Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God is besorg oor die dinge in jou hart want ʼn beter wêreld, land, gemeenskap en gesin begin op geen ander plek as in jou hart nie. As ons met rein harte begin bid, sal ons verbaas staan oor wat God met Suid-Afrika gaan doen.
VOLKSREGERING (24)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
NAASBESTAAN VAN VOLKE
Dit is onteenseglik bevestig dat twee of meer volke nie in 'n gemengde gemeenskap in vrede kan saamleef nie. Kyk wat het gebeur tussen die Vendas en Tsongas in Noord-Transvaal wat geensins by mekaar ingelyf wil word nie. Sedert 1960 (apartheidjare) was die aparte inwoners vir 34 jaar gelukkig en vrede het geheers. In 1994 was 'n gemengde regering van nasionale eenheid in Suid-Afrika in alle opsigte 'n mislukking. Om vas te klou aan 'n foutiewe siening, is kortsigtig en hardkoppig. Die bewyse is tog duidelik dat apartheid rassehaat ontmoedig en dit met rasse skrede uitskakel.
ONTSOUT MY, HERE!
Ds. Andrè van den Berg
Here Jesus, wat ‘n duur prys het U nie vir die sonde betaal nie! Dit het U ‘n doringkroon op die hoof, spykers deur die hande en voete en die dood besorg! Wanneer ek sondig, kruisig ek U as’t ware opnuut. Deur my oortredings laat ek U aan ‘n kruis hang en met my ongeloof deurboor ek u sy. Verlos my van hierdie hel in sy embriovorm!
Terwyl ek dikwels liefdeloos, eiegeregtig en harteloos is, is U liefdevol, barmhartig en oneindig teer. Ek is so geneig om van die kwaad boek te hou, terwyl U my telkens vergewe.
VOLKSREGERING (23)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
VRYE REGERING
Volksregering beteken regte demokrasie (volkvryheid), maar volksregering is 'n veel beter goeie Afrikaanse beskrywing as die Griekse woord wat Totius ook uit ons taal wou weer. Albei woorde beskryf 'n regeringsvorm deur die verteenwoordigers uit die hele enkel volk gekies en nie 'n regeringsvorm bestaande uit verskeie volke nie. Aan volksregering kan daar egter geen verkeerde vertolking gegee word nie. Demokrasie is 'n verwarrende vae begrip.
RASBEWUSTHEID OF RASSISME
Johan Dorfling
Voordat met 'n bespreking begin word, moet die presiese aard en betekenis van die begrip rassisme uit geklaar word. In die eerste plek beteken ras dat daar 'n oorsprong van 'n groep mense moes wees voordat 'n ras kon ontstaan. Die groep het uit ouers ontstaan wat kinders gehad het en die kinders se nageslag was nou aan mekaar verbonde sodat broers en susters se kinders neefs en niggies geword het. Mettertyd het hulle uitgebrei tot volgende bloedverwante geslagte totdat stamme gevorm het wat vermeerder het totdat volke tot stand gekom het. Families, volke, rasse, nasies is eensoortige begrippe.
HY ROEP SONDAARS TOT BEKERING!
Hannes Ollewagen
Markus 2:13-17
“En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” (:17).
Dit was tot groot ontsteltenis van die skrifgeleerdes en Fariseërs dat Jesus saam met tollenaars en sondaars aan tafel gaan. Hulle moes seker gedink het dat as Hy wat God is geweet het wie en wat diegene was wat saam met Hom aan tafel was, sou Hy nie eers in hulle rigting wou kyk nie. Inderdaad het Hy geweet hoe vuil en besmet hulle lewens was, maar ewenwel het Hy geweet dat Hy hulle nie in daardie slegte toestand wil laat nie. Hy nooi hulle om na Hom te kom sodat hulle skoongewas kan word.
VOLKSREGERING (22)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
VERKIESINGS IN VEELVOLKIGE LAND
Munisipale en sentrale regeringverkiesings word gereeld in Suid-Afrika gehou. Wat is die betekenis daarvan vir die onderskeie volke waaronder Afrikaners?
Soos dit gereël word, is die verkiesings gedwonge veelrassig van aard. Die volke moet gelyktydig en gesamentlik na die stembus gaan om opnuut verteenwoordigers te kies. Volkevermenging word dus vir verkiesingdoeleindes afgedwing en die volk wat getalgewys in die meerderheid is, word in beheer gestel.
BOSE GEESTE AGTER DIE SKERM
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).
Ons kyk teen die wêreld rondom ons vas. Dis al wat ons met die oog sien. Die Bybel sê dat daar nog ʼn wêreld is. Dis onsigbaar maar ʼn werklikheid. En vandaar voer die Satan met ʼn leër van bose geeste ʼn geestelike oorlog teen Jesus en die gelowiges. Die uitslag daarvan is egter reeds bekend – Jesus en die gelowiges sal oorwin.
VOLKSREGERING (21)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
OORDINK EERS
Let op hoeveel beriggewers (koerante en radiostasies, verlooptes wat gunste by die regering soek), maak stellings voordat hulle die stelling goed oordink het. Soms stem hulle dadelik met 'n onware stelling saam, al sou dit geplooi wees, en herhaal dit dikwels om dit later as waar aanvaar te kry. As voorbeeld, iemand verkondig dat daar nou minder gevangenes in Suid-Afrika se tronke is omdat daar minder sogenaamde onderdrukkende apartheidwette is. Sowaar? Nee, die teenoorgestelde geld. Kyk hoe oorvol is die tronke as gevolg van die houding dat mense vry moet wees om te doen wat hulle wil. Daar is nou meer wette as ooit tevore.
HOE HET JESUS GELYK?
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Kunstenaars het deur die eeue talle uitbeeldings van Jesus gemaak omdat niemand weet hoe Hy op die aarde gelyk het nie. Het Hy lang hare gehad en ʼn wit kleed gedra soos wat so baie uitgebeeld word? Het Hy ʼn baard gehad? Het Hy anders as die Jode van sy tyd gelyk? Niemand weet nie.
Een van die oudste voorstellings van Jesus is ʼn mosaïek in ʼn kerk in Rome wat uit 410nC dateer. Dit het egter eeue geneem om ʼn standaard uitbeelding te vestig. Die meeste van hierdie voorstellings verraai egter die etniese eienskappe van die kultuur waarin dit geskep is. ʼn Ethiopiese voorstelling van Jesus vertoon Hom bv. as ʼn donkerkleurige persoon.
VOLKSREGERING (20)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
TOEGEWINGS LEI TOT ONDERGANG
Afrikanerleiers met diepe insig het lank gelede daarop gewys dat ons Afrikaners as 'n volk sal verdwyn as ons die geringste toegewing oor ons beginsels maak. 'n Klein toegewing sal ALTYD sneeubal tot so 'n groot mate dat jy dit nie kan keer nie. Dit gebeur op alle terreine van die lewe.
Onderhandelings tot vreedsame naasbestaan van volke beteken dat daar van beginsels afgewyk moet word, anders kan geen onderhandelings plaasvind nie. Die doel van onderhandelings is immers dat beginsels van twee kante af prysgegee moet word om die onderhandelings te laat slaag. Tog word daar gewoonlik net van een kant af verwag dat die beginselvastes moet toegee, want die ander stel mos nie perke nie, alles is aanvaarbaar.
DIE BYBEL WOND SONDAARS
Ds Andrè van den Berg
“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het”(Hebr.4:12,13).
Jare gelede het ʼn sendeling Bybels aan almal wat sy pad gekruis het uitgedeel. So het ʼn heiden by geleentheid ook onder sy vrygewigheid deurgeloop. ʼn Tyd daarna is hy een dag met ʼn klagte na die sendeling se huis. Hy het gekla dat die Bybel drama in sy huis veroorsaak nadat sy beste jaghond dit opgeëet het.
GOD IS 'N GOD VAN ORDE
>
>>
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
God is ’n God van orde. Gevolglik word gelowiges aan ordelikheid geken: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40). Waar Hy heers, is daar orde en ware vryheid aan die dag: “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” (2 Kor.3:17).
Waar sy Gees ontbreek, heers daar wanorde en ontwrigting soos in Suid-Afrika. Toe die land ʼn Christen grondwet gehad het, was daar orde. Nadat dit vernietig is, het heidene die fondamente omgekeer en die land in anargie laat verval.
1. Die plaaslike toneel
Die ontwrigting wat Suid-Afrika al vir meer as twee dekades teister, is eie aan Afrika se geweldpolitiek. Waar dit in die verlede met streng wetgewing in toom gehou is, het dit na die vernietiging van die vorige bestel na feitlik elke samelewingsterrein oorgespoel en lewens ontwrig.
VOLKSREGERING (19)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
VERSIENDHEID
'n Groot staatsman se eerlikheid en versiendheid word dikwels eers na 'n lang tyd besef. Dit is nie ydele oortuigingspraatjies nie. In dr H F Verwoerd se geval is die waarheid opgesluit in sy eie woorde wat vandag, na 67 jaar, getoets kan word. Lees gerus sy openlike onbevange profetiese woorde in talle van sy toesprake. Hier is 'n toespraak in die Senaat gelewer.
5 Desember 1950: "Moet die ontwikkeling van die Bantoe– en die blanke gemeenskappe in die toekoms deurmekaar plaasvind, of geskei van mekaar sover prakties moontlik? Indien die antwoord is "deurmekaar", dan moet die volgende besef word: Oral sal daar mededinging en botsing wees.
BELANGRIKHEID VAN 31 MEI
Johan Dorfling
31 Mei is 'n belangrike dag in die geskiedenis van die Afrikanervolk. Onder meer is dit 'n belangrike datum waarop ons demokraties vryheid verkry het; vryheid wat later op 'n listige manier deur 'n swak Afrikanerleier van ons weggeneem is. Dog, die datum spoor ons aan om weer ons vryheid te verkry, en dit sal nie meer lank wees nie. In gees bly ons vry; aan niemand onderworpe nie.
31 Mei 1902
Die tweede Boerevryheidsoorlog het op 31 Mei 1902 ten einde gekom. Die Verdrag van Vereeniging, toe deur die Zuid-Afrikaanse Republiek, die Oranje Vrystaat en Brittanje onderteken met die geesteskrag van die Boere van "Gewond ̶ maar Onoorwonne". Dit na 'n buitengewone en onverwagte lang oorlog sedert 11 Oktober 1899 en met verlies van 34 000 vrouens en kinders in konsentrasiekampe waar hulle onmenslik deur Brittanje behandel was.
MOENIE OMKYK NIE!
Hannes Ollewagen
Génesis 19:1-38
“En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!” (:17).
“En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het ‘n soutpilaar geword.” (:25).
God het die goddeloosheid van Sodom aangesien en besluit om dit saam met die hele Jordaanstreek te vernietig. Hy wou egter die lewe van die regverdige Lot spaar. Hy besluit daarom om Lot uit hierdie stad van ongeregtigheid te lei voordat Hy dit sou vernietig.
Dit laat ons dink aan ‘n soortgelyke waarskuwing wat God aan gelowiges gegee het.
DEMOKRASIE IN TAALGEBRUIK
Johan Dorfling
Demokrasie beteken regering van 'n volk deur volkgenote wat deur volkgenote verkies is. Omdat elke volk sy eie taal en kultuur het, behels demokrasie ook vryheid om in jou eie taal opgevoed te mag word, dit te mag praat, lees, skryf, lesings ontvang, eredienste by te woon, te mag bid, en so meer. Dit word deur 'n grondwet beskerm.
Vanselfsprekend is dit 'n reg, nie net van Afrikaners nie, maar van alle volkgroepe in Suid-Afrika en in die wye wêreld. Volkbewustheid is die wesentlike bestaansreg van elke volk met demokrasie as die anker. Vra aan die Zoeloes en Kôsas en Tswanas en enige ander volk of hulle bereid is om hulle taal en kultuur te versaak deur dit vir 'n ander te verruil en onmiddellike weerstand, selfs vyandigheid word ervaar. Heeltemal tereg.
MALEMA EN SY MEESTERS
>
>
Johan Botha
Julius Malema het die afgelope week weer gemoedere geroer toe hy in die openbaar gepraat het oor wanneer die EFF die land in 2019 “vat”. Met sulke uitsprake is Malema besig om die “beheerde chaos” met tyd onbeheerbaar te maak.
Dat daar ‘n ander mag agter Malema se bravade sit is duidelik. Iemand met so 'n agtergrond soos Malema en wat vir alle praktiese doeleindes die einde van sy politieke loopbaan bereik het toe die ANC hom die rug gekeer het, geniet nou weer groot aanhang alhoewel hyself nie die politieke, finansiële en intellektuele vermoë het om 'n duik te maak aan die politieke landskap nie. Maar die magte agter hom het wel. Die Internasionale geldmagte finansier Malema met dié doel:
BEDRIEGLIKE BEWERINGS
Johan Dorfling
Die president van die ANC het verlede week fyn bedrieglike bewerings gemaak om blankes te probeer oortuig dat hulle nog altyd verkeerd opgetree het en dat hulle die ANC moet ondersteun. Hy het alle partye gevra om te erken dat die enigste weg om die gebrek aan ewewigtigheid van die verlede reg te stel, is om opreg te verenig en 'n nuwe Suid-Afrika te bou.
Daarmee aanvaar hy sonder meer dat daar onregverdigheid voor 1994 was sonder om dit duidelik uit te wys en vra hy dat ons dit moet erken. Volgens hom was die regverdige apartheidstelsel onregverdig. Hy verwag dat ook ons sy verkeerde siening om opreg te verenig moet aanvaar, maar verswyg redes omdat dit nie bestaan nie. Blankes het heeltemal 'n ander siening; waarom aanvaar hy nie die blankes se beginsels nie en praat nie eens daaroor nie? Dit dui mos op eensydigheid en ook dat hy nie besef wat regverdige apartheid regtig is nie.
GEBRUIK JOU TALENTE!
Ds AE van den Berg
“Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer”- Mt.25:23
By geleentheid was ek by ’n prysuitdeling waar ’n leraar wat die opening waargeneem het, die Gelykenis van die Talente gelees en God gedank het vir die talente wat Hy aan die pryswenners gegee het. Dis glad nie waaroor hierdie gelykenis gaan nie! Ek wil sê dat 99% mense hierdie gelykenis verkeerd verstaan. Dit het niks met verstandelike vermoëns en gawes te doen nie, maar met diensbaarheid in belang van die koninkryk van God.
AFRIKAANS IN DIE KERK
Johan Dorfling
'n Wonderwerk het gebeur; die ontstaan van 'n afsonderlike selfstandige taal, naamlik Afrikaans. Die ganse Afrikanervolk het gesamentlik deelgeneem aan 'n beweging om Afrikaans in 'n betreklike kort tydperk te vestig. Taal hou regstreeks verband met geloof, kultuur en denke van die gebruikers wat dieselfde betekenis en begrip aan die woorde en volksuitdrukkings gee. Afrikaans spreek die siel aan.