Gedagtes vir elke dag
Jesus se beeldspraak in Mat 19 oor "kinders" wat sy nuwe koninkryk sal binnegaan het niks te doen met "kinderlike" kwaliteite van onskuld of onselfsugtigheid nie. Die punt is dat kinders min of meer aan die onderkant van die sosiale rangorde was – magteloos en totaal ondergeskik aan volwasse gesag. Die koninkryk, die plek waar God se waardes as koning tel, werk nie met rangordes nie. God gee sy koninkryk gratis aan magteloses, aan die mense wat – soos die destydse kinders – niks verdien en op geen voorregte kan aanspraak maak nie – mense soos ons.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (25)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
RIGTERS
LES 1
DIE STRYD DUUR VOORT
Rigt 1:1-13; 2:6-23; 3:5-31, 4; 5:1-5
1. ʼn Nuwe era breek aan
Ná die dood van Josua is die laaste gedeelte van die verdeling van Kanaän suksesvol afgehandel. Solank as wat die volk Josua onthou het, het hulle God gedien (Jos.24:31). By geleentheid het hulle Hom selfs geraadpleeg oor wie die oorlogsugtige Kanaäniete die eerste moes aanval, waarna Hy Juda aangewys het.
Die eerste oorwinning was oor Adoni-Besek. Hy was ʼn wrede koning wat almal om hom onderwerp het. Hy het selfs 70 onderhorige konings onder sy tafel vir kos laat kruip nadat hy hulle duime en groottone laat afkap het. Nadat Juda hom gevang het, is sy duime en groottone ook afgekap. Daarna is hy in Jerusalem aangehou en later tereggestel.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Gerhard Griesel se nuwejaarswense
Mag jou goeie gesondheid bevestig word deur jou tandarts, jou gastro-endokrinoloog, jou uroloog, jou psigiater, jou ginekoloog en jou oogkundige.
Mag jou proktoloog, jou fisioterapeut, die chiropraktisyn, die sielkundige en die verslankingskliniek sê jy hoef nie weer te gaan nie.
Mag jou dokter weet waar om te begin en jou masseuse waar om op te hou.
Mag jou inkomste, jou behuisingsubsidie, jou huis se waarde en jou aandele styg; en mag jou bloeddruk, gewig, huislening, erfbelasting en cholesterol daal.
Mag ou vriende jou onthou en die belastinggaarder van jou vergeet.
Mag skakers, motordiewe en verkragters jou miskyk en die bevorderingskomitee jou raaksien.
Mag jou heining te hoog wees vir jou buurt se inbrekers, maar laag genoeg vir jou as jou outomatiese hek nie wil oopgaan nie.
Mag jou nuwe werkgewer dink jy is 'n swart vrou en mag die bure se hond dink jy is 'n wit man.
Mag jou baas of jou sekretaresse of jou assistente of jou kollega nie vir jou sê dat hulle jou liefhet nie, en mag jou wederhelf en jou kinders dit wel doen.
Mag jy 'n eerlike regering kry en 'n oneerlike skoonheidsdeskundige.
Mag jy 'n dom balju kry en (so ongelooflik as wat dit mag klink) 'n intelligente staatspresident.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (24)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 3
DIE VERDELING VAN KANAäN
Jos 14:1-5, 16:1-4, 17:1-5, 18:1-10; 20; 23; 24
1. Die verdeling in Gilgal
Israel was opgewonde oor die verdeling van Kanaän. Moses het vooraf manne aangewys wat die verdeling van die land moes behartig (Num.34:17-29). Ruben het die suidelike en Gad die noordelike deel verkry. Manasse se deel was ook in die noorde. Levi het nie ʼn erfdeel gekry nie omdat God self hul erfdeel was. Hulle het wel stede en weivelde in verskeie gebiede verkry. Kaleb het die gebied by Hebron ontvang waar die reusagtige Enakiete gewoon het.
Kaleb was ʼn Kenissiet en dus ʼn afstammeling van Kenas. Laasgenoemde naam kom in die nageslag van Esau sowel as Juda voor.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (8)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
TREK DIE GORDYNE OOP!
Luister na die mooi wanneer die dag breek. Dit is die moeite werd om net stil te wees wanneer die donker vir die lig begin plek maak. Uit een of ander hoek kom die eerste voëlgesang. Stilte. Dan kom dit uit twee, drie, vier verskillende rigtings.
Dit is asof daardie eerste voëltjie spesiaal wou aankondig dat hy die eerste was om die dag te sien breek. Hy het die noot gegee en die res val vreugdevol saam weg in die koor.
Geen vals stemme nie. Die harmonie is volmaak.
As jy nog in die bed is, kruip jy uit. Trek die gordyne versigtig oop.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (7)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
NAG, MATEWIS
Arme Matewis. In hierdie verhoogstuk rig hy nie veel uit nie. Alhoewel hy die stoere, koppige eggenoot is, kom daar nie veel sukses uit sy loopbaan nie. Uiteindelik verdwyn hy in 'n stofwolk en is daar nie meer nie. Soos die Bybel sê, sy plek ken hom nie meer nie.
Hierdie tragiese verhaal laat my dink aan 'n ander tragiese verhaal van 'n generaal wat sê sy soldate is te bang om te veg, toe gaan hy maar onderhandel . Nag Matewis! Kom ons kyk hoe vorder die onderhandelinge.
Die generaal en sy meelopers gaan sit toe saam met die kommuniste in die regering van "nasionale eenheid" sodat hy naby hulle kan wees, om goed te kan onderhandel. Maar, die ge-onderhandel laat my sommer dink aan 'n koddige voorval op 'n sypaadjie in Pretoria, 'n klompie jare gelede. Dit was die sypaadjie in Bosmanstraat, reg onderkant 'n bekende toringblok waarin kantore gehuisves was.
VOLKSVERRAAD (21)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE GELDMAG WORD INGETREK BY DIE LAND SE EKONOMIESE ONTWIKKELINGSPLAN
Uit die aard van die strategie wat deur Groenewald geformuleer was en deur die Departement van Buitelandse Sake en Inligting aan die publiek vrygestel is, was dit wesenlik om die plaaslike Geldmag in te trek by die land se ekonomiese ontwikkelingsplan. Pik Botha het ook hier 'n belangrike rol gespeel. Daar was ook inderdaad skakeling tussen die Verligte Aksie-beweging en die Geldmag se SA-Stigting. P. W. Botha het hierna saam met Pik Botha se pluralistiese idees beweeg toe hy op 22 November 1979 die hele kabinet na die Carltonhotel in Johannesburg geneem het vir sy beraadslaging met verteenwoordigers van die Geldmag oor die totstandkoming van 'n sogenaamde Konstellasie van Suider-Afrikaanse State. Ná Oppenheimer se samekoms op 22 November ] 979 met P.W. Botha het hy verklaar:
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (23)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
DIE ONDERWERPING VAN KANAäN
Jos 6:1-20; 7:1-17,25-26; 8:1-3; 26-29; 9:1-15; 10:1-4; 12-16; 22-26
1. Jerigo val
Jerigo was die eerste stad wat voor Israel geval het en ʼn banoffer aan God. Die banoffer het daarin bestaan dat alles wat geleef het, mens en dier, gedood moes word. Al die goud, silwer, koper en ystervoorwerpe moes vir die skathuis van die Here bymekaar gemaak word. Hieruit is mettertyd godsdienstige gebruiksartikels gemaak.
Die Israeliete het ses dae lank eenmaal per dag om die stad getrek en op die ramshorings geblaas. Op die sewende dag het Josua hulle sewe maal om Jerigo laat omtrek en daarna beveel om te skreeu waarna die mure ingeval en die stad verower is. Alle teenstand was tevergeefs (Jos.24:11).
Jerigo is ʼn baie ou stad. Die oorblyfsels van die ou stad kan vandag nog by die ruïneheuwel (ʼn tel genoem) langs die nuwe stad gesien word.
VOLKSVERRAAD (20)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE AFRIKANER-WEERSTANDSBEWEGING MAAK SY OPENBARE VERSKYNING AS INSTRUMENT VAN KOM. OPS. OM DIE VOLKSTAATSGEDAGTE TE BEVORDER
Tot op daardie stadium het die Afrikaner Weerstandsbeweging as 'n koverte beweging geopereer. Veral in die Afrikaner Broederbond het Professor Carel Boshoff 'n sterk pleidooi gerig vir 'n Blanke tuisland in 'n pluralistiese Suid-Afrikaanse opset. Carel Boshoff was in sy argument sterk aangedryf deur sy skoonvader, dr. Verwoerd se gedagtegang vir 'n heimat vir die Blanke bevolking, hoewel dit aan die einde van die dag Boshoff se eie visie vir Suid-Afrika is. Hierdie standpunt het wel by sommige Broeders soveel aanhang geniet dat selfs die Afrikaner Weerstandsbeweging as 'n geheime regeringsprojek geaktiveer is om daardie aspirasie in 'n nuwe moontlike staatkundige bedeling te akkommodeer.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (6)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
Ons verdra en verdra ...
"The worse it gets, the louder the cry: 'More taxes! Nationalisation! Redistribution! Soak the Whites! Empower the People! Wipe out all accumulated rent and service charges! Spend more billions. Free land, housing, health and education for all'. And we sit and take it... and take it... and take it." (Aida Parker Newsletter November/Desember 1994)
Dit is lankal nie meer net 'n "cry" nie. Dit is omgeskakel in die naakte feitelikheid.
Die uiters onbekwame kommunistiese ministers ry op die rug van hulle blanke amptenare. Hulle kan nie eers in 'n onderhoud iets sinvol sê nie, vergeet maar van die doen.
Hulle plunder ons finansies deur hulle salarisse self te vertiendubbel en soos konings te leef op ons belastinggeld, terwyl die massas wat so dom was om vir hulle te stem, slegter af is as ooit tevore.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (22)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
JOSUA
LES 1
ISRAEL TREK KANAäN BINNE
Jos 1-5
1. Voorwaarts mars!
Ná die dood van Moses is Josua beveel om die beloofde land binne te trek. Hy het van God ʼn waarskuwing sowel as ʼn belofte ontvang. Hulle sou van God elke plek waarop hulle trap as woongebied ontvang (Deut.11:24). Op daardie tydstip was dit die grootste ryksgebied wat Israel ooit gehad het. Salomo s’n sou egter ʼn bietjie groter wees (1 Kon 4:21). So ook die ryksgebied van ʼn latere Makkabeërvors in die intertestamentêre tyd (die tydperk tussen Malèagi en Mattheűs).
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (5)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
ONS HELIKOPTER IS HIER!
Koos van der Merwe woon in 'n vallei reg onderkant die wal van 'n groot dam. Op 'n dag kraak die wal en tonne water begin deur die kraak te stroom, reg op Koos se huis af. Die berigte kom oor die radio dat almal in die vallei moet padgee.
Maar Koos gaan rustig aan met sy boerdery. 'n Buurman kom met sy motor verby en hou verbaas stil. "Klim in Koos, jy gaan hier verdrink!"
"Nee," sê Koos, "Die Here sal voorsien."
Die watervlak styg. Koos sit op die dak van sy huis. Toe kom daar 'n boot verby en die mense roep: "Klim in, Koos, jy gaan verdrink!"
"Nee," sê Koos, "Die Here sal voorsien."
Die watervlak styg, bedek die dak en Koos klim tot in die top van 'n hoë boom. Toe kom 'n helikopter verby en die vlieënier roep: "Klim in, Koos, jy gaan verdrink!"
"Nee, die Here sal voorsien."
VOLKSVERRAAD (19)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
NEIL BARNARD WORD DIREKTEUR-GENERAAL VAN DIE NASIONALE INTELLIGENSIEDIENS IN DIE MIDDEL VAN 'N STRYD IN DIE VEILIGHEIDSGEMEENSKAP
Die hele land was verras toe daar in Oktober 1979 deur P.W. Botha aangekondig is dat die dertigjarige Voorsitter van die Ruiterwag, dr Neil Barnard, met ingang van 1 Junie 1980 as Direkteur-Generaal van die Nasionale Intelligensiediens aangestel is. Pik Botha het agter hierdie aanstelling gesit.
Min was oor hom bekend, behalwe dat hy 'n briljante akademiese rekord gehad het en reeds op jeugdige ouderdom hoogleraar en later hoof van die departement van Staatsleer aan die Vrystaatse Univesiteit geword het. Na wat berig word, het Neil Barnard saam met Mike Louw gedurende Mei 1976 lid van die Verligte Aksie-beweging geword.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (7)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
DIE POENSKOPBUL
Een van Siener se baie bekende visioene uit die Tweede Vryheids-oorlog was dié van genl. Koos De la Rey se laaste groot geveg teen Lord Methuen. Die slag is vooraf deeglik beplan en veldkornet Yeats wat daar teenwoordig was, vertel wat gebeur het:
"Die aand nadat ons krygsraad gehou het, stuur genl. De la Rey my om oom Nieklas te gaan roep om te hoor of hy intussen weer iets'gesien' het. Oom Nieklas het kopgeknik en sy visioen aan ons beskryf:
"Ek sien 'n rooi afrikanerbul van Vryburg af kom. Sy horings staan reg vorentoe. Hy wil graag baklei. Hy is moedig en sterk, maar as hy by Baberspan kom, verander hy in 'n rooi skillerbul en begin sy horings te hang. Sy moed is uit.
M O S E S... (17)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
AFGODEDIENS BY BAÄL-PEOR
Hoe is dit tog moontlik dat Israel so maklik elke keer sy goeie voornemens om die Here van harte te dien, in die wind slaan en hom laat verlei om nuttelose afgode saam met die heidene te vereer en agter hulle aan te drentel, terwyl hulle tog feitlik daagliks in sy magtige teenwoordigheid verkeer, wanneer hulle wonderwerke geniet wat Hy male sonder tal tot hulle voordeel verrig?
Die volk het hulle weer besoedel onderwyl hulle by Sittim gebly het, want hulle het by die Moabitiese vroue gaan slaap. Hulle is deur die vroue verlei en uitgenooi om saam met hulle te eet en die gode van Moab te aanbid.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (21)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 3
VAN KADES NA DIE OOS-JORDAANLAND
Num 20:14-29, 21:1-10, 22:1-12, 27:12-23; Deut. 34
1. Boodskappers word na Edom gestuur
Num.20 lei ʼn nuwe era in die geskiedenis van Israel se woestyntog in. By geleentheid het Moses boodskappers na die koning van Edom gestuur met die versoek om deur sy land te trek. Moses het onderneem om nie deur die landbougebied trek nie, maar op die koningsweg te hou; ʼn pad wat van Akaba (by die Skelfsee) af deur Edom, Moab, Gilead en Basan tot by Sirië geloop het. Dis deur die konings van Gen.14 gebruik en bestaan skynbaar tot vandag toe nog. Toe die koning van Edom weier, het Israel ʼn ander rigting ingeslaan. In daardie tyd is Aäron op die berg Hor oorlede nadat sy seun Eleasar as sy opvolger aangewys is. Aäron was 123 jaar oud en het dus nie die beloofde land gesien nie. Ook nie Moses nie. En Miriam was toe alreeds oorlede.
2012 IN RETROSPEK
Volg My – Elke Dag
Hannes Ollewagen
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Waar ons pas die jaar 2012 vaarwel geroep het en met opgewondenheid die jaar 2013 betree, is dit tyd om 2012 in oënskou te neem voordat ons die nuwe jaar aanpak.
Almal van ons het seker die afgelope jaar reeds beoordeel op grond van prestasies wat ons by die werk behaal het, persoonlike suksesse en daarvolgens besluit of die jaar suksesvol was al dan nie. Het enige van ons ook tyd afgestaan om ons geestelike vordering (of tewel agteruitgang) te beoordeel?
Wanneer ons kyk na die begin van 2012 en die dinge wat eerste belange in ons lewens in die begin van 2012 was, en die uitkoms daarvan. . . My werk, my geliefdes, my aardse rykdom. . . Hoeveel daarvan het werklik tot voordeel gestrek? Hoeveel daarvan het my nie teleurgestel en seergemaak nie? Hoeveel daarvan was die tyd en energie wat ek daaraan spandeer het werd?
VOLKSVERRAAD (18)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE WARE INLIGTINGSKANDAAL EINDIG NIE WERKLIK NIE
TIENIE GROENEWALD VERVANG ESCHEL RHOODIE II
"Gerrit Viljoen: 'Die oomblik sal kom wanneer ons die eerste veelrassige geïntegreerde gemeenskap in die wêreld gestig sal hê. Dit sal 'n land wees wat meer Swart as Wit sal wees.' Die Franse joernalis het toe gevra: 'Sal die Blankes bereid wees om u te volg? ' waarop Viljoen antwoord: 'Hulle sal volg omdat hulle geen ander keuse sal hê nie' ".
Kom. Ops. is 'n voortvloeisel van die geheime inligtingsprojekte van Eschel Rhoodie se ontbinde Departement van Inligting en Tienie Groenewald het Rhoodie vervang. Dit was in wese nog dieselfde slaghuis, maar net met 'n ander blokman. Met ander woorde, in wese was dit nog steeds die Departement van Inligting se geheime inligtingsprojekte wat gereïnkrineer is in Kom. Ops., en het die inligtingskandaal in sy aard nooit verdwyn nie. Tienie Groenewald het inderwaarheid Eschel Rhoodie II geword.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (20)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
DIE VERBLYF IN KADES EN OMGEWING
Num 16; 17; 20:1-13
1. Oproermakers in die laer
Moses het iets beleef wat geen leier wil hê nie – ʼn sameswering deur twee groepe. Korag, ʼn Leviet, was die leier van die eerste groep oproermakers. Hy het Aäron se priesterskap begeer. Die tweede groep is deur Datan en Abiram aangevoer. Hulle was Rubeniete wat Moses se leierskap betwis het omdat hulle uit Ruben, Jakob se eersgeborene, gestam het.
Alhoewel hulle aanhang slegs 250 man getel het, was hulle almal invloedryke mense. Die gewone mense was nie afgunstig nie; slegs diegene van aansien omdat hulle ereposisies begeer het. Uit verskeie Skrifgedeeltes blyk dat daar twee groepe opstandelinge was (Deutr.11:6; Ps.106:17; Num.27:3). Moses het hulle egter afsonderlik aangehoor.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (4)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
Verkragting van die reënboog
Op 'n stadium in ons geskiedenis het die Boerevolk en ons kerke die "Roomse gevaar" as 'n enorme bedreiging gesien. Daarna het die terroristegevaar, die kommunistiese gevaar, die liberalistiese gevaar en vele ander gevare, die Roomse gevaar laat vervaag.
Maar die "Roomse gevaar" het ook sy humor opgelewer. Die "Roomse" self was oorbewus daarvan dat hulle as 'n bedreiging beskou is.
Gcdurende die tyd van my loopbaan toe ek inspekteur van onderwys was, het my pligte my ook na kloosters, waaraan skole verbonde was, geneem. Die betrokke priesters het ook soms by ons op kantoor besoek afgelê om skoolsake te bespreek.
By een van hierdie kloosters, wat aan 'n Belgiese Orde behoort het, was 'n sekere priester wat 'n persoonlikheid van sy eie gehad het. Hy was onder meer erg geselserig sonder dat hy self veel te sê gehad het. Hy het jou dan soms besoek, sy sake afgehandel en homself dan in die stoel oorkant jou reggeskuif vir 'n laaang geselsie. Terwyl jou eie stoel brand en die werk jou van die tafel af aangluur, sit hy en wag dat jy die geselskap aan die gang moet hou. Hy is nie meer met ons nie.
SATAN SE DRIE AANSLAE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Ons gaan ’n hewige stryd tegemoet wat tot en met die wederkoms van Jesus al hoe hewiger gaan word."
“Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang” 1 Tim.4:1.
Charismatiese groepe beskou die eerste Christenkerk allerweë as ’n model waarheen alle kerke moet terugkeer om ware kerk van Christus Jesus te wees. Gevolglik gee hulle baie aandag aan die boek Handelinge. Ons moet egter verstandig met Handelinge omgaan, want indien jy die strekking nie verstaan nie, sal jy dwaal!
Handelinge is die verhaal van die oorgang van die ou verbond na die nuwe verbond en lê nie standaarde vir die kerk van alle tye neer nie.