gebrek het; en het dwaalleraars grootlik bygedra in die vernietiging daarvan. Hoe groter die verkondiging word van ‘n skewe “God is NET LIEFDE”-teologie, hoe kleiner word die mens se liefde vir God en vir sy naaste. Ja, hierdie kettery dat jy onder die “sogenaamde liefde van God” maar elke begeerte wat in jou hart opkom kan uitleef en dat daar géén skepsel so kosbaar en dierbaar as jy is nie is soos petrol op die vuur wat ons liefde vir God en die liefde vir ons naaste verteer. Ja, daardie vuur van selfsug en selfliefde wat ‘n spoor van verwoesting agterlaat.
Geliefdes, hoeveel liefde sien ons wanneer ons rondom ons kyk? U wonder dalk hoe ons dan liefde kan raaksien – dit is tog iets diep binne in ‘n mens. Maar dit wat in ons hart en gedagtes aangaan, word tog eindelik deur ons optrede vergestalt. En beskryf die Woord van God tog nie so mooi hoe die liefde lyk nie?
"Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” (1 Kor. 13:4-7).
SA WEERMAG VOOR 1994 (5)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
SA WEERMAG SE HOOGTEPUNTE EN MYLPALE IN 1988 (2)
“Wat wapentuig betref, is ons nuwe wapenstelsels tydens die internasionale Fida-lugskou in Santiago (Chili) bekend gestel. Die nuwe geleide lug-tot-lug-missiel n1 die Darter (V3C) en die afstandbeheerde Seeker-verkenningsvliegtuig wat tot 200 km van sy basis of kan opereer, het heelwat belangstelling in militêre kringe uitgelok.”
Burgermag en Staande Mag 75 jaar oud
Die Burgermag se 75ste bestaansjaar is tydens 'n luisterryke parade in Johannesburg gedenk. By dié geleentheid, waaraan 1 200 soldate van 32 Burgermageenhede deelgeneem het, is die saluut waargeneem deur die onderburgemeester van Johannesburg en genl maj C.P. van der Westhuizen, Bevelvoerder van Kommandement Witwatersrand. 'n Spesiale uitstalling oor die Burgermag by die Suid-Afrikaanse Museum vir Krygsgeskiedenis, het deel van die verrigtinge gevorm. Die Aktiewe Burgermag het op 1 Julie 1913 as deel van die Unieverdedigingsmag tot stand gekom.
Die Staande Mag was in 1988 ook 75 jaar oud. Die Staande Mag wat op 1 April 1913 gestig is, het destyds grotendeels uit vyf regimente van die Zuid-Afrikaansche Bereden Schutters (ZABS) bestaan. Die ZABS was in werklikheid 'n militêre polisiemag wat meestal polisietake in hul onderskeie gebiede verrig het. Die laaste oorblywende regiment van die ZABS is op 31 Maart 1926 onthind, maar die Staande Mag, wat 'n nukleus vir die Unieverdedigingsmag sou vorm en later ‘n deel uitgemaak het van die Voltydse Mag, was toe reeds gevestig.
11 NOVEMBER 1880: BEZUIDENHOUT SE WA ONS VOORBEELD
Ons Afrikanervolk ly reeds 26 jaar onder die hiel van swart kommunistiese oorheersers wat die land onwettig “regeer”, as gevolg van die verraad van De Klerk, Botha en Kie. Dit is nie die eerste keer wat ons volk ons in hierdie situasie bevind nie. Ons geskiedenis is deurtrek van gebeure van verraad en oorheersing deur magsugtige vyande soos Brittanje wat van ons onderdane gemaak het. Maar ons het telkens met weerstand in ons murg en gebeente weer opgestaan en ons land terug verower.
Die vraag is nou of ons weer daardie weerstandige dapperheid van ons voorsate sal openbaar om vir hopelik die heel laaste keer uit ons slawernyskap op te staan en met die genade van God ons land te kan terugneem wanneer die geleentheid hom voordoen. En dit is nie “as” die geleentheid hom voordoen nie, wel “wanneer”, want dit lyk asof ons slawernyslaap besig is om verby te gaan. Daar was meer nasionalistiese ontwaking die afgelope maande ten tye van die Black Lives Matter-aksies en die Covid-19-leuens as wat daar in die afgelope 26 jaar sigbaar was. As ons nie hierdie momentum deurdag aanwend om die juk van ons af te gooi nie sal dit ons later ernstig berou. In hierdie tyd is daar die tipe sneller wat ons nodig het om tot aksie oor te gaan.
SA WEERMAG VOOR 1994 (4)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
HOOGTEPUNTE IN 1988
DIE SUID-AFRIKAANSE WEERMAG IN 1988: HOOGTEPUNTE EN MYLPALE
Inleiding
Vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) was 1988 weer eens 'n jaar wat talle hoogtepunte opgelewer het. In hierdie verband kan enkeles, soos die SAW se operasionele suksesse in Angola, die beëindiging van vyandelikhede in SWA en die ondertekening van die drieparty-ooreenkoms in New York, die bekendstelling van nuwe wapentuig, die Vloot se geslaagde Oefening Magersfontein en sy deelname aan die Dias-gedenkfees genoem word. En dan was daar ook die instelling van die Nasionale Vaandel.
In 1988 het die SAW ook heelwat gehad om te gedenk, soos onder meer die 75ste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD), die Staande Mag en die Burgermag.
SA WEERMAG VOOR 1994 (3)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
BEDREIGING EN REAKSIE
“Sedert Januarie 1980 is nege aanvalle deur klein taakgroepe van die SAW op ANC-basisse in buurstate geloods. Die feit dat 1 076 dade van terreur in dieselfde tydperk in die RSA gepleeg is, is ‘n duidelike bewys dat die RSA se aanvalle op terroristebasisse in buurstate ten volle geregverdig was.”
In 1962 was die bedreiging vir die nuutgestigte Republiek nog uiters gering (1 jaar later). Suid-Afrika se uittrede uit die Statebond het egter 'n groter mate van selfstandigheid ten opsigte van sy verdedigingsbehoeftes geïmpliseer. Terselfdertyd moes hy sy sekerheidsituasie heroorweeg teen die agtergrond van die chaos, verwoesting en onstabiliteit wat in sommige van die nuwe onafhanklike Afrikastate gewoed het.
In die Verenigde Nasies het 'n aantal lidlande deelgeneem aan 'n veldtog wat die isolasie en omverwerping van die Suid-Afrikaanse regering ten doel gestel het. Vanaf 1960 het verskeie lande boikotte teen Suid-Afrika ingestel terwyl internasionale sanksies verder aangehelp is deur die aksies van anti-Suid-Afrikaanse organisasies.
Gedurende die opvolgende 20-25jaar is nuwe dimensies tot Suid-Afrika se sekerheidsituasie toegevoeg. Sy posisie is nadelig geraak deur verwikkelinge soos die algehele wapenverbod (1977), Kubaanse betrokkenheid in Suidelike Afrika en die groeiende bedreiging van terroristebewegings.
DIE UURGLAS LOOP UIT (10)
DIE BOEKE IS GEOPEN
“En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:12,15).
Paulus het nooit die evangelie verkondig sonder om na ʼn baie belangrike waarheid te verwys nie nl. dat elke mens met die oordeelsdag rekenskap van sy lewe voor Jesus sal moet gee nie:
“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).
Dis ʼn waarheid wat gelowiges verbly en ongelowiges baie ongemaklik maak. Net voor sy teregstelling vermaan Paulus die jong Timoteus om hierdie waarheid te bly verkondig. Hy skryf dat die mense van die laaste dae dit nie meer sal wil hoor nieomdat hulle ʼn renons in hierdie waarheid gaan hê (2 Tim.4).
DIENSBAAR AAN GOD – DIE ENIGE HERE
Hannes Ollewagen
Deut. 6:1-25
“Hoor, Israel, die HERE onse God is ’n enige HERE.Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.” (:4-8).
Die Here herinner sy volk daaraan hoedat Hy hulle van hul slawerny in Egipte verlos het. Hy beveel hierdie volk wat Hy vir Homself as eiendom verkry het om hulself met oorgawe aan Hom te wy. Hy eis hul onverdeelde liefde en trou.
Die God waarvan ons in Deuteronómium lees, is dieselfde God wat ware gelowiges wat in God Drie-enig glo vandag nog aanhang en aanbid. Dit is die God van Abraham, Isak en Jakob. Dit is die God van Dawid, die God wat sy geliefde Seun, Christus Jesus, na die aarde gestuur het om sy volk met sy kosbare bloed te koop. Dit is die onsienlike, onverderflike, alleenwyse God.
“Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.” (1 Tim. 1:17).
Dit is die onveranderlike God.
SA WEERMAG VOOR 1994 (2)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
Geskiedenis van SA Weermag voor 1994
Om volle waardering vir ons destydse weermag te hê is dit goed om 'n kort stukkie geskiedenis sover terug soos die vyftiende eeu, oor die rede vir hulle ontstaan na te gaan.
Ontdekkingsreisigers en handelsvaarders het reeds sedert die laat vyftiende eeu om die Kaap die Goeie Hoop gevaar, maar niemand het dit belangrik genoeg geag om 'n permanente teenwoordigheid aan die suidpunt van Afrika te vestig nie. Die eerste permanente nedersetting het in 1652 tot stand gekom nadat toenemende handelsverkeer om die Kaap die Hollands-Oos Indiese Kompanjie laat besluit het om 'n verversingspos hier te stig. 'n Klein garnisoen — wat in sterkte tussen 70 en 170 man gewissel het — is vir plaaslike beskerming daargestel. Hierdie mag was nie sterk genoeg nie en is in 1658 deur 'n Burgerwag aangevul.
Die Burgerwag het algaande in 'n kommandostelsel ontwikkel wat bestaan het uit sowel burgers as beroepsoldate wat teen 1670 ter verdediging van die Kaapse Nedersetting opgetree het. Die eerste werklike burgerkommando onder aanvoering van burgeroffisiere is in 1715 goedgekeur en hierdie stelsel het in swang gebly totdat Brittanje die Kaap permanent beset het.
DIE SA WEERMAG VOOR 1994 (1)
Lees reeks by SA Weermag voor 1994
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG VAN AFRIKA
Ons het in hierdie jaar weer 'n naby blik op die weermag van hierdie land gekry toe hulle tydens die eerste fases van Covid-19 ontplooi is. En wat 'n gesig was dit nie! Die ongedissiplineerdheid, korrupsie, onvermoë en magsbeheptheid van onopgeleides is 'n skande en wil mens dit werklik nie die Suid-Afrikaanse Weermag noem nie! Kom ons kyk weer na hoe 'n ware weermag lyk, en dan onthou ons wat 'n voorreg ons gehad het toe ons 'n waardige, gedissiplineerde en trotse weermag in die apartheidsjare gehad het.
Die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), wat allerweë as die mees gedugte krygsmag op die vasteland van Afrika beskou is, dieselfde instrument waarmee miljarde rande aan die jarelange grensoorlog vir die landsbeveiliging teen terrorisme spandeer is voordat Suid-Afrika uiteindelik aan dieselfde terroriste persent gegee is (nie omdat die weermag te swak was nie maar omdat Afrikanerleiers die volk en hulle land verraai het), het uit vier vertakkinge bestaan. Die Leër, die Lugmag, die Vloot en die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD) se hoofkwartiere was almal in die Pretoriagebied geleë. Hulle is deur nog een ondersteuningsdiens aangevul, naamlik die afdeling van die Kapelaan-generaal.