Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As gelowige ervaar ek alles as genade. Dis nie eens asof Christus 'n deur oopgesluit het en ek my hand moet uitsteek en die knop moet draai en ingaan nie. Ek staan alreeds aan die binnekant!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SKRYF DIT OP!
Die dominee was na aan aftrede en sy geheue het hom dikwels in die steek gelaat. Sy vrou het die dokter daaroor gaan sien.
“Laat dominee die dinge wat hy moet onthou, opskryf” gee die dokter raad.
Daardie aand vra sy haar man om vir haar ’n bakkie roomys met aarbeie te bring toe hy kombuis toe gaan.
“Moenie die aarbeie vergeet nie. Skryf dit op” sê sy.
“Nee, skat, ek sal nie vergeet nie” troos hy haar.
Na twintig minute sit hy ’n bord met spek en eiers voor haar neer.
“En waar is die braaibrood waarvoor ek gevra het?” vra sy teleurgesteld.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (6)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Staan my huis nog, oom Klasie?
Vir die duur van die Boereoorlog het baie van die manne kort-kort hulle troos by oom Nieklas gaan soek. Hulle het geweet dat hy in die toekoms kan sien en hulle het hom die belangrikste vrae gevra: "Oom, staan my huis nog, of is dit ook al afgebrand?" "Waar is my vrou en kinders?" "Lewe my seun nog?" Daar was baie vrae wat die manne gekwel het en dit blyk tog dat die Siener hierdie mense se behoeftes en vrese begryp het en dat hy hulle probeer help het. Dit was altyd met huiwering dat hy die vrae beantwoord het, want hy wou nie sy makkers ontstel nie en wat hy gesien het, het hy so geïnterpreteer dat dit vir hulle troos gebring het.
VOLKSVERRAAD (17)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE COUP D'ETAT(STAATSGREEP):
INLIGTINGSKANDAAL WORD DEUR DIE CIA-POLITIEKE HOOFSTROOM GEBRUIK OM VAN VORSTER ONTSLAE TE RAAK EN MULDER TE BLOKKEER OM PREMIER TE WORD
Die geheime projekte van Inligting is beskerm en om die kollig weg te hou van die subversie agterliggend tot sommiges van die projekte, is die fokus verplaas na intriges op die finansiële terrein. Hoewel al hierdie projekte geheim gehou was, het daar tog met verloop van tyd iets uitgelek. Toe die Ouditeur-Generaal teen die einde van 1976 aandring op besonderhede oor bepaalde uitgawes van senior amptenare by Inligting, het Rhoodie geweier om enige gegewens te verstrek. Hy het hom beroep op geheimhouding. Uit gegewens wat onder die aandag van die Ouditeur-Generaal gekom het, was dit vir hom duidelik dat die Departement van Inligting hom kan skuldig maak aan verkwisting van staatsgelde.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (19)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LEVITIKUS
Exodus eindig met die voltooiing van die tabernakel. Levitikus begin met die wette in sake die offers wat tot die erediens behoort het. Daar was baie offers soos die brand-, spys-, dank-, sonde- en skuldoffer. Daarna het ʼn magdom van voorskrifte gevolg wat nie net vir die priesterdiens van belang was nie, maar ook oor die reinheid van mense en die offer van diere gehandel het.
Hierdie wette is slegs van betekenis indien dit as ʼn afbeelding van die versoening wat eeue later deur Christus sou plaasvind, gesien word. Want in Christus is die Wet vervul (Rom.10:4).
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (5)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Pres. Steyn en die Siener
Nie lank ná die gebeure by die Caledonrivier nie was genl. De Wet en sowat 600 van sy manskappe naby Heilbron en Memel op 'n plaas waar hulle in meer as 'n week lank geen spoor van 'n Engelsman gesien het nie. Maar een middag omstreeks drie- of vieruur sien hulle 'n stofwolk in die pad aankom. Dit was pres. Steyn en die Siener in 'n 'spider'. Hulle bring toe 'n brief van genl. Koos de la Rey aan genl. De Wet. Daarin staan: "Ek stuur Steyn en die Siener na jou, want ek hoor jy het so 'n lekker, veilige rusplek daar. Die Engelse jaag my dat dit so kraak. Steyn en die Siener moet 'n rukkie by jou rus."
By hulle aankoms op Roodewal het pres. Steyn in die verewaentjie gelê terwyl genl. Hertzog op die warm middag vir hom voorlees uit 'Quo Vadis'. Die Siener het so bietjie op die werf rondgestap en ook met Jack Brebner, die president se sekretaris gesels waar hy in sy saal lê en rus het. Skielik roep Brebner uit:
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (18)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 4
WETGEWING OP SINAI
Ex 32; 34; 35:4-10,24-26; 40:1-4, 33-38
1. Israel word die eiendom van God
Israel het drie maande ná die uittog by Horeb aangekom. Dis hier waar God met Moses uit die brandende bos gepraat het. Terwyl die volk in die laer agtergebly het, het Moses op die berg geklim en ʼn wonderlike boodskap van God ontvang. God het Israel uit al die volke tot sy eiendom verkies. Hulle was ʼn heilige nasie en moes sorgvuldig op sy Stem ag gee. Nadat Moses die volk bymekaar geroep en die woorde meegedeel het, het hulle belowe om alles te doen wat God van hulle sou vra. Daarna het Moses as middelaar tussen die volk en God weer op Horeb geklim om Israel se antwoord aan God oor te dra.
M O S E S... (16)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
BILEAM
Balak, die koning van die Moabiete, het gehoor hoe die Israeliete die Amoriete se sake vir hulle gewerk het en toe skrik hy en stuur boodskappers na die waarsêer Bileam en vra hy moet asseblief die Israeliete kom vervloek, want as Balak dan teen hulle veg, mag hy dalk wen. Die Here het egter vir Bileam belet om Israel te gaan vervloek. Balak se boodskappers het dit vir hom gaan sê, waarop Balak groter vergoeding vir Bileam belowe het, as hy sou besluit om te kom. “Ek sal vir jou gee net wat jy vra. Kom tog nou en vervloek hierdie volk vir my.
VOLKSVERRAAD (16)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
TOTALE AANSLAG EN TOTALE STRATEGIE
Tienie Groenewald was die argitek van Malan se Totale Strategie en Totale Aanslag-ontwerp. Hy het reeds in 1975 'n voorlegging voorberei en sy kans afgewag totdat die regte oomblik aanbreek.
Intussen word Genl. Magnus Malan die Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. Tienie Groenewald het in Mei 1976 'n afspraak met die nuwe Hoof van die Weermag, Genl. Magnus Malan, gemaak. Hy is met sy voorlegging na Malan toe om hom te gaan spreek. In die gesprek met Malan het Groenewald hom daarop gewys dat Genl. van den Bergh met die CIA saamwerk om 'n pro-kommunistiese regering in Mosambiek te vestig. Voorts het Groenewald aan Malan gesê dat Van den Bergh saamgespeel het met die CIA se plan om die Suid-Afrikaanse Weermag betrokke te kry by die Angolese oorlog teneinde P.W. Botha se kanse op die premierskap te elimineer.
M O S E S... (15)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
EDOM WEIER TOEGANG
Moses het hier van Kades af boodskappers na die koning van Edom gestuur en toestemming gevra om deur sy land te trek Kanaän toe. Moses het vertel wat alles met die Israeliete al sover gebeur het en dat hulle nie sy veld of wingerde sal beskadig of sy drinkwater sal gebruik nie. Maar Edom het geweier en Israel met sy weermag gedreig. Ons het toe weer gevra en belowe om padlangs te trek en om vir water wat hulle mag gebruik, te betaal. Edom het terug laat weet: “Julle trek nie hier deur nie!”
IMMANUEL, GOD MET ONS!
25 Desember 2012 - Kersfees
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Niks is op hierdie Kersoggend is vir God so groot dat Hy nie mag daaroor het nie. ...Ons hoef nie soos die ou Babiloniërs na God te probeer opklim nie, Hy het na ons toe neergedaal. In Christus is Hy langs my, voor my, agter my, onder my en bokant my, daarom kom ek niks kort nie. ...Die Seun van God het mens geword sodat mense kinders van God kan word. "
“En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon….” Joh.1:14.
’n Mens praat soms met iemand oor die foon wat jy nog nooit ontmoet het nie. In jou verbeelding plaas jy ’n gesig by die stem en wanneer jy later die persoon ontmoet is jy dikwels teleurgesteld omdat hy nie aan jou verwagting voldoen nie. Die probleem lê egter nie by dié persoon nie, maar by die denkbeeldige voorstelling wat ons van hom het.
KERSBOODSKAP REEDS IN OU TESTAMENT
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” - Jes.61:1
Dit is môre weer Kersfees!
Kersfees is anders as die res van die Christelike feesdae omdat dit net van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar Kersfees is louter vreugde! ’n Mens sou graag van die Kersfees-gees in flesse wou opvang en elke maand een daarvan oopmaak. Dit sou ons van neerslagtigheid bevry.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (17)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 3
DIE UITTOG
Ex 12:1-17, 43-51; 14:1-15, 21-27; 15:22-27; 16:1-16; 17
1. Die pasga
Met elke plaag wat Egipte getref het, het die Israeliete ʼn magsdaad van God aanskou. Dit het groot spanning met die Egiptenare veroorsaak. Toe Moses aankondig dat God deur Egipte gaan trek en al die eersgeborenes sou ombring, het die Farao weereens nie geluister nie. Israel sou weer oorgesien word, maar dié keer nie sonder ʼn sigbare geloofsdaad nie (Hebr.11:28). Elke huisgesin moes ʼn lam slag en die bloed aan die kosyne smeer sodat die doodsengel die huis nie besoek nie.
Die Israeliete het dit gedoen en bly lewe. Daarna is elke huishouding in Egipte getref waarna die Farao onvoorwaardelik bevel gegee het dat Israel moes trek. Die Egiptenaars het uit vrees vir nog plae selfs by die Farao aangedring om die Israeliete weg te stuur.
M O S E S... (14)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
WEER WATER UIT ‘N ROTS
Hier by Kades was daar nie genoeg drinkwater nie. Toe sak die volk weer op Moses en Aäron toe. Hulle het die gang en die klank van hulle deuntjie al baie goed geken. Hierdie keer het dit só gebeur: “Ons moes maar liewer saam met die ander voor die Here doodgegaan het. Hoekom het julle die Here se mense na hierdie woestyn toe gelei, sodat ons hier saam met ons vee kan doodgaan? Waarom het julle ons uit Egipte weggevat en na hierdie onleefbare plek gebring? Hier is nie landerye of vyebome of granate nie. Hier is nie eers water om te drink nie.
Moses en Aäron het na die ingang van die tabernakel gegaan en daar gaan kniel. Toe kom die magtige Teenwoordigheid van die Here na hulle toe en Hy sê vir Moses:
GOD SAL OP SY TYD MET SATAN AFREKEN
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
" Die boodskap van Kersfees gaan nie oor die kind in die krip, die herders op die ope velde of wat ook al nie, maar oor die kop van die slang wat vermorsel word, Satan se houvas wat met die koms van Christus gebreek is... Satan is die teenpool van God. Toe ons ’n Christelike grondwet gehad het, was daar wet en orde. Toe dit geskrap is, wetteloosheid en misdaad."
“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel en jy sal Hom in die hakskeen byt”.
Die Bybel is vol verhale. Baie daarvan is tragies soos Rigt.16 wat van die vroeë dood van Simson vertel. In 1 Sam.31 lees ons van die selfmoord van Israel se eerste koning, Saul en in Klaagliedere 1 van die verwoesting van Jerusalem. In Mt .27 lees ons van die kruisiging van ons Here Jesus Christus.
M O S E S... (13)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
OPSTAND VAN KORAG, DATAN EN ABIRAM
‘n Entjie verder op die ongelowige en ongehoorsame pad van Israel in die woestyn in, het die volgende ongelukkige voorval plaasgevind: ‘n Klompie Leviete het onder aanvoering van drie manne, Korag, Datan en Abiram, ontevrede geraak met Moses en Aäron se leierskap. Hulle het vir hulle ‘n gevolg van 250 man bymekaargemaak en teen Moses-hulle bymekaargekom en vir hulle gesê: “Die Here is onder ons almal. Waarom beskou julle jul belangriker as die res van die Here se volk?
Moses het op die grond neergeval. Hy het vir hulle gesê: “Môre-oggend sal die Here wys wie aan Hom behoort.”
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (16)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
DIE ROEPING VAN MOSES
Ex 3; 4:1-17; 7:1-13
1. God praat met Moses
By geleentheid het Moses sy skoonvader se kudde tot by die Sinaigebergte laat wei. Horeb was die hoogste punt van hierdie bergreeks en sou later as die berg van God bekend staan (1 Kon.19:8). Daar het die Engel van die Here met Moses uit ʼn brandende doringbos gepraat. Hierdie Engel word hier weer met hoofletters gespel - heelwaarskynlik Christus in sy voormenslike staat.
Dit was die eerste verskyning van ʼn engel in nagenoeg 400 jaar. Die laaste keer was aan Jakob (Gen.46:2-4). Moses het nie geweet dat hy met ʼn teofanie (godsverskyning) te doen gehad het nie. Sinai is ʼn uitsonderlike warm landstreek en die son kon droë takke aan die brand laat slaan. ʼn Brandende doringbos was dus geen buitengewone vreemde gesig nie. Maar een wat nie uitbrand nie, wel!
M O S E S... (12)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
11. UITSTUUR VAN VERKENNERS
Die Here het hier vir Moses opdrag gegee om twaalf verkenners uit te stuur om die land Kanaän te gaan verken. Hulle moes elkeen ‘n leier wees in een van die twaalf stamme van die volk. Moses het vir hulle gesê om te gaan kyk hoe die land is, of die inwoners sterk of swak is, of die dorpe inneembaar is en so meer.
Hulle het die land toe gaan verken vanaf die Sinwoestyn. Hulle was by Regob, by Lebo, Hamat en by Hebron. By Eskolspruit het hulle ‘n groot tros druiwe gepluk en oor ‘n stok gedra. Hulle het na 40 dae weer teruggekeer. Moses het toe met ons by Kades in die Paranwoestyn gestaan.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (4)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Siener lei Boere deur die 'Rooi See'!
Daar is vroeër reeds na enkele parallelle tussen die Afrikaner en Israeliete verwys.
Soos die Israeliete van ouds deur die Rooi See gegaan het, so het genl. De Wet en sy vasgekeerde burgers op 'n keer in die Boere-oorlog deur'n vol rivier voor die vyand uitgcvlug, en die Engelse wat op hul hakke was, het hulle onmiddellik agternagesit. Maar toe gebeur daar iets wat selfs genl. De Wet tot sy dood toe nie kon verklaar nie.
Tydens die Boere-oorlog was dit nie net die gewone burgers wat groot agting en respek vir Siener gehad het nie, maar onder sy werklike bewonderaars was mense soos Koos de la Rey, pres. Burgers, pres. Steyn en ook die onverskrokke Christiaan de Wet. Genl. De Wet het self erken dat hy en sy manskappe etlike kere op die nippertjie deur oom Nieklas se persoonlike boodskappe en/of waarskuwings gehelp is om uit die hande van die Engelse soldate te bly.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die wêreld vergaan oor twee dae – nou kan ons almal ophou om tande te vlos en vitamiene te drink!
VOLKSVERRAAD (15)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE OORGAWE VAN SUIDWES-AFRIKA HET BEGIN
Die sluipmoord op dr. Verwoerd sou ook 'n einde bring aan Suid-Afrika se seggenskap oor Suidwes-Afrika. Op 27 Oktober 1966 het die VN onder druk van 36 Afrikastate resolusie nr. 2145 aangeneem. Hiervolgens beskou die VN Suidwes-Afrika voortaan as sy direkte verantwoordelikheid. 'n Adhoc-komitee van veertien lande is saamgestel om praktiese middele te vind om die gebied te administreer en onafhanklik te maak. Waarskynlik sit die CIA ook agter hierdie inisiatiewe. Die VN het Suid-Afrika toe die stryd aangesê om beheer oor SWA te verkry.