Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Enigiemand wat meer oor die lewe te wete wil kom kan maar net die Bybel bestudeer; dit is 'n Boek oor die lewe: oor konings, boere, huisvroue, siekes, soldate, diensknegte, elke mens is in die Bybel; ook jou en my lewe word direk daarin weerspieël. Maar as jy nooit jou Bybel bestudeer nie kan jy nie verwag om lewenskennis te hê nie.
KAN GELOWIGES VERLORE GAAN?
Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het en die goeie Woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het – om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
(Hebr 6:4-6)
Dit gaan hier oor die vraag of God die werk van genade wat Hy in ‘n mens se lewe begin het, ook voortsit en voleindig, en of Hy die bose sal toelaat om dit weer te vernietig. Die antwoord daarop is JA, Hy sal dit volbring, want in die Skrif is daar geen twyfel oor nie: En Ek gee hulle (my skape) die ewige lewe en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie en niemand sal hulle uit my hand ruk nie, het die Here Jesus immers self in Joh. 10 : 28 gesê. Hoe swak ons ook al in ons self is, ons word tot saligheid deir die krag van God bewaar.
Die mense waarvan in Hebr 6 gepraat word, het eenmaal die Heilige Gees deelagtig geword en toe die goeie woord van God gesmaak en baie goeie dinge deelagtig geword, maar vir hulle ewige lewe het dit niks beteken nie, want daar was geen wedergeboorte en geloof nie. By die ware gelowige kom dit immers op wedergeboorte en geloof, op skuldbesef en bekering aan.
In die Christen se lewe kan daar baie teenslae na liggaam en gees hom tref, soos siektetoestande en ander verdrukkinge, maar daar is ook die gerustheid dat almal wat uit die geloof geregverdig is, vrede by God het. Ons word daarvan verseker deur die veiligheid van Christus se werk en deur die Vader se onveranderlike trou. Dit is die lewende hoop wat nie beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is, sê Romeine 5 : 5.
Hebreërs 6: 4-6 het betrekking op die afval van daardie Hebreërs wat tussen die kerk van die Nuwe Testament en die sinagoge van die Ou Testament wyfel. Hulle het die Heiland volkome verwerp en kruisig Hom as Seun van God weer ‘n keer en stel Hom bloot aan die spot en smaad van die wêreld. Sulke afval en verwerping van God se soekende liefde, sluit die moontlikheid van berou heeltemal uit. In Matt 10 : 33 is die Here Jesus se ontsettende uitspraak oor hulle: Elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
Hemelse Vader, baie dankie vir u onfeilbare Woord in 1 Joh. 5 : 12 :
Hy wat die Seun het, het die lewe.
DIE WIT HORISON (1)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan vier nog leef en al vier tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige (Tans woonagtig in die Kaap)
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes,Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
Die leser sal met verdrag ook lees van ander Suid-Afrikaners wat slegs as waarnemers die volle reis meegemaak het asook van 'n hele aantal Noorweërs teenwoordig.
VERTREK EN TRAGEDIE
’n Week voor 3 Desember 1959 het ons tien in Kaapstad bymekaargekom. Ons was die tien lede van die eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie wat in Koningin Maud-land ’n navorsingsbasis van die Noorweërs sou gaan oorneem.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (26)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
VERMORSING VAN GELD - vervolg
"Politieke moraliteit vereis gelukkig nie dat politici soos Pik Botha konsekwent in hulle uitsprake moet wees nie. Hulle moet net konsekwent skynheilig wees."
Daar is ander Inligtingsprojekte waaraan Generaal Malan deelgeneem het, soos die besoek van Amerikaanse deskundiges oor sielkundige oorlogvoering aan Suid-Afrika en die besoek van generaals vanaf Suid-Amerika, en waarna in die volgende memorandum verwys word:
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (25)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
VERMORSING VAN GELD - vervolg
In ’n heeltemal ander kategorie van “mislukkings”, is daardie projekte wat as gevolg van die foutiewe beplanning van ander Departemente, of die nalatigheid van individue bokant myself in die regerings-hiërargie in duie gestort het, en nie as gevolg van swak beplanning of foutiewe oogmerke aan ons kant nie.
Die beste voorbeeld van nalatigheid is hoe Suid-Afrika die kans verloor het om The Investors Chronicle, een van die mees invloedryke finansiële koerante in Londen, te koop.
KAN U DIE HERE RAADPLEEG?
Hannes Ollewagen
1 Samuel 28:1-25
“En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie – nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.” (:6).
Met die eerste oogopslag lyk God se optrede teenoor Saul ‘n bietjie onbillik. God leer ons dan dat ons Hom moet raadpleeg en wanneer koning Saul dit wél doen, antwoord God hom nie. Hoekom sou dit dan gebeur? Ons vind die antwoord hierop in verse 17&18 van die gelese gedeelte. “Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee. Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister en die gloed van sy toorn teen Ámalek nie uitgevoer het nie, daarom het die HERE jou vandag hierdie ding aangedoen.”
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (24)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
VERMORSING VAN GELD - vervolg
In retrospek het enkele van die geheime projekte inderdaad nie die resultate opgelewer wat ons verwag het nie. In verskeie ander gevalle het ons nie ons doelwit bereik nie. Sommige is nooit eens begin nie.
In verskeie gevalle het ons foute gemaak in die mense wat ons gekies het; of ons beplanning het nie vir die probleme wat later opgeduik het voorsiening gemaak nie. Hierin is ek so skuldig soos enigiemand anders. Maar weer eens, soos ek tevore aangedui het, is dit nie die volle verhaal nie.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (11)
TEMA 3: MISDAAD
Lees reeks by Waarheidstryders
U word weer vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit asb aan die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
DIE DOODSTRAF
ʼn Eerbare regering skuld sy burgers ʼn goeie bestaan. Daarvoor moet dit wette instel en toepas. Ook die doodstraf. Dis nie liefdeloos en onmenslik soos wat onkundiges dit maak nie. Dis in lyn met die Skrif!
Gen.9:6 gee die mees basiese uitspraak: “Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak”. Wie daarmee verskil, kritiseer uiteraard die Skrif. God motiveer selfs die doodstraf; iets wat geen ander godsdiens doen nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
PREEK SAL TE LANK NEEM!
Die dominee ry te vinnig want hy is haastig oppad na 'n ernstig siek gemeentelid in die hospitaal. Hy word afgetrek en die verkeerskonstabel sê:
"Moet ek vir Dominee `n preek afsteek oor u manier van ry?"
"O, los maar die preek," sê die predikant, "en neem net die kollekte op".
MENSEREGTE - HEIDENSE DENKWYSE
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
1 Kor.3:10-20
Wetgewers, owerhede en teoloë praat gereeld op nasionale en internasionale vlak met mekaar oor menseregte. Menseregte het as’t ware die taal van die internasionale gemeenskap geword, ’n taal wat almal verstaan, selfs oor godsdiens grense heen. Christen, Boeddhis en Moslem praat almal van menseregte.
Vir baie mense het dit as’t ware ’n nuwe godsdiens geword. Daar word aanvaar dat almal vandag regte het, selfs mense wat openlik gruwels soos homoseksualisme bedryf! Dit laat gelowiges ongemaklik met menseregte voel. Het mense regte?
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (23)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
VERMORSING VAN GELD?
"Mnr. Vorster sou nie nodig gevind het om die kwessie van moraliteit te betwis nie. Die 'volkswil' is meer belangrik as moraliteit — ten minste in Suid-Afrika. Apartheid is die beste voorbeeld daarvan. Dit is moreel aanvegbaar maar vir miljoene blankes is dit ’n lewensbelangrike beskermingsfaktor wat in plek gehou moet word."
Die vyf-jaar geheime program vir 1974-1979 sou, versprei oor hierdie tydperk, ’n bedrag van R75 miljoen vereis. Dit het die R6 miljoen ingesluit wat die Kabinet vir The Washington Star projek goedgekeur het en ook die uitgawes aan die subskripsie vir 30 000 eksemplare van die internasionale uitgawe van To The Point.
WARE VERSLAG VAN PILATUS AAN TIBERIUS
DIE VERSLAG VAN GOEWERNEUR PONTIUS PILATUS AAN KEISER TIBERIUS IN SAKE DIE PERSOON, IN HEGTENIS-NAME, KRUISIGING EN OPSTANDING VAN JESUS CHRISTUS
In Afrikaans vertaal deur ds Andrè vd Berg
Aan Tiberius, keiser van Rome.
Ek groet u, edele Vors.
Die gebeure van die afgelope paar dae in my provinsie is so ingrypend, dat ek u alles daaroor wil meedeel. Ek sal nie verbaas wees indien dit ons lot binnekort gaan verander nie. Soos wat dinge tans verander, lyk dit asof die gode ons hul guns ontsê het. Ek het lus om te sê: "Vervloek is die dag dat ek Vallerius Flaceus in Judea opgevolg het!" My lewe is sedertdien vol ongemak en benoudheid.
By my aankoms in Jerusalem het ek beheer van die plaaslike regering verkry en 'n luukse fees gereël waarheen die viervors van Galilea, Hoëpriester en sy gevolg uitgenooi is. Niemand het opgedaag nie. Ek het dit as 'n belediging vir my amp asook die waardigheid van die regering wat ek verteenwoordig, beskou.
Enkele dae later het die Hoëpriester hom verwerdig om my te besoek. Sy houding was somber en slu. Hy het voorgegee dat sy geloof hom en sy gevolg verbied het om saam met Romeine voedsel en plengoffers te gebruik. Sy gesig het egter gewys dat hy lieg. Ek het dit egter raadsaam geag om sy verskoning te aanvaar.
WEES VERSIGTIG, MAAR NIE STIL NIE
Hannes Ollewagen
Efésiërs 4:17-32
“Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.” (:29).
Soms is dit lekker om net opsy te staan en luister. ‘n Mens kan soms nie anders as om te glimlag wanneer jy na twee kleuters luister wat met mekaar probeer kommunikeer nie. Dit is vir my so kosbaar om die onskuld in hulle gesprekvoering met mekaar te beluister. Dinge kan só eenvoudig wees in ‘n kind se gedagtewêreld waar daar óf reg óf verkeerd is en geen tussenin nie. Dit gebeur ongelukkig ook dat daar uit kleuters se gesprekke krake van gebrekkige opvoeding deurslaan. Maar dit sal oneerlik wees om te ontken dat daar soms uit kleuters se monde ook dinge kom wat jy beswaarlik verwag om uit ‘n volwassene se mond te hoor!
WAARHEIDS- MEMORANDUM (10)
TEMA 3: MISDAAD
Lees reeks by Waarheidstryders
U word vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit gerus aan die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
DIE OPLOSSING VIR MISDAAD
Sedert Suid-Afrika sy Christen-grondwet met ’n godlose een vervang het, floreer misdaad in die land. Dit het binne die eerste vyf jaar van sg. demokrasie met 717% gestyg en is meer as 40 nuwe misdade aangeteken wat voorheen onbekend was. Die politieke klimaat het dit vir boosdoeners maklik gemaak om misdaad te pleeg. Daarom is niemand in die land meer seker van ʼn veilige aankoms of tuiskoms nie.
BAKPOEIERBLIKKIE- GELOOF
Ds Andrè van den Berg
“Die geloof dan is ʼn vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ʼn bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Heb.11:1).
Die mens is van nature verlore en sal eerder Satan as God volg. Daarom is sy natuurlike eindbestemming die hel. Jesus sê self: “ ... want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan” (Mt.7:13). Nogtans wil niemand graag hel toe gaan nie. Hoe kan ʼn mens dit verhoed en jou ewige eindbestemming verander? Jy moet gered word. En dis iets wat jyself nie kan doen nie. As jy in diep water in die moeilikheid raak, kan jy jouself nie aan die hare beetkry en wal toe sleep nie. Iemand sal dit vir jou moet doen. En daardie Iemand is Jesus Christus. Daarvoor moet ons geloof hê.
Maar, wat is geloof?
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (10)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
VRYMESSELARY 'N VALSE GODSDIENS
Nadat ons nou aangetoon het dat die Vrymesselary ongetwyfeld 'n godsdiens is, kom die vraag by ons op: Waiter soort godsdiens is dit dan? Wat is die leer, die dogma van Vrymesselary? Want hoewel Vrymesselaars die stuipe wil kry as daar van "dogma" gepraat word, is die Vrymesselary een groot stuk dogmatisme. Ons wil dus let op die godsbegrip van die Vrymesselary.
Hier wil ons behandel die godsbegrip by die Vak- en Markgrade, die Rose Croix en die Grand Oriënt.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (22)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
Ses maande later het McGoff aan my gerapporteer dat sy bod op The Washington Star gefaal het. Toe ek hom versoek dat hy die $10 miljoen dan aan Thesaurus terugbetaal, het hy my reguit in die oë gekyk en gesê: “Maar julle het gesê dat ek die kapitaal kan gebruik om The Sacramento Union to koop. Daar is geen manier waarop ek dit nou vir jou kan terugkry nie”.
KOESTER U ERFENIS
Hannes Ollewagen
Jeremia 15:1-21
“Jy het my verwerp, spreek die HERE, jy het ál agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê.” (:6).
Wanneer ons die Ou Testament lees, ontmoet ons ‘n volk wat verstaan het hoe om God deur ondankbare optrede te terg. Alvorens ons te vinnig die vinger na Israel uitsteek moet ons so ‘n bietjie selfondersoek doen om vas te stel of ons nie maar vandag steeds dieselfde doen nie.
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (9)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
BESWARE TEEN DIE GNOSTISISME AS 'N ONSKRIFTUURLIKE LEER
Die volgende kan teen die gnostisisme ingebring word:
Eerstens dat hulle 'n onskriftuurlike sinkretisme huldig. Dit stel die heidendom en die Christendom op een vlak - plaas die twee as gelykberegtigdes langs mekaar en versmelt hulle dan tot 'n vae totaliteit. Die gnostisisme is 'n degradering van die Christendom.
Tweedens is dit agnostisisme. God is volgens die gnostis 'n peillose, donker diepte. Hy is die totaal onkenbare, die buthos. Dit is in stryd met die Skrif wat ons leer dat God kenbaar is deur sy Woordopenbaring.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (9)
TEMA 2: GRUWELS
DIE LEUEN OOR:
VIGS
Die voorspoed of verval van ʼn volk hang baie van die sedelike peil van sy burgers af. Van die 22 beskawings wat al tot ʼn val gekom en van die wêreldkaart verdwyn het, het 19 weens sedelike verval tot niet gegaan. Suid-Afrika se sedelike peil verkeer in bodemlose put met die hoogste voorkoms van VIGS ter wêreld! Nagenoeg 18% van alle volwasse Suid-Afrikaners is besmet en die getalle styg steeds soos wat die gat in ons morele osoonlaag groter word.
In 1982 was twee homoseksuele vlugkelners die eerste mense wat in Suid-Afrika met VIGS gediagnoseer is. Vyf-en-twintig jaar later was 5,7 miljoen mense in Suid-Afrika besmet. In 2010 alleen het 280,000 mense in ons land daaraan gesterf; 42% van die sterftes daardie jaar!
WAG OP DIE HERE!
Ds Andrè van den Berg
Hand.1: 1-14
“En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde” (7,8).
1. Selfondersoek
Wees eerlik: Hoe lyk jou geestelike lewe? Maar betreklik saai? Sou jy graag ‘n nuwe begin met God wou maak? Miskien het jy al ‘n paar keer probeer, maar telkens misluk en moed opgegee. Dit maak jou gees sat want jy besef dat jou tyd op aarde uitloop en dat daar ‘n ewigheid op jou wag wat deur jou lewe op aarde bepaal word. Die lewe beweeg mos vorentoe en nie agtertoe nie. As jy dus vandag die regte ding doen, kan dit ‘n baie groot verskil aan môre maak.