Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dit wat op Kersdag gebeur het, was nie maar net ’n mooi gebaar van God nie, maar om die puin van sonde in ons lewens op te ruim sodat ons waarlik vry kan wees. “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh.8:36). ’n Mens is of vry of gebind. Is jy vry of is daar iets wat jou bind?
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (11)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
Wie tel die krummels op?
Selfs krummels het waarde. Waar dit val, voed dit die hondjies, of die voëltjies, of die miere. As dit geen lewende wese voed nie, dan voed dit die organismes in die grond.
Maar waar kom daardie krummels vandaan?
Krummels was eers deel van 'n brood of 'n koek of 'n pot pap. Dit was deel van 'n eenheid. Toe breek die brood of die koek, of dit val met die opskep of met die roer van die pap uit die pot.
Daar was dus aksie, toe val die krummels - en een of ander wese staan gereed om voordeel daaruit te trek.
VOLKSVERRAAD (24)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
"Daar is besef dat die HNP tot die amptelike opposisie sou groei en die CIA wou dit ten alle koste verhoed. Om dit te voorkom, moes die KP gestig word. Op 20 Maart 1982 word die KP gestig in die Skilpadsaal op die Skouterrein van Pretoria."
CIA-SPIOENASIE-NETWERK IN SUID-AFRIKA
Volgens betroubare inligting het die CIA op daardie staduim sowat nege klandestiene bronne/agente op Regeringsvlak gehad wat goed ingeweef was in die Afrikaner Broederbond, die Nasionale Party en die Staatsveiligheidsraad. Hulle was Pik Botha (1982-), GerritViljoen (1973-1991),OwenHorwood (1975-I979), Alwyn Schlebusch (1977-1981), Barend du Plesis (1975-1993), F.W. de Klerk (1975-), Kobie Coetzee (1975-1991), Chris Heunis (1976-1989) en Fanie Botha (1980-1985).
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (31)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
SAMUEL
1 Sam 1; 2:1-10;7:2-14
1. Samuel word gebore
Samuel se naam dui daarop dat hy van God afgebid is. Sy ouers was Hanna en Elkana - Efratiete soos Dawid se vader (1 Sam.17:12). Hulle het in Rama gewoon waar Elkana nog ʼn vrou gehad het met die naam van Pennina. Hanna was egter kinderloos en het God om ʼn kind gebid met die belofte dat as dit ʼn seun was, sy hom aan die Here sou teruggee.
In haar gebed hoor ons vir die eerste keer die aanspreekvorm Here van die leërskare. Dit kom in latere Bybelboeke dikwels voor. Daar is vier moontlike betekenisse - krygers van God (Jos.5:14), sterre, engele of God die Almagtige. Laasgenoemde is die heelwaarskynlikste.
VOLKSVERRAAD (23)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
HUNTINGTON KRY DEUR MIDDEL VAN PIK BOTHA VASTRAPPLEK TOT BINNE DIE HOOGSTE VLAKKE VAN DIE REGERING
Professor Samuel Huntington het op versoek van Pik Botha Suid-Afrika besoek, waarin hy verskeie lesings in Suid-Afrika aangebied het, onder andere by die South African Institution of International Affairs. Professor Huntington se tema wat hom in die VSA baie bekendheid laat verwerf het, is sy strategieë vir politieke verandering in Suid-Afrika. Hy het so 'n indruk op die lede van die Verligte Aksie-beweging en P.W. Botha se vernaamste adviseurs gemaak dat hulle P.W. Botha en Huntington bymekaargebring het en dat die twee soms lang tye in mekaar se geselskap deurgebring het. Sodoende het professor Huntington toegang verkry tot binnekringe waarin P.W. Botha beweeg het en Huntington word (naas die Rockefeller Foundation-verslag) die Suid-Afrikaanse regering se tweede belangrikste bron van hulle hervormingsbeleid.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (30)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
ELI & SAMUEL
LES 1
1 Sam 2:12-36; 4-7:1
1. Eli in Silo
Eli en Samuel word beide as rigters beskou. Eli het Israel 40 jaar lank gerig en Samuel daarna vir die res van sy lewe. Eli was uit die stam van Levi en dus ʼn nasaat van Aäron. Sy seuns, Hofni en Pinehas, was ook priesters wat onder hul vader gewerk het. Die meeste hoëpriesters het van Aäron afgestam aan wie God ʼn ewige priesterskap toegesê het.
Eli was egter ʼn nakomeling van Itamar, ʼn broer van Eleasar. Hoe hierdie priestergeslag ontstaan het, word nie in die Skrif vermeld nie.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (5)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Krugerstandbeeld - Pretoria
Ligging: Op Kerkplein, die middelpuntvan Pretoria. Toegang: Kerkplein is perma¬nent oop vir die publiek. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Parkering rondom Kerkplein. Daar is toilette en eetplekke in die nabye omgewing.
Beeldhouer: Anton van Wouw.
Onthul: 1954, deur die Eerste Minister, D.F. Malan.
Stephanus Johannes Paulus (Paul) Kruger (1825-1904) is sekerlik een van die belangrikste figure in die geskiedenis van die Afrikanergemeenskap. Hy is in die Ooskaap gebore en het as seun saam met sy ouers die Groot Trek meegemaak.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (4)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
MAJUBA
Ligging: Op die kruin van die berg Majuba. GPS-Koordinate: S27°27.969 E29"50.402 (die ingang na die Majuba-terrein). Toegang: Die berg Majuba staan in 'n beheerde gebied. 'n Toegangsfooi is betaalbaar. Geriewe: Daar is geen geriewe op die berg nie, maar daar is ablusie-geriewe en kampeerplek aan die voet van die berg asook 'n steil paadjie wat na bo lei. Inwyding: 1935.
Die monument is tydens die Majuba-reünie op 7-8 Oktober 1935 deur oudstryders en lede van die publiek opgerig. Dit staan op die historiese terrein van die bekende oorwinning van die Transvaalse Boere onder bevel van kommandant-generaal Piet Joubert oor die Britte op Sondag 27 Februarie 1881.
VOLKSVERRAAD (22)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
ROCKEFELLER-AKSIEPLAN TEEN BLANKE SUID-AFRIKA WORD GEAKTIVEER
In Eschel Rhoodie se boek PW Botha: The Last Betrayal wys hy op bladsye 134 en 135 daarop dat die Rockefeller-CIA-konneksie in 1981 bepaalde voorskrifte aan die Suid-Afrikaanse Regering gemaak het, wat nie net deur die Suid-Afrikaanse Regering sedertdien as 'n bloudruk vir politieke en ekonomiese hervorming voorgehou is nie, maar ook as 'n bloudruk vir die Amerikaanse regering se buitelandse beleid jeens Suid-Afrika gedien het. Die Rockefeller Foundation Study Commission on US policy towards Southern Africa vorm die hoeksteen in die aanslag om Blanke Suid-Afrika finaal te vernietig:
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (29)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
RUT
Rut 1-4
1. Na Moab
Die geskiedenis van die boek Rut is ʼn stuk familiegeskiedenis wat met die vermelding van die geboorte van ʼn stamvader van koning Dawid eindig. Daarom het Israel waarde daaraan geheg.
Die aangrypende verhaal speel in die laat Rigters era af. Die skrywer daarvan was baie oud en het heelwaarskynlik vir koning Dawid geken.
Die verhaal begin by ʼn sekere Elimeleg wat weens hongersnood met sy vrou en twee seuns na Moab verhuis het. Dit was in ‘n tyd toe Moab en Israel op goeie voet verkeer het. Nadat Elimeleg daar oorlede is, het sy seuns met Moabitiese vroue getrou en beide gesterf. Hulle het nie kinders gehad nie.
WIE ORE HET OM TE HOOR, LAAT HOM HOOR!
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Kosbare landbougrond wat in die verkeerde hande beland, raak onproduktief. Kyk maar wat met ons eie land sedert 1994 gebeur het! ... Dis belangrik dat ons op die vier soorte grond waarop die saaier in die Bybelverhaaljie gesaai het, let omdat een daarvan ’n prentjie van jou eie hart skilder. Kyk of jy dit herken... Miskien het die Here aan die begin van 2013 ’n spesiale woord vir jou. “Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!" - Mt.13:9.
Jesus was ’n leermeester duisend en het die vermoë gehad om tonele uit die daaglikse lewe te gebruik om mense diepsinnige geestelike lesse te leer. Sy gelykenisse was aardse verhale met hemelse betekenisse. Die Gelykenis van die Saaier is ’n treffende voorbeeld hiervan.
Toe Jesus by geleentheid by die See van Galilea kom, het so ‘n groot skare om Hom saamgedrom, dat Hy in ’n skuit moes klim en ’n entjie wegvaar voordat Hy met hulle kon praat. Dink u in: Jesus op ’n skuitkansel en die gemeente op die strand. Wat ’n prentjie; wat ’n preek!
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (28)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 4
SIMSON
Rigt 13-16
1. Simson word gebore
Soos Jefta sy volk van Ammon verlos het, het Simson die Israeliete van die Filistyne verlos. Jefta en Simson was tydgenote en het aan weerskante van die Jordaan gewoon. Jefta was in die Oosland en Simson in die Wes-Jordaanland. Wat Simson se optrede so uitsonderlik maak, is dat hy nie deur volksgenote gehelp is nie. God het hom met uitsonderlike liggaamskrag toegerus om man alleen die vyand die loef af te steek. Simson was egter ʼn man wie se lewe deur lig en donker, krag en swakheid, goddelike roepingsbewustheid en vleeslike optredes gekenmerk is.
ʼn Engel het sy moeder meegedeel dat sy ʼn besonderse seun in die wêreld sou bring.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (27)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 3
JEFTA
Rigt 10-12
1. Die verdrukking deur die Ammoniete
Eintlik weet ons maar min van die rigters Tola en Jaïr. Tola het in Efraim gebly en was uit die stam van Issaskar afkomstig. Hy het Israel uit die wanorde wat Abimeleg veroorsaak het, probeer verlos. Sy rigterskap was ʼn voortsetting van Gideon s’n. Jaïr was uit Manasse en ʼn baie ryk man.
Hy het 30 seuns gehad en vir elkeen ‘n stad gegee (Num.32:41;1 Kron.2:22). Omdat daar op daardie tydstip geen buitelandse vyande was nie, kon hy sy aandag volledig aan die binnelandse bestuur wy.
Toe dit met Israel goed gaan het, het hulle weer in afgodery verval. Hierdie keer baie erger as ooit tevore! God het hulle gestraf deur hulle aan die volke wie se gode hul gedien het oor te lewer nl. die Ammoniete en Filistyne.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (10)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
"Waarom is hulle ogies so dof?"
"Daar is 'n klomp wie se oë dof is. Dit is die uitsigloses wat gehelp het om hulleself in hierdie gemors te dompel. Dit is hulle wat in 1992 JA gestem het toe hulle moes NEE gestem het. Vandag pluk hulle die vrugte van daardie ja-stem."
Ons is op pad terug huis toe uit Turkye. Ons is honger vir nuus oor wat alles hier te lande aan die gang is of nie aan die gang is nie. Ons volkseie media is nog nie in Istanbul te koop nie.
Die enigste koerant wat ons op die Griekse vliegtuig in die hande kry, is die Britse Guardian. Ons snuffel vinnig deur. Daar staan 'n opskrif wat net so wel in een van die plaaslike nuusblaaie kon gestaan het:
"Poverty invades schools, leaving children without hope."
Die berig begin met 'n verwysing na die elfjarige seuntjie op die eerste skooldag, wat troosteloos snik terwyl sy jeugdige moeder dreig om hom warm te klap as hy nie ophou nie. Hy probeer ophou . .. snik dan deur sy tandjies. Sy moeder kyk anderpad.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (26)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
GIDEON
Rigt 6:1-16;36-40; 7:1-21; 8:22-35; 9:1-21; 47-57
1. Gideon word geroep
Toe Israel weer in nood verkeer het, het God ʼn man met besondere geestesgawes gebruik om hulle te verlos. Ná die dood van Sisera het Israel vir 40 jaar vrede geken waarna God hul weens hulle afvalligheid in die hand van die Mideaniete oorgegee het. Hierdie volk was uit die nageslag van Abraham by Ketura. Jetro, die skoonvader van Moses, was ʼn Mideaniet.
Die Mideaniete het Israel tot afgodery en hoerery verlei (Num.25). Daarna het die Amalekiete by die Mideaniete aangesluit en sewe jaar lank strooptogte in Israel uitgevoer.
M O S E S... (18) (SLOT)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
13. DIE LAASTE KAMP
Onderwyl Moses en die volk aan die oostekant van die Jordaan vertoef het, het die Here dit by Moses ingeskerp watter offers en geleenthede die volk gereeld moet nakom en hou, en nie laat verwaarloos nie, soos by voorbeeld die daaglikse offers, die offers op die Sabbat, die offers elke maand, Paasfeesoffers, die offers by die fees van die weke, die fees van die trompette en die fees vir die dag van versoening.
DIE VELDSLAG TEEN DIE MIDIANIETE
Daar was ook ‘n ander groot en belangrike saak wat afgehandel moes word voordat die Here vir Moses van enige verdere pligte onthef het. Moses moes toesien dat Israel wraak neem op die Midianiete, “omdat hulle julle verlei het.” Moses het vir die Israeliete gesê hulle moet hul manskappe regkry vir oorlog, 1000 man uit elke stam en Pinehas, seun van die priester Eliaser, moet die 12 000 manskappe aanvoer.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (3)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
LOUIS TRICHARDT-SKOOLMONUMENT
Ligging: In 'n monumentetuin op 'n plein direk suid van die NG-kerk, langs Erasmusstraat,
tussen Burger- en Kroghstraat. GPS-koordinate: S23°02.536, E29"54.433. Toegang: Die monumentetuin is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi. Geriewe: Toilette en winkels in die nabyheid. Oprigting: In 1994 opgerig deur die Rapport-ryerskorps van Louis Trichardt in samewerking met die Stadsraad van Louis Trichardt.
Louis Tregardt (of Trichardt, soos sy nageslag die van gespel het) was die enigste Voortrekkerleier wat 'n dagboek bygehou het. In hierdie dagboek het hy in Maart en April 1837 enkele opmerkings oor die oprigting van 'n skoolgebou gemaak.
DIE ZION CHRISTIAN CHURCH (ZCC)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg
Deut. 18:9-14; 2 Kon. 17:9-18
"Alhoewel daar grootliks van dooie liggame vir offers gebruik gemaak word, word daar t.w.v. sterk muti ook mense daarvoor doodgemaak. Hulle maak van die Engelse term chop gebruik. Om iemand te laat chop, is baie duur. Dis tragies dat swartes weinig waarde aan ’n menselewe heg. Dis ’n reuse probleem in Afrika."
Daar word gesê dat Suid-Afrika ’n Christenland met ’n bevolking van 80% Christene is. Dis ’n leuen! Suid-Afrika het tot en met 1994 ’n Christelike grondwet gehad, waarna dit deur die heidene wat aan bewind geplaas is met ’n sekulêre (wêreldlike) grondwet vervang is.
Heidene laat booshede altyd aanloklik voorkom en draai lelike dinge graag in die papier van die Christendom toe. Die Zion Christian Church (ZCC) is een daarvan, ’n bose organisasie wat hom as ’n kerk voordoen van die ANC-regering steun ontvang.
SOOS 'N PEN IN GOD SE HAND
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
“Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense” (2 Kor.3:2)
Lank gelede was daar ‘n potloodmaker wat baie trots op sy werk was. Sy potlode was kunswerke. Eendag het hy, voordat hy een van die potlode in ‘n pakkie gesit het vir die potlood gesê: “Daar is vyf dinge wat jy moet weet voordat ek jou die wêreld instuur; onthou dit elke dag en moet dit nooit vergeet nie. As jy dit doen, sal jy die beste potlood wees” Toe begin die potloodmaker die vyf dinge op te noem:
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (9)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
Slawevolk
Turkye, die siek man van Europa. So het ons nog altyd van Turkye gehoor.
Wanneer jy deur hierdie land reis, sien jy waarom dit siek is en vir ewig siek sal wees. Die antwoord is eenvoudig. Dit is die onbeholpenheid van sy mense wat hom siek maak.
Die skape met die kolle is ou nuus. Daar moet egter weer na die skape en die wagters gekyk word. Dikwels sien jy een skaap of een bees met 'n wagter by. Daardie jong kind of ou man pas die enkele dier die hele dag op.
Reis jy deur Duitsland of enige ander moderne land, sien jy netjiese kampe waarin die diere wei. Selfs in Nederland staan net die hekke alleen in die veld, terwyl waterkanale die vee se weigebiede afsper. Van wagters is daar geen sprake nie.
Maar die Turke pas na eeue nog een skaap en een bees op.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Uit Die Volksblad, met erkenning aan Lucas Maree:
Ek is moeg vir die gesukkel van my dag-tot-dag-bestaan
en die gewonder oor die lugmag as ons iewers heen wil gaan;
en die stof op my metaalverf maak my werklik nou gedaan,
nou teer ek die pad en plek vir die heli om te staan.
Koor:
Ek soek verward na 'n kwart miljard
Nege syfers: twee vyf nul miljoen verdryf my smart
want daarmee is die kiesers vir my almal immerswart.
Ek soek verward na 'n kwart miljard.
Ek werk my oor 'n mik net om belasting te verkwis
en nou is die media hoeka ook daarvan bewus.
Ja, die wet van Transvaal die vreet my kapitaal
op en die twintig kinders hou my oor die algemeen maar kaal.
Ek soek nie baie geld nie, net 'n klein ou fortuintjie
'n koninkryk en stat, al is dit net 'n kleintjie;
Ek dink nie ek wil ryk wees nie maar ek sal so graag
so lank ek leef daar veilig in my bunker skuil so braaf.
Koor:
Ek soek verward na 'n kwart miljard
Nege syfers: twee vyf nul miljoen verdryf my smart
want daarmee is die kiesers vir my almal immerswart.
Ek soek verward na 'n kwart miljard.