Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe ouer ‘n mens word, hoe meer moet jy jou waarde vir ander besef. Jy het uiteraard meer ervaring en derhalwe ook meer wysheid om met ander te deel.
SELFSTANDIGE REGERING
Johan Dorfling
Selfstandige regering is nie net 'n saak van gevoelens, strewe of gewoontes nie, maar 'n saak van diepe oortuiging aan die kant van die Afrikanervolk. Solank daar staatgemaak word op ondergeskikte samewerking met enige ander volk, is die strewe na 'n vriendskaplike verhouding tussen die volke hopeloos. Geskiedenis het dit oor en oor uitgewys en kan nie uitgewis word nie.
Wat volke uitmekaar hou, is eie belange. Ons voorouers het dit beleef in hulle verhouding met Brittanje. Die geskiedenis wys verstoring uit. Wat hulle probeer doen het, is met diepe teleurstelling deur die Britte vernietig met gevolglike afbreking van wat reeds bereik was. Aanvalle op onderwysgebied om die kinders se verbintenis aan hulle eie volk in die wiele te ry, maak samewerking tussen volke onmoontlik. Aanvalle op Afrikaans is pogings tot vernietiging van die volk.
AGTERGEBLEWENE
Johan Dorfling
Dikwels word die begrip agtergeblewene verkeerdelik aan die politiek gekoppel, want dit is nie die volle betekenis van die begrip nie. Agtergeblewene het betrekking op die landbou, ekonomie, onderskeie vertakkings van die wetenskap, meganika, onderwys, administrasie (bestuur) en enige ander vakgebied, insluitend politiek. Dit kom nooit in afsondering voor nie omdat agterbly oorkoepelend in iemand se lewe staan. In Suid-Afrika word agtergeblewenes om goeie redes wel met sommige swartes verbind, hoewel met wanbegrip. Sommige blankes is ook agtergeblewenes.
RAMAPHOSA EN SY GELDBASE
Cyril Ramaphosa draai homself al hoe vaster
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Soos ons berig het in die uitgawe van Oorsig & Repliek Nommer 5, het die ANC se topleiding die politieke bande met die Anglo-Amerikaanse magte weer stewiger gebind. Ons ontleding in die vorige uitgawe van OORSIG is onderstreep deur die besoek van Cyril Ramaphosa aan Brittanje waar hy deur koningin Elizabeth II hartlik ontvang is. Die Britse koningshuis het vir dekades lank geen blanke regeringsleier uit Suid-Afrika ontvang nie, behalwe vir FW de Klerk nadat hy die ANC en die SA Kommunistiese Party ontban het. Nelson Mandela is natuurlik met groot gulhartigheid en uitspattige vreugde ontvang. Koningin Elizabeth II het Mandela selfs in Suid-Afrika besoek.
VOLKSREGERING (30)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
WAARDE VAN GELOFTES
Bepaalde volkgroeperinge in Suid-Afrika verkondig graag dat die swart volkere eerste na Suid-Afrika gekom het en dus die wettige "eienaars" van Suid-Afrika is. Wat hulle versuim om te sê is dat Suid-Afrika as 'n staat voor en ook lank na Jan van Riebeeck se vestiging van 'n halfwegstasie, nie bestaan het nie. Suid-Afrika het eers in 1910 tot stand gekom. Daar kan dus geen aanspraak op "eiendomsreg" van die hele Suid-Afrika deur enige volk gemaak word nie. Die Voortrekkers het ook nie. Die voorste swart volk (Kôsas) wat langs die ooste suidwaarts getrek het, was in 1652 ver meer as 1 000 kilometer van die Kaapse skiereiland af.
GRONDGRYP SE GEVOLGE
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
ANC se beleid oor grondbesit bedreig die ekonomiese orde tot in sy fondamente
Die grootste en belangrikste nuus hierdie jaar is nie die dood van Winnie Mandela nie; soos dit onlangs in die groot media voorgestel is nie. Dit is ook nie die droogte in die Wes-Kaap nie. (Gelukkig het seisoenreëns uitkoms in die Wes-Kaap gebring. Oplossings sal nog gevind moet word vir die daarstelling van infrastruktuur om water beter op te gaar. Die dreigende droogte-ramp het inderdaad die gebrek aan tydige beplanning aan die kaak gestel.)
Die grootste nuus van die jaar is eintlik dat die ANC-regime vas van plan is om grond in die stede en in die platteland sonder vergoeding te onteien.
VOLKSREGERING (29)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
BELANGRIKHEID VAN GELOFTES
Prediker 5:3 en elders – As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe het.
Jan van Riebeeck het twee jaar na sy aankoms in die Kaap op 6 April 1654 die volgende gelofte afgelê:
"Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die HERE gelei, met die skepe Drommedaris, Reyger en De Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters [Here XVII – die Direkteure van die VOC] te bou en te bestendig, en opgelet dat God die HERE alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank– en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word."
HERE, WAT WIL U HÊ MOET EK DOEN?
Hannes Ollewagen
Handelinge 9:1-19
“En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.” (:5&6).
“Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My ‘n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.” (:15)
Paulus is ywerig op weg na Damaskus. En ironies genoeg is hy vas onder die indruk dat hy met alle ywer daarheen op pad is in diensbaarheid aan God. God het dan ook sy onkunde oorgesien en met krag aan hom verskyn om hom van sy dwaalweg te bekeer. Paulus word deur sy ontmoeting met God van ‘n godsdienstige persoon na ‘n ware gelowige en opregte, Godvresende, Geesvervulde kind van God getransformeer.
BITTEREINDERS IN DIE BRANDPUNT
Bittereinder
In 1994 is ons land eerloos oorgegee aan ‘n lafhartige en korrupte terroristebende wat nie in staat was om enige veldslag teen ons volk op eerbare wyse te voer of te wen nie. Ons was vóór 1994 die sterkste moondheid in Afrika met ‘n sterk geldeenheid, in ‘n groot mate selfversorgend, het sanksies doeltreffend omseil en was die Swartes, hulle wat vandag so tekere gaan oor apartheid, se algemene lewenstandaard veel beter as wat dit vandag is en wet en orde is gehandhaaf! Ná 1994 het die rand dramaties verswak, word ons land beskou as die misdaadhoofstad van die wêreld, word mense daagliks gemoor, verkrag en beroof, word plase onteien, is standaarde daarmee heen, neem werkloosheid daagliks toe en lewe baie Swartes in slegter toestande as vóór 1994.
VOLKSREGERING (28)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
MEER VALSHEDE
Dat die blankes Afrikaans gebruik om swartes uit te sluit is ewe onwaar. Hoe, waar, wanneer en waarna verwys die spreker, want geen nadere besonderhede is verstrek nie. Moet Afrikaanssprekendes hulle taal verloën? 'n Taal wat tans in die grondwet beskerm word? Engels is ook blankes se taal, maar daarteen word geen beswaar geopper nie.
Ook is gesê dat die land (Suid-Afrika) na sy wettige eienaars teruggebring moet word. Nou is die vraag wanneer die blankes se regverdige deel, soos tussen die Wes-Kaap en die Kei-rivier, die deel wat Dingaan in 'n wettige transaksie aan die Voortrekkers verkoop het en verskeie ander wettig verkreë grondgebiede, erken en aan Afrikaners teruggegee gaan word. Blankes is ook wettige grondeienaars. Wanneer gaan die swartes onder andere uit die Wes-Kaap onttrek?
MUNISIPALE DIENSLEWERING
Johan Dorfling
Dit is nie nodig om lank oor munisipale dienslewering te praat of te skryf nie. Oweral in die land is daar letterlik honderde betogings en stakings vanuit die geledere van alle bevolkingsgroepe oor swak, uiters swak dienslewering. Dorpsrade en stadsrade kan net eenvoudig nie die mas opkom nie omdat hulle nie in staat is om owerheidsfunksies te verrig nie.
Die owerhede op alle vlakke is oorweldigend swart wat groot bedrae geld hanteer en dit nogtans verkeerd aanwend. Luukse voertuie wat nie bekostig kan word nie, asook onnodige reise wat op die belastingbetaler se rekening kom, verswelg elke bietjie kontant wat beskikbaar is en dan word groot skuld aangegaan.
GOD IS DEUR ALLE BEPROEWING BY JOU
Ds Andrè van den Berg
“By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie” - Job 1:22
Ons leef net een keer op aarde en nie weer nie. Maar as ons reg leef, is een keer genoeg. Van een ding kan ons hier op aarde baie seker wees - dat ons iewers op ons lewenspad met beproewing te doen gaan kry; en waarskynlik nie net eenmaal nie. Mense reageer nie eenders op beproewing nie. Sommige lê geloof aan die dag terwyl ander in ongeloof weens selfbejammering verval.
Beproewing raak ons hele menswees; nie net fisies nie, maar ook psigies. Dit tas ons gees aan. En hoe ons hierop reageer, lewer die beste bewys ons geesteskrag. Fisiese lyding verswak ons liggaam. Daaraan kan ons niks doen nie. Iets waaraan ons wel iets kan doen, is om te verhoed dat beproewings ons gees seermaak en selfs in ongeloof laat verval.
WAT IS JEUGDAG?
Johan Dorfling
Hierdie dag in Suid-Afrika het sy oorsprong by die opstande van ouer skoliere op 16 Junie 1976 in Soweto. Daar is steeds nie duidelikheid oor die rede vir die opstand nie omdat verwarrende berigte deur joernaliste die wêreld ingestuur is. Die regering het 'n ondersoek gelas om agter die waarheid te kom, maar onrusstokers wat ondergronds te werk gegaan het, het daarin geslaag om feite toe te smeer. Dat hulle hulself weerspreek het, is duidelik uit hulle bewerings.
Aan die een kant is beweer dat Afrikaans deels as onderrigtaal in die skole ingestel moes word, wat tot gewelddadige verset gelei het. Let wel deels.
‘N OORLOG WAT LEWE GAAN BRING
BITTEREINDER
Die dag kom nader dat ons ons weer voor die wêreld sal moet betuig. Daarom moet ons onsself in die gemoed voorberei om die wil en die moed aan die dag te lê om op daardie dag onsself met selfrespek te betuig. Slegs ware Bittereinders sal hierin slaag.
Wat diegene betref wat nog nie weet hoe die gemoed van ‘n ware Bittereinder werk nie, is dit tyd dat hulle moet besef dat vrede wat hulle nou binne die bestel soek sonder selfbetuiging en selfrespek, geen vrede is nie. Só ‘n vrede sal ons nie red nie. Soos deur ‘n opregte Bittereinder gesê, is daar ‘n vrede wat die dood is en ‘n oorlog wat die lewe is. Daarby het ‘n volk wat geen ideale koester nie, niks om voor te leef nie. So ‘n volk is sonder geloof, waardes, wilskrag en moed.
KEER JELLIEVIS-AFRIKANERS DIE RUG!
Fil Aldrich
Na aanleiding van 'n artikel op hierdie webwerf oor die hedendaagse hensoppers wil ek ook graag 'n stuiwer in die beurs gooi. Dit is ‘n feit dat wanneer ‘n persoon verneder word, hy wraakgevoelens koester en op ‘n stadium wraak sal neem. Kinders wat geboelie word op skool sal meesal die een of ander tyd wraak neem op die persoon wat hom geboelie het. Met volke is dit eweneens so. Indien ‘n volk verneder word, sal daardie volk wraak koester en indien ver genoeg gevoer, op die een of ander wyse later wraak neem. Dit gebeur ook wanneer daar deur middel van propaganda aan ‘n volk opgedis is dat ‘n ander volk hom verneder en as minderwaardig beskou het. So ‘n volk sal op een of ander stadium wraak neem, sonder om homself van die feite te vergewis.
In Suid-Afrika is ‘n persepsie geskep onder die Swartes dat die Blankes hulle as minderwaardig beskou en dat die Blankes hulle onderdruk het. So is die woord apartheid gebruik om aan te dui dat dit die grootste onreg is wat ooit deur een volk teen ‘n ander gepleeg is. Om boonop ‘n persepsie oor ‘n saak soos hierdie onder mense te skep met ‘n lae intelligensie, is uiters gevaarlik.
VOLKSREGERING (27)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
ONWARE BEWERINGS
'n Ongegronde bewering is dat die swart volke eerste in Suid-Afrika gewoon het en dat die blankes (Afrikaners) hulle grond afgeneem het. Van Kaappunt tot by die Visrivier was daar geen swartes nie. Eers by die Kei-rivier het die twee groepe mekaar werklik ontmoet. Piet Retief het namens die Voortrekkers deur bemiddeling van onafhanklike sendelinge en onderhandeling wettiglik grondgebied by Dingaan verkry. Die verraad word verswyg. Groot ander grondgebiede was onbeset of is ook deur wettige onderhandelinge verkry. Daaroor word geswyg, of die beweerders ontbreek kennis van die geskiedenis. Zoeloe geskiedkundiges skryf dat die Zoeloes die gebeure betreur.
HEDENDAAGSE HENSOPPERS
Jeanette Koekemoer
Mnr Jaap Marais het in Maart 2000 gesê dat Afrikaners wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort, trou aan mekaar moet sweer dat ons stryd sal voer tot ons ons vryheid herwin het. Dit maak van diegene wat steeds dié stryd voer, Bittereinders.
Die onoorbrugbare kloof tussen die hedendaagse hensoppers en die Bittereinders van vandag word al groter. Nog ‘n foefie van die hensoppers is om nou binne die grondwet van die onwettige swart regime na ‘n manier te soek om sogenaamde selfstandigheid te verkry. Die resultaat is ‘n eie wetsontwerp wat na vele moeite binnekort deur die Vryheidsfront aan die Parlement voorgelê sal word.
VOLKSREGERING (26)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
OMSKAKELING = "TRANSFORMATION"
Daar word dikwels deur die regering na "transformation" verwys, en berigskrywers verwys in Afrikaans foutiewelik na die Romaanse woord transformasie. Romaanse woorde verdring Dietse woorde wat die werklike oorsprong en aard van Afrikaans is, daarom is omskakeling of omskepping meer gepaste en beskrywende vertalings vir "transformation" en kom die werklike bedoeling duideliker na vore.
VOLKSREGERING (25)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
GOEIE BEDOELINGS VAN AFRIKANERSTAATSMANNE
Oud-president Steyn: "Voogdyskap oor die swartes . . . is 'n plig . . . ons, die blankes, moet hulle optrek . . . na die lig van die evangelie en die beskawing". Genl Botha, 1912: "Aan gelykstelling (in dieselfde grondgebied) kan nie gedink word nie. Die swartes moet 'n mate van selfbestuur kry: Onder toesig van die blankes sodat hulle hulself kan opwerk". Genl Smuts, 1912: "Daar moet nie getrag word om van 'n swart siel 'n blanke siel te maak nie. Naturelle moet ontwikkel volgens eie etniese lyne. Hulle vatbaarheid moet in aanmerking geneem word. Met hulle eie inrigtings kan daar vir hulle 'n groot toekoms wees".
IS EK MY BROER SE WAGTER?
Hannes Ollewagen
Génesis 4:1-26
“Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel?En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?” (:9).
Nadat Adam en Eva in die Paradys gesondig het, het God hulle gaan opsoek. Alreeds bewus van hul oortreding probeer Hy ‘n skulderkenning van hul kry deur vrae aan hulle te stel. In plaas daarvan dat hulle hul skuld erken en bely, probeer die een maar net die skuld op die ander plaas.
So het Adam en Eva se seun, Kain, ook teen God oortree. Alreeds bewus van sy oortreding, soek God ook vir Kain op en stel aan hom ‘n vraag wat hom die geleentheid bied om sy skuld te erken en te bely. En herhaal die geskiedenis homself nie maar gedurig nie? Kain probeer op dieselfde wyse as sy voorsate sy skuld verberg deur die aanklag van God met ‘n vraag te omseil. Hoe sal ek weet waar my broer is? Is ek dan sy wagter?
MISLEIDENDE TAALKWESSIE
Johan Dorfling
Daar is kleiner Afrikaanse groepe wat probeer voorgee dat hulle 'n meerderheid is, en sogenaamde indiwidue wat na bewering Afrikaans in verskillende vorme vier en verken. Afrikaans se horisonne is glo wyd met 'n eiesoortige karakter soos elke mens se wortels in hierdie kontinent geanker is. Dan word verwys na mense uit alle vlakke, beroepe en kulture wat waarde aan Afrikaans bied. "Hierdie kontinent" is uiters verwarrend, want dit sluit lande soos Nigerië, Egipte, Ghana en ander in. Wat het hulle met Afrikaans te doen? Word na lug gegryp om gebrekkige argumente te probeer versterk?