Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is min dinge so onaangenaam as 'n nare lewensondervinding wat jou die dood in die oë laat staar het; 'n motorongeluk, roof of frats-ongeluk. Jy kon gesterf het maar God was jou genadig en het jou die lewe laat behou. Wat is die heel slegste ding wat 'n mens kan oorkom? Wanneer jou naam nie in die boek van die lewe opgeskryf staan nie.
WAT HET VAN MANLIKHEID GEWORD?
KRIEWELKOP
"Manlikheid is om in te staan vir … Wanneer ‘n jongman ’n meisie uitneem, behels dit om vir haar in te staan en ongeskonde terug te besorg, en in die huwelik en gesin geld dié instaan al die pad."
Kyk rondom jou in hierdie moderne era en vra jouself af: wat het van manlikheid geword? ‘n Mens behoort die vraag “wat het van vroulikheid geword?” ook dadelik daarmee saam ondersoek, want daar bestaan ‘n wisselwerking tussen manlikheid en vroulikheid. Die een werk nie sonder die ander nie en hulle beïnvloed mekaar grondliggend.
Maar watter man sou dit nou wou waag om te beskryf wat vroulikheid is en wat daarvan geword het? Dalk is daar 'n paar dapperes... Miskien moet die dames maar van hulle laat hoor – en dalk sommer ook vir ons sê wat hulle onder “manlikheid” verstaan. As ons deeglik hieroor dink kan dit dalk help om onsself én ons wedersydse verhoudinge te begryp.
VOLKSVERRAAD (28)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
AFRIKANER BROEDERBOND EN DIE ONDERHANDELINGSPOLITIEK
Die onderhandelings-konsepdokument waarna Pik Botha verwys, is 'n werksdokument van die Afrikaner Broederbond van 1986. Hierdie dokument is dan ook die bewys dat die Broederbond uiteindelik 'n volslae instrument van die liberalisme geword het. In die Broederbond-dokument, wat 'n navolging is van die Rockefeller-aksieplan van 1981, word die aanvaarding van 'n Swart meerderheidsregering [paragrawe 3.3 en 3.9 op bladsye 5 en 6] en 'n Swart staatspresident [paragraaf 3.7 op bladsy 5] verkondig. In die dokument wat as 'n 'werksdokument' beskryf is, en 'streng vertroulik' gemerk is, is die planne om die Afrikaner se magsbasis in die politiek permanent tot 'n einde te bring, volledig uitgespel.
As uitgangspunt aanvaar dit dan ook die grondliggende gedagte van 'nie-groepsoorheersing '. Daar word ook aanvaar dat Christelike norme nie vir alle mense geld nie.
JESUS SE MOEDER, MARIA
Opvattings oor Maria
Prof. FAH van Staden
Die leer van die Rooms-Katolieke Kerk (RK) oor Maria, die Mariologie, bestaan hoofsaaklik uit ‘n aantal dogmas wat elke pous periodiek “ex cathedra” oor haar persoon en lewe vir dié Kerk geproklameer het. Dit is nie gegrond op die Skrif nie, maar is menslike standpunte wat deel vorm van hul tradisie, wat gelyk geag word aan die Skrif en selfs bo die Skrif.
DIE MAAGDELIKE GEBOORTE
Die getuienis van die Skrif aangaande die maagdelike geboorte is dié van ‘n ongekompliseerde, sobere geboorteverhaal. Dit begin met die Godsbesluit en handeling: Die geboorte van Jesus Christus was dan so:
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (8)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
PIET POTGIETER-MONUMENT
Ligging: Op Piet Potgieterplein voor die stadshuis, aan die westekant van Ruiterstraat, tussen Retief- en Van Riebeeckstraat, Potgietersrus.
GPS-koordinate: S24*11.022, E29°00.634.
Toegang: Die monument is binne 'n omheinde gebied wat bedags oop is. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Genoeg parkeerplek. Geen geriewe, maar voldoende in die nabye omgewing.
Inwyding: 1964.
Hierdie monument bring hulde aan Pieter Johannes (Piet) Potgieter, die tweede oudste seun van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Piet Potgieter is in 1822 in die Ooskaap gebore.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (34)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 5
SAUL EN DAWID
1 Sam 16; 17: 1-11,32-51; 18: 1-20; 22: 6-23; 23: 1-13, 16-25; 24; 26: 1-5,12-25.
1. Dawid word gesalf
Dawid was die man na God se hart waarvan Samuel gepraat het. Hy is lank voor sy troonopvolging in die geheim tot koning gesalf. Dis onder die dekmantel van ʼn offermaaltyd gedoen sodat Saul nie daarvan te hore moes kom nie. God is reg in al sy werke, al is dit ook in die geheim! God het Saul twee maal op die proef gestel en klaaglik misluk. Daarna het God hom laat weet dat Hy sy koningskap sou verloor. God het Samuel na ʼn plaas in Betlehem gestuur waar hy Dawid as Saul se opvolger gesalf het. God het met Saul se salwing sy hart verander sodat die Gees van God by geleenthede oor hom vaardig kon word. Met Dawid was dit baie anders want die Gees het gedurig in hom gewoon!
VOLKSVERRAAD (27)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
WIE WAS JOHAN HEYNS?
Om die aanslag teen die behoudende Afrikaner in sy kerk te kan begryp, moet 'n mens Johan Heyns onder die soeklig plaas.
In sy boek, MY LEWE EN STREWE deur MANIE MARITZ, waarsku Maritz teen die toendertydse moderator van die NG Kerk, naamlik dr. Wim Nicol. Nicol was 'n Jood en Manie Maritz sê oor hom: '"n Jood bly 'n Jood!" bedoelende dat hy sy eie geloof nooit ter syde sal stel nie.
Toe twee joernaliste, een van Rapport en een van Beeld, Johan Heyns genader en gevra het hoekom hulle die familienaam Heinsowitz verander het na Heyns, wou hy hulle nie antwoord nie.
Later het een van Heyns se seuns in Laudium, Pretoria — 'n bekende Indiër-woonbuurt — gesê hy vind dit goed dat ons nou al die gelowe van die wêreld in Suid-Afrika aanbid. Dit verruim glo 'n mens se gedagte.
WEES NET JOUSELF
GOEIE VERHOUDINGS IS BELANGRIK
Die Boodskapper
Menseverhoudinge speel ‘n baie belangrike rol in ons lewe. Dit vul die meeste van ons tyd elke dag. Dit beïnvloed ons houdings en gesindhede. Dit kan jou selfs dodelik siek maak as dit daar sleg gaan – so het navorsing al oor en oor bewys. Maar dit kan jou ook stralend gelukkig maak en motiveer as dit goed gaan.
Maar daar is ‘n basis in dié verhoudinge wat nóg belangriker is.
MY SELF VOOR GOD
Jare gelede het ‘n boekie van Lloyd H Ahlem verskyn, Do I have to be Me? wat ‘n mens laat besef het hoe belangrik jou selfbelewenis in al jou ander verhoudinge is.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
REGERINGS
Will Rogers: Ek het nie nodig om grappies uit te dink nie. Ek hou net die regering dop en vertel dit dan oor.
HOE LYK U GESINS- VERHOUDINGE?
GESINSVERHOUDINGE
God laat die eensames woon in ’n huisgesin ... – Ps. 68:7
Prof. Danny Nel
Ons gesinslewe beleef uitdagende tye. Gesinslede het nie meer tyd vir mekaar nie. Almal werk laat. Kinders gaan nie meer ná skool dadelik uit die huis uit nie of keer terug huis toe na hul studies. Dit alles het daartoe bygedra dat die gesin as sosiale eenheid die afgelope tyd baie verander het.
Maar hoewel die gesin in sy samestelling en die dinamiek van gesinsverhoudinge vanweë tydsomstandighede mag verander, bly die gesin as instelling van God dié mees praktiese plek waar ons verhouding met die Here “vlees” word.
HET KRUISTEKENS PLEK IN CHRISTENE SE LEWE?
Ds AE van den Berg
KRUISE EN KRUISTEKENS
Eseg.8:13-18; 2 Kor.5:11-21
Die rede waarom kruis-simbole vir die Christendom belangrik is, is dat dit gelowiges aan die kruisdood van Jesus herinner toe Hy die mens se sondes op Hom geneem het:
“Nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem en ons smarte – die het Hy gedra, maar ons het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was, maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom en deur sy wonde het daar genesing gekom. Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom” (Jes.53:4-6)
Sedert die vroegste dae is kruis-simbole ook tydens duiweluitdrywing, genesing en seën gebruik. Baie van die ouer kerkgeboue is selfs met die kruis as grondplan opgerig en het as kruis-kerke bekend gestaan.
GEEN ANDER FONDAMENT
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
“Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie”
(1 Kor.3:11)
Jare gelede het ‘n Amerikaanse sakeman tydens ‘n konferensie in ‘n hotel tuisgegaan. Aan die oorkant die pad was konstruksiewerkers besig om die fondament van ‘n gebou te lê. Vragmotors het vragte sement afgelewer. Wat sou daar gebou word. ‘n Sakesentrum? ‘n Wolkekrabber? Toe die sakeman ‘n jaar later weer daar kom, was hy teleurgestel om te sien wat op die fondament gebou is – ‘n kafee!
VOLKSVERRAAD (26)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
" 'n Strategie (wat reeds in die sewentigerjare deur die Afrikaner Broederbond beplan is) is gevolg om regse politieke groepe (waaronder die KP, die Herstigte Nasionale Party en die AWB) in te trek, Afrikanerskap kultureel brandend te hou en dan die volkstaatgedagte te propageer. Dié pogings op politieke gebied was nie 'n sukses nie, en die Herstigte Nasionale Party en die KP het mekaar in die een verkiesing na die ander teengestaan."
CIA WERK KOVERT MEE OM DRUK OP DIE REGERING TE VERHOOG OM SWARTMENSE IN DIE POLITIEKE BESTEL TE AKKOMMODEER
As deel van die Rockefeller Foundation se Aksieplan om binnelandse druk op die Suid-Afrikaanse Regering te plaas vir politieke hervorming, het afvaardigings van alle rasse, wat 575 organisasies verteenwoordig het—vakbonde, sportliggame, gemeenskapsorganisasies, vroue en jeugorganisasies — in Augustus 1984 die United Democratic Front (UDF) gestig met die doel om alle interne/binnelandse weerstand teen Apartheid te koödordineer. Die UDF het tydens sy stigtingskonferensie verklaar dat dit die organisasie se doel is om 'n "united democratic South Africa, free of Homelands and group areas and based on the will of the people " daar te stel.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (12)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
Die pad deur Sinai
"Dit is 27 April 1994. Vervloekte dag vir die Boerevolk. Sy 'verspieders' word lam in die knieë. Dit word aanlokliker om by die vyand aan te sluit."
Die bussie met sewentien van ons, 'n bestuurder en 'n gids, rol soos 'n miskruier se waardevolle bolletjie deur die Sinaiwoestyn. Dit duik deur die nuwe tonnel onderdeur die Suezkanaal en swaai suidwaarts, al langs die Rooisee deur die woestyn. Sand, sand, sand.
Dit is warm. Sommer baie warm. Die lugversorgingstelsel van die bussie doen sy bes, maar verloor grootliks sy stryd teen die woestynson. In die mik van die Rooisee en die Golf van Akkaba, by die Berg Horeb, waar die braambos ook staan, oornag ons. Hier in die vlakte voor die beroemde berg, sien jy voor jou geestesoog die kamperende Israeliete. Groot dinge vleg deur jou gemoed.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (33)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 4
SAUL
1 Sam 11,13-14
1. Die stryd met Nahas
Pas nadat Samuel vir Saul gesê dat God met hom sou wees, het Nahas, ʼn Ammoniet, die Israeliete wat in Jabes (Gilead) was beleër. Dit was hulle eerste aanval op Israel nadat Jefta hulle meer as ʼn eeu tevore kafgedraf het. Die inwoners van Jabes wou ʼn verdrag met Nahas sluit, maar sy voorwaardes was onmenslik wreed. Elke inwoner se regteroog moes uitgesteek word!
Daarom het die inwoners van Jabes na Saul gegaan en hom om hulp gevra. Toe hy van Nahas se voorwaarde verneem, was hy so ontstoke dat hy ʼn paar beeste in stukke laat opsny en as ʼn waarskuwing deur sy ryksgebied gestuur het.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (7)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
PIET EN HENDRINA JOUBERT-STANDBEELD
Ligging: Op die Burgerplein, 'n tuingevul met beelde en 'n museum voor die munisipale kantore op die suidwestelike hoek van Thabo Mbeki- en Landdros Marestraat in Pietersburg.
GPS-koordinate: S23°54.720, E29°27.105.
Toegang: Die Burgerplein is omhein maar bedags oop. Geen toegangsfooi. Die parkeerterrein kan besig raak.
Geriewe: Toilette en winkels in die nabyheid.
Beeldhouer: Danie de Jager.
Inwyding: 1986, deur die Minister van Verdediging, generaal Magnus Malan.
Petrus Jacobus (Piet) Joubert (1831-1900) was die Kommandant-Generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR -Transvaal) van 1883 tot met sy dood in 1900. Vroeër in sy lewe was hy in die regeringstyd van president T.F. Burgers vir 'n kort tydjie die vise-president van die ZAR. Die Britte het die ZAR in 1877 geannekseer.
VOLKSVERRAAD (25)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
1983-REFERENDUM BEVEILIG DIE REGERING SE POLITIEKE HERVORMING
Die Regering het geweet dat hy 'n gunstige reaksie op sy konstitusionele hervormings sou kry. P.W. Botha het op 10 Mei 1983 'n referendum aangekondig om die Nasionale Party se nuwe Grondwetlike voorstelle te toets, wat voorsiening maak vir 'n driekamer-parlementêre stelsel. Hoekom die referendum, as die Regering dan reeds sy nuwe konstitusionele voorstelle in die Algemene Verkiesing van 1977 getoets het? P.W. Botha moes dit doen om 'n algemene verkiesing af te weer!
Hierdie referendum word later uitgestel na 2 November 1983. Die Nasionale Party het egter byna in 'n dilemma beland toe dr. Van Zyl Slabbert van die PFP by sy mense aanbeveel het om Nee te stem,
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (8)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Siener se kinders weggevoer
Enkele dae later toe oom Nieklas weer terug is by genl. De la Rey se kommando 'sien' hy in 'n gesig hoedat vyf van sy kinders deur die Engelse gevang en hy en sy vrou en die ander twee alleen agterbly. Koos de la Rey het oom Nieklas sonder aarseling toestemming gegee om Rietkuil toe te vertrek sodat hy sy mense kon gaan beveilig. Daar aangekom, gaan waarsku die Siener toe eers sy ouers (hulle het nog in die oorspronklike opstal op Rietkuil gebly) en van die ander boere in die omgewing om dadelik die gebied te verlaat, want die Engelse is op pad om hulle huise te plunder en die vrouens en kinders weg te voer.
Slegs enkele bure en 'n vriend of twee het oom Nieklas geglo en toe saam met hom begin reëlings tref om die plase te verlaat.
Met die hulp van 'n huisvriend is die Van Rensburgs se paar stukkies huisraad en ander aardse besittings in een vertrek opgestapel en toe met 'n ekstra kleimuur aan die binnekant toegemaak.
NORMAAL OM TE SÊ STAKINGS IS NORMAAL?
Mediaverklaring
Die Herstigte Nasionale Party
Stakings is deel van ‘n groeiende rewolusie
Die uitlating van die ANC-staatshoof, Jacob Zuma, dat stakings die kenmerk is van ‘n demokrasie, verraai baie meer as net die die absolute geklikheid van dié stelling.
Vernietiging van eiendom, die plundering van plase, woonhuise en besighede en die chaos in die mynbedryf is tekenend van ‘n toenemende rewolusie. In demokratiese lande is daar wet en orde en word die eiendom van die landsburgers beskerm. Om wet en orde te handhaaf, is per slot van sake die eerste en primêre verantwoordelikheid van enige regering, veral in ‘n demokrasie.
Die bestel in Suid-Afrika is geen demokrasie nie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (32)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 3
KONINGSKAP IN ISRAEL
1 Sam 8-10,12
1. Die volk wil ʼn koning hê
Toe Samuel oud was, het sy twee seuns in Bersèba as rigters opgetree om sy taak ligter te maak. Hulle was egter nie regverdig nie en het daarom ʼn slegte naam gehad. By geleentheid het die oudstes by Samuel in Rama daaroor gekla en hom versoek om vir Israel ʼn koning aan te stel “soos by al die nasies”. Dit het Samuel hewig ontstel. Hy het Gideon se siening van ‘n teokrasie gehuldig (Rigt.8:23). Israel moes juis anders as die omringende nasies wees. Israel het die voorreg om God as koning te hê nie waardeer nie en wou liewer soos die heidennasies ‘n aardse koning hê.
God het Israel egter laat begaan.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (6)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Ligging: Langs ou nasionale pad, tans die R101, sowat agt kilometer suid van Potgietersrus, vlak suid van die brug oor die Nylrivier.
GPS-Koordinate: 524"16.556, E28"58.471.
Toegang: Die monument staan vlak langs die teerpad. Geen toegangsbeheer of toegangsfooi nie.
Geriewe: Genoeg parkeerplek. Geen geriewe.
Opgerig: deur die Geloftefeeskomitee van Potgietersrus.
Onthul: 1937.
Hierdie monument bring hulde aan die slagoffers van een van die mees gewelddadige insidente van swart op wit in die pioniersgeskiedenisvan die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal).