Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wat ek vandag die hele dag lank gaan doen is baie, baie belangrik – ek koop dit dan met 24 uur van my kosbare tyd!
KOMMUNISME IN SUID-AFRIKA
Johan Dorfling
Kommunisme is so wyd oor die wêreld versprei dat dit moeilik herkenbaar is. Dit is wat kommuniste met breinspoeling bereik. Kommunisme is 'n geloofsoortuiging wat godsdienstigheid regstreeks minag en 'n volk se lewe infiltreer om sodoende die aarde te beheers. Wetlike maatreëls alleen kan kommunisme nie keer nie. 'n Lewenskragtige en oortuigde Christendom wat werkdadig uitgeleef word, is die enigste doeltreffende verdediging.
In die stryd teen kommunisme is daar geen plaasvervanger vir noukeurige, doelgerigte kennis nie. Hulle bied as 'n beginpunt liefde en vrede aan almal en beweer dat die volk moet regeer. Solank ons glo dat kommuniste soos ons dink en vryheid, wat hulle demokrasie noem, nastreef, het ons die eerste tree gegee om deur hulle oortuig te word. Hulle is onderliggend 'n voortreflike organisasie en strategies beweeglik in hulle optrede.
BLANKES BEWYS EERLIKHEID
Johan Dorfling
In aansluiting tot Gelofteland se strewe dat ons mense ons self moet handhaaf, het ek dit goedgedink om my standpunt te stel. Dit is soos ek dit van my ouers en ouer vriende geleer het. Die wysheid van die grysheid beïndruk my vandag nog. Daardie mense het met min geleerdheid en met selfstandige selfdoen dieper gedink en meer bereik as baie geleerdes. Eer jou vader en jou moeder is 'n wysheid wat God self in sy Woord as 'n beginsel neergelê het.
Die leiers van die Afrikaners het onder meer in 1917 onafhanklikheid bespreek. Onder andere het hulle verwys na dr Woodrow Wilson, president van Amerika en Lloyd George, eerste minister van Engeland, wat verklaar het dat alle volke die reg moet hê om oor hul eie lot te beslis en dat geen volk ooit gedwing moet word om onder 'n heerskappy te staan waaronder hy nie wil wees nie. Omdat die verklarings ooreengestem het met die beginsels van reg en geregtigheid het die Afrikanerleiers ten volle daarmee saamgestem. Die beginsels is ook op Suid-Afrika van toepassing gemaak.
VOLKSREGERING (37)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
GEBREK AAN KENNIS
Selfs sommige Afrikaners wat as geleerd deurgaan, ontbreek aan uiters noodsaaklike kennis van hul eie geskiedenis soos om apartheid as regverdigheid te verstaan. 'n Volk se hoop om vir homself 'n toekoms te skep, lê in kennis van sy verlede en hy moet sy toekoms daarop bou (president Paul Kruger).
Ons is nie 'n lesende volk nie. Ons mense lees selde 'n boek van ernstige aard, bestudeer ook nie vraagstukke waarmee hulle worstel nie. Van ons luister na wat teenstanders van apartheid in koerante, radio, en beeldradio aanbied en glo hulle sonder om die geloofwaardigheid daarvan na te gaan. Dit veroorsaak gebrekkige kennis – onwaarhede – skuins gedraai. Langenhoven het uitgewys "Moenie openlik 'n leuen vertel nie. Hou die waarheid net effens skuins en wat jy sê word maklik geglo". Ons vyand probeer hierdie wysheid van een van ons mense op ons toepas.
OM ONBERISPELIK TE WEES
Hannes Ollewagen
1 Thes. 3:1-13
“...sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.” (:13).
Elke gelowige het sekerlik al die punt bereik waar hy/sy voel dat hulle baie na aan die toppunt van hul geloofslewe gekom het. Daardie punt waar dit vir ‘n mens voel asof jy nou die Woord van God meermale deurgewerk het en met die inhoud daarvan goed vertroud is. Daardie punt waar ‘n mens so maklik die groot fout kan begaan om te dink dat jou geloofsverantwoordelikheid afgehandel is. Jy het nou genoeg gedoen om die ewige lewe te beërwe en kan nou op ander dinge in die lewe fokus.
ONTEIENING SONDER VERGOEDING
Meinhard Peters
Lees meer daaroor by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Verslag oor “onteiening sonder vergoeding” ingedien
Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis (IKG) het gedurende Meimaand ’n spesiale verslag in Engels opgestel wat ingedien is by die parlement se gesamentlike komitee vir die hersiening van die grondwet. Die besluit wat die ANC in die parlement deurgevoer het (met die ondersteuning van Julius Malema se EFF) oor grondonteiening sonder vergoeding is na hierdie komitee vir oorweging verwys. Die komitee moet besluit hoe Artikel 25 van die RSA Grondwet aangepas moet word om onteiening sonder vergoeding in uitdruklike terme toe te laat. So ’n ingrypende wysiging sal verskeie maatreëls in die grondwet buite werking stel, en dit sal die howe verplig om die staat se arbitrêre beslaglegging op grond te aanvaar. Om hierdie rede word die ANC se planne oor grond deur baie instansies as “grondroof” of “diefstal” beskryf.
VOLKSREGERING (36)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
MISLEIDINGSTAKTIEK
Teenstanders van apartheid gebruik misleidingstaktiek om hul saak te stel, byvoorbeeld deur openbare geriewe vir slegs Blankes voor te hou en slegs vir Nie-Blankes te verdoesel, slegs geriewe vir Blankes in treine te noem en slegs vir Nie-Blankes te verswyg. Dan het hulle boonop oneerlik geen melding gemaak dat aan Nie-Blankes goedkoper tariewe vir openbare vervoer toegestaan was nie.
Teenstanders van apartheid, dit is teenstanders van volkseie regerings, is kortsigtig en moedswillig in hulle uitkyk en verduidelikings wat die voordele betref.
ONREGLESSE (3)
BOSE WETGEWING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Nêrens is die skrif vir ʼn regering so duidelik aan die muur as wanneer hul wetgewing onreg wettig nie. Boosdoeners skuil graag agter die masker van ʼn regstelling van gewaande onreg en pleeg onder die voorwendsel van geregtigheid vir almal groter onreg. Afrika is vrot daarvan! Ongelukkig is hierdie regstellers van onreg baie gewild onder dwase en ontvang selfs internasionale toekennings vir hul onregskeppings.
Elke troon van onreg is ʼn troon van die Satan. Daarom hou sy dienaars hul met onregwetgewings op. Daarmee word die wet wat veronderstel is om ʼn nagmerrie vir booswigte te wees, in effek hul beskermheer!
Oral waar onreg gedy, ly gelowiges daaronder:
VOLKSREGERING (35)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
TEENSTRYDIGHEDE IN POLITIEK
Daar bestaan 'n ietwat teenstrydige toestand in die politiek. Dit is dat 'n volk militêr swak mag wees, maar met 'n gesonde en sterk ekonomie nogtans die ekonomiese wapen kan hanteer. Min invoere, net wat regtig noodsaaklik is om gebrek aan te vul en genoeg produkte/grondstowwe om aan die buiteland te verkoop, is gesonde ekonomie. Om grondstowwe self te verwerk is beter, want dit bied werkverskaffing. Vestiging van bedrywe wat ander nie so ekonomies kan nadoen nie, is voordelige ontwikkeling. Geskeie regerings met wedersydse heil en samewerking tot almal se voordeel is die grondslag vir vrede en ontwikkeling. Dit is wat met apartheid bereik word.
VOLKSREGERING (34)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VOORDELE VAN APARTHEID
In 'n apartheidbeleid groei die getal onderwyskragte en leiers op alle rangvlakke en ontstaan daar allerhande beroepsgroepe, amptenare in staatsopset en in die openbare nywerhede wat hulle eie mense dien. Sodoende vind 'n opkoms van verskeie beroepe binne 'n volkgroep plaas en word 'n bron vir ontwikkeling geskep.
VOLKSREGERING (33)
>
>>>
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VOLKSEIE BEGINSELS
Die hieronder aangehaalde bewoording was in 1961 in die aanhef van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika opgeneem. Dit is 'n geloofsbelydenis waarin regering en volk hulle verpligting teenoor God uitspreek en was oorweldigend oral deur alle volkgenote aanvaar. Dit getuig vanwaar die Afrikaner sy krag ontvang en hou verband met die geloftes.
"In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, Beskikker oor die lotgevalle van nasies en die geskiedenis van volkere;
VOLKSREGERING (32)
>
>>
>>>
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
DIE STEM VAN SUID-AFRIKA
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee,
Deur ons vêr-verlate vlaktes met die kreun van ossewa –
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe – ons vir jou Suid-Afrika.
DRAERS VAN SY NAAM
>
>>>
Hannes Ollewagen
1 Konings 8:12-66
“Maar sou God werklik op die aarde woon? Kyk, die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het.” (:27).
“...sodat u oë oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gesê het: My Naam sal daar wees! sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.” (:29).
Salomo het die voorreg gehad om die hartsbegeerte van sy vader Dawid ten uitvoer te bring. Dawid het die brandende begeerte gehad om vir die Naam van die Here‘n huis te bou. God het Dawid egter daarvan weerhou, maar aan hom belowe dat sy seun wel vir die Naam van die Here ‘n huis sou oprig.
ONREGLESSE (2)
>
>>
GOD HAAT ONREGPLEGING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Onpartydig
>
>>
Oud-Israel het beter wette as enige ander volk ter wêreld gehad. Dit as sulks was egter nie genoeg om hulle voorbeeldig te maak nie. Hierdie wette moes ook nougeset uitgevoer word. Talle daarvan was juis op die voorkoming van onregpleging geskoei. Ex.23 begin bv. met die opdrag om nie onskuldige mense te benadeel nie. Onregpleging onder die voorwendsel van geregtigheid is vir God ʼn gruwel.
Die Bybel eis ook dat die reg nie weens ʼn misplaaste meegevoel met booswigte verdraai mag word nie.
SA GEWELD EN WAPENS
Suid-Afrika in dryfsand van barbaarse geweld
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Suid-Afrika word vandag gekenmerk deur gebruikerstakings wat met geweld en plundering gepaardgaan, deur looneise wat insgelyks met stakings en geweld gepaard gaan, deur grondbesettings en grondeise wat ook met geweld en plundering gepaard gaan, en deur ’n stygende spiraal van rooftogte wat al hoe meer gewelddadig raak. Voeg hierby politieke sluipmoorde, die wrede moorde op boere, onderlinge skietery tussen taxi-operateurs, padversperrings, voertuig-skakings, bendegeweld, dwelmsmokkelary en faksiegevegte binne die ANC.
RUGBY SNEUWEL
Johan Dorfling
Dat die sportsoort rugby 'n oplewing in Suid-Afrika ondergaan, is gewis. In die eerste plek is dit grootliks te danke aan 'n nuwe afrigter op die hoogste vlak wat 'n goeie begrip van rugby het. 'n Afrigter speel 'n vername rol in enige sportsoort en die aanduidings is dat die betrokke afrigter selfs minder goeie spelers so met raad en daad kan bystaan en aanmoedig dat hulle spel baie kan verbeter. Hierdie afrigter het sy begaafdheid alhier en in die buiteland getoon. Dit behoort deur te suurdeeg na al die ander vlakke. Natuurlik is tyd daarvoor nodig, maar die goeie tekens behoort oor een jaar te begin wys. Goeie afrigters se spanne kan dikwels wen, maar hulle is ook nie bonatuurlike wesens nie. Enkele wedstryde verloor is aanvaarbaar.
'RASSISME' 'N SIELKUNDIGE OORLOG TEEN BLANKES
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Groeiende konflik oor ras, rassisme en apartheid
’n Hele reeks van insidente dui op die uiters ernstige konflik wat inherent aan die gemengde rassesituasie in Suid-Afrika geraak het. Die ideaal van ’n sogenaamde nie-rassige Suid-Afrika wat deur beide die liberale Afrikanerleiers as die ANC-regime sedert 1994 voorgehou is, lyk meer onbereikbaar as ooit te vore. Wat opval is dat liberale, linkse blankes ook al meer onder die aan-klag van rassisme moet deurloop. Max du Preez het byvoorbeeld oor die radio gesê hy word daagliks van rassisme beskuldig. So pas het die Openbare Beskermer, Mkhwebane, in ’n verslag (na aanleiding van die ANC se aansoek) bevind dat Helen Zille die kode van die Kaapse provin-siale owerheid en die land se grondwet oortree het toe sy op sosiale media gesê het dat kolonialisme nie net sleg was nie. Mkhwebane beveel aan dat daar teen Zille opgetree moet word.
VOLKSREGERING (31)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
AFRIKANERS SE VOLKSLIED
Die Afrikaners se volkslied is bevestiging van die vorming van die eie volk en sy geskiedenis en die eenwordinggevoel. Vertel ons ouers nog ons kinders wie DIE STEM van Suid-Afrika gedig het, wie dit getoonset het en wat die bewoording en betekenis daarvan is? Dit is ons plig.
Gelukkig ken byna almal hierdie pragtige lied wat wêreldwyd as een van die beste volksliedere ooit beskou word. Miskien moet DIE STEM en ander volksliedere weer in 'n klein boekie gedruk en versprei word sodat ons Afrikaners in woord en daad Afrikaners kan bly. Ja, dit is in die FAK se sangbundel opgeneem, maar dit is so 'n omvattende werk dat dit moeilik is om rond te karwei. 'n Klein boekie van miskien tien of twaalf van ons mooiste volksliedere met die note daarby kan onder ons mense versprei word teen 'n geringe koste.
ONREGLESSE (1)
GOD HAAT ONREGPLEGING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Onreg is soos ʼn pessiekte wat ʼn volk vergiftig. Dit het baie voorkomste. God haat elkeen daarvanomdat dit die leuen dien en die lig van regverdiges verdof. Daarom durf gelowigesonreg nie gelate aanvaar nie. Dit moet bewustelik tot God se eer en die geestesgesondheid van hul volk teengewerk word. Daarvoor is kennis van die Bybel onontbeerlik. Dis ʼn gids deur die mynveld van onreg.
Regerings wat onreg pleeg en laat gedy, is georganiseerde plunderorganisasies wat elke gelowige teen die bors stuit. Al beskik gelowiges nie oor die staatkundige mag om onregpleging tot niet te maak nie, durf hulle nooit daaroor swyg of saam met die stroom swem nie. Hulle moet soos Daniël se drie vriende sê:
“ ... Laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie” (Dan.3:18).
KERK EN MEDIA PLEEG BLANKE VOLKSMOORD
>
>>
Bittereinder
Die kerk in Suid-Afrika (met moontlik die uitsondering van die APK) het die Afrikanerdom gefaal. Die APK het egter nou ook voor daardie keuse te staan gekom om baie hard en duidelik namens die Christen-Afrikaner te praat. Ek wil glo dat meeste van sy individuele predikante bereid is om dit te doen. Die vraag is of die APK dit gaan doen.
In Suid-Afrika moes almal saamstaan teen "vreemdelinghaat". Hierdie vreemdelinge kon in hulle eie Afrika modelstate nie oorleef nie en ding nou mee met inheemse Swartes vir maatskaplike toelaes en dies meer. Sommige van hulle, veral uit die noorde van Afrika, is veel slimmer as dié hier by ons en word gehaat juis omdat hulle daarin slaag om winkels op te sit en dit winsgewend te bedryf. Die gevolg is die chaos wat ons beleef.
ESKOM KAN GEBRUIKERS MET MILJARDE UITBUIT
Eskom gaan tekort van miljarde van gebruikers verhaal
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die finansiële krisis wat oor die afgelope jare by Eskom ontstaan het weens wanbestuur en korrup-sie het ’n skrikwekkende tekort van R66,6 miljard geskep. Vroeër vanjaar het direksielede Amerika besoek in ’n poging om nuwe lenings aan te gaan. Hulle het toe beloftes van slegs sowat R21 miljard ontvang. ‘n Kringloop van afpersing het hierop ge-volg. Die kabinet wou Eskom dissiplineer, en het sowat ses verskillende ondersoeke na Eskom se optrede geloods. Volgens energiekenners raak dit skaars aan die oppervlakte van die ernstige sistemiese probleme binne Eskom.