Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus is altyd by jou. Om só 'n Vriend te hê wat so naby jou is, gee jou rede om elke dag met 'n dankbare lag te takel.
WAAROM VIER ONS KERSFEES OP 25 DESEMBER?
Dat Jesus se geboorte op of naby aan 25 Desember geskied het, is ’n baie sterk moontlikheid. Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel uitgewerk. Dit was glo in September van daardie jaar. In daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en van Johannes (die Doper) se komende geboorte verwittig. Werk dit ’n bietjie uit - Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het. Dit was dus in Maart. Die kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken. Die geboorte van Jesus was nege maande later – 25 Desember.
Daar is talle besware teen hierdie datum. Desember is winter in die Noordelike Halfrond en herders sou kwansuis nie tydens die koue in die veld wees nie. Dis moontlik. Tog moet daar rekening gehou word dat skape die heel jaar by die tempel geslag is, hoofsaaklik skape wat in Betlehem (naby Jerusalem) aangehou is. Daarom kon dit in Desember gewees het.
TERT SE KERSFEESSTORIE
'n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil. Ons sou hulle eers weer na Nuwejaarsdag sien.
Met hulle terugkeer het ons gaan hallo sê en voorspoedige Nuwejaar en alles.
"Nou waar was julle toe?" wou ek nuuskierig weet.
"Noord-Kaap" sê Tert.
"Ek het nie geweet julle het familie daar nie?" vis ek verder uit.
"Nie gehad nie, maar nou het ons."
"Nou maar hoe werk dit?" hou ek vol.
KERSFEESMENSE!
Ds Andrè van den Berg
“Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ’n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is” – 1 Pet.1:24,25
ʼn Paar jaar gelede is ʼn jong vrou met kanker gediagnoseer. Die dokter was eerlik met haar – sy was sterwend. Toe die dokter haar later tuis besoek, wou sy weet hoeveel tyd sy nog oor het om te leef. Haar tyd was baie kort en hy wou die boodskap so simpatiek as moontlik aan haar oordra. Deur die kamervenster kon hy ʼn akkerboom sien en dit was herfs. Die blare het verkleur en begin afval. “As al die blare van daardie akkerboom afgeval het, sal jou tyd verby wees” sê hy toe vir haar.
Die vrou en haar man het hul sesjarige dogtertjie nie in die deur sien staan nie. Toe die dokter weg is, het die man by die venster uitgekyk en iets gesien wat sy hart gebreek het. Die dogtertjie was besig om die blare onder die akkerboom op te tel en een vir een met garingdraad aan die boom vas te werk!
HET U ‘N BRUILOFSKLEED?
Hannes Ollewagen
Matt. 22:1-14
“En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.” (:11&12).
Alhoewel die diensknegte van die koning oral oor gaste vir die bruilof versamel het, moes hierdie versameldes hulself steeds met ‘n bruilofskleed oorklee alvorens hul aan die bruilof kon deel hê. Daar was een gas wat gedink het om sonder daardie bruilofskleed aan die bruilof deel te neem, maar hy is deur die koning raakgesien, aangespreek en uitgewerp.
Geliefdes, hoe toepaslik is hierdie gelykenis nie ook nog in ons dae nie? Ons sien en hoor diensknegte van God, die Koning van die heelal, wat mense uitnooi om vir sy Bruilof gereed te maak. Ons hoor hoedat hulle vermaan en mense aanmoedig om hul bruilof klere gereed te kry, maar soos in die dae van Christus, steur die mense hul min hieraan. Elkeen gaan terug na sy handelsaak en na sy eie stuk land, na sy “YouTube” en sy rekenaarspeletjies, sy “Netflix” en oppervlakkige vermaak. Ja, elkeen gaan maar net eenvoudig voort met die gejaag na die verganklike dinge van hierdie wêreld.
WIE SE NAASTE IS ÉK?
Ons volk se vyande, wat ‘n verdraaide kennis van die Skrifwoord het, vertel gedurig dat die Swartes ons naastes is en dat ons hulle moet liefhê soos onsself. Wat hulle eintlik wil hê, is dat ons onsself in hierdie allesoorstelpende “liefde” moet vernietig. Luister wat die HERE aan ons sê hieroor:
Wie dan van hierdie drie, dink
jy, was die naaste van hom
wat onder die rowers verval het?
En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het.
LUKAS 10:36-37
In die gelykenis van die barmhartige Samaritaan wat die Here Jesus aan die verwaande wetgeleerde vertel het, het Hy aan hierdie selfvoldane Israeliet meegedeel wie die naaste, wat hy moes liefhê soos homself, onder spesifieke omstandighede kan wees.
ONS WAG OP ONS LEIERS
Dr JJ Snyman
Die vraag moet gevra word waarom die Brits-Joodse haat teen ons volk, meer as 20 jaar nadat ons volk van alle politieke mag gestroop is, steeds voortgesit word? Watter gevaar kan ‘n volk wat só verkneg is soos die Afrikanervolk, tog vir enigiemand inhou? Dit terwyl ‘n oorlog in die vorm van misdaad teen ons gevoer word, planne deurgaans gesmee en uitgevoer word om ons verder te onteien en te ontman en ‘n geestelike oorlog steeds woed om ons in ‘n skuldgevoel te laat versink?
Die antwoord lê daarin dat die Brit en die Jood nog lank nie met ons volk klaar is nie. Was dit dan nie Milner en Kitchener wat na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog verklaar het dat die oorlog teen die Boervolk voortgesit sal word nie? Het Colenbrander dan nie geskryf dat te midde van die Vredesverdrag (van Vereeniging) daar nog nie met die Boere afgereken is nie? En was dit nie die kommunistiese Jode in die SAKP en die ANC wat aan die voorfront geveg het om die Afrikaner van sy politieke mag te stroop nie?
GELOFTEDAG 2020
Wonderlike herinnering of heilige verpligting?
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die meeste kalenders sê dis vandag Versoeningsdag. Die geskiedenis sê dis Geloftedag. Waarom verskil die kalenders van die geskiedenis? Omdat die meeste volksgenote en kerke ontrou aan die Bloedriviergelofte geword het.
Die herdenking van die gebeure by Bloedrivier het deur die jare verskeie benamings gehad. Sarel Cilliers het dit aanvanklik“Wendag” en daarna “Die Slag van Dingaan” genoem. Dis ook vir baie lank “Dingaansdag” genoem met die bedoeling dat Dingaan op hierdie dag sy verdiende loon gekry het.
Hierdie roemryke dag is later tereg Geloftedag genoem omdat ʼn gelofte aan God gedoen is wat nagekom moes word. Dit gee aan Geloftedag ʼn geskiedkundige asook godsdienstige betekenis.
Waar kom Versoeningsdag vandaan? Van volksgenote wat die guns van volksvyande probeer verkry en soos tjankende honde onophoudelik die hand van hul kastyders lek. Die ergste is dat hulle nie daarin slaag nie! Heidene ag versoening as ʼn swakheid wat deur uitbuiting, geweld en ontwrigting uitgewis moet word. Dis die rede vir ons hoë misdaadsyfer en vandalisme.
WORD JY NOG DEUR 16 DESEMBER BEGEESTER?
Dr Danie Theron
Op 16 Desember sal die Afrikanervolk weer die Gelofte herdenk. Dit wil somtyds voorkom of baie volksgenote die dag herdenk asof hulle blomme op ‘n geliefde se graf gaan plaas. Of dalk om hulle gewete te sus. Want wat ná die 16e gebeur vertel, wat talle Afrikaners betref, ‘n verhaal van traak-my-nie-agtigheid en argeloosheid oor die erfenis en toekoms van die Afrikaner. So asof die doodsklok vir die volk van weleer gelui het en daar nou maar bloot na ‘n ekonomiese leefruimte in die veelrassige nuwe Suid-Afrika gesoek moet word.
Dit is dan wanneer ‘n mens besef dat die diepgang van die gebeure van 16 Desember by baie verbygegaan het. Dit is die diepte van die gebeurtenis wat langdurige waarde daaraan gee en nie die blote feit van ‘n militêre oorwinning oor die Zoeloes op daardie dag nie. Bloot militêr gesien is daar selfs die skeptici en kritici wat beweer dat die 469 manne beter toegerus was as die sowat 12 000 Zoeloes en derhalwe nie meer aan daardie faset veel waarde wil heg nie.
Daarom behoort die militêre van die historiese dag nooit in afsondering gesien te word nie, want dit alleen kan nie langdurige begeestering by ‘n volk opwek nie. Die gebeure wat Bloedrivier voorafgegaan het, het ewigheidswaarde vir diegene wat bereid is om dit in te sien en deel van hulle lewens- en wêreld beskouing te maak. Bloedrivier is nie ‘n dag nie, maar die kulminasie van ‘n strewe wat in God sy hoogtepunt gevind het.
Die trekkers in Natal was op die vooraand van 16 Desember op ‘n geestelike laagtepunt. Die gebeure rondom Italeni, Bloukrans en Weenen; die bloedvergieting, leiertwis, pessimisme, angs en nood, het die hele Groot Trek op ‘n mespunt laat balanseer. Kaalvoet oor die Drakensberge ja, maar was alles dan verniet, moes seker die vraag by baie van daardie mense gewees het.
RASBEWUSTHEID SAL ONS RED
Die afgelope weke is gekenmerk aan 'n opvlammende rasbewustheid. Dit gebeur nie net hier in Suid-Afrika nie maar ook in lande soos Amerika en Brittanje. Dit het heel moontlik iets te make met die bekendmaking van Black Lives Matter en die wreedaardige plaas moorde hier, maar hoe dit ookal sy, dat dit waargeneem word is 'n goeie ding. So sal slapende volksgenote weer begin wakker word en gedwing word om te wys waar hulle staan. Ons is moeg vir volksgenote wat nie standpunt inneem nie, erger nog, die wat ons volk so verraai het dat ons vandag op die grens van oorlewing staan. Verraderlike volksgenote het met hul vuil voete oor die Boerevolk se skoon gewetens geloop en in die politiekery waarin hulle hulself toegespin het, verstrengel geraak net om daarna van die toneel verdwyn. Om die vyand gedienstig te wees, is soos om ʼn krokodil te voer met die hoop dat hy jou die heel laaste sal vreet!
Die openbare mening is destyds mislei om te glo dat rasbewustheid ʼn gruwel is. Verwoerd se vooruitskatting van hoe Suid-Afrika in ʼn rasgemengde land sou lyk, getuig van die insig en wysheid waarmee God hom geseën het. Hy het in 1954 ‘n geskrewe scenario daarvan aan die parlement voorgelê. Dit wat ons vandag beleef, is feitlik ʼn woordelikse voorspelling daarvan; ʼn tablo van misdaad, korrupsie en die onvermoë om enigsins sinvol te kan regeer.
Die volksvyand het subtiel-metodies te werk gegaan om Suid-Afrika met liberalisme te besmet. Politieke jakkalse het hul eer spotgoedkoop op die internasionale mark verkoop net om twyfelagtige eer te bekom. Hulle is met beloftes van rykdom, mag en internasionale aansien omgekoop. Dit het hulle in die dryfsand van selfvoldaanheid laat versink en hul volk skaamteloos verraai.
ONS MOET GOD VRA
Hannes Ollewagen
Johannes 16:1-33
“En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” (:23&24).
Geliefdes, die Here herinner ons in hierdie gelese gedeelte vanoggend aan ons afhanklikheid van Hom. Hy herinner ons daaraan dat Hy ons liefdevolle Vader is wat by magte is om aan ons bedes te voldoen en ook sy liefde aan ons wil gee, ons help en bystaan.
“Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee; en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!” (Matt. 7:9-11).
Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie woorde van God ‘n opdrag aan ons uit sy Heilige Woord is. Dit is nie maar net ‘n gerusstelling of laaste uitweg waartoe ons onsself kan wend wanneer al ons ander planne gefaal het nie. Ons kry die opdrag om met ons begeertes, nood en bedes na Hom te gaan. Ons moet verstaan dat Hy ons God is – dat Hy die Een is wat ons kan help en van Wie ons afhanklik is. Ons moet verstaan dat ons, ons vertroue op Hom moet stel en op geen mens nie. En wanneer ek sê dat ons op die Here moet vertrou en op geen mens nie, moet ek onthou dat ekself ook ‘n mens is. Ek mag dus net so min op my eie krag as op ‘n ander mensekind se krag as eerder op die Here steun.
COVID-ENTSTOF ÍS VAN DIE DUIWEL!
Dit gebeur maar min dat ‘n mens met enige iemand of enige aspek van die ANC-regering kan saamstem. Hierdie keer wil dit lyk of “Chief Justice” Mogoeng ‘n Geloftelandleser is... want daar is maar min ander bronne wat die gevare van die voorgenome entstof teen Covid-19 uitgewys het.
Mogoeng het die afgelope week gebede tot sy god gerig dat alle entstof wat van die duiwel is, met vuur verbrand moet word. Sy pleidooie voor ‘n gehoor was so oordrewe toneelspel dat dit mens aan sommige Amerikaanse evangeliste laat dink het. Maar wat sou die man besiel het om so ‘n standpunt in te neem? Sou hy dalk werklik ingelig wees oor wat alles in die entstof opgeneem is?
Die media het juis hierdie week weer ‘n onderhoud gevoer met een van die groot Amerikaanse navorsers wat al baie jare entstowwe teen virusse ontwikkel. Die onderhoudvoerder het direkte vrae gevra en die man het direk “ja”op elke vraag geantwoord waaronder: “Is daar fetusdele in die entstof?; Is daar harte van gesonde fetusse gebruik?; Is daar longe van fetusse gebruik? Is daar breindele van fetusse gebruik?” ens. En die wetenskaplike het ook direk “ja”geantwoord op die vraag of daar net van gesonde fetusse gebruik gemaak word.
PCR-COVID-TOETSINGS FOUTIEF (2)
Ons het gister geskryf oor hoe die PCR-toetsmetode wat gebruik word om die Covid-19-virus by mense op te spoor, nie in staat is om dit te doen nie. Volgens Fuellmich is die enigste rede waarom die PCR-toets gebruik word en nog op 'n verkeerde manier ook gebruik word, om genoegsame vrees by die publiek te skep sodat niemand die pandemie-maatreëls wat in werking gestel word, sal bevraagteken nie.
Die Duitse Departement van Binnelandse sake het ‘n geklassifiseerde koerant naamlik die “Panic Paper” wat onlangs aan die pers gelek is. Daarmee is onthul dat die Duitse regering doelbewus beplan het om mense paniekerig te maak.
Fuellmich het die saak ondersoek en bevind dat een van die fyn strategieë wat in die koerant uiteengesit is, is om kinders skuldig te laat voel indien die gesin nie die Covid-regulasies nakom nie.
Volgens Fuellmich is PCR-toetsings vals en foutief. Daarby bestaan daar nie 'n dodelike viruspandemie nie, "en ek kan dit in die hof bewys," sê hy.
Soos Fuellmich opgemerk het, begin al hoe meer mense regoor die wêreld nou wakker word oor die feit dat die beperkings wat onder die dekmantel van die beskerming van volksgesondheid ingestel word, nie binnekort gaan verdwyn nie. Dit is deel van 'n veel groter langtermynplan, en die doel is om die wêreldbevolking 'n nuwe lewenswyse in te lei as digitaalbeheerde gevangenes van ‘n sataniese plan deur ‘n groep skatrykes. Die Nuwe Wêreldorde beteken letterlik dat die wêreld gedwing gaan word om ‘n nuwe orde te aanvaar waar ons sonder ons vorige vryhede dan as slawe van die Geldmag en hulle god, Satan, sal moet leef.
PCR-COVID-TOETSINGS FOUTIEF
Soos ons reeds 'n geruime tyd die waarheid oor Covid-19 aan ons lesers probeer bring, het ons hier weer eens bewyse van die bedrogspul. Dit is nie net in Suid-Afrika waar mense snuf in die neus gekry het nie. Talle lande, ook nou in Duitsland, is daar 'n spesiale komitee gestig wat bestaan uit regsgeleerdes wat van plan is om dagvaardings uit te reik sodra hulle ondersoeke finaal afgehandel is.
Reiner Fuellmich, wat al 26 jaar 'n advokaat vir verbruikersbeskerming in Kalifornië en Duitsland is, is 'n stigterslid van die Duitse buitelandse parlementêre Corona-ondersoekkomitee (Außerparlamentarischer Corona Untersuchungsausschuss, (ACU), wat op 10 Julie 2020 van stapel gestuur is.
Fuellmich lei die komitee se korrupsiekrisis-saak - 'n internasionale groepsgeding teen diegene wat verantwoordelik is vir die vals toetsings en bedrog in verband met Covid-19; hulle wat ‘n sogenaamde pandemie ontwerp het om ekonomiese verwoesting regoor die wêreld te bewerkstellig.
Hy skat dat meer as 50 ander lande die voorbeeld sal volg om ondersoek in te stel na die waarheid.
Professor Christian Drosten, Ph.D., 'n Duitse viroloog is die hoof van die Instituut vir Virologie aan die Universiteit van Bonn Mediese Sentrum. Drosten is veral bekend vir die ontwikkeling van die eerste diagnostiese toets vir SARS in 2003. Hy het ook 'n diagnostiese toets vir varkgriep ontwikkel, en in 2009 gehelp om paniek hok te slaan oor die H1N1.
BURGERLIKE ONGEHOORSAAMHEID
Ds A.E. van den Berg
“En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense” (Hand.5:29).
Mense met baie name haat dit om vorms in te vul. Keiser Nero sou een kon wees - Nero Claudius Caesar Augustus Germanicus! Hy was 12 jaar lank keiser van Rome en met ʼn man getroud. Toe ’n brand ’n deel van Rome verwoes het, het hy die Christene die skuld daarvoor gegee terwyl hy self die brand laat stig het om plek te maak vir nuwe geboue wat hy wou oprig.
Paulus se brief aan die Romeine is tydens hierdie regering geskryf. Nogtans vuur hy gelowiges nie tot opstand teen die regering aan nie en sê dat die beginsel van regeermag van God kom. Hy skryf in Rom.13 dat die staat sy mag van God ontvang en sodoende ’n dienaar van God is.
Toe Jesus voor Pilatus verskyn, sê Pilatus vir Hom:
“…. Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?” (Joh.19:10) waarop Jesus sê: ” …U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie…” (:11).
Toe Paulus later voor Festus staan, sê hy:
SY HEERSKAPPY IN MY LEWE
Hannes Ollewagen
Psalm 19:1-15
“Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan salek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.” (:14).
Hoe kosbaar is Dawid se versoek nie? Hy vra die Here om hom as nietige en sondige mens te help om vir Hom wat God is na behore te eer. Hy vra dat die Here hom daartoe sal help om daardie sondes in sy lewe waarvan hy bewus is te oorheers en te oorwin. Hy vra die Here om hom te help om nie aan hierdie ongeregtighede toe te gee nie, maar om daarteen weerstand te bied. Hy vra die Here om hom te help om nie die knie voor die heerskappy van ongeregtigheid te buig nie, maar om ‘n lewe van geregtigheid te lei.
Dawid maak nie soos talle mense vandag nie. As koning oor Israel ag hy homself nie so heilig en onaantasbaar en ontken dat daar enige sonde in hom is nie. Nee, geliefdes – hy besef dat daar in sy lewe dinge is wat die Here mishaag en hy verkies om daarteen te stry. Hy ontken dit nie. Hy praat die nie goed nie. Hy ignoreer dit nie as iets wat onbelangrik is nie. Dit is nie maar God se probleem as Hy nie daarvan hou of nie daarmee tevrede is nie. Hy soek nie verskonings daarvoor dat die tye dalk verander het of dat hy as ‘n vors onder God se volk nie God se insettinge hoef te onderhou nie. Nee, geliefdes – omdat Dawid se liefde vir God so groot was, was dit vir hom uiters belangrik om God te behaag. Hy het ‘n diepe begeerte gekoester om aan God gehoorsaam te wees, om Hom te eer en sy welbehae te doen. Ja, God lewer self getuienis van hierdie kosbare begeerte in die hart van koning Dawid.
DIE AANSLAG OP VOLKE SE SOEWEREINITEIT
Die Europese Unie probeer nou sy begroting van 1,8 triljoen Euro goedkeur, maar met die politieke slenter daarin opgesluit dat lidstate ‘n minimum aantal vlugtelinge moet aanvaar. Net Pole en Hongarye weier om daardie voorwaarde te aanvaar en word nou boonop gedreig dat hulle nie die “rule of law” in hulle onderskeie lande handhaaf as hulle nie hierdie voorwaarde as deel van die pakket wil aanvaarnie. Voor in die koor van die dreigers is die Nuwe Wêreldorde-dissipel, Angela Merkel, iemand wat globalisme reeds volledig omarm het.
Soos William Endahl, bekende onafhanklike internasionale politieke ontleder dit stel:
“However when we look more closely at various EU laws, it becomes clear that the phrase [“rule of law”] is used as yet another neuro-linguistic manipulation, much as the earlier “Responsibility to Protect” that was used by the Obama Administration to bomb Libya to the stone age.”
Die Poolse Eerste Minister, Mateus Morawiecki en Viktor Orbán, Eerste Minister van Hongarye, het ‘n gesamentlike perskonferensie gehou en gaan poog om hierdie stap te veto en sal die begroting alleenlik goedkeur as hierdie bepaling uitgehaal word.
Dis gewoon skreiend dat ‘n staat se soewereiniteit op so ‘n wyse aangeval word en dit onder die dekmantel van die “rule of law”.
ONTWAAK UIT DIE SLAWERNY!
Vandag, 2 Desember, word die vrymaak van slawe internasionaal herdenk. Hoe ironies dat die Blanke in Suid-Afrika juis vandag in groot slawerny verkeer. Minstens het die slawe wat tot in 1834 met hulle vrystelling hier in Suid-Afrika nie vir hulle lewens gevrees en is hulle nie in duisende vermoor nie, meer as wat ons vandag van óns toestand vandag kan sê.
Daar vind vandag internasionaal verslawing van volke plaas wat die slawe van destyds se omstandighede na ‘n kinderpartytjie laat lyk. Regoor die wêreld word gesien hoe volke deur hulle politieke leiers uitgelewer word. Of dit nou aan die banke is of aan vreemde oorheersing, die resultaat is dieselfde: verslawing.
In Suid-Afrika het die NP-regering in die vroeë 90’s die land op ‘n skinkbord aan die ANC oorhandig. Die gevolg? Slawerny vir die Blanke.
In Griekeland het daardie regering die Grieke uitgelewer aan die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) met die gevolg dat armoede die grootste deel van daardie land in die gesig staar.
STOP VIGS...
...HEILIG SUID-AFRIKA SE SEDELIKE GEDRAG!
Die voorspoed of verval van ʼn volk hang baie van die sedelike peil van sy burgers af. Van die 22 beskawings wat al tot ʼn val gekom en van die wêreldkaart verdwyn het, het 19 weens sedelike verval tot niet gegaan. Suid-Afrika se sedelike peil verkeer in bodemlose put met die hoogste voorkoms van VIGS ter wêreld! Nagenoeg 18% van alle volwasse Suid-Afrikaners is besmet en die getalle styg steeds soos wat die gat in ons morele osoonlaag groter word.
In 1982 was twee homoseksuele vlugkelners die eerste mense wat in Suid-Afrika met VIGS gediagnoseer is. Vyf-en-twintig jaar later was 5,7 miljoen mense in Suid-Afrika besmet. In 2010 alleen het 280,000 mense in ons land daaraan gesterf; 42% van die sterftes daardie jaar!
Niemand weet vir seker waar en wanneer VIGS begin het nie. Dit was nie altyd daar nie. Die algemene verklaring is dat dit iewers in Afrika ontstaan het waar mense wat die vleis van sekere ape geëet het ʼn virus na mense oorgedra het. Dis hoogs onwaarskynlik. Daarvoor het die virus net te vinnig versprei!
VIGS staan vir verworwe immuniteit gebrek sindroom. Die naam sê dat dit van nêrens gekom het nie maar miljoene lewens geëis het toe mense se immuniteit-sisteem skielik ophou werk het. Die VIGS epidemie vergelyk met die Swart Plaag wat eeue gelede in ʼn betreklik kort tyd van die een land na die ander versprei en miljoene lewens in Europa en Engeland geëis het.
ESKOM VAN BINNE EN BUITE VERROT
'N Ondersoeker van Eskom het bevind dat atmosferiese besoedeling van deeltjies tot tien keer die toelaatbare perk gedurende die afgelope twee jaar konstant by die Kendal-kragstasie gevind word.
Die Minister van Omgewing, Bosbou en Visserye, Barbara Creecy, het erken dat daar op 27 November ‘n dagvaarding aan Eskom beteken is, waarin die senior staatsaanklaer waarsku om 'n strafregtelike vervolging uit te voer ten opsigte van lugbesoedeling deur Eskom se Kendal-kragstasie.
Dit sluit die aanklag in van die verskaffing van vals en misleidende inligting in verslae wat deur die bestuur by Kendal-kragstasie opgestel is – wat 'n kriminele oortreding is soos in Artikel 51 (1) (g) van die Wet op luggehalte gelys. Die dagvaarding beveel dat Eskom-verteenwoordigers op 28 Januarie 2021 in die Witbank-streekhof moet verskyn.
DIE WONDER VAN GOD SE WOORD (8)
BESTANDDELE VAN ‘n BYBELSE GEBAK
Botter
“Water het hy gevra, melk het sy gegee, in ‘n sierlike skottel het sy dikmelk gebring” (Rigt.5:25).
Olie en meel
“…Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie….”
(1 Kon.17:14).
Vye en rosyne
“Daarby gee hulle hom ‘n stuk vyekoek en twee rosynekoeke” (1 Sam.30:12).
Water
“…Laat my tog ‘n bietjie water uit jou kruik drink” (Gen.24:17).
Heuning en neute
“…bietjie balsem en bietjie heuning, …neute en amandels” (Gen.43:11).
Eiers
“…en ek het die hele aarde bymekaargeskraap soos wat ‘n mens eiers bymekaarskraap” (Jes.10:14).
Sout
“…en jy mag die sout …nie laat ontbreek nie…” (Lev.2:13).
Suurdeeg
“…Weet julle nie dat ‘n klein bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?” (1 Kor.5:6).
Baie speserye
“…daar het nooit weer so ‘n menigte speserye ingekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie” (1 Kon.10:10).