Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vandag word samelewings wêreldwyd volgens die beginsels van menseregte georden. Owerhede, kerke, ekonomiese instellings en sosiale instansies word volgens hul handhawing van menseregte beoordeel. Onderwysinstellings word selfs ingespan om heiden-owerhede te help om ’n menseregte-kultuur te vestig!
VOLKSREGERING (42)
>
>>>
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKANERVROUE HET GEDOEN
Nonnie de la Rey, Hendrina Joubert en Annie Botha is bekend as generaals se vrouens wat harde werk gedoen het, maar wie weet wat grootwildjagter Otto Krantz se vrou gedoen het, of Helena Herbst Wagner of Sarah Raal? Min is aangeteken.
Baie Boervroue het as spioene gewerk en twee van die bekendstes was 'n mev Van Warmelo en haar dogter Johanna wat dwarsdeur die oorlog inligting aan die kommando's oorgedra het. Geskiedskrywers verwys na die veldslae rondom Tugela waar Britse magte 'n swaar gewonde 19-jarige Boere-vroutjie gevange geneem het. Voor haar dood het sy vertel dat sy langs haar man in die loopgraaf gelê en skiet het.
WAAR Lê U LIEFDE?
Hannes Ollewagen
1 Joh. 2:3-17
“Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is – die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe – is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” (:15-17).
Hierdie woorde maak dat feitlik elke mens so effens ongemaklik op sy sitplek rondskuif. Ons het tog elkeen dinge hier op aarde wat vir ons kosbaar is en wat ons nie graag sou wou verloor nie. En dit klink so amper uit hierdie gelese gedeelte dat ons niks anders as vir God mag liefhê nie.
VOLKSREGERING (41)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKANERVROUE SE DRYFKRAG
Dryfkrag openbaar 'n samehorigheidgevoel vir die volkseie, volkvryheid, selfregering, vreedsame bestaan. Alle vroue se standvastigheid kan ongelukkig nie aangehaal word nie, want dit is 'n magdom. Slegs enkeles se volkseie dade word hier beskryf. Elke Boerevrou en Boeremeisie was egter heldin in woord en daad.
Jan Besuidenhout het by die begrafnis van sy broer Frederik, wat deur veertien pandoere onder Britse bewind onbillik doodgeskiet is, 'n beroep op die burgers van die distrik gedoen om sy broer se dood te wreek. Die owerheid het daarvan gehoor en kaptein Fraser het met honderd pandoere op die burgers toegeslaan. Dit was die begin van die Slagtersnek-rebellie. Onder meer het kommandant Nel en 'n handjievol burgers ook gehelp om hul landgenote te vang.
ORREL IN KERK
Johan Dorfling
Deur die eeue was daar na my wete slegs een musiekinstrument waaraan die titel koninklike instrument toegeken en wêreldwyd so erken is. Die orrel. Hierdie koninklike instrument het tereg 'n vaste plek in ons kerke verwerf met die uitskakeling van alle ander musiekinstrumente tydens eredienste.
Hedendaags word daar al hoe meer propaganda gemaak vir kitare, trompette, beuels, viole, ensovoorts, tydens eredienste. Soos gewoonlik wanneer veranderinge voorgestel word, word die aanvaarde eers afgekraak, 'n strooipop opgestel, om verdagmaking te saai. Dan word verwag dat die strooipop verdedig moet word omdat dit as 'n feit gestel word. Waarom hierdie optrede as iemand 'n goeie saak vir sy eie siening en voorstel kan voorlê? In die geval van die orrel in die kerk word heeltemal ongegrond verklaar dat die orrel in kroeë bespeel is. Het die orrelpype maklik ingepas? Dit is lafhartige en onetiese optrede.
ONS EKONOMIESE WURGGREEP
>
>>>
Bittereinder
Ons lees in BM Schoeman se reeks hier op Gelofteland hoe Anglo American deur middel van Harry Oppenheimer (lid van die internasionale geldmagte) nog voor die moord op dr Verwoerd Suid-Afrika reeds in ‘n ekonomiese wurggreep gehad het. Dit is die inligting wat in Die Hoekverslag aangebring is nadat dr Verwoerd aan prof Hoek toestemming verleen het om ondersoek daaroor in te stel. Die Hoekverslag is op daardie tydstip deur John Vorster wat met Oppenheimer bevriend was, hoogs geheim gehou, in so ‘n mate dat hy genl Hendrik van den Berg opdrag gegee het om elke afskrif wat reeds gemaak is te kodifiseer. Klaarblyklik sou Die Hoekverslag die middag van 6 September 1966 net na ete in die Parlement onthul word en sou dr Verwoerd dit bekend maak. Is dit toeval dat dr Verwoerd presies daardie tyd vermoor is, minute voordat hy die inligting openbaar sou maak? Natuurlik was dr Verwoerd deurentyd ‘n stok in die geldmagte se speek met die voorspoed wat hy in ons land bewerkstellig het deur sy weerstand teen die geldmagte, maar die openbaring van die geldmagte se geknoei moes toegesmeer word en dr Verwoerd was oppad om dit bekend te maak.
RASSEVERMENGING ‘N BABELSE VERWARRING
Ds Andrè van den Berg
Die opskrif van Jes.14 lui: “Die val van die koning van Babel”:.
“Hoe het jy uit die hemel geval. O morester, seun van die dageraad? Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel my troon verhef bo die sterre van God.... Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!” (12-15)
“En die Here sê: Daar is hulle nou een volk en almal het een taal. En dit is net die begin van hul onderneming ... Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar..... So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi....” - Gen.11:6-8;
“en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?” - Hand.2:7,8
Gen.11 is die verhaal van ʼn verenigde gemeenskap; mense met net een taal en ʼn sondige versugting na mag. In die boosheid van hul harte het hulle selfs ʼn toring probeer bou waarmee hulle tot by God in die hemel wou opklim om met Hom kragte te gaan meet. Wat in Babel gebeur het, het hom daarna telkens in die geskiedenis herhaal – saamgesnoerde, enkeltalige, magsbehepte gemeenskappe wat hul rieme met God styfgeloop het! Sowat 2000 jaar later het dieselfde ding weer in Babel plaasgevind toe ʼn koning hom bo God probeer verhef en gestraf is.
GESKILLE IN REGERING
>
>>
Johan Dorfling
'n Regering is 'n groep mense met eenderse staatkundige denke wat die gesag het om 'n volk te bestuur. Daardie gesag ontvang die betrokke groep mense van hulle eie volkgenote omdat die meerderheid volkgenote van mening is dat daardie voorgangers die bekwaamste mense is om hulle verkondigde beleid en strewes die doeltreffendste uit te voer. Met sy gesag moet die regering na die behoeftes van al hulle mense omsien, al sou daar volkgenote wees wat nie met die regering se beleid en administrasie saamstem nie.
Daar bestaan verskillende vorme van regering soos onder meer 'n monargie, 'n republiek, 'n aristokrasie en 'n tirannie. Dit is slegs enkele regeringvorms.
In die eerste plek word regering van 'n volk deur die volk beklemtoon, want regering oor ander volke is onderdrukking van 'n ander volk se vryheid om homself te regeer. Wanneer so 'n regering aan ander sy taal, geloof en kultuur wil voorskryf, matig hy hom 'n reg aan wat hom nie toekom nie. Hy beroof die ander van vryheid wat 'n vergryping is. Dit het die apartheidregering besef en uitgeleef volgens neergelegde beginsels.
OM NA GOD TE SOEK
Hannes Ollewagen
2 Kronieke 15:1-19
“...Die HERE is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.” (:2).
Ons hoor gedurig dat ons in ‘n gejaagde wêreld leef. En kyk ons na die gewoontes en lewenswyse van mense rondom ons dan sien ons inderdaad dat die meeste mense alewig haastig is. Daar is ewig ‘n gejaag, maar ongelukkig is soveel van hierdie gejaag maar net ‘n gejaag na wind.
‘n Mens hoor boonop soveel mense wat sê dat hulle nie tyd vir hierdie of daardie dinge gehad het nie. En tog het die meeste mense oorgenoeg tyd om ure lank voor die televisie of internet deur te bring. Ek het nie gisteraand tyd gehad om Godsdiens te hou en stil te raak voor die Woord nie, want ek het skuins na 12 eers in die bed geklim – nadat ek ten minste 4 ure se video’s op “YouTube” moes kyk. Daar was tyd om na allerhande onbenullighede op die internet rond te soek, maar daar was nie tyd om na die Here te soek nie. Daar was in die hele dag van 24 uur nie genoeg tyd om die Een wat die dag geskape het en boonop aan my die gawe van lewe geskenk het om die dag te kon geniet, te aanbid nie.
VOLKSREGERING (40)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKANERVROU
Die Tagtigjarige Oorlog van die klein Nederlandse volk teen die Spaanse Ryk is een van die merkwaardigste gebeurtenisse in die geskiedenis. Die belangrikste lesse uit die lang stryd te leer, is die vurige patriotisme, beslistheid, leeuemoed en die morele waarde van die Nederlandse vrou om onafhanklikheid (apartheid) vir Nederland te herstel. Dit was die moeders wat hul seuns van die vroegste jare af geleer het om al hulle kragte in te span, om alle moontlike pogings aan te wend om die vyand te dwarsboom en nie te rus voor die juk van hul nekke afgewerp is nie. Die mans is ondersteun om vir hulle eie aparte volk te veg. Duisende moeders en dogters het kragdadige grootse werk in stilte gedoen.
VOLKSREGERING (39)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKANER VOLKSHELDE
Daar was soveel uitmuntende figure in Afrikanergeledere dat talle boeke oor hulle geskryf kan word. Dit is nie net generaals of presidente of mense met hoë range wat daarby ingesluit is nie. Dink maar aan die klomp Afrikanervroue wat na die Vryheidoorlog en sonder plaashulp ploeg getrek het by gebrek aan trekdiere en wie se name almal aangeteken moes gewees het. Diep ploegvore trek is moordend. Hulle mans was nog krygsgevangenes. Wat van die mans en seuns wat opgetekende en onopgetekende heldedade verrig het?
VOLKSREGERING (38)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
STAATSMANNE UIT ONS GESKIEDENIS
Die ontstaan en ontwikkeling van die Afrikanervolk en die persoonlikhede uit ons geskiedenis is besonderlik. Ons kan trots wees op die leiers wat ons gehad het en dit leer ons uit ons eie geskiedenis. Net van 'n paar name word melding gemaak.
Jan van Riebeeck was 'n merkwaardige man. Hy was met die hand uitgesoek om na 90 man om te sien as "regeringshoof" en hulle van raad te dien. Hy moes die kennis hê van boumeester, notaris, tuinier, boer, timmerman, messelaar en smid en het sy hande vol gehad om almal aan die gang te hou en te help beplan. Dit het hy met onderskeiding gedoen en sy staatsmanskap was uitstekend. Hy was die eerste denker alhier wat besef het dat as volke van uiteenlopende kulture vermeng, dit op wanorde sal uitloop, daarom het hy ondertrouery met andersoortige volke verbied en volkseie (Europeërs) voorop gestel.
VOLKSGENOTE ONBEWUS VAN DUISTERE REGERINGSMAGTE
Bittereinder
Die situasie lyk sleg in hierdie land. Botsende kulture met uiteenlopende verwagtings sê mekaar die stryd aan. Barbaarse optrede is aan die (wan)orde van die dag. Dit is natuurlik voorspel gegewe die les van die geskiedenis; al het die waarskuwings op dowe ore geval. Tog lyk dit in 2018 of ons baie nader aan 'n situasie beweeg waar die geweld, chaos en ellende 'n klimaks kan bereik. Dan kan ons jonger geslag vra: maar wat van ons? Ons wat nog (eers) ons talente wil ontgin? Ons wat nog die vreugdes van die lewe wil ervaar? Die toestande wat ons vandag beleef in hierdie land noop baie van ons om by die Here te smeek om ingryping, ander weer dink die situasie is onomkeerbaar op pad na verwoesting en ander vra dat die Here se wederkoms tog gou sal plaasvind.
GETALLE VERDRUK REGVERDIGHEID
Johan Dorfling
Daar was van die ANC se bestaan af 'n vertrouensgaping tussen hulle en Afrikaners omdat die ANC nie by die gees van samesprekings en verstandhoudings gehou het nie. Namate dit duidelik geword het dat die ANC se woordvoerders gesprekke nie ernstig opneem nie, het die belangstelling om te praat afgestomp en het die ANC die geringste politieke vertroue laat tuimel. Met hulle kwaadwillige benadering wat geweld en moord ingesluit het, is hulle heeltemal tereg volgens beskaafde standaarde onwettig verklaar. In die howe het hulle hul wandade openlik erken.
Toe die huidige volkvreemde regering, in 'n poging van versoening deur die blanke regering, die onverdiende geleentheid gebied was om beheer oor te neem, het die meerderheid met hulle getalle die grondliggende belange van 'n minderheid bloot weggestem, soos byvoorbeeld hul werk-, taal-, grond- of onderwysregte, of waar hul belasting bloot gevat word sonder dat hul belange ook daarmee gedien word. Regverdigheid sonder kulturele vryheid is betekenisloos, want dan beteken die begrip oorheersing en rassebevoordeling.
NASIONALISME ONS CHRISTELIKE PLIG
Bittereinder
Ons hoor nog elke dag hoe boos apartheid was en hoe wreed die gevolge daarvan Is. Dit bly een van die grootste leuens wat ooit deur ons volksvyande uitgedink is. Selfs blankes in Suid-Afrika het begin glo dat daar waarheid in steek maar al wat hieruit wys gemaak kan word is die onkunde en naïewiteit van sommige van ons volksgenote. Kom skerp u kennis op oor wat die sogenaamde verskriklike woord ‘apartheid’ werklik beteken.
Die beleid van apartheid was niks anders nie as die praktiese uitvoering van nasionalisme. Dit gaan immers by nasionalisme om die handhawing van die eiesoortigheid; die afsonderlikheid van elke volk – presies wat die beleid van apartheid ten doel gestel het. Indien enige party of organisasie weghardloop van die beleid van apartheid, soos wat meeste gedoen het, word terselfdertyd weggehardloop van nasionalisme.
AFRIKANERS WERK SAAM
Johan Dorfling
Sonder 'n landwye organisasie is dit moeilik om 'n groot deel van die volk te bereik, maar sonder daardie ratwerk is daar genoegsame getalle volkgenote wat erns het met samewerking om die doel van onafhanklikheid binne volkverband te bereik. Slegs enkeles is hensoppers en niksdoeners om soos die spreekwoordelike muis in die melkemmer te swem. Daardie muis wat moed opgegee het en in die melk verdrink het. Sy maat het volhard met sy pogings totdat die room dik genoeg geklits was om uit te spring en vry te wees.
Dit is die plig van elke Afrikaner om nie net aan homself te dink nie, maar om ook sy nageslag en volkgenote by te staan en te beskerm. Dink aan die koopkrag wat jy het om by jou eie mense te koop en nie by vreemdes nie. Jy kan onmiddellik wen, maar indien nie onmiddellik nie, kom die wen later.
MANDELA SE NALATENSKAP...
...vloek of seën?
Ds A vd Berg
Die viering van Nelson Mandela se 100ste geboortedag op 18 Julie vanjaar geniet alreeds baie plaaslike en internasionale aandag. Sommige mense wag dit byna soos Kersfees af. Maar, is daar werklik iets om oor opgewonde te wees? Verering volg niemand graf toe nie, slegs nalatenskap.
Hoe lyk Mandela se nalatenskap? Mense huiwer soms uit vrees vir verguising om ʼn kritiese woord daaroor te uiter. Ikonifisering (mense-verafgoding) het hom selfs na sy dood feitlik onaantasbaar gemaak.
Miljoene beskou hom as ʼn rolmodel van uitmuntende leierskap. Buitelanders het selfs standbeelde vir hom in Parliament Square in Londen (2007) en Ramallah (2016) opgerig om net twee daarvan te noem. Die Amerikaners het selfs ʼn rolprent oor sy lewe gemaak wat hom as ʼn wêreld-ikoonuitbeeld wat vir 27 jaar verkeerdelik in die tronk vir sy oortuigings geboet het.
BRON VAN LIEFDE
Ds Andrè van den Berg
“ ʼn Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle mekaar liefhê” - Joh.13:34
God is die Bron van die liefde. As ons God nie deur die wedergeboorte leer ken nie, kan ons nooit opreg liefhê nie. Liefde kom van God want God is liefde. “Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde” (1 Joh.4:8).
Wie nie kind van God is nie, kan nooit in God se liefde vir sondaars deel nie. Die pad van die liefde is ʼn opdraande pad, wat inspanning, toewyding, vergifnis en geduld verg soos wat in 1 Kor.13 duidelik uitgespel word. Hierdie beskrywing van die liefde is as’t ware ʼn portret waarvoor Jesus self geposeer het. Liefdevolle mense se lewens val nie uit mekaar nie. Liefde is die skoonheid van die siel en die enigste mag wat van ’n vyand ’n vriend kan maak. Liefde is die enigste ding wat ons op ons lewenspad saamdra wat die reis nie swaarder maak nie.
VERONGELUK DEBAT DOELBEWUS
Johan Dorfling
Een van die vernaamste voorvereiste vir 'n redelike debat tussen mense wat van mekaar verskil, is om mekaar se sienings uit te ruil. Maar wat gebeur wanneer een party weier om na die ander se sienings te luister? Die een kant van die aangeleentheid, geregverdig op suiwer redenasies, word sonder meer verwerp of bespot? Ironies genoeg, baie van die bespotting word gegrond op onkunde en tekort aan insig omdat die betrokke party eenvoudig weier om na die betekenis van die feite te kyk. Om die waarheid aan te hoor, sal hulle kleinlike denke in die wiele ry.
ONREGLESSE (6 & SLOT)
BOSE WETGEWING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Saaiers
Die Bybel gebruik dikwels landboutaal om God se wil en oordeel duidelik te maak:
“Want ons is medewerkers van God; die akker van God... is julle” (1 Kor.3:9).
“Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet ...” (Hos.10:13).
Sonde maak harte hard en onbruikbaar. Dit moet soos braakland gebreek en van onkruid (onreg) bevry word alvorens God se saad daarin kan ontkiem en vrug dra:
“Wie onreg saai, sal onheil maai...” (Spr.22:8).
ONREGLESSE (4&5)
BOSE WETGEWING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Ondankbaar
Booswigte is ondankbare mense. Hulle deel in die aardse seëninge wat God vir gelowiges bestem, maar eer Hom nie daarvoor nie:
“Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ʼn land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie” (Jes.26:10).
“Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie” (Sef.3:5).
Wie onreg pleeg, het geen skaamte nie en is geestelik siek. Buiten die bekering is daar geen genesing vir hulle nie. God straf hulle:
“Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; en die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE” (Jer.8:12).