Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om afskeid te neem is seker een van die moeilikste dinge wat die mens moet verwerk, en dit gebeur deurlopend in sy lewe. Daar is net een wyse waarop dit makliker word: aanvaar die pyn as 'n groeimiddel om tot die punt te kom waar dankbare herinneringe jou help om nie binne jouself te sterf nie.
KLIMAATS- VERANDERING EN .... GELOOF!
Dr Danie Theron
Die debat rondom klimaatsverandering is besig om belaglike afmetings aan te neem. Dit word soos ‘n wêreldwye epidemie. Ja, selfs erger as die pokke-epidemie!
Die Amerikaanse kongreslid, Alexandria Ocasio-Curtez beweer nou selfs dat die wêreld tot ‘n einde gaan kom binne 12 jaar as daar nie drasties iets aan die saak gedoen word nie!
Ek het alreeds oor hierdie onderwerp geskryf. Daardie aspekte gaan ek nie herhaal nie. Die punt is net: Daar was al baie klimaatsveranderings sedert God die hemel en aarde geskape het. En die mensdom het almal oorleef. Want die natuur het sy eie manier om sake reg te stel. Vra maar vir wetenskaplikes wat nie betaal word vir hulle bevindings nie.
Ja, dit gaan weer eens oor geld. Oor groter regering. Oor beheer. En wat beter as om ‘n wêreldwye paniek en histerie oor die saak op te bou sodat regerings kan ingryp!
MENSEREGTE EN DIE AFRIKANER SE TOEKOMS
Dr Danie Theron
More is dit weer sogenaamd Menseregte-dag. Ek het al dikwels daarna verwys dat die Grondwet van die RSA die Afrikanervolk se grootste vyand is. Vandag wil ek verder oor die saak gesels. En dit is nie ter wille van blote akademiese debatering nie, maar sal myns insiens aantoon dat ons in ‘n benoude situasie vasgevang is.
‘n Grondwet van ‘n staat is die grondslag waarop ‘n staat gebou word. Dit is bepalend vir die gehalte van die hele staatshuishouding. Indien dit Christelik gefundeerd is, gee dit die toon aan vir Christelike waardes wat voorop gestel sal word. Indien dit egter gebaseer is op die liberale menseregte-kernstuk, mag geen godsdiens voorrang geniet nie omdat almal “gelyk” behandel moet word.
Die sogenaamd “neutraliteit” van so ‘n grondwet is dus niks anders nie as anti-Christelik. Het Jesus nie self gesê dat wie nie vir Hom is, teen Hom is nie?
BROKKIES GESKIEDENIS (18)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Tuislande word polities onafhanklik
Die ideaal van dr HF Verwoerd dat die swart tuislande hulle onafhanklikheid sou verkry, het eindelik na sy dood gerealiseer. Transkei het in Oktober 1976 onafhanklik geword. In Desember 1977 het Bophuthatswana gevolg, in September 1979 Venda, in 1981 Ciskei.
Betekenisvol was dat die swart mense se eie tale die eerste keer amptelike erkenning gekry het. Die vier republieke wat tot stand gekom het, later die TBVC-state genoem, het aanvanklik Afrikaans, Engels en hul eie taal as amptelike tale gehad. Hulle het dit later soos volg verander: Transkei: Xhosa, met Suid-Sotho, Engels en Afrikaans as toelaatbare tale (dit wil sê tale wat vir amptelike doeleindes gebruik mag word); Bophuthatswana: Tswana, Engels en Afrikaans; Venda: Venda, met Engels en Afrikaans as toelaatbare tale; Ciskei: Xhosa en Engels.
BROKKIES GESKIEDENIS (17)
>
>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
OP WEG NA APARTHEID
”Apartheid beskerm en beveilig elke ras se karakter en toekoms binne sy eie gebied en gun aan elkeen ‘n eie tuiste en volle geleentheid om te ontwikkel; apartheid verseker aan almal die reg van selfhandhawing en selfbeskikking".
Voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die vernaamste Geallieerde nasies besluit om ‘n wêreldorganisasie te stig wat internasionale geskille uit die weg moes ruim en die vrede te bewaar: die Verenigde Nasies. Genl. Smuts het 'n deurslaggewende rol gespeel in die formulering van die aanhef van die VN se Universele Verklaring van Menseregte.
Dit was ietwat ironies dat sy land in die eerste VN-sitting in 1946 kwaai gekritiseer is.
ONDERSKEID EN HIËRARGIE
>
>
Dr Danie Theron
As alle dinge outomaties tot stand gekom het, in plaas van deur beplanning en denke, dan sou alles eenvorming en sonder onderskeid gewees het.
Ons beleef vandag dat onderskeid uitgeskakel moet word. Dat almal kwansuis “gelyk” is. Die massamens kan nie ongelykheid verdra nie.
Indien jy ‘n samelewing wil verstaan, dan sal jy sien dat daar ‘n sekere struktuur is. En omdat daar ‘n struktuur is, is daar ‘n sekere hiërargie. Wie hierteen skop, doen dit vergeefs. Die wêreld is een van ongelykheid.
Selfs in die redelose dierewêreld is daar ‘n hiërargie ten spyte van wat op die oog af na gelykheid lyk. Alhoewel deur instinkte, eerder as deur rede gedryf, vind mens tog ‘n hiërargie daar. Hoeveel te meer nie in die mensewêreld wat immers deur rasionale denke beheer word nie.
BROKKIES GESKIEDENIS (16)
>
>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
OSSEWABRANDWAG en Stormjaers
Die blote feit dat die Britse koning genl. Jan Smuts in September 1941 tot veldmaarskalk benoem het, spreek boekdele. In die Engelssprekende wêreld was sy aansien groot want hy het teen sy eie mense gedraai in sy poging om Brittanje gewillig te wees. Smuts het selfs sover gegaan om die dood van boereleiers wat teen sy Britse onderdanigheid gerebbelleer het, te reël. Hy het 'n magtige man geword.
Die Parlement het in 1940 die Wet op Oorlogsmaatreëls aangeneem. Dit het die regering die mag verleen om heelparty belangrike dinge te doen sonder verlof van die parlement. Pryse van goedere en produkte is vasgestel, huurgelde vasgepen en oor die algemeen gesorg dat die lewe nie te veel ontwrig word nie.
MENSEREGTE OF DIE WET VAN GOD?
Ds Andrè vd Berg
“Hoe lief het ek U wet; dit is my bepeinsing die hele dag” (Ps.119:97).
Ons hoor elke Sondag die Tien Gebooie, al is dit net ʼn samevatting daarvan. Watter nut het dit vandag? Dis ʼn riglyn uit die hemel wat mense leer hoe om reg te leef. God het die Tien Gebooie ongeveer 1500vC aan Moses gegee sodat gelowiges in die 10 heilige akkers daarvan vir die fyn goud van God se wil kan delf. Die 10 gebooie is 10 verpakkings van God se liefde vir ʼn goeie lewe: “HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie” (Ps.25:4).
In die OT het priesters die Wet bestudeer en hul kommentaar daarop aangeteken wat die Tora genoem is. Mense is aan die hand hiervan van raad bedien.
DIE REVOLUSIE IN SUID-AFRIKA SNEL VOORT...
... MAAR WAT VAN DIE GRONDWET?
Dr Willem Jordaan
Sedert 1994 speel 'n revolusie in Suid-Afrika af. Onder ons neuse. Ja, terwyl ons braaivleis hou, rugby kyk en die sonneskyn geniet. Laat mens dink aan daai ou Chevrolet advertensie hier om en by 1976, of hoe?
Maar hoe lank gaan ons nog daai sonneskyn geniet?
Ons is belowe dat die grondwet ons regte sal beskerm. Veral ons grondregte. Nou sien ons dat die ANC-regering reeds goeie vordering gemaak het om ook daardie regte van ons te ontneem. Die politieke stryd tussen die EFF en die ANC het dit net gouer op die agenda geplaas. Die liberalis mag verbaas wees, maar baie van ons het geweet dit sal gebeur, dit was net 'n kwessie van tyd.
Selfs Ramaphosa, die liefling van die geldmagte, kon die druk vanuit sy eie party nie weerstaan nie.
DIE SOEWEREINE MILITÊRE ORDE VAN MALTA
>
>>
Dr JJ Snyman
'n Soewereine staat word tradisioneel beskou as 'n onafhanklike juridiese entiteit verteenwoordig deur 'n sentrale regering wat gesag uitoefen oor 'n geografiese area met 'n permanente bevolking en wat die vermoë het om buitelandse betrekkinge aan te knoop. Daarby dat dit dit deur minstens een ander staat erken word.
Tans het 193 state sittingsreg in die Verenigde Nasies.
Dan is daar entiteite wat as soewereine subjekte van die internasionale reg beskou word en wat waarnemerstatus in die VVO geniet.
Een so 'n "staat" is die Soereine Militêre Orde van Malta of soos hy amptelik bekend staan The Sovereign Military Order of Saint John of Jerusalem of Rhodes and of Malta.
SAL BRITTANJE DIÉ HOF SE UITSPRAAK EERBIEDIG?
Dr Danie Theron
Op 25 Februarie 2019 het die Internasionale Geregshof in Den Haag 'n rigtinggewende uitspraak gelewer in die saak wat Mauritius teen Brittanje gemaak het insake die Chagos eilandgroep.
In hierdie Adviserende Opinie met 'n meerderheid van 13 teen 1, het die hof beslis dat die Chagos eilande nie wettiglik geskei is van Mauritius in 1965 nie. Bykans 55 jaar gelede is die inwoners van hierdie eiland afgedwing sonder hulle instemming. Die VSA het daarna een van sy heel grootste militêre basisse, Diego Garcia, daar opgerig.
Die president van die hof, Abdulgawi Ahmed Yusuf, het gestel dat die skeiding van die eilande van Mauritius nie geskied het op grond van die:
BROKKIES GESKIEDENIS (15)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
DIE HEROPBOU VAN PLASE EN DORPE
Een van die vredesvoorwaardes van die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 was dat die Britte die duisende krygsgevangenes en die duisende vroue en kinders in die konsentrasiekampe na hul tuistes moes terugbring. Die meerderheid krygsgevangenes het eers geweier om te aanvaar dat vrede met verlies van die onafhanklikheid gesluit is. Op Sint Helena wou hulle nie die eed van trou aan die Britse koning aflê nie. Genls. Botha, De Wet en De la Rey was verplig om op 2 Julie 1902 'n telegram aan hulle te stuur om hulle mee te deel dat die vrede werklik gesluit is met verlies van vryheid. In 1903 is De la Rey na Indië om 'n aantal wat die eed van trou geweier het, te beweeg om na hul vaderland terug te kom.
DIE REGTE WEEGSKAAL
Hannes Ollewagen
Spreuke 11:1-31
“’n VALSE weegskaal is vir die HERE ’n gruwel, maar in ’n volle gewig het Hy behae.” (:1).
“Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, ’n betroubare loon.” (:18).
Die meeste van ons het seker al van die term “bakkersdosyn” gehoor. ʼn "Bakkersdosyn" beteken 'dertien'. Bakkers het een brood by hul dosyn (twaalf) bygevoeg om vervolging ingevolge streng wette oor geknoeiery vry te spring. Hierdie gebruik uit die dertiende eeu klink vir ons vandag na ‘n sprokie. Hoe lekker is dit om te dink dat daar ‘n tyd was dat owerhede met soveel ywer en ook met heerlike gevolg die ongeregtigheid vervolg het.
Maar ons milieu word gekenmerk aan owerhede en hooggeplaastes wat hulself so skuldig maak aan bedrog en knoeiery dat hulle nie die wilskrag het om ongeregtigheid te vervolg nie. U moet ook nie glo dat dit alleen in Suid-Afrika die geval is nie – dit is ‘n wêreldwye tendens. Die tragiek is dat die samelewing gewoonlik die voorbeeld van leiers volg en daarom verbaas dit ons nie dat die groot meerderheid van die huidige samelewing so korrup raak nie.
MIKROSTATE: DIE ANTWOORD VIR DIE TOEKOMS?
Dr JJ Snyman
Ons begrip van 'n staat mag dalk in die afsienbare toekoms drasties anders daarna uitsien. Met die globalisering van die wêreld en die spoed wat vereis word vir besluitneming op hoogste vlak, is die vraag of daar nie 'n radikale verandering moet kom wat die aard en grootte van 'n staat moet wees nie. Is mikro- en kuberstate nie dalk die toekoms nie?
In hierdie artikel word gekyk na mikrostate.
In Europa is daar ses state wat as mini of mikrostate bekend staan. Weens die klein grondgebied wat dit beslaan word hierdie term gebruik. Die ses is Andorra, Liechtenstein, Malta, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad.
BROKKIES GESKIEDENIS (14)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Die Afrikaner bly 'n onuitdelgbare element
JD Kestell verwoord in Met de Boeren-commando's (1903) die wil tot voortbestaan: "God het die Afrikaanse volk in die groot stryd gevorm. Dit is nie uitgedelg: sy taal is nie vernietig nie. Die mag van die vyand het dit wel oorweldig, het dit soos 'n magtige golf oorstroom, maar die Afrikanersin en -gees bestaan nog. Geen swaard kan die wil laat buig, geen geweld kan die gees onderdruk nie. Die Afrikanervolk bly'n onuitdelgbare element in die Britse Ryk."
WAAROM APARTHEID ‘N MISDRYF MOET WEES
Dr Danie Theron
Die huidige regime se mislukkings kan net verskoon word as apartheid as die grootste misdryf beskou word wat ooit in Suid-Afrika gepleeg is.
George Orwell se bekende aanhaling (dat wie die verlede beheer, die toekoms beheer) word graag aangehaal. Selfs deur links-liberales.
Die Blankes van Suid-Afrika beleef sedert 1994 die tirannie van die swart meerderheid. In daardie dampkring is net standpunte aanvaarbaar wat met hulle s'n ooreenstem. Ook oor hulle houding oor die verlede.
DIE NP-OORGAWE VAN 1994 WAS ONWETTIG...
...Maar wat nou gemaak?
Dr Danie Theron
In 1994 het die Nasionale Party-regering van FW de Klerk die mag aan die ANC oorhandig sonder dat hulle 'n mandaat daarvoor gehad het. Die vraag is vandag of enigiets daaromtrent gedoen kan word.
Daar is verskeie baie belangrike redes waarom die saak relevant sal bly. Prof Herman Giliomee het pas 'n boek die lig laat sien getiteld The Rise and Demise of the Afrikaners. Alhoewel die referendum-aspek kortliks bespreek word, word genoeg gesê om belangrike afleidings te maak.
Na die 1994-oorgawe het mnr Jaap Marais, leier van die Herstigte Nasionale Party dit by herhaling benadruk dat die mag aan die ANC "onwettig" oorhandig is. Dr Sydney Gregan, internasionale en staatsreg-kenner, het later hierop uitgebrei.
DIE AFGOD “DEMOKRASIE”
Dr Pieter Swart
Tot vervelens toe moet mens hoor dat Suid-Afrika nou 'n demokrasie is. So asof dit 'n afgod is wat aanbid moet word, 'n towerformule wat alles reggemaak het wat verkeerd was.
En toe, gestroop van al die heuning om die woord, is dit 'n leë dop. Vir die Blanke veral het demokrasie meer ellende as vreugde gebring.
Ivan Ylyin was 'n Russiese filosoof wat vanaf 1883 tot 1954 geleef het. Hy het ook "n groot invloed op Alexander Solzhenitsyn gehad. Ook Vladimir Putin verwys graag na hom.
Hy was van mening dat blote meerderheidsregering (demokrasie) wat onveranderd in elje land toegepas word 'n resep vir mislukking was. Waarom dan so?
AS MANS NIE MEER MOED HET NIE
Dr Willem Jordaan
By die lees van MCE van Schoor se boek oor generaal Christiaan de Wet word mens weer intens bewus van die moed en durf wat die manne van daardie tyd gehad het. Tonne meer as die mans van vandag.
Weliswaar was hulle in 'n oorlog betrokke en gedwing om hulle staal te wys. Maar is ons nie ook in minstens 'n geestelike oorlog betrokke nie? Indien mens wegkruip vir die realiteite sal mens dit uiteraard nie besef nie. Maar dan staaf dit juis die punt.
In die VSA sien ons hoe die mans in die politiek almal 'n lot papbroeke is. Die hele lot. Hulle is met geld omgekoop. En die kussings is dan so sag...
Nou het 'n vrou in die Amerikaanse kongres opgestaan teen Israel. Nie eenmaal nie, maar reeds drie maal.
HET GOD ALLE MENSE LIEF?
Ds AE vd Berg
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh.3:16,17).
Na die finale oordeel sal meer mense in die hel as in die hemel wees. Jesus sê in die Bergrede: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:13,14).
Baie mense glo dat ʼn liefdevolle God niemand hel toe sal stuur nie, maar dat almal op die ou einde hemel toe sal gaan. Ironies genoeg laat hierdie leuen juis mense in die hel beland!
PASOP VIR DIE IDES VAN MAART!
Beware the Ides of March (Julius Ceasar)
Dr JJ Snyman
Op 15 Maart 44 vC is Julius Ceasar op die trappe van die Senaat deur Brutus en Cassius vermoor. Sowat 60 samesweerders was betrokke. Hy is deur 'n waarsêer gewaarsku, maar het dit afgelag. Sy moord het 'n burgeroorlog ontketen.
Die woord Maart is vernoem na Mars, die Romeinse god van oorlog. Dit lei die seisoen van oorlogvoering in.
Die VSA kies met enkele uitsonderings Maart uit as die maand waarin 'n oorlog teen 'n staat begin word. Dit hou waarskynlik verband met hulle leiers se bygeloof en aanhang van die okkulte. Hierdie oorloë word haarfyn beplan. Nou is die vraag: Gaan Venezuela in Maart vanjaar en Iran in Maart volgende jaar aangeval word?
Maart lei in die noordelike halfrond die begin van die lente in. By ons gebeur dit September. En September is juis by ons 'n maand van veel betekenis.